Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Tanya se tweede keer
Tanya se tweede keer
Tanya se tweede keer
Ebook368 pages3 hours

Tanya se tweede keer

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hierdie boek is dieselfde een as wat in my eerste omnibus verskyn het, maar hierdie weergawe bevat die bedtonele ook.

Tanya se jeugliefde en eggenoot, Jaco, behandel haar sleg en lig sy hande vir haar. Na hy sy derde keer ontrou was skei sy van hom ten opsigte van tafel en bed.
Sy neem haar voor om nooit weer na 'n jong man te kyk as sy ooit weer sou trou nie. Sy ontmoet 'n ouer man op sosiale media, wie dieselfde stokperdjie as sy het. Na Jaco haar pimpel en per geslaan het, skei sy van hom.
Jaco ontsnap uit die tronk en wil op haar wraak neem, maar Meyer, 12 jaar ouer as sy, red haar en neem haar na sy plaas. Tanja raak mettertyd verlief op Meyer en hulle verklaar hul liefde en trou.
Jaco ontsnap weer en sal nie rus voor bloed gevloei het nie.

Hierdie boek beskryf die liefde van 'n jonger vrou teenoor 'n ouer man en hoe sy hom haar jeug bied, ook op seksuele gebied. Seks word beskryf en is nie geskik vir minderjariges nie.

LanguageAfrikaans
PublisherJohan Crous
Release dateFeb 28, 2016
ISBN9781311341891
Tanya se tweede keer
Author

Johan Crous

Johan CrousI started to write during many recovery periods in Hospital due to surgery.Police officer by day, specializing in event management (disabled).Married to KarinTwo daughters and one granddaughter.

Read more from Johan Crous

Related to Tanya se tweede keer

Related ebooks

Related articles

Reviews for Tanya se tweede keer

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Tanya se tweede keer - Johan Crous

    Tanya se tweede keer

    deur

    Johan Crous

    ISBN 978-1-311-34189-1 (epub)

    ISBN 978-0-620-69943-3 (epub)

    ISBN 978-0-620-70195-2 (mobi)

    Inhoudsopgawe

    Titelblad

    Kopiereg

    Erkennings

    Waaroor die boek gaan

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3 Eroties

    Hoofstuk 3 Romanties

    Hoofstuk 4

    Hoofstuk 5 Eroties

    Hoofstuk 5 Romanties

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 7

    Biografie

    Copyright © 2015 Johan Crous. All Rights Reserved.

    ISBN 978-1-311-34189-1 (epub)

    ISBN 978-0-620-69943-3 (epub)

    ISBN 978-0-620-70195-2 (mobi)

    All rights reserved. Cover design by Johan Crous Book design by Johan Crous No part of this book may be reproduced in any form or by any electronic or mechanical means including information storage and retrieval systems, without permission in writing from the author. The only exception is by a reviewer, who may quote short excerpts in a review. This book is a work of fiction. Names, characters, places, and incidents either are products of the author’s imagination or are used fictitiously. Any resemblance to actual persons, living or dead, events, or locales is entirely coincidence.

    Address all correspondence and other inquiries to: jcrous699@gmail.com

    Cover designed and created by Johan Crous, images sourced from https://pixabay.com under public domain license.

    PUBLISHED AND MANUFACTURED IN THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

    Self Published: 2016 at Smashwords by Johan Crous

    Opgedra Aan:

    Hierdie boek word opgedra aan Marlaine, wie haar vriendskapshand na my uitgereik het en my ondersteun as beginner op die gebied van skryf. Dankie, ek waardeer jou vriendskap en stel dit hoog op prys. Jy sal nooit weet hoeveel dit vir my beteken nie.

    Erkennings:

    Die boek is opgestel met Ultimate Ebook Creator 2.6.5.

    Spel en Taaltoets is met Skryfgoed 4 gedoen.

    Die boek is geskryf in Office (Word) en Mobisystems Office Premium en die buiteblad is gedoen met Corel se Paintshop Pro X8 en Photoshop CS6.

    Waaroor die boek gaan:

    Hierdie boek is dieselfde een as wat in my eerste omnibus verskyn het, maar hierdie weergawe bevat die bedtonele ook.

