Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Paula
Paula
Paula
Ebook413 pages7 hours

Paula

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Toe Paula Van As se dogtertjie in 'n motorongeluk sterf en sy vermink word, skei haar man haar omdat sy nie meer mooi is nie. Haar lewe kom tot stilstand en sy onttrek haar van die samelewing. Wie wil tog met 'n geskende vrou sosialiseer?
Marius en Yolanda Van der Sandt bly haar vriende en sy word steeds na hul weeklikse byeenkomste genooi.
Werner Brits, 'n wees, word by sy werk afgedank na sy meisie hom afgesê het omdat hy 'n dromer is en net droom oor sy besigheid. Werner gaan studeer in Frankryk en bring sy eie besigheid op die been.
Toe Werner se oom hom inlig hy het nog een familielid oor, Marius Van der Sandt, gaan hy besoek aflê. Werner ontmoet ook vir Paula, dertien jaar ouer as hy. Hy raak op die plek verlief op haar.....

Hierdie boek is dieselfde boek as wat in my Omnibus 1 publiseer is.

LanguageAfrikaans
PublisherJohan Crous
Release dateFeb 28, 2016
ISBN9780620699440
Paula
Author

Johan Crous

Johan CrousI started to write during many recovery periods in Hospital due to surgery.Police officer by day, specializing in event management (disabled).Married to KarinTwo daughters and one granddaughter.

Read more from Johan Crous

Related to Paula

Related ebooks

Related articles

Reviews for Paula

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Paula - Johan Crous

    Paula

    deur

    Johan Crous

    ISBN 978-0-620-69944-0 (e-pub)

    ISBN 978-0-620-70194-5 (mobi)

    Inhoudsopgawe

    Titelblad

    Kopiereg

    Opgedra Aan

    Oor die boek

    Vooraf

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3

    Hoofstuk 4 Eroties

    Hoofstuk 4 Romanties

    Hoofstuk 5

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 7 Eroties

    Hoofstuk 8 Eroties

    Hoofstuk 7 Romanties

    Hoofstuk 8 Romanties

    Hoofstuk 9

    Hoofstuk 10

    Hoofstuk 11

    Hoofstuk 12

    Hoofstuk 13

    Hoofstuk 14

    Slot

    Biografie

    Copyright © 2016 Johan Crous. All Rights Reserved.

    ISBN 978-0-620-69944-0 (e-pub)

    ISBN 978-0-620-70194-5 (mobi)

    All rights reserved. Cover design by Johan Crous Book design by Johan Crous No part of this book may be reproduced in any form or by any electronic or mechanical means including information storage and retrieval systems, without permission in writing from the author. The only exception is by a reviewer, who may quote short excerpts in a review. This book is a work of fiction. Names, characters, places, and incidents either are products of the author’s imagination or are used fictitiously. Any resemblance to actual persons, living or dead, events, or locales is entirely coincidence.

    Address all correspondence and other inquiries to: jcrous699@gmail.com

    Cover designed and created by Melizande Celine, images sourced from pixabay.com under public domain license.

    PUBLISHED AND MANUFACTURED IN THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

    Self Published: 2016

    By Johan Crous at Smashwords.

    Opgedra Aan:

    Hierdie heruitgawe van hierdie boek word opgedra aan Marlaine. Sy het my bevriend na my eerste boek uitgegee is en het van die begin af my aangemoedig, ten spyte van my foute en swakhede as skrywer. Marlaine, jy sal nooit besef wat dit vir my beteken nie.

    Die boek is opgestel met Ultimate Ebook Creator 2.6.5.0.

    Spel en Taaltoets is met Skryfgoed 4 gedoen.

    Die boek is geskryf in Office (Word) en Mobisystems se Ofice Premium vir Android.

    Die buiteblad is gedoen met Corel se Paintshop Pro X8 en Adobe Photoshop CS6.

    Oor die boek:

    Hierdie boek is dieselfde een as wat in my eerste omnibus verskyn het, maar hierdie weergawe bevat die bedtonele ook.

