Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal
Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal
Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal
Ebook608 pages6 hours

Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal

Rating: 2 out of 5 stars

2/5

()

Read preview

About this ebook

Piekfyn Afrikaans Graad 7 bevat prikkelende leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Daar is interessante tekste en piekfyn illustrasies en prente om jou taalvaardighede en visuele geletterdheid te ontwikkel. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie ander vakke geïntegreer sodat jy jou taalkennis ook in jou ander vakke kan toepas.

Die aktiwiteite is gerig op jou verwerwing van taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, woordspeletjies, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is jou voorland. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop, die Indeks, die Letterkundegids en die Taalgids gaan jou voorbereiding vir enige soort leer en assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook
• verskeie stories en inligtingstekste lees;
• visuele tekste krities interpreteer en verduidelik;
• oortuigend en spontaan praat in verskeie mondelinge situasies;
• hardoplees en toesprake lewer;
• aandagtig en krities na inligting en stories luister;
• taalstrukture en -konvensies deeglik en foutloos in jou mondelinge en skriftelike aanbiedings gebruik; en
• heelwat transaksionele en kreatiewe tekste soos opstelle en briewe skryf.

Piekfyn Afrikaans help jou verder met voorbereiding vir die halfjaar- en eindeksamen. Al die vraestelle wat jy hierdie jaar moet aflê, word in dié handboek voorsien – ook toetse en baie hersieningsoefeninge.

Maar dis nie al nie . . . Jy het ook ’n Piekfyn Afrikaans Leesboek wat jou verbeelding gaan aangryp en jou inspireer om self ’n storie, gedig of ’n drama te skryf!

Ons weet Piekfyn Afrikaans gaan jou help om Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag!
Geniet ʼn Piekfyn-leerervaring!
LanguageAfrikaans
PublisherBest Books
Release dateOct 31, 2013
ISBN9781770029316
Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal

Related to Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal

Titles in the series (22)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal

Rating: 2 out of 5 stars
2/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen

    cover.jpg

    Piekfyn Afrikaans

    ’n Geïntegreerde taalteks

    Graad 7

    Eerste Addisionele Taal

    Leerderboek

    Henk Viljoen, Rina Lamprecht, Marlene Bester, Nic Conradie, Valerie Mocke, Heleen Guest, Estelle Ellis

    BB-NBlogo.jpg

    Voorwoord

    Liewe graad 7-leerder

    Welkom as senior in die Senior Fase!

    Begin jou graad 7-jaar op ’n hoogtepunt met dit wat Piekfyn Afrikaans Graad 7 vir jou gaan leer.

    Interessante tekste, foto’s, illustrasies en baie aktiwiteite gaan jou help om Afrikaans vinnig aan te leer en te verbeter. Hierdie jaar gaan jou vir die hoërskool volgende jaar voorberei.

    Elke module se Pitkos, In ’n neutedop en Woordeskatuitbreiding gaan jou help om die aktiwiteite maklik en reg te doen.

    Module 18 het nuttige wenke en voorbeeldvraestelle om jou vir die Junie- en November-eksamen voor te berei.

    Ruil idees uit, gesels saam en moedig mekaar aan om Afrikaans te praat!

    Die samestellers

    mod1.jpg

    Begin en gesels in groepe oor atletiek. Kyk en bespreek die foto’s. Luister na ’n storie oor ’n resies tussen twee atlete, en vertel die storie aan jou maats oor.

    Die vak Afrikaans het ook reëls soos atletiek. Oefen jou spelling, uitspraak en woordsoorte (selfstandige en byvoeglike naamwoorde) en jy is ook ’n wenner!

    Skrywers kan karakters op interessante maniere aan jou bekendstel. Lees ’n kortverhaal en kyk of jy met die kenmerke en karakters saamstem.

    Lees ’n strooibiljet en skryf ’n verhalende paragraaf oor ’n sportdag. Kyk of jy ’n wenner is en sluit die module met ’n taaloefening af.

