Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Engel uit die klip
Engel uit die klip
Engel uit die klip
Ebook64 pages19 minutes

Engel uit die klip

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Alhoewel reeds vroeër as motief aanwesig, vind die besinning oor die kunstenaarstaak besondere gestalte in die bundel Engel uit die klip (1950), ʼn titel waarmee hy andermaal die spanning tussen die goddelike en aardse aandui, nou met die aksent op die verlossingsmotief. Nie alle gedigte handel egter oor die kunstenaarstaak nie. – J C Kannemeyer
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateNov 1, 2015
ISBN9780624075950
Engel uit die klip
Author

D.J. Opperman

Diederik Johannes (D.J.) Opperman is op 29 September 1914 op ’n plaas naby Dundee in KwaZulu-Natal gebore. Hy gaan skool op Estcourt en Vryheid. Hy verwerf ’n MA-graad in 1935 aan die Universiteit van Natal in Pietermaritzburg en sy doktorsgraad in 1953 aan die Universiteit van Kaapstad. Hy gee skool in Pietermaritzburg en Johannesburg en is van 1946 tot 1948 ’n joernalis by Die Huisgenoot in Kaapstad, en gee vir 10 jaar klas aan die Universiteit van Kaapstad. D.J. Opperman is van 1960 tot 1979 ’n professor in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. In dié tyd is hy in beheer van die beroemde Letterkundige Laboratorium. D.J. Opperman het in 1981 ’n beroerte gehad en sterf op 22 September 1985 op Stellenbosch. D.J. Opperman, een van die bekendste Afrikaanse digters, se debuut-digbundel, Heilige beeste, verskyn in 1945 en word in 1947 met die Hertzogprys vir poësie bekroon. Hy ontvang daarna nog drie keer die Hertzogprys: Periandros van Korinthe (vir drama, 1956), Voëlvry (vir drama, 1969) en Komas uit ’n bamboesstok (vir poësie, 1980). Hy ontvang ook die CNA-, WA Hofmeyr- en Louis Luyt-pryse vir Komas uit ’n bamboesstok. Opperman was ook bekend as samesteller van bloemlesings en die bekendste voorbeelde hiervan is Groot Verseboek (die eerste een het in 1956 verskyn) en Kleuterverseboek. In 2000 verskyn die bundel Sonklong oor Afrika waaraan hy ten tyde van sy dood gewerk het

Read more from D.J. Opperman

Related to Engel uit die klip

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Engel uit die klip

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Engel uit die klip - D.J. Opperman

    DJ Opperman

    Engel uit die klip

    Tafelberg

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Engel uit die klip mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    Mériba

    Waar alles verstrak

    tot die rots, tot die ding,

    in Kades, die stad

    op die sande van Sin,

    vra my volk wildsbokke

    en rooi granate,

    die wingerdstokke

    wat raak aan U water.

    Maar onder my staf

    wat driftig spreek

    dat, soos uit ’n kraf,

    U vryelik breek

    uit die rots, uit die ding,

    in Kades, die stad

    op die sande van Sin,

    breek U waters brak.

    Paardeneiland

    In ’n wit plank die kwas,

    greinpaaie loop oor die land

    na ’n eiland van as.

    Meide en meeue gil

    om dieselfde korsie

    tussen visgraat en piesangskil.

    Hande en hoepels krap

    na ’n kam, na ’n knoop

    en blus die brandende lap,

    sal krap waar die winde stook

    en groter en groter

    die eiland rook.

    Sprokie van die spikkelkoei

    Uit holtes van ’n boom

    het kuddes vee gekom,

    toe kies my broer

    die spikkelkoei vir hom.

    Ek stoot hom oor ’n krans,

    hy val in ’n mik,

    toe het ’n kraai

    op die spikkelkoei gaan sit.

    Smeer vet aan ’n klip,

    korrel fyn, moenie kwes,

    toe sak ’n duisend vere

    noord, suid, oos, wes –

    sak ’n duisend kraaie

    oor die bloed, oor die klip . .

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1