Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Vierde Nasaat
Die Vierde Nasaat
Die Vierde Nasaat
Ebook291 pages4 hours

Die Vierde Nasaat

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Toe Michelle 'n oproep uit Richmond ontvang van 'n historikus af, beskou sy dit as die ideale geleentheid vir 'n broodnodige avontuur. Al wat sy moes doen, is om 'n eeuoue sleutel te soek.

Drie ander mense - 'n kitaarspeler, 'n ingenieur, en 'n afgetredene - ontvang soortgelyke oproepe. Elkeen se familie besit 'n sleutel vir 'n kluis met vier slotte wat in 'n hofgebou ontdek is, alhoewel hulle verbintenis met mekaar net so 'n raaisel is as die kluis. Hulle voorsate sou nie met mekaar interaksie gehad het nie, het geen rede gehad om die kluis te begrawe nie, en moes ook nie agterna verdwyn het nie.

Met hulle sleutels kom Michelle en die ander nasate in die hofgebou se kelder bymekaar en sluit die kluis oop om die waarheid oor hulle voorsate uit te vind - 'n waarheid vreemder, gevaarliker, en potensieel meer radikaal as wat hulle hulle ooit kon voorstel. Nou moet hulle dit uit die verkeerde hande hou.

LanguageAfrikaans
PublisherBadPress
Release dateSep 22, 2015
ISBN9781507121429
Die Vierde Nasaat

Related to Die Vierde Nasaat

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Vierde Nasaat

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Vierde Nasaat - Allison Maruska

    Deel Een: Die Sleutels

    Hoofstuk Een

    Die oproep kom van ‘n onbekende nommer. Amper ignoreer Michelle dit, maar die vooruitsig om met ‘n ander volwassene te praat, hou te veel belofte in om dit te laat verbygaan. Haar kinders se oë bly op haar vasgenael terwyl hulle van die speelgrond af wegstap. Blykbaar is die geleentheid raar genoeg om hulle volle aandag te verg.

    Is dit Michelle Jenson wat praat? vra die oproeper.

    Ja. Met wie praat ek? Gaaf. n Reklame-oproep.

    My naam is Alex Pratt en ek skakel as verteenwoordiger van die Richmond Geskiedenisvereniging.

    Nou het die oproeper Michelle se volle aandag. Richmond? In Virginië?

    Ja dame. Ons dink u familie is betrokke by iets wat ons in ons hofgebou ontdek het. Kan u my sê of u oorgroot-oupa se naam Gao Zhang was?

    Ek weet nie wat sy voornaam was nie, maar my ma se nooiensvan is Zhang.

    Die geluid van papier wat ritsel klink oor die foon. Ek is seker ons het die regte familie. Dit mag vreemd klink, maar probeer asseblief geduldig wees. Die stad het verlede maand begin met ‘n projek om van ons geskiedkundige geboue te restoureer, die hofgebou ingesluit. Die werkers het ‘n houtkis wat onder die vloerplanke weggesteek is, ontdek. Ons het eers gedink dit is ‘n tydkapsule, maar dit het net ‘n brief bevat wat deur vier mans onderteken is. Een van daardie mans was u oorgroot-oupa. Hy maak keelskoon. Die brief gee aanduidings na ‘n kluis wat ons ingebou gevind het in ‘n keldermuur. Die kluis is buitengewoon, want dit is met vier swaar slotgrendels toegerus. Die brief dui aan dat die nasate van elke man wat dit onderteken het ‘n sleutel sal hê, en dat ons alvier nodig het om die kluis te kan oopsluit.

    En u dink ek het een van daardie sleutels? Haar seun trek aan haar arm. Sy probeer hom ignoreer en wens sy kan die oproep sonder onderbreking afhandel.

    Dis hoekom ek skakel. Die mans wat die brief onderteken het, het baie nasate en dis moeilik om te weet wie die sleutels het, en of dit dalk lankal weggegooi is. U is die eerste persoon in u familie wat ek in die hande kon kry, en...

    Kan julle nie net die slotte oopbreek nie? Haar sleutels raas terwyl sy die deur oopsluit, en die kinders hardloop binnetoe om strokiesprente te gaan kyk. Sy hang haar baadjie aan die kapstok op, gaan kombuis toe en haal drie borde uit die kas.

