Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Piekfyn Afrikaans Graad 12 Leerderboek Huistaal
Piekfyn Afrikaans Graad 12 Leerderboek Huistaal
Piekfyn Afrikaans Graad 12 Leerderboek Huistaal
Ebook1,033 pages17 hours

Piekfyn Afrikaans Graad 12 Leerderboek Huistaal

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Piekfyn Afrikaans Graad 12 bevat interessante en eietydse leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Huistaal. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie ander vakke geïntegreer wat jou ervaringswêreld sal verryk en jou moontlik sal help met ’n beroepskeuse ná jou matriekjaar.

Die wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite sorg vir die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop, die Indeks, die Letterkundegids en die Taalgids gaan jou voorbereiding vir enige soort leer en assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook
• vir begrip en waardering verskeie fiksie- en niefiksietekste lees;
• verskeie visuele tekste krities interpreteer en verduidelik;
• in verskillende sosiale situasies oortuigend en duidelik kommunikeer;
• vlot en ekspressief praat en toesprake lewer;
• aandagtig en krities na taalgebruik luister, en taalstrukture en -konvensies deeglik en foutloos gebruik in mondelinge en skriftelike aanbiedings; en
• heelwat transaksionele en kreatiewe tekste volgens prosesskryf aanbied.

Maar dis nie al nie . . . Piekfyn Afrikaans help jou ook met jou voorbereiding vir die halfjaar- en eindeksamen. Al vier vraestelle wat jy hierdie jaar moet aflê, word in dié handboek voorsien – ook toetse en verskeie hersieningsoefeninge.

Ons weet dat Piekfyn Afrikaans jou gaan help om Afrikaans Huistaal met vlieënde vaandels te slaag!

Geniet ’n Piekfyn-leerervaring!
LanguageAfrikaans
PublisherBest Books
Release dateJan 15, 2014
ISBN9781775891086
Piekfyn Afrikaans Graad 12 Leerderboek Huistaal
Author

Riens Vosloo

Riens Vosloo is tans ’n vryskutsamesteller van opvoedkundige tekste vir Afrikaans Huistaal en EAT (Gr. 4-12). Sy stel letterkunde bloemlesings saam – meeste daarvan vir die katalogus van die DBO. Sy is bekend vir reekse soos Piekfyn, Verskuns, Kroonsteen, A Handful of Life en Creative Outcomes.

Read more from Riens Vosloo

Related to Piekfyn Afrikaans Graad 12 Leerderboek Huistaal

Titles in the series (22)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Piekfyn Afrikaans Graad 12 Leerderboek Huistaal

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Piekfyn Afrikaans Graad 12 Leerderboek Huistaal - Riens Vosloo

    Piekfyn Afrikaans

    ’n Geïntegreerde taalteks

    Graad 12

    Huistaal

    Leerderboek

    Riens Vosloo, Henk Viljoen, Belinda Prinsloo, Heleen Stevens

    BB-NBlogo.jpg

    Pretoria • Kaapstad

    Voorwoord

    Liewe leerder

    ‘n Nuwe jaar en nuwe uitdagings en boonop jou laaste skooljaar – welkom in Graad 12! Ons weet jy gaan weer elke oomblik geniet om met Piekfyn Afrikaans te werk.

    Die doel van hierdie boek is om jou op ‘n sistematiese wyse deur al die werk vir die jaar te begelei. Elke module dek ongeveer ’n tweeweeklikse siklus, asook al die assesseringstake wat van jou vereis gaan word. Jy gaan baie luister, praat, lees en skryf en deurlopend taalstrukture inoefen en korrek toepas. Werk al die aktiwiteite deeglik deur sodat jy teen die einde van die jaar met skitterende punte matriek kan slaag.

    Maar dis nie al nie. Om jou te help met hersiening en voorbereiding vir die eindeksamen is Pitkos, In ʼn neutedop, die Letterkundegids en Taalgids en voorbeeldvraestelle spesiaal geskep om jou kennis van taalstrukture, lees- en skryfprosesse en letterkunde ʼn hupstoot te gee. Wanneer jy vir formele assessering voorberei, gaan die Indeks jou ook help om blitsvinnig die betekenis, voorbeelde en toepassings van verskeie taal- en literêre begrippe op te spoor.

    Geniet Piekfyn Afrikaans Graad 12.

    Die samestellers

    mod1.jpg

    Jy gaan in hierdie module spesifiek op die volgende fokus:

    Luisterbegrip

    Leesbegrip en leesstrategieë

    ’n Opsomming

    Debat

    Transaksionele teks skryf (tydskrifartikel) en onvoorbereide praat

    Visuele tekste

    Draaiboekteks van ’n drama

    Taal in konteks

    Giere en geite

    ’n Oorsig . . .

    Almal wil bybly met nuwe uitvindsels, giere en modes, maar kyk ons altyd krities genoeg daarna? Deur die ontleding van verskeie tekste sal jy meer leer van aspekte van ons moderne tyd. Jy neem deel aan klas- en groepgesprekke oor giere en geite van ons alledaagse lewe – van die internet, blogs en sosiale netwerke tot bekende Suid-Afrikaanse rolprente, TV-programme, die toneelbedryf en reklame. Talle tekste spreek maatskaplike kwessies en waardes aan. Wanneer jy lees en kyk vir begrip, sal jy ook oortuigende mondelinge en skriftelike response kan lewer waarin jy jou eie mening lug en jou standpunte verdedig. Jy kry ook die kans om Afrikaanse taalstrukture en -konvensies in te skerp ter vroeë voorbereiding van die eindeksamen.

    1.1.jpg

    Luisterbegrip

    Voordat jou onderwyser die teks vir die luisterbegripsoefening voorlees, moet jy eers die stappe van die luisterproses in Pitkos hersien:

    45777.png

    Die luisterproses

    Preluister:

    Bepaal die luisterdoel.

    Bepaal die konteks en voorspel die inhoud.

    Bepaal woordbetekenisse.

    Tydens luister:

    Ontleed die boodskap en die spreker se bewyse/argumente/emosionele trant.

    Skep assosiasies en bepaal die betekenis.

    Maak afleidings en bevestig voorspellings.

    Maak aantekeninge.

    Besin en evalueer.

