Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die jaar toe Emma begin kook het
Die jaar toe Emma begin kook het
Die jaar toe Emma begin kook het
Ebook224 pages2 hours

Die jaar toe Emma begin kook het

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Sjef Emma probeer haar vurige humeur beteuel, maar ná die bruilof-fiasko met die hoenderpastei in die Upingtonse somerhitte, verloor sy kop en gooi haar baas rakelings met ’n mes mis. Gelukkig kry Emma die kans om oor te begin op Hermanus by die Chantilly-restaurant. Sy pak haar serpversameling en haar boheemse rompe en vat die pad. Hoewel Chantilly baie werk kort, is Emma vasberade om nie weer woedend te word nie. Die personeel word haar nuwe familie, en sy raak betrokke in allerhande gekonkel op dié kusdorpie met die kriminele element. As dit nie gangsters is nie, dan is dit oud-recces en uitbuiter-oupas met krawatte . . . Net toe dinge op dreef kom, keer Chantilly se eienaar na die restaurant terug. Greg van Heerden mag dalk aantreklik wees met ’n sensuele stem, maar sy beneuktheid laat Emma se bloed kook. Wat skuil agter die man se nors geaardheid? En hoe gaan Emma dit met hom uithou?
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateMay 6, 2015
ISBN9780624063964
Die jaar toe Emma begin kook het
Author

Ilse de Korte

Ilse de Korte het drama en tale aan die Universiteit van Kaapstad studeer en navorsing vir haar PhD oor mites en ideologie in Nederland gedoen. As dosent gee sy klas by die Universiteit Adam Mickiewicz in Pole, die filmskool AFDA, Unisa en die Universiteit van Kaapstad. In 2013 publiseer De Korte ’n Afrikaanse verwerking van die Kama Sutra, getiteld Afrikamasutra (Unisa Press), waarvoor sy die Hiddingh-Currie-toekenning vir akademiese uitnemendheid ontvang. Die jaar toe Emma begin kook het is haar chick-litdebuut.

Related to Die jaar toe Emma begin kook het

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die jaar toe Emma begin kook het

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die jaar toe Emma begin kook het - Ilse de Korte

    Die jaar toe Emma begin kook het

    Ilse de Korte

    Tafelberg

    Proloog: Maanskyn en merlot

    Die mes tref die muur langs Marius se kop en val met ’n gekletter op die teëlvloer. Emma sien hoe hy geskok afkyk na die mes by sy voete en toe met koue oë na haar wat agter die vlekvryestaaltoonbank staan.

    Loop! Nóú. En jy sit nie weer jou voete hier nie.

    Geen probleem, kap sy koud terug en gryp die sak messe wat voor haar lê. Sy storm om die toonbank en moet ongelukkig by die deur aan die man se voete neersak om haar mes op te tel. Sy oorweeg dit vir ’n oomblik om die ding net daar te los, maar dit gaan geheel en al teen haar grein in om ’n Wüsthof van eenduisend rand in hierdie walglike man se kombuis agter te laat.

    Sy gryp die mes, strek haar tot haar volle lengte uit en baan haar pad driftig maar statig deur toe. ’n Geskokte stilte het oor die kombuis neergedaal. Sy kan aanvoel hoe al die personeellede haar net staan en aanstaar. Die bloed suis in haar ore.

    Emma loop teen so ’n spoed uit dat sy amper haar balans verloor toe sy op ’n olierige kol gly. Nie dít ook nog nie. Hierdie dramatiese exit van haar is veronderstel om ’n stelling te maak, nie te veroorsaak dat sy op haar alie beland nie.

    Die ent na haar kar toe voel soos ’n kilometer onder al die oë wat op haar gerig is. Sy pluk die deur van haar Golfie oop, gooi die sak messe op die passasiersitplek neer en is sommer lus en steek iets stukkend met die los mes wat steeds in haar hand is. Sy plak dit maar eerder ook langs haar neer en trek in ’n vlaag modderreën daar weg.