    122891.jpg

    In hierdie aktiwiteit gaan jy

    verskillende foto’s in jou groep bespreek

    iemand in ’n toespraak aan jou maats bekendstel

    ’n luistertoets doen.

    Die vakansie is verby. Almal oefen al vir atletiek. Kyk na die volgende foto’s en gesels daaroor.

    Groepbespreking

    Image578.JPG

    Vertel wat jy in elke foto sien.

    Aan watter items kan atlete deelneem?

    Wat is ’n baanitem en wat is ’n velditem?

    Wanneer wen jy in elke item?

    Watter soort reëls is daar vir baanitems?

    Neem jy aan atletiek deel? Gee ’n rede vir jou antwoord.

    Watter item is vir jou die lekkerste om na te kyk of aan deel te neem?

    atlete.jpg

    Preluister

    Kyk na die prentjie:

    Wie dink jy is die twee seuns?

    Waarmee dink jy is hulle besig? Hoekom sê jy so?

    Hoe dink jy voel die twee?

    Die titel van die storie is Die Wedloop. Waaroor dink jy gaan die storie?

    Maak ’n lysie van dinge in die prentjie wat jou aan die titel Die Wedloop laat dink.

    Luistertoets

    Jou onderwyser gaan ’n gedeelte (extract) uit ’n storie, Die Wedloop, voorlees. Doen die volgende:

    Luister baie mooi terwyl die teks die eerste keer voorgelees word. Jy mag nie nou skryf nie.

    Lees dan die vrae in jou boek. Dit vertel jou wat belangrik is. Jy kan nou notas maak.

    Jou onderwyser gaan die teks ’n tweede keer voorlees. Maak notas.

    Beantwoord dan die vrae in jou werkboek. Jy kan jou notas gebruik as jy die vrae beantwoord.

    Lees die volgende woordverklarings saam met jou maat deur en bespreek dit.

    119294.png

    droog hardloop weghardloop

    hoendervleis om bang te wees

    my geld is op jou ek glo in jou/ek weet jy gaan wen

    om jou lyf vet te smeer hier bedoel hy: Is jy reg vir vinnig hardloop?

    op die lyn gaan sak voor die wegspringlyn in die wegspringposisie gaan staan of kniel

    verhoed keer dat iets gebeur

    vrees baie bang wees

    wedloop resies

    Postluister

    Beantwoord die volgende vrae op jou eie in jou werkboek.

    Vrae oor die inhoud

    1. Aan watter sportsoort neem Salmon deel? (1)

    2. Wie glo dat Salmon die resies ( race ) sal wen? (1)

    3. Vir hoe lank is Salmon al vir hierdie resies bang? (1)

    4. Vir wie is Salmon bang? Skryf sy naam en van neer. (1)

    Maak afleidings

    5. Kies die regte antwoord. (1)

    Die woorde: Het jy jou lyf vet gesmeer? beteken . . .

    a. sy lyf blink van die vet.

    b. hy is reg vir vinnig hardloop.

    c. hy hardloop weg.

    d. hy is baie vet.

    6. Is die volgende waar of onwaar ? Gee ’n rede vir jou antwoord. (1)

    Salmon het vir mense vertel dat hy bang is.

    7. Hoekom is Salmon hoendervleis? (1)

    8. Hoe weet jy dat Salmon nie lus is om hierdie resies te hardloop nie? (1)

    Hoe voel jy daaroor?

    9. Dink jy dat die onderwyser ook bang is vir hierdie resies? Hoekom?/Hoekom nie? (1)

    10. Dink jy Salmon het rede gehad om bang te wees vir hierdie resies? (1)

    Totaal: 10 punte

    Vertel die storie oor

    Kan jy die storie onthou? Vertel dit vir jou maat oor. Jy kan die volgende raamwerk gebruik:

    Salmon se onderwyser wil weet . . . Hy glo dat Salmon . . . Daarna gee Meneer hom ’n ligte . . .

    Salmon antwoord . . . Hy kry sommer hoendervleis, want . . . Hy is die afgelope . . .

    Formele assessering: Jou onderwyser kan jou vertelling formeel assesseer vir Taak 1 van kwartaal 1.