    Postluister:

    Som die aanbieding mondelings/skriftelik op.

    Hersien jou aantekeninge.

    Ontleed en evalueer krities dit wat gehoor is.

    Beantwoord vrae.

    Opdrag: Luister aandagtig na die onderwyser se eerste voorlesing van ’n informatiewe teks. Daarna kan jy die vrae deurlees. Jou onderwyser gaan die teks weer voorlees en dan mag jy aantekeninge maak. Laastens moet jy die vrae beantwoord.

    Luisterbegripsvrae

    1. Wanneer het blogs ontstaan? (1)

    2. Hoe word die skeppers van blogs oor die algemeen volgens die teks beskryf? (1)

    3. Wat, kan jy aflei, is die belangrikste kenmerk van ’n blog? (2)

    4. Hoe verskil ’n blog van ’n gewone joernaal? Noem twee verskille wat in die teks genoem word. (2)

    5. Noem twee ooreenkomste tussen ’n blog en ’n joernaal. (2)

    6. Blogs word met joernale vergelyk. Waarmee word dit nog vergelyk? (1)

    7. Bestaan blogs meestal uit visuele tekste soos advertensies? Hoekom?/Hoekom nie? (2)

    8. Watter soort blog is gepas vir baie kort boodskappe? (1)

    9. Noem nog twee soorte blogs wat ’n mens kry. (2)

    10. Hoekom kan ’n blog as ’n soort sosiale netwerk beskou word? (1)

    (15 punte)

    Wat jy op jou blog of in jou joernaal kan skryf . . .

    Skryf waarnemings of opsommings of luisteraantekeninge neer tydens die bespreking en ontleding van jou voorgeskrewe werke, byvoorbeeld oor karakters in ’n roman, kortverhaal of drama, of die tema/boodskap.

    Skryf enige tyd op jou blog of in jou joernaal.

    Skryf oor belangrike gebeure of ’n belangrike onderwerp.

    ’n Goue reël is om elke dag al jou inskrywings na te gaan. Verstaan jy vanmiddag nog wat jy vanoggend in die klas geskryf het? Herroep die inligting om seker te maak alles is korrek en volledig.

    Lees response wat jy op jou blog of in jou joernaal geskryf het aan jou maats voor en wees dan gereed om daaroor te praat of ’n bespreking daaroor te lei.

    Inskrywings op jou blog of in jou joernaal

    meisie_studeer_c.psd

    Wanneer jy ’n inskrywing maak, is dit veral tyd vir persoonlike besinning. Jou graad 12-jaar het begin – jy is nou ’n senior! Die skool is al ’n week of twee aan die gang. Voldoen jou eerste ervarings as graad 12-leerder aan al jou verwagtings vir dié besonderse skooljaar? Besin oor hierdie vraag en skryf neer wat jy voel, dinge wat gebeur, jou waarnemings van maats, ander leerders en onderwysers se optrede teenoor jou, al die baie huiswerk, ensovoorts. Skryf op jou blog of in jou joernaal vandag se datum en die opskrif, en dan: Ek is uiteindelik in graad 12 en . . . Jou inskrywings moet 180 tot 200 woorde lank wees.

    1.2.jpg

    Lees die volgende tydskrifartikel aandagtig deur. Pas die onderskeie leesstrategieë toe.

    Blogs

    Vrou_blog.jpg

    Die braaivleisvure van die 21ste eeu

    1Die basiese behoefte van die mens om stories met ’n waarderende gehoor te deel, is ná duisende jare nog presies dieselfde.

    2’n Blog – ’n verkorting van die term webblog – is gewoonlik ’n persoonlike webruimte wat uit ’n versameling individuele inskrywings bestaan. Dit kan oor enige onderwerp handel – van handwerk tot hondemodes. Jou blog kan ’n virtuele seepkis, ’n klaskamer of ’n gesellige kuierplek wees.

    3Statistiek toon 65% van alle blogs word as ’n stokperdjie bedryf, maar soms ontwikkel blogs tot suksesvolle sakeondernemings. Natasha Clark, die dinamiese jong ma agter die gewilde mammie-blog Raising Men, het begin blog om haar herinneringe aan haar seuns se kinderjare te dokumenteer.

    4Om te blog is soos om dagboek te hou van die groter prentjie, sê sy. Maar wat aanvanklik ’n persoonlike dagboekprojek was, is nou ’n bron van inspirasie vir duisende jong ma’s. Die gier is ewe groot onder bekendes en Jan Alleman. Soms word onbekende bloggers selfs sterre uit eie reg danksy hulle kreatiewe of aangrypende blogs. Die alledaagse lewenservarings van gewone Suid-Afrikaners maak soms die heel lekkerste leesstof.

    Wat_kyk_jy_blog.jpg

    5Dit sit egter nie in elke blogger se broek om van ’n blog ’n wegholsukses te maak nie. Volgens Dan Pinch van die sosialemedia-agentskap Society en een van die beoordelaars van die SA-blogtoekennings vir 2011, berus die sukses van enige blog op ’n kombinasie van kreatiewe inhoud en slim bemarking. (Lees ook die kassie hieronder.)

    6Maggie van Eeden was twee jaar LitNet se blogmeester. Sy beskou leesbaarheid as die belangrikste eienskap van ’n goeie blog. Hou dit kort en kragtig en kom gou tot die punt. Sy voeg by dat visuele elemente ’n blog interessanter en aantrekliker kan maak.

    7As jy huiwerig is om met ’n eie blog te begin, kan jy bydraes tot ’n kollektiewe blog lewer. Die aweregse leefstylblog www.watkykjy.co.za, wat in 2011 as wenner aangewys is in die leefstylkategorie van die SA-blogtoekennings, plaas gereeld foto’s, video’s en skrywes deur lesers. Die Versindaba-blog publiseer weer bloginskrywings deur Suid-Afrikaanse digters.

    8Of jy nou ’n uitlaatklep vir jou opgekropte kreatiwiteit soek, of ’n platform om jou stem te laat hoor oor enige onderwerp, ’n blog is een manier om daardie gevoel van samehorigheid en gedeelde menslikheid te ervaar wat ons dikwels in die hedendaagse lewe mis. ’n Ander manier is om natuurlik gewoon ’n braaivleisvuur aan te steek.