    Toe Paula Van As se dogtertjie in 'n motorongeluk sterf en sy vermink word, skei haar man haar omdat sy nie meer mooi is nie. Haar lewe kom tot stilstand en sy onttrek haar van die samelewing. Wie wil tog met 'n geskende vrou sosialiseer?

    Marius en Yolanda Van der Sandt bly haar vriende en sy word steeds na hul weeklikse byeenkomste genooi.

    Werner Brits, 'n wees, word by sy werk afgedank na sy meisie hom afgesê het omdat hy 'n dromer is en net droom oor sy besigheid. Werner gaan studeer in Frankryk en bring sy eie besigheid op die been.

    Toe Werner se oom hom inlig hy het nog een familielid oor, Marius Van der Sandt, gaan hy besoek aflê. Werner ontmoet ook vir Paula, dertien jaar ouer as hy. Hy raak op die plek verlief op haar.....

    Nota:

    Hierdie boek is interaktief, so u a leser kan met die kliek van 'n skakel kies of u die Erotiese Weergawe (Seks word beskryf) en of u die Romantiese Weergawe (Seks word nie beskryf nie) wil lees. Volg net die instruksies.

    Vooraf.

    Die deur klap hard en Werner Brits sluit haastig sy woonstel. Dit is half sewe en hy moet hom roer om nie laat te wees vir werk nie. Hy haas hom na sy motorhuis en trek sy motorfiets uit. Hy sluit die motorhuis se deur en klim op sy motorfiets, 'n tweedehandse Suzuki Katana 550. Hy sit sy valhelm op voordat hy die motorfiets aanskakel. Die enjin brul hard en hy trek weg met 'n gejuig.

    Die motorfiets reageer flink op sy hantering van die kontroles. Die masjien is baie goed onderhou vir so 'n ou model en hy ry soos 'n blits in die strate af. Hy weet presies waar die snelheidsmeters is en hy ry sonder enige probleme tot by die industriële gebied. Hy parkeer voor die groot gebou van De Beer Staal. Werner is betyds vir werk. Hy het dit gemaak. Hy sluit se valhelm aan die fiets vas en stap na die area waar hy sy klokkaart moet gebruik om in te klok. Hy vat sy kaart en druk dit in die masjien. Hy sien die tyd wys as 06h47. Solank dit voor sewe is, is oom Bertus tevrede.

    Werner het rekeningkunde en wiskunde op skool gehad en hy werk in die bestelling afdeling. Hy hanteer bestellings en fakture. Die werk is eentonig, maar hy verdien genoeg om 'n bestaan te maak. Werner sal graag meer wil verdien, maar hy is nog te jonk. Oom Bertus De Beer het 'n hewige renons in Werner gekry toe hy in sy dogter begin belangstel het.

    Die eerste twee ure van die oggend is besig. Dit is meestal industrieë en boere wat so vroeg in die oggend hul bestellings kom plaas. Hulle bestel hul bestellings van elke tipe metaal in lengtes. De Beer verkoop in lengtes van ses meter of drie meter. As jy een meter wil hê moet jy drie koop. Hulle sal dit vir jou sny. Bestellings geplaas moet eers voor betaal word en dan sal hulle begin om die staal op te sny.

    Werner, as individu is nie baie tevrede met die werkswyse nie, want hy sien daagliks dat die kopers korter lengtes wil koop en ook dat die drie millimeter wanddikte materiaal ook baie gewild is. Oom Bertus wil nie dikker wande aanhou as twee millimeter nie. Werner het al by hom navraag gedoen oor die moontlikheid om meer materiaal aan te koop, maar elke keer het oom Bertus hom uit die kantoor gejaag. Hy het dit as negatiewe kritiek aanvaar. In die proses het hy al verskeie kere vir Werner lelik verneder voor sy ander werkers.