    Miskien. Maar ons wil weet wat hierdie mans in gemeen gehad het. Die Geskiedenisvereniging befonds die navorsingsprojek, en dit is moontlik dat die kluis en wat ookal binne-in is, bewaar sal word, afhangende van wat ons daarin kry. Ons wil weet wat hierdie mans in gemeen het om so ‘n vreemde ooreenkoms aan te gaan.

    Vreemd? Hoekom is dit vreemd? Sy hou op om kos uit te haal en leun teen die toonbank.

    Geskiedkundig gesproke moes hierdie mans glad nie in dieselfde kringe beweeg of saam in die hofgebou gewerk het nie. U oorgroot-oupa was die seun van Sjinese immigrante. Die ander drie was ‘n Ierse immigrant, die kleinseun van ‘n bevryde slaaf uit Afrika, en die afstammeling van ‘n Britse kolonis.

    Wel, dit klink interessant, maar ek weet niks van ‘n sleutel af nie. Miskien sal hy iemand anders in haar familie bel. Haar man sal haar in elk geval nie aan ‘n skattejag laat deelneem nie.

    Ek verstaan. Maar ek wil u in elk geval inlig oor wat ons beplan. Ons is in kontak met filmprodusente om ‘n dokumentêre film daaroor te maak. Dit is hoekom ons die families van die mans wil insluit. As wat ookal in die kluis is die aandag werd is, sal u, u gesin en die nasate van die ander vier mans ‘n rol daarin speel. Die Geskiedenisvereniging betaal alle reiskoste. Hy maak weer keelskoon. Natuurlik sal dit net werk as alvier families hulle sleutels opspoor.

    En as daar niks waardevol in die kluis is nie?

    Ek sal verbaas wees as dit so is. Ons wag vir die familielede om die kluis oop te maak sodat ons die openbaarmaking kan verfilm. Dit sal soveel meer beteken as die nakomelinge die oorspronklike sleutels ‘n eeu later gebruik.

    Haar brein registreer een van sy vroeëre opmerkings. Met ander woorde, as ek hierdie sleutel kry, gaan julle my betaal om Richmond toe te ry om ‘n deur oop te sluit? Ek gaan reis? Gratis?

    As die ander drie nakomelinge hulle s’n ook kry, ja.

    Grant skree op Sophie. Michelle moet die oproep afsluit voordat hulle mekaar te lyf gaan.

    Goed. Luister, my kinders raak ongeduldig. Jou nommer is op my foon. Ek sal jou skakel as ek enigiets uitvind oor ‘n sleutel.

    Ek waardeer dit.

    Sy beëindig die gesprek, en nadat sy by die kinders was, begin sy toebroodjies maak.

    Om ‘n sleutel na eenhonderd jaar op te spoor sal feitlik onmoontlik wees. Maar dit is belangrik genoeg om ‘n dokumentêr van te maak, en ‘n tydjie in die kollig behoort ‘n verfrissende gang van sake te wees.

    En sy sal oor die hele land reis.

    Sy kan nie help om opgewonde te voel oor die moontlikheid om weg te kom nie. As sy nie self daarvoor hoef te betaal nie, sal Mark haar dalk selfs laat gaan.

    Terwyl sy grondboontjiebotter op ‘n sny brood smeer, vervaag haar hoop skielik.

    Sy was nog nooit langer as ‘n halwe dag weg van haar kinders sedert hulle gebore is nie. Mark is vasberade dat die huishouding op sy manier bedryf word, wat beteken dat dit haar werk is om die kinders groot te maak en huis te hou terwyl hy werk om hulle te onderhou. Om ekstra ure te werk sodat sy nie ‘n inkomste hoef te hê nie, is sy opoffering, sê hy altyd, alhoewel sy twyfel of sy vermyding van enige kinderverwante vuilwerk ‘n opoffering is. Hy hou daarvan om haar skuldig te laat voel as sy tyd vir haarself wil hê. Om haar eie behoeftes te verwaarloos en al haar tyd en energie aan die kinders te wy, is die opoffering wat hy van haar verwag.

    Hierdie keer gaan dit anders wees. Die geskiedkundige het haar geskakel omdat haar familie deel is van iets belangrik. Sy sal nie dat Mark haar laat skuldig voel omdat sy wil weet wat dit is nie, maak nie saak hoe ernstig sy stuipe-aanval is nie.