    Tanya se jeugliefde en eggenoot, Jaco,  behandel haar sleg en lig sy hande vir haar. Na hy sy derde keer ontrou was skei sy van hom ten opsigte van tafel en bed.

    Sy neem haar voor om nooit weer na 'n jong man te kyk as sy ooit weer sou trou nie. Sy ontmoet 'n ouer man op sosiale media, wie dieselfde stokperdjie as sy het. Na Jaco haar pimpel en per geslaan het, skei sy van hom.

    Jaco ontsnap uit die tronk en wil op haar wraak neem, maar Meyer, 12 jaar ouer as sy, red haar en neem haar na sy plaas. Tanja raak mettertyd verlief op Meyer en hulle verklaar hul liefde en trou.

    Jaco ontsnap weer en sal nie rus voor bloed gevloei het nie.

    Hierdie boek beskryf die liefde van 'n jonger vrou teenoor 'n ouer man en hoe sy hom haar jeug bied, ook op seksuele gebied. Seks word beskryf en is nie geskik vir minderjariges nie.

    Nota:

    Hierdie boek is interaktief. U as leser, kan met die druk van 'n skakel kies of u die Erotiese Weergawe (Seks word beskryf) en of u die Romantiese Weergawe (Seks word nie beskryf nie) wil lees.

    Hoofstuk 1.

    George, Oos-Kaap.

    Tanya Retief sit agteroor op die gemakstoel, met haar beker koffie, in die haarsalon. Sy het haar klein perkoleerder gebruik en vars koffie gebrou. Sy het dit nog verder warm gemaak in die mikrogolfoond, kokend warm, net soos sy daarvan hou. Al die ander meisies is besig met kliënte. Tanya is die bestuurder en eienares van Tanya Hare, die mees gesogte haarsalon vir dames in George. Die salon het 'n reputasie vir goeie diens en waarde vir geld. Tanja het op haar jeugdige ouderdom hierdie salon self tot stand gebring en opgebou tot waar dit vandag is. Gelukkig is sy buite gemeenskap van goedere getroud en dank die Hemelse Vader daar is nog geen kinders gebore nie, alhoewel sy al lankal daarna smag om haar eie kindjie te hê.

    Tanya het een jaar na haar suster Leoni, haar ander helfte van die tweelingskap, getrou met Jaco Retief, haar skool liefde. Watter ontsaglike ontnugtering! Kort na hul huwelik het hy verander. Hy het geen werklike gevoel vir Tanya as vrou nie. Hy wil net homself bevredig en voel 'n veer of sy ook tevredenheid ervaar of nie. Hul verhouding het algaande versleg. Jaco het al drie buite-egtelike verhoudings gehad, en sy het hom elke keer vergewe. Sy het in elk geval geen bewyse nie.

    Daarmee kan sy nog saamleef maar gisteraand het hy haar baie hard geklap. Dit het haar bevrees gemaak vir hom, alhoewel hy na die tyd om verskoning gevra het. In hul sewe jaar van getroude lewe het sy hom nog nie een enkele keer geld gevra nie. Sy is verantwoordelik vir die kos en munisipale rekening.

    Tanya gaan nooit meer uit nie. Sy is te skaam vir Jaco se gedrag. Hy drink te veel en dan raak hy vatterig met ander vroue en word Tanya, verneder voor die ander mense. Tanya het net drie aktiwiteite. Sy lees somtyds 'n lekker boek, sy maak graag haar eie klere en goed soos gordyne reg, en laastens is sy is ook lief vir haar groente tuintjie. Dit is vir haar eindelose plesier om saans haar plantjies nat te maak en om iets te pluk. Sy het ook haar versameling boeke wat sy aanlyn bestel het, of in boekwinkels of by vlooimarkte opgeraap het. Sy het ook 'n kranige elektroniese biblioteek, wat onder andere fiksie bevat, en ook 'n groot verskeidenheid oor tuinbou, naaldwerk, grimering en haarsny. Haar fiksie versameling is nogal groot en sy lees graag 'n romantiese verhaal met 'n gelukkige einde. Sy wat so ongelukkig in haar huwelik is, kan ten minste ontvlugting soek in 'n mooi verhaal waar die heldin geluk vind.

