Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Sonja se Sonde
Sonja se Sonde
Sonja se Sonde
Ebook886 pages12 hours

Sonja se Sonde

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Sonja het die ideale huwelik en die man van haar drome. Hy aanbid spreekwoordelik die grond waarop sy loop en sy kry alles wat haar hartjie begeer. Hy koop vir haar 'n nuwe huis en hy laat haar ophou werk. Hy ondersteun haar in haar naaldwerk stokperdjie en hy koop alles wat sy wil hê. Hy bemin haar met 'n passie. Sy sweef letterlik van geluk.

Sonja het egter 'n geheim. Sy kan nie werklik van haar verlede vlug nie. Haar eerste fout was om te swyg.

Wanneer sy afgepers word, en sy vrees dat Jacques haar mag los as hy haar geheim uitvind, swig sy en is sy ontrou. Sy word deur haar man op heterdaad betrap.

Haar hele vesting van huweliksekuriteit verkrummel en is nou slegs 'n huis van kaarte. Sy smeek om vergifnis en hy jaag haar nie weg nie.
Sonja besef egter hy is gebreek en sy besef haar huwelik hang aan 'n uiters dun draadjie. Sy vrees hy gaan vertroosting soek in die arms van 'n ander vrou. Sy kry geen geleentheid om van haar sonde te vergeet nie, want die media, televisie, tydskrifte en rolprente is vol van buite-egtelike verhoudings en ontrou en sy word telkemale aan haar verraad herinner.

Hoe gaan sy hieroor kom, sonder om hom van haar verlede te vertel? Hoe gaan sy hom oortuig dat sy nie afleiding gesoek het omdat hy haar nie vervul het nie? Hoe kan sy hom oortuig hy is alles in haar lewe?

Hierdie boek is interaktief en die leser kan deur die druk van 'n skakel kies om die weergawe met of sonder beskrywende seks te lees. Dit is 'n volwasse boek.

LanguageAfrikaans
PublisherJohan Crous
Release dateAug 4, 2015
ISBN9780620671910
Sonja se Sonde
Author

Johan Crous

Johan CrousI started to write during many recovery periods in Hospital due to surgery.Police officer by day, specializing in event management (disabled).Married to KarinTwo daughters and one granddaughter.

Read more from Johan Crous

Related to Sonja se Sonde

Related ebooks

Related articles

Reviews for Sonja se Sonde

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Sonja se Sonde - Johan Crous

    Sonja Se Sonde

    deur

    Johan Crous

    Tweede Hersiene Uitgawe

    ISBN 978-0-620-67191-0 (epub)

    ISBN 978-0-620-67192-7 (mobi)

    Inhoudsopgawe

    Titelblad

    Kopiereg

    Opgedra Aan

    Oor die boek

    Erotiese Weergawe

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3

    Hoofstuk 4

    Hoofstuk 5

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 7

    Hoofstuk 8

    Hoofstuk 9

    Hoofstuk 10

    Hoofstuk 11

    Romantiese Weergawe

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3

    Hoofstuk 4

    Hoofstuk 5

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 7

    Hoofstuk 8

    Hoofstuk 9

    Hoofstuk 10

    Hoofstuk 11

    Biografie

    Copyright © 2015 Johan Crous. All Rights Reserved.

    ISBN 978-0-620-67191-0 (epub)

    ISBN 978-0-620-67192-7(mobi)

    All rights reserved. Cover design by Johan Crous Book design by Johan Crous No part of this book may be reproduced in any form or by any electronic or mechanical means including information storage and retrieval systems, without permission in writing from the author. The only exception is by a reviewer, who may quote short excerpts in a review. This book is a work of fiction. Names, characters, places, and incidents either are products of the author’s imagination or are used fictitiously. Any resemblance to actual persons, living or dead, events, or locales is entirely coincidence.

    Address all correspondence and other inquiries to: jcrous699@gmail.com

    Cover designed and created by Johan Crous, images sourced from pixabay.com under public domain license, with Mbragion as the author.

    PUBLISHED AND MANUFACTURED IN THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

    Self Published: 2015

    Opgedra Aan:

    Hierdie hersiene uitgawe van hierdie boek word opgedra aan Marlaine. Sy het my bevriend na my eerste boek uitgegee is en het van die begin af my aangemoedig, ten spyte van my foute en swakhede as skrywer. Marlaine, jy sal nooit besef wat dit vir my beteken nie.

    Die boek is opgestel met Ultimate Ebook Creator 2.6.5.0.

    Spel en Taaltoets is met Skryfgoed 4 gedoen.

    Die boek is geskryf in Office (Word) en Mobisystems se Office Premium vir Android.

    Die buiteblad is gedoen met Corel se Paintshop Pro X8 en Adobe Photoshop CS6.

    Oor die boek:

    Sonja het die ideale huwelik met die man van haar drome. Hy aanbid spreekwoordelik die grond waarop sy loop en sy kry alles wat haar hartjie begeer. Hy koop vir haar 'n nuwe huis en hy laat haar ophou werk. Hy ondersteun haar in haar naaldwerk stokperdjie en hy koop alles wat sy wil hê. Hy bemin haar met 'n passie. Sy sweef letterlik van geluk.

    Sonja het egter 'n geheim. Sy kan nie werklik van haar verlede vlug nie. Haar eerste fout was om te swyg. Sy het nooit vir Jacques vertel nie.

    Wanneer sy daaroor afgepers word, en sy vrees dat Jacques haar mag los as hy haar geheim uitvind, swig sy. Sy word deur haar man op heterdaad betrap.

    Haar hele vesting van huweliksekuriteit verkrummel en is nou slegs 'n huis van kaarte. Sy smeek om vergifnis en hy jaag haar nie weg nie.

    Sonja besef egter hy is gebreek en sy besef haar huwelik hang aan 'n uiters dun draadjie. Sy vrees hy gaan vertroosting soek in die arms van 'n ander vrou. Sy kry geen geleentheid om van haar sonde te vergeet nie, want die media, televisie, tydskrifte en rolprente is vol van buite-egtelike verhoudings en ontrouheid en sy word telkemale aan haar verraad herinner.

    Hoe gaan sy hieroor kom, sonder om hom van haar verlede te vertel? Hoe gaan sy hom oortuig dat sy nie afleiding gesoek het omdat hy haar nie vervul het nie? Hoe kan sy hom oortuig hy is alles in haar lewe?

    Hy glo haar nie. Hy glo hy is ontoereikend. Hy glo sy wil haar brood aan beide kante gebotter hê. Sal 'n ander vrou hom kan leer? Sal 'n ander vrou se boesem die seer in sy hart kan verminder? Ontrouheid aan sy kant met 'n ander vrou uit wraak, is dit nie suiwer onvergewensgesindheid nie? Is Sonja se daad nie maar net werklik haar desperate poging gewees om vir haar huwelik te veg nie?

    Lees die stryd van Sonja om haar man te behou en sy vertroue te probeer terug wen.

    Hierdie boek is interaktief, met ander woorde u kan self kies of u beskrywende seks wil lees of nie. Volg net die aanwysings.

    Erotiese Weergawe - Hierdie weergawe bevat beskrywende seks. Lees nbet voort.

    Om die Romantiese Weergawe wat geen seks bevat nie te lees, kliek hier.

    Hoofstuk 1.

    24 Augustus.

    Jacques Jordaan staan eerste op op hierdie yskoue wintersoggend. Hy steur nie sy vrou Sonja nie. Hy kyk na haar waar sy snoesig in die woonstel se hoofslaapkamer opgekrul slaap. Dit is nog baie vroeg. Nog nie eers sewe-uur nie. Hy trek vinnig en saggies sy kamerjas aan en stap na die luukse kombuis. Sonja is vier-en-twintig jaar oud en sy vrou van twee jaar. Nee, sy is sy bruid van twee jaar. Bruid met 'n hoofletter. Na twee mislukte verhoudings het hy Sonja ontmoet en dit het op die huwelik uitgeloop. Dit is dié huwelik. Sy geluk ken géén perke hoegenaamd nie.

