Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Gesprek sonder einde: Waar pas ek in by God se verhaal?
Gesprek sonder einde: Waar pas ek in by God se verhaal?
Gesprek sonder einde: Waar pas ek in by God se verhaal?
Ebook255 pages5 hours

Gesprek sonder einde: Waar pas ek in by God se verhaal?

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Waar pas die mens in by God se verhaal? En watter keuses kan ons maak in hierdie drama waarvan ons medeskrywer is? Hieroor tree Chris van der Merwe op ’n baie toeganklike wyse in gesprek met sy lesers. Hy bespreek van die vrae wat ons gereeld pla. Hy praat oor die kerk en die mense om ons, oor ideologieë, oor dit wat ís en wat wás en wat kom. En hiervoor roep hy die Bybel, die Christelike tradisie asook C.S. Lewis en N.P. van Wyk Louw as getuies in. Soos enige hartgrondige, luisterende gesprek oor God, word ook hierdie een, onafwendbaar, ’n gesprek mét God.
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateJun 1, 2016
ISBN9780796319791
Gesprek sonder einde: Waar pas ek in by God se verhaal?
Author

Chris van der Merwe

Chris van der Merwe is ’n afgetrede professor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Kaapstad. Hy is die skrywer van verskeie artikels in Engels, Afrikaans en Nederlands oor Suid-Afrikaanse en Nederlandse letterkunde en oor literatuurteorie. Hy was die redakteur en skrywer van verskeie boeke oor letterkunde, onder andere Breaking Barriers – Stereotypes and the Changing of Values in Afrikaans Literature (1994), Strangely Familiar – South African Narratives on Town and Countryside (2001), Storyscapes – South African Perspectives on Literature, Space and Identity (2004), Beyond the Threshold – Essays on Liminality and Literature (lg. met Hein Viljoen as mederedakteur). Hy het onderrig gegee by verskeie universiteite in Wes- en Sentrale Europa en in die Verenigde State. Hy het ook die Joernalis van die Jaar-toekenning ontvang in 1994 vir sy radiopraatjies oor Suid-Afrikaanse Letterkunde. Hy is getroud met Bibi en bly in Kaapstad.

Related to Gesprek sonder einde

Related ebooks

Related articles

Reviews for Gesprek sonder einde

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Gesprek sonder einde - Chris van der Merwe

    GESPREK SONDER EINDE

    Waar pas ek in by God se verhaal?

    Chris van der Merwe

    Lux Verbi

    Diegene wat graag skrywers soos CS Lewis en Henri Nouwen se werke lees, sal ook hierdie boek baie geniet. Dit is ’n diepgaande teks en sal veral waardevol wees vir mense wat hul eie lewe en plek op aarde wil verstaan, en wat die leegheid wat ons tyd kenmerk met ’n betekenisvolle lewe saam met God wil vul. Dit is ’n boek waarheen jy telkens sal terugkeer.

    DANNY FOURIE, skrywer

    Dit is ’n teologiese boek dié, al kom dit uit ’n letterkundige se pen. Die skrywer bied aan ons ’n baie omvattende beskrywing van sy geloof. Dit is opvallend dat hy iets van die Christus-boodskap ook in nie-Christelike godsdienste raaksien. Maar hy handhaaf die uniekheid van die Christelike geloof en grond dit ten slotte op Christus se opstanding, waardeur Hy sy Godheid duidelik openbaar.

    PROF JAAP DU RANDT, afgetrede teoloog, Universiteit van Wes-Kaapland

    Só word dié gesprek sonder einde ’n soort apologie, maar dan ’n apologie vir ’n bepaalde lewenstyl – een van stilte en luister en nederigheid, van lewe ván genade en mét genade. Die boek word hartlik aanbeveel – vir deurlees in een sitting, of vir stadig lees, stukkie vir stukkie, soos daaglikse brood. En vir herkou en bedink en nádink, en dalk vir verdere oorvertel.

    PROF DIRKIE SMIT, Universiteit Stellenbosch

    Chris van der Merwe se teologie is een wat oop is vir ons nuwe wêreld waar geloof en rede mekaar kan aanvul, en waarin ons saam die stryd kan aanknoop teen dodelike -ismes soos rasionalisme, individualisme en materialisme. Met ander woorde, die gode waarteen veral kunstenaars oor alle eeue heen waarsku.

    PROF CHRISTO LOMBARD, waarnemende direkteur van die Desmond Tutu-sentrum vir Spiritualiteit en Samelewing, Universiteit van Wes-Kaapland

    Die uitleg van hierdie digitale uitgawe van Gesprek sonder einde mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die teks.

