Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Middernagmusiek
Middernagmusiek
Middernagmusiek
Ebook238 pages3 hours

Middernagmusiek

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Isolde Harmse is desperaat om te vlug nadat haar obsessiewe eksman, Reghardt, weereens uitgevind het in watter dorpie sy wegkruip. Dan daag Hugo Barnard, die beroemde kletsrymer wat onder die verhoognaam Adonis optree, by haar masseerpraktyk op en toe hy hoor hoe Reghardt haar oor die foon dreig, bied hy vir haar ’n uitkoms aan.
Hy sal haar beskerm en met hom saamneem tot in die Kaap as sy sal voorgee om sy meisie te wees ter wille van reklame vir sy nuwe album. Hugo meen hulle moet Reghardt uitlok sodat die polisie hom eens en vir altyd kan vastrek.En Isolde stem in, want sy kan nie so aangaan nie. Buitendien sal dit nie ’n straf wees om aan dié vuurwarm man met die sagte hart se arm te verskyn nie – al het hy tatoes en ‘n oorbel!
Dalk kan sy Hugo ook help, want hy dra blykbaar onnodig swaar aan skuldgevoelens. Of steek daar waarheid in die sinistere stories wat Isolde oor Hugo se verlede hoor? Kan sy haar hart aan hom toevertrou, of is sy al weer met ’n gevaarlike man deurmekaar?
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateSep 7, 2015
ISBN9780624074595
Middernagmusiek
Author

Amelia Strydom

Amelia Strydom (ʼn skuilnaam) het in Gauteng grootgeword in ʼn huisgesin wat rondom boeke gedraai het. Sy het haar honneursgraad in godsdienswetenskap behaal en twee jaar daarin doseer. In 2008 het sy as doula begin werk en aanskou eerstehands wonderwerke. Amelia en die liefde van haar lewe woon in die Overstrand met hul kinders, diere en boeke.

Read more from Amelia Strydom

Related to Middernagmusiek

Related ebooks

Related articles

Reviews for Middernagmusiek

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Middernagmusiek - Amelia Strydom

    Middernagmusiek

    Amelia Strydom

    Satyn

    1

    Miskien stuur hy nie vanjaar blomme nie.

    Isolde stap na die balkondeur. Sy slaan haar arms om haarself, druk haar voorkop teen die koue ruit en tuur ondertoe. Die kleinerige dorpsplein is grou en verlate. Miswolke kom oor die blink teerstraat aangerol. Die geur van reën en koffiebone tart haar neusvleuels.

    As sy nie bankrot was nie, het sy ’n latte by die winkeltjie hier onder gaan koop. Die vrolike barista en knetterende kaggelvuur in die hoek verrig altyd wondere vir haar gemoed.

    Vir die soveelste keer kyk sy na die muurhorlosie. Kwart oor elf. ’n Vlammetjie hoop flikker in haar. Die ruiker was nog nooit laat nie. Dalk het Reghardt aanbeweeg, en kan sy eindelik haar lewe hervat?

    Haar gedagte is skaars koud, toe die klop van kneukels teen hout die fantasie versplinter. Dêmmit! Sy sleepvoet deur toe, bring haar oog na die loergaatjie en kyk vas in die gebruiklike gerf blomme. Gipskruid, lelies en vyftien aronskelke. Sy hoef nie te tel nie, sy wéét.

    Die rangskikking is ’n kloon van die bruidsruiker wat sy ses jaar gelede om elfuur by die klipkerkie ingedra het en ná die diens op die tafel neergelê het terwyl sy die huweliksregister teken. As sy toe maar geweet het wat sy alles wegteken. Haar vryheid. Die luukse om snags met albei oë toe te slaap. By ’n vriendin langs te ry sonder kommer dat Reghardt die ekstra kilo’s op die afstandmeter as bewys van haar ontrouheid gaan vertolk.

    Haar vingers sukkel met die Yale-slot, maar ná ’n klein ewigheid klik dit tog oop.

    Aflewering vir Isolde Harmse? ’n Donkerkopmeisie hou die ruiker na haar uit. Haar naam, Mart, is onder die plaaslike bloemiste se logo op haar toppie geborduur.

    Vat weg, wil Isolde sê. Smyt dit in die asblik, neem dit vir jou, gee dit vir die ouetehuis. Solank ek nie daarna hoef te kyk nie.