    Sy ry gans te vinnig op die nat grondpad, maar is te kwaad om nou te let op veiligheid en spoedbeperkings. Mag sy maar van die pad af ry en ’n einde bring aan hierdie pyniging wat haar lewe pas geword het!

    Dis eers toe sy die teerpad terug na Upington haal en amper voor ’n vragmotor vol skape in ry dat sy weer gedeeltelik bewus raak van wat om haar aangaan. Die uitgerekte getoet van die lorrie ruk haar uit haar woededwaal uit. Toe sy van die pad af uit die baan van die lorrie uit swaai, ruk die kar dood en vir ’n paar oomblikke kan sy net sit en staar.

    Haar hande bewe op die stuurwiel toe sy uiteindelik wel die draai op die hoofpad vat. Namate die adrenalien in haar liggaam afneem, dring die besef deur van wat pas gebeur het, en daarmee saam kom die trane. Sy begin tjank dat die pad voor haar swem.

    Haar lewe is verby. Sy sal haar tuinwoonstel op die dorp moet prysgee. Sy sal weer by haar ma-hulle op die plaas moet gaan bly. Sy sal van nuuts af moet begin werk soek. Sy sal vrae moet aanhoor oor hoekom sy nie meer soos haar perfekte broer kan wees wat alles net reg doen nie. Hy is dan al getroud en het ’n kleinkind vir die ouers gebied. En sy? Sy maak net moles by die een werk ná die ander.

    Tannie Grieta staan in die tuin en blomme pluk toe Emma die blou Golfie by die oprit intrek. Sy val omtrent by die kar se deur uit en strompel na die sydeur van haar blyplek.

    Jy’s vroeg terug, hartjie. Hoe was die troue?

    Dis net mooi genoeg om haar weer aan die grens te sit. Ek kan nie nou met tannie praat nie. Sal môre als vertel.

    Haar ma sal seker vir haar sê sy was pas ongeskik, maar daaroor kan sy haar regtig nie nou bekommer nie. Sy wil net in haar kamer kom. Stil en veilig en uit die oog uit. Sy wil ’n bottel wyn oopmaak en op die bank gaan sit en vergeet van hierdie diaboliese dag.

    Sy sluit die deur agter haar toe en pluk die sjefbaadjie oor haar kop. Sy slinger die kledingstuk weg en skop met ewe veel irritasie haar Birkenstocks uit. Die een tref die kitaar in die hoek dat dié met ’n getwêng omslaan.

    Sy loop na die kombuistoonbank, haal ’n wynglas uit die kas en soek die kurktrekker. Die eerste bottel waarop sy haar hand sit, is ’n merlot, en sy trek dit uit die wynrakkie. Haar geruite broek trap-trap sy sommer net daar in die kombuishoekie van haar lyf af terwyl sy die kurk uittrek.

    In net haar broekie en T-hemp, met die glas in die een hand, die bottel in die ander en die punt van die duvet onder haar arm vasgeknyp, gaan klim sy op die bank en gooi haar toe. Dis eintlik te warm vir die duvet, maar sy het die beskerming nodig. Sy wil haarself in ’n kokon toetjank.

    Ná die eerste glas grens sy behoorlik. Sommer oor alles: Oor haar werk wat nou nie meer is nie, oor honger kinders in Afrika, oor haar ouma wat drie jaar gelede al oorlede is en oor haar kat wat dood is toe sy twaalf was. Alles waaroor sy al vir jare wou huil, kom in groot, onelegante, snotterig snikke uit.

    Sy tjank haar pad deur die bottel wyn en raak op die ou end net daar op die bank aan die slaap.

    Desember: Die hoenders in …

    A nee a, genoeg is ook nou genoeg, praat Diana kliphard langs Emma terwyl sy die gordyne onseremonieel ooppluk, vensters oopmaak en omdraai sodat sy, hande op die heupe, na haar dogter kan staan en kyk.

