Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Beste Spookstories van C.J Langenhoven
Die Beste Spookstories van C.J Langenhoven
Die Beste Spookstories van C.J Langenhoven
Ebook228 pages2 hours

Die Beste Spookstories van C.J Langenhoven

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

’n Spierwit geraamte wat teen kranse uitklim.

’n Skrikaanjaende gedaante wat uit ’n rookwolkie vorm aanneem.

Die vaskyk in die gesig van ’n dooie … met een oog wat nog lewe!

Hierdie grieselige spookstories dateer van die begin van die vorige eeu, maar die indrukwekkende vertellings, ongewone intriges en ontknopings hou lesers vandag nog net so hoendervel en vasgenael soos destyds.

C.J. Langenhoven se ervarings as regsgeleerde, parlementslid en joernalis, sy kennis van die sielkunde, die natuur en van die Klein-Karoo – dit alles kom in sy skryfwerk na vore. Met spitsvondigheid, erns en satire gee hy vir ons in die een-en-twintigste eeu ’n sonderlinge beeld van vergange jare; ’n tyd van handkoffers en perdekarre, en toentertyd se Groot Griep. Toe skyndooies alte maklik lewend begrawe is …
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateNov 6, 2015
ISBN9780624076667
Die Beste Spookstories van C.J Langenhoven
Author

Danie Botha

Danie Botha is in 1947 naby De Doorns gebore. Van 1 Julie 1972 tot April 2000 is hy uitgewersredakteur by Tafelberg-Uitgewers. Tans vryskut hy. Van 2004 tot 2013 is hy mede-aanbieder van die kultuurprogram “Kaapse Dagboek” by Fine Music Radio. Hy was lank ’n lid van die beoordelaarspaneel vir die Fleur du Cap-toneelpryse. Van 1968 tot 2008 resenseer hy toneel vir Die Burger; tans vir die webruimte van die Masque-teater in Muizenberg en vir LitNet. Hy lewer ook boekbesprekings en huldigingsartikels vir Media24. In die laat neëntigerjare is hy rubriekskrywer vir (Die) Kerkbode. In November 2012 ontvang hy ’n ATKV-oorkonde vir sy bevordering van Afrikaans in die uitgewerswese en die teater.

Related to Die Beste Spookstories van C.J Langenhoven

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Beste Spookstories van C.J Langenhoven

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Beste Spookstories van C.J Langenhoven - Danie Botha

    Van die samesteller

    Geen resensie word gevra nie.

    Só lui Sagmoedige Neelsie se versoek in baie van sy boeke. Ook in die imprimatur van een van die boeke wat in aanmerking kom vir hierdie keur uit sy spookstories: Die wandelende geraamte en ander verskynings.

    In dié gees gaan ek dan nie die stories bespreek om sodoende my keuse te motiveer nie. Ook gaan ek nie die verhale toelig nie. Want ’n belangrike kenmerk van dié genre is immers toeganklikheid en direkte kommunikasie. Verduidelikings kan juis die leesgenot verminder. Maar vir die wis en die onwis word volstaan met die skrywer se eie inleidings en nawoord.

    Die stories met sterk intriges het dadelik op insluiting aangedring. Ook is inhoudelike en stilistiese verskeidenheid nagestreef. Daarom die satiriese naas die ernstiges.

    En beste het ook beteken: verhale wat jy onthóú. Dit is dié waarin die geesteswêreld so ’n onmiddellikheid word dat jy met vrees en ontsag besef: ek is in aanraking met die Groot Onbekende.

    Langenhoven het ook verhale geskryf met ’n verwante tema: die dood. ’n Mens sou dus die keuse wyer kon maak, verhale oor sterftes insluit by dié oor die geesteswêreld. Maar my opdrag was: kies die beste spookstories. Daarby sou verhale soos Die raad van Rehuël, Nie hy nie en tog hy, Die versmaaide uitleg, Die swerwende Jood, Oor die sloot of Die opgegraafde Farao (almal in Aan stille waters 1) tog maar uit die toon val. Één verhaal lê egter so op die grens en is so boeiend dat ek my die vryheid veroorloof het om dit in te sluit: Die skaduwee van die skyndood.

