Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Ryker as die tempelkore
Ryker as die tempelkore
Ryker as die tempelkore
Ebook318 pages3 hours

Ryker as die tempelkore

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Ryker as die tempelkore is ’n persoonlike reis na ’n dieper kennis van die God wat ons oorvloediglik met genadegawes seën. Die skrywers nooi die leser om hul opnuut in die Psalms te verdiep en sodoende in te gaan in die magtige krag van één Woord en één verbond.
Ou-Testamentiese psalms word met Nuwe-Testamentiese Skrif gekombineer om die leser die geestelike dissipline te wys waardeur die gelowige van duisternis na lig, van radeloosheid tot sekerheid kan beweeg.
Hierin herontdek die leser die Ou Testament en die Nuwe Testament as één geskiedenis van God se liefde en trou. Die leser ontdek ook watter mag daar is om erns te maak met God se Bybelse name tydens selfstudie.
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateJun 20, 2014
ISBN9780796316301
Ryker as die tempelkore
Author

Maretha Maartens

Maretha Maartens is bekend en gewild as skrywer van geestelike boeke en dagboeke, romans, kortverhale, kinderboeke, tienerboeke en romans vir jong volwassenes. Talle van haar boeke is bekroon en vertaal. Maretha is ook ’n gesoute rubriekskrywer wat bydraes gelewer het vir Volksblad, Vrouekeur, Rooi Rose en Finesse.

Read more from Maretha Maartens

Related to Ryker as die tempelkore

Related ebooks

Related articles

Reviews for Ryker as die tempelkore

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Ryker as die tempelkore - Maretha Maartens

    Ryker as die tempelkore is vir jouself

    Ryker as die tempelkore is ’n persoonlike reis na ’n dieper kennis van die God van wie Paulus skryf:

    As God eenmaal aan mense sy genadegawes geskenk en hulle geroep het, trek Hy dit nooit weer terug nie […] O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God!

    Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë! "Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad?

    Wie bewys Hom ’n guns, sodat Hy verplig is om iets terug te doen?" Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen

    (Rom 11:29, 33-36, 1983-vertaling).

    Om jou in die Psalms te verdiep, is om in te gaan in die magtige krag van één Woord,

    één boodskap van God se liefde en trou

    en één verbond.

    Werk rustig. Ryker as die tempelkore is ’n boek sonder datums en sonder druk. Vertoef waar die Gees van God jou wil laat vertoef. Bid waar jou hart van verwondering en dankbaarheid wil breek. Keer terug na wat jy nodig het.

    Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang (Joh 1:16, 1983-vertaling).

    Jy ook.

    Ryker as die tempelkore is vir Bybelstudie- en selgroepe

    Om julle in die Psalms te verdiep, is om as Bybelstudie- of selgroep in te gaan in die magtige krag van één Woord,

    één boodskap van God se liefde en trou

    en één verbond.

    Dit is om by gladde clichés verbygelei te word — dis nie waar God ons wil hê nie.

    Wy soveel weke (of maande) as wat julle wil aan die nagaan en bespreking van die inhoud van hierdie boek.

    Ryker as die tempelkore is ’n Bybelstudieboek wat ’n groep laat vertoef waar die Gees van God die groep en die individuele gelowiges in die groep wil laat vertoef.

    God sal julle seën, daar waar julle saam om sy Woord is.

    Hy seën dié wat Hom dien, klein en groot (Ps 115:13).

    Julle ook.

    Ses opmerkings

    Hierdie opmerkings is bedoel vir dié wat Ryker as die tempelkore as ’n handleiding vir ’n Bybelstudie- of selgroep wil aanwend.

    1. Daar is psalms en daar is Nuwe-Testamentiese Skrif

    In Ryker as die tempelkore vind jy Ou-Testamentiese psalms (nogal voor die hand liggend!) met Nuwe-Testamentiese Skrif daarby.

    2. Daar is onderafdelings in die Ou-Testamentiese psalms

    In elke Ou-Testamentiese psalm is daar onderafdelings aangebring. Dié onderafdelings laat jou regtig verstaan waaroor die psalm gaan.

    In elke klaagpsalm is daar byvoorbeeld ’n minimum van vyf onderafdelings. Dit wys die Ou-Testamentiese geestelike dissipline uit waardeur ’n gelowige van die duisternis na die lig, van radeloosheid na sekerheid beweeg. Daar is baie klaagpsalms in die boek Psalms – jy en jou groep gaan ook ontdek hoe om triomfantelik in die geloof te leef!