    (Uit: Rapport, My Tyd. 18 Maart 2012)

    Wat maak ’n blog suksesvol?

    ’n Duidelike onderwerp.

    ’n Helder en dikwels persoonlike stem.

    Dit vind dikwels ’n nis wat nie elders in die media of op die web gedek word nie.

    Dit het oorspronklike inhoud wat deur die blogger self geskep word.

    Dit het ’n gereelde en konsekwente vloei van nuwe inhoud.

    Dit word ook deur middel van sosiale netwerke soos Facebook en Twitter bemark.

    Leesbegrip

    Beantwoord die volgende leesbegripsvrae in jou werkboek.

    1. Gee in jou eie woorde ’n definisie van die woord blog.

    2. Die skrywer omskryf ’n blog as ’n virtuele seepkis (par. 2). Waarom, dink jy, vergelyk hy/sy ’n blog daarmee? Waarmee vergelyk Natasha Clark ’n blog?

    3. Statistiek toon 65% van alle blogs word as ’n stokperdjie bedryf, maar soms ontwikkel blogs tot suksesvolle sakeondernemings. Is dit ’n feit of ’n mening? Motiveer jou antwoord.

    4. Wat, volgens die skrywer, kan van ’n onbekende blogger ’n ster maak?

    5. Skryf twee belangrike vereistes neer wat volgens kenners nodig is vir ’n suksesvolle blog.

    6. Lees die inligting in die kassie. Waaruit kan jy aflei dat die inligting in ’n blog gedurig verander?

    7. Dit vind dikwels ’n nis wat nie elders in die media of op die web gedek word nie. Wat word met nis bedoel? Verduidelik breedvoerig.

    8. Deur middel van watter bekende media word blogs ook bemark?

    9. Die skrywer verwys na ’n kollektiewe blog (par. 7). Wat word hiermee bedoel?

    10. Verduidelik die betekenis van ’n aweregse leefstylblog (par. 7).

    11. Lees die laaste paragraaf. Wat is volgens die skrywer ’n groot voordeel van ’n blog? Dink jy sy/haar mening is geldig? Dink jy daar is enige nadele? Motiveer jou antwoorde.

    12. Watter kerngedagte van die laaste paragraaf sluit aan by die eerste paragraaf?

    13. Lees weer die opskrif van die artikel. Wat is die verband tussen braaivleisvure en blogs? Dink jy dis ’n geslaagde beeld? Verduidelik jou antwoord.

    Taal in konteks

    Raadpleeg jou Taalgids oor die verskil tussen denotasie en konnotasie, en die reëls vir die gebruik van koppeltekens in woorde. Lees In ’n neutedop aandagtig deur om die verskil tussen afkortings, verkortings en akronieme te leer.

    46130.png

    Afkortings, verkortings en akronieme

    Verkortings bestaan uit ’n woord se eerste lettergreep en die konsonant/e wat volg: gesk. – geskiedenis; Brit. – Brittanje.

    Akronieme bestaan uit die eerste letter van twee of meer opeenvolgende lettergrepe of woorde: WAT – Woordeboek van die Afrikaanse Taal; NAVO of Navo – Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie.

    By sekere woordgroepe is die beginletter van elke woord afgekort: a.g.v. – as gevolg van; m.a.w. – met ander woorde.

    By afkortings word slegs die beginkonsonante of -vokale van die lettergrepe gebruik: bl. – bladsy; ens. – ensovoorts.

    Leer die onderstaande afkortings, verkortings en akronieme deeglik.

    Nota

    Punte word by die meeste kleinletter-afkortings gebruik: a.g.v. (as gevolg van).

    Geen punte word by metrieke eenhede se afkortings gebruik nie: mm (millimeter).

    Rangtelwoorde kan afgekort word deur -de, -ste of -e ná die syfer te skryf: 4de, 20ste, 1000e.

    ’n Sin begin nie met ’n afkorting nie, behalwe as die afkorting in titels gebruik word: Mnr. Van der Merwe gaan see toe.

    ’n Koppelteken word gebruik by woorde wat saam met afkortings of akronieme (letterwoorde) gebruik word: MA-graad, TB-lyers.

    Raadpleeg die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls indien jy jou spelling wil kontroleer.

    Beantwoord ook die volgende geïntegreerde taalvrae oor die teks.

    14. Die gier is ewe groot onder bekendes en Jan Alleman (par. 4). Hierdie sin is ’n voorbeeld van figuurlike taal. Skryf dit oor sodat dit ’n letterlike betekenis het.

    15. Verduidelik die idiomatiese taalgebruik in sin 1 van paragraaf 5.

    16. In die teks word koppeltekens in die volgende woorde gebruik: mammie-blog, SA-blogtoekennings en "Versindaba-blog". Gee ’n rede hiervoor.

    17. Waarom word sakeondernemings (par. 3) nie ook met ’n koppelteken gespel nie, maar sosialemedia-agentskap wel (par. 5)?

    18. Blog is ’n verkorting van webblog. Waarom is dit nie ’n afkorting nie?

    19. Is "LitNet" ’n verkorting of afkorting? Skryf die naam voluit.

    20. Gee ’n voorbeeld van ’n leenwoord uit die teks.

    21. Gee ’n sinonieme woord vir virtuele (par. 2). Kan jy uit die teks aflei wat dit beteken? Maak gebruik van ’n woordeboek indien jy nie seker is nie.

    Woordeskatuitbreiding

    Lees en kyk na die volgende stofomslae en uittreksels uit woordeboeke:

    2917_Pharos_A-E_SA.psdTWEETALIGE_SKOOL.psd1.3.jpg

    Maak ’n opsomming

    ’n Opsomming is een van die belangrikste leesbegripsoefeninge wat jy in die eksamen moet doen. Lees Pitkos om seker te maak jy weet hoe om ’n opsomming te skryf.

    46326.png

    Hoe maak jy ’n opsomming?

    Lees die teks/paragrawe noukeurig deur.

    Onderstreep die kernsin of hoofgedagte in elke paragraaf.

    Skryf elke kernsin/hoofgedagte in jou eie woorde neer (jy mag van kernwoorde in jou sin gebruik maak).

    Indien die opsomming in paragrawe moet wees, skryf een of twee kort ondersteunende sinne vir elke kernsin.