    Die teks van die 1973-uitgawe van Versamelde werke word gebruik, d.w.s. die teks wat nog deur mej. Sarah Goldblatt as administratrise van Langenhoven se letterkundige nalatenskap versorg en gesanksioneer is. Dit was egter tog nodig om geringe wysigings aan te bring.

    Ek wil graag dr. John Kannemeyer bedank vir sy hulp en raad. Tydens sy navorsing vir ’n biografie oor Langenhoven het hy byvoorbeeld variante van gebundelde verhale opgediep asook twee ongebundeldes: Ou Hans Veldkornet op die spoor (manuskrip in die J. S. Gericke-biblioteek op Stellenbosch) en Spoke-toe met ’n mombakkies (Die Huisgenoot, 5 Desember 1930). Ek moes ongelukkig teen insluiting besluit.

    My dank ook aan mev. Hannah Botha (J. S. Gericke) en mev. Nanette Nelson (Huisgenoot) wat tekste beskikbaar gestel het.

    Danie Botha

    1992

    Uit: Geeste op aarde

    Merkwaardige verhale uit die versameling van

    Gideon H. H. Koertzen

    Geredigeer sonder aanspreeklikheid deur

    C. J. Langenhoven

    (1924)

    Inleiding

    Is daar spoke?

    Laat ons hierdie woord vermy, met die spotbetekenis wat hy bygekry het en die geur van minagting wat hom aankleef. Laat ons die vraag op ’n ernstige manier stel.

    Is daar heengeganes wat terugkeer na die tonele van hulle vorige stoflike lewe en waarneembaar is deur die stoflike sintuie van ons wat nog hier leef? Of is hulle, soos Hamlet sê – en hy sê dit ná sy eie persoonlike aanraking met die gees van sy vader! – is hulle heen na ’n

    "undiscover’d country from whose bourn

    No traveller returns"?

    Dis nie my doel om my antwoord op hierdie vraag (al sou dit ook van enige waarde wees) hier te gee nie – ook nie eens of ek vir myself ’n antwoord gevind het nie. Ek wil maar net sê dat ek ’n ou man is, wat ’n volle lewe gelei het. Van end tot kant het ek my land deurreis; ek ken hom en sy mense, in die rumoer van groot stede, op eensame berge, in donker houtbosse, in kaal woestyne, in welvaart en teëspoed, in oorlog en vrede, by lewe en by dood. En nooit, waar ek rond was, by dag of by nag, in geselskap of eensaamheid, het ek ’n ontmoeting gehad wat, hoe buitengewoon ook, nie vir ’n natuurlike uitleg vatbaar was nie.

    Maar dis by my ’n liefhebbery om verhale van beweerde bowenatuurlike verskynsels te versamel. Nie uit sieklike belangstelling of morbiede nuuskierigheid nie. Ook nie uit ’n begeerte om verborgenhede te besnuffel nie. Ek is ’n man van doodeenvoudige, alledaagse, praktiese, prosaïese gemoedsaard. Nee, my oogmerk was nie geestestudie nie maar mensestudie. Immers, die geskiedskrywer openbaar homself meer as die geskiedenis wat hy beskryf. Die gewone man wat jou vertel van die gebeurtenis van gister wat onder sy oë plaasgevind het, vertel jou met sy vertel meer van homself as van die gebeurtenis. Selfs die leuenaar is daarin altyd wáár – dat sy leuens ’n ware voorstelling openbaar van wat hy is. Te meer dan, wanneer iemand jou vertel van buitensporige, ongewone, ongelooflike ondervindings, lê hy aan jou waarnemings as ’n mense-ondersoeker dieptes van sy eie siele-aard bloot wat hy self nie besef nie.

    Juis om daardie rede van belangstelling het ek op gewone beuselagtige spookstories, ligsinnige en onsinnige vertelsels, verhale van ontmoetings wat dadelik op natuurlike wyse kan uitgelê word, en klaarblyklike versinsels, nooit my aandag verkwis nie. Die verhalers daarvan is te algemeen om ’n besondere mensestudie werd te wees.