    3. Daar is baie Skrifverwysings

    Die inskrywings in die Nuwe Testament-segment van elke hoofstuk kan in die vorm van ’n gebed wees. Soms is dit ’n teks-vir-teks-uitwysing van die vervulling van Ou-Testamentiese beloftes. Daar is geen vaste vorm nie, maar daar is altyd Skrifverwysings, hetsy in die voetnote of ná ’n versreël of bede. Alles gaan oor daardie Skrifgedeeltes. Slaan hulle na. Lees hulle. Laat dié Skrifgedeeltes die grondslag en die kern van jul Bybelstudiegeleentheid wees.

    4. Daar is eenheid

    Ryker as die tempelkore is ’n studieboek oor één God, één Woord, één verbond. Hierin herontdek jy die Ou Testament en die Nuwe Testament as één geskiedenis van God se liefde en trou.

    5. Daar is tussenhoofstukke

    Tussen die psalms is daar tussenhoofstukke. Jy sal hoofstukke in die reeks vind oor die verbond, die Naam van die Here, Bybelse feeste, ensovoorts. Daar is ook hoofstukke oor argeologiese ontdekkings wat vir sommige gelowiges baie opwindend kan wees.

    Die tussenhoofstukke werp lig op die inhoud en die agtergrond van ’n spesifieke psalm of groep psalms. Ons beveel die tussenhoofstukke vir dieptestudie aan.

    6. Daar is feite oor God en oor jou in die Psalms

    Die waarheid van God is groter as enigiets wat die mens kan bedink.

    Hoe om Ryker as die tempelkore as ’n groep te gebruik

    Die voorafgaande ses opmerkings bevat riglyne vir die gebruik van Ryker as die tempelkore as ’n Bybelstudie- of selgroephandleiding wanneer julle die psalms as ’n kosbare segment van een Woord en een verbond wil bestudeer.

    Lees al die Skrifgedeeltes wat in die betrokke hoofstuk aangedui word. Alles wat tydens jul Bybelstudiegeleentheid gaan gebeur, gaan hieruit voortvloei.

    Gebruik die volgende ses vrae by elke geleentheid as besprekingsvrae. Die belangrikste vraag is die vraag oor God. Keer gedurig terug na hierdie vraag. God openbaar Hom in en deur die Skrif aan ons. God wil Hom deur sy Woord aan julle openbaar. Moet niks of niemand toelaat om Hom tydens jul Bybelstudiebyeenkoms selfs net ’n paar minute lank te verdring nie.

    Twee inleidende vrae

    1.Wat het jy gehoop en gewens om in dié psalm (of tussenhoofstuk) te kry?

    2.Wat het jy verwag om in dié psalm (of tussenhoofstuk) te vind?

    Twee vrae oor die mens se emosies, wil en verlangens

    3.Hoe is die Ou-Testamentiese mens volgens dié psalm? Hoekom? Is ons ook so?

    4.Wat verander (of kan verander) wanneer ons in Christus is? Hoe en hoekom?

    Die kernvraag: die vraag aangaande God

    5.Wat het God nou vir jou deur sy Woord aangaande Homself openbaar?

    Die besinningsvraag: Wat wil jy vir God sê?

    6.Hier kan elke lid van die Bybelstudiegroep vyf minute lank persoonlike aantekenings in ’n aantekeningboekie maak.

    Bring lof en eer aan God en aanbid Hom.

    DIE NAAM VAN DIE HERE

    Trek jou skoene van jou voete af

    want die plek waar jy op staan, is heilige grond (Eks 3:5).

    Die Naam van die HERE is ’n sterk toring;

    die regverdige hardloop daarin

    en word beskut (Spr 18:10).

    Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemel is,

    laat u Naam geheilig word (Matt 6:9).

    En Ek sal my heilige Naam bekend maak onder my volk Israel

    en sal my heilige Naam nie meer laat ontheilig nie;

    en die nasies sal weet dat Ek die HERE is,

    die Heilige in Israel (Eseg 39:7).

    Êrens op ons geestelike pelgrimstog begin ons, wat in tyd, taal en afstand so ver verwyderd van die Ou Testament opgegroei het, vrae oor God se Naam vra.