    Om kwart voor elf stap Werner by die verkoopskantoor uit, druk sy klok kaart in en nou mag hy vir vyftien minute af tyd geniet vir tee. Werner het al vroeg geleer om die tyd nie te verbeur nie. Nie net word hy uitgevreet en verneder nie, maar oom Bertus gebruik elke kans wat hy kan kry om Werner verder te treiter. Werner kon nog nooit werklik daarin slaag om oom Bertus tevrede te stel nie.

    Vandag is dit Werner se groep wat vroeg loop. Toe die uitvaltyd klok lui, staan Werner op en gaan klok sy kaart. Hy plaas dit terug in die rakkie en stap na sy motorfiets. Hy trek sy baadjie, handskoene en valhelm aan. Hy klim op sy motorfiets en stap agteruit en draai die stuur om die fiets om te draai. Hy draai die sleutel en druk die knoppie. Die enjin swaai twee maal en skakel aan met die bekende brul.

    Dit is nog vroeg en Werner ry stadiger as vanoggend, want daar is heelwat meer verkeer. Hy ry eers na die klein koffiewinkeltjie, naby die groot radiomas in die sakekern van George. Hy parkeer sy motorfiets op die sypaadjie waar die ander motorfietse ook parkeer en stap die kort entjie na die winkeltjie. Die ingang in klein en lyk soos 'n kafee, maar na agter is die koffie gedeelte. Rosie se koffiewinkel. Die portaaltjie het 'n paar tafeltjies met hul stoele en net een tafel is oop. Werner gaan daar sit en plaas sy valhelm langs hom op die stoel. Sy rugsak hang hy oor sy rugleuning. Die kelnerin ken hom goed. Amanda Bruwer werk voltyds hier en geniet haar werk. Sy is professioneel en haar inkomste uit fooitjies is redelik goed. Sy is negentien jaar oud en was saam met Werner op skool.

    Hallo Werner, die gewone?

    Hallo Amanda, asseblief ja. Koffie sal nou vorentoe smaak. Ek het 'n lang dag agter die rug.

    Ek is nou terug.

    Werner wag nie lank nie. Sy bring sy stomende beker koffie, met warm melk en daar is selfs 'n beskuitjie vir hom.

    Baie dankie, jy is 'n ster.

    Dit is 'n plesier Werner.

    Sy gaan help by 'n ander tafel. Werner skink sy melk in en begin drink. Die koffie is smaaklik op die tong en hy proe die roostersmaak. Die koffie is warm genoeg en hy drink stadig en genotvol.

    Werner werk nou al 'n jaar lank by oom Bertus en hy het heelwat geld gespaar. Hy leef beskeie. Hy glo nie daaraan om geld te verkwis nie. Nie dat hy nie ook drome het nie. Werner wil ook graag 'n beter motorfiets koop. Hy ry 'n ou model Mazda 323 motortjie. Dit is netjies opgepas, en funksioneer goed. Daar is op hierdie stadium geen rede om groter te gaan voor hy nie eers sy doelwit bereik het nie. Maryke, sy meisie is egter ongeduldig met hom. Sy wil hê hy moet 'n nuwe motor koop. Die Mazda pas nie by haar status nie.

    Werner wil baie graag sy eie besigheid begin. Hy het die begeerte om tente, strukture en verhoë te bou en te verhuur of te verskaf aan feesorganiseerders en sportbyeenkomste. Maryke het hom uitgelag toe hy sy droom aan haar bekend gemaak het. Dit het Werner egter nie gestop om voort te gaan met sy planne teken nie. Werner teken die plan driedimensioneel op rekenaar en dan teken hy hoe hy dit inmekaar moet sit. Hy woon graag feeste en sportbyeenkomste by en neem fotos van hul strukture en let op na hoe hulle inmekaar gesit is.

    Hy kyk ook graag op Internet na hoe hulle dinge oorsee doen. Hy het baie vroeg agtergekom dat wetgewing baie vereistes stel. Hy het geleer en vroeg besef hy sal verder moet studeer. Hy sal 'n strukturele ingenieur moet wees of altyd ten duurste vir een moet betaal. Hy het al met sy pa gepraat, maar hy weier om hom te help met studiegeld. Werner was ook nog nooit suksesvol met 'n beurs nie. Daar is net een persoon ooit, wat Werner aanmoedig om voort te gaan en dit is oom Jan Pieterse, sy ma se halfbroer.

