Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Geeste Portaal
Geeste Portaal
Geeste Portaal
Ebook179 pages2 hours

Geeste Portaal

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Weens sensitiewe material is hierdie boek slegs geskik vir lesers tussen die ouderdom van 14 en 94 jaar. Geeste Portaal gaan oor geeste in verskeie vorms wat toegang tot ons realm verkry, deur die een of ander portaal. In hierdie verhaal, is daar een spesifieke portaal. Die geeste teleporteer uit ñ eienaardige boom. Die boom het twee mismaak gevormde gesigte in sy bas. Sommige van hierdie Geeste, manifesteer in jou drome. Vicky word lewendig deur die boom ingesluk en sy verander in ñ teister gees. Vicky moet wraak neem op die mense wat haar ñ onreg aangedoen het. Daar is twaalf take wat sy suksesvol moet afhandel, alvorens sy weer as ñ lewende, normale tiener kon terugkeer na haar wêreld. Hierdie take teiken die ego, siel en self van twaalf mense, hulle onderskeie karakter eienskappe, hulle motto’s, kern begeertes, vrese asook hulle swakhede. Geeste Portaal beskikbaar onder die volgende publikasies ISBN-13: 978-1500748395 ISBN-10: 1500748390 August 4, 2014. eBoek ASIN: B00MFS3ZZM Ghost Portal ISBN: ISBN-13: 978-1499199949 ISBN-10: 1499199945 April 19, 2014.eBoek ASIN: B00JSZ513Y & B00JTBHFVI

LanguageAfrikaans
Release dateOct 31, 2015
ISBN9781310772467
Geeste Portaal
Author

Flamingcrystal

~~~•••~~~Hallo julle! Baie dankie dat julle my boek afgelaai het en vir die tyd wat julle daaraan gaan spandeer om dit te lees.Ek is Marlaine Lloyd, ñ Afrikaanse skrywer en skryf onder my pen naam as Flamingcrystal. Ek woon in ñ klein dorpie Pongola in Kwazulu Natal, Suid-Afrika. Een van die mooiste klein dorpies in ons land waar daar nog geen verkeersligte is nie en waar almal nog omgee vir mekaar.Die van julle wat my nog nie so goed ken nie, daar is ñ rede waarom ek al 6 my kindle eboeke en paperbacks wat op Amazon gepubliseer was, onttrek het...nie net omdat my dogter besig is met die vergemakliking van die hoofstukke en bladsye se navigasie nie, maar ook omdat ek medies ongeskik vir werk verklaar is, en my assuransie nie toelaat dat ek enige inkomste verdien uit my boeke nie, selfs al was my boeke gepubliseer lank voordat hulle my ongeskiktheids eis goedgekeur het.Verdien ek enigsins iets uit my boeke kan hulle my maandelikse ongeskiktheids-toelae opskort.Daarom sou al die inkomste uit my boeke na die weeshuis gaan, maar selfs dit sou gesien word as ñ inkomste!My dogter het gedink dit is uiters onregverdig dat my familie en vriende nie meer my boeke by Amazon op die #Free #Gratis dae kon aflaai nie en sy het besluit om die hoofstukke en bladsye navigasies op elke boek te verbeter, en daarna het sy my boeke oorgelaai op Barnes and Noble Nook Books & Smashwords waar dit dan GRATIS aan my familie en vriende beskikbaar gaan wees.Amazon het nie die opsie van gratis boeke nie behalwe wanneer dit vir slegs ñ paar dae op promosie is.Tans is al my kindle eboeke en paperback boeke uit AL Amazon se sales channels ontrek deur bloot die 'untick' van die 'publish' blokkie. http://www.amazon.com/-/e/B00HMJYX8M Sodra ek hoor hoe ek my e-boeke permanent gratis kan maak vir julle op Amazon, sal ek julle laat weet.My boeke Geeste Portaal, Fatal Fantasy en Dejavu & Destiny Romantiese Weergawe is gratis op Smashwords en op Barnes and Noble Nook Books.~~~•••~~~Flamingcrystal (Marlaine Lloyd) is an Afrikaans speaking author that currently lives in a small town, Pongola, in Kwazulu Natal in South Africa. She loves writing in the following genres: fiction, young adult paranormal, fantasy, horrors, thrillers and blushes when she writes erotica.Flamingcrystal is a widow and has 2 beautiful daughters. Flamingcrystal was raised on a farm in the Orange Free State in South Africa.She has a BA degree in Retail Marketing and is an #ASMSG member.

