Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Jou Kruger-Wildtuin gids, met stories: Verkyker, grondpad & kaart
Jou Kruger-Wildtuin gids, met stories: Verkyker, grondpad & kaart
Jou Kruger-Wildtuin gids, met stories: Verkyker, grondpad & kaart
Ebook284 pages2 hours

Jou Kruger-Wildtuin gids, met stories: Verkyker, grondpad & kaart

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

"As daar 'n plek in die wêreld is wat dit maklik maak om die oomblik te geniet, is dit die wildtuin. Partykeer wil jy net by 'n watergat sit en niks doen nie. Net luister na die geluid van die tarentale in die kreupelhout, die droë grasveld ruik, die hitte op jou vel voel..." Dié gids wys jou presies hoe lekker die Krugerwildtuin kan wees: hoe om maklik wild te sien, wat om te verwag, waar om te bly en wat om te eet. Jou Kruger-Wildtuin Gids is deurtrek van persoonlike ervarings en herinneringe wat die skrywer oor 50 jaar opgedoen het, en praktiese raad oor hoe om die beste uit die wildtuin te kry.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateAug 18, 2015
ISBN9780624074328
Jou Kruger-Wildtuin gids, met stories: Verkyker, grondpad & kaart
Author

Frans Rautenbach

Frans Rautenbach is an advocate in Cape Town. He grew up in Johannesburg, and some of his earliest memories are of annual holidays with his parents in the Kruger Park. The Rautenbach family hit the road to the Lowveld every winter. They often slept over in a motel along the way - an adventure in itself - or they would leave early in the morning from Johannesburg and by about eight o'clock stop near an ice cold Belfast for a picnic of hard boiled eggs, frikkadels and sweet, milky coffee from a thermos flask on a stone table underneath a blue gum tree by the roadside. One of the first books about the Kruger Park that Frans read as a youngster was the book Veldwagter! by Hannes Kloppers (later translated as Game Ranger), a fictionalised biography of Harry Kirkman, who was a game ranger in the park from 1933 to 1958) which made an indelible impression on him, and left no doubt in his mind that he would one day follow the eponymous occupation. As years went by he realised that he did not actually want to be a game ranger, but simply loved holidaying in the Park. Truly loved it. During one such holiday he told his son Stefan that he wanted to write down all his experiences of really enjoying the Kruger Park, and share them with people. This book is the result. Frans is married to Elmari (who also did the editorial review of the Afrikaans copy) and they have three children, Anneke, Stefan and Daniel (the photographer of most of the pictures in the book), sworn Park-goers all.

Related to Jou Kruger-Wildtuin gids, met stories

Related ebooks

Related articles

Reviews for Jou Kruger-Wildtuin gids, met stories

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Jou Kruger-Wildtuin gids, met stories - Frans Rautenbach

    Verkyker, grondpad & kaart

    JOU

    KRUGER-

    WILDTUIN

    GIDS

    met stories

    Frans Rautenbach

    Tafelberg

    Vir Elmari, my reisgenoot. Wat so graag soggens onder ’n grasafdak by die kampplek sit en lees.

    En wat uiteindelik ook hierdie boek met liefde gelees en versorg het.

    Die uitleg in hierdie digitale uitgawe van Jou Krugerwildtuin-gids – met stories mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die boek.

    Ou huisies op Shingwedzi

    Inleiding

    Besluit hoekom

    "Ek is vyf jaar oud. Letaba se swart sand is warm onder my kaal voete. Goggas skree in die bome. Nie ’n blaar roer nie. Iewers raas ’n voël kôk kôk kôk kôk, al hoe harder en harder.

    Ek dra ’n kakie-kortbroek en ’n somerhemp, want in die wildtuin is dit altyd somer, al is dit Juliemaand.

    Ek loop stadig met die voetpad onder die groot breëblaarbome deur en voel die lekker van die sand tussen my tone en die son op my gesig. Ek’s nie lus om te vinnig te loop nie, want die lekker moet aanhou. Die bos ruik soos Simba-tjips, en die kamp na die rook van ’n houtvuur.

    Die grootmense lê en slaap in hulle hut met die koel groen vloer. Nommer 67, in een van die groot sirkels rondawels. Die grasdak rus op dik pilare van droë stompe. Op die stoep is ’n koskas van dun hout met gaatjies in en ’n grendel om te keer vir die ape.

    Ek trek die sifdeur saggies agter my toe sodat dit nie klap nie, en eensklaps is alles anders. Binne is dit koel. Dit ruik na teerpale, seep en paraffien. Ná die skerp lig buite kan ek eers nie sien nie en staan ek stil om agter te kom waar ek is, die gladde groen sementvloer lawend onder my warm voete.