    Is u Isolde Harmse?

    Sy knik gelate. Jok sal nie help nie; die bordjie wat haar dienste adverteer, pryk lewensgroot op die deur. Sellofaan girts onder haar vingerpunte toe sy die ruiker vat. Die geluid laat haar sidder.

    Ons moes die lelies spesiaal bestel, vertel die meisie, haar stem dromerig. Sy beduie waar Isolde vir ontvangs moet teken. Die meneer was baie spesifiek, hy het glad ’n foto gemail van hoe die ruiker moes lyk.

    Glo my, dis nie so romanties soos dit klink nie. Isolde krabbel haar handtekening en gee die knipbord terug.

    Mart lyk teleurgesteld. Foei tog, sy kan nie ouer as agtien of negentien wees nie. Isolde voel soos die skurk.

    Dan gaan ek maar, mevrou. Gelukkige huweliksherdenking.

    Nie juis nie. Mevrou is sy lankal nie meer nie en al wat sy vandag gedenk, is die fout van haar lewe. Sy mompel ’n groet en stoot die deur met haar skoenpunt toe. Sy gooi die ruiker op die tafel neer en maak die koevert met bewende hande oop. Die papier is dik en roomkleurig, die woorde – soos altyd – netjies gevorm met die vulpen waarop Reghardt so trots is.

    Gelukkige huweliksherdenking, my vrou. Wil jy nie maar terugkom nie? Jou plek in die bed is leeg en jou vals stemmetjie in die stort stil. Wanneer gaan jy besef ons hoort saam? Jy is myne, vir altyd.

    Aargh!

    Dit verg elke greintjie selfbeheer om die kaartjie nie fyn en flenters te skeur nie. Dis ’n bewysstuk, moet sy haar herinner, iets konkreets om na die polisie te neem. ’n Dreigement. ’n Versluierde verwysing na die holruggeryde begrafnisversie: Haar plek is leeg, haar stem is stil . . . Haar kopvel krimp, span ’n oomblik stywer om haar skedel.

    Hoe het hy haar opgespoor? Dié keer was sy oortuig sy het haar spore uitgewis.

    Sy druk haar vingerpunte teen haar lippe.

    Sy behoort seker nie verbaas te wees nie. Reghardt is ’n professionele jagter – spoorsny is in sy bloed. Dink net hoe hy hierdie kat-en-muis-speletjie geniet.

    ’n Deur klap iewers in die gebou. Haar hart mis ’n slag. Sy gryp die ruiker, storm uit op die balkon en slinger die blomme ver weg.

    Hei! Waddehel dink jy doen jy? ’n Manstem laat die asem in haar keel stol. Ontspan, paai sy haar flenter senuwees, dis nie hý nie. ’n Vreemdeling staan onder op die dorpsplein, amper op die koffiewinkel se drempel. Sy swart pet is bestrooi met gipskruid, en aronskelke lê gekneus by sy voete.

    Hy gluur op na haar.

    Dêmmit, hoekom het sy nie gekyk nie? Vir al wat sy weet, sit Reghardt met sy verkyker in een van die motors of spioeneer hy op haar vanuit die hotel oorkant die straat.

    Hei! Die man plant sy hande op sy heupe.

    Jammer, dit was ’n ongeluk. Sy wuif verskonend, vlug by die balkondeur in en trek die swaar gordyne dig.

    Sy is keelvol – nee, gatvol – vir beneukte mans. Magtag, om darem só vies te raak . . .

    Sy vee haar handpalms aan haar langbroek af, tap ’n glas vol water en sluk ’n valeriaanpilletjie. Ontspan tog net, Isolde, netnou daag hier ’n kliënt op. ’n Masseerterapeut met die ritteltit gaan nie veel vertroue inboesem nie.

    ’n Kliënt? Haar binnestem skater. Voor sy hierheen gekom het, het sy gelees die dorpie is vir diegene wat graag off the beaten track reis. Die bus het egter skaars stilgehou, toe besef sy hierdie kastige juweeltjie op die Tuinroete is nog toetentaal onontdek. Die gastehuise langs die hoofstraat staan leeg. Die permanente inwoners is oorwegend pensioenarisse sonder geld vir luukses soos masserings.