    Sy gaan juis die naweek in haar tuintjie vroetel. Sy wil nog tamaties plant. Sy het 'n nuwe kultivar gekry, Red Siberian. Dit dra binne 'n kort tydjie en kan koue weerstaan. Sy het nie vir Jaco vertel dat Jack Summers, haar Home Grown forum vriend van Engeland, dit vir haar gestuur het nie. Hy sal weer uithaak. Daar is absoluut geen manier wat sy by Jack sal kan uitkom nie. Jack is net haar korrespondensie vriend, ten opsigte van groeteverbouing, as stokperdjie. Die feit dat hy al verhoudings met ander vroue gehad het, beteken glad nie dat sy ook dit doen nie, maar hy vertrou haar glad nie. Die liefdevolle Jaco van destyds, is nie meer daar nie. In sy plek is die wantrouige, vreesaanjaende riller, wat al wat 'n rok is jaag.

    Sy het ook verskeie vriende op ander sosiale media, facebook. Gelukkig is Jaco nie hierop ingeskakel nie, want hy sou alles bevraagteken het. Sy het 'n paar nabye vriende en die wat sy volg, en sy het ook 'n paar virtuele vriende. Dit is nou diegene wat sy mee bevriend is, wat sy nog nooit fisies ontmoet het nie. Sy is met 'n paar van haar tuinbou- en naaldwerkliefhebbers so in verbinding, en natuurlik ook met haarstilleerders en grimeringkunstenaars, dit is tog immers haar beroep.

    Sy is vanaand gelukkig alleen. Jaco is weg saam met sy werk vir die naweek. Hy het lankal geleer dat hy haar nie moet pla as hy laat huis toe kom nie. Tanya sug. Dinge gaan nie goed tussen haar en Jaco nie. Sy het al 'n egskeiding oorweeg, of liewer, dit het in haar gedagtes opgekom, maar sy hoop nog steeds dinge sal verbeter. Hy is immers haar eerste liefde. Dinge lyk tans nie goed nie. Noudat hy die grens oorgesteek het deur haar so hard te klap, weet sy nie waartoe hy volgende in staat kan wees nie. Sy is nou bang vir hom. Hy het haar seer gemaak. Wanneer gaan hy haar nie dalk beseer of verkrag as hy nie sy sin kry nie?

    Tanya weier hom nou al ses maande toegang tot haar bed. Hy gaan nie aan haar raak net om homself te bevredig terwyl hy 'n veer vir haar voel nie. Hy sê nie meer hy is lief vir haar nie. Ja, vanaand kan sy darem rustig verkeer, maar as hy huis toe kom is die vrees maar weer daar.

    Tanya?

    Sy kyk op. Sy was so ingedagte dat sy nie gesien het Sunette staan nader nie. Sunette Brewis werk vir haar en is haar regterhand.

    Is jy oukei?

    Sunette, jammer ek was ingedagte, ek het jou nie hoor aankom nie.

    Sunette gaan sit en sit haar hand op Tanya s'n.

    Jy lyk hartseer. Is dit weer Jaco?

    Ja, dit het toe gebeur.

    Wat het gebeur?

    Hy het my toe geklap. Deur my gesig. Dit was die hardste wat iemand my ooit geklap het. Ek het amper grond toe geval. Ek is nou bang vir hom.

    Het jy polisie toe gegaan?

    Nee, hy sal dit tog net weer op my uithaal.

    Nou wat het gebeur?

    Hy wou seks gehad het. Ek stel nie belang om seks te hê nie. Ek wil hê hy moet my eerste stel en my bemin. Nie opklim en as hy klaar is afklim nie. Hy voel vere of ek ook tevrede is. Hy reken dit is 'n vrou se plig om haar man tevrede te stel. Sy hoef nie tevrede te wees nie. Toe hy nie sy sin kry nie toe klap hy my.

    Maar Tanya, dan kan hy dit weer doen.

    Hy het geskrik, ek dink hy is spyt. Hy het gesê hy is jammer. Gelukkig is hy nie vanaand en môre-aand tuis nie. Sy werk gaan iewers heen vir opleiding. Hy sal seker by een van daardie slette iets kry, maar nie by my nie! Ek kan niks bewys nie, maar ek reken hulle is maar te bly hy gaan saam. Hy moet maar vir hulle vra.