    Vandag die 24ste Augustus, is dit hulle huweliksherdenking. Sonja het hom nou reeds twee jaar die gelukkigste man denkbaar gemaak. Jacques is agt-en-twintig. Hy is sterk en stewig gebou. Hy is op die oog af duidelik herkenbaar as 'n man wat heelwat ure in die gim deurbring. Hy is egter nie atleties gebou nie, en daar is heelwat liggaamsvet om sy middel. Gevolglik wys hy nie 'n sespak nie, maar Sonja is baie tevrede met hom. Hy is een punt agt meter lank en sy hare is kort. Hy is 'n aantreklike man en verafgod die grond waarop Sonja loop. Sy kan niks verkeerd in sy oë doen nie.

    Sonja is 'n kort en fyn geboude vrou met lang hare. Sy is een punt ses vyf meter lank en atleties gebou. Sy het effense wye heupe met 'n baie nou middeltjie en medium groot borste. Sy lyk vir Jacques soos hy wil hê 'n vrou moet lyk. Daar is niks wat hy aan haar voorkoms verkeerd kan vind nie. Sonja spandeer ook heelwat tyd in die gim aangesien sy daar werk as afrigter.

    Jacques berei 'n ontbyt voor soos hy weet Sonja van hou. Daar is genoeg tyd. Sonja begin eers nege-uur werk. Hy ook. Beide werk naby hul huur woonstel. Hy in Mosselbaai, oorkant De Bakke vakansie-oord en sy by die Langeberg winkelsentrum, by die gim. Hy maak moerkoffie, soos hy weet hy en sy beide van hou. Hy pak alles op die skinkbord en stap na haar bed toe.

    Sonja.

    Sy word wakker en glimlag toe sy hom sien. Sy ruik onmiddellik die kos en haar mond water klaar.

    Jacques, jy bederf my.

    Hy sit die skinkbord eers neer en kom na haar kant van die bed. Hy neem haar in sy arms. Hy soen haar innig, ten spyte van haar asem wat nog nie vars ruik nie.

    Baie geluk met ons huweliksherdenking my liefling. Dankie vir die twee wonderlikste jare van my lewe ooit. Jy is die beste vrou wat 'n man kan hê.

    En jy is my droom man Jacques. Jy het my net so gelukkig gemaak en ek beskou dit as 'n eer om jou vrou te wees.

    Hy gee haar skinkbord aan en hy gaan haal syne en kom sit by haar en eet.

    Vanaand vat ek jou uit vir ete. So jy moenie kos maak of koop nie.

    Dit sal baie lekker wees Jacques. Kwaliteit tyd saam met my man. Ek werk tot vyfuur en sal direk daarna huis toe kom.

    Ek werk ook tot vyfuur vandag. Ek wil nie meer so laat werk nie. Ek is immers die baas. Ek kry vandag my jaarverslag. Ek is effens op my senuwees. Ek sal vandag werklik sien wat my strategie beteken het.

    Ek het die volste geloof en vertroue in jou. Jy sal suksesvol wees.

    Ons kan vanaand verder gesels. Sit jou bord sommer op myne. Ek is nou weer terug.

    Hy vat die vuil borde kombuis toe. Die woonstel se kombuis is luuks en hy sal later opwas. Hy stap terug en klim by haar in die bed. Hy trek haar nader en sy soen hom hartstogtelik. Nou hoef sy nie kos te maak nie en wen bietjie tyd. Hy vat na sy bedkassie se laai en haal 'n pakkie uit. Hy gee dit vir haar.

    Hier is vir jou so 'n klein ietsie om net te sê ek is lief vir jou en waardeer jou my vrou.

    Sonja kan die liefde en bewondering in sy oë sien. Sy is self baie lief vir haar man en sy is steeds verlief op hom. Sy maak die pakkie oop en kyk geskok na die inhoud. Hy het vir haar die goue horlosie gekoop wat sy so lank al begeer. Sy kry onmiddellik trane in haar oë van blydskap en trek hom nader aan haar.

    Dankie Jacques. Jy het my hartjie nou baie bly gemaak.

    Ek wil maar net wys ek waardeer jou Sonja. Die afgelope twee jaar met jou aan my sy was die beste twee jaar ooit. Ek sal vir altyd joune wees. Niks en niemand sal jou ooit van my wegrokkel nie.

    En ek is net so gelukkig Jacques. Ek sal ook nie toelaat dat iets tussen ons kom nie. Jy is werklik my droom man en my alles.

    Wag ek moet klaarmaak. Ek gaan gou stort. Ek gaan jou vanaand weer sien en dan kan ons lekker gesels.

    Sy bewonder haar horlosie en lê nog 'n rukkie in die bed. Sy kyk met waardering hoe hy uittrek en stort. Sy bewonder sy liggaamsbou. Ten spyte van sy effense vetrolletjies is hy 'n mooi en mooi geboude man. Hy trek sy netjiese pak klere aan en spuit sy lyfsproei en naskeermiddel aan. Sy gesig het hy glad geskeer. Hy het 'n sterk kakebeen en sy mond trek effens na die een kant toe, dit wys meer as hy lag, en dit maak hom nog meer onweerstaanbaar in haar oë. Hy vat sy aktetas en soen vir Sonja.

    Totsiens Sonja. Sien jou dan vanaand. Ons gaan die aand die moeite werd maak.

    Ek sien uit daarna. Ek wil ook gou stort voor ek ry. My eerste klas is nege-uur.

    Jacques stap af met die trappies en druk die afstandbeheer wat die motorhuis oopmaak. Hy klim in sy Mercedes C-klas motor en ry stadig agteruit. Hy sluit die deur weer. Hy wag tot die motorhuis se deur toe is voor hy af ry in Rodger Straat, die straat waarin hul woonstel by nommer ses-en-sewentig geleë is. Dit is 'n dubbelverdieping woonstel, waar twee woonstelle teenaan mekaar gebou is. Eintlik is dit meenthuise. Op die boonste vloer is daar 'n oop onthaal stoep area wat op die see uitkyk.

    Hy en Sonja geniet hierdie woonstel baie, maar hulle betaal 'n fortuin aan huur en gevolglik is sy verplig om te werk. Beide wil graag hê dat sy moet ophou werk. Jacques sal vandag sien of hy dit sal kan bekostig dat sy kan tuisbly. Hy wil ook graag 'n huis koop sodat hulle hul eie plek het, eerder in Hartenbos. Hy is oortuig hy sal minder aan 'n verband afbetaal. Sonja is gelukkig nie 'n veeleisende vrou nie en hulle kom uit met hul geld.

    Jacques en Sonja is nie net verlief en getroud nie, maar hulle is baie naby aan mekaar. Hulle is eerlik met mekaar en hul struwelinge is baie min. Hulle het 'n gesonde sekslewe en hulle bemin mekaar elke aand. Nie een van hulle twee kan werklik sê hulle is frustreerd nie. Hulle is ook baie gewild en het 'n goeie vriendekring.

    By die laaste straat draai hy af tot by George Rylaan. Hy ry tot regoor De Bakke Santos karavaan park en draai links by die CP Nel Delta BP vulstasie en die eerste pad weer regs. Hy parkeer in sy motorhuis van Jacques Accounting Consultants. Hulle het die gebou van die voormalige Oostersee woonstelle in George Bendle omskep in kantore. Jacques is die eienaar en het sy span ervare werkers. Hy stap uit en sluit die motorhuis deur die knoppie van die afstandbeheer te druk, en hoor die geluid soos die deure toemaak.

    Jacques stap om vyf voor nege by sy kantore in. In die verbyloop groet hy sy sekretaresse, Jeanette Kleinhans. Hy sit sy tas neer op die lessenaar en gaan sit. Hy trek die gedrukte program vir die dag nader en sien sy eerste afspraak, die ouditeure, is om tienuur. Al is oudit deel van sy werk, mag hy wetlik nie sy eie onderneming oudit nie en derhalwe moet hy van iemand anders gebruik maak.

    Hy stap na Jeanette. Sy werk al vier jaar vir hom en sy is baie getrou en sy vertroueling.

    Koffie Jacques?

    Sy spreek hom in sy private hoedanigheid as Jacques aan, maar as hulle voor kollegas of kliënte is, noem sy hom Meneer.

    Asseblief ja. En dan wil ek hê jy moet vir my 'n groot guns doen. Skakel die betroubaarste bloemiste en kry vir my 'n baie groot ruiker en laat dit by Sonja by die gim aflewer. Skryf gou neer wat ek in die kaartjie wil hê.

    Ek luister.

    Gelukkige huweliksherdenking Sonja. Lief jou oneindig baie. Liefde, Jacques. xxxxx

    Is dit vandag julle herdenking?