Read more from Flamingcrystal

Related to Geeste Portaal

Related ebooks

Related articles

Reviews for Geeste Portaal

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Geeste Portaal - Flamingcrystal

    ©KOPIEREG 2014

    Die reg om © Flamingcrystal (Marlaine Lloyd) as outeur van die werk te erken word voorbehou volgens die Kopiereg Wet 98 van 1978. Alle regte is voorbehou in geheel sowel as enige deel van die materiaal in besonder die reg om die teks te vertaal illustrasies daaruit te gebruik die voordrag uitsaai voorstelling van die teks op mikrofilm of op enige ander wyse en die berging daarvan in enige stelsel van inligtingsbewaring. Geen deel van hierdie publikasie mag in enige vorm of op enige wyse gekopieer of versend word sonder die toestemming van die outeur nie.

    Ghost Portal ISBN-13: 978-1499199949: 1499199945 eBoek ASIN: B00MFS3ZZM April 19 2014.

    Geeste Portaal ISBN: ISBN-13: 978-1500748395

    ISBN-10: 500748390 August 4 2014.

    eBoek ASIN: B00JSZ513Y & B00JTBHFVI

    ISBN-13: 9781310772467

    VRYWARING

    Die name van die karakters is bloot toevallig en het geen betrekking op enige persoon bekend aan die skrywer nie.

    VOORWOORD

    Geeste Portaal gaan oor Geeste in verskeie vorms wat toegang tot ons realm verkry deur die een of ander portaal. In hierdie verhaal is daar een spesifieke portaal. Die Geeste teleporteer uit ñ eienaardige boom. Die boom het 2 mismaak gevormde gesigte in sy bas. Sommige van hierdie Geeste manifesteer in jou drome. Vicky word lewendig deur die boom ingesluk en sy verander in ñ Gees. Vicky moet wraak neem op die mense wat haar ñ onreg aangedoen het. Daar is 12 take wat sy suksesvol moet afhandel alvorens sy weer as ñ lewende normale tiener kon terugkeer na haar wêreld. Hierdie take behels die teiken van die ego, siel en self van 12 mense, hulle onderskeie karakter eienskappe, motto’s, kern begeertes, vrese asook hulle swakhede sodat Vicky hulle met gemak kon manipuleer.

    Inhoudsopgawe

    Vicky

    Die Eerste Droom

    Die Tweede Droom

    Die Derde Droom

    Die Vierde Droom

    Iets Bonatuurliks Gebeur

    Die Onskuldige

    Die Tipiese Goeie Seun

    Die Mode Slaaf

    Die Bedrieër & Die Versorger

    Die Grapmaker

    Die Rebel

    Die Navorser

    Die Skepper

    Die Minnaar

    Die Towenaar

    Die Verstandige

    Die Heerser

    Slot

    Vicky

    Dit het alles begin toe Vicky se naels aan die TV se skerm geraak het.

    Vicky is ñ tipiese tiener dogter in die stadium van haar lewe waar sy tussen kindwees en grootmens wees is. Sy het gister die 26ste Oktober haar 16de verjaarsdag gevier. Vicky is nou in graad 10.

    Vicky is korterig en fyngebou met roesbruin hare wat tot op haar skouers hang. Sy het ñ wipneusie en kleinerige sproetjies oor haar wipneusie en haar wange. Haar amandel bruin oë glinster altyd ondeund. Sy is haar moeder Angelique se ewebeeld.

    Vicky is ñ kleine parmant en ñ rebel. Sy skrik vir niks of niemand nie. Een van haar gesegdes is dat sy net skrik vir die een wat op water loop.