    Sy blaas ’n lang sug uit. Hoekom, hoekom, hóékom het sy gedink die platteland is ’n goeie idee? Dit sou soveel makliker gewees het om in ’n groot, onpersoonlike stad weg te raak. Haar afspraakboek sou ook vir bleddie seker voller gewees het met mense wat beter ingelig oor haar terapie is.

    Tot dusver was dit meestal hoopvolle omies met snorre en oopknooptruie wat kom navraag doen het. Sommige het met ’n ompad uitgevis, die dapperes het prontuit gevra of die massering ’n gelukkige einde het. Geen wonder die predikant het verplig gevoel om huisbesoek te doen nie. Hy het haar gister kom uitnooi na die erediens – gemeen sy sou sy preek oor die okkultiese oorsprong van alternatiewe geneeskunde interessant vind.

    Sy versteen toe iemand weer klop. O vrek, het sy ooit gesluit ná die blomme afgelewer is? Voor sy kan beweeg, swaai die deur oop.

    ’n Lang manslyf staan die kosyn vol.

    Awê. Weet ek het nie ’n afspraak nie, maar ek het jou bordjie gesien en . . . Hy deins verbaas terug. Jý? Verdwaalde blomblaartjies kleef nog soos confetti aan sy skouers.

    Jy kan nie net hier instorm nie, raas sy sommer. Sê nou ek was met ’n kliënt besig?

    Moenie vir my sê jý is die massage chick nie?

    Ek is g’n ‘massage chick’ nie, ek’s ’n masseerterapeut. Hoeveel keer moet sy haar professie nog teen sulke onkunde verdedig? Gekwalifiseer en geregistreer by die Allied Health Professions Council. So, as jy ’n pasellatjie met ’n gelukkige einde soek omdat my blomme jou per ongeluk getref het, kan jy dit op jou maag skryf en met jou T-hemp afvee. Sy pluk aan die toppie van haar donkerblou linne-uniform. Ek werk ook nie in my bikini nie, ingeval dit jou volgende vraag is.

    ’n Gelukkige einde? Duiweltjies dans in ’n paar oë wat eintlik té blou is. Jimmel, as sy hierdie mansmens op ’n foto gesien het, het sy gedink die kleur is gedokter. So gepraat van foto’s, hy lyk bekend. Staalbande sluit om haar borskas.

    Wie is jy?

    Aa-tiesjoe! Hy vee met die agterkant van sy hand oor sy oë. Great, nou’t jou dêm blomme my hooikoors gegee.

    Ek het mos gesê ek’s jammer. Ek wou net daarvan ontslae raak.

    So dringend dat jy dit van die balkon moes afblik- . . . smyt? Hy stap tot voor haar en kruis sy arms. Van naderby sien sy hoe sy oë traan. Hoekom? Kom die blomme van jou eks af?

    Isolde se mond verdor. Het hy toevallig reg geraai of het Reghardt hom moontlik gestuur? Sy blaai deur haar geheuelêers. Hy is nie een van haar eks se pelle nie – of minstens, hy wás nie. Hy het ook nie op Bakwena, die wildsplaas wat al geslagte in Reghardt se familie is, gaan jag terwyl sy daar gewoon het nie. As sy net kon onthou . . .

    Het ons, um, tevore ontmoet?

    Ek twyfel. Sy een mondhoek lig, en hy gee nog ’n tree nader. Ek ontmoet baie mense, maar ek sou nie ’n mooi girl soos jy vergeet het nie.

    Staan stil, beveel sy haarself. Moenie retireer nie, moenie wys jy’s bang nie. Kies eerder solank ’n ontsnaproete, ingeval.

    Sy loer deur toe. Nie ’n opsie nie – verby daardie gespierde lyf sal sy nie sommer kom nie. Sy kan ook nie by die balkon afspring nie, die grond is te ver.

    Die vreemdeling se blik volg hare. En as jy so freaked lyk? Ek byt nie en ek weet dis te koud om in jou bikini te werk. Tensy jy ’n verwarmer het?

    Ek vra: Wie is jy?

    Die halwe glimlag word ’n hele. Daar is ’n beduidenis van kuiltjies in sy wange, ’n glinstering in sy oë. Hooikoorstrane? Humor? Sadisme?