    Ja, ons is vandag net mooi twee jaar getroud. Die gelukkigste twee jaar van my lewe.

    Sy staan op en omhels en soen hom.

    Baie geluk Jacques. Ek is baie bly vir julle onthalwe.

    Jacques kry vir die tweede keer hierdie week die indruk sy is nie gelukkig getroud nie. Haar man, Deon, is menige vrou se droom. Jacques weet geen vrou kan hom weerstaan nie. Hy het menige vrou, getroud en ongetroud, al hardop hoor sê hulle sal enige iets doen om saam met hom in die lakens te beland. Moontlik hou sy nie van die aandag wat hy van die teenoorgestelde geslag kry nie. Jacques wag vir sy koffie en bly sommer by haar staan.

    Ek het vir Sonja die horlosie gekoop wat sy so lank al begeer. Ek weet my punte het gestyg, want sy was só bly gewees. Vanaand gaan ek haar uitneem vir ete en daarna gaan ek my vrou bemin soos min. Ai Jeanette, ek is só gelukkig. My Sonja is my alles.

    Sy antwoord nie en gee Jacques sy koffie. Dit beaam net sy idee dat sy ongelukkig is of omgekrap is oor iets.

    Jeanette, is daar iets wat jou pla?

    Nee Meneer, niks nie.

    Haar aanspreekvorm gee hom die idee sy wil nie praat nie. Hy laat dit daar en drink sy koffie klaar voor hy na sy kantoor stap.

    Jacques sit by sy lessenaar en neem sy koerant. Hy kyk eers by die advertensies om seker te maak hulle het sy foto geplaas. Hy blaai en kry die foto. Dit is so groot soos sy identiteitsboekie.

    "Twee jaar van gelukkige saamwees."

    Hy trek sy telefoon nader en stuur vir Sonja 'n boodskappie.

    "Kyk op bladsy negentien van Die Burger. Geniet jou daggie. Jacques. xxxxx."

    Hy blaai deur die koerant en lees selektief waarin hy belangstel. Hy kyk ook na die advertensies van huise. Klokslag tienuur lui sy foon.

    Jacques.

    Meneer, meneer Britz is hier.

    Hy kan maar binnekom. Sal jy vir ons tee bring asseblief?

    Ek sal so maak.

    Daar is 'n klop aan die deur en Jeanette maak oop. Sy laat die man binnekom. Jacques staan op.

    Goeie môre meneer Britz, kom sit gerus. Ek het reeds tee bestel.

    Hy skud Jacques se hand voor hy gaan sit. Hy maak sy portefeulje oop en oorhandig 'n dokument aan Jacques.

    Ek dink jy het rede om tevrede te wees meneer Jordaan. As u na die verslag kyk sal u die finale syfers nie kan wegredeneer nie.

    Jacques neem die dokument en bestudeer dit. Sy stroefheid gaan oor na 'n glimlag. Hy is baie tevrede met wat hy sien. Vanaand kan hy Sonja verras. Voor hy kon praat kom Jeanette in met die tee en sit dit op die tafel neer.

    Dankie Jeanette.

    Jacques skink vir Britz in.

    Ek is baie tevrede meneer Britz.

    Noem my Willie.

    Gaaf, ek is Jacques. Ses-en-twintig persent is glad nie te versmaai nie. As ek my span, myself inkluis, met net 'n tien persent salarisverhoging beloon, dan doen ek nog steeds baie goed. Dan kan ek nog steeds my kantoor se verband teen einde van volgende jaar delg. Dan maak ek nog steeds meer wins.

    Jy redeneer goed. Te veel mense maak die verhogings te veel. Dan raak hulle te duur vir hulself.

    Ek waak juis daarteen. Ek verwag om nog uitbreidings te maak. Gelukkig het ek nou my eie kantore. Dit is baie beskeie, maar dit is relatief goedkoop.

    Ja Jacques, jy het reg gekies.

    Sonja is uiters netjies op haar persoon. Sy bad vinnig en borsel haar hare voor sy haar oefendrag aantrek. Sy is so gelukkig daarmee wat Jacques vir haar gegee het. Sy dink so 'n oomblikkie voor sy klaarmaak. Jacques is haar hele lewe. Hy het sovêr nog al haar wense vervul. Hy is die ideale man en sy het hom ook baie lief. Sy gaan uit haar pad om hom gelukkig te hou, en sy pluk die vrugte daarvan. Haar huwelik is net een van geluk. Daar is geen struikelblokke nie en sy en Jacques baklei nooit. Hulle praat sake uit en beide gee toe om konflik te vermy. Gevolglik is hulle werklik 'n baie hegte paartjie.

    In die bed kan sy nog minder kla. Jacques bemin haar soos sy maar net in flieks kan sien en in boeke kan lees. Sy ervaar sy liefde en is heeltemal tevrede. Hy vervul haar volkome en sy is nie net lief vir hom nie, maar ook aangetrokke tot hom. Hy maak 'n punt daarvan om te sorg dat sy haar vervulling bereik voor hy laat gaan om syne te bereik. Hy maak haar knieë letterlik lam. Sy is baie trots om hom as haar man te hê. Sy kan die aandag sien wat hy van die teenoorgestelde geslag geniet. Hy kon kies en keur, en tog het hy vir haar gekies.

    As hy saam met haar in die gim oefen, kan sy sien hoe die ander vroue hom begeer. Sy hou daarvan. Sy weet hulle sal altyd mekaar se sielsgenote wees.

    Sonja sluit die woonstel en stap met die trappies af na die groot dubbeldeur en druk die afstandbeheer se knoppie. Die deur gaan oop en sy klim in haar nuwe Audi 3 wat Jacques vir haar met haar verjaarsdag gekoop het. Sy kon kies wat sy wou hê. Sy trek uit en sluit die deur. Sy ry dieselfde roete as Jacques en ry tot by die Langeberg winkelsentrum. Sy parkeer aan die Noordekant en sluit haar motor. Sy stap met die roltrappe op na die eerste vloer van die administratiewe blok en gaan in die gim in, presies om twintig voor nege.

    Die drie ontvangsdames wat by die Gim werk is almal Sonja se vriendinne ook, Charlien Kruger, Lynette Burger en Michelle Botha. Hulle is opregte vriendinne. Sonja weet al drie begeer Jacques en hulle maak geen geheim daarvan nie, maar hulle sal nie aan hom raak nie. Hy sal ook nie aan hulle vat nie. Lynette is nie nou aan diens nie want sy werk die laat skof vanaand.

    Michelle, die bruin meisie, omhels Sonja eerste.

    "Baie geluk met jou anniversary. Ek kan sommer sien jy is happy."

    Baie dankie Michelle. Ja, ek is baie gelukkig.

    Charlien omhels haar ook.

    Veels geluk met jou huweliksherdenking Sonja. Ek hoop julle is vir altyd saam en gelukkig.

    Dankie, ek waardeer dit, maar hoe het julle geweet?

    Dit is in die koerant. Kyk hier.

    Charlien wys die berig in die koerant en Michelle gee haar 'n beker met koffie. Dit is 'n pragtige foto en sy sien die byskrif wat Jacques geplaas het. Dit is so oulik van hom. Sy het nie eers daaraan gedink nie.

    Dit is pragtig. Kyk wat het hy vir my gekoop.

    Sy wys hulle haar horlosie.

    "Dit is so cute."

    Jy is seker baie tevrede?

    Ja ek is. Jacques is regtig die droom man. Hy bederf my. Toe ek vanoggend wakker word, staan hy voor my met ontbyt en koffie. Hy het die skottelgoed gewas en vanaand neem hy my uit vir ete. En later vanaand weet ek gaan hy my tot my volle kapasiteit bemin. Ek het alles wat ek wil hê.

    Ja, jy is voorwaar 'n gelukkige vrou. As jy ooit moeg word van hom, laat my eerste weet. Ek sal hom vat.

    Nee Charlien, ek sal hom eerder vat.

    "Julle twee sal hom nie kry nie, hy is myne, en myne alleen.Ek en hy gaan vanaand weer lekker gesels. Jacques luister na my as ek gesels. Hy stel belang in alles wat ek vertel. Hy kan ure lank sit en na my luister. Hy vra my uit en hy neem noukeurig notisie van wat ek hom vertel. Ek hoef hom nie aan iets te herrinner nie. Hy onthou. Ek gaan hom later vanaand verlei en hom terug liefhê tot hy van uitputting in my arms aan die slaap raak. Hy draai nie sy rug op my soos ek die ander vrouens hoor kla nie. Hy raak aan die slaap met my in sy arms. Ons slaap sonder klere en het genoeg tyd vir cuddle."