    1

    Een groot vertelsel

    (i) ’n Verhaal van twee stede

    Twee uiteenlopende stede word in die Bybel beskryf: Die een is Babilon, waar die Israeliete sewentig jaar lank in ballingskap verkeer het; dit is ’n stad wat ook met die toring van Babel verbind word. Die ander een is Jerusalem, waar die Israeliete vir die Here ’n tempel gebou het. Dit is nie net twee werklike stede nie, dit is ook simbole van twee uiteenlopende maniere waarop ’n mens kan lewe. Dit verteenwoordig niks minder nie as twee verskillende soorte samelewings wat op aarde gevind kan word.

    In Genesis 11 lees ons hoe die inwoners van Babel ’n toring probeer bou wat tot aan die hemel reik. In hul oormoed wou hulle die hemel van onder bereik, om hemelse grootheid en goddelike heerlikheid deur eie inspanning te verkry. Hul pogings het egter tot verwarring en chaos gelei. Later in die Bybel word die stad Babilon telkens gesien as ’n stad wat teen God se mag in opstand kom.

    In Openbaring lees ons dat Babilon se sondes tot in ewigheid gestraf sal word. Hier verwys Babilon ook na die stad Rome, die destydse sentrum van wêreldse mag, vervolger van die Christene, die simbool van boosheid en rebellie teen God.

    Babilon word as stad van die hel voorgestel. Jerusalem, daarenteen, word gesien as God se stad – die stad van die tempel, waar God se teenwoordigheid ervaar kan word. Ons lees in Openbaring 21 dat die nuwe Jerusalem vanuit die hemel sal neerdaal, in teenstelling met die Ou-Testamentiese Babel wat die hemel met aardse inspanning wou bereik.

    Babel, Babilon en Rome simboliseer hoogmoed; Jerusalem staan vir genade.

    • • •

    In Openbaring word Babilon en Jerusalem onderskeidelik as simbole van ’n ewige hel en ’n ewige hemel voorgestel: God se straf teenoor God se guns en genade.

    Dié teenstelling geld egter nie net vir die lewe ná die dood nie, dit het ook te make met die lewe op hierdie aarde en in ons tyd. Die sentrale tema in hierdie boek is die simboliese Jerusalem in hierdie lewe, die ervaring van God se genadige teenwoordigheid op aarde. In Openbaring 22 belowe Jesus dat Hy gou weer sal kom, en Hy praat van die mense wie se klere skoon gewas is sodat hulle deur die poort van die nuwe Jerusalem sal ingaan en van die boom van die lewe eet (vers 14). Hierdie woorde verwys klaarblyklik na die tyd van Jesus se wederkoms.

    En tog, later in dieselfde hoofstuk, word die lesers opgeroep om nou na Hom te kom en die water van die lewe te kom drink (v 17 se tweede deel).

    Jesus wat weer kom en ons wat na Hom moet kom, word hier deur een tema verbind: dié van die hemelse lewe wat voortvloei uit die ontmoeting met Jesus. Die ewige lewe is nie net iets vir die toekoms nie, dit kan reeds in hierdie lewe ondervind word. Christus kom nie net aan die einde van die tye nie, Hy kom die hele tyd na ons, weer en weer. En Hy verlang dat ons op sy roepstem sal antwoord sodat Hy sy ewige heerlikheid in ons tydelike en aardse lewe kan openbaar.

    God se roepstem gaan uit na enkelinge, maar dit eindig nie daar nie. Die ewigheidslewe is aansteeklik en versprei van die een persoon na ’n volgende, en ’n volgende, voortdurend. Die Christelike liefde wat van enkelinge uitgaan, verander hul omgewing sodat hul stad al hoe meer na God se stad begin lyk.

    Aan die ander kant infekteer diegene wat ’n selfgesentreerde lewe lei – afgeskei van die God van liefde – hul omgewing met selfsug en hoogmoed, totdat hul stad al hoe meer na die Babilon van die Bybel lyk.

    • • •

    Dit dan is die keuse wat voor ons lê. Dit is ’n keuse wat die lewe van enkelinge en stede grondig bepaal – die keuse tussen Jerusalem, die stad van God, en Babilon, die stad van die hel. Dit is die keuse tussen die vrede en harmonie waar God se wil ’n werklikheid word, en die haat en bitterheid waar selfsug die botoon voer.

    Natuurlik vind ons nooit ’n suiwer Jerusalem óf Babilon op aarde nie, nie in ons hart of in ons samelewing nie, want die magte van boosheid en goedheid is hier in ’n worstelstryd betrokke en die finale oorwinning is nog nie behaal nie. Maar dit is ons verantwoordelikheid om die koninkryk van die hemel op aarde te help uitbou, anders help ons om hel op aarde te vestig, in onsself en in ons omgewing.