    Die toegetrekte gordyne is geel, met prentjies op van ape, ’n ma- en pa-leeu met drie kleintjies, en ’n groot olifantbul met lang tande en ’n hap in sy oor. Daar’s ook ’n koedoe met drie draaie in sy horings, ’n swartwitpens en ’n buffel wat hartseer lyk omdat hy teen ’n afdraand staan.

    Die diere is swart en grys en wit."

    Ek gaan nou al vir meer as 50 jaar wildtuin toe. Dit verduidelik hoekom ek praat van die wildtuin, eerder as die amptelike benaming, die Nasionale Krugerwildtuin, of behoede ons die Kruger, of die Park.

    Ek het grootgeword in ’n tyd toe net één plek bekend was as die wildtuin en dit was net so wesenlik deel van ons kultuur soos braaivleis, rugby en baklei.

    In 50 jaar kan selfs die domste mens iets leer. Ek reken ek het iets in my vyftig jaar in die wildtuin geleer. Nie noodwendig van die wetenskaplike dinge nie – van die name van bome, die gewoontes van die diere en die voëls nie. Nee, sommer net hoe om dit regtig te geniet.

    Ek weet dis elke mens se indaba hoe hy dinge geniet. Maar ek wil graag help.

    Daar is baie redes hoekom mense wildtuin toe wil gaan, en dis nie altyd moontlik om in ál die behoeftes in één vakansie te voorsien nie. Dié boek wil die verskillende opsies ondersoek en jou dan help goeie besluite neem.

    Dis gemik op die toeris wat nog nooit in die wildtuin was nie, of ’n relatiewe nuweling. Ek dink hier aan baie Suid-Afrikaners wat nog nie die voorreg van om wildtuin toe te gaan ervaar het nie, baie Kapenaars en Durbaniete en ook buitelanders.

    Uit ondervinding weet ek ’n vakansie met die voordeel van die inligting in dié boek sal eenvoudig lewensveranderend lekker kan wees. Die alternatief is dat jy as ’n besoeker dom foute sal maak: verblyf reël wat jou nie in staat stel om die totale atmosfeer en natuurskoon van die plek in te drink nie, nie sien wat jy graag wil sien nie, of erger sonder blyplek, kos of brandstof iewers gestrand raak.

    Die raad wat ek gee, is gemik op ’n wildtuinvakansie in selfsorgakkomodasie: hutte en gastehuise eerder as weelderige safarikampe, privaatkampe en restaurante. ’n Vakansie vir ’n doodgewone ou met verlof.

    Nou sal verskeie ervare wildtuingangers sweer daar’s geen ander manier om dit te doen as om te kamp nie. Hulle’t dalk ’n punt beet, maar die boek is allereers bedoel om praktiese hulp aan nuwelinge te verleen. Daarom konsentreer ek op ’n vakansie in gewone kampbehuising – ’n vakansie waar jy elke uur van elke dag buite in die bos kan kuier, met jou mense, tussen ons diere, op ons almal se grond.

    Skukuza, laat 1960’s

    Hoekom wildtuin toe gaan?

    Die voor-die-hand-liggende rede is om diere in hulle natuurlike omgewing te sien. Hiermee is niks verkeerd nie. Die wildtuin is een van die min plekke waar ’n gewone mens feitlik al die soogdiere van Afrika – en die meeste van die voëls en baie reptiele – in hulle natuurlike staat kan sien. Die lekkerte van ’n dier sien – ’n skaars dier, maar veral ’n gevaarlike dier – is dat dit tot die diepste instinkte van die mens spreek. Ons wil ons nuuskierigheid bevredig. Ons smag na misterie en avontuur. Ons bly maar jagters in ons harte, al doen ons dit met die oog en die kamera.

    Maar die wildtuin is ook ’n manjifieke kuierplek. Niemand wat nog nie ’n aand in goeie geselskap om ’n wildtuinvuur gesit het met ’n glas rooiwyn en ’n skaaptjop kan vir jou vertel hoe lekker dit regtig is nie. Maar selfs dít staan in die teken van die wilde natuur. Dit is waaroor mense saans om die vuur sit en praat. Dit is die sosiale gom wat mense in die wildtuin met mekaar verbind, familie, vriende en vreemdelinge. Weg van ons verskillende huise, werke, algemene lewenstrawale is hier iets wat ons verenig, nes ’n nasionale sportgeleentheid.

    Vir sommige kan die wildtuin miskien ’n manjifieke laboratorium vir navorsingsprojekte wees. Of ’n paradys vir ’n natuurfotograaf. Maar dié tydverdrywe fokus op die ou end ook op die wild.

    As ek aan my eie ervarings dink, is die beste beskrywing wat ek kan gee dat dit allereers gewoon lekker is om daar te wees. Dis ’n sintuiglike ervaring. En as jy nie iets daarvan oorhou nie dan sit jy die pot mis. Jy moet die wildtuin ruik, voel, hoor, proe en sien.