    Emma maak fronsend een oog oop en sien haar ma in silhoeët teen die venster staan. Sy kreun en trek die laken oor haar kop teen die aanslag van die helder oggendson en die herinneringe aan daardie ellendige dag. Sy is terug in haar kamer op die plaas, weer ’n kind in die huis, wat haarself nie eens in vrede kan lê en jammer kry nie.

    Haar ma stroop die laken met een beweging van haar af.

    Ma!

    Jy het jou nou lank genoeg hier lê en verknies. Ek sou sê twee weke is oorgenoeg van dié melodrama. Vandag staan jy uit hierdie bed uit op, klim uit daai vieslike nagklere, stort, was jou hare en sit grimering aan.

    Dis ook haar ma se antwoord op alles. Grimering. Jou pantser teen die lewe, of so iets.

    Die wêreld gaan nog ongesteurd daar buite aan terwyl jy jouself hier binne lê en jammer kry. Gaan maak jou respektabel. Hierdie verslonstheid kom nóú tot ’n einde! En wanneer jy klaar is, bel jy hierdie mense en maak jy ’n afspraak vir ’n onderhoud.

    Haar ma druk ’n stuk koerant tussen Emma se arms in waar sy haar nog in ’n fetusposisie teen die aanslag so vroeg in die oggend probeer verweer.

    Die deur klap hard agter haar ma toe, en skielik is Emma helder wakker. Net haar ma kan ’n vertrek verlaat sodat dit lyk asof sy ná ’n encore van ’n verhoog af stap. Die grys hoekie van die koerantuitknipsel steek tussen haar arms uit. Sy wikkel dit vorentoe, maar sien nog nie wat haar ma so op hol het nie.

    Uiteindelik sleep sy haar op in ’n halfsittende posisie en gryp die koerant. Waarna moet sy kyk? Waarom wil haar ma al weer haar lewe vir haar probeer reël? Toe sien sy dit raak:

    Hoofsjef met bestuursvaardighede gesoek, Chantilly

    Restaurant, Hermanus. Aanvang so spoedig moontlik. Kontak Henry by (028) 312 8284.

    Hermanus. Dis nie ’n slegte idee nie. Dis ten minste so ver van Oranjedrif af dat sy nie weer vir Marius sal raakloop nie. En sy is van kleins af mal oor die dorp waar sy altyd vakansies by haar oom gaan kuier het.

    Dan kry sy haarself eers weer jammer. ’n Paar weke gelede sou sy nog enige uitdaging aanvaar het. Sy wat Emma Lategan is, was een van die land se jong, opkomende sjefs met uitstekende kwalifikasies. En sy het gedink haar loopbaan het uiteindelik op die eksklusiewe wildsplaas Oranjedrif op dreef gekom. Sy sou daar kon naam maak, maar toe loop sleep sy haar naam deur die modder. Sy moes die troue van die jaar in ’n sprokie omskep. En toe omskep sy dit in ’n nagmerrie. Met ’n hele kameraspan om die ramp op film vas te lê.

    Urgh.

    Emma val terug op die kussing. Dis alles eintlik daardie verdomde modelletjie en haar moeilike ma se skuld. Wou mos als na húl goeddunke doen vir die model se troue met haar Springbokrugbyspeler. Wou mos die wie’s wie van die land beïndruk. Sý is die een met die kwalifikasies, maar het enigeen na haar geluister? O, nee.

    Mejuffrou Model en haar ma stap eendag by Oranjedrif in asof hulle die plek gaan koop. Die Benades is natuurlik vroeg vir hul afspraak, want hulle hou daarvan om mense onkant te vang. Emma is egter gereed vir hulle en beïndruk hulle met elegante komkommertoebroodjies, ’n veerligte suurlemoensjiffonkoek met ’n fluweelagtige botterversiersel wat nie te soet is nie en vars gemaalde, ingevoerde Brasiliaanse koffie.