    Klokslag nege-uur begin Sonja met haar eerste klas en teen tienuur is sy natgesweet, maar tevrede. Nou het sy een uur van rus voor sy 'n les doen van gewigstoot vir die dames. Kwart voor elf kom daar 'n man ingestap met 'n blou oorjas en 'n kolossale groot ruiker.

    Goeie môre, ek het 'n ruiker om af te lewer vir 'n mevrou Jordaan.

    Ek is Sonja Jordaan.

    Hy sit die ruiker voor haar op die toonbank neer.

    U moet net ontvangs erken asseblief.

    Sy teken en hy is weer weg. Sy maak die kaartjie oop en lees.

    "Gelukkige huweliksherdenking Sonja. Lief jou oneindig baie. Liefde, Jacques. xxxxx"

    Jou Jacques is regtig baie lief vir jou.

    Ja, hy is. En hy het my dag oor en oor gemaak. Ek is sekerlik die gelukkigste vrou denkbaar.

    "Wel, buiten dat hy so 'n begeerlike man, so cute is, spoil hy jou baie. Jy het 'n stunning woonstel en motor en jy kry alles wat jou hart begeer. Kan hy ooit nee sê vir jou?"

    Hy kan, maar jy is reg, hy probeer my die beste moontlik gee. Ek het lankal in ons twee jaar geleer dat as ek hom gelukkig hou in die bed, kan ek hom alles vra wat ek wil. Maar ek hou hom nie gelukkig in die bed nie, hy hou my gelukkig. Ek was nog nooit frustreerd nie, nie eers een keer nie. Ons het nog nooit kwaad vir mekaar gaan slaap nie. Ons praat dit eers uit. Ons het ook geen geheime vir mekaar nie. Ek gun hom sy privaatheid as hy byvoorbeeld wil boek lees en hy gun my as ek wil sepies kyk.

    Julle het regtig die perfekte huwelik.

    Ek is net verbaas om te sien hoe gelukkig Adri nou is. Sy het baie verander vandat Morné haar by die huis laat bly het. Sy is so gelukkig met klein Adri. En Morné is net so gelukkig. Hulle amper tien jaar van aparte lewe is verby.

    "Ek moes beide hulle twee sense in praat toe hulle so desperate was oor mekaar."

    Ek moet sê, dit is darem nou vir jou 'n mooi vrou wat nou by Meyer werk. Vandat haar oë te sleg is om te vlieg, het sy by Adri oorgevat. Adri het haar self gekies.

    Sy is baie selfversekerd om nie te vrees Meyer verloor kop nie. Sy is dierlik mooi.

    Ja, ek stem saam. Sy is mooi.

    Sy doen goed met ons oefenprogram, en ek stem saam sy is mooi. Jy moet sien hoe die manne kyk.

    Julle moenie vir Deon weggooi nie. Hy is nou vir jou 'n mooi man. Ek sal nie vir hom kan nee sê nie. Maar hy is getroud, en ek het respek vir ander vroue se mans.

    "Ek stem saam, Deon is 'n mooi man, en hy versteur ook my hormones. Al is hy getroud, as hy my sou vra, is die antwoord beslis ja. Ek wéét vir 'n fact ek sal nie nee kan sê nie. Ek dink Jeanette is seker net so gelukkig. Wat dink jy van hom Sonja?"

    Ek stem saam. Hy is 'n mooi man.

    Sonja het nog vier klasse voor sy om half vyf klaarmaak. Sy stort vinnig om vars te wees. Sy is baie gesteld daarop om altyd skoon en vars wees, veral vir haar man. Hy het haar al op die onmoontlikste tye bemin en nog nooit het sy haar vir haarself geskaam nie. Sy ry huis toe en parkeer langs sy motor. Hy is eerste daar. Sy sukkel met die groot ruiker en hy ontmoet haar by die trappies en vat dit by haar.

    Hallo my Sonja, wag gee vir my. Hoe was jou dag?

    Ek het baie spesiaal gevoel vandag. Jy het my regtig verras met die ontbyt, my geskenkie en die ruiker. Ek voel regtig jy waardeer my.

    Ek doen. Ek het jou koffie reg. Ek moet net skink.

    Hy sit die ruiker op die eetkamertafel, waar hy reeds die matjie geplaas het. Hy skink die koffie en sy kom sit by hom in die sitkamer. Hulle drink behaaglik hul koffie.

    Ek wil jou vanaand verder bederf.

    Ek voel al reeds soos 'n bruid van vooraf.

    Vanaand is jy my bruid. Ek gaan vanaand tot wie weet watter tyd met jou gesels. Ek geniet so jou geselskap Sonnetjie. Jy het my nog nooit ooit verveel nie.

    Sy leun na hom en hy neem haar in sy arms en hy soen haar lank en innig terwyl sy sy soene beantwoord. Sy tong druk tussen haar tande in en hul tonge ontmoet mekaar en dans in hol monde met mekaar. Sy hand dwaal na haar borste en hy druk haar liggies.

    Hulle trek gemaklik aan en hulle ry na die Tagoda Spur by die ATKV oord en kies 'n sitplek wat oor die see uitkyk. Hy bestel 'n bottel rooi wyn en hy skink vir elkeen 'n glasie.

    Sonja, ek het goeie nuus vir jou. Ek het my oudit verslag gekry en ek is van mening dat ek dit nou kan bekostig dat jy ophou werk. So as jy nog so voel kan jy maar jou bedanking indien.

    Sy gryp sy hand vas met beide haar hande.

    Regtig Jacques? Bedoel jy dit?

    Ja Sonja, ek bedoel dit.

    Jacques, jy het my nou vir die vierde keer verras vandag. Ek is so gelukkig my man.

    Ek is lief vir jou my vrou. Ek wil jou net gelukkig maak.

    Ek is gelukkig. Dankie my man.

    Hulle bestel hul kos en lê weg toe dit kom. Dit is nogal smaaklik voorberei en hulle geniet dit terdeë. Na ete bestel hulle nagereg.

    Sonja, dit is ook nie al nie. Ons kan nou aanbeweeg en ons eie huis koop. Ek het my sommetjies gedoen. Ek het geld weggesit vir 'n deposito. Ons betaal nou sestien duisend per maand vir huur en die plek is nie ons sin nie. As ek die deposito neersit sal ons paaiement dieselfde wees, maar dan is dit ons eie ou plekkie.

    Jacques, jy maak op een dag al my drome waar.

    Ja Sonja, ek het hard hiervoor gewerk. Jy is my droom vrou. Vir jou wil ek die wêreld verskuif. Niks sal ooit tussen ons kan kom nie.

    Niks nie Jacques. Niks nie. Jy is myne en myne alleen.

    En jy is myne. Ek deel jou met niemand nie.

    Hulle gaan laterig huis toe. By die huis kyk hulle eers 'n lekker fliek. Sonja sit met haar rug teen hom. Hy het 'n groot kombers om hulle gedraai en hulle kyk na die prent. Soos gewoonlik vat Jacques aan haar. Hy het haar klere losgemaak en speel met sy hande oor haar liggaam. Hy voel haar reageer onder sy liefde en aanraking. Die fliek is nogal spannend, maar beide Sonja en Jacques is pynlik bewus van mekaar.

    Toe die fliek klaar is tel hy haar op en dra haar bed toe. Hy sit haar in die bed en ontklee homself. Hy help haar ook ontklee. Hy soen haar en dan soen hy haar in haar nek. Hy soen haar voor in haar nek en ook effens na agter tot waar hy kan bykom sonder om haar om te draai. Hy kan aan haar gedrag agterkom hy raak haar sensitiwiteit aan. Hy soen haar vir 'n baie, baie lang tyd en streel met sy hande oor haar liggaam. Hy raak haar nie net fisies aan nie, maar hy raak haar hele vrouwees aan, haar hele innerlike wese. Hy wek haar passie geleidelik op.

    Hy weet sy brand van begeerte, maar hy hou haar in afwagting tot hy voel sy is naby aan breekpunt van begeerte. Hy neem haar eers ten volle tot haar hoogtepunt in sy aanraking en sy roep sy naam uit in haar hartstog. Hy vertroetel haar weer van vooraf en wanneer hy oor haar skuif en haar in besit neem, ontmoet sy elke beweging van sy gespierde liggaam.