    Uit ’n groot versameling dan het ek hierdie staaltjies gekies vir publikasie. Of hulle van waarde is as ’n bydraag tot die oplossing van die vraagstuk wat ek hierbo gestel het, en van watter waarde, moet die leser vir homself beslis. Om hom van verder gegewens te voorsien om tot so ’n beslissing te kom, as hy daartoe geneig voel, gee ek die volledige bron in elke geval, met ’n korte beskrywing van wat ek van die verhaler weet. Want ek is vir die inhoud van die boek nie aanspreeklik nie. Ek tree op as blote oorskrywer. (En dan nog onder hoognodige redaksie. Maar die redakteur het nie met my bronne in aanraking gekom nie.)

    Wanneer ek sê dat ek ’n oorskrywer is, bedoel ek niks meer daarmee nie as dat ek so ná as moontlik getrou gebly het aan my bronne. In een geval, sal die leser sien, is die verhaal deur die verhaler self opgestel. Elkeen van die ander verhale het ek geskryf so onmiddellik as moontlik nadat ek hom gehoor het, somtyds dieselfde nag, in ander gevalle ’n paar dae daarná. Maar die woorde van die vertellers is nie in snelskrif afgeneem nie – dis geen processe-verbaal of notariële aktes hierdie nie. Die woordelike vorm (behoudens die redaksie) is my eie. Daarby egter het ek na geen letterkundige opsiering gesoek nie, al sou ek dit ook kon behaal het. Enige name van persone en plekke is deur verdigte name vervang; maar aan beskrywings, hetsy van persone, plekke, of gebeurtenisse is nie getorring nie.

    Ten slotte; al was my persoonlike oogmerk met die versameling van hierdie soort vertellings ook iets anders, soos ek gesê het, tog kan ’n mens jou nie lank besig hou met sulke verhale sonder om van die subjektiewe verteller oor te gaan tot ’n bepeinsing oor die objektiewe gebeurtenis nie. Aan die end van die boek gee ek, vir wat dit werd is, en vir diegene wat dit wil lees, ’n paar korte beskouinkies oor die aard van die spiritualistiese vraagstuk, en die metode wat noodwendig moet toegepas word by elke poging om na ’n oplossing te soek. GHHK

    Inspekteur Holsemeer se verhaal

    Die slaapwandelaar

    Die verteller van hierdie verhaal is die bekende inspekteur van skole onder sir Frederick de Waal se administrasie, meneer Jacobus Holsemeer. Ek hoef niks verder te sê nie. GHHK

    Die opstal op die boplaas was ’n meer as honderdjarige gebou, statig, solied, en nog altyd net en skoon in stand gehou deur die nakomelinge van sy oprigters. Tot byna by die huis loop ’n halfmyl-lange eikelaan, twee rye reusebome, so oud soos die plaas se aanleg. Want van die begin af het die pad wat toegang verskaf na die huis toe, daarlangs gegaan. Maar die rivierdrif was steil en diep en met vloedwaters ondeurgangbaar; en toe daar later vir algemene verkeer ’n wabrug gebou is, hoër op oor die rivier, is die plaas se pad verlê om van die brug gebruik te maak. Teenswoordig word daar dan nie meer gery deur die eikelaan nie, byna nie geloop ook nie – daar is nie eens ’n skoon voetpaadjie deur die gras nie. Dis geen bruikbare koers meer nie. Soveel te beter wandelplek vir vryers. En daar, in die laat namiddae en tot in die skemer wanneer dit etenstyd word, sou jy vir Japie en Marta aangetref het, buiten dat jy nie, soos hulle, ’n oorsaak sou gehad het om daarheen te gaan nie. Hulle kon daar ongestoord voortdroom deur die liefdesure van die jeug.

    Marta was ’n dogter van die groot opstal. Japie het met sy weduwee-moeder op die onderplaas gewoon, ’n latere aanleg, aan dieselfde kant van die rivier maar ’n drie myl laer af. My ouers se plaas was aan die oorkant, en tydens die gebeurtenis waarvan ek wil vertel, was ek van die kweekskool af daar op vakansie.