    Vir die afgelope paar nagte sedert daardie dag wat Vicky met haar vinger punte die skoenlapper van haar TV se skerm af geklap en haar naels aan haar TV se skerm geraak het kry sy skielik buitengewone drome.

    Die droom is telkens byna dieselfde as haar vorige nag se droom maar dit wat Vicky in haar drome sien aand vir aand raak al hoe eienaardiger.

    Die drome het vir Vicky so realisties gevoel dat sy elke detail van hierdie drome presies kon onthou. Die drome was egter nie die soort waar Vicky haar aksies in haar droom kon beheer nie.

    Die drome begin altyd waar Vicky na haar slaapkamer toe stap.

    Wanneer Vicky haar slaapkamer binne stap sien sy dat al haar besittings wanordelik oor die vloer gestrooi lê. Die vertrek is egter heeltemal die teenoorgestelde as wanneer sy wakker is maar dit voel vir haar normaal.

    In die werklike lewe is Vicky egter ñ perfektionis.

    Haar kamer is altyd netjies en elke ding is op sy plek. In haar droom is die TV teen die linkerkantste muur altyd aan maar dit maak eienaardige beelde en statiese geluide todat sy die deur agter haar toemaak.

    Daarna begin daar ñ eienaardige fliek op die TV speel.

    Die fliek begin altyd met ñ smal klipperige paadjie wat kronkelend deur die woud gaan en dan eindig voor ñ boom. Hierdie boom lyk vir Vicky soos die kruising tussen ñ kremetart en ñ avokado boom.

    Elke aand word die detail van hierdie droom meer gespesifiseerd en eienaardiger.

    Die Eerste Droom

    Die eerste aand wat Vicky hierdie droom gehad het het die fliek begin met die klipperige paadjie wat kronkelend deur die woud gaan. Vicky het haar nie aan die fliek gesteur nie en die TV afgeskakel.

    In haar droom sien sy haarself voor haar studeer tafel sit met die wiskunde handboek oop daarop.

    Vicky sit en luister na musiek terwyl sy studeer.

    Sy tok-tok ritmies met ñ pen in haar een hand en ñ potlood in haar ander hand op die maat van die pop/rock liedjie "Royals’ van die jongste pop sensasie Lorde langsaan die wiskunde handboek op haar studeer tafel.

    Dit het vir Vicky gevoel asof sy wakker was.

    Niks noemenswaardigs gebeur in haar droom nie.

    Vicky het wakker geword en elke detail van haar droom onthou. Sy het gedink dat haar droom maar uiters vervelend was.

    Vicky het heel uitgerus gevoel.

    Sy het op haar tyd onder die stort se water rond gestaan daarna rustig aangetrek en eeue lank gesukkel om haar ponie-stert honderd persent reg te kry met nie ñ haartjie uit hul plek nie toe eers het sy op haar polshorlosie gekyk en met ñ Oh gonna ek is laat volspoed by die huis uit gehardloop.

    Vicky se ponie-stert wip op en af soos wat sy hardloop om betyds by die bushalte ñ klein entjie vanaf hulle huis te kom.

    Die skoolbus wag net 5 minute voordat dit vertrek. Vicky was egter net te laat en die bus het sonder haar vertrek.

    Haar moeder was briesend omdat Vicky soveel tyd in die badkamer verspil het en daarom te laat was vir die bus.

    Angelique het omtrent haar toys uit die kot gesmyt omdat Vicky laat was en haar toe self met hulle ou tweede-handse Toyota Tazz skool toe geneem. Daardie oggend het sy vir Vicky omtrent ñ oor-vol gegee.

    Vicky het haar oë gerol toe Angelique so gal af gaan.

    Sy het haar skouers opgetrek. Sonder om haar verder aan haar ma te steur het Vicky haar MP3 speler se gehoor stukkies in haar ore gedruk sodat sy tog net ontslae kon wees van haar ma se genjaf-njaf. Sedert haar vader hulle letterlik en figuurlik op straat gesmyt het ñ jaar gelede voel dit vir Vicky asof haar ma net die hele tyd wil bitch en moan oor alles.

