Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vyf-en-veertig skemeraandsange: uit die eenbeendanser se werkruimte
Vyf-en-veertig skemeraandsange: uit die eenbeendanser se werkruimte
Vyf-en-veertig skemeraandsange: uit die eenbeendanser se werkruimte
Ebook125 pages54 minutes

Vyf-en-veertig skemeraandsange: uit die eenbeendanser se werkruimte

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

’n Nuwe digbundel deur een van Afrikaans se heel grootste digters is altyd ’n gebeurtenis, en vyf-en-veertig skemeraandsange is ’n besonderse toevoeging tot die merkwaardige oeuvre van hierdie meesterdigter. In sy jongste bundel (volledige titel: vyf-en-veertig skemeraandsange uit die eenbeendanser se werkruimte) kom die leser weer eens onder die indruk van Breyten Breytenbach se verbluffende hantering van beelde, vind ons weer eens die belangrikste motiewe in sy werk – die magiese spel met die taal en die woord self, die dans, liefde, verganklikheid.
LanguageAfrikaans
Release dateMay 19, 2014
ISBN9780798166478
Vyf-en-veertig skemeraandsange: uit die eenbeendanser se werkruimte
Author

Breyten Breytenbach

Breytenbach woon al dekades lank in Parys, Frankryk en is ook ’n bekende skilder. Sy poësie en prosa het in verskeie tale verskyn, maar sy werk is veral bekend in Suid-Afrika, Frankryk, Nederland en Amerika. Hy het twee keer die Hertzogprys vir poësie ontvang. Hy word met reg beskou as een van die belangrikste lewende digters in Afrikaans.

Read more from Breyten Breytenbach

Related to Vyf-en-veertig skemeraandsange

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Vyf-en-veertig skemeraandsange

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vyf-en-veertig skemeraandsange - Breyten Breytenbach

    breyten breytenbach

    MANDALA%20LIGTER.tif

    vyf-en-veertig

    skemeraandsange

    uit die eenbeendanser

    se werkruimte

    Human & Rousseau

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van vyf-en-veertig skemeraandsange mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    Hierdie bundel word opgedra

    aan my redaktrise, Alida Potgieter,

    met jare se dankbaarheid vir die

    deeglike maar genotvolle samewerking

    en simpatieke begrip.

    dan sal ek luister na die suisende sing van die grond

    en hierdie rokende skrywe nader trek

    om domvinger met onbeholpe mond

    kop nog stert te verstaan

    van die brawe boodskappe

    uit welige landskappe van weleer

    waar vure geknetter het

    om tog as vervloë geheue gedompel

    in woorde nou koud soos skuim en soos as

    weer voel-voel te verleer

    hoe babbel die dood in my

    soos ’n swaar geboorte:

    "hier-hier is die hooglied van besinning se versinsels

    hier blye oopgaandae van sing en sing en sing"

    – Blackface Afrika

    1. ek het gedroom

    ek het gedroom ek het my gedig

    in die deuropening sien staan

    met lig omstraal

    en ’n papiertjie in haar hand

    ek het die boodskap oopgevou

    en daar byna onsigbaar geskryf sien staan

    ek is die gedig waarvan jy droom

    om na die lig te haal

    maar ek is ook die donkerte

    wat jy jou blind teen staar

    die lewe leef

    net in die openinge van die teks

    en verbeelding, die verbeelde ding

    waarvan jy toemond sing

    2. klein etimologiese les

    (maar filologie is nader aan vlieg)

    oor die middaguur in die ravyn

    waar dit dig en groen bebos genoeg is

    om die son se vuur te demp

    kweel en kwitter die nagtegaal

    soet snikgeluidjies,

    en jy dink: dis goed en wel om ’n woordsifter

    te wees met skiwwe indrukke

    waarmee jy die papier probeer bind

    asof dit ’n wêreld sou vergestalt

    van beboste heuwels en ’n sekelmaan

    wat as herout van nag- en reisruimtes

    se sterre in mens se verbeelding

    sing. maar wat is jou tog tog vergeleke

    met die onsigbare rossinyol s’n –

    die ruiseñor, riviermeneer –

    as hy hierdie seisoen sy nessie

    kom bou in boom en kreupelhout

    en ravyn om die oorhoofse trekvoël,

    die wyfietjie, hoog genag soos sterre,

    met getjikker en lang melodieuse note

    van vleitaal óm te sing om haar eier te lê

    in sy gedig? jy hoor en jy eer hom,

    die nihtegala, die nagsanger,

    roesbruin gedou op die skouers,

    wat ’n wêreld bind

    asof dit papier is met verhale

    van verwante in verre klimate:

    die Kaapse lyster donker gerug

    met nagvlerke en ’n oranje pens,

    die klipwagter (Monticola rupestris)

    wat in bergagtige streke skaam

    sy blougrys kop en nek sal wys,

    die lysternagtegaal (Luscinia luscinia)

    so skaars soos liefdestaal

    in Natal en die Transvaal,

    en die lemoenvoël. en jy dink:

    dit hoef nie opgeskryf te lê

    as uiteensetting van aanhoulewe

    sedert die aanvang van tyd nie,

    want met middernagvuur en ook oor die middag

    in die kloof waar dit groen en dig genoeg

    is om die vlugwete van son as ster

    te verdoof, bid jy in skamele gebied-

    stameling jou woordklopklop se nabootsing

    van nagmaal onder die hemp

    3. my vriende

    my vriende glo nie meer in vrede nie /

    my vriende woon in dakwoonstelle en agterplase /

    hulle het boekrakke en geraamde foto’s van rawe teen die mure

    en dikwels muwwe verse in die laaie, dikwels

    hang hulle vlae of baniere oor balkonne

    by die vensters uit

    maar hulle is moeg van utopiebedremmeling /

    my vriende woon in Barcelona en Bamako

    en Bombaai en Boedapest en Bloemfontein en Beijing

    en Brackenfell

    en in die aand luister hulle na ballades

    van ontnugtering /

    my vriende is toneelspelers en reisigers

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1