    Skryf die sinne/paragrawe puntsgewys onder mekaar neer en tel die woorde.

    Die opdrag gaan bepaal wat jou maksimum en minimum woorde gaan wees.

    Indien dit te veel woorde volgens die opdrag is, moet jy seker maak dat jy nie dalk ondersteunende gedagtes ook neergeskryf het nie.

    Indien dit te min woorde volgens die opdrag is, moet jy seker maak dat daar nie dalk twee hoofgedagtes in ’n paragraaf is nie.

    Onthou om die aantal woorde aan die einde van die opsomming aan te dui.

    Lees weer jou sinne/paragrawe en redigeer – kyk vir verkeerde woordkeuse, spelling, leestekens en hoofletters.

    Puntetoekenning: Hoofgedagtes (1 punt per hoofgedagte) = 7; Taalstrukture = 3 (Totaal = 10 punte)

    Lees die volgende teks aandagtig deur. Volg dan die instruksies om jou opsomming te maak.

    Webinspirasie

    Vrou_blog.jpg

    Nadia van der Mescht is ’n kreatiewe konsultant en handwerker van Durban en die persoon agter die blog www.lovecupcakecouture.co.za. Sy help kreatiewe mense om hul eie blog op te stel (sy sê sy bak blogs) en ’n teenwoordigheid op die web te hê.

    Hoe begin ’n mens ’n blog?

    Besluit wie die gasheer van jou blog moet wees. Wordpress en Blogger is gewild in Suid-Afrika en gratis. Kies ’n naam wat iets van jou of jou besigheid sê, afhangend van waarvoor jy die blog wil gebruik. As dit vir jou besigheid is, moet dit so na as moontlik wees aan jou besigheid se naam. Dis dalk ’n goeie idee om ’n professionele persoon te vra om jou te help, maar kyk eers hoe ver jy self kom.

    Wie moet blog?

    Enigiemand wat iets het wat hy of sy met ander wil deel, kan ’n blog begin. ’n Blog kan ’n manier wees om uitdrukking te gee aan jouself, maar dit kan ook ’n baie nuttige instrument wees om ’n besigheid te bemark.

    Blog of webwerf?

    Dis makliker om ’n blog self aan die gang te hou as ’n webwerf. Dis nie dat die een beter is as die ander een nie, maar dis dalk beter om eers met ’n blog te begin. Jy kan op ’n gesellige manier met jou klante kommunikeer en steeds jou produkte bemark. Dis ook baie goedkoper. Soos jou besigheid groei, sal jy later dalk ook ’n webwerf nodig hê, maar jy sal wel weet as die tyd reg is.

    Hoe maak ’n mens ’n sukses van ’n aanlyn besigheid?

    Werk hard. In die begin voel dit dalk of jy net werk en niks terugkry nie, maar soos jy jou besigheid en jou naam uitbou, raak als die moeite werd.

    Netwerk of maak vriende. Die mense vir wie jy so gereeld e-pos en wat jy op plekke raakloop, kan dalk net jou verlore skakel wees. Jy moet dalk met mense gaan praat, vir hulle skryf en besigheidskaartjies uitdeel om jouself bekend te stel. Wees vriendelik en professioneel.

    Wees oorspronklik en kom met nuwe idees vorendag en behou jou integriteit. Doen navorsing en verras jou lesers.

    (Uit: Idees. April 2012)

    Opdrag: Maak ’n opsomming (in paragraafvorm) wat uit sewe sinne van 80 tot 90 woorde bestaan. Volg die stappe soos uiteengesit in Pitkos. Skryf die aantal woorde neer aan die einde van jou opsomming.

    1.4.jpg

    Hou ’n klasdebat

    Die debat kan informeel of formeel wees. Verdeel die klas in twee (of meer) groepe. Elke groeplid moet ’n rol vertolk (sprekers, tydhouer, sekretaris/sekretaresse). Stel ’n kontrolelys saam van die riglyne vir die debatvoering, byvoorbeeld: die tyd wat elke spreker toegelaat word, noukeurige luister na die opponerende span se argumente (maak aantekeninge), goeie spanwerk. Moontlike onderwerp:

    Sosiale netwerke het meer nadele as voordele

    Onthou:

    Redeneer logies en maak logiese gevolgtrekkings.

    Formuleer stellings duidelik en motiveer dit goed.

    ’n Debatsonderwerp het altyd twee kante. Respekteer jou opponent se argumente.

    Let op jou taalbeheer, pousering, stembeheer, gebare en, belangrik: oortuigingskrag en oordeel.

    Lees Pitkos aandagtig deur om seker te maak julle weet wat debatsprosedures is:

    46546.png

    Debatsprosedures

    Die onderwerp en die eerste argument word deur die eerste bevestigende spreker gestel.

    Die eerste opponerende spreker stel sy span se eerste argument.

    Die tweede bevestigende spreker stel sy span se argument.

    Die tweede opponerende spreker stel sy span se argument.

    Die bevestigende en opponerende spanne kry elk ’n pouse van 5 tot 10 minute om hul repliek voor te berei. Elke span is verplig om hul teenstanders se argumente te weerlê en om hul eie saak te bevestig en verdedig.

    Die opponerende span lewer twee replieke op die bevestigende span se twee argumente en stel hul eie twee redes.

    Die bevestigende span lewer twee replieke op die opponerende span se twee argumente en stel hul eie twee redes.

    Tydens die debat (riglyne)

    Spanne (ses tot agt lede) kry 20 tot 30 minute vir die voorbereiding van argumente.

    Kies aanbieders vir elke argument – die aanbieders neem beurte nadat elke lid van die ander groep ’n standpunt gestel het.

    Moenie vorige standpunte/argumente herhaal nie – wys een lid van die span aan om notas van die verskillende argumente te maak.

    Vermy stellings en vrae wat nie direk met jou argument verband hou nie.

    Wanneer al die standpunte/argumente van die spanne aangebied is, sal jou onderwyser die bespreking verder lei. Gebruik die volgende vraelys vir die bespreking:

    Watter argumente was die oortuigendste?

    Watter moontlike argumente of idees is nie deur ’n span oorweeg nie?

    Watter argumente of idees het sekere deelnemers van standpunt laat verander?

