Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Edms. Bpk.
Edms. Bpk.
Edms. Bpk.
Ebook45 pages15 minutes

Edms. Bpk.

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Edms. Bpk. (1970), dui op die beperktheid van die menslike lewe en besit en die kleiner wêreld van die bundel, dikwels die vertroude terrein van Franskraal. Alhoewel die verse meestal die magtige greep en groot konstruksies van vroeër mis, is die bundel tog as ʼn duidelike eenheid gekonsipieer. - J C Kannemeyer
LanguageAfrikaans
Release dateNov 1, 2015
ISBN9780798172578
Edms. Bpk.
Author

D.J. Opperman

Diederik Johannes (D.J.) Opperman is op 29 September 1914 op ’n plaas naby Dundee in KwaZulu-Natal gebore. Hy gaan skool op Estcourt en Vryheid. Hy verwerf ’n MA-graad in 1935 aan die Universiteit van Natal in Pietermaritzburg en sy doktorsgraad in 1953 aan die Universiteit van Kaapstad. Hy gee skool in Pietermaritzburg en Johannesburg en is van 1946 tot 1948 ’n joernalis by Die Huisgenoot in Kaapstad, en gee vir 10 jaar klas aan die Universiteit van Kaapstad. D.J. Opperman is van 1960 tot 1979 ’n professor in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. In dié tyd is hy in beheer van die beroemde Letterkundige Laboratorium. D.J. Opperman het in 1981 ’n beroerte gehad en sterf op 22 September 1985 op Stellenbosch. D.J. Opperman, een van die bekendste Afrikaanse digters, se debuut-digbundel, Heilige beeste, verskyn in 1945 en word in 1947 met die Hertzogprys vir poësie bekroon. Hy ontvang daarna nog drie keer die Hertzogprys: Periandros van Korinthe (vir drama, 1956), Voëlvry (vir drama, 1969) en Komas uit ’n bamboesstok (vir poësie, 1980). Hy ontvang ook die CNA-, WA Hofmeyr- en Louis Luyt-pryse vir Komas uit ’n bamboesstok. Opperman was ook bekend as samesteller van bloemlesings en die bekendste voorbeelde hiervan is Groot Verseboek (die eerste een het in 1956 verskyn) en Kleuterverseboek. In 2000 verskyn die bundel Sonklong oor Afrika waaraan hy ten tyde van sy dood gewerk het

Read more from D.J. Opperman

Related to Edms. Bpk.

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Edms. Bpk.

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Edms. Bpk. - D.J. Opperman

    DJ Opperman

    Edms. Bpk.

    Human & Rousseau

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Edms. Bpk. mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    Mij lust t’ ontvouwen

    hoe de vormen aller dingen

    In nieuwe lichamen verkeerden.

    Edms. Bpk.

    Ek het ’n stukkie grond gekoop

    met melkhout op; dit afgekamp

    en teen die hek ’n naam geverf

    sodat verbygangers besef:

    Dis Dirk se erf.

    Janfiskaal sit op my melkhoutboom,

    sit op ’n kruin, sit op ’n rots,

    en proklameer in sy lied

    soggens en saans luidkeels:

    Dis my gebied.

    Bakkapel glip uit my melkhoutbos,

    verby die kruin, verby die rots,

    en teken op sandkolle waar hy kom

    oral in ouderwetse skrif:

    Alles . . . alles my eiendom.

    Parstyd

    Dit kóm van al die doppe vreet

    dat jy jou einste lyf vergeet

    en regop soos die baas wil stap

    en, nes hy, probeer twee rye spore trap,

    dat jy beginne uitgelate gil en giggel

    tot jou

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1