    Wanneer beide man en vrou hul hartstog uitgewoed, en tevredenheid bereik het, lê sy teen sy bors aan en vryf met haar hand oor sy borskas. Hy hou haar lekker styf vas. Sy voel die warmte van sy lyf en ruik sy reuk in haar neusgate.

    Ek is lief vir jou Jacques.

    En ek vir jou Sonja. Jy is my Sonnetjie.

    En jy is my Jakkie.

    Hy hou haar nog lank so styf vas.

    Ek gaan môre vir Pauline skakel. Ek wil so gou moontlik koop.

    Dit is reg so Jacques.

    Jacques vertel haar wat hy alles nog wil doen en sy vertel wat sy graag wil doen. Sy vertel hom alles. Hy luister aandagtig terwyl sy vingers deur haar hare speel. Hy vra hier en daar 'n vragie. Sy belangstelling is wonderlik vir Sonja en sy gesels sonder ophou. Sy hou eers op toe sy besef dit word laat. Sy hoor hom eerste aan die slaap raak. Sy is steeds in sy arms en hy hou haar steeds vas, al slaap hy. Sonja is werklikwaar baie gelukkig in haar huwelik. Niks sal haar huwelik ooit kan laat wankel nie.

    Pauline Marx is vroeg in haar kantoor. Sy is die suksesvolle eienares van Pauline eiendomme. Sy is nou al drie maande die vrou van Dewaldt Marx. Pauline en Dewaldt is huisvriende van Sonja en Jacques. Pauline is baie gesteld op fiksheid en sy sien Sonja en Jacques gereeld in die gim. Sonja weet Pauline sal nooit ontrou wees nie, maar sy bewonder vir Jacques. Sy begeer hom. Sonja is 'n vrou en weet. Pauline sal egter nie enige skuif probeer of selfs oorweeg nie.

    Sy handel haar korrespondensie af terwyl sy koffie drink. Sy het so pas haar lys van beskikbare eiendomme opgedateer en wag vir die eerste kliënte om te skakel. Sy kyk opgewonde na haar telefoon toe dit lui. Sy sien dit is Jacques.

    Goeie môre Jacques, hoe gaan dit met jou vanmôre?

    Goed dankie en jy?

    Ek is oukei, soos altyd. Wat kan ek vir jou doen?

    Pauline, ek en Sonja is nou gereed om te koop. Ek wil naby Voorbaai se omgewing koop. Ons kan twee komma ses neersit as deposito. Kan jy ons help?

    Ja, ek het drie huise in Voorbaai. Wanneer wil julle kom kyk?

    Sonja werk tot vieruur, so ons kan so kwart oor vier gereed wees.

    Ek sal beskikbaar wees. Waar kan julle my kry?

    Sal die Bayview Plaza in orde wees?

    Pas my uitstekend.

    Sien jou dan kwart oor vier.

    Oukei, tot dan.

    Jacques sit die telefoon neer. Hy glimlag tevrede. Hy sal Sonja se voete onder haar wegslaan. Hy wil haar net gelukkig maak. Hy skakel onmiddellik vir Sonja. Hy weet sy begin eers oor tien minute met haar klas.

    Hallo Jacques.

    Hallo Sonja, ek kry jou na werk by jou motor. Ons moet na die Bayview Plaza gaan. Pauline kry ons kwart oor vier. Ons gaan na ons eerste huise kyk.

    Jy vat nogal nie nonsens nie. Jy is haastig.

    Ek het jou 'n belofte gemaak dat ek so gou moontlik sal. Ek het ook belowe ek sal jou altyd liefhê.

    Ek weet en ervaar dit Jacques. Ek het jou net so lief my man. Ek sien jou dan. Lekker werk."

    Jy ook Sonja.

    Jacques sit sy foon weg met 'n tevrede glimlag op sy gesig. Hy lui vir Jeanette op die landlyn. Sy tel onmiddellik op.

    Jeanette, sal jy vir my 'n ou gunsie doen asseblief?

    Seker Jacques, jy weet mos jy kan net vra.

    As jy my tee netnou bring, bring twee koppies asseblief. Ek wil al die personeel sien asseblief en dan vir jou. Drink sommer tee saam met my asseblief.

    Seker Jacques, ek sal dit tienuur maak. Ek laat weet gou almal.

    Jacques werk deur nog twee dokumente voor Jeanette instap met die skinkbord tee en al die personeel haar volg. Hulle staan en kyk na hom. Hulle ken hom lank genoeg om te weet dat hy nie gaan preek of hulle tyd gaan mors nie.

    Goeie môre.

    Môre Meneer.

    Hulle antwoord gelyk.

    Dankie dat julle my op sulke kort kennisgewing kan ontvang. Ek gaan nie julle tyd mors nie. Ek het gister die ouditverslag van meneer Britz ontvang. Ek is tevrede dat die strategiese verskuiwings gewerk het. Van die einde van die maand af skuif ek julle almal se salaris met tien persent op. Ek sou nie die sukses behaal het sonder julle hulp nie. My salaris sal ook net met tien persent gelig word. Dankie nogmaals. Paul, ek weet dit is kort kennisgewing, maar reël met Jeanette vir voorskot. Môre hou ons twaalfuur op werk. Koop vleis, slaai en iets te drinke. Dan gaan ons braai en die naweek geniet. Geniet julle dag verder.

    Dankie Meneer.

    Hy kan die tevredenheid op elkeen se gesig sien. Toe almal uit is maak hy die deur toe en sit op die gemakstoel oorkant Jeanette.

    Jeanette, sal jy asseblief die salarisstate regstel?

    Ja Jacques, ek sal dit doen.

    Daar is een uitsondering, en ek wil hê dit moet vertroulik bly tussen ons. Ek trek nie voor nie. Dit sal net ongelukkigheid veroorsaak. Jou salaris gaan op met twaalf persent. Ek stel jou lojaliteit baie hoog op prys.

    Baie dankie Jacques, ek waardeer dit opreg.

    Ek en Sonja gaan vanaand na huise kyk. Ek wil nou haar droomhuis koop. Sonja gaan ook nou ophou werk. Ek sal dit nou kan bekostig. As ons reg koop, tesame met my deposito, sal ons verband paaiement minder wees as ons huidige huur en my verhoging sal opmaak vir die verlies aan haar salaris.

    Sy is seker in die wolke?

    Ja sy is baie opgewonde.

    Jeanette vat sy leë koppie en sit dit terug op die skinkbord. Net voor sy uitstap praat Jacques weer.

    Jeanette, as jy wil praat daaroor is jy welkom.

    Dankie Jacques.

    Sy steek haar hand uit en draai die deur se handvatsel, maar maak nie oop nie. Sy huiwer 'n oomblik en hy wag.

    Dit is maar net iets tussen my en Deon.

    Ons kry almal ons af dae.

    Sonja sit die foon weg met 'n groot glimlag. Charlien sien dit.

    Dit kan net Jacques wees wat sy onsterflike liefde weer verklaar het.

    Dit is. Hy vat my vanmiddag om na huise te gaan kyk. My droom gaan waar word. Ons gaan ons eie huis hê.

    Jy is voorwaar gelukkig.

    Ja, my Jacques is my alles. Ons het gisteraand uitgeëet en daarna lekker fliek gekyk.

    Jou aand het nie daar opgehou nie. Hy het jou liefgehad en jy het elke oomblik daarvan geniet.

    Sonja glimlag en dink terug aan die vorige aand.

    Ja hy het. Hy is die beste wat ooit met my kon gebeur, maar ons het daarna nog tot laat gesels. Jakkie geniet dit so om met my te gesels, en hy luister na my. Hy raak nooit verveeld nie. Hy vra my vrae en hy stel belang in wat ek te sê het..

    Wag, ek hou jou op. Jou klas gaan begin.

    Hou die koffie reg as ek klaar is.

    Sonja stap na die oop gedeelte en sy begin met die oefening klas. Die dames volg haar bewegings en na 'n uur is sy klaar. Charlien het haar koffie reg en sy kan net ontspan.

    Dankie, die koffie is nou welkom. Hierdie klas was veeleisend. My volgende klas is gelukkig gewigte. Terloops, ek sien Deon het met jou gesels na hy klaar geoefen het. Hou jou hormone dit nog?