    Die twee brandmaer vrouens pik-pik natuurlik slegs aan die kos met ’n alwetende ’n oomblik op die lippe, jy weet, en ’n stywe knipoog.

    Emma bespreek met hulle die verskillende opsies vir die ete en beskryf elke gereg in detail. Kreatiewe kombinasies en fyn geure is Emma se sterk punt, maar nee, ná elke gereg frons mevrou Benade so effentjies en lyk nog meer gepynigd.

    Uiteindelik kan Emma dit nie meer hou nie. Is daar iets verkeerd, mevrou Benade?

    Nee, dis net dat ek meer in die lyn van ’n bietjie boeresjiek gedink het. Boerekos met ’n twist, jy weet? Ons is after all ’n klomp Afrikaners en ek is net bang die mense skrik hulle dood vir dié byderwetse kos.

    Emma sit asof iemand haar met ’n pap snoek bygedam het. Dít het sy nie verwag nie.

    Ag, skattebol, moenie so geskok lyk nie. Ek praat nou nie van paptert of so iets nie, maar miskien hoenderpastei met ’n twist.

    Wat? Emma sit vir ’n oomblik nog haar oë en knip voor sy beheer oor haar tong kry en die woorde uitwurg: Hoenderpastei? Oor my dooie liggaam.

    Mevrou Benade lyk soos ’n vis op droë grond. Sy is seker so gewoond daaraan om haar sin te kry dat sy nie mooi weet hoe om te reageer nie.

    Asof hy om die hoek gestaan en luister het, maak Marius sy opwagting en vra met ’n aangeplakte glimlag of alles nog in orde is. Emma kners op haar tande. O, die man weet net hoe om haar grensloos te irriteer.

    Ag, Mariussie, ons wil hoenderpastei hê, maar jou sjeffie dink dis benede haar.

    Marius gluur Emma aan en sê terselfdertyd paaiend: Maar mevrou Benade, wat julle wil hê, is al wat saak maak. As julle hoenderpastei wil hê, sal julle natuurlik hoenderpastei kry.

    En op die plek is alles afgehandel en moet Emma hoenderpastei met ’n twist vir ’n troue in die somer naby Upington voorsit. Die tjekboek word uitgepluk en die deposito met ’n groot gebaar aan Marius oorhandig.

    Toe die Benades wegtrek, keer Marius hom woedend na Emma en vreet haar van ’n kant af uit omdat sy die Belangrike Benades durf teëgaan.

    Wat het jou besiel?

    En wat het jóú besiel? kap Emma terug. Dis Upington in die somer, die gemiddelde temperatuur is 40° C. Die geregte moet die vorige dag berei word en hier is nie genoeg yskasspasie om alles koud te hou nie. Wil jy hê die mense moet almal omkom van salmonellavergiftiging?

    Moenie belaglik wees nie. Hier is meer as genoeg yskasspasie en jy maak mos die donderse pasteie weer warm. Hoe op aarde gaan hulle nou daarvan siek word?

    Dit is juis wanneer die donderse pasteie weer warm gemaak word dat … Wel, moenie sê ek het jou nie gewaarsku nie.

    Fokus jy eerder op die kos, en ek sal my bekommer oor wat ons kan en nie kan doen vir mense wat actually betaal nie. Besigheid is klaarblyklik nie jou sterk punt nie!

    Met hoenderpastei op die spyskaart is die saak afgehandel en storm Marius binnetoe.

    Emma is die hoenders in. Sy gryp uit frustrasie ’n toebroodjie en vat ’n ergerlike hap. Aaarrrggh, gil sy en gooi die res van die broodjie agter Marius aan waar hy ’n paar oomblikke gelede deur die deur verdwyn het.

    Haar ma het altyd gesê sy het ’n lelike humeur aan haar. Maar hoenderpastei vir ’n formele troue?

    Nee, sif man.

    En in die somer. Is hulle miskien aangetas?