    Werner het jare lank onder die indruk verkeer dat hy geen ander familie het nie, maar onlangs het hy van sy oom uitgevind en hulle het vriende geword. Hulle is nader aan mekaar as hy aan sy pa is. Na Werner begin werk het, het sy pa hom uit die huis geskop. Hy het as kind sy eie potjie moes krap en wou hê Werner moes dit ook doen. Dit was 'n moeilike tyd in Werner se lewe, maar hy het dit aanvaar en aangepas.

    Oom Jan het Werner geleer sweis. Hy het hom presies die fynere kuns en geheime geleer van al die verskillende soorte sweis en Werner vaar baie, baie goed hierin. Hy sweis netjies en presies. Oom Jan het oor tyd vir Werner verduidelik hoe om dunner en ligter materiaal te kan gebruik, maar hoe om dit te versterk vir die doel waarvoor dit aangewend word. Dit het Werner die konstruksie metodes, wat die feesorganiseerders gebruik vir hul strukture, laat snap.

    Sy selfoon piep en hy sien hy het 'n boodskap van oom Jan.

    Kom maak 'n draai vir koffie, al is dit hoe laat. Ek het goeie nuus.

    Dankie Oom. Ek sal na ek by Maryke was, gou om kom.

    Dit is reg so. Ek sal die koffie reg hou.

    Na Werner sy tweede koffie gedrink het gaan hy huis toe. Hy eet sommer van gisteraand se kos wat oorgebly het en gaan stort en skeer weer. Hy moet netjies wees as hy na Maryke toe gaan. Hulle beplan nie om iewers heen te gaan nie, en hy gaan sommer met die motorfiets. Hy sit die addisionele valhelm by vir ingeval. Hy ry na haar huis in die luukse deel van George en hy parkeer op die oprit. Hy sien sy wag reeds op die stoep vir hom. Sy hart klop sommer vinniger.

    Maryke is agtien en sy het lang blonde hare. Sy is redelik mooi en fyn gebou. Werner verkies vrouens met lang hare. Hy los sy valhelm op sy fiets en gooi sy leerbaadjie oor die fiets. Hy skuif sy hare reg en stap na die stoep se trappe. Hy glimlag vir haar toe hy haar sien. Sy is in 'n somersrokkie geklee en is kaalvoet. Sy lyk op haar mooiste.

    Hallo Maryke.

    Hy kom nader om haar te soen soos hy altyd maak. Sy keer met haar hand teen sy bors.

    Dit is die einde van die pad tussen ons Werner.

    Haar woorde is onverwags en dring diep in. Dit voel vir Werner soos 'n warm lem wat in hom gedruk word.

    Maryke? Mag ek vra hoekom?

    Jy sal nie vir my kan sorg nie. Jy is 'n dromer. Jy droom net van jou tente en strukture. So dit sal nie werk nie. Jy moet maar alleen verder droom. Ek deel nie jou droom nie. Totsiens.

    Sy draai om en stap in by die huis en maak die deur tussen hulle toe. Werner staan nog vir 'n oomblik en stap af na sy motorfiets. Die realiteit van die lewe is tog so dat jy deur jou maat afgesê kan word, maar Werner het dit nie verwag nie en nog minder dat dit so sou gebeur.Hy trek sy valhelm en baadjie aan en ry dan na oom Jan se huis. Oom Jan woon op 'n kleinhoewe, nie vêr van die sakekern nie. Die omgewing is nie luuks of gewild onder die rykes nie. Oom Jan het 'n groot skuur vir sy werkswinkel en hy is welgesteld. Sy besigheid is hoogs winsgewend. Sy uiterlike projeksie van beskeidenheid, eenvoud en armoede is misleidend. Werner het baie van oom Jan se waardes as sy eie aangeneem.