    Terwyl sy die tafel dek probeer sy hard om te dink wie in haar familie ‘n ou sleutel sal bewaar, en probeer haarself indink hoe dit sal voel om op haar eie te vlieg.

    Sy probeer ‘n glimlag onderdruk.

    ****

    Nee man, dit gaan op na die vier toe. Jonah stop die orkes sodat hy die akkoorde vir die nuwe potensiële kitaarspeler kan wys. Hy begin wonder of dit wys was om op Craigslist na ‘n ander een te soek. Probeer weer.

    Jonah staan terug en leun teen die keldermuur, sy een hand op sy kitaar en die ander een teen die agterkant van sy nek, onder sy Rastalokke. Sy Rastas was die onderwerp van ‘n vroeëre argument. Miskien moet hy dit laat afsny soos Olivia wil hê. Die moedswillige deel van hom wil dit behou net omdat dit sy meisie irriteer.

    Hy wens hulle het ‘n optrede in die pyplyn gehad sodat hulle ‘n rede kan hê om te oefen. Hy en die dromspeler, Chris, wat ook sy kamermaat is, speel gereeld saam sonder die gesukkel met formele oefening, maar hulle kan nie ‘n regte orkes hê wat net uit hulle twee bestaan nie. Vanaand oefen hulle ‘n lied wat Jonah geskryf het. Hy het geglimlag toe hy die orkes dit die eerste keer hoor speel het, al het hulle net deur een versie gekom voordat hy hulle moes stilmaak.

    Die groentjie speel ‘n paar keer deur die hele stuk voordat die res van die orkes by hom aansluit. Dromslae en versterkte kitaarbewegings kaats terug van die sementmure af. Jonah hou op speel wanneer sy foon in sy sak begin vibreer. Hy haal dit uit en staar na ‘n onbekende nommer. Hy herken nie die areakode nie. Hy laat dit oorskakel stemboodskappe toe.

    Na die oefening gaan Jonah boontoe en skakel terug. Hy is nog besig om na die foon te staar toe Chris by hom in die kombuis verskyn. Chris sit sy dromstokke op die tafel neer. Haai, hoekom so ernstig? Hy gaan yskas toe en gryp ‘n bier – sy ritueel elke keer na ‘n moeilike situasie.

    Die bier herinner Jonah daaraan dat hy met sy kamermaat wil praat oor hulle ongelyke drankverbruik. Hy is moeg daarvoor om Chris se bierbehoeftes te onderhou. Maar hierdie gesprek sal moet wag.

    ’n Eienaardige ou het my gebel terwyl ons onder was. Ek het hom nou net teruggebel.

    Chris sit by die tafel en staar na Jonah. Hy sluk sy bier weg.

    O. Hy vertel Chris alles wat die historikus gesê het omtrent die hofgebou, die kissie, die vermiste sleutels, en die moontlike dokumentêre film.

    "Hokaai, mysterioso."  Chris lag saggies. Gaan jy dit soek?

    Jonah sit sy foon in sy sak en stap yskas toe. Ek weet nie. Miskien sal ek my pa bel. Die ou dink ons voorouer was die Ierse immigrant wat die brief onderteken het. Hy gebruik die magnetiese botteloopmaker om sy bier oop te maak en laat die prop in die wasbak skiet, waar dit wegspring van die vlekvrye staal en vuil borde af. Nadat hy ‘n sluk gevat het, voeg hy by, Dit voel soos ‘n flou grap, weet jy? ’n Ier, ‘n Sjinees, ‘n swartman en ‘n Britse kolonis stap by ‘n hofgebou in...

    Chris lag. Ek sal graag wil sien hoe ‘n vervelige historikus jou voor ‘n kamera gaan kry.

    As hy my geskype het sou hy seker nie die fliek genoem het nie. Hy neem nog ‘n sluk en oorweeg die idee. As hierdie sleutelding belangrik genoeg is om te verfilm, is dit dalk die tyd werd. Hy haal weer sy foon uit wanneer daar ‘n alarmsein uit Chris se sak kom.

    Chris kyk na die skerm. Nog ‘n winterstormwaarskuwing. Sou goed gewees het as dit tegnies winter was. Moet ek nog bier vir ons kry?

    Jonah glimlag. Ja, doen dit. Hy kry die kontak wat hy soek en blaas sy asem uit wanneer hy homself voorberei vir ‘n gesprek met sy pa.