    Hugo Barnard? Meer vraag as antwoord, so asof sy hom behoort te ken. Die naam lui ’n klokkie. Waar het sy dit gehoor?

    Kom ek gee jou ’n clue. Die meeste meisies noem my Adonis.

    As-se-blief. Isolde lig haar wenkbroue. Niks fout met jou selfbeeld nie, is daar?

    Sy oë skreef toe van die lag. Adonis is my stage name, man.

    Sy klap ’n hand teen haar voorkop. Beige blokkiesmat, sluk haar in. Adonis wonder seker onder watter klip sy bly. Die man is ’n musieksensasie; die media het hom die Griekse god van kletsrym gedoop en is heeltemal liries oor sy unieke versnit van rap en country. Sy bakkies pryk deesdae op al wat voorblad is. Nogal nie ’n slegte een nie, hoewel niemand so ver sou gaan om hom filmster-aantreklik te noem nie. Sy wangbene is skeermeslem-skerp en sy gelaatstrekke ietwat asimmetries. Kraaispoortjies plooi in ooghoeke wat wil-wil boontoe trek. Die meeste vroue vrek seker oor sy waspoeierblou kykers, maar sy wat Isolde is, vind hulle . . . onthutsend.

    Aa . . . aa . . . Net toe dit lyk of hy die nies gekeer gaan kry, oorrompel dit hom. Tiesjoe!

    Gesondheid, sê sy, effe vriendeliker noudat sy weet Reghardt het hom nie gestuur nie. Sy trek ’n pienk snesie uit die boks op haar tafel en stap na die rak met essensiële olies. Sy bestudeer die ry bruin botteltjies voordat sy een kies, oopdraai en ’n druppel op die snesie tik. Ruik hieraan, dit sal help.

    Watse goed is dit?

    Kamille. ’n Aromaterapeutiese olie.

    Hy knyp die snesie tussen sy duim en voorvinger vas. Is dit nie een of ander blom nie? Jy sien mos ek’s allergies vir die goed.

    Ruik, magtag, ek weet wat ek doen.

    Nie vreeslik simpatiek vir ’n massage . . . ahem, masseerterapeut nie, is jy? Hy snuif agterdogtig.

    Toemaar, ek het jare laas ’n kliënt aan snotsiekte verloor. Sy bêre die botteltjie olie op die rak.

    Probeer jý nies met so ’n seer nek. Weet nie hoe ek vanaand ’n show gaan doen nie.

    Ai, die pieperigheid van die manlike spesie darem! Sy wil lag kry, maar doen haar bes om haar gesigsuitdrukking neutraal te hou.

    Sing jy hier op die dorp? veins sy belangstelling. Sy soort musiek kan die ou mense tog nie meesleur nie? Hel, sy wat Isolde is, skakel die radio af sodra een van sy baby-baby-baby-jou-lyfie-maak-my-crazy-nommertjies begin speel.

    Nee, by Shangri-La Eko-lodge.

    Sy weet van die plek. Dis so vyftig kilometer ver, glo iets besonders. Toe sy hier aangekom het, het sy die eienaar gebel om te hoor of hulle ’n masseerterapeut kan gebruik. Nie buite seisoen nie, het hy gesê. Gee my in Oktober ’n lui as jy nog belangstel, dan gesels ons.

    So, Isolde Harmse. Hugo beduie met sy kop na haar diploma teen die muur. Hoe lyk dit, kan jy my sommer nou inpas? Iets aan hierdie nek van my doen?

    Sy kreun innerlik. Was haar dag nie aaklig genoeg nie? Moet sy nou wraggies gestraf word met hierdie celeb met sy casanova-kompleks? As sy die geld net nie so nodig gehad het nie! Behandel sy hom, kan sy vandag nog ’n buskaartjie koop. Sy het genoeg van hierdie plek gehad; sy gaan nie soos ’n budjie in ’n kou sit en wag tot Reghardt aan haar deur klop nie.

    Hy vertolk haar huiwering verkeerd. As jy vol is, kan ek ná ure kom? Ek sal ekstra betaal, ek’s desperate.