    Oom Jan se huis staan eenkant, is netjies en enige een kan van die vloere en die werf af eet. Die tuin is netjies en die huis is onberispelik skoon. Oom Jan is 'n wewenaar. Hy het nie weer getrou na sy bruid se dood nie en hy is kinderloos. Hy beskou Werner as sy seun. Ten spyte van hul groot ouderdomsverskil is Werner en oom Jan meer vriende as verlangse familie.

    Werner parkeer op die oprit en stap na die voordeur. Hy hou sy valhelm in sy hand vas en sy baadjie het hy nog steeds aan. Oom Jan is nie vol nonsens nie. Oom Jan maak oop en glimlag toe hy sien dit is Werner.

    Goeie naand Werner, kom binne. Gaan jy koffie drink?

    Asseblief oom Jan.

    Hy hang sy baadjie en valhelm oor die kapstok in die voorportaal van die huis. Die huis is in die binnekant net so netjies as aan die buitekant. Hy stap saam kombuis toe. Oom Jan gooi die twee hoogvol eetlepels koffiemoer in die koffiemaker en skakel dit aan. Die bekers is gou vol water en hy voeg melk by Werner se koffie. Hulle stap sitkamer toe en gaan sit.

    Hoe is dit dan dat jy vanaand so vroeg is. Het jy en Maryke woorde gehad?

    Sy het my die trekpas gegee. Ek pas nie by haar nie, want ek is 'n dromer. Sy voel ek sal nie vir haar kan sorg nie. Ek wil nie nou al geld uitgee op luukse motors nie. Ek sal dit eendag doen as ek gevestig is. Nie nou al nie. Sy verstaan dit nie, sy wil net alles van die beste hê.

    Ou seun, wees bly dit het nou gebeur, eerder as wanneer julle al getroud was. Jou kop is reg aangeskroef. Wag tot jy gevestig is en 'n goeie salaris verdien. Dan kan jy aan luukshede dink. Moenie nou sleg voel nie. Jy het na my mening die regte besluite geneem. Jy sal weer iemand ontmoet wat jou sal aanvul.

    Ek kan met Oom reguit praat oor hoe ek voel. Ek voel ietwat ontnugter. Maryke was so jonk en mooi. Ek sal eerder wag vir 'n ouer vrou. Een wat die lewe bietjie beter ken. Ek is ook jonk Oom, maar ek weet wat ek my voor beywer.

    Praat jy van wag tot albei ouer is of bedoel jy 'n vrou ouer as jy?

    Ek bedoel eintlik eersgenoemde, maar ek dink seker nie dit sal saak maak as sy ouer is as ek nie. Sy moet my net liefhê.

    Werner, ouderdom maak nie saak nie, voorkoms ook nie, nie as jy werklik liefhet nie. As die ouderdomsverskil egter baie groot is, moet die jongste een egter besef die ander een gaan voor hom of haar ouer word en minder mooi lyk. Mans het gemiddeld 'n korter lewensverwagting as vrouens, so as die man baie ouer is as die vrou, sal hy waarskynlik voor haar doodgaan. Sy moet dit weet. Sy gaan dan alleen wees.

    Oom ek dink nie tien tot vyftien jaar gaan vir my saak maak nie. Twintig tot dertig is dalk te veel, maar ek wil net ook gelukkig wees en iemand hê wat aan my glo. Iemand wat my aanmoedig en saam met my bly sal wees oor iets wat ek vermag. My ouers net my nog nooit aangemoedig of ondersteun nie. Oom is al een wat my aanmoedig en wat saam met my bly is. Oom is nie my oom nie, Oom is my vriend. Oom is baie ouer as ek en tog is ek en Oom sulke goeie vriende. Dit is hoekom ek dink 'n ouer vrou mag dalk beter wees.

    Jy mag dalk weer teleurgestel word. Dit is die loop van die lewe, maar dalk is jy gou gelukkig.

    Ek kan maar net hoop Oom, maar Oom het gesê Oom het goeie nuus vir my.