    ****

    Damien sit alleen in die kafeteria nadat hy sy spraaksame kollegas suksesvol ontglip het. Sy naderende sperdatum vereis net dit: Hoe minder tyd hy aan eet en kuier spandeer, hoe meer tyd het hy om aan die ontwikkeling van die fyner besonderhede van sy nuwe watersanitasie-idee te spandeer. Hy het die gewoonte gevorm om ‘n notaboek saam met hom te bring gedurende sy etensuur, en selfs al het hy nie iets wat aan sy projek verwant is om daarin te doen nie, hou dit die ander weg van sy tafel as hy voorgee dat hy daarin werk.

    Hy ruim sy eetplek op en stap hysbak toe terwyl hy uit sy waterbottel drink. Hy kyk in die weerkaatsing van die deur om seker te maak dat daar nie kos vassit tussen sy tande nie.

    Damien! Haai!

    Sydney waai vir hom van die end van die gang af. Sy hou ‘n deurmekaar stapel papiere in haar ander hand en gebruik die hand waarmee sy gewaai het om haar bril reg te skuif wat op haar bruin krulhare rus. Sy stap na hom toe.

    Ordentlikheid vereis dat hy glimlag, maar hy hoop dat die hysbak sal kom voor sy by hom is. Dit kom nie.

    Sy kyk op en hulle oë ontmoet. Het jy van Steve se projek gehoor? Dit gaan op die ruimtestasie wees! Dit lyk of haar oë by haar kop uitpeul terwyl sy praat.

    Regtig? Dis gaaf.

    Ja, dit is. Hy het regtig hard daaraan gewerk. Hoe vorder jou projek?

    Werk nog daaraan. Hy beduie met die notaboek.

    Die hysbak gaan oop en hy stap in. Om een of ander rede volg sy hom.

    Gaan jy nie eet nie? Hy druk die vierde vloer se knoppie.

    Ek sal. Dit voel vir my asof ek jou nooit meer sien vandat hulle my na die ander kant van die gebou geskuif het nie.

    Damien weet Sydney wil meer van hom hê as net geselskap, maar hy handhaaf ‘n professionele afstand. Afsprake is nie iets waarvan hy deel wil wees nie.

    Ek probeer gefokus bly.

    Sy glimlag. Ja, ek weet. Die deure gaan weer oop en sy sit haar hand op sy arm. Dis goed om jou weer te sien.

    Jou ook. Hy draai weg van haar en stap links met die gang af. ‘n Oomblik later speel die stemboodskapalarm op sy foon. Iemand moes gebel het terwyl hy in die hysbak was.

    Hy luister na die boodskap: ‘n Historikus genaamd Alex, van Richmond, wil met hom praat. Wanneer hy terugbel, vra Alex hom oor ‘n sleutel wat sy familie dalk het.

    Dink jy vier families sal dit regkry om vier sleutels vir ‘n eeu lank te hou? vra Damien, en hoop dat die ou sal hoor hoe belaglik die hele ding klink en hom met rus laat. 

    Ons besef dit is baie onwaarskynlik. Maar ons werk is om die waarheid omtrent ons geskiedenis uit te vind en geskiedkundige elemente te bewaar. Ons sal nalatig wees as ons die families van die betrokke mans ignoreer. Alex vertel hom dat hulle ‘n dokumentêr daarvan wil maak.

    Damien stap heen-en-weer in sy laboratorium. Net die idee om voor ‘n kamera te wees maak hom senuweeagtig. Ek is in die middel van ‘n projek vir my werk. Vang asseblief die skimp.

    Ek verstaan dat u baie besig is, meneer Thomas, maar ons sal enige hulp van u af baie waardeer. Miskien kan u ons na ‘n ander familielid verwys wat kan help.

    Het u nog met niemand anders gepraat nie?

    Nee. Ek het ander geskakel, maar u is die eerste een wat reageer op die boodskap.

    Dêmmit. Soms het nougesetheid sy nadele.

    Hy voel verplig om iets te sê wat sin maak. Hy probeer om nie die indruk te skep van ‘n algehele skobbejak nie. Ek sal kyk wat ek kan kry, maar ek sal seker nie dadelik na u toe kan terugkom nie.

