Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 7 Eerste Addisionele Taal
Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 7 Eerste Addisionele Taal
Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 7 Eerste Addisionele Taal
Ebook196 pages2 hours

Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 7 Eerste Addisionele Taal

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

’n Leesboek soos min! Die Piekfyn Afrikaans Leesboek is volgens die vereiste vir leesonderrig in die Senior Fase en die KABV ontwikkel. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir leerders in hierdie fase. Wanneer leerders hierdie boek lees, gaan hulle hulself inleef in die gebeure, belewenisse, waarnemings en emosies van die karakters in elke teks.

Die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan uit korverhale en volksverhale wat lesers nuwe avonture en ervarings laat beleef. Daar is dramas om in groepverband te beurtlees of op te voer, en gedigte om te lees vir genot of om te dramatiseer. Al hierdie lekker leeswerk gaan lesers help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees, hulle taalbegrip te bevorder en hulle kennis en begrip van literêre tekste te ontwikkel.

Vir die klaskamer
Om die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die Leesboek voorsien:
• Vrae oor die meeste tekste wat volgens kognitiewe vlakke geformuleer is
• Toeligting by moeilike tekste
• Woordverklarings vir komplekse woorde
• Die stappe van die leesproses

Antwoorde op alle vrae is gratis beskikbaar op www.bestbooks.co.za.
LanguageAfrikaans
PublisherBest Books
Release dateOct 31, 2013
ISBN9781775890997
Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 7 Eerste Addisionele Taal
Author

Riens Vosloo

Riens Vosloo is tans ’n vryskutsamesteller van opvoedkundige tekste vir Afrikaans Huistaal en EAT (Gr. 4-12). Sy stel letterkunde bloemlesings saam – meeste daarvan vir die katalogus van die DBO. Sy is bekend vir reekse soos Piekfyn, Verskuns, Kroonsteen, A Handful of Life en Creative Outcomes.

Read more from Riens Vosloo

Related to Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 7 Eerste Addisionele Taal

Titles in the series (22)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 7 Eerste Addisionele Taal

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 7 Eerste Addisionele Taal - Riens Vosloo

    Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 7

    Eerste Addisionele Taal

    Saamgestel deur Riens Vosloo

    Best Books

    Liewe leerder

    Jou Piekfyn Afrikaans Leesboek gaan nog jou beste maat word. Eintlik is boeke beter as maats, want hulle het altyd tyd vir jou, hulle praat nie terug nie, baklei nie met jou nie, en hulle skinder ook nie van jou nie! En hulle neem jou na wonderlike wêrelde toe. Wanneer jy lees en jou inleef in die gebeure en karakters in ’n storie, vergeet jy van al die ander dinge rondom jou.

    Maar jy gaan nie net gewone stories lees nie. In jou Piekfyn Afrikaans Leesboek is legendes, mites, sprokies en vertellinge wat jou nuwe avonture gaan laat beleef of jou hare gaan laat regop staan. Daar is ook dramas wat julle in groepe kan beurtlees of opvoer, gedigte wat jy kan lees vir genot en selfs saam met jou maats kan dramatiseer. Dalk word jy ’n skrywer en gee jou Piekfyn Afrikaans Leesboek vir jou ’n paar goeie idees vir jou eie skryfwerk! Het jy geweet goeie skrywers lees sommer van jongs af baie?

    Al hierdie lekker leeswerk gaan jou help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees. Geniet hierdie jaar se Piekfyn Afrikaans Leesboek!

    volks_hd.jpg

    Tradisies is gewoontes wat deur eeue heen dieselfde gebly het. Mense wat by hierdie gewoontes hou, is tradisionele mense. Hulle leef nog baie soos hulle voorouers geleef het.