    Sy vuis haar hande, wat nog vir die eerste span bewe, langs haar sye. Sy is nie in ’n besonder helende bui nie. Sal sy kan fokus, honderd persent kan gee? Haarself kan sentreer sodat sy nie haar negatiewe energie oordra nie? Sy kan nie bekostig om ’n hoëprofiel-kliënt se behandeling te bederf nie. Een ontevrede tweet kan haar kwynende praktyk die doodskoot gee. Nee wat, liewer nie die risiko aangaan nie. Vandag is Vrydag, dalk is sy gelukkig en bespreek ’n naweekganger ’n sessie.

    Jammer, ek dink nie dis wys om jou te behandel nie, sê sy.

    Hoekom nie? Hy grinnik en boog sy wenkbroue suggestief. Teen jou beginsels om besigheid en plesier te meng? Jy moes lankal gesê het jy laaik my.

    In jou drome. Hy is wragtig nóg voller van homself as wat sy gedink het. Ek’s nie een van jou groupies nie, Adonis. Sy spreek die belaglike verhoognaam uit met al die minagting wat dit verdien.

    Hy steier agteruit, gryp na sy borskas en trek ’n denkbeeldige mes daaruit.

    Voor Isolde kan keer, kaap ’n glimlag haar mondhoeke. Daar’s fisioterapeute op Knysna. Ek kry gou vir jou hul besigheidskaartjie.

    Whoa, ek grap net. Ek het nie vanmiddag tyd om so ver te ry nie.

    Dis jammer.

    En as ek mooi vra? Hy sit ekstra oemf in sy skitterwit glimlag. Net voor dit gate in haar retinas brand, nies hy weer. Eina, bliksem. Hy knie sy nekspiere met sy vingerpunte.

    Die apteker sal vir jou pynpille en ’n spierverslapper gee.

    Ek hét pille – hulle werk nie.

    Gee jou nek dikwels moeilikheid? vra sy teen haar beterwete.

    Ek was so twee jaar gelede in ’n motorongeluk. Hy rol sy skouers en laat sak sy kop. Om die een of ander rede vind hy sy rooi seilskoene meteens fassinerend. Dis beter deesdae, buiten wanneer ek erg tense is. Of ver bestuur het.

    Sy moet net oppas of sy kry hom jammer. Dit lyk regtig of hy seer het – en nie nét in sy nek nie. Diepweefselmassering sal hom die wêreld se goed doen. Nee, nee, néé, keer haar gesonde verstand. Jy is nie reg ingestel nie en jy ken mos ’n gevaarlike man wanneer jy een sien.

    Sy hink nog op twee gedagtes toe haar foon op die tafel vibreer. Lamheid vloei in haar bene af. Ontspan, banggat, dit kan nie Reghardt wees nie – jy’t ’n nuwe foon én ’n nuwe nommer.

    Gaan jy nie antwoord nie? vra Hugo.

    Nee.

    Hy tel die selfoon van die tafelblad op en hou dit na haar uit. Sê nou dis die blomme-dude?

    Kan jy seblief nou loop?

    Nee, maar ek sal buite wag. Hy druk die foon in haar hand.

    I-sol-de. Reghardt se stem weergalm deur die kamer. Sy hap na lug. Dêm, hoe het hy haar nommer gekry? Dubbel-dêm, hy is op luidspreker! Hulpvaardige Hugo moes per ongeluk die verkeerde knoppie gedruk het. Simpel raakskerms!

    Wie’s daar by jou, Isolde?

    Hugo vries in die deurkosyn en draai stadig terug.

    Niemand, prewel sy.

    Moenie vir my lieg nie, ek het hom hoor praat. Wie is hy?

    Wie is hy? As sy hul huwelik van drie jaar in ewe veel woorde moes opsom, sou sy wie is hy? kies. Dit was Reghardt se refrein: wanneer sy ’n paar minute laat was, die gaste se mieliepap verbrand het, of haar hare laat sny het.

    Wie? Is? Hy? Elke lettergreep laat haar ineenkrimp. Sy wil die rooi knoppie druk – sy weet wat kom – maar haar spiere is nutteloos.

    Sterk vingers sluit om haar boarm, en sy kyk op in Hugo se vraende oë.

    My eks, vorm haar lippe die woorde.

    Antwoord my, eis Reghardt. Ek wag.

    Dis ’n k-kliënt, Reghardt. Nie dat dit enigiets met hom uit te waai het nie.

    Uh-huh. Superskepties. Het jy die blomme gekry?

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1