    Tydens ’n informele debat word daar gewoonlik nie ’n wenspan aangewys nie, maar as julle en julle onderwyser ooreenkom om wel ’n wenspan aan te wys, kan die volgende kriteria gebruik word:

    Ken ’n punt toe vir elke geldige en oorspronklike argument van die onderskeie spanne.

    Geen punte word toegeken vir argumente wat herhaal is nie.

    Daaglikse assessering

    Assesseer mekaar se mondelinge aanbieding aan die hand van die graderingskaal wat volg. Stem jou groep se standpunte ooreen met ander maats/groepe s’n? Moenie vergeet nie – jou onderwyser kan dalk ook ’n punt vir jou aanbieding toeken.

    1.5.jpgSeun_en_meisie_met_e-leser.jpg

    Groepgesprek

    Prelees: E-boeke is die nuwe gier in die boekebedryf. Gesels oor die volgende:

    Gaan e-boeke die gedrukte boek heeltemal vervang?

    Hoe sal jy daarvan hou om nie meer boeke in jou tas rond te dra nie, maar eerder ’n tablet of iPad of e-leser?

    Moet die skool daarvoor betaal?

    Kan jy voorspel waaroor die tydskrifartikel wat volg handel deur die opskrif en die eerste en laaste paragrawe te lees?

    Tydens lees: Lees nou wat hieroor in die volgende artikel geskryf word. Maak aantekeninge van die kerngedagtes van die artikel.

    Kenmerke van ’n tydskrifartikel

    Lees die volgende tydskrifartikel aandagtig deur.

    Nou spel jy boek met ’n 46746.png

    As e-boeklesers twintig jaar gelede al alledaags was, sou daar sekerlik ’n grappie die ronde gedoen het van die omie wat ’n nuwe Kindle koop elke keer as hy ’n nuwe boek aanskaf, sodat daar later honderde van dié toestelle op sy boekrak staan, elk met ’n handgeskrewe etiket op die rugkant met die titel!

    1Maar e-lesers was nié twintig jaar gelede al alledaags nie, en vandag se ouer geslag het heelwat ingehaal op hulle kinders en kleinkinders se kennis van die digitale era – spesifiek van elektroniese weergawes van die gedrukte boek. Nee, die wonder van ’n keurig versorgde boek van regte ink en papier sal nie verdwyn nie. Iewers op ’n rak – dalk by my ma – is ’n eksemplaar van Die ruiter in die nag deur Mikro, die eerste regte boek wat ek deurgelees het. Dit was ’n bruingeel hardeband, met ’n rooi en swart stofomslag waarop die silhoeët van ’n perd en ’n ruiter op ’n hoogtetjie te sien was; die ruiter met ’n hoed op sy kop en sy hand voor sy oë om die sonlig weg te keer terwyl hy die laagte in tuur. Of Ruiter in die nag as ’n e-boek iewers te koop is, weet ek nie – en ek stel ook nie belang nie. Die waarheid is egter dat die boekebedryf nie net uit nostalgie en tweedehandse sagte­bandboeke ’n bestaan kan maak nie.

    2Daar ís hoop, sê bedryfsleiers soos Jim Hilt, visepresident vir e-boeke by die Amerikaanse boekereus Barnes & Noble. Waar die fokus in 2011 op die e-leser as toestel was, is dit vanjaar op dít wat op daardie toestelle geléés kan word, sê Hilt. E-lesers, het hy in Januarie by die Digital Book World-konferensie in New York gesê, is net ’n toegangspunt om verbruikers te help om te doen wat hulle reeds doen, naamlik om goeie boeke te lees en nuwe inhoud te ontdek. Om die snuffel-ervaring wat jy in ’n boekwinkel kan kry op ’n seweduimskerm te sit, dít is nou die uitdaging van ons bedryf.

    3Nog goeie nuus is dat lesers honger is vir nuwe boeke en dat hulle dit duidelik geniet om dit op hulle e-lesers te lees. Amazon, wie se Kindle een van die voorlopers in die mark is, het byvoorbeeld in die tweede kwartaal van 2010 vir die eerste keer meer e-boeke as hardeband-eksemplare verkoop; en ses maande later is ook die sagtebandweergawe verbygesteek. Een van die redes vir dié tendens is dat die e-leser ontwikkel het van iets waarop jy vir die snaaksigheid ’n boek kon probeer lees tot iets wat ’n gedrukte boek in baie opsigte klop: makliker, gerieflik en (gewoonlik) goedkoper.

    4Die gewildheid van toestelle soos Apple se iPad, wat ook as ’n e-leser ingespan kan word, help ook: Wêreldwyd is sedert April 2010 al meer as 55 miljoen iPads verkoop. Suid-Afrikaanse verkoopsyfers is nie beskikbaar nie, maar dit kan tot 100 000 wees. As elkeen van dié iPad-eienaars net een plaaslike e-boek per jaar koop, kan dit ’n skaflike hupstoot wees vir ons uitgewersbedryf.

    5’n E-leser is minder veelsydig as die tabletreke­naar (soos die iPad), maar hulle is gewoonlik die beste manier om ’n e-boek te lees. Duurder e-lesers soos Amazon se Kindle Fire laat die grens tussen e-lesers en tabletrekenaars vervaag.

    6’n Basiese e-leser (’n toestel wat byna nét vir die lees van langer stukke teks – soos ’n roman – gebruik kan word) kos sowat R900 en sluit ’n boekkoopbewys van R160 in. Dis waarskynlik heel bekostigbaar vir die tipiese boekkoper, maar waarom is die e-boeke self nog so duur in Suid-Afrika?

    7Die verklaring hiervoor het baie te doen met die koste van teksredigering en bemarking, wat grootliks dieselfde bly. Tog maak dít die deur wawyd oop vir skrywers om sélf hulle boeke uit te gee. Toegegee, heelwat daarvan gaan onleesbare prul wees, maar sê nou net dit lewer elke nou en dan ’n juweel op? En sê nou net duisende skrywers kan skielik ’n bestaan maak omdat hulle ’n groter deel van die inkomste uit hulle eie boeke kry? Hoe lekker sal dít nie wees nie! Amper so lekker soos om ’n 73 jaar oue eksemplaar van Die ruiter in die nag op my boekrak te hê.