    123095.jpg

    In hierdie aktiwiteit gaan jy

    woorde reg spel

    woorde reg uitspreek

    ’n woordeboek reg gebruik.

    In atletiek moet jy by die reëls hou. Gaan nou In ’n neutedop deur. In ’n taal moet jy reg spel. Die Taalgids agter in die boek kan jou ook hiermee help.

    123163.png

    Spelling

    Vokale/klinkers (vowels) is klanke soos a, e, i, o en u.

    Konsonante/medeklinkers (consonants)is klanke soos m, t, l, z, r, ng.

    Diftonge/tweeklanke (diphthongs) is klanke soos aai, ooi, ui. Byvoorbeeld: laai, mooi, trui.

    Klankgrepe is wanneer woorde volgens klanke, soos jy dit uitspreek, opgedeel word, byvoorbeeld: hulle – hu/le; lekkerste – le/ker/ste

    Lettergrepe is wanneer woorde volgens hulle spelling verdeel word, byvoorbeeld: hulle – hul/le; lekkerste – lek/ker/ste

    Oop lettergrepe is wanneer die lettergreep op ’n vokaal eindig, byvoorbeeld: be-ne.

    ’n Geslote lettergreep eindig op ’n konsonant, byvoorbeeld: hoen-der

    Wanneer ons woorde uitspreek: klankverskynsels

    Ontronding is wanneer ’n ronde klank soos uu of ui as ie of y uitgespreek word, byvoorbeeld vuur–vier; huis hys.

    Oorronding is wanneer klanke soos ee en ie as eu en uu uitgespreek word, byvoorbeeld: beer – beur; vier – vuur.

    Assimilasie is wanneer party klanke in ’n woord nie uitgespreek word nie en dus nie gehoor word nie. Kyk na die volgende voorbeelde: Sy het hom (hetom) leer ken as die (assie) persoon wat maats maak met die (medie) kinders (kinners) van die (vannie) omgewing.

    Beantwoord die volgende taalvrae op jou eie.

    1. Teken die volgende tabel in jou werkboek oor. Breek die woorde in lettergrepe op. Skryf ook of die lettergrepe oop of geslote is. (Die eerste voorbeeld is vir jou gedoen.)

    2. Breek die skuinsgedrukte woorde in klankgrepe op.

    a.Die atlete moet vinnig by die wegspringplek aantree.

    b.Vandag gaan Salmon hulle almal weghardloop.

    c.Die atletiekspanne het by die atletiekstadion aangekom.

    3. Lees die volgende sinne. Beantwoord dan die vrae.

    Die seun het sy sak met die duur hardloopskoene gaan bêre. Al die ander atlete sit onder die boom en weg van die miere. Eenkant leun die afrigter teen die boom.

    a.As die woord duur verkeerd uitgespreek (ontrond ) word, word dit ’n woord met ’n ander betekenis. Skryf die woord neer en maak ’n sin daarmee.

    b.Die woord miere kan oorrond word. Maak ’n sin met die nuwe woord.

    4. In die volgende paragraaf kom 16 spelfoute voor. Skryf die woorde oor en maak die spelfoute reg.

    Die atlete se famielie het na die byeenkoms kom kyk. Die afrigter is beryd om gelt op Salmon te wet. Hy is dootseeker hy gaan wen. Salmon het sy midiseine teen ferkoue gedrink en foel al baie beeter.

    Die vure brand al vir die boereworsrolle agter die pilaare.

    Fyf atlete mag aan die veltitems deelneem. Die afsetter skied ’n skoot sodat almal geleik kan

    wegspring. Die klank is hart genoeg sodat almal dit kan hoor. Die atleet fal oor sy eie voete.

    In ’n neutedop hieronder vertel jou meer van die sinsoorte. Lees dit deur voordat jy die vraag daarna beantwoord.

    123188.png

    Die sinsoorte

    Dit is maklik om die vier sinsoorte uit te ken:

    Die stelsin maak ’n stelling (sê iets) en eindig met ’n punt: Ek is veertien jaar oud.

