Heilige beeste
()
About this ebook
D.J. Opperman
Diederik Johannes (D.J.) Opperman is op 29 September 1914 op ’n plaas naby Dundee in KwaZulu-Natal gebore. Hy gaan skool op Estcourt en Vryheid. Hy verwerf ’n MA-graad in 1935 aan die Universiteit van Natal in Pietermaritzburg en sy doktorsgraad in 1953 aan die Universiteit van Kaapstad. Hy gee skool in Pietermaritzburg en Johannesburg en is van 1946 tot 1948 ’n joernalis by Die Huisgenoot in Kaapstad, en gee vir 10 jaar klas aan die Universiteit van Kaapstad. D.J. Opperman is van 1960 tot 1979 ’n professor in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. In dié tyd is hy in beheer van die beroemde Letterkundige Laboratorium. D.J. Opperman het in 1981 ’n beroerte gehad en sterf op 22 September 1985 op Stellenbosch. D.J. Opperman, een van die bekendste Afrikaanse digters, se debuut-digbundel, Heilige beeste, verskyn in 1945 en word in 1947 met die Hertzogprys vir poësie bekroon. Hy ontvang daarna nog drie keer die Hertzogprys: Periandros van Korinthe (vir drama, 1956), Voëlvry (vir drama, 1969) en Komas uit ’n bamboesstok (vir poësie, 1980). Hy ontvang ook die CNA-, WA Hofmeyr- en Louis Luyt-pryse vir Komas uit ’n bamboesstok. Opperman was ook bekend as samesteller van bloemlesings en die bekendste voorbeelde hiervan is Groot Verseboek (die eerste een het in 1956 verskyn) en Kleuterverseboek. In 2000 verskyn die bundel Sonklong oor Afrika waaraan hy ten tyde van sy dood gewerk het
Read more from D.J. Opperman
Periandros van Korinthe Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPeriandros van Korinthe: Skooluitgawe Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsJoernaal van Jorik Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKuns-mis Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKomas uit 'n bamboesstok Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVersamelde poësie Rating: 4 out of 5 stars4/5Edms. Bpk. Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBlom en baaierd Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsNegester oor Ninevé Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDolosse Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsEngel uit die klip Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Related to Heilige beeste
Related ebooks
Trekkerswee Met tekeninge van J.H. Pierneef Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKlassiek reeks: Hierdie lewe: Stemme 2 Rating: 4 out of 5 stars4/5Lot se vrou Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBladspieël Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKleur kom nooit alleen nie Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVersamelde poësie Rating: 4 out of 5 stars4/5Kaar Rating: 5 out of 5 stars5/5Hierdie mens Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKatalekte: (artefakte vir die stadige gebruike van doodgaan) Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPieter-Dirk Uys: Weerklink van 'n wanklank: Memoires van toe en nou Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPlunder Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMaar wie snoei die rose in die nag? Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsLewensblik: Sketse oor die lewe Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKarnaval en lent Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPadlangs Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVuur op die horison Rating: 3 out of 5 stars3/5Die beginsel van stof Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKo lat ons sing Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHuilboek Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsEerste gedigte Rating: 4 out of 5 stars4/5Vers & vrou: 258 gedigte Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie kremetartekspedisie Rating: 0 out of 5 stars0 ratings1795 Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsIngrid Jonker: Versamelde gedigte Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSonneblomme en sneeu in Oekraïne Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVyf-en-veertig skemeraandsange: uit die eenbeendanser se werkruimte Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie uur van die engel: Stemme 3 Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsEilande Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOm die gedagte van geel Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Related categories
Reviews for Heilige beeste
0 ratings0 reviews
Book preview
Heilige beeste - D.J. Opperman
DJ Opperman
Heilige beeste
Tafelberg
Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Heilige beeste mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.
Vir Marié
Heilige beeste
Dit is my laaste besit
wat ek bedags langs die Taka verdedig
en snags in die kraal tussen kiepersol en klip:
hulle wat wei
waar die hadida in die noorsboom wag
bo peule, miershoop en gras;
hulle wat afhanklik is
van die bul wat die sand krap
en die reuk van die koei nog vat;
hulle wat afstam
van kuddes deur dansende impi’s omring
in die koningskrale van Senzangakona en Dingaan;
hulle my drie drifte:
die aardse, die vrou en die Groot-Groot-Gees
oor die kraal tussen kiepersol en klip.
I
Kontrak
U het die wêreld oopgeskiet
tot grot en gramadoela;
toe die blaar en riet,
U arbeiders, gestuur; wortels
wat nederig werk, die mier
wat stokkies dra
en beitelpunt van die rivier.
U droom met dinamiet
en laat aan arbeiders
die besonderhede en verdriet.
Sarkofaag
Vas teen die stad rys bruingekerf
met ’n groen kuifie bo, die halwe berg
waar honderde bandiete
agter skoorstene van fabrieke
jare al met koekepan en pik
hul dieper ingrawe in skuinstes klip;
en om hul uit klein vensters van die stad
kyk klerke dag vir dag met huiwering na die gat.
Stadsnag
Op deuntjies van die saxofoon verdwyn
die siel se kommer, stryd en ongeloof,
en waar die stringe liggies troostend skyn,
bied ons ’n nagtelike vrees die hoof.
Saans in die stad as elke siel so pyn,
word dit aan Mefistofeles beloof
as hy ons net jong vrouens of ou wyn
wil gee om ons ’n rukkie te verdoof.
Maar tot die na-nag is ons dan verdoem
om tussen die geslote deur en muur
te lê, met alle stryd net uitgestel
tot nou, tot ’n erkenning, onverbloem,
tot hierdie wakkerlê om uur na uur
koorsig die klanke van ’n klok te tel.
Stad in die mis
Met gespanne spier
loop ek deur die mis
want om my sluip ’n dier
onder wit duisternis;
ek hoor hom knor en in oop mote
waggel sy pilare-pote
en sy kantelende rug metaal;
op hoeke