    (Uit: Rapport, My Tyd. 18 Maart 2012)

    ’n Tydskrifartikel moet aan sekere vereistes en kenmerke voldoen. Lees die volgende inligting in Pitkos aandagtig deur en beantwoord dan die vrae.

    46813.png

    Die skryf van tydskrifartikels

    In tydskrifartikels kom die persoonlike voorkeure en afkeure, asook die spesifieke styl van die skrywer sterk na vore. Wanneer jy ’n tydskrifartikel skryf, moet jy op die volgende let:

    Die opskrif moet aantreklik en interessant wees.

    Die styl moet persoonlik wees en direk tot die leser spreek.

    Die styl kan beskrywend en figuurlik wees en ’n beroep doen op lesers se verbeelding.

    Name, plekke, tye, gebeure, standpunte en enige ander besonderhede behoort ingesluit te word.

    Die artikel moet belangstelling wek en die leser boei.

    Daar is geen vaste formaat vir tydskrifartikels nie.

    Soeklees die tydskrifartikel vir die volgende inligting. Hiervolgens sal jy kan bepaal of die artikel aan die nodige vereistes voldoen of nie.

    1. Trek die opskrif jou aandag? Is die lettertipe en lettergrootte interessant aangebied?

    2. Waaruit kan jy aflei dat die skrywer se styl baie persoonlik is?

    3. Gee die inligting ’n subjektiewe of objektiewe siening van die skrywer weer? Motiveer jou antwoord.

    4. Hoe sal jy die styl van die skrywer verder omskryf? Is dit beskrywend, nugter, feitelik, direk? Motiveer jou antwoord met bewyse uit die artikel.

    5. Gee die skrywer na jou mening genoeg feitelike inligting? Verduidelik hoekom jy so sê.

    6. Het die artikel jou belangstelling geprikkel? Hoekom?/Hoekom nie?

    Spietkop.jpg

    Skryf ’n tydskrifartikel

    Lees weer die vereistes en kenmerke van ’n tydskrifartikel deeglik deur. Skryf ’n artikel vir ’n tydskrif oor nuwe tegnologie wat gemaklik en funksioneel in skole gebruik kan word. Dink aan iPods, iPads, tablette, ensovoorts. Jou artikel moet 180 tot 200 woorde lank wees. Volg die stappe van die skryfproses:

    Beplan ’n kopkaart. Gebruik die volgende idees en stel jou eie kopkaart saam:

    Watter boodskap/inligting wil jy oordra?

    Wat is die kerngedagtes?

    Watter bykomende inligting/feite/beskrywings is noodsaaklik?

    Lees weer wat die kenmerke van ’n goeie tydskrifartikel is.

    Skryf jou eerste weergawe en lees dit krities.

    Laat jou maat die eerste weergawe lees en redigeer.

    Bestudeer jou maat se aanbevelings en besluit of dit meriete het of nie. Gebruik nou jou kennis en jou maat se opmerkings wat waarde toevoeg en skryf ’n finale produk.

    Raadpleeg ’n woordeboek indien jy twyfel oor korrekte spelling. Moenie raai nie!

    Onvoorbereide toespraak

    Jou onderwyser gaan ’n paar onderwerpe vir jou gee, soos byvoorbeeld: E-boeke gaan die gewone skoolhandboek vervang. Jy moet jou mening lug oor die onderwerp. Let op die volgende vir jou mondelinge aanbieding van 2 tot 3 minute:

    Gebruik ’n gepaste stemtoon, stemprojeksie, tempo, intonasie, frasering, oogkontak, liggaamshouding en gebare.

    Gebruik doeltreffende woordeskat en taalstrukture.

    Gebruik ’n effektiewe inleiding en slot.

    Praat direk met die gehoor.

    Bied ’n duidelike argument aan en hou dit vol deur verskillende gepaste bewyse te kies.

    Gebruik gepaste aanspreekvorme en herhalings: Dames en here; Ek wil beklemtoon dat . . .

    Gebruik gepaste woordkeuses, taalstrukture en -konvensies.

    1.6.jpg

    In hierdie aktiwiteit moet jy boodskappe en temas in visuele tekste identifiseer, interpreteer en evalueer. Ook moet jy let op die effek van visuele tegnieke soos ontwerp, komposisie en kleur, byskrifte en dialoog en die plasing in die voorgrond of agtergrond (posisie) van ’n illustrasie of skets en verduidelik hoe dit die boodskap ondersteun. Kyk na die volgende advertensies en beantwoord die vrae wat volg.

    Advertensie 1

    Lees- en kykbegrip

    1. Wat word hier geadverteer? Wat is die doel van die advertensie?

    2. Verduidelik die rol van die spietkop in hierdie advertensie.

    a. Dink jy dit is gepas? Verduidelik.

    b. Pas die wapen en stewels by die advertensie of is dit onnodig?

    c. Is hier sprake van stereotipering? Verduidelik.

    3. Spietkop is ’n voorbeeld van volksetimologie/’n leenwoord.

    a. Aan watter taal is dit ontleen?

    b. Gee ’n beter Afrikaanse woord daarvoor.

    4. Sou ’n ander beeld, byvoorbeeld van ’n skaatsplankryer, dieselfde effek gehad het?

    5. Wie is die teikengroep van die advertensie?

    6. Waarom is die name van instansies soos ABSA, Beeld en kykNET onderaan die advertensie?

    7. Watter opinie/argument word direk of indirek in die advertensie oorgedra?

    8. Is die advertensie geslaagd? Verduidelik jou mening.

    9. Watter visuele effek het die advertensie op jou? Sal ’n advertensie sonder visuele effekte dieselfde uitwerking hê?

    Advertensie 2

    kknk_ad.psd

    Vrae

    10. Wat word hier geadverteer? Wat is die doel van die advertensie?

    11. Wat is die funksie van die verkleurmannetjie in die advertensie?

    12. Waarom word Afrikaans ’n reënboogtaal genoem?

    13. Hoe word die reënboogtaal visueel voorgestel?

    14. Waarna kan die volstruise moontlik verwys? Dink aan die taalfeeste!

    15. Van watter een van die twee advertensies hou jy die meeste? Waarom?

    16. Dink jy die advertensies is geslaagd? Motiveer.

    17. Watter rol speel visuele elemente in die advertensies?

    Vergelyk advertensies

    Kies enige twee advertensies uit tydskrifte of koerante wat dieselfde soort produk of diens adverteer.