    Die vraagsin vra ’n vraag en eindig altyd met ’n vraagteken: Hoe oud is jy?

    Die bevelsin gee ’n opdrag en eindig gewoonlik met ’n uitroepteken: Tel op die papier!

    Die uitroepsin word gebruik om byvoorbeeld te wys dat iemand verbaas/hartseer/kwaad is en eindig met ’n uitroepteken: Kyk hoe lyk die speelgrond!

    5. Lees die volgende sinne deur en beantwoord die vrae.

    1. Die afrigter vra: Salmon, is jy reg vir die 100 meter?.

    2. Sjoe, hier is baie mense vandag!

    3. Die hele dorp sien uit na hierdie wedloop.

    a.Skryf ’n voorbeeld van ’n vraagsin uit die gedeelte neer.

    b.Kies die regte antwoord: Die tweede sin is ’n voorbeeld van ’n vraagsin/uitroepsin/stelsin.

    c.Skryf die tweede sin oor in die verlede tyd .

    d.Skryf die laaste sin oor in die toekomende tyd .

    Kan jy ’n woordeboek gebruik? Kyk na die volgende gedeelte uit ’n woordeboek

    123230.png

    bang1, (geselst.), (w), ge-. Vrees.

    bang2, (b), -e; -er, -ste. Bevrees, benoud; benouend; bang MAAK, vrees inboesem; bang PRAAT, deur gepraat iem. bang maak; bangheid

    geld´1, (s), -e. 1. Goud, silwer, koper of enige ander metaal of mengsel van metale wat deur die staat gemunt is. 2. Algemene betaal- of ruilmiddel (metaal of papier). 3. Rykdom, vermoë; geldsom; 4. Tarief, vergoeding, betaling; AGTER geld wees, net in geld belangstel; die geld BRAND in sy hand, hy wil net die geld uitgee/spandeer.

    hard´loop, ge-. Die bene vinnig voortbeweeg, ..loper; ..lopery.

    Beantwoord die volgende vrae oor die woordeboekgedeelte.

    6. Hoeveel verskillende betekenisse ( meanings ) het die woord bang?

    7. Verander die woord hardloop sodat dit in die volgende sin pas:

    Hierdie (hardloop) in die gange moet nou end kry.

    8. Skryf een idioom ( expression ) en sy betekenis neer waarin die woord geld gebruik word.

    9. Waarvoor staan die afkorting iem.? Skryf die woord uit.

    10. Breek die woord hardlopery op in lettergrepe.

    11. Die woord bang het trappe van vergelyking. Skryf dit neer.

    123315.jpg

    In hierdie aktiwiteit gaan jy

    die selfstandige en byvoeglike naamwoord korrek gebruik.

    In die vorige aktiwiteit het jy van spelling en klankverskynsels geleer. In ’n neutedop (en die Taalgids agter in die boek) verduidelik woordsoorte soos selfstandige en byvoeglike naamwoorde.

    123198.png

    Selfstandige naamwoord

    Ons ken ’n selfstandige naamwoord aan die volgende:

    Die lidwoorde ’n en die kan voor die woord geskryf word.

    Hierdie woorde het gewoonlik ’n meervoud en verkleining.

    Dit het dikwels manlike en vroulike geslag, byvoorbeeld: seuns – dogters.

    Onthou wanneer jy meervoud of verkleining skryf:

    As ʼn woord ʼn kort vokaal het, word die konsonant na die vokaal in die meervoud en verkleining dubbel geskryf, byvoorbeeld kos – kosse, tak – takkies.

    As ʼn woord ’n dubbelvokaal het (been), val een vokaal weg as die meervoud geskryf word, byvoorbeeld been – bene, oor – ore.

    Soorte selfstandige naamwoorde

    Soortname is die name van voorwerpe waaraan jy kan vat en wat jy kan sien, byvoorbeeld: bak, deeg, stoel, seun, ram.