    Die volgende paar weke boer die Benades daar. Elke keer kom hulle met nog ’n stapel tydskrifte en die oulikste idees op die plaas aan. So asof Emma nog nooit in haar lewe ’n troue gereël het nie. Afgesien van haar kookkuns, is sy immers in beheer van al die funksies op Oranjedrif.

    Die laaste toets van haar geduld is toe die voornemende bruid kom met die mees onlangse Sarie en dit met fanfare oopgooi. Emmatjie, ek móét hierdie tent net vir my troue hê.

    Dit begin in Emma kook. Sy gebruik altyd dieselfde betroubare tentmaatskappy en het die tent weke gelede al bestel. Sy forseer haar oë af na die bladsy.

    Kyk, dit lyk soos ’n feëtroue. Sprokiesagtig, klingel bruid Benade hier in haar oor.

    Emma maak haar mond oop, maar geen geluid kom oor haar lippe nie.

    En oom Lukas het reeds gesê dis sy geskenk aan sy liewe kleinniggie, tjip Ma Benade in.

    Emma maak haar oë ’n oomblikkie toe. Wat is die kanse dat dit nou juis op daardie dag sal reën? Dit is Upington, en die gemiddelde reënval in Desember is minder as vyf millimeter, so hulle sal seker veilig wees. Want waterdig is daardie tent beslis nie. Miskien sal hulle almal in elk geval sonsteek deur die kammaseil kry.

    Sy kyk egter op, glimlag en knik net haar kop. Geen geluid kan verby die knop van irritasie in haar keel kom nie.

    Die dag van die troue kom al nader. Emma verfyn vir hulle ’n hoenderpastei met ’n twist sodat selfs sý op die ou end nie heeltemal ontevrede met die keuse is nie.

    Met al die wyn, vrugte en koek, waarvan die versiersel beslis nie kan smelt nie, en genoeg gebottelde water om ’n hele peloton modelle aan die gang te hou is die yskaste tot oorlopens toe vol. Emma stel die maak van die pasteie vir so lank sy kan uit sodat daar so min as moontlik tyd tussen die maak en eet sal verloop, maar dit bly vir haar ’n risiko.

    Sy verduidelik vir die kameraspan om asseblief net uit die kombuis te bly, want natuurlik word die dag deur die span van Pasella vasgelê sodat die hele land in hierdie boerebarok-affêre van die Benades kan deel. Die hoenderpasteie staan naderhand op Marius se kantoorvloer met die lugverkoeling op sy koudste aan sodat Emma ten minste haar gewete kan sus dat sy probeer het.

    Die tent langs die rivier lyk werklik sprokiesagtig, maar dit bly drukkend en warm. Daar is so ’n enkele wolkie in die lug toe Emma haar oog vir oulaas gaan gooi voor die gaste begin aankom. Dit behoort alles oukei te wees, sug sy toe sy kombuis toe stap om vir haar ’n skoon sjefbaadjie te gaan aantrek en te wag dat die sirkus begin.

    Teen die tyd dat Emma en die personeellede in gelid met die hoenderpasteie uitstap om die hoofgereg te bedien, het die enkele wolkie wonder bo wonder ’n hele klomp maats bygekry. Hier is nou sommer ’n kolonie wolke. En dis wraggies seker een van die warmste dae wat sy nog ooit op Upington beleef het. Die vroue se grimering smelt seker al teen dié tyd af. Emma moet haar eie voorkop met haar mou afvee.

    En soos dit enige melodrama betaam, val die eerste groot ronde druppel in die stof agter haar toe sy die eerste skep hoenderpastei op ’n gas se bord lê. Emma stuur ’n skietgebedjie die heelal in dat dit net asseblief by sulke groot, los druppels moet bly tot alles verby is.

    Die gode is obviously nie op hul pos nie, want teen die tyd dat die laaste gas die laaste hap hoenderpastei in sy mond sit, begin die eerste kind

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1