    As daar nou ooit ’n plek in die wêreld was wat dit maklik maak om die oomblik te geniet, is dit die wildtuin. Partykeer wil jy net by ’n watergat sit en niks doen nie. Net luister na die geluid van die tarentale in die kreupelhout, die droë grasveld ruik, die hitte op jou vel voel. Of vroegoggend, as dit koud is, die rooibokke langs die pad se vlekkelose velle in die eerste lig sien ril. Of in die middel van die nag, terwyl almal slaap, by die heining van die kamp luister hoe ’n jakkals ver weg sy hart uittjank.

    Hierdie aanslag op die sinne is dié van die natuur én kultuur van die wildtuin. Maar die grootste hiervan bly immer die diere. Daarsonder sou die totale ervaring van die bos redelik steriel wees – soos ’n kunstige tuin met ’n groot verskeidenheid bome en plante. Dis die wild in die wildtuin wat hom onderskei.

    Dierkykery is uiteraard ’n opvoeding op sigself. Die wildtuin laat hom nou maar een maal nie voorsê nie. Vir my is van die wonderlikste dinge van die plek sy misterie: Hoekom dinge gebeur, hoe dit saamloop, en waar en waarom dit gebeur. Die wildtuin is die stoffasie van die lewe.

    Nou, net om my geheel en al te weerspreek: Om die wildtuin regtig te geniet is om alles te geniet wat met jou gebeur, ook die verskeie kilometers stofpad wat jy gaan ry sonder om ’n enkele dier te sien. Want hoe spesiaal die wild ookal is, is daar geen waarborg dat jy op ’n gegewe tyd enige soort dier gaan sien nie. Wat my laat dink aan my ongeduldige dog geesdriftige swaer wat tydens een besonderse lang, warm uittog uitgeroep het: Hier’s nie genoeg diere nie. Hulle moet nog insit..!

    Dis belangrik om te besluit wat jou doel met jou wildtuinvakansie is en wat jy daaruit wil hê, want dit sal bepaal wát jy gaan doen, hóé jy dit gaan doen, en hoe jy jou besluite gaan uitvoer.

    Waar begin ’n mens?

    By die begin, sal die meeste mense jou vertel. Maar dis ’n raaisel, soos leeu-soek: Jy moet alles weet om alles te weet. Jy moet byvoorbeeld weet waar om wild te soek sodat jy weet waar om te bly. Jy moet weet waar om te eet sodat jy weet waar om te ry. Jy moet weet wat om te eet sodat jy weet wat om te pak. En jy moet weet waar om te bly sodat jy die regte plek kan bespreek.

    Daarom glo ek, soos Stephen Covey, begin with the end in mind. En begin ek eerder met die wild in die wildtuin en werk my pad terug.

    Eers as jy weet wat jy in die wildtuin gaan maak, kan jy jou vakansie beplan. Eers as jy weet waar om na wild te soek, weet jy waar om te bespreek. Eers as jy weet wat jy wil eet en doen as jy daar is, sal jy weet wat om in te pak. En eers as jy ál hierdie dinge gedoen het, is jy reg om die reis Laeveld toe aan te pak.

    Hoofstuk 1

    Hoe om diere te kyk

    Ek het baie gedink oor hoe om my idees oor dierekyk oor te dra. Daar is twee kante aan die storie. Die een is sekere gesonde-verstand beginsels help ongetwyfeld, en hét my ook al baie gehelp. Die ander is die wildtuin is ’n wonderbaarlike deel van die kosmos wat in patrone werk en ons net ten dele verstaan. En dat dit juis dít is wat dit so opwindend maak. En die ervaring iets wat ek elke mens met my hele hart gun.

    Vir die oomblik aanvaar ek jy wil soveel diere as moontlik sien, en verkieslik soveel as moontlik van die Groot Vyf (leeu, luiperd, olifant, buffel en renoster), of as jy jagluiperd en wildehond byvoeg die Groot Sewe. Daarmee sê ek nie om die Groot Sewe te sien is al rede om wildtuin toe te gaan nie. Maar as ek dié onderwerp nie deeglik aanpak nie, doen ek nie my werk nie.

    In dieselfde asem vra ek ook dat jy jou nie tekort doen deur die grootste deel van die wildlewe – die plante en voëls – mis te kyk nie. Sonder hulle sou die wildtuin eweneens ’n dieretuin of plaas gewees het. Die groot voordeel van voëls en bome kyk, is jy het net ’n soveel wyer ervaring van die bos. En daarmee saam kom die meeste van dié spesies na jou toe aan, of staan hulle stil. Stop and smell the roses – oftewel die buffelgras/mopanies/rivierpalmiete.

    Die beste manier om bome en voëls te geniet is om hulle name te leer. En die beste manier om dit te doen is om ’n goeie boek aan te skaf om hulle te identifiseer. En koop ’n verkyker. Dit hoef nie ’n spesiale een

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1