    Japie had die naam in die omtrek dat hy ’n kraak had – nie reg wys was nie. Maar dis maar altyd die raming van die middelmatige algemenes oor die uitstekende uitsonderlikes. Japie sou as ’n wonder-genie geblink het, maar sy skoolmeesters, soos hulle dan was op die buiteplase in daardie tyd, het hom nie verstaan nie, en wis nie hoe om hom te behandel nie. Op ’n uiters delikate masjien het hulle die hamer-en-koubeitel-metode toegepas. Natuurlik met noodlottige gevolge. Die fynsinnige kind moes uit die skool geneem word; en so het hy grootgeword met te min geleerdheid om van sy skitterende gawe gebruik te maak of selfs bewus te wees.

    Dit was nog nie ál nie. Sy senuweegestel het so verstoor geword deur die onoordeelkundige tug en leerplan, dat hy ’n paar jaar lank ’n slaapwandelaar was. Hy doen die onmoontlikste dinge in die nag, en die volgende oggend weet hy daar niks van nie. Ek onthou een slag – ek was toe nog nie weggestuur skole toe nie – dat my vader aan ’t bou was aan die dubbele-verdieping-waenhuis en pakhuis wat nou nog daar op ons plaas staan. Japie en sy moeder was die middag daar om te kuier, en ek en hy het in die nuwe gebou gaan staan en kyk hoedat die werksmense op noue plankies op die boonste balke heen en weer loop om aan die timmerasie te werk. Daardie balke sou maar net die plafon dra van die boonste verdieping. Hulle was smal populierdele, vier voet van mekaar.

    Een van die werksmense had van die begin af sy kooigoed saamgebring, want sy huis was ver; en dan slaap hy sommer snags daar in die gebou. In die middel van daardie nag, ná Japie se besoek die middag, skrik die man wakker van iets wat hy hoor. Op die solder van die boonste verdieping, in die maanlig, spring Japie van die een balk na die ander tot hy by die géwel kom, en dan weer terug tot by die ander géwel. In sy dwase verbystering skree die kêrel; Japie word wakker en hy val, tussen die balke deur; gelukkig los tussen die onderste balke ook deur, en net op die plek waar ’n klomp heirietgerwe gepak was om vir die dak te gebruik.

    Maar hierdie kwaal van Japie het langsamerhand met sy wasdom vergroei. Toe hy sy mondige jare bereik, het daar niks van die naglopery oorgebly nie. Hy was vyf-en-twintig toe hy en Marta verloof geraak het. Marta se ouers wou nie van ’n haastige huwelik hoor nie; hulle had die hoop dat met verloop van tyd haar sin sou verander. Want hulle hét maar beskou dat ’n huwelik met Japie ’n waagstuk sou wees.

    Maar agtien maande se daelikse omgang het maar net vir Marta meer en meer vasbeslote gemaak om met Japie te trou; en eindelik moes haar ouers insien dat verdere teëstand geen goed sou doen nie. Die troudag is dan toe vasgestel; alles was in gereedheid; die tweede huweliksafkondiging was al gedoen; toe kuier Japie en Marta, soos na gewoonte, een aand in die laan op en neer.

    Toe hy van haar afskeid geneem het vir die nag, op die bo-ent van die laan, naby haar huis, en ’n vyftien, twintig tree van haar weggedraai was laan af, op weg na sy huis toe, hoor hy haar skree. Hy vlieg om. Toe hy by haar kom, vind hy dat ’n pofadder haar gebyt het. Hy het gesny en gesuig en haar huis toe geneem. Haar vader het laat jaag om die dokter; voordat die kar nog op die dorp kon wees, was sy ’n lyk.

    Mense van Japie se geestesgeaardheid gaan swaar gebuk hulle lewe lank onder die kruis van oorgevoeligheid; ’n kruis wat hulle in eensaamheid moet dra omdat ook hulle naastes en dierbaarstes geen volle medelye kan hê nie omdat hulle geen begrip het nie. ’n Week ná Marta se dood lê Japie rasend van die harsingkoors. Sy liggaamlike herstel was stadig; sy geestelike het vir ons gelyk of dit hopeloos was.

    Hy het dan weer opgestaan en eers korte wandelinkies geneem – altyd maar in die eikelaan op en af. Dit was in die voorjaar, en dikwels, met my eie oggendwandelings, het ek daardie koers gekies om ’n vriendelike woordjie met hom te wissel. Maar vir hom was daar geen sonneskyn en geen lentegeur nie.

