Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Joernaal van Jorik
Joernaal van Jorik
Joernaal van Jorik
Ebook46 pages25 minutes

Joernaal van Jorik

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Joernaal van Jorik (1949), is ʼn vyfdelige epiese gedig in kwatryne met gekruiste rym. Die gedig handel oor die geskiedenis van Jorik (ʼn naam wat saamgestel is uit die digter se voorname Diederik Johannes) wat tydens die Tweede Wêreldoorlog in ʼn duikboot as spioen in Kaapstad aankom. Hy leer die land en sy mense, sy verskeidenheid landskappe en kontraste ken en raak verstrik in die politieke situasie en lewenswyse van Suid-Afrika. – J C Kannemeyer
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateNov 1, 2015
ISBN9780624075936
Joernaal van Jorik
Author

D.J. Opperman

Diederik Johannes (D.J.) Opperman is op 29 September 1914 op ’n plaas naby Dundee in KwaZulu-Natal gebore. Hy gaan skool op Estcourt en Vryheid. Hy verwerf ’n MA-graad in 1935 aan die Universiteit van Natal in Pietermaritzburg en sy doktorsgraad in 1953 aan die Universiteit van Kaapstad. Hy gee skool in Pietermaritzburg en Johannesburg en is van 1946 tot 1948 ’n joernalis by Die Huisgenoot in Kaapstad, en gee vir 10 jaar klas aan die Universiteit van Kaapstad. D.J. Opperman is van 1960 tot 1979 ’n professor in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. In dié tyd is hy in beheer van die beroemde Letterkundige Laboratorium. D.J. Opperman het in 1981 ’n beroerte gehad en sterf op 22 September 1985 op Stellenbosch. D.J. Opperman, een van die bekendste Afrikaanse digters, se debuut-digbundel, Heilige beeste, verskyn in 1945 en word in 1947 met die Hertzogprys vir poësie bekroon. Hy ontvang daarna nog drie keer die Hertzogprys: Periandros van Korinthe (vir drama, 1956), Voëlvry (vir drama, 1969) en Komas uit ’n bamboesstok (vir poësie, 1980). Hy ontvang ook die CNA-, WA Hofmeyr- en Louis Luyt-pryse vir Komas uit ’n bamboesstok. Opperman was ook bekend as samesteller van bloemlesings en die bekendste voorbeelde hiervan is Groot Verseboek (die eerste een het in 1956 verskyn) en Kleuterverseboek. In 2000 verskyn die bundel Sonklong oor Afrika waaraan hy ten tyde van sy dood gewerk het

Read more from D.J. Opperman

Related to Joernaal van Jorik

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Joernaal van Jorik

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Joernaal van Jorik - D.J. Opperman

    DJ Opperman

    Joernaal van Jorik

    Tafelberg

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Joernaal van Jorik mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    Duikboot

    WAAR WARRELWINDE UIT NAGHEMELS MAAL

    en waaireëns oor die see uitsak, verlig

    die magnesiumdraad van ’n weerligstraal

    ’n duikboot wat soos die aarde verdig

    uit die baaierd beweeg. En vóór die vloed

    van golwe hom raak, klap die staalluik

    toe, en hy kantel sy vinne en snoet

    skuins in die skuimende waters – duik

    met ’n borrelbaan langs kuwe en kante

    deur die reie vlugtende engelvisse

    tussen heup en heup van twee vastelande

    in ’n waterbuik se geheimenisse

    bo die kopbeen en die gebarste klok

    van matrose en ryke lankal vergaan;

    maar die see is ’n ewige eierstok

    en ryke groei met die groeiende maan.

    En stil in die warm ruim se klare

    lig, wat melkig straal in die klein kajuit

    oor motors en meters en koppelare

    in holtes deur ’n dun staalvlies omsluit,

    waar Manuel, die lang skraal skipper

    met die hol gesig en die bietjie baard,

    blou vonke volg wat oor skakels flikker,

    die pyltjies wat roer, en die koers op die kaart,

    en Dabor, die dikke, die tweede man,

    die snorkels stel en sy bors uitstoot,

    sy arms rek soos hy gapend ontspan,

    en die hartslag halfoor volg van die boot,

    lê Jorik in ’n opklapbed en slaap . . .

    tót die Dikke hom knyp dat hy wakker

    ruk en verward uit ’n droom ontwaak . . .

    die motors en meters en elke makker

    herken, maar ligsku sy oë weer sluit,

    en bid: ‘Ek wat U weë nie verstaan

    en nie geken word in U raadsbesluit

    maar slegs beveel word in ’n kom en gaan,

    verlang reeds in die vrot lug van dié boot

    terug na die heuwels van my vaderland;

    maar eenmaal op reis drie duim van die dood

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1