    Die Tweede Droom

    Die tweede aand vorder Vicky se droom. Die fliek begin weer op die TV speel en hierdie keer kon Vicky sien dat die klippe van die paadjie verskeie groottes is maar dat dit almal rond is. Die paadjie na die boom toe word langer. Die boom se bas kry dieper groewe in.

    Weereens skakel sy die TV af. Vicky sien haarself weer voor haar studeer tafel sit en hierdie keer is die wiskunde handboek oop op blady 77. Sy sien hoe sy met haar potlood sekere gedeeltes van hierdie bladsy onderstreep.

    Ongeveer ñ uur later hoor sy hoe die TV vanself aan skakel reg agter haar en Vicky skrik haarself yskoud.

    Sy is egter heel dapper en met ñ vingertjie wat effens bewe wys sy na die TV en sê Ag nee magtig! Gedra jou ek moet my huiswerk klaar maak. Hou op om my te pla! Asof die TV haar bevel gehoorsaam skakel dit skielik vanself af en daar heers nou ñ doodse stilte in die vertrek.

    Die volgende oggend het Vicky minder uitgerus as die vorige oggend wakker geword. Sy voel half dood op haar voete. Vicky kry nie gekonsentreer in die klas nie. Sy dink die hele tyd aan haar droom.

    Vicky ek praat met jou! Hoor sy skielik die woedende stem van Henk haar Wiskunde onderwyser en Vicky val amper van haar stoel af soos wat sy skrik. Ag hel vir wat gaan Ou Wit Rot vandag so gal af? Wonder sy kliphard. Die hele klas bars uit van die lag.

    Vicky het nie besef dat sy hardop gedink het nie.

    Die onderwyser het die bynaam gekry omdat hy spierwit hare en spierwit wenkbroue het. Asof hy per ongeluk in Jik beland het. Verder het Henk uitermate-groot voortande.

    Henk het al vantevore gehoor dat die skool kinders hom ñ bynaam gegee het maar niemand was nog ooit braaf genoeg om aan hom te sê wat hulle hom agter sy rug genoem het nie. Hy is vies dat sy top student vandag haar aandag by ander dinge as haar skool werk bepaal. Toe sy hom so blatant voor die res van die klas op sy bynaam genoem het voel hy lus en skud haar dat haar tande klap. Verbeel jou ñ wit rot. Onmiddelik wip sy snor op en af net soos die snorbaard van ñ woedende rot toe hy sy bolip styf oor sy boonste tande probeer trek.

    Henk jaag haar by sy klas uit.

    Vicky hou niks van Henk nie. Waarom weet sy nie maar iets omtrent hom laat haar hare rys...Vicky gryp haar boeksak en onderwyl sy by die deur uit stap grinnik sy en trek skewebek vir Henk wat met sy rug na haar toe staan. Die klas bars weereens uit van die lag en Henk vlieg om. Vicky was egter alreeds by die klas se deur uit.

    Die ure sleepvoet verby. Uiteindelik lui die skool se sirene wat die einde van die skool dag aankondig. Vicky kon nie vinnig genoeg by die huis kom nie.

    Die Derde Droom

    Daardie aand die derde aand droom Vicky weer presies dieselfde droom maar nou brei die droom verder uit. Sy sien hoe sy op haar tone reg voor die TV staan en die boom aandagtig bekyk.

    Vicky sien dat die boom se bas nou 2 eienaardige mismaakte gesigte in het.

    Vicky strek haar hand uit en raak liggies met haar vinger aan die TV se skerm. Dit voel vir Vicky asof sy met haar vinger teen die boom se skurwe bas druk. Skielik lyk dit vir Vicky asof die gesigte teen die boom se bas vir haar skewebek trek.

    Vicky skakel dadelik die TV af.

    Die TV skakel onmiddellik weer vanself aan.