    Hoekom skei jy hom nie?

    Ek sal maar die naweek daaroor dink. Sy optrede Sondag aand sal beslis wat ek verder gaan doen. Maar ek weet regtig nie wat om te doen en hoe om dit te doen nie.

    Ek ken 'n vrou wat as prokureur praktiseer. Sy spesialiseer in egskeidings. Sy sal alles vir jou reël. Maar besluit eers die naweek en as jy voel jy wil dit doen, dan doen jy dit.

    Ek sal vir my 'n ander blyplek moet kry.

    Jy sal wel weer iemand ontmoet.

    Dit besef ek, maar as hy jonger as vyf-en-dertig is, stel ek nie belang nie. Ek wil nie weer deur al hierdie dinge gaan nie.

    Maar Tanya, hy gaan voor jou oud word!

    Ek gee nie daarvoor om nie. Ek sal hom ook eendag versorg. Ek wil net werklik bemin word. Ek is nie 'n matras nie.

    Maar 'n ouer man wil dit juis meer doen as die jonger mans.

    Geen man sal aan my vat voor ek nie weet hy het my lief nie. En as hy my lief het vir wie ek is, kan hy soveel as hy wil. Ek sal nooit nee sê nie.

    Dit sal ek nie toelaat nie.

    My ma se een vriendin het op nege-en-dertig haar tweede man gekry nadat sy geskend was en lank 'n geskeide vrou was. Hy was maar ses-en-twintig. Hulle doen dit elke dag. Selfs daardie tyd van die maand. Soms vra sy hom vir nog 'n keer. Hulle twee is soos een. Sy kan niks verkeerd in sy oë doen nie en wat sy ook al vra, dan doen hy dit. Dit is wat ek in die huwelik soek. Ek wil daardie liefdevolle en onselfsugtige toewyding hê.

    Sy is geskend?

    Ja, haar man Werner, het dronk bestuur en haar gesig is in die ongeluk geskend. Geen man het ooit weer na haar gekyk nie. Toe kom die jong Werner. Ook 'n Werner, en hy raak onmiddellik op haar verlief. Sy het nog getwyfel, maar hy het haar verlei en sy het besef haar geskende gesig tel niks, ook nie haar ouderdom nie. Sy verwag nou weer 'n kind en is nou weer volkome vrou. Ek kon sien hoe sy verander het. Ek wil so verander. Net 'n ouer man kan my so verander.

    En waar gaan jy hierdie man kry?

    Hy sal self opdaag in my lewe. Ek is nie desperaat nie. Ek sal wel iemand, iewers ontmoet.

    Wel Tanya, jy moet net versigtig wees dat Jaco jou nie verder seermaak nie. As hy weer aan jou vat moet ons 'n beskermingsbevel kry. Dan sal die polisie hom skraap as hy aan jou raak.

    Ek sal maar eers kyk wat gebeur die naweek. Sal jy vir my sluit asseblief? Ek kom nie môre in nie.

    Enige tyd Tanya, gaan rus nou en ontspan.

    "Dankie, ek wil bietjie in my tuin werk en lees en sommer bietjie navorsing gaan doen op Internet."

    Geniet dit nou en moenie verder bekommerd wees nie. Ons sal sorg dat alles hier glad verloop.

    Dankie Sunette, ek waardeer dit regtig baie.

    Tanya ry reguit huis toe en parkeer haar Ford motor in die motorhuis. Hul huis is direk langs die spoorlyn. Sy is net in tyd om die klein trokkies te sien verbyry na die besigtigingstoer in die berg. Sy trek haar denim uit en trek 'n kortbroek aan. Sy stap na haar groentetuin, haar trots. Sy is tevrede met wat sy waarneem. Die tamaties is reg vir pluk. Sy gaan haal 'n bak en pluk die vier ryp tamaties en twee komkommers. Een kropslaai is ook reg. Sy gaan vanaand vars slaai eet. Sy maak vinnig haar tuintjie nat en gaan in.

