Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Biegbrief en ander verhale
Biegbrief en ander verhale
Biegbrief en ander verhale
Ebook190 pages3 hours

Biegbrief en ander verhale

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Nee, ant Millie, het Annalise gedink, ek gaan nie net my hare verander nie. Ek sal sommer vir ’n totale makeover gaan. Ek is nou moeg en siek en sat daarvoor om ’n ou lieslap te wees. Ek wil ook ’n slag soos ’n million dollar babe voel! En Petrus sal betaal. Hy sal elke sent betaal.

En het Petrus betaal? Moenie eens vra nie! Vra eerder: Het Annalise se plan gewerk? En nie net hare nie, want wat van ant Liefie se gespook – ja, letterlik – om haar kamer in Huis Viljoenshof te behou? En Aletta se plan om ná hoeveel jaar weer ’n roering in haar man se . . . uhm . . . hart te bewerkstellig?

Dit is dus stories oor vroue en hul planne. Of soos Esta Steyn sê: oor vroue wat ’n bietjie kan lieg, ’n bietjie kan bedrieg en ’n bietjie kan bieg. Oor die oorsprong van die verhale sê sy: “Die merkwaardige vrou wat al my vorige, vars manuskripte opgeraap en gelees het voordat dit my werf verlaat het, was my suster. Toe verlaat sy my ná ’n siekbed. Maar in haar absentia het sy my nie ’n oomblik alleen gelos nie. Met groot gejuig het sy hierdie keer nie die stories kom lees nie, nee, hulle sommer self hier aangebring. En my kom vertel van dié vroue. Was sy hier? wonder ek. Sy wás, weet ek. Anders was daar nou niks om oor te bieg nie … nog minder ’n bundel.”

En die resultaat? Verhale só lewenseg, soos ’n Italiaanse rok teen halfprys . . . nee, soos verbrande viskoekies en mash!
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateJul 7, 2014
ISBN9780624068464
Biegbrief en ander verhale
Author

Esta Steyn

Esta Steyn is op 23 Julie 1945 op Struisbaai gebore. In 1963 matrikuleer sy aan die Hoër Meisieskool op Worcester. Na skool gaan werk sy in haar pa se meubelfabriek en saagmeule as boekhoudster. Op negentien jaar word haar eerste kortverhaal gepubliseer. Vele kortverhale en sketse vir Sarie en Huisgenoot volg. In 1969 trou sy met ’n apteker, Le Roux Steyn, en verhuis na Saldanha, waar die Steyn-gesin steeds woon. In 1979 is Esta se eerste boek, Plek van die boskolos, deur Human & Rousseau gepubliseer. Dit is egter met Kinders van die Sabbatsee wat sy bekendheid verwerf. Dit was die wenner van Sarie/ATKV se vervolgverhaalwedstryd in 1984. Van haar ander bekende boeke is Kus vir die kluisenaars (1981) en Somer van die silwer-skuim (1981). Esta het in die 1990’s ’n draaiboek vir die TV-reeks Meeulanders geskryf. Dit is in 1996 uitgesaai en Esta het dit tot ’n roman verwerk. Sy is later weer gevra om ’n TV-reeks te skryf, en Soutmansland is in 2000 uitgesaai.

Read more from Esta Steyn

Related to Biegbrief en ander verhale

Related ebooks

Related articles

Reviews for Biegbrief en ander verhale

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Biegbrief en ander verhale - Esta Steyn

    Vir Elna: Jou sagte vlerkies rondom my was ’n hupstoot uit die hemel. Dankie, Sussie!

    Ant Liefie se spook

    Die sonlig skyn helder by die groot kamervenster in, maar vir ant Liefie voel dit asof daar ’n swart gordyn voor haar hang. Dis soos donker newels. Sy werk noukeurig die laaste paar stukkies wol aan die lappop se kop vas. Gewoonlik is die werk aan die poppe net ’n plesier. Maar nou is sy nie eens lus om te werk nie. Sy is altyd die een wat almal opbeur, nooit kla nie, altyd net blymoedig vorentoe kyk. Wat gaan nou van haar word? Die onsekerheid knaag aan haar. Die ding van die kamer spook in haar kop.

    Die naarste van alles is dat sy van g’n sout of water sou wis as dit nie vir Susannatjie was wat haar laas week kom waarsku het nie. Susannatjie is een van die skoonmakers hier in Huis Viljoenshof. Susannatjie het haar kop by die kamer ingesteek. Ouma Liefie? Toe maak sy die deur plegtig agter haar toe. Ant Liefie kon sommer die moeilikheid in Susannatjie se twee oë, wat hemelwaarts gestaar het, sien.