    Vicky skrik egter nie só groot soos die vorige aand nie. Sy gluur die TV aan. Met meer bravade as die vorige aand beveel Vicky die TV om dadelik met sy nonsens op te hou anders ruk sy die koord uit. Die oomblik toe sy dit sê skakel haar musiek speler aan en spookagtige musiek begin kliphard blêr.

    Vicky voel aan dat daar is iets of iemand saam met haar in haar kamer is. Sy kyk om haar rond maar sien niks. Dit voel vir Vicky asof iemand liggies oor haar arm vryf.

    Vicky wip soos sy skrik maar besluit dat wie ook al verantwoordelik was vir die aanskakel daarvan haar nie gaan bang maak nie. Vicky loer na die plafon en sê Nice Try ek is nie bang vir jou nie. Los my flippen uit!

    Die musiek hou dadelik op met speel.

    Die volgende oggend toe Vicky se alarm tekere gaan voel sy glad nie uitgerus nie en sy voel half teënsinnig om skool toe te gaan. Sy voel soos ñ uitgedroogde vadoek asof elke greintjie energie uit haar getap is. Vicky juig van blydskap toe die skool dag Uiteindelik agter die rug is.

    Haar heel beste vriendin Petro sê dat Vicky lyk asof sy die een óf ander skeet onder lede het. Jy lyk asof jy tussen die vloer en politoer is! Kondig Petro heel ernstig aan. Dit voel vir my so... Antwoord Vicky haar.

    Petro is saggeaard. Sy is omtrent ñ kop langer as Vicky. Sy het die mooiste blou oë omraam met lang swart wimpers en pikswart hare wat in ñ ‘bob-style’ gesny is. Sy is rietskraal. Petro verwys altyd spottenderwys na haarself as ñ strykplank met 2 gedroogte rosyntjies pleks van ‘boobs’. Petro kyk haar vraend aan maar Vicky brei nie verder op die saak uit nie. Petro sien dat Vicky met ñ frons al wat ñ klip is uit haar pad probeer skop en sy weet beter as om aan Vicky te karring terwyl Vicky so duidelik omgekrap is oor iets. Vicky sou haar wel later vertel wat gaan vir wat.

    Die Vierde Droom

    Daardie aand die vierde nag droom Vicky weer dieselfde droom maar hierdie keer verander sekere dinge in die droom. Die droom raak vir Vicky al eienaardiger.

    Toe sy haar slaapkamer deur oop maak deins sy geskok agteruit. Hierdie keer lê al die klere wat in haar hangkas was ook op die vloer.

    Tog is daar ñ soort orde aan die wanorde.

    Haar klere is in bondels op die vloer gegooi maar dieselfde kleur items is saam gegroepeer in een bondel. Dit is in 12 bondels op die vloer gegooi. Eienaardig dat dit juis die 12 kleure van die ronde kleur-wiel is wat teen haar slaap kamer muur hang.

    Wit, room, geel, oranje, rooi, pienk, pers, groen, ligblou, donkerblou, bruin en daarna swart...

    Vicky het nog nooit enige kledingstuk gehad wat bruin of oranje was nie. Sy wonder waar dit so skielik vandaan kom. Die bondels begin by die ligste kleur wit en eindig by die donkerste kleur swart.

    Stadig stoot Vicky haar slaapkamer deur groter oop en stap voetjie vir voetjie na binne. Die musiek speler blêr weer dieselfde spookagtige musiek met dieselfde liedjie Dream a little dream of me soos die vorige aand.

    Dieselfde fliek wys weer op haar TV.

    Die hare op Vicky se arms staan orent soos wat sy hoender- vleis kry.

    Vicky skakel die musiek speler en die TV af.

    Sy stap na haar studeer tafel. Maar nog voordat Vicky haar stoel kon uit trek om te gaan sit skakel die TV en die musiek speler weer vanself aan. Vicky skakel die musiek speler af. Toe Vicky nader aan die TV skerm stap voel dit vir haar asof iemand met ñ yskoue asem in haar nek blaas. Sy hoor meteens die agtergrond musiek van die fliek wat op die TV wys. Duidelik hoor Vicky hoe die wind deur die boom se takke blaas en sien hoe die takke daarvan

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1