    Sy sit haar skootrekenaar aan. Sy maak koffie en skink 'n groot beker. Sy gaan sit by die eetkamertafel en begin op Internet rond beweeg. Sy gaan heel eerste na facebook. Sy kyk gou wie verjaar en wens hulle geluk. Dan gaan kyk sy na die kennisgewingmuur. Daarna kyk sy of daar nuwe pos is. Hier en daar antwoord sy. Aan die regterkant van die blad sien sy die lysie van mense wat faceboek uitwys, wie sy moontlik kan ken. Sy sien nou nou al baie lank die naam Meyer Le Roux daar. Sy besluit om daarop te kliek en te kyk of sy hom ken.

    Sy agtergrond lyk soos 'n plasie, of 'n baie groot groentetuin. Hyself is aantreklik en ouer as sy. Hulle het geen gemeenskaplike vriende nie. Sy gaan kyk op sy persoonlike besonderhede en sien hy woon ook op George. Hy is 'n wewenaar en agt-en-dertig jaar oud.

    Op sy muur is sommer die heel eerste pos, 'n foto van sy tamatie aanplanting.

    "My derde aanplanting om te verseker dat ek die hele seisoen tamaties het."

    Daar is ook verskeie posstukke verwant aan gim en oefen. Op sy foto albums is daar foto's waar hy oefen. Hy lyk heel skaflik vir sy ouderdom. Sy kry ook 'n foto van ingemaakte rissies.

    "Ek het heelwat ingemaak en dit behoort tot volgende seisoen te hou. Mensig maar dit het lekker uitgekom."

    Op die linkerkant sien sy hy hou van dieselfde tipe musiek en flieks as sy self. Sy sport is gim.

    Tanya weet hy ken haar van geen kant af nie, maar hulle deel iets in gemeen, hul liefde vir tuinmaak. Sy kliek op die vriendskap versoek. Hy kan haar tog net weier. Miskien aanvaar hy haar. 'n Mens weet nooit. Sy besluit om te kyk wat gebeur. Moontlik kan sy hom eendag ontmoet. Daar is soveel wat sy hom sal kan vra oor vrae wat haar pla, wat die verkoop personeel by die kwekerye nie van weet nie. Eintlik verstaan hulle nie wat sy wil weet nie. Die ouens oorsee verstaan, maar daar word dit nie so warm soos hier nie, so hulle kan ook nie altyd help nie.

    Tanya gaan hierna na Home Grown se blad. Dit is een van haar gewildste kuier plekkies op die web. Die blad het 'n besige forum en sy besoek dit byna daagliks. Sy antwoord op verskeie stringe wat sy besig is om te volg. Sy laai ook gou die foto op van die bak groente wat sy gepluk het.

    Sy doen ook 'n soektog na die Red Siberian tamaties en sien 'n artikel wat MLR geplaas het. Sy sien hy is ook van Suid-Afrika. Hy het dit reeds suksesvol verbou. Hy is tevrede, maar meld dat die tamaties klein is en baie vatbaar is vir rooispinmyt.

    "Ping."

    Sy het 'n kennisgewing gekry. Sy gaan terug na facebook en sien Meyer Le Roux het haar aanvaar. Sy antwoord hom onmiddellik.

    "Baie dankie vir die vriendskap aanvaarding. Geniet jou naweek."

    Sy gaan weer terug na die blad waar sy was en lees verder. Net voor sy afskakel, hoor sy weer die kennisgewing geluid en sy sien hy het geantwoord.

    "Dit is vir my 'n eer om met jou vriende te kon maak. Geniet jou naweek ook."

    Sy glimlag en skakel af. Sy maak vir haar iets om te eet en gaan bad. Sy sak behaaglik in die warm water wat sy vol badsout gegooi het. Dit laat haar sommer net lekker ontspan. Sy was haarself deeglik. Sy het nie nodig om ooit weer te skeer nie. Haar suster, Leoni Van Tonder, besit saam met haar man, Altus, die Aloni Oefensentrum in Oudtshoorn. Sy het haar geborg met 'n gratis laserbehandeling met haar vorige verjaarsdag. Sy moes vir 'n opvolg kom en van toe af is sy so glad. Sy het haar bene en onder haar arms, haar privaatdele en bolip en wenkbroue laat behandel. Sy het net 'n strepie hare gelos tussen haar bene, soos dit bekend staan as 'n landingstrokie. Haar wenkbroue vertoon nou netjies.