    Ek is nou so afgesit, ouma Liefie. Ek dog ek moet vir Ouma kom sê dat Ouma eerder self weet hoe die saak staan.

    Toe vertel Susannatjie haar dat Mildred van der Merwe agter haar kamer aan is.

    Hierdie kamer? Hoekom? wou sy verbaas wees. Mildred het mos haar eie kamer op die boonste vloer.

    Ja, ouma Liefie, maar die saak staan so: Mildred se vriendin, Dolores Fourie, het ook aansoek gedoen om ’n plek en hulle twee wil nou kwansuis saam in een kamer wees. Nie enige kamer nie, Ouma. Hierdie kamer. Dis nou die ding. Hulle soek ’n dubbele kamer met die groot vensters wat noord kyk. Hulle is klaar besig om met Matrone te praat.

    ’n Lig het vir ant Liefie opgegaan. Dis hoekom ou Mildred deesdae so oorloop van vriendelikheid?

    Dis nooit anders nie, Ouma. En dis hoekom sy en Dolores laas Dinsdag wat Ouma skuinsgelê het, hier in die gange gedwaal het. En wat ek weer sien, toe maak hulle Ouma se deur oop en hulle loer in die kamer rond soos twee spioene wat die plek bespied.

    Was hulle hier in my kamer, Susannatjie?

    Ek sweer met my hand op my hart, ouma Liefie. En die een sê toe nog watse gordyne hulle gaan ophang en waar hulle die ekstra bed gaan inskuif. Dis toe wat ek inkom en vir hulle sê dis nie nou kuiertyd nie, ouma Liefie slaap. Toe loop hulle maar, hand om die nek, soos twee verliefdes. En dit giggel en dit gesels. Rosie in die kombuis kan dit beaam, Ouma. Rosie sê sy het gehoor die twee ken mekaar al van kindertuin af op Baanbrekersfontein.

    Ek weet nie wat om te dink nie, Susannatjie. Toe ek aansoek gedoen het, het ek uitdruklik vir Matrone gesê ek moet ’n dubbelkamer hê vir my werkstafel en my naaimasjien.

    Ek weet ook nie wat om te dink nie, Ouma.

    Ek het twee jaar gewag om die kamer te kry.

    Ja, ek weet. Ouma het nog daai tyd gewag vir miss Petronella van Niekerk om afgesterwe te kom.

    Ek onthou, ja, het ant Liefie diep gesug. Dankie dat jy kom sê het, Susannatjie.

    Dat dié twee oujongnooiens darem sulke rugstekers is. Hulle sal seker nie skroom om nog geld ook onder die tafel deur te stoot om die kamer te kry nie. Albei skatryk. Vir wat kry hulle nie vir hulle ’n ander plek nie? Daar is juis so ’n groot nuwe oord wat onder by die dam gebou word. Luuks, sê die mense. Net vir die elite wat geld het. Dis nou net van suinigheid dat hulle hier in Viljoenshof wil wees. Dié plek is vir pensioentrekkers, nie vir grand ou ladies soos hulle wat elke dag net wil aantrek nie.

    Ant Liefie is nie een wat maklik huil nie. Nou voel sy hoe trane oor haar wange loop. Hierdie kamer is haar hawe. Dis die enigste hoekkamer op die grondvlak wat twee groot vensters het. Sy kyk na die lang tafel met al haar poppe. Baie poppe, wat deur haar eie twee hande gemaak is. Elkeen verskillend. Elkeen met sy eie ou storietjie. Dis hier by dié tafel waar sy haar dae deurbring. Die groot vensters gee genoeg lig sodat sy al die fynste afronding aan die poppe kan doen. Partykeer word haar rug moeg van so sit, maar dan weet sy weer dat sy moet aanhou, want iewers in ’n kinderhuis is ’n ou kleintjie wat haar lappop sal vashou en troos sal kry uit die sagte lyfie. Ja, die poppe is deel van haar lewe. Dis haar manier om ietsie van haarself te gee. Partykeer kom help Susannatjie haar om die lyfies te stop. Dis ’n groot werk. En so met die werkery het sy en Susannatjie al bondgenote geword. Dis net ’n genade dat Susannatjie haar kom waarsku het. Nou weet sy ten minste wat om te wagte te wees. Sy sal hier moet uittrek na een van die klein kamertjies. Net die gedagte daaraan maak die swart gordyn voor haar al hoe digter. Dis nou al dae lank dat sy nie eers behoorlik kan eet nie. Sy wurg maar net iets in om die bloeddrukpil gedrink te kry. Hoe gaan sy haar poppe opgeruim kry? Al die klomp oorskietlappies, die boksies met die glasogies, die flessies vol knope, die sakke vol wol. Dis ’n hele kas vol goed.