    •Behoort volwasse Christene – en selfs ons tienerkinders – sekere van die Ou-Testamentiese Godsname te ken en te kan herken?

    •Sal ons almal meer aangaande God – die God van die Ou en Nuwe Testament – weet indien ons bemagtig word om te kan onderskei watter openbaringsnaam van God ons hoor of in die Skrif sien wanneer ons die Bybel in ons eie taal lees?

    •En as ons meer aangaande die Naam van die Here weet, sal dit ’n groot en blywende invloed op ons geestelike lewe hê?

    •Sal ons selfs meer in die Ou-Testamentiese psalms vind as ons die Naam van die God wie se lof ons saam met die psalmskrywers wil verkondig, beter ken?

    •Sal ons werklik sonder ’n skaduwee van twyfel kan bly sê dat die God van die Ou Testament in Jesus Christus gesien, gehoor en geken kan word?

    Ons glo dat die antwoord op elkeen van hierdie vrae ja is. Maar die diepste rede waarom dit so belangrik is om groot erns met die Naam van die HERE te maak, vind ons in Psalm 138. Dawid skryf:

    Ek wil na u heilige tempel toe buig en u Naam roem om u liefde en trou, want U het u Naam en u woord bo alles gestel – Psalm 138:2.¹

    GEBED TOT GOD WAT SY NAAM EN SY WOORD BO ALLES STEL

    O HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!²

    U het u Naam en u woord bo alles gestel.

    Openbaar Uself aan ons terwyl ons u Woord bestudeer om U beter deur u heilige Naam te leer ken.

    ‘Ĕlôhîym: אלהים . Fonetiese weergawe: Elohim.³

    Die woord ‘êl (enkelvoud) is die standaardwoord vir god in die Semitiese taalfamilie.

    Maar die Godsnaam ’Ĕlôhîym (die intensiewe meervoudsvorm van êl) word in geen ander Semitiese taal as Hebreeus gevind nie.⁴ Dit is die Godsnaam wat die koninklike majesteit, die glorierykheid en verhewenheid van God aan die mens openbaar.

    God stel Homself in Genesis 1:1 – en dan sonder uitsondering ook in die hele Genesis 1 – as ‘Ĕlôhîym aan die mens bekend.

    In die begin het ‘Ĕlôhîym die hemel en die aarde geskape. En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van ‘Ĕlôhîym het gesweef op die waters. En ‘Ĕlôhîym het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig. Toe sien ‘Ĕlôhîym dat die lig goed was. En ‘Ĕlôhîym het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis; en ‘Ĕlôhîym het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.

    En ‘Ĕlôhîym het gesê: Laat daar ’n uitspansel wees tussen die waters, en laat dit skeiding maak tussen waters en waters. ‘Ĕlôhîym het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is. En dit was so. En ‘Ĕlôhîym het die uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit was môre, die tweede dag. En ‘Ĕlôhîym het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so.

    En ‘Ĕlôhîym het die droë grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien ‘Ĕlôhîym dat dit goed was.

    En ‘Ĕlôhîym het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so. Die aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle soorte. Toe sien ‘Ĕlôhîym dat dit goed was. En dit was aand en dit was môre, die derde dag.

    En ‘Ĕlôhîym het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare. Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so. ‘Ĕlôhîym het toe die twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre. En ‘Ĕlôhîym het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die aarde en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien ‘Ĕlôhîym dat dit goed was. En dit was aand en dit was môre, die vierde dag.

    En ‘Ĕlôhîym het gesê: Laat die waters wemel met ’n gewemel van lewende wesens, en laat die voëls oor die aarde vlieg langs die uitspansel van die hemel. En ‘Ĕlôhîym het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg, waar die waters van wemel, volgens hulle soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte. Toe sien ‘Ĕlôhîym dat dit goed was. En ‘Ĕlôhîym het hulle geseën en gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die see, en laat die voëls op die aarde vermeerder. En dit was aand en dit was môre, die vyfde dag.

    En ‘Ĕlôhîym het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte. En dit was so. En ‘Ĕlôhîym het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien ‘Ĕlôhîym dat dit goed was.