    Teken die tabel in jou werkboek oor en beantwoord die vrae ten opsigte van elke advertensie.

    Ondersoek moontlike ooreenkomste en verskille tussen die advertensies.

    Rapporteer jou bevindings aan die klas.

    46990.png

    Visuele elemente

    Tegnieke wat gewoonlik gebruik word vir gedrukte teks met visuele elemente soos in koerante, tydskrifte, advertensies, nuusbriewe, brosjures, pamflette, boekomslae, CD- en DVD-boekies, ensovoorts, is opskrifte, byskrifte, grafika, diagramme, tabelle, prente, logo’s, letterstyle (groottes en plasing), wit spasie, spasiëring, illustrasies (voorgrond/agtergrond), kleur, formaat, rame, ensovoorts.

    Kenmerke van ’n boekomslag

    1. Kyk na en lees die omslag van ’n boek.

    Dis belangrik dat jy ’n goeie begrip het van elke komponent van so ’n omslag. Bespreek die verskillende komponente van die geïllustreerde omslag.

    2. Ontleed boekomslae

    Vir hierdie opdrag gaan jy konsentreer op die kenmerke van ’n boekomslag. Doen die opdragte wat volg.

    a. Kies ’n boek waarvan die buiteblad karakters/mense teen ’n bepaalde agtergrond uitbeeld. Dit kan ’n voorgeskrewe boek of enige ander literêre teks wees.

    b. Elke leerder gaan sy/haar bevindings en kommentaar aan die klas voorlees.

    c. Bestudeer die omslag van die boek waarop jy besluit het en gee gepaste response oor . . .

    kolofon.jpg47176.png

    . . . die uitgewer se kolofonbladsy (imprint) . . .

    Watter uitgewer gee hierdie boek uit?

    Wie dink jy was verantwoordelik vir die omslagtipografie en bandontwerp?

    Wat dink jy was die illustreerder se opdrag (brief) vir hierdie omslag?

    boekomslag.jpg47296.png

    . . . die titel . . .

    Watter inligting gee die titel van die inhoud van die boek?

    Wat suggereer die lettertipe (letterstyl) van die titel?

    47410.png

    . . . die skrywer . . .

    Waarom verskyn sy/haar naam op die buiteblad?

    Vergelyk die verhouding tussen die lettergrootte van die titel en die skrywersnaam. Watter een is die belangrikste? Gee ’n rede daarvoor.

    47516.png

    . . . die kunswerk (bandontwerp) . . .

    Wat voorspel die kunswerk van die verhaal of inhoud?

    Is dit ’n goeie voorstelling van die verhaal? Verduidelik.

    Hoekom, dink jy, is dié illustrasie en letterwerk gekies vir die buiteblad?

    Lewer kommentaar oor die kleur en verhouding tussen dinge in die kunswerk. Watter effek het dit?

    Wat suggereer die ontwerp van die boek se bedoelde teikengroep/lesers? Is geslag, kultuur, ouderdom, ensovoorts, in aanmerking geneem?

    Word die hoofkarakter geïllustreer? Indien wel, lewer kommentaar op die held/heldin se kleredrag, gesigsuitdrukking, liggaamshouding.

    Pas die illustrasie/foto/letterwerk by die uitbeelding/beskrywing van ’n karakter in die verhaal?

    Watter soort genre, styl en toonaard kan die leser verwag na aanleiding van die bandontwerp?

    Watter gebeurtenis/idee/karakter in die teks het die illustreerder gebruik vir die bandontwerp?

    47618.png

    . . . die agterbladteks (blurb) . . .

    Wie is die teikengroep van die agterbladteks?

    Kan jy die geslag, ouderdom of kultuur van die teikengroep volgens hierdie inligting bepaal?

    Watter verwagtinge skep hierdie teks by die leser?

    Wie se opinie/mening word hier weerspieël?

    Sal die agterbladteks die boek effektief bemark?

    Watter tegnieke/taktiek sal jy gebruik om hierdie boek te bemark vir byvoorbeeld ’n ouer/jonger teikengroep?

    47720.png

    . . . die prys . . .

    Waarom word die prys net in Suid-Afrikaanse geldeenheid aangedui?

    Watter kopers is waarskynlik die mark vir hierdie boek?

    47829.png

    . . . die strepieskode en die ISBN . . .

    Watter inligting is vervat in die strepieskode?

    Waarom word die strepieskode teen ’n wit agtergrond gedruk?

    Waar word strepieskodes nog gebruik?

    Hoekom het boeke ’n ISBN-kode?

    47933.png

    . . . die boek se rugkant . . .

    Watter inligting kom voor op die rugkant?

    Pas die lettertipe by die ander boodskappe op die buiteblad?

    Teken die verslagvorm wat volg in jou werkboek oor en voltooi dit ná die bespreking.

    Boekomslag – verslag

    Ontleed en interpreteer boekomslae as visuele tekste

    note.jpg1.7.jpg

    Die verskil tussen ’n drama en ’n film

    ’n Drama is ’n direkte voorstelling deur handeling, dialoog, mimiek en gebare. ’n Dramateks word geskryf met die doel om dit op ’n verhoog aan te bied. Die dramaturg kan ’n verhaal of gebeure nie volledig weergee nie en moet daarom selekteer sodat dit in ’n tydsverloop van twee tot drie uur opgevoer kan word.

    ’n Draaiboek is ’n filmmanuskrip met volledige besonderhede (die scenario) wat met die vervaardiging van die rolprent gevolg word. In die draaiboek vind ons kamera-aanwysings en ander tegniese notas. Die tonele word genommer.

    Nóg die drama nóg die film gee gebeure weer wat in die verlede plaasgevind het. Dié gebeure speel as terugflitse voor die toeskouer/kyker in die hede af, die hier en nou. Albei tekste gee aanduidings van hoe die akteurs moet lyk en optree.

