Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Negester oor Ninevé
Negester oor Ninevé
Negester oor Ninevé
Ebook72 pages26 minutes

Negester oor Ninevé

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Negester oor Ninevé (1947) is die bevestiging van Opperman se digterskap en bring ʼn verdere ontwikkeling ná die debuutbundel deurdat die basiese drie “motiewe” nouer verbind en die afsonderlike verse in ʼn groter mate by ʼn omvattende konsepsie ingeskakel word. – J C Kannemeyer
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateNov 1, 2015
ISBN9780624075912
Negester oor Ninevé
Author

D.J. Opperman

Diederik Johannes (D.J.) Opperman is op 29 September 1914 op ’n plaas naby Dundee in KwaZulu-Natal gebore. Hy gaan skool op Estcourt en Vryheid. Hy verwerf ’n MA-graad in 1935 aan die Universiteit van Natal in Pietermaritzburg en sy doktorsgraad in 1953 aan die Universiteit van Kaapstad. Hy gee skool in Pietermaritzburg en Johannesburg en is van 1946 tot 1948 ’n joernalis by Die Huisgenoot in Kaapstad, en gee vir 10 jaar klas aan die Universiteit van Kaapstad. D.J. Opperman is van 1960 tot 1979 ’n professor in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. In dié tyd is hy in beheer van die beroemde Letterkundige Laboratorium. D.J. Opperman het in 1981 ’n beroerte gehad en sterf op 22 September 1985 op Stellenbosch. D.J. Opperman, een van die bekendste Afrikaanse digters, se debuut-digbundel, Heilige beeste, verskyn in 1945 en word in 1947 met die Hertzogprys vir poësie bekroon. Hy ontvang daarna nog drie keer die Hertzogprys: Periandros van Korinthe (vir drama, 1956), Voëlvry (vir drama, 1969) en Komas uit ’n bamboesstok (vir poësie, 1980). Hy ontvang ook die CNA-, WA Hofmeyr- en Louis Luyt-pryse vir Komas uit ’n bamboesstok. Opperman was ook bekend as samesteller van bloemlesings en die bekendste voorbeelde hiervan is Groot Verseboek (die eerste een het in 1956 verskyn) en Kleuterverseboek. In 2000 verskyn die bundel Sonklong oor Afrika waaraan hy ten tyde van sy dood gewerk het

Read more from D.J. Opperman

Related to Negester oor Ninevé

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Negester oor Ninevé

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Negester oor Ninevé - D.J. Opperman

    DJ Opperman

    Negester oor Ninevé

    Tafelberg

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Negester oor Ninevé mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    Vir my moeder

    Ná ’n besoek aan die dieretuin

    Hebban olla vogala . . .

    Twee kraaie het hul nes gemaak

    van stukkies draad;

    en in staalkoue

    ver van riete en riviere afgesluit

    broei rooivinke en wildepoue

    nog hul eiers uit;

    in ysterhokke

    ver van rantjies en langgras

    werp ape en die waterbokke

    nog hul kleintjies af;

    net in ’n enkelkamer ek en jy

    van hulle vreugde afgeskei.

    Nagstorm oor die see

    Het die onrustige see hom verwag,

    die groot grys voël van die berge

    sku uit die nag?

    Sy silwerige vlerke het trillend verbree,

    krysend sy nartjie-rooi snawel

    gesteek in die see.

    Toe styg hy op druppende vlerke en vlug

    met hese gesang

    na die berge terug.

    Grootstad

    Ek sal jou toon die oordeel van die

    groot hoer . . . die vrou wat jy gesien

    het, is die groot stad wat heerskappy

    voer oor die konings van die aarde.

    OPENBARING

    In glanse van die son se ondergang

    sien ek rooklokke van haar hare hang,

    sy wat die snoere van die straat se ligte

    bind om haar hals en smal gewrigte

    en met ons glimlag wat haar dien,

    agt uur in fabriek, masjien.

    Maar as ons in haar arms die hoof

    van digter en profeet beloof,

    beloof om skepe in die oggenduur

    weer om kanaries en kaneel te stuur,

    te sorg dat sy alleen onder die son

    die geheim ken van die groot kanon,

    voel ons tussen heupe van haar skoot

    smoor ons as saad kunsmatig dood

    en deur haar tuimel torings, skure,

    in die eindbrand van die vure.

    In glanse van ’n son se ondergang

    sien ons rooklokke van haar hare hang.

    Nagwaak by die ou man

    Die wind waai waar die otter blink die kuil

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1