    Dit, glo ek, is God se opdrag aan ons: om God se liefde soos dit in Christus geopenbaar is te ontdek, aan te neem en te versprei. God roep ons, Hy wag op ons reaksie. Hy nooi ons uit tot ’n gesprek sonder einde.

    (ii) God-praatjies

    Baie mense wil vandag niks met God, die Christendom of die kerk te doen hê nie. Daar is heelwat redes vir hul wantroue, en baie daarvan is begryplik. Hoe kan ’n moderne, rasionele mens nog in daardie ‘God-praatjies’ glo? ’n Verlosser wat van die hemel na die aarde gekom en allerhande ongelooflike wonderwerke gedoen het, soos om dooies op te wek en op water te loop? Dit wil hulle weet.

    En, redeneer hulle, ’n gesprek sonder einde met die Skepper van hemel en aarde is godpraatjies wat tot die verre verlede behoort, toe die mensdom nog primitief was. Ons is rasionele wesens, ons het volwasse geword en glo nie meer sprokies vir kinders nie. Wat meer is: Wie kan nog godsdiens verkondig wanneer godsdiens juis die oorsaak is van so baie dinge wat die vrede in die wêreld versteur – godsdienstige botsings en oorloë? En wie kan nog glo in die waarde van die Christelike geloof as ons daagliks hoor van bose dinge wat sogenaamde Christene aangevang het?

    • • •

    Moderne mense vind dit inderdaad moeilik om in wonderwerke te glo, om te glo in die ingryping van ’n goddelike mag in die natuurlike verloop van dinge. Die rede daarvoor is nie primêr dat wonderwerke so onwaarskynlik is nie, maar dat mense die vermoë verloor het om in wonders te glo. Ons is almal deur die rasionalisme van ons tyd beïnvloed – die oorskatting van die rede – sodat ons weier om te glo wat die verstand te bowe gaan.

    En tog is die wêreld met wonderbaarlike dinge gevul. Ons is bloot so gewoond daaraan dat die wonder meestal by ons verbygaan. Ons moet weer soos kindertjies word – vol verwondering oor die verrassings oral rondom ons.

    Verbeel jou net ’n keer dat ’n intelligente besoeker uit die buitenste ruim na die aarde kom en dinge soos die volgende sien: die son wat op ’n vasgestelde tyd opkom en ondergaan; die seisoene wat mekaar reëlmatig afwissel; ’n klein saadjie wat tot ’n reuse-boom groei; ’n klein eierselletjie wat bevrug word en in ’n baba ontwikkel, elke liggaamsdeel op sy plek; ’n ruspe wat in ’n kokon beland en as ’n mot daar uitkom …

    Daardie intelligente ruimtewese sal hierdie dinge nie as vanselfsprekend, of as toeval, beskou soos wat ons so dikwels doen nie.

    Die wêreld is vól wonders, en die grootste hiervan is die alledaagse wonders. CS Lewis het opgemerk dat Jesus se wonderwerke ooreenstem met gebeurtenisse wat elke dag plaasvind:

    The miracles in fact are a retelling in small letters of the very same story which is written across the whole world in letters too large for some of us to see […] God creates the vine and teaches it to draw up water by its roots and, with the aid of the sun, to turn that water into a juice which will ferment and take on certain qualities. Thus every year, from Noah’s time till ours, God turns water into wine […] That same mysterious energy which we call gravitational when it heals a body is the efficient cause of all recoveries, and if God exists, that energy, directly or indirectly, is His. All who are cured are cured by Him, the healer within. But once He did it visibly, a Man meeting a man (Miracles, in God in the dock, bl 16-17).

    • • •

    Moderne kosmoloë en kwantum-fisici het ook ontdek dat die wêreld vol dinge is wat die verstand verbyster. Lank gekoesterde teorieë oor ’n meganistiese heelal met reëlmatige wette is hoogstens halfpad waar. Die sekerhede van die wêreld deur Newton se wette daargestel, is fundamenteel uitgedaag. Marcus Chown stel dit soos volg:

    Quantum theory, born out of the struggle to reconcile light and Matter, was fundamentally at odds with all science that had gone before. Physics, pre-1900, was basically a recipe for predicting the future with absolute certainty. If a planet is in a particular place now, in a day’s time it will have moved to another place, which can be predicted with 100% confidence by using Newton’s laws of motion and the law of gravity. Contrast this with an atom flying through space. Nothing is knowable with certainty (Quantum Theory cannot hurt you, bl 22).

    ’n Nuwe wêreld het te voorskyn gekom. Waar vroeër sekerhede was, was daar nou hoogstens waarskynlikhede; ’n wêreld beheer deur vas-bepaalde wette het die wyk geneem voor verrassende moontlikhede. Die gerespekteerde wetenskaplike JBS Haldane het dan ook verklaar:

    I have no doubt that in reality the future will be vastly more surprising than anything I can imagine. Now my own suspicion is that the Universe is not only queerer than we suppose, but queerer than we can suppose.

