God se troos as jy swaar kry
By Nina Smit
()
About this ebook
Nina Smit
Nina Smit is een van Suid-Afrika se bekendste en gewildste skrywers. Hierdie bekroonde skrywer is veral bekend vir haar inspirerende boeke vir vroue, maar het ook talle gesogte boeke vir kinders geskryf. Nina woon saam met haar man, Johan Smit, in Somerset-Wes. Die egpaar het drie volwasse kinders en vyf kleinkinders.
Read more from Nina Smit
'n Uur van lig: 365 Dagstukkies vir vroue Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBy fonteine langs Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsGebede vir elke vrou Rating: 5 out of 5 stars5/5
Related to God se troos as jy swaar kry
Related ebooks
’n Sonneblom vir elke dag Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHeeltyd by God Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsEna Murray Oordenkings Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBruistablette vir die lewe Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsEk Sal Weer 'n Loflied Sing Rating: 5 out of 5 stars5/5Flentermens word heelmens Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsNie van hoorsê nie, Here Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsStukkies van die hemel op aarde: Om God in die alledaagse te sien Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDraers van die Lig: 200 oordenkings vir vandag Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOntdek God in die stories van mense Rating: 5 out of 5 stars5/5Leeg: God se troos na swangerskapverlies of miskraam Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVan vrees na vrede: Hoe my ongeneeslike kanker my leer leef het Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDuet: Dagstukkies vir huweliksmaats Rating: 5 out of 5 stars5/5Hykie Berg: My storie van hoop: My storie van hoop Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsIn gesprek met God Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBlywende woorde: Oordenkings oor vroue wat glo Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie groot gebedeboek Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHoop in tye van nood Rating: 5 out of 5 stars5/5Oorkom jou vrees: Oordenkings oor hoe om vreesloos te leef Rating: 5 out of 5 stars5/5Wanneer God jou vashou Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDogter Jy Kan Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsWare verhale van geloof Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVroue van die Bybel: ... praat met ons vandag Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDit kos guts om te bly glo: Hoe om in moeilike dae God ernstig op sy Woord te neem Rating: 0 out of 5 stars0 ratings'n Lewe voor God: 366 dagstukkies oor praktiese Christenwees Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsWanneer God in my pyn verdwyn Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Daniël-vas vir geestelike oorwinning Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOntmoetings met die lewende God: Hoe God ons roep, nuut maak Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsLeef lig: Vyf gewoontes van die vroeë kerk en wat dit vir ons vandag beteken Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsJou geldsake: Bybelse riglyne vir persoonlike finansiële bestuur Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Reviews for God se troos as jy swaar kry
0 ratings0 reviews
Book preview
God se troos as jy swaar kry - Nina Smit
God se troos
as jy swaar kry
Nina Smit
Die uitleg van hierdie digitale uitgawe van God se troos as jy swaar kry mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die teks.
Vir Ita
Quiet Time
It’s all right –
questions, pain and stabbing anger
can be poured out to
the Infinite One and
He will not be damaged.
Our wounded raging will be
lost in Him and
we will be found.
For we beat on His chest
from within
the circle of His arms.
Susan Lenzkes – When life takes what matters
1
As jou voete wil gly
Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde
my regop gehou, Here. Toe ek met baie onrus in my
binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring.
Psalm 94:18-19
In die berge bokant die Switserse dorpie Zermatt het ek die heel eerste keer met sneeu – én die glibberigheid van ’n voetpad wat kliphard geys is – kennis gemaak. Ek was só betower deur die wit wonderwêreld om my dat ek niksvermoedend op die gladde voetpad begin aanstryk het. Die volgende oomblik het my voete onder my uitgegly en ek het soos ’n os op die spieëlgladde voetpaadjie neergeslaan.
Gelukkig het ek niks gebreek nie, maar die val was séér. Ek is nou nog seker dat my linkerarm, wat eerste die grond getref het, ten minste gekraak was. Die res van die dag was ek ekstra versigtig. Ek het gesorg dat ek binne grypafstand van Johan bly. Elke keer wanneer ek gevoel het ek gaan weer gly, het ek aan my man se stewige arm vasgeklou, en so darem daarin geslaag om nie ’n tweede val in die sneeu aan te teken nie.
Alle gelowiges ervaar soms dat die seerkry en swaarkry in die lewe as’t ware ons voete onder ons laat uitgly. Daar gebeur dinge met ons wat ons selfs laat twyfel aan God se liefde vir ons – onverklaarbare en onverstaanbare rampe wat ons nie met God se liefde vir sy kinders kan laat rym nie. Veral wanneer hierdie seerkry en swaarkry lank aanhou, is dit baie moeilik om te bly glo en steeds op God te vertrou.
Die digter van Psalm 94 het hierdie soort swaarkry geken. Uit persoonlike ervaring kon hy getuig dat God hom in die verlede in swaarkrytye getrou bygestaan het, en dat hy ook noudat hy twyfel en sy voete onder hom wil uitgly, op God se troue liefde kan staatmaak om hom regop te hou.