    Ja, maar ek sê weer ek sal nie enige weerstand bied as hy wil nie, al weet ek hy is getroud. Hy is die mooiste man wat ek ooit gesien het.

    Ek dog jy het gesê jy dink die rugbyspeler is die mooiste?

    Nee, ek dink Deon is. Maar daar is niks. Ons het maar net gesels, maar wat dink jy van hom?

    Hy is 'n mooi man, maar ek het my Jacques en ek ruil hom vir niemand nie.

    En as hy jou sou vra, en daar is geen kans dat iemand sal uitvind nie?

    Nee, ek is getroud.

    En as jy nie was nie?

    Dan sou ek.

    En jy Michelle, sal jy?

    "Definitely. Ek lol nie met getroude mans nie, maar ek weet self nie of ek sal nee kan sê vir hom nie. Ek dink ek sal as die tyd reg is."

    Julle maak my nou bang.

    "Ons is net honest met onsself. Hy is beslis nie getrou aan sy vrou nie."

    Hoe weet jy?

    "Ek weet van iemand wat saam met hom was. Hy het haar oral gegee."

    Regtig?

    "Ja, hy het gesê hy is getroud en wil nie volle seks hê nie. Sy het ingestem en sy sê dit was die ondervinding van haar lewe. Hy het haar laat climax. Sy sê dit was die beste oral experience ooit."

    Sien hulle mekaar nog?

    "Nee hy doen net one night stands. Dit is hoekom ek moontlik sal. Ek wil nie met 'n getroude man lol nie. Sy vrou gaan seer kry."

    Ek is gelukkig met my Jacques. Julle gaan julle vingers verbrand.

    Sonja se gewigte sessie het pas begin toe sy haar vriendin Janine Hoffman sien inkom en begin oefen. Janine en Sonja is beste vriendinne al vir jare. Na sy klaar geoefen en gestort het wag sy vir Sonja en hulle stap langsaan na die Radio Suid se koffiewinkel en bestel koffie.

    Hoe was jou aand toe gisteraand?

    Jacques het my uitgeneem vir ete en ons het wyn gedrink. Ons het 'n mooi fliek gekyk en hy het my liefgehad. En dit het nie daar opgehou nie, ons het nog tot laat gesels. Ek kan nou ophou werk en ons gaan vanmiddag na huise kyk.

    "Wow, Jacques bederf jou. Ek wens so André kon nog leef. Hy het my net so liefgehad. Hy het selfs na sy dood vir my gesorg. Eers met sy boedel het ek besef hoe welgesteld hy werklik was. Hy het my goed versorg agtergelaat. My pensioen is gerieflik en leefbaar. Tog mis ek hom steeds."

    Janine huiwer 'n oomblik.

    Jy moet jou man waardeer en hom liefhê so lank jy kan. Jy weet nooit wat hom uit jou arms kan ruk nie.

    Sonja sit haar hand op Janine s'n.

    Ek is so jammer vir jou Janine.

    So baie dinge hang af van keuse wat mens maak. Soms wens jy met jou hele lewe jy kan die wiel terugdraai of jou dade ongedaan maak, maak jy kan nie. Ek het een keer die verkeerde keuse gemaak en ek het dit berou. My hele wese het daarna gesmag om die wiel terug te kan draai, maar ek kon nie. Eendag sal ek jou vertel, as ek gereed is daarvoor. Soms maak jou woorde of jou dade die naaste aan jou die seerste en jy kan niks daaraan doen nie. Koester wat jy het.

    Ek het my Jacques baie lief Janine.

    Ek weet en ek kan dit sien.

    Ek kan nie meer wag vir vanaand nie.

    As julle gekoop het moet julle my wys asseblief.

    Ons sal, ons sal ook baie beslis 'n dak natmaak hou. Ons sal jou baie beslis nooi Janine, jy is tog my beste vriendin.

    Jy moet jou dag verder geniet, ek gaan nou eers loop. Ek het nou-nou 'n afspraak vir my naels.

    Geniet dit en kom wys as jy weer hier verbyloop.

    Ek sal.

    Die twee vriendinne groet mekaar met 'n soen soos hulle altyd as beste vriendinne doen. Sonja gaan terug na die gim en is betyds om haar volgende klas aan te bied. Die res van die dag is besig, maar tog kry sy kans om te rus. Sy sien baie uit na die afspraak van vanaand. Haar drome gaan waar word. Sy begeer al so lank om hul eie huis te hê. Sy besef huise is duur en sy is bereid om af te skaal. Die huidige woonstel is baie luuks, maar baie duur. Sy weet Jacques werk hard om dit te kan bekostig. Sy sal die tuisbly verkies bo luuksheid.

    Sonja stort om vars te wees en het haar skoon onderklere en oefenklere aan. Sy is voor Jacques by die Bayview sentrum. Dit is reg voor die kafee waar sy parkeer. Jacques hou langs haar stil en sy klim by hom in die motor.

    Hy soen haar.

    Hallo Sonja. Ons is effens vroeg. Hoe was jou dag?

    Baie lank. Ek het so uitgesien na nou. Maar ons kan die tyd benut vir nog 'n soen.

    Ek sal nooit genoeg van jou kan kry nie.

    Hy soen sy vrou lank en innig en sy voel hoe haar hart baie vinnig klop. Terwyl hy haar soen kruip sy hand oor haar heup. Hy vat aan haar been. Hy haal sy hand weer weg toe hy haar klaar gesoen het.

    Jacques, ek waardeer opreg wat jy vir my doen. Ek is bereid dat ons afskaal. Ek weet pryse is duur en ek wil nie hê jy moet onnodig met 'n las sit om my tevrede te stel nie.

    Ek waardeer dit Sonja. Ek het egter lank gespaar vir hierdie dag. Kom ons kyk wat Pauline bied. Moenie jou nou onnodig kwel nie. Kom ons kyk eers. Ek wil graag hê jy moet 'n luukse woning hê. Nie uitspattig nie, maar gerieflik. Jy móét die beste kry wat ek kan bekostig.

    Ek het jou so lief Jacques.

    En ek vir jou my lief. Hier is Pauline nou.

    Jacques en Sonja klim uit en beide gee haar 'n drukkie en 'n soen.

    Hallo.

    Hallo julle.

    Hallo Pauline, Jacques het my so verras. Ek kom direk van die werk af.

    Dit is piekfyn. Gaan julle sommer agter my aan ry? Ek het drie huise baie naby mekaar.

    Ry voor en ons volg jou.

    Sy klim in haar motor en ry agteruit. Sonja en Jacques ry agter haar aan. Hulle ry met Garret Straat langs, onderdeur die treinspoor, en al met die straat langs tot in Nooitgedacht Straat. Die huis se te koop bordjie staan op die sypaadjie. Pauline is die alleenagent.

    Die huis is netjies en luuks. Dit is nie baie prakties nie, maar Sonja sê niks. Sy hou nogal van die kaste.

    Die volgende huis is in Hannes Pienaar Straat. Dit is nogal naby aan Morné en Adri se plek. Pauline woon ook daar. Hierdie huis is baie verwaarloos en vuil. Nogtans hou dit heelwat beloftes in. Pauline meld dat die eienaars besig is om te skei en dit is die rede hoekom hulle nie meer omgee nie.

    Die laaste huis waarheen sy hulle neem is in Bob Bouwer Singel, nommer sestien. Dit is een straat van die see af. Dit is siersteen huis, dubbelverdieping en het 'n swembad en dubbel motorhuis. Daar is 'n onthaalvertek op die boonste vloer en die balkonnetjie kyk uit oor die see. Die gedeelte langs die oprit is ook met plaveistene uitgelê en motors of karavane kan daar getrek word. Die huis is leeg, want die eienaar het reeds Moorreesburg toe getrek. Die huis is redelik skoon.

    Die kombuis is oopplan en die ooghoogte oond is netjies. Agter die huis is daar 'n diesel kragopwekker wat outomaties inskop as die krag afgaan, en gevolglik sal beurtkrag nie 'n las wees nie. Daar is meer as genoeg kaste in die huis. Die gang het kaste aan die hele een kant. Die onthaalkamer het 'n ingeboude braai, gasbraai en pizza oond. Daar is nie 'n kroeg nie. Die vloer is uitgeteël.

    Jacques kan onmiddellik aan Sonja se lyftaal sien sy kies hierdie huis. Dit is sy keuse ook.