    Eiename is die name van mense, diere, plekke, ensovoorts, byvoorbeeld: Salmon, Kaapstad, Suid-Afrika, Drakensberge.

    Versamelname is woorde wat ’n versameling van dieselfde tipe voorwerpe of mense aandui, byvoorbeeld: ’n Span osse.

    Abstrakte selfstandige naamwoorde is dinge waaraan ’n mense nie kan vat, kan sien of kan ruik nie. Dit is woorde soos liefde, ongeduld, woede.

    Byvoeglike naamwoord

    ’n Byvoeglike naamwoord beskryf die selfstandige naamwoord. Die byvoeglike naamwoord kan voor die selfstandige naamwoord of na die selfstandige naamwoord gebruik word. Byvoorbeeld: Die groot atleet stap na die gewigstootsirkel. Die hoogspringer is lank. Byvoeglike naamwoorde het ook gewoonlik trappe van vergelyking, kan in die intensiewe vorm geskryf word en kan verbuig word.

    Trappe van vergelyking

    Die gewigstoter is groot, sy maat is groter, maar die afrigter is die grootste. Hoe later jy wakker bly, hoe banger gaan jy word.

    Intensiewe vorm

    Die byvoeglike naamwoord kan ook in die intensiewe vorm gebruik word, byvoorbeeld: Die voëltjie is baie klein. Die voëltjie is piepklein.

    Intensiewe vorme word altyd as een woord geskryf.

    Verbuiging

    Die boom is hoog. Die hoë boom. Die boek is interessant. Dit is ’n interessante boek.

    Beantwoord die volgende taalvrae in jou werkboek.

    1. Skryf die meervoud en verkleining van die skuinsgedrukte woorde neer.

    a.Die skool neem aan die byeenkoms deel.

    b."Is jou lyf vetgesmeer?" wil die afrigter weet.

    c.Salmon se tyd vir die 800 m is baie goed.

    d.Die afrigter klop Salmon met sy hand op sy skouer.

    e.Die blombedding voor die skool is baie mooi.

    2. In die volgende woordblok kom versamelname voor. Skryf die sinne oor en vul die regte versamelnaam in.

    hoop skare span sak trop

    a. ’n . . . atlete neem aan die interskolebyeenkoms deel.

    b. ’n . . . mense kyk na die byeenkoms.

    c. Die . . . klippe is baie hoog.

    d. ’n . . . lemoene lê eenkant.

    Collage.jpg

    3. Skryf die regte vorm van die byvoeglike naamwoord tussen hakies.

    a. Die (moeg) atlete rus na die 800 meter.

    b. Matthews is ’n (vinnig) atleet wat onmiddellik die voortou neem.

    4. Skryf die intensiewe vorm vir die woorde tussen hakies.

    a. Salmon is (baie moeg) nadat hy die 1 200 m ook gehardloop het.

    b. Die Interskolebyeenkoms is (baie bekend).

    5. Kies die korrekte antwoord: Watter intensiewe vorm is nie reg nie?

    a.Dit is grafstil soos almal sit en wag.

    b.Die kinders sit tjoepstil op die pawiljoen.

    c.Die atlete staan botstil voordat hulle wegspring.

    d.Niemand beweeg nie, hulle is hondstil .

    6. Skryf die regte trap van vergelyking vir die woord tussen hakies neer.

    a. Die afrigter is ’n aangename mens, die skoolhoof is die (aangenaam).

    b. Hoe (bang) jy voel, hoe (swak) gaan jy presteer.

    7. Lees die teks in die eerste kolom en voer dan die opdrag in kolom twee uit.

    123469.jpg

    In hierdie aktiwiteit gaan jy

    verskillende leesstrategieë gebruik

    tekskenmerke van ’n boek verken

    ’n kortverhaal lees.

    Prelees

    Hoe goed ken jy ’n boek se kenmerke (features)? Gesels met jou maat oor die volgende:

    Kyk na die Leerderboek se buiteblad:

    Waar word die titel geskryf?

    Hoe trek die titel jou aandag?

    Gaan na die titelblad:

    Vertel wat alles op hierdie titelbladsy staan.