    Heeltemal reg so. Indien u vind dat u ons glad nie kan help nie, neem die vrymoedigheid om hierdie met iemand anders in u familie te deel. U het my nommer.

    Damien sluit die gesprek af en probeer sy aandag by die projek op sy tafel bepaal. Sy aandag wissel daartussen en sy rekenaar, maar hy sukkel om te konsentreer.

    Daardie ou weet van sy voorvader, die een wat sy vryheid verkry het toe Lincoln die slawe vry verklaar het. Wel, tenminste van die slaaf se kleinseun. En as net vier mans verbind word met hierdie raaisel in Virginië, ‘n raaisel wat die moeite werd is om verfilm te word, was sy voorouer dalk deel van iets belangrik.

    Hy maak nog ‘n oproep nadat sy aandag vir die derde keer weggedwaal het. Tien minute later besluit hy om sy ma in Las Vegas te besoek. Hy hoop dit sal die moeite werd wees.

    ****

    Sharon kyk deur die venster na die vallende reën, en geniet die eerste Maandagoggend na haar aftrede. Sy luister na die stilte wat haar kleinerige huisie oorheers, ‘n stilte wat sy leer verstaan het in die drie jaar sedert Cliff se dood.

    Sy stap na die badkamer en trek haar gryswordende blonde hare terug met ‘n kopband voordat sy ‘n sweetpak en vuil T-hemp aantrek. Die verfprojek waarmee sy oor die naweek in die gesinskamer begin het, sal nie vanself klaarkom nie, en sy beplan om daarmee voort te gaan na ontbyt.

    Sy skakel die enkelkoppiekoffiemasjien aan toe sy die kombuis binnestap. Terwyl dit warm word, sit sy twee snytjies brood in die broodrooster en skakel haar radio aan.

    Oor die radio bespreek hulle die jongste oliestorting. Sy skud haar kop en wonder of haar kleinkinders ‘n skoon oseaan sal hê wanneer sy hulle na haar deeltitel by die strand gaan neem gedurende die lentevakansie. Sy maak ‘n knoop in haar oor om haar niggie te skakel wat onlangs ‘n setel in die senaat verower het. Miskien sal sy genoeg invloed hê om die oliemaatskappy te reguleer.

    Haar landlyn begin lui en dra by tot die geraas van die perkuleerder en die radio-omroepers.

    Die oproeper stel homself voor as Alex iets en vertel haar van ‘n kissie wat begrawe is in ‘n hofgebou in Virginië, maar eers nadat sy bevestig het dat haar voorouer ‘n kolonis, oorspronklik van Jamestown, was – ‘n bron van trots vir haar familie. Haar niggie het dit selfs tydens haar veldtog genoem. Alex vra omtrent ‘n sleutel wat haar oupagrootjie moontlik gehad het.

    Wat se sleutel? vra sy.

    Een wat groot genoeg is om ‘n slotgrendel oop te maak, en waarskynlik van koper gemaak is. Weet u enigiets van soiets af?

    Nie regtig nie, maar ek sal uitvind, Haar roosterbrood het uitgeskiet en sy wil botter daarop smeer voordat dit koud word.

    Dankie. Net nog iets. Hy vertel haar dat hy ‘n dokumentêre film wil maak van haar en die ander nasate wanneer hulle die kluis oopsluit.

    Wat ookal agter die deur is, is kosbaar genoeg om vier vliegtuigkaartjies en ‘n filmspan te betaal. Miskien moet sy die sleutel soek.

    Kan ek my nommer vir u gee? vra hy.

    Seker. Sy skryf sy naam en nommer in ‘n notaboek, sit die gehoorbuis terug, en stel die rooster om haar ontbyt weer op te warm.

    Die volgende middag kom Sharon weer regop en strek haar rug, nadat sy die laaste strook woudgroen op die voetlys geverf het. Sy bewonder haar handewerk en glimlag toe sy besef dat Cliff haar nooit sou toelaat om ‘n muur in hulle huis so ‘n helder kleur te verf nie. Sy lag toe sy haarself probeer voorstel wat sy reaksie sou wees as hy dit sou sien.

    Nadat sy haar verftoebehore skoongemaak en gebêre het, gaan sy boontoe om te stort. Sy gaan oor net meer as ‘n uur saam met haar vriendin uiteet, en sy wil nie laat wees nie. Terwyl sy ‘n skoon, taankleurige langbroek en pers truitjie uithaal om die aand aan te trek, dink sy aan haar gesprek met Alex.