    Werner, dit is nou tyd dat jy 'n keuse maak. Jy was onsuksesvol in jou aansoek om toelating tot beide universiteite vir ingenieurswese. Die universiteit in Parys het jou aansoek, wat ek namens jou ingedien het, aanvaar. Daar is verblyf ook vir jou en ek sal jou onkoste dra. Jy is die seun wat ek nooit kon hê nie. Die kwalifikasie is ook internasionaal. As jy terugkom, sal ek jou help om op die been te kom met jou eie besigheid.

    Oom, ek weet nie wat om te sê nie. Natuurlik sal ek gaan. Ek weet net nie hoe ek Oom ooit sal kan vergoed nie.

    Jou vriendskap is al wat ek vra en reeds gekry het.

    Werner gaan vroeg bed toe. Hy voel maar nog ongelukkig oor Maryke en wil eerder vroeg gaan slaap. Hy kyk eers op die sosiale media en sien sy het haar blad se status opdateer dat sy weer enkel is. Hy verander syne ook en gaan slaap. Hy lê tot baie laat en dink na oor wat oom Jan gesê het. Hy is ook opgewonde oor die kans wat hom gebied word.

    Die volgende môre is Werner tien voor sewe reeds op kantoor. Hy maak koffie terwyl hy gereed maak om die eerste klante te ontvang. Hy is pas klaar gedrink toe hy in kennis gestel word dat meneer De Beer hom wil sien, onmiddellik. Hy wonder wat oom Bertus verlang. Hy meng nie normaalweg met klerke nie. Hy stap na oom Bertus se kantoor en klop.

    Binne!

    Hy stap in en gaan staan voor die lessenaar van Maryke se pa. Hy is in sy gebruiklike hemp en das geklee.

    Meneer Brits, sit.

    Hy gebruik nie Werner se naam soos gewoonlik nie. Werner doen dieselfde.

    U het my gesoek.

    Hy neem 'n koevert en gee dit vir Werner.

    Jou dienste word hiermee beëindig. Jou salaris en drie maande se salaris word hier ingesluit. Jy moet onmiddellik gaan asseblief.

    Werner staan woordeloos op. Hy is geskok oor wat gebeur. Tog is hy verlig, want nou hoef hy nie te bedank nie. Hy draai om en stap uit. Hy gaan na sy kantoor en pak sy koffie, suiker, melk en bekers in. Sy kollegas kyk hom vraend aan, maar hy sê nie 'n woord nie en loop uit.

    Meneer De Beer skakel sy dogter.

    Maryke.

    Pappa.

    Ek het hom laat gaan soos jy gevra het. Hy het geen woord gesê nie, en net geloop. Ek hoop die Hemelse Vader sal my vergewe.

    Baie dankie Pappa. Dit is die beste so. Sien Pappa vanaand.

    Hoofstuk 1.

    Vyf jaar later.

    Paula se telefoon lui kliphard. Sy wip soos sy skrik toe die foon so skielik lui. Sy het weer gesit en dagdroom oor haar pragtige dogter Janine. Sy wil haar so graag inskryf as 'n foto model. 'n Mens weet nooit, dalk sien iemand haar raak. Sy weet haar dogter is werklik mooi, en dit is nie hoe sy dink omdat Janine haar dogter in vlees en bloed is nie, maar die kind is werklik mooi. Sy sien dit is die huis telefoon.

    Paula.

    Mamma, ek is klaar by die huis.

    Sy kan hoor hoe opgewonde haar dogtertjie klink.

    Hoe het jy by die huis gekom?

    Pappa het my kom haal. Hy is klaar by die huis en is besig om die vleis skoon te maak vir vanaand.

    Jy moet soet wees, ek sien jou oor 'n rukkie.

    Oukei Mamma.

    Paula glimlag en sug van verligting. Die kind is veilig. Sy is soms genoodsaak om 'n paar minute te moet wag voor hulle haar kan optel by die skool en 'n mens hoor so baie lelike stories. Vanaand gaan hulle weer by Yolanda en Marius kom vleis braai, soos die gewoonte is.