    Sy vryf haar gladde grys hare agtertoe en dan sit sy weer roerloos, die helder blou oë wat so ondeund kan lag, starend. Daar is nog vyf poppe wat moet klaarkom, voordat sy die besending vir Klein Faan moet gee om afgelewer te word, maar sy is te beswaard om verder te werk. Sy staan op en haal oorle’ Abraham se portret van die rak af. Sy kyk diep in sy bruin oë. Hy het altyd die snaaksste sêgoed gehad: As jy die vyand wil wen, moet jy hom leer ken.

    Sy haal die wit teekoppie met die pienk rosies uit die kassie en skakel die ketel aan. Die ketel het deesdae die manier om halfpad op te hou kook en dan ná ’n rukkie weer aan te gaan. Sy sal vir Klein Faan moet vra om daarna te kom kyk. Want dis nie net die ketel nie, dis ook die bedlampie wat tydig en ontydig flikker.

    Sy staan meteens doodstil. Sy is nie een vir die bonatuurlike dinge nie, want dis uit die bose. Maar sê nou dis Abraham wat iets vir haar wil sê? Geeste het mos die manier om deur krag en ligte te werk.

    Wat is dit, Abraham? fluister sy dringend.

    Daar’s net ’n doodse stilte uit die portret. Maar ant Liefie bly so staan. Sy roer nie. Sy dink. En sy voel hoedat die swart gordyn effentjies oplig.

    As jy die vyand wil wen, moet jy hom leer ken.

    Baanbrekersfontein? Dis wat Susannatjie gesê het. En dis mos waar haar ou neef, Michiel du Preez, destyds die posmeester was. Daar moet darem seker een of ander geraamte wees wat uit ou Mildred of ou Dolores se kaste kan tuimel.

    Dis ’n gesukkel om by Michiel uit te kom. Hy’s lank nie meer op Baanbrekersfontein nie. Hy sit op Hermanus in ’n aftreeoord en hy is so bly om van haar te hoor dat hy glad nie wil ophou praat nie. Dit raak later ’n kwartier en Michiel praat net oor al sy ellendes. Hy begin met sy knievervanging en hy gaan breedvoerig met haar deur al die dokters en die ondersoeke, tot by die uitgroeisels op die dikderm. Toe hy klaar is met die derm, vat hy haar verder tot by die prostaat.

    Uiteindelik vra sy: Michiel, onthou jy nog vir Mildred van der Merwe? Toe Michiel met allerhande stories van Baanbrekersfontein vorendag kom, weet sy skielik voor haar siel wat om te doen. Teen die tyd dat sy die foon neersit, is haar kop vol vreeslike planne. En sy sal moet gou speel, want sy weet nie hoeveel tyd sy het voordat Mildred en Dolores toeslaan nie. Dis haar kamer hierdie en dis nou ’n kwessie van oorlewing. Susannatjie sal haar moet help. Dis nou of nooit.

    Susannatjie slaan haar oë hemelwaarts. Heiden help, ouma Liefie, ek weet darem nie. Maar as Ouma dink dit sal werk, dan is ek in.

    Dankie, Susannatjie. Ons sal maar net moet oefen en beplan.

    Soos ’n full dress rehearsal, Ouma?

    Net so. Jy moet binne twee minute deur die badkamervenster kan klim.

    Die venstertjie is klein, ouma Liefie.

    Jy’s mos ook klein. As jou kop kan deur, dan kan jou lyf ook deur.

    Ek sal try, ouma Liefie.

    En niemand moet jou sien nie. En jy sê vir niemand nie. Ook nie vir Rosie nie. Verstaan jy?

    Susannatjie druk haar wit kopdoek reg. My lippe is gelym, ant Liefie.

    En dit beter so bly, dink ant Liefie. Want die plan in haar kop is ’n onheilige affêre. Maar onheilig of nie, sy sal moet deurdruk. Dis al manier.

    Sy kyk bekommerd na Susannatjie. "En onthou, as jy by die badkamervenster uitklim, dan hardloop jy agter om die gebou. Agter om, Susannatjie. Jy sorg dat niemand jou sien nie en jy kom terug deur die sydeur. Twee minute, Susannatjie. En dan stoot jy die kamerdeur van buite af oop en jy trek hom kliphard toe. Hy moet klap. Dit moet ’n slag wees.

    Verstaan jy?"

    Heiden help, ouma Liefie.

    Hulle oefen. Later glip Susannatjie soos ’n vetgesmeerde paling deur die klein venstertjie van ant Liefie se badkamer, terwyl sy die tyd hou.

    En onthou die botteltjie.

    Ja, Ouma. Die botteltjie.