    Die wonderwerke waarin ons nie wil glo nie, is dus nie so raar soos ons gedink het nie; ons rasionalisme is vreemder. Ons moet leer om ons vir die werklikheid van die wonderbaarlike oop te stel. Dit sal ’n groot hindernis op God se pad na ons hart uit die weg ruim.

    • • •

    Die oortuiging dat vele bose dade in die naam van godsdiens gepleeg is en steeds gepleeg word, is ongelukkig alte waar. Maar dit is ook waar dat godsdiens die inspirasie was vir baie goeie dinge. As alle godsdienstige bedrywighede byvoorbeeld uit die townships verwyder sou word, sou dit rampspoedige gevolge hê vir die stryd teen dwelms en vigs.

    Die probleem lê dus nie by die godsdiens nie, maar by mense wat godsdiens misbruik om hul eie doeleindes te bereik. Magbeluste politici span dikwels godsdiens in om geweld te regverdig en sodoende hul selfsugtige agendas te verwesenlik. Oorloë is in die geskiedenis in die naam van godsdiens gevoer wat die wese van die godsdiens verraai het. Só is afgryslike dade gedurende die kruistogte gepleeg – in die Naam van die God van liefde.

    Maar die storie het ook ’n ander kant: In daardie gewelddadige tye het Franciskus van Assisi, een van die heiligstes onder die heiliges, na die sultan van Egipte gegaan en by hom om verskoning gevra vir wat Christene tydens die kruistogte aan Moslems gedoen het. ’n Mens kan nie alle vorme van godsdiens gelykstel aan die euwels wat in die naam van daardie godsdiens gepleeg is nie.

    Die Christelike geloof behoort in die eerste plek op grond van sy grondlegger beoordeel te word, en nie op grond van die optrede van mense wat sy Naam bely maar sy voorskrifte verontagsaam nie. Die Afrikaanse skrywer MER – die skuilnaam van mevrou ME Rothmann – was nie ’n konvensionele Christelike gelowige nie, en as feminis is sy menigmaal deur patriargale predikante geïrriteer. Haar dogter Anna het vertel hoe haar ma, toe sy al diep in die negentig was en die dood voel naderkom het, oor haar godsdienstige oortuigings nagedink het. Anna het haar in daardie tyd dikwels hoor sê: Dank God vir Jesus. Haar laaste woorde aan haar predikant was dan ook: Ek dank God vir Jesus.¹

    In plaas daarvan om te fokus op dit wat Christene gedoen het wat verkeerd was, moet ons fokus op dit wat Jesus gedoen het wat reg was – op die radikale wysheid van sy woorde, die moed waarmee Hy die skynheilige godsdiensleiers van sy tyd gekonfronteer het, sy simpatie met die uitgestotenes, sy selfopofferende sterwe. Uiteindelik is die kritieke vraag waarvoor elkeen te staan kom, die vraag wat Pontius Pilatus gestel het: Wat moet ek doen met Jesus wat Christus genoem word? (Matt 27:22).

    (iii) Die gees van ons tyd

    Baie van die aanvalle wat deesdae op die godsdiens geloods word, klink geregverdig, maar dit is dikwels nie so regverdig óf onskuldig nie. Dit verteenwoordig simptome van die rasionalisme wat tipies aan die gees van ons tyd is. Redelikheid is goed, maar rasionalisme is iets anders: Dit skep ’n skans rondom ’n mens wat die binnekoms verhinder van Iemand wat groter as jou rasionalistiese konstruksie van die wêreld is.

    Ons haat dit om op ons plek gesit te word, om te erken dat daar dinge is wat vir ons te wonderbaar is om te begryp.

    Miskien skuil daar in die rasionalis se onbewuste ’n vermoede van so Iemand se bestaan – maar ook die vermoede dat dié Persoon sy lewe sal omkeer en veranderinge bring wat te radikaal is om te verdra as hy dit sou waag om die deur na sy bewussyn te open. Hy sal dus liewers die veilige pad volg om op homself te vertrou en in beheer van sy eie lewe te bly.

    Ons ly wesenlik aan dieselfde hoogmoed as die toring van Babel se bouers. Ons wil grootheid bereik deur ons eie inspanning. Ons beskik nie oor die nederigheid wat nodig is vir die heilige stad om uit die hemel neer te daal nie. Ons sal veel eerder gode van ons eie lewe wil wees as ontvangers van goddelike genade.

    • • •

    Enige woord wat met  -isme eindig hou ’n gevaar in – die gevaar om van

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1