    Volksverhale is een van die tradisies wat deur tradisionele mense in stand gehou word. Dit word al eeue lank oorvertel en ons weet nie wie dit eerste vertel het nie. Dus kan ons nooit sê wie die skrywer van ’n volksverhaal is nie, net wie dit oorvertel het. Daarom moet die skrywer se naam by die titel van ’n volksverhaal altyd verstaan word as die oorverteller.

    afri.jpg

    Daar bestaan baie variasies van een verhaal omdat elke mens ’n bekende storie op sy/haar eie manier vertel of skryf. In elke oorvertelling sal daar egter ’n basiese storielyn (story line) wees waaraan mens die storie sal herken. Hierdie storielyn sal omtrent altyd in een sin opgesom (summarised in one sentence) kan word. Iemand word byvoorbeeld gestuur om ’n boodskap oor te dra, maar hy dra die verkeerde boodskap oor. Of ’n man gaan soek na ’n meisie met eienskappe wat hy in sy vrou wil sien, maar hy vind haar nie en kom huis toe. In ’n ander verhaal is die basiese storielyn dalk dat die karakters stry oor wie die sterkste is en nie een is reg nie. In die verskillende weergawes (versions) van die basiese storie kan die karakters verskillende name hê of ’n ander dier kan as karakter optree.

    afri.jpg

    Oorspronklik is volksverhale nie geskryf nie, maar om die vure vertel. Ouers het dit by hulle ouers gehoor en dit saans weer vir hulle kinders vertel. Hierdie kinders het dit weer vir hulle kinders vertel. En hulle het dit weer vir hulle kinders vertel. Só is dit deur die eeue heen van generasie tot generasie oorgedra en het dit vir ons behoue gebly. Daarom noem ons dit ook mondelinge verhale.

    Sedert die koms van skrif het skrywers hierdie verhale begin opteken (record). Dit is ’n wins want nou is ons seker dié verhale gaan nie verlore nie. Maar wanneer mens ’n verhaal mondeling of skriftelik vertel, laat jy altyd iets weg of jy voeg iets by. Elke mens vertel ’n storie so ’n bietjie anders. Die verhaal bly dan lewend (alive) omdat dit heeltyd ’n bietjie verander.

    Boonop het elke generasie die vertelling so ’n bietjie aangepas sodat die kinders aan wie dit oorvertel word dit kan verstaan. In ’n mondelinge verhaal wat drie eeue gelede vertel is, sal ons byvoorbeeld lees van krygers (warriors) wat baie dae en nagte te voet getrek het na ’n ver, ver land om hulle koning uit ’n bose monster se kloue te red. Moenie verbaas wees as die krygers met die trein reis wanneer hierdie verhaal in ons eeu oorvertel word nie! Dit maak nie die moderne verhaal verkeerd nie, dit is net meer verstaanbaar (understandable) vir kinders wat nie verstaan hoekom mense te voet reis as daar ander maniere is nie. Die belangrikste is om te onthou die rolle wat die karakters speel en die lewensles (lesson for life) wat dit inhou, bly dieselfde.

    afri.jpg

    Daar is nog ’n rede hoekom een volksverhaal so ’n bietjie van ander weergawes daarvan verskil. In ons land is die bobbejaan ’n simbool van domheid. Maar in Sjina is dit juis andersom want daar is die bobbejaan ’n simbool van wysheid. Dalk het iemand ’n mooi Sjinese volksverhaal gehoor van ’n bobbejaan wat baie wyse dinge vir sy vriende leer. Maar as mens dit vir die Suid-Afrikanertjies vertel, sal hulle dit mos nie verstaan nie. Wel, storievertellers kan altyd planne maak. En die storieverteller sal mos weet in Suid-Afrika is die uil ’n simbool van wysheid. Dan word die bobbejaan in die Suid-Afrikaanse vertelling net ’n uil, dis mos maklik!

    Noudat skrywers mondelinge verhale begin opteken, dink ons dit kan nie meer ’n bietjie verander nie want dit staan op skrif. Maar dit kan, want onthou: Die karakters kan verander, maar daar is steeds slimmes en dommes en boses, en die gebeure en die lewensles bly dieselfde.

    Nog ’n kenmerk van volksverhale is dat daar wonderlike dinge gebeur wat nie in die werklike lewe moontlik is nie. Diere kan byvoorbeeld praat en een rivier kan die hele wêreld van water voorsien. Mense met towerkragte kan met een towerwoord alles verander. Dit is alles deel van die wonderlike wêreld van verhale.