    Daar is ’n groot verskil in die lees van ’n drama of draaiboek en die kyk daarna. Wanneer ons na ’n rolprent kyk, word ons maklik oorreed om die regisseur se standpunt te volg. Die filmregisseur kan dít wat ons sien in ’n mate beheer – uit watter oogpunt ons dit sien, van wie ons hou of nie, en wat goed of sleg is. Die gebruik van kleur, kamerategnieke en spesiale effekte laat ons die emosies ervaar wat die regisseur wil hê ons moet ervaar. Anders as by die lees van ’n verhaal (prosa) laat ’n rolprent min aan die kyker se verbeelding oor. Dit is nie so abstrak nie. Die musiek en karakters is gekontroleerd. Die kykers besef nie dadelik dat hulle eintlik gemanipuleer word nie. ’n Rolprent vertel dus dikwels alles vír jou sodat jy nie betekenis dieper daarin hoef te soek nie.

    Prelees: Agtergrond van Paljas

    Deesdae word sommige romans of verhale van bekende skrywers verwerk tot ’n draaiboekteks vir verfilming. Een so ’n verwerking was die draaiboekteks Paljas geskryf deur Chris Barnard. Die teks van Paljas het ontstaan uit ’n vertelling van Abraham de Vries wat deur Trix Pienaar oorvertel is. In 1993 het De Vries sy vertelling soos volg gebruik as kamee in die kortverhaal Skaduwees tussen skaduwees:

    Nou onlangs terwyl ons besig was met ’n dokumentêre film oor Makkadas, die stoomtrein wat vroeër daagliks tussen Touwsrivier en Ladismith geloop het, hoor ek nog so ’n storie: dié keer van die Italiaanse krygsgevangene wat in die veertigerjare die stasiemeester op Hondewater ’n buitekamer gehelp bou het. Die stasiemeester en sy vrou had ’n kind, ’n seuntjie, enetjie met ’n horrelvoetjie en boonop bleek en inkennig.

    Maar toe raak dié twee maats, so onpaar soos hulle was, die Italianer en die seuntjie, al kon hulle mekaar se taal nie eens verstaan nie. Want die Italianer teken op die buitekamer se muur, sommer met skoolkryt, diere en clowns, tiere en olifante, perde met ruiters wat op die saals staan, ’n hele sirkus. En elke dier en elke clown praat kamma met sy eie stem. So het hy die kind eers aan die lag en toe aan die praat gekry.

    Hy het ook een nag verdwyn en nêrens het iemand hom ooit weer gesien nie, en dit in ’n landstreek waar die mense die spore van mekaar se diere uitken. Van die kind vertel die verhaal verder niks, behalwe dat hy nooit na die man uitgevra het nie.

    48164.png

    Kenmerke van ’n drama

    Die gesproke woord en handeling is die twee middele wat ’n dramaturg gebruik om sy tema of boodskap oor te dra. Die gesproke woord kan in die vorm van ’n monoloog voorkom, maar meestal is dit in die vorm van ’n dialoog of gesprek tussen karakters. Elke karakter het ’n spreekbeurt. Handeling behels alles wat ’n karakter op die verhoog of ’n akteur in ’n rolprent of televisiedrama doen – sy bewegings, gebare en selfs sy gesigspel. Die gemoedstoestand van die karakter word afgelei uit die handeling en die denkproses van die akteur. Dialoog en handeling bepaal wat die gehoor van die karakters gaan dink.

    Die hoofkarakter (Hendrik in Paljas) is die belangrikste karakter in ’n drama. Die ander belangrike karakters is mede- of newekarakters (Katrien, Emma, Willem, Nollie, Frans en Manuel in Paljas). Karakters wat ’n minder belangrike rol speel, word randkarakters genoem (soos Dominee, Oudokter, Jan Mol, ensovoorts, in Paljas). Die hoofkarakter is die held of protagonis en sy bose teenspeler word die antagonis genoem. ’n Derde karakter wat konflik tussen die protagonis en antagonis veroorsaak, word die tritagonis genoem (in Paljas is dit Manuel die nar).

    Innerlike/interne konflik is die spanning wat by ’n persoon geskep word deur die botsing van begeertes, behoeftes, drange, vrese, ensovoorts. ’n Karakter (soos Katrien in Paljas) wys byvoorbeeld nie maklik emosies nie – die karakter ervaar dus konflik. Eksterne konflik is wanneer karakters uiterlik bots (byvoorbeeld: in Paljas daag die kerkmense met gewere by Hendrik op om die nar te kom jag). Eksterne konflik kan dikwels tot interne konflik lei, en omgekeerd.

    Karakteruitbeelding het te make met hoe die leser of kyker die karakter leer ken (hoe hy uitgebeeld word in die film, toneelopvoering, op televisie of oor radio). Dit word bepaal deur die karakter se voorkoms, handeling, reaksies, ensovoorts. ’n Verteller of medekarakters kan ook inligting oor ’n karakter gee of die leser of toeskouer kan afleidings maak uit die interaksie tussen karakters, tussen karakters en die omgewing, ensovoorts.

    Die intrige of verhaallyn is die patroon waarvolgens gebeure plaasvind (in Paljas is dit ’n sirkustrein wat per ongeluk op die verlate spoorweghaltetjie, Toorwater, beland en hoe dit die gesin wat daar woon se lewe ingrypend verander). Daar kan ook verskeie subintriges of ondergeskikte storielyne wees.

    Die dramatiese doelstelling van ’n drama kan wees om te vermaak, om die kyker te laat nadink of om nuwe perspektiewe te bied. (Die Karoo word byvoorbeeld gewoonlik as ’n prentjiemooi landskap uitgebeeld, maar in Paljas is dit ’n stroewe, ongenaakbare landskap wat die tema van eensaamheid belig.)

    Dramatiese ironie is ’n vorm van kontras: die toeskouer/kyker is bewus van wat op die verhoog/in die agtergrond gebeur, terwyl die karakter onbewus is daarvan. Dit word gebruik om spanning te skep en dikwels ook om simpatie te wek.

    Die struktuur van ’n verhoogdrama verskil ietwat van dié van ’n film. Die drama word gewoonlik uiterlik verdeel in bedrywe en bedrywe word gewoonlik onderverdeel in tonele. Die bedrywe is gewoonlik omtrent ewe lank, maar die lengte van tonele kan verskil. In ’n film is daar nie sprake van bedrywe nie, maar wel van tonele.

    Die verloop

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1