    Blaai na die indeks agter in die boek.

    Wat is die doel (purpose) van die indeks?

    Blaai nou na die inhoudsopgawe voor in die boek.

    Uit hoeveel modules bestaan die Leerderboek?

    Dink jy die inhoudsopgawe kan jou help om iets op te soek? Vertel vir mekaar hoe.

    Atlete moet goed vir ’n wedloop voorberei. Dit is ook belangrik dat jy weet hoe om ’n teks reg te lees. In Pitkos word verskillende maniere van lees bespreek.

    123539.png

    Vluglees

    Lees die titel en besluit wat dit vir jou sê.

    Die tegniek van vluglees beteken dat jy net die eerste en die laaste paragraaf heeltemal lees.

    Lees daarna net die eerste sin van elke paragraaf.

    Kyk dan of jy kan sê oor Wie en Wat die artikel handel en of dit vir jou iets vertel van die Waar, Wanneer en Waarom.

    Lees die stuk dan van die begin tot die einde deur en jy sal baie meer daarvan verstaan en onthou.

    Aandagtige lees is wanneer die teks deeglik gelees word om die inhoud te verstaan, sodat jy dit vir iemand anders kan vertel en vrae daaroor kan beantwoord.

    Vluglees die storie Voorloper en beantwoord die volgende vrae.

    1. Waaroor dink jy gaan die storie as jy die titel Voorloper lees?

    2. Wie is die skrywer van die storie?

    3. Lees die eerste paragraaf:

    a. Wie praat in hierdie paragraaf?

    b. Waarmee is hulle besig?

    c. In watter graad is hy?

    4. Lees die laaste paragraaf:

    a. Hoe voel jy as jy hierdie sin lees? Gee ’n rede vir jou antwoord.

    b. Wat beteken die sin?

    Wanneer ʼn mens ʼn teks aandagtig lees, of na iemand luister, is daar altyd direkte inligting wat gegee word en inligting wat ʼn mens self moet aflei. Jou onderwyser gaan vertel hoe jy afleidings kan maak.

    Tydens lees

    Jou onderwyser gaan die storie Voorloper aan die klas voorlees. Lees aandagtig saam en beantwoord die res van die vrae.

    Voorloper

    Matthews.jpg

    1 "Die één wat vandag moeilikheid maak ( cause trouble ), kry pouse met my te doen! Ek’t nie lus om die hele periode om die veld te draf nie, waarsku Ruan stomend. Hy haat dit om, soos hy dit stel, soos ’n gek" om die atletiekbaan te hardloop. Die graad 7C’s sukkel voort.

    2 Ek help jou! roep Dewald hortend.

    3 Wat laat jou dink ek’t jóú hulp nodig? kap hy. Dit lyk in elk geval nie asof jy dit gaan oorleef nie, jou gesig is so rooi soos ’n tamatie.

    4 Die ander lag. Slegs op een gesig is daar tekens van lekkerkry.

    5 As julle manne wil gesels, kan ons nog ’n paar rondtes byvoeg? skreeu die onderwyser, Meneer Retief, van die kantlyn af.

    6 Ek vat sommer vir ou Dik Daan ook pouse vas, mompel Ruan en gedempte snorke en loerende oë ontsnap uit die groep.

    7 Daan Retief steur hom vandag nie aan hulle nie. Sy oë is op die nuwe outjie wat ’n ent voor die groep hardloop. Hy blaas vinnig en hard op sy fluitjie. Die seuns storm soos besetenes.

    8 Prrrrt, blaas hy weer en hulle draf weer.

    9 Hy herhaal die oefening ’n paar maal. Dit lyk nie asof die nuwe seun dit eers voel nie.

    10 Hy hardloop steeds met gemaklike pas en bene van staal.

    11 Tweet!

    12 Al klaend nael hulle en kyk vraend om toe hy oudergewoonte nie dadelik weer blaas nie. Slegs enkeles neem die uitdaging aan, met die nuwe seun ver vooruit.