    Maar die wonderlike dinge wat in volksverhale gebeur, verskil van die onmoontlike dinge wat in wetenskapsfiksie (science fiction) gebeur. In volksverhale aanvaar ons net dit is moontlik. Maar in wetenskapsfiksie is daar meestal ’n verklaring, en dit het gewoonlik te doen met vordering in die wetenskap wat dalk onmoontlike dinge moontlik kan maak. In volksverhale kyk ons in die eeue terug en in moderne verhale kyk ons hoofsaaklik die toekoms in. Goed, maar in Harry Potter gebeur daar ook dinge wat nie in die werklike lewe moontlik is nie? Ja, maar Harry Potter se verhale het in jou generasie ontstaan, so ook wetenskapsfiksie. Dit is nie verhale wat al geslagte lank oorvertel word nie en dit kan nie as volksverhale beskou word nie.

    Daar is ’n paar soorte volksverhale: sprokies, mites, spookstories, fabels. Dit is genoeg om te onthou dat die sake wat hier onder gelys word, kenmerke van die meeste volksverhale is. Elke volksverhaal sal – buiten nommer 1 – nie al hierdie kenmerke hê nie, maar dit sal omtrent altyd meer as die helfte van hierdie kenmerke hê.

    Die belangrikste, wat alle volksverhale kenmerk: Dit word al eeue lank van generasie tot generasie oorvertel.

    Dinge gebeur wat nie in die werklike lewe moontlik is nie.

    Dit gaan oor iets wat lank gelede sou gebeur het.

    Dit bied ’n verklaring (explanation) vir die wêreld en die mens se ontstaan.

    Dit bevat ’n lewensles.

    Dit bevat ’n goeie karakter(s), ’n slegte karakter(s) en soms ook ’n onskuldige slagoffer(s) (victim).

    Diere, lewelose voorwerpe en natuurkragte het menslike eienskappe want hulle kan praat en wys emosie.

    Karakters wat reeds dood is, tree op asof hulle lewend is, of hulle word weer lewend, of hulle verskyn as ’n natuurkrag.

    Inligting of ’n sin of woord word soms herhaal.

    Dit is nie spanningsverhale (thrillers) nie.

    Dit word in die derde persoon vertel. Die verteller sal dus byvoorbeeld nooit skryf eendag het ek ’n meisie gesien met hare so mooi as wat ek nog nooit gesien het nie.

    Kaninu se geheim

    Cicely van Straten

    Bongo

    Prelees – groepbespreking

    Jy het nou die inleidende gedeelte oor volksverhale saam met jou onderwyser gelees. Kyk na die titel van hierdie volksverhaal en die illustrasie. Waaroor dink jy gaan hierdie verhaal?

    Watter twee kenmerke van ’n volksverhaal dink jy sal in hierdie verhaal belangrik wees?

    Die verhaal

    Kaninu se pa maak ’n byekorf. Hy het twee helftes van ’n houtstomp in sy hande en hy bind dit met ’n stuk van ’n mondwe-slingerplant aan mekaar vas. Kaninu sit en kyk wat hy doen.

    Pa, vra hy, waar kom die bye vandaan wanneer hulle soos ’n wolk deur die lug vlieg en die byekorf vind?

    Kinanu-se-geheim.jpg

    Wie sal weet? antwoord sy pa. Dalk van die vlaktes, dalk van die woud. Ek sou nie weet nie, dit is die geheim van die bye.

    O, sê Kaninu.

    Toe sien hy die grys rook wat stadig van die hutte af opkrul.

    Pa, hoekom krul die rook in die lug op? Hoekom val dit nie af ondertoe, soos die water in ’n stroompie nie?

    Sy pa skud sy kop. Hoe sal ek weet? Dit het nog altyd, en dit sal altyd – maar waarom, dit weet ek nie.

    Kaninu kyk na die mielieplante wat groen en sterk in die sonlig staan, die koppe klaar aan die swel.

    Pa, hoe kry die mieliepitjie dit reg om so ’n groot plant te word? vra hy.

    A, sê sy pa en hy bind die rank styf vas sodat die korf sterk genoeg sal wees om baie heuning te hou. "Die geheim van ’n saadjie is ’n baie groot geheim. Die reën en die son en die goeie aarde se towerkrag werk op die mieliesaadjie elke jaar – maar hoe, dit moet jy my

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1