    En ‘Ĕlôhîym het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En ‘Ĕlôhîym het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van ‘Ĕlôhîym het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. En ‘Ĕlôhîym het hulle geseën, en ‘Ĕlôhîym het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip. Verder het ‘Ĕlôhîym gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees. Maar aan al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel en al die kruipende diere op die aarde, waarin ’n lewende siel is, gee Ek al die groen plante as voedsel. En dit was so.

    Toe sien ‘Ĕlôhîym alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag (Gen 1).

    DIE HERE VAN DIE HERE

    So lees ons dit

    Want die HERE julle God is die God van die gode en die HERE van die here; die grote, magtige en gedugte God wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie (Deut 10:17).

    So staan dit geskryf

    Want YAHWEH (die HERE) julle ‘Ĕlôhîym is die ‘Ĕlôhîym en die Âdôn âdôn (Eienaar, Heer) van die here; die grote, magtige en gedugte ‘Êl wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie (Deut 10:17).

    DIE HERE JOU GOD

    So lees ons dit

    Die HERE jou God moet jy vrees, Hom moet jy dien en Hom moet jy aanhang en by sy Naam sweer (Deut 10:20, 1953-hersiening).

    Jy moet die Here jou God eer, Hom dien en aanhang, en wanneer jy ’n eed aflê, moet jy dit in sy Naam doen (Deut 10:20, 1983-vertaling).

    So staan dit geskryf

    Jy moet YAHWEH jou ‘Ĕlôhîym eer (vrees =ירא y, ârê’), Hom dien en aanhang, en wanneer jy ’n eed aflê, moet jy dit in sy Naam (Shêm) doen (Deut 10:20, 1983-vertaling).

    GOD GAAN VERBY IN SY GOEDHEID, SKOONHEID, BLYDSKAP, MAJESTEIT EN HEERLIKHEID

    So lees ons dit

    And he (Moses) said: Show me, I pray Thee, Thy glory.

    And He said: I will make all My goodness pass before thee, and will proclaim the name of the LORD before thee; and I will be gracious to whom I will be gracious, and will show mercy on whom I will show mercy. And He said: Thou canst not see My face, for man shall not see Me and live (Eks 33:19-20, Jewish Publication Society Bible).

    Daarop vra hy (Moses): Laat my tog u heerlikheid sien.

    Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit (voortreflikheid) by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van die HERE uitroep; maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.

    Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie (Eks 33:18-20, 1953-hersiening).

    So staan dit geskryf

    Daarop vra hy (Moses): Laat my tog u heerlikheid sien.

    Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit (tûb = goedheid, skoonheid, vreugde, blydskap, majesteit) by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van YAHWEH (die HERE) uitroep; maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.

    Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie (Eks 33:18-20, 1953-hersiening).

    EK IS WAT EK IS

    So lees ons dit

    Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? – wat moet ek hulle antwoord? En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur. Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag (Eks 3:13-15).

    So staan dit geskryf

    Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die ‘Ĕlôhîym van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? – wat moet ek hulle antwoord? En ‘Ĕlôhîym sê vir Moses: Hâyâh ‘ăsher hâyâh (EK IS WAT EK IS). Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: Hâyâh (EK IS) het my na julle gestuur. Toe sê ‘Ĕlôhîym verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: YAHWEH (die HERE), die ‘Ĕlôhîym van julle vaders, die ‘Ĕlôhîym van Abraham, die ‘Ĕlôhîym van Isak en die ‘Ĕlôhîym van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam (Shêm) vir ewig, en dit is my gedenknaam (zêker zeker, erenaam) van geslag tot geslag (Eks 3:13-15).

    DIE GOD VAN DIE HEMEL

    So lees ons dit

    Maar omdat ons vaders die God van die hemel vertoorn het, het Hy hulle oorgegee in die hand van Nebukadnésar, die koning van Babel, die Chaldeër; hy het hierdie huis verwoes en die volk na Babel weggevoer (Esra 5:12).

    So staan dit geskryf

    Maar omdat ons vaders die ‘Ĕlâhh⁵ van die hemel vertoorn het, het Hy hulle oorgegee in die hand van Nebukadnésar, die koning van Babel, die Chaldeër; hy het hierdie huis verwoes en die volk na Babel weggevoer (Esra 5:12).

    ELOÏ, ELOÏ, (ΕΛΩΙ ΕΛΩΙ) LAMA SABAGTÁNI

    So lees ons dit

    En die negende uur het Jesus met ’n groot stem

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1