    13 Wat is jou naam nou weer? vra hy toe hulle van die veld af kom.

    14 Matthews, Meneer.

    15 Is jy familie van Matthews Batswadi?

    16 Meneer? die oë is poele vol vraagtekens.

    17 Ek sal later verduidelik. Kom sien my na skool, ek wil jou inskryf vir die SA-skole se landloopkampioenskappe in Maart in Durban.

    18 Die vraagtekens blom stralend.

    (Jax Pretorius. 2012. Ongepubliseer)

    Die volgende woordverklarings kan jou help om die storie beter te verstaan.

    121081.png

    besetenes – kranksinnige/mal mense

    enkeles – net ’n paar

    gedempte – sagte

    gemaklike pas – hardloop sonder om te sukkel

    hortend – met rukke, ongelyk, stamp-stamp

    klaend – kla die hele tyd

    loerende oë – oë wat loer

    nael – hardloop vinnig

    oudergewoonte – soos jou gewoonte altyd was

    poel – vlak plas water

    snorke – wanneer die asem skielik deur die neus geforseer word, en veroorsaak gewoonlik ’n geluid – wys dat ’n mens vies/kwaad is

    stomend – warm en hy hyg na sy asem

    stralend – straal soos ’n lig/is baie vriendelik

    strompel – hardloop op bene wat bewe en moeg is

    uitdaging (challenge) – ’n toets om te sien wat jy kan doen

    5. Kies die korrekte antwoord.

    Die woord hortend in paragraaf 2 beteken dat die seuns . . .

    a. nie ’n stem het nie.

    b. baie honger is.

    c. uitasem is van die baie oefening.

    6. Die onderwyser se bynaam is Dik Daan. Wat kan ons daaruit aflei?

    7. Wat word met die vergelyking in paragraaf 7 bedoel?

    8. Voltooi die volgende sin. Die metafoor in paragraaf 10, . . . bene van staal, beteken . . .

    9. Skryf beskrywende woorde uit die verhaal vir die volgende neer.

    Matthews het nie ’n idee waarvan die onderwyser praat nie. (paragraaf 16)

    Gebruik die volgende wenke oor soeklees om vrae 10-15 te beantwoord.

    123558.png

    Hoe om te soeklees

    As jy soeklees, beweeg jou oë vinnig oor ’n bladsy of lys op soek na spesifieke inligting.

    Soeklees help jou om feite, datums, name of woorde in ’n teks vinnig op te spoor sonder om die teks te probeer lees of die res van die teks te verstaan.

    10. In watter graad 7-klas is Ruan?

    11. Skryf die vergelyking neer wat die seun se gesig in paragraaf 3 beskryf.

    12. Wat is die onderwyser se van?

    13. Klanknabootsing is wanneer ’n geluid deur woorde nagemaak word, byvoorbeeld: ’n Kat miaau . Skryf die twee woorde neer wat die fluitjie se geluid beskryf.

    14. Wanneer is die SA-skole se landloopkampioenskappe?

    15. In watter stad vind hierdie kampioenskappe plaas?

    Lees saam met ’n maat.

    Lees die verhaal hardop saam met jou maat deur. As julle die eerste keer sukkel om dit vlot te lees, probeer weer totdat julle dit foutloos en vloeiend kan lees.

    123668.jpg

    In hierdie aktiwiteit gaan jy

    die kenmerke van ’n kortverhaal ondersoek

    vrae oor ’n kortverhaal beantwoord.

    Jy het nou al die verhaal Voorloper gelees. Lees eers In ’n neutedop om meer uit te vind van karakters.

    123208.png

    Karakters

    Karakters is die persone in ’n verhaal. Party is belangriker as ander. Die hoofkarakters is die belangrikste mense in die storie.

    Karakterisering

    Wanneer jy iemand leer ken, besluit jy of jy van die persoon hou of nie. Dit werk dieselfde in ’n storie. Hoe leer jy ’n karakter ken in ’n storie? Deur wat hy sê, wat hy doen, wat ander van hom sê en hoe die verteller hom beskryf. Ons

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1