    Wat is die eienaar se prys?

    Drie punt twee.

    Hy kyk na Sonja.

    Wat dink jy? Of moet ons na nog huise kyk?

    Dit is te duur Jacques.

    As jy kan kies, wat kies jy?

    Hierdie huis is my keuse. Ons kan net die matte laat skoonmaak. Ek sal die huis uitwas en ons kan later die kaste se stukkende plekkies regmaak. Maar tog voel ek dit is te veel.

    Goed Pauline, ons vat die huis. Ek moet iewers agthonderd duisend rand uitkrap.

    Ses honderd Jacques.

    "Nee, ek gaan jou agthonderd gee. Ek soek nuwe kaste met hardehout deure. Sonja sal kies. Ek soek nuwe matte regdeur die huis. Ek soek die huis binne uitgeverf met nie-drup emalje verf en ek soek ordentlike diefwering. Dit moet al die vensters toemaak en teen die mure vas heg, nie teenaan die rame nie. Sonja sal nuwe teëls, krane en badkamer stelle kies. Die kombuis se wasbak moet die tipe wees wat 'n versnipper het. Die braai is geroes en ek wil 'n vlekvrye staal een hê. Vir die swembad soek ek 'n chlorineerder. Ek gaan nie 'n verband vat nie. Jacques Accounting Consultants sal vir 'n lening voorsiening maak. So ek is 'n kontant koper. Berei die kontrak voor en ek kom teken môre-oggend. Gee my die besonderhede en ek plaas die geld elektronies oor. Dit sal onmiddellik beskikbaar wees."

    Jacques...

    Ek verkies om geen besware te hoor nie. Ek het jou gesê ek wil jou gelukkig maak.

    Dankie Jakkie. Baie dankie.

    Hy glimlag.

    Jy kan my vanaand oortuig hoe dankbaar jy is.

    Ek sal Jacques.

    Pauline, sal jy môre na my kantoor kan kom?

    Seker Jacques.

    Ek wil hê jy moet die veranderinge behartig en bestuur. Ek sal jou tien persent kommissie daarop betaal.

    Goed, beskou as afgehandel. Ek sal met Sonja verdere reëlings tref.

    Maak die kaste sommer geheel en al harde hout.

    Sal so maak. Nou ja as niks voorval nie kan julle die huis volgende week kry. As die eienaar sy geld kry, kan hy nie verdere okkupasiehuur van julle eis nie. Ek sal ook poog om iemand te kry om dadelik by julle oor te neem ten opsigte van die woonstel. Dit gee ons ongeveer vyf weke om alles te doen. Ek neem aan julle sal einde November intrek?

    So gou doenlik.

    Nou goed, ek sien jou dan môre. Totsiens Sonja.

    Totsiens Pauline.

    Sonja sien hoe Pauline vir oulaas na Jacques kyk voor sy ry. Jacques ry nie onmiddellik nie.

    Sonja, kry jy nog steeds Vrydae middae af?

    Ja, ek kom twaalfuur huis toe.

    Ek gee môre 'n braai vir my personeel by die werk om dankie te sê. Ons hou twaalfuur op met werk. Sal jy by ons aansluit? Ek sal jou baie graag saam met my wil hê.

    Dankie Jacques, ek sal graag by jou wil aansluit. Dit sal nou baie aangenaam wees. Jou mense is seker baie bly?

    Ja hulle is, veral toe hulle hoor ek lig hul salarisse met tien persent. Ek moet hulle beloon vir die harder werk. En nou pluk my oulike vrou ook die vrugte daarvan as sy ophou werk.

    Jy het my droom laat waar word.

    Ek wil sommer vir ons 'n slag vis en skyfies koop, dan hoef jy nie met kosmaak te sukkel nie. Ons kan dan weer 'n fliek kyk en dan sal ek jou weer molesteer.

    Jy is welkom Jacques. Vir jou sal ek altyd tyd hê.

    Jacques het vis en skyfies gekoop na hy Sonja by die motor afgelaai het. Sy is gevolglik voor hom by die woonstel. Sy haal 'n bottel rooiwyn uit sy voorraad en sit dit op die tafel. Sy trek uit en trek haar kamerjas oor haar onderklere aan. Sy wag hom in.

    Jacques parkeer in die motorhuis langs haar motor en maak die deur agter hom toe. Hy hoor die meganiese motor. Hy onthou wat hy vergeet het om Pauline te vra. Hy wil die nuwe huis se motorhuis deure ook meganiseer.

    Sonja omhels hom na hy die kos neergesit het. Hy trek gemaklik aan en sy sit borde en glase uit. Hy maak die wynbottel oop en skink vir hulle. Hulle eet gesellig saam en geniet die wyn. Na ete help hy haar opruim voor hulle fliek kyk.

    Hulle kom baie laat eers tot rus. Sonja is vertroetel met sy liefde tot sy in haar hartstog weer hard uitgeroep het. Sy lê lekker warm in sy arms. Sy vertel hom wat sy graag wil doen by die nuwe huis. Hulle beplan saam. Later skuif sy nog nader toe sy koud kry. Sy kon weet hy is weer gereed vir haar.

    Gaan ons weer?

    Hy antwoord met sy soene. Sy lê na die tyd weer styf in sy omhelsing.

    Sy is voor hom wakker. Toe sy alarm afgaan is die bed langs hom leeg. Hy hoor haar in die kombuis. Sy bring sy ontbyt en toe haar eie. Hulle eet saam en toe kom lê sy nog 'n rukkie by hom. Hierdie oggend se ritueel is baie kosbaar en Sonja sal dit vir niks op aarde verruil nie. Hulle staan vyftien minute vroeër op sodat hulle mekaar kan vertroetel voor hul dag begin.

    Haar dag is redelik besig. Sy het min tyd vir koffie drink. Kwart voor twaalf is sy klaar en gaan stort sy. Sy trek skoon klere aan, 'n denim langbroek en 'n warm oortrui. Sy groet haar kollegas. Sy stap opgewonde na haar motor en ry na Jacques se werk. Dit is nie vêr nie. Sy parkeer tien oor twaalf voor Jacques se motorhuis. Sy het haar hare vasgebind na agter en haar handsak hang oor haar skouer.

    Die ontvangs is leeg. Sy hoor die klomp giggel agter. Sy loop Jeanette in die gang raak.

    Hallo Sonja. Stap saam. Jacques is hier agter by die ander. Hy wag vir jou.

    Hallo Jeanette. Hoe gaan dit?

    Goed dankie en met jou? Geluk met jul huweliksherdenking.

    Dankie, dit gaan uitstekend met my. Ek is baie gelukkig.

    Hulle bereik die agterkant. Daar is 'n braaidrom en Paul en Anton staan by die vuur. Daar is opvoustoele gepak en die ander werkers sit en staan rond. Jacques staan op en soen vir Sonja.

    Hallo Sonja. Kan ek vir jou ietsie skink?

    Wat drink jy?

    Whiskey.

    Gee my 'n enkel met ginger ale asseblief.

    Sonja gaan sit langs sy sitplek en die ander groet haar om die beurt. Nieteenstaande dat sy die baas se vrou is, is sy nogal gewild en baie mooi. Jacques oorhandig haar drankie en sit langs haar.

    Dankie Jacques.

    Hoe was jou dag?

    Ek was besig, maar dit het goed gegaan, en joune?

    Heel aangenaam. Pauline was hier en ek het die kontrak geteken. Ek het die geld ook oorgeplaas. Sy het die kontrak nogal oulik opgestel. By 'n kontant transaksie gaan eienaarskap by wisseling van die geld onmiddellik oor na die koper. So die huis is reeds ons sin. Ek sien sy het die kontrak so laat opstel voor die tyd. Die verkoper het twee weke gelede al geteken.

    So gou?

    "Ja. So môre-oggend gaan ek my vrou na Señor Cupboards, CTM en Southern Cape Carpets neem. Jy het baie om te kies."

    Sjoe, jy is vinnig.

    Hoe gouer ons klaar is, hoe gouer kan ons intrek. Ek het gister vergeet, maar vandag vir Pauline gevra om die twee motorhuis deure ook te meganiseer. Ek het gewoond geraak aan die gerief van 'n outomatiese een.

    Ja, ek ook. Ek is regtig bly dat jy so gou ons droom kan bewaarheid. Jy is regtig 'n droom man.