    Na sy klaar afgedroog het kyk sy krities na haarself in die spieël. Jaco kon dit alles geniet het as hy net belang gestel het. Sy sal maar sien wat gebeur. Sy is egter nou versigtig om 'n voet verkeerd te sit. Hy het haar regtigwaar hard geklap. Sy het dit nooit verwag nie. Sy weet nooit of hy dit weer sal waag nie.

    Tanya trek haar nagrokkie aan en gaan bed toe met haar boek. Dit is nou interessant waar sy tans is. Sy wil graag lees wat verder gebeur. Sy lees tot laat voor sy haar boek toemaak. Sy kyk vlugtig op haar foon of iemand haar gesoek het en lees dan uit haar Bybel en bid voor sy gaan slaap. Sy raak gelukkig gou aan die slaap.

    Oudtshoorn.

    Saterdag oggend vroeg gaan Leoni na die restaurant op Lofdal, oorkant hulle plaas. Sy en haar man het ook 'n klein plaas reg oorkant die pad. Altus is vanoggend vroeg gim toe en Leoni is af. Sy is voor haar ma daar en sit solank en wag. Haar ma is Louise Du Plessis, of Poppie soos almal haar noem. Sy en haar pa Anton, of Doep, bestuur die vakansie-oord gedeelte van Lofdal namens die eienaar, Marius Van der Sandt, en sy vrou Yolanda. Marius is ook die bekende skrywer.

    Leoni sien haar ma aangestap kom en sy glimlag spontaan.

    Hallo Moeks. Dit gaan nou lekker wees om ontbyt saam met jou te eet.

    Môre Leoni. Dankie vir die uitnodiging. Dit is so lekker saam met my dogters, maar ek sou graag vir Tanya ook hier wou gehad het, maar nou ja, sy woon nie naby nie.

    Ek is bekommerd oor haar Mamma.

    Hoekom so?

    Sy is nie gelukkig nie. Ek dink dit is net 'n kwessie van tyd voor sy Jaco gaan skei.

    Wat laat jou so dink?

    Mamma, asseblief. Moenie met haar praat nie, dan gaan sy weet ek het jou gesê. Sy het my self gesê. Sy is bang ook. Hy het haar een aand amper geklap, maar homself beteuel. Sy voel nie meer veilig by hom nie.

    Hy sal dit nie waag nie. Jou pa maak hom dood.

    Sy dink darem nie hy sal so vêr gaan nie, maar sy sal nie bekommerd wees as daar nie rede is nie.

    Hul kos daag op en ook die koffie. Hulle gesels sommer so tussen die etery deur.

    As dit sou gebeur dat jou suster skei, sal sy wel weer 'n man ontmoet.

    Ek weet Mamma, sy sal, maar sy het wel gemeld dat sy nooit weer na iemand van haar ouderdom sal kyk of iets mee te doen wil hê nie. Sy sal slegs 'n ouer man oorweeg. Mamma weet mos hoe Tanya is. Sy het haar eie idees.

    Ja, sy het soms vreemde idees. Ek wil net hê sy moet gelukkig wees. Kyk hoe gelukkig is jy. Jy en Altus het mekaar van die begin af liefgehad en is nog steeds onafskeidbaar.

    Ja, ek en Altie is onafskeidbaar. Hy het my baie lief, en klein Leoni is pragtig. Ek dink die feit dat ons alles saam doen is deel van ons sukses. As ons baklei, maak ons dadelik weer op.

    Ek wonder wat het fout gegaan by Tanya.

    Sy het al genoem dat hy nie haar vervul nie, maar ook dat hy met ander vrouens deurmekaar is. Sy weet van drie, maar sy het nie konkrete bewyse nie. Maar sy laat hom nie meer by haar in die bed toe nie. So ek dink klaar haar huwelik is gedoem.

    En sy sê niks nie.

    Nou weet Mamma hoekom sy nooit meer lag nie. Wanneer laas het julle haar sien lag?