    Drie dae later is hulle gereed. Reeds die vorige dag het ant Liefie vir Mildred in die eetsaal voorgekeer. Jy en Dolores kan gerus ’n bietjie tee by my in die kamer kom drink. Dan wys ek vir Dolores die poppe. Julle is hartlik welkom.

    Ag, maar dis te dierbaar, ant Liefie! Dolores kom juis môremidddag oor na my toe.

    Ant Liefie is die ene onskuld: Ek hoor sy het ook hier aansoek gedoen om ’n plek?

    Mildred knip haar oë ’n paar maal. Ag, jy weet, ons wil graag saam in ’n kamer wees. Ons twee kom mos ’n lang pad saam.

    Môremiddag drie-uur?

    Wonderlik! Ek sal vir Dolores sê.

    Ant Liefie sit drie teekoppies uit. Die wittes met die pienk rosies. Sy pak Romany Creams in die koek-bordjie en haal pienk servetjies uit. Sy maak die ketel tot oorlopens toe vol. Hoe voller die ketel, hoe meer slaan hy af. Dis goed so. Sy gaan badkamer toe en maak vir die hoeveelste keer seker dat die venster se knip af is. Sy trek die badkamerdeur toe en kom terug in die kamer. Sy skakel die bedlampie aan. Dit flikker. Sy skakel dit weer af. Dan soek sy deur die klomp poppe op die werkstafel na ’n geskikte een. Ja, dié een met die oranje rokkie lyk reg. Nou toe, Petronella, fluister sy, dis tyd vir die poppe om te dans!

    ’n Minuut oor drie is daar ’n kloppie aan die kamerdeur. En daar staan hulle albei met gedoende hare. Mildred in ’n pienk rok met krale daarby en Dolores in babablou met ’n borsspeld op die kraag.

    Ant Liefie ontvang hulle baie gasvry. Kom in! Kom in! nooi sy gesellig.

    Mildred en Dolores kom in en kyk nuuskierig rond.

    Ja, kyk maar, dink ant Liefie. Kyk maar. Julle wil mos nou kyk.

    Kom sit julle tweetjies sommer hier, beduie sy na die riempiesbankie. Dis wat my oorle’ Abraham nog self gemaak het. Hy’t mos sulke wonderlike dinge met sy hande gedoen.

    Mildred en Dolores gaan sit styf teen mekaar. Die vingers is vol ringe. En die naels is rooi.

    Dis darem ’n heerlik ruim kamer, ant Liefie, laat Dolores hoor en druk haar geel gebleikte krulle reg.

    Ja, beaam ant Liefie, ek spandeer al my tyd hier. Die poppe, jy weet. Mens sit baie ure in, want daar is so baie detail. Vat nou dié een byvoorbeeld. Dis Petronella. Presies soos wat sy gelyk het. Met die blou ogies, die kort swart haartjies, en die oranje rokkie. Sy was mos altyd een vir helder kleure … Sy hoop tog nie een van hulle het die vrou ooit geken nie, want sy self het ook nie die vaagste benul hoe miss Petronella van Niekerk gelyk het nie.

    Petronella? wil Mildred weet.

    Ja, dis sy wat voorheen in die kamer was, die dierbare mens. Altyd so baie oorgehad vir ander. Ek moes twee jaar vir die kamer wag, voordat sy toe so tragies heen is. Maar nou ja … dis nie asof Petronella weg is nie. Sy’s maar nog altyd hier. Ant Liefie sit die pop neer. Die blou glasogies staar na haar. Uit die hoek van haar oog sien sy hoe Mildred en Dolores vir mekaar kyk.

    Was … sy in h-hierdie kamer? vra Mildred.

    Ja, baie lank. En toe het sy mos in die stort geval daardie aand … Om hulp geroep, maar niemand het haar gehoor nie. Verskriklik tragies. Haar lê en doodbloei. Met die stort se kraan wat die hele tyd loop en loop … en al die bloed wegspoel …

    Kom nou, Susannatjie, waar is jy?

    Mildred en Dolores skuif ongemaklik rond. Ant Liefie maak asof sy dit nie sien nie. Nou wat drink julle? Rooibos of gewone Engelse tee?

    Rooibos, sê Dolores met ’n hees stem.

    Susannatjie! Toe, toe, toe …

    En toe begin die stortkraan in die badkamer hoorbaar loop. Dit hou nie op loop nie.

    D-daar loop water … Mildred kyk agterdogtig na die toe badkamerdeur.

    Ag, nee wat, dis niks, sê ant Liefie, dis sommer maar net Petronella. Sy’t seker gehoor ons praat van haar. Dis maar net haar manier om vir ons te laat weet sy is hier.

    Hier? Mildred haal ’n wit sakdoek uit haar sakkie en vee oor haar voorkop.

    Ja, sê ant Liefie, "op die plek waar sy

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1