    Ons het biefstuk, skaap en wors. Daar is twee slaaie en broodrolletjies. Ons het dit eenvoudig gehou, maar dit behoort lekker te wees.

    Dit is piekfyn.

    'n Rukkie later, terwyl Jacques badkamer toe is, kom Jeanette langs haar sit.

    Ons is bly jy het by ons kom aansluit. Ons sien jou min genoeg hier.

    Dankie, ek was vanmiddag af, en toe vra Jacques my. Ek geniet dit nogal saam met sy klomp hier. Julle is almal wonderlike mense.

    Die klomp is nogal geheg aan mekaar ook.

    Terloops, ek het Deon gisteroggend sien oefen by die gim. Hy is nogal vroeg.

    Snaaks, hy het gesê hy is Oudtshoorn toe.

    Iets het seker voorgeval.

    Ja, ek dink iets het. Hy was nogal vroeg by die huis gister, en hy het nie gisteraand gaan oefen nie.

    Ek het toe vanoggend my bedanking ingedien. Agt-en-veertig uur soos ons kontrak vereis.

    Wat sê jou baas?

    Hy het nie uitgebars van die lag nie. Maar ek het streng volgens ons kontrak gehandel en iemand voorgestel wat by my kan oorneem, en toe is hy effens tevrede.

    Jy is voorwaar 'n bevoorregte vrou.

    En gelukkig. Jacques is so goed vir my. Dit is so wonderlik om te weet jou man begeer jou het jou lief.

    Ja, dit is.

    Jeanette se antwoord is vaag, maar Sonja neem nie notisie nie, want Jacques kom sit weer langs haar.

    Jacques sit sy hand op haar been. Hy lig sy glas en sluk die laaste slukkie.

    Jacques, kan ek vir jou nog ietsie skink?

    Asseblief Sonja, dit sal lekker wees. Maak dit maar 'n enkel. Ek moet nog bestuur.

    Sonja staan op en stap na die drank tafel. Sy gooi sy drankie in soos hy verlang en kom sit weer langs hom. Hy sit weer sy hand op haar been.

    Dankie, dit was nou gaaf van jou.

    Sy kyk na hom en leun effens vorentoe.

    Die werklikheid het nou eers begin insink. Ek is so opgewonde Jacques. Jy is regtig so goed vir my.

    Ek het jou lief bo alles my vrou. Vir jou sal ek enige iets op aarde doen.

    En ek is net so lief vir jou. Ek is baie bly vir wat jy vir my doen. Jou vrou is baie gelukkig.

    Wanneer die vleis klaar is laat Paul hulle eerste skep. Jacques laat Sonja eers skep, en dan skep hy vir homself. Jeanette is volgende. Hulle sit langs mekaar en eet. Van die manne kuier nog voor hulle gaan eet. Die wors is nog sappig en besonders geurig. Die mengelslaai is heerlik, en om nie eers van die braaibroodjies te praat nie. Net voor sy laaste happie gevat word lui sy foon.

    Gee jy om? Dit is Pauline.

    Nee glad nie.

    Hy antwoord.

    Hallo Pauline.

    So gou? Wel, ek en Sonja gaan eers oefen. Ek het nou al twee aande gemis. Ons sal sewe-uur tuis wees. Bring sommer vir Dewaldt saam dan kom drink julle koffie. Julle was lank laas by ons.

    Oukei, dit is reg so, ek sal haar sê, ek dink sy sal dit ook geniet. Sien julle dan later.

    Hy lui af en sit sy foon weg en sit die laaste happie vleis in sy mond wat nog die heel tyd op die vurk se punt was. Hy kou eers klaar.

    Pauline en Dewaldt kom vanaand kuier as dit oukei is met jou. Hulle bring pizzas. Die eintlike rede hoekom hulle kom is om die huis se sleutels te bring. Die nuwe eienaar het sy geld ontvang en die kontrak bepaal mos dat ons eiendomsreg kry van dan af, soos ek verduidelik het.

    Ek is baie dankbaar. Hulle is ook welkom. Kan ons môre-oggend eers by die nuwe huis omgaan? Ek wil sommer foto's op my foon neem voor ons na die plekke gaan.

    Ek sal jou spesiaal neem Sonja. Ek is nou self baie opgewonde. As ons nou ons keuses reg doen kan hulle volgende week begin. As ek alles betaal het en Pauline se kommissie aftrek, sal daar heelwat geld oorbly. My vroutjie kan dan vir haar die beste gordyne en badkamer matjies uitkies of laat maak.

    Dankie Jacques. Jy maak my sommer baie opgewonde. Dit is my grootste droom om ons eie plekkie te hê. Ek kan nie meer wag nie.

    Hy leun glimlaggend oor na haar en fluister in haar oor.

    Onthou, noudat dit ons eie plekkie is, moet ons binne die eerste twee weke ten minste een keer in elke vertrek 'n vrytjie vang nè.

    Sy glimlag vir sy grappie.

    Ek is in Jacques. Selfs in die motorhuis.

    Jacques en Sonja kuier tot half vier en maak dan verskoning. Hy het eers die braaiers bedank en almal wat deel was aan die reëlings en voorbereidings. Hy wens elkeen 'n voorspoedige naweek toe.

    Hoofstuk 2.

    Deon Kleynhans sit by een van die heel agterste tafels in die Wimpy in Mosselbaai. Hy het vir hom 'n heerlike biefstuk en skyfies bestel en 'n yskoue lager bier. Ten spyte van die hitte het hy 'n onderbaadjie bo-oor sy kortmouhemp aan. Dit is die tipe kamerabaadjies wat fotograwe in sy beroep so graag dra. Dit is vol sakke sodat hy sy benodigdhede orals kan in druk.

    Deon is werksaam by Die Burger as verslaggewer en fotograaf. Hy werk ook vir die Son en op vryskut basis vir enige koerant of tydskrif.

    Deon eet so tussen deur sy kos. Hy is nou meer geïnteresseerd in sy nuwe kamera en lens. Deon kyk met waardering na sy Canon kamera wat ses-en-sewentigduisend rand gekos het. Dit is 'n kamera wat in RAW kan werk en ook 24 megapixel foto's kan neem. Wat baie belangrik is, is dat die kamera oor die lug funksies het om foto's na sy telefoon te kan stuur.

    Sy vrou Jeanette, wat as sekretaresse vir Jacques Jordaan werk, het geen idee die kamera is so duur nie. Sy het ook geen idee sy lens kos ses-en-negentig-duisend rand nie. Dit is 'n F2.8 lens en kan in swak lig nog uitstekend werk. Geen flits is nodig nie, net vir nagtonele.

    Jeanette het geen idee waarmee Deon hom bedags besig hou nie. Hy het 'n opwindende lewe. Sy werk beskermend en glo hy is slegs 'n verslaggewer en fotograaf. Ja, hy is 'n fotograaf, maar sy lojaliteit lê net by Deon Kleynhans. Deon het heelwat geld in die bank. Hiervan weet Jeanette niks nie.

    Na hy klaar met sy kamera gespeel het en sy bord leeg is, bestel hy nog een lager bier. Hy skuif sy troupand af en kyk na die binnekant met trots. Daar is een-en-dertig fyn gaaitjies, sowat 'n halwe millimeter diep en een millimeter in deursnee, in die binnekant geboor. Agtien gaaitjies aan die een kant en dertien gaatjies aan die een kant. Slegs Deon weet wat dit beteken.

    Deon se hoof bron van inkomste is uit afpersing. Hy neem foto's met die kamera en pers sy slagoffers af waar hy kan. Mans word vir geld afgepers. Hy moes nog net by twee geleenthede sy slagoffers brand. Almal speel gewoonlik saam. Die agtien gaatjies staan vir agtien vrouens wat hy afgepers het. Hulle het almal, sonder enige uitsondering toegelaat dat hy in hul huise kom en mondelingse seks met hulle beoefen. Hulle is al agtien getroude vrouens. Die dertien is vrouens wat gewilliglik toegelaat het dat hy dit met hulle doen, die meeste ongetroud.

    Deon is 'n geduldige man en speel soms lank met sy slagoffer voor hy toeslaan. Sterk slagoffers word onmiddellik op toegeslaan. Hy wag al vier jaar om op Sonja toe te slaan, maar hy wag eers tot hy seker is sy sal nie wil hê nie. Sy sal beslis nee sê. Hy

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1