Wanneer swaarkry in jou eie lewe soms jou voete onder jou wil uitslaan, kan jy met vertroue, soos hierdie psalmdigter, op God se troue liefde vir jou staatmaak. Sy vertroosting in swaarkrytye maak die verskil. Hy is vir jou die sterk arm waaraan jy kan vasklou wanneer twyfel jou jou balans laat verloor. Wanneer ons baie seerkry of die wêreld om ons in duie stort, het ons as sy kinders dit meer as ooit nodig om na God toe te gaan. As ons weer sy liefde en blydskap in ons lewe wil ervaar, moet ons al ons smart, vrees, woede en verwarring voor Hom blootlê, skryf Juanita Ryan in Iemand het my nodig.
Jy kan die seerkry en swaarkry in jou eie lewe nie ignoreer nie. Dit moet jy self ervaar. Jy moet dit vierkant in die oë kyk en daardeur wérk. Gelukkig hoef jy dit nooit alleen te doen nie. In jou swaarkry is God altyd by jou. Sy troue liefde hou jou regop. Hy is die rots waaraan jy met vertroue kan vasklou. Die pyn is steeds dáár, jou voete kan nog soms onder jou uitgly – maar met God by jou het jy elke dag sy krag en ondersteuning tot jou beskikking.
Meer nog, jy kan vir seker weet dat Hy selfs jou swaarkry tot jou eie beswil kan inspan, juis omdat dit jou nader aan Hom bring. Hy is altyd daar vir jou, gereed om jou regop te hou as jou voete wil gly.
Here,
hierdie seerkry en swaarkry dreig weer eens,
soos so baiekeer in die verlede,
om my voete onder my uit te slaan
en u gesig vir my te verberg.
Ek wil nou hierdie seerkry voor U blootlê, Here –
ek kan dit nie verwerk of verstaan nie,
ek kan maar net op U bly vertrou,
omdat ek al so baiekeer in die verlede ervaar het
dat U die heel beste weet,
dat elke stuk pyn iewers in u meesterplan ’n eie plek het.
Dankie dat ek ook hier in die donker aan u hand mag vasklou –
dié hand wat keer op keer my val stuit
Dankie vir u troue liefde waarop ek kan staatmaak,
dié liefde wat my in alle omstandighede regop hou.
Dankie vir die wete dat dit juis deur seerkry is
dat ek u liefdevolle ondersteuning –
waarsonder ek nie kan leef nie –
elke dag in my lewe ervaar.
Amen
Jou reddingsgordel
A Gaelic prayer
As the rain hides the stars,
as the autumn mist hides the hills,
as the clouds veil the blue of the sky,
so the dark happenings of my lot
hide the shining of your face from me.
Yet, if I may hold your hand
in the darkness,
it is enough,
since I know that, though I may
stumble in my going
you do not fail.
The book of all comfort
2
Niks hou vir altyd aan nie
"Dié dinge sal vergaan, maar U bly bestaan; soos
’n kledingstuk sal alles verslyt; soos klere sal U dit oprol;
ja, soos ’n kledingstuk sal dit vervang word. Maar
U, U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie."
Hebreërs 1:11-12
’n Koning het eenmaal lank, lank gelede sy wyse manne na sy paleis laat kom om vir hom ’n inskrywing vir sy seëlring uit te dink. Hierdie inskywing moes die ganse lewe in ’n paar woorde opsom. Toe antwoord een van die wyse manne: Die heel belangrikste ding in die lewe is die feit dat alles uiteindelik verbygaan. Die koning laat graveer toe op sy seëlring: This, too, shall pass.
Alle dinge gaan verby. Niks in hierdie wêreld hou vir altyd aan nie. Dit is vir ’n mens heeltemal moontlik om die grootste pyn en lyding te verduur, mits jy weet dat dit nie vir altyd sal aanhou nie.
Maretha Maartens vertel in ’n Geskenk van vertroosting dat William Gurnall geskryf het: Al is jou lewe troebel van probleme, bly dit kort. ’n Paar tree en ons is uit die reën. As dit dus nou besonder moeilik met jou gaan, hou vas aan die feit dat dié seerkry ’n eindpunt het. Jy kán dit met God se hulp verduur, juis omdat dit weer sal verbygaan. Jy het ook die versekering dat God beslis van jou swaarkry weet: En die hele tyd het U dit gesien, die lyding en verdriet. U let daarop en maak daar ’n einde aan, getuig die psalmdigter in Psalm 10:14.
In die wêreld waarin ons woon, is daar bitter min dinge wat nie voortdurend verander nie. Tog is daar één ding te midde van ’n veranderende wêreld wat volkome konstant bly – God en sy troue liefde vir ons. God bly dieselfde en sy jare het geen einde nie, sê die skrywer van die Hebreërsbrief (Heb 1:12). Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid, getuig hy. God is altyd daar vir jou. Hy dra jou dag ná dag. Daarom is dit vir jou moontlik om selfs die grootste pyn te hanteer – een dag op ’n slag.
Die manier