    Jy is reg. Noudat ek daaroor dink, sien ek dat sy nooit meer lag nie. Sy glimlag skaars. Sy het net een keer geglimlag toe ek haar twee weke gelede op een van die perde gesien het.

    Sy is my sussie. Ons was nog altyd na aan mekaar en ons het geen geheime vir mekaar nie. Ek is so gelukkig en ek wil net so graag hê sy moet gelukkig wees. Maar Jaco is nie 'n man se weggooi onderbroek werd nie. Hy maak nie mooi met haar nie. Atlie het my die heel eerste keer vervul in die hotel in Athene, toe hy my die eerste keer ten volle bemin het. Sussie weet nie wat dit is nie. Ek dink dit is een van die redes hoekom sy eerder vir 'n ouer man sal gaan. Ek voel so magteloos. Sy sou 'n ander mens gewees het as sy 'n kind kon hê. Nou twyfel ek of dit ooit sal gebeur.

    Ons kan maar net vir haar bid.

    George.

    Tanya vee die sweet van haar voorkop af. Sy het al van vroeg vanoggend af die bedding skoongemaak en kompos, swael en beenmeel ingespit. Sy het dit nou netjies gelyk gehark en en sy het die tamatie saadjies ingedruk. Twee pitjies per gaatjie, so diep soos die helfte van haar wysvinger se eerste lid. Sy pak haar gereedskap weg en spuit dit deeglik nat. Dan tap sy weer badwater en en bad haarself om weer vars te wees. Sy gooi haar vuil klere in die wasmasjien.

    Sy maak koffie en gaan lê so oor die handreling van die sitkamer se opgestopte bank. Sy vat haar selfoon en maak facebook oop. Sy sien geen nuwe kennisgewings nie. Sy begin op haar blad na nuwe nuus te kyk.

    Yolanda het 'n foto geplaas van Tessa, haar wilde perd, se nuwe vulletjie. Dit is 'n hings. Hy lyk alte pragtig langs sy ma.

    "Tessa het hom vannag gebaar. My trots. Ek gaan hom vir Marius gee om mak te maak vir hom vir 'n rydier."

    Tanya druk die hou van knoppie en lewer ook kommentaar.

    "O, hy is so pragtig. Ek wil kom kyk."

    Yolanda het haar foon byderhand want sy antwoord dadelik.

    Jy is welkom. Ons braai vanaand as jy wil kom.

    "Oukei, ek kom oor. Ek is in elk geval alleen."

    Dan blaai sy verder en sien 'n foto wat Meyer geplaas het. Sy sien verskeie rye in 'n land met swart plastiek oor die rye en saailing geplant.

    "Dit was nou vir jou 'n taak. Vierhonderd rissie plantjies uitgeplant. Sedert vroeg vanoggend besig. My JAB werk. Ek was stoksielalleen. Nou gaan ek koffie drink. Ek gaan vanaand vleis braai. Ek en my honde."

    Sy sien dit is sowat twintig minute terug geplaas. Sy weet hy drink nou sy koffie. Sy stuur vir hom 'n privaat boodskap. Sy hoop maar net hy is tevrede daarmee. Sommige mense hou nie daarvan nie.

    "Hoe gaan dit?"

    Hy antwoord byna onmiddellik.

    "Goed dankie, en met jou?"

    "Ek het vanoggend my tamaties gesaai. Nou drink ek koffie na ek eers gebad het."

    "Ek het gesien jy hou ook van groente plant."

    "Ja, dit is my lewe. En jy, boer jy?"

    "Nee, ek woon op 'n kleinhoewe plasie wat ek gekoop het. Dit is te groot vir 'n kleinhoewe en kleinerig vir 'n plaas. Ek het 'n paar besighede. Hierdie is net my stokperdjie. Ek sien jy doen hare."

    "Ja, ek besit 'n salon. My tuintjie is ook net my tydverdryf. Ek sien jy braai vanaand met jou honde?"

    "Ja, ek is 'n wewenaar. My vrou is oorlede aan kanker. Ek is nou alleen. Nou braai ek en gooi ekstra vleis op vir my twee rotweilers. Hulle weet al wat om te verwag."

    "Jy het tog seker iemand in jou lewe?"

    "Nee, ek is

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1