Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Komas uit 'n bamboesstok
Komas uit 'n bamboesstok
Komas uit 'n bamboesstok
Ebook134 pages36 minutes

Komas uit 'n bamboesstok

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Komas uit ʼn bamboesstok (1979) is geskryf na ʼn ernstige lewersiekte en werk met ʼn hele aantal bekende temas van vroeër, maar deur die besondere verbinding wat bulle met mekaar aangaan, verskyn hulle dikwels in ʼn verrassend-nuwe gedaante. Die motiewe van aftakeling en siekte, beperktheid van menslike lewe en besit, word hier dikwels op ʼn geestige wyse met die gebruik van satire, hekeling, selfspot en ironie aangebied. - J C Kannemeyer
LanguageAfrikaans
Release dateNov 1, 2015
ISBN9780798172592
Komas uit 'n bamboesstok
Author

D.J. Opperman

Diederik Johannes (D.J.) Opperman is op 29 September 1914 op ’n plaas naby Dundee in KwaZulu-Natal gebore. Hy gaan skool op Estcourt en Vryheid. Hy verwerf ’n MA-graad in 1935 aan die Universiteit van Natal in Pietermaritzburg en sy doktorsgraad in 1953 aan die Universiteit van Kaapstad. Hy gee skool in Pietermaritzburg en Johannesburg en is van 1946 tot 1948 ’n joernalis by Die Huisgenoot in Kaapstad, en gee vir 10 jaar klas aan die Universiteit van Kaapstad. D.J. Opperman is van 1960 tot 1979 ’n professor in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. In dié tyd is hy in beheer van die beroemde Letterkundige Laboratorium. D.J. Opperman het in 1981 ’n beroerte gehad en sterf op 22 September 1985 op Stellenbosch. D.J. Opperman, een van die bekendste Afrikaanse digters, se debuut-digbundel, Heilige beeste, verskyn in 1945 en word in 1947 met die Hertzogprys vir poësie bekroon. Hy ontvang daarna nog drie keer die Hertzogprys: Periandros van Korinthe (vir drama, 1956), Voëlvry (vir drama, 1969) en Komas uit ’n bamboesstok (vir poësie, 1980). Hy ontvang ook die CNA-, WA Hofmeyr- en Louis Luyt-pryse vir Komas uit ’n bamboesstok. Opperman was ook bekend as samesteller van bloemlesings en die bekendste voorbeelde hiervan is Groot Verseboek (die eerste een het in 1956 verskyn) en Kleuterverseboek. In 2000 verskyn die bundel Sonklong oor Afrika waaraan hy ten tyde van sy dood gewerk het

Read more from D.J. Opperman

Related to Komas uit 'n bamboesstok

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Komas uit 'n bamboesstok

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Komas uit 'n bamboesstok - D.J. Opperman

    DJ Opperman

    Komas uit ’n bamboesstok

    Human & Rousseau

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Komas uit ’n bamboesstok mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    Proloog

    Hooggeëerdes

    U Edele, Meneer die President

    Meneer die Kanselier

    Meneer die Rektor

    Lede van die Fakulteite

    En my Teenstribbelrige Tandeborsels

    Meneer die Kanse

    Lyers

    Klante en Kalante

    En Koerante

    Ou Bielie Balrus

    En die Moortammaties

    Kontroleur van Praatjies

    Meneer . . .

    My Heer

    Nee!

    sal weer probeer . . .

    later

    Voorschrift aen Clercken

    dat Oogh-wit in ’t Beschrijven

    van eene Reys

    ofte wel eene Mirakele

    is meer

    op Getrouwlijckheydt

    als op Cierelijckheydt

    van segghen

    Die eerste rol

    Wegwyser

    Kom jy van Dannhauser of Isfahan

    op soek na die teruggekeerde Opperman,

    volg deur De Doorns se robynrooi

    wingerde en di tonnel fan du Toit

    die Boertjiis fan die Dal se raad:

    Spel en Skryf altyd sos jy Praat!

    Druk daarna tussen die Therons en Cloetes

    willekeurig voort, want alle wynroetes

    lei na Stellenbosch. Met die dorpskaart op jou knie

    swaai by die wilgerboom na Thibaultstraat 3.

    Laat jou motor dáár tien tellings luier,

    maar moet beslis by Kiepersol nie afklim en kuier,

    want dag en nag word dié man voortgedryf

    om die reise van sy ryswyn neer te skryf.

    Tai Khoen

    Reuk van die olifante na die reën

    as hulle teen die Meulstroom beur,

    klapoor roer en groenoog kyk,

    ontvang hy moeg van die vliegreise

    en geel spataartjies om die bene

    slegs keurprinse van sy uitgestrekte ryk:

    kloon en klone van die groot sikloon –

    nuwe bewyse van skatpligtigheid.

    Ons bring drie pluime vurige tabakblare,

    gerwe vreemde verse, klonte minerale,

    fosfate, briewe, joernale, nuwe kultivare

    van die wingerd, reis- en skokverhale . . .

    voel voor die Groot Mongool die mens verdwyn

    in die groen oë se skeel kyk van myn en dyn.

    Ou Niek

    Ou Niek breek hierdie berg

    met werkers eboniet

    vir die spoorweë moeisaam oop,

    toe per abuis

    ’n splinter doleriet

    in sy een oog skiet.

    Toe speel hy tuis viool,

    laat in die berg glasoog

    ná glasoog bespied, begoël.

    Kransduiwe, peperig,

    kom op ons hande,

    skouers sit.

    Sy vrou se vurk

    en lied roer in ’n pan

    wit wurms om.

    Hy breek die lakseël oop

    van ’n mandjiekan,

    hy laat die rooi wyn loop.

    Hy slaan die Kruis,

    ons eet olywe

    en Ta’Bet se bol-en-ys.

    En siet:

    Ta’Bet, die wurms wit,

    die rooi, die werkers eboniet,

    die duifels uit sy een oog

    skiet!

    Penwortel

    Dit gaan hier net om eerste dinge,

    begin my vader sy Herinneringe :

    Moeder het vertel – ek was nog jonk –

    Oupa ly aan kanker van die tong.

    In

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1