    Hoekom weet hy soveel van haar familie? Daar is nie veel mense wat kan sê hulle stam van die Jamestown-nedersetting af nie, en as sy in ‘n fliek gaan wees, sal sy waarskynlik daaroor praat. Sy probeer onthou of sy iewers ‘n sleutel gesien het wat dalk die een kan wees wat Alex bedoel.

    Sy knip haar juwele aan en gaan ondertoe. Soos gewoonlik wanneer sy die klein platformpie op die trap bereik, kyk sy na die plakskildery wat haar ouma – die dogter van haar oupagrootjie wat die houer begrawe het – jare gelede vir haar gegee het. Haar ouma het ‘n beeld van ‘n nedersettinghuis geskep met ‘n verskeidenheid van items: ‘n munt, knope, ‘n patroondoppie, die prop van ‘n bottel.

    ‘n Sleutel.

    Sy sit haar leesbril op. Sy kyk aandagtig na die sleutel en probeer dit krities ondersoek. Dit is gedeeltelik bedek met ‘n vuurhoutjiehouer. Sy oorweeg haar keuses vir ‘n oomblik voordat sy besluit wat om te doen.

    Sy haal die plakskildery van die muur af en sit dit op haar eetkamertafel neer, waar sy die agterste gedeelte uit die raam haal en haar ouma se kunswerk uithaal. Haar vingers streel oor die deel van die sleutel wat sy kan bykom.

    Haar ouma het haar laat belowe dat sy die plakskildery sal hou en nie laat wegraak of verkoop nie. Miskien is daar iets belangriks in, en as hierdie die sleutel is wat ‘n geheim in Virginië toesluit, sal dit definitief kwalifiseer as soiets.

    Jammer, Ouma, praat sy met die plafon voordat sy begin om die prent uitmekaar te haal. Nadat sy ‘n klein gedeelte daarvan verinneweer het, hou sy die donker, koperkleurige sleutel in haar hand. Dit lyk oud, maar daar is geen manier hoe sy kan vasstel of dit die sleutel is wat Alex wil hê sy moet soek nie. Sy neem dit kombuis toe en soek die telefoonnommer op die notaboek. Die foon lui driekeer voordat hy antwoord. Alex Pratt.

    Hallo, meneer Pratt. Dis Sharon Ellis. Jy het my vanoggend oor ‘n sleutel geskakel.

    O ja, natuurlik.

    Ek dink ek het dit gekry.

    Hoofstuk Twee

    Michelle herhaal haar man se woorde van die vorige aand in haar gedagtes.

    Jy moet hier bly. Pos die sleutel vir daardie eienaardige ou, as jy dit kry.

    Mark se weiering om haar te laat reis, maak haar net meer vasberade om die sleutel te kry. Hy sal makliker van plan verander as sy eers die ding het.

    Sy het haar ma so gou as moontlik geskakel nadat Mark weereens haar hoop in die wiele gery het om iets interessants te doen. Haar ma weet niks van die sleutel af nie, maar sy dink Michelle se oom mag dalk iets weet.

    As jy dit kry.

    Michelle?

    Sy skrik terug tot die werklikheid. O jammer. Ek het net bietjie afgeskakel.

    Anna lag. Ek het so gedink. Ek vra wat het jou laat besluit om op kort kennisgewing te kom kuier.

    Michelle drink haar koffie waar sy saam met haar niggie op die rusbank sit, en geniet die stilte nadat die kinders boontoe is om daar te gaan speel. Anna se sewejarige dogtertjie, Britney, hou daarvan om met haar kamer te spog by haar neefs en niggies.

    Dis ‘n lang storie. Michelle vertel Anna van Alex se oproep, en voeg dan by, Ek het gister met Oom Li gepraat. Hy dink jy het dalk die sleutel.

    Regtig? Hoekom sou hy so sê?

    Iets oor kartonne wat van sy huis af kom.

    Anna kyk na die plafon, asof sy diep dink. "Ek dink ek weet waarvan hy praat. Die meeste daarvan kom uit my ou kamer. Maar daar was ‘n ou leertas met goed in wat my pa my laat belowe het om nie weg te gooi nie. Hy het nie

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1