    Paula werk by die feestebestuur kantoor op Lofdal, 'n vakansie-oord, net buite die dorp. Dit is op die pad na die bekende Kangogrotte, so vyf minute se ry buite die dorp. Yolanda Van der Sandt en haar man Marius besit die plaas. Anton en Louise Du Plessis bestuur die vakansie-oord en Anton is ook in der halwe Paula se toesighouer, alhoewel Paula die bestuurder van die feestebestuur kantoor is. Paula was nie die senior nie, maar die ander meisies wou nie die verantwoordelikheid neem nie. Die pos het ontstaan toe Yolanda 'n huisvrou geword het toe haar tweeling gekom het. Paula is toe aangestel en sy het haar tot dusver uitstekend van haar taak gekwyt.

    Paula vertrek om vieruur en ry reguit huis toe. Sy draai in by Agste Laan agtien, waar sy en haar man Werner woonagtig is. Sy hou stil op oprit en nog voor sy kon oopmaak hardloop klein Janine na buite en maak die motor se deur vir haar oop. Die kind is haar hart se punt. Sy gee haar ma 'n soentjie en 'n drukkie.

    Hallo Mamma, ek is bly jy is terug.

    Hallo my kind. Hoe was jou dag op skool?

    Dit was lekker. Ek het goed gedoen in my wiskunde, ek het agtien uit twintig gekry.

    Mamma is trots op jou.

    Dankie Mamma.

    Werner is binne die kombuis besig met die vleis en braaibroodjies. Hy het twee brode opgesny en met dik botter gesmeer, eintlik geplak,  aan die buitekante van elke dubbele sny, en dit toe gevul met kaas, uie en blatjang. Die broodjies is Paula se oorlede moeder se gunsteling resep en is altyd 'n treffer. Paula het aangebied om braaibroodjies te maak. Almal in hul vriendekring maak iets anders. Wanneer hierdie broodjies op die rooster braai, smelt die botter in die brood in, brand goudbruin buite en die broodjies is glad nie uitgedroog nie, maar heerlik bros en werklik smaaklik. Haar mond water klaar. Hy het klaar hulle koelsak gepak. Paula sien die bottel Coke en Viceroy brandewyn, tesame met vrugtesap vir die kind. Paula se bottel rooiwyn is ook daar. Dit is die lae alkohol inhoud tipe waarvan sy so baie hou.

    Hallo Paula.

    Hallo Werner.

    Hy soen haar en sy hand sak af na haar boude. Hy druk een stewig tussen sy hande. Paula weet haar man begeer haar. Op vyf-en-dertig is Paula 'n begeerlike vrou.

    Dankie Werner, ek sien jy het klaar alles gedoen. Dit is baie bedagsaam van jou.

    Ons kan vroeg ry as jy klaar is.

    Ja, ek is vanaand lus vir dans.

    Ek gaan by vroutjie dans tot haar asem jaag.

    Jy is welkom Werner.

    Die braai byeenkomste van die Van der Sandt egpaar is legendaries. Hulle dans gewoonlik tot laat. Paula maak eers gou seker dat Janine gemaklik en warm aangetrek is. Daarna gaan trek sy gou skoon onderklere en klere aan en knap haar grimering liggies op. Dan is sy gereed.

    Werner trek haar eers nader toe sy in die kombuis verskyn waar hy vir hulle solank koffie gemaak het. Janine sit by die tafel en drink haar koffie en eet 'n klein mosbolletjie broodjie met kaas op, wat Werner vir haar gemaak het. Paula se stukkie is op 'n klein bordjie reggesit.

    Sjoe Paula, jy lyk asemrowend vanaand. Jy sal my sommer tien jaar jonger maak.

    Hy gee haar nie veel kans om selfs te beweeg nie, om nie eens van praat te praat nie. Hy soen haar saggies en teer en druk haar liggaam teen syne. Paula weet onmiddellik dat hy haar vanaand teer gaan bemin. Haar liewe Werner.