    Een middag hou sy moeder se kar onverwags voor ons deur stil. Sy was weggeroep na die skielike siekte van haar ander kind, ’n getroude dogter, ’n uur of ses ver. Sou ek tog so vriendelik wil wees om snags in haar huis te slaap; Japie kon nie so alleen gelaat word nie. Buiten Japie was daar net ’n ou bediende in die huis.

    Die eerste aand het ek my uiterste gedoen om Japie op te beur. Musiek bespeel, storietjies vertel, uit ’n grapboek wat ek saamgebring het vir hom voorgelees. Maar nie ’n glimlag kon ek op sy lippe kry nie. Meeste van die tyd het hy nie eens geluister na my nie. Met smagtende lyding in sy groot blou oë sit hy maar daar ver, ver heen en kyk, uit hierdie wêreld uit na ’n ander wêreld wat tog nie te sien is nie … of wie weet, ons gewone mense is miskien in een rigting soos kleurblindes in ’n ander is.

    My slaapkamer was langes Japie s’n. Die deur het ek laat oopstaan. Ek is ’n besonderlik ligte slaper.

    Teen middernag maak ’n geluidjie my wakker. Ek staan soetjies op en kyk by my kamerdeur uit. Deur die groot vensters skyn die maan helder in die voorhuis in. Ek sien Japie, met sy skoene in sy hand, is besig om baie, baie stilletjies die voordeur oop te maak om uit te gaan.

    Ek spring terug in my kamer, trek my jas aan oor my nagklere en my skoene aan my kaal voete. Toe ek op die stoep kom, stap Japie by die blomtuin se hekkie uit. Soos ek verwag het, vat hy die koers na die eikelaan toe. Deur ’n wingerd, ’n paar saailande, ’n donker bosbegroeide diep laagte, dan deur die veld. Eindelik kom hy op die onderent van die laning. Daar gunter naby die bo-ent kan ’n mens die groot ou opstal van Marta se ouers wit sien staan in die maanlig.

    Ek laat Japie maar ’n goeie afstand voorbly dat hy my nie altemit gewaar nie. Ek wis ’n mens moenie so iemand skielik wakker maak nie – jy kan hom ernstige kwaad aandoen deur die senuweeskok.

    Japie stap reguit in die laan op, vinnig, met die veerkrag en lewe in sy beweging wat nou bedags by hom ontbreek. Die laan is donker, maar hier en daar lê ’n wit vlek maanlig waar die lower bo ’n opening maak. So sien ek die haastende figuur voor my gedurig verskyn en verdwyn en weer verskyn.

    Byna op die bo-ent had Japie, nog in die gelukkige dae, ’n sitbankie gemaak van skaalplankies, teen een van die groot boomstamme; en toe hy omtrent daar regoor was, raak hy weg – hy kom nie weer te voorskyn in die volgende stukkie maanlig nie.

    Ek draai na die ander kant toe uit en kruip stilletjies onder die bome langes tot regoor die bankie, met die wydte van die laan tussenin. Japie had ’n ligte pak klere aan sodat ek hom doffies kon uitmaak soos hy daar eenkant op die bankie sit, tussen die oorhangende takke deur.

    Daar was vir my niks anders om te doen nie as om te wag. Japie bly maar sit. Ek hoor hom mompel, soos iemand wat in sy slaap praat, maar ek kan nie uitmaak wat hy sê nie. Ek word naderhand moeg van die staan en gaan self sit, plat op die grond. Die nag was nie koud nie en die grond was droog.

    Seker ’n goeie uur het ek daar gesit en waghou, toe staan Japie op. Marta, hoor ek hom duidelik sê, maar, natuurlik, hy praat nog altyd in sy slaap, laat ons ’n rukkie op en af loop. Strakkies word jou voetjies koud van die stilsit.

    Hy kom tot in die middel van die laan en hy draai af, in die rigting weg van die groot opstal af. ’n Paar tree voor hom lê ’n plas maanskyn. Toe hy in die lig kom, sien ek daar loop ’n

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1