    Dankie Werner.

    Sit solank Paula, ek skink gou jou koffie. Jou bolletjie is klaar gesmeer.

    Dankie, dit gaan nou lekker wees.

    Sy gaan sit langs Janine en begin haar bolletjie eet. Werner skink haar koffie en kom sit langs haar.

    Hoe was jou dag Paula?

    Heel aangenaam Werner, en joune?

    Ek kon nie wag dat die dag omgaan nie. Ek is lus vir ontspan vanaand. Ek het toe maar vroeër geloop en Janine gaan optel.

    Hulle vertrek direk na hulle klaar is en ry die kort entjie na Lofdal. Die du Plessis egpaar, hul dogter Leoni en haar man Altus Van Tonder is al reeds daar. Hulle groet almal en sit hul goedjies neer.

    Paula, kan ek vir jou iets skink my vrou?

    Jy kan maar vir my wyn in skink asseblief.

    Paula neem haar glas en gaan sit by die ander vrouens. Werner het vir homself 'n dubbel brandewyn en Coke geskink en hy gaan staan by die mans. Paula hoor hoe hulle uitbars van die lag. Altus het weer 'n goeie grappie vertel.

    Paula, gaan julle nou môre saam Knysna toe?

    Ja Yolanda, Werner is in. Hy was lank laas daar en is die ene vuur en vlam om te gaan. Janine sal dit ook geniet.

    Leoni, het Altus al afgekoel?

    Ja Mamma, ek het hom om vergifnis gevra. Dit was tog ek wat onredelik was. Hy het my vergewe en my gewys hy is nie kwaad vir my nie.

    En hoe nogal? Julle het dan so baklei.

    Hy het my liefgehad. Toe weet ek hy is glad nie kwaad nie. My Altie weet hoe om sy vrou aan te raak.

    Ek en Werner was ook verlede week in mekaar se hare en na ons opgemaak het, het ons ook so gemaak. Na 'n groot geveg is die opmaak die lekkerste ding onder die son.

    Ek en Marius was lank laas in mekaar se hare. Ek was laas keer onredelik en toe vertel hy mos vir my hy het my lief, maar hy hou niks van my as ek so lelik is nie. Kyk toe moes hy my darem troos. Ek was so hartseer, maar hy weet hoe om my op te beur. En jy Poppie?

    Ek het Anton so twee maande gelede met 'n eier teen sy kop gegooi van woede. Toe vee hy sy kop af, klim in sy motor en ry. Hy het al my oproepe geïgnoreer. Hy het gewag tot ek slaap voor hy teruggekom het. Ek kry hom toe later die nag in die spaar kamer. Toe kruip ek langs hom in en sê ek is jammer. Toe het ons lank gevry en opgemaak. My ou Anton, ek het hom regtigwaar baie lief.

    Toe die kos klaar gebraai is, gee Paula eers gou vir Janine kos en daarna skep sy ruim in op Werner se bord. Vir haarself skep sy meer beskeie in. Die kos is heerlik. Sy kan sien Werner se gesig is rooi. Hy is darem nie dronk nie. Na ete sit Marius musiek op. Werner staan sommer onmiddellik nader.

    Paula?

    Ja Werner, gly my oor die vloer.

    Werner begin met Paula dans en van die ander val in. Celeste en Gavin en later het Lynn en Eddie het ook opgedaag en nou dans almal dat die biesies bewe. Paula is gou uitasem gedans. Hulle dans tot net na twee. Yolanda maak koffie en almal drink eers saam koffie.

    Sjoe, nou gaan ons lekker slaap. Hierdie dans het my nou moeg gemaak. Altie weet net hoe. Ek kan nie glo dat hy amper verlam was toe ons ontmoet het nie.

    Ek onthou, die eerste keer wat ons hom hier gesien het, was jy op die netbal kamp. Hy het nogal by die stoep van die trappe afgefoeter. Hy het hard geval.

    "Ja, Altie het hard gewerk om sy bene terug te kry. Ek sal

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1