Friksie
4.5/5
()
About this ebook
Alwyn Liebenberg is gekompliseerd. Enigmaties. Dit is vir hom onaanvaarbaar dat daar in hierdie land soveel mense is wat het, sonder om dit te verdien. Obsessief op soek na sy eie Nkandla beplan hy haarfyn aan sy skyndood in die Long Tom-pas. Hy besluit vooraf, wat ook al gebeur, hy sit nie sy voete in ’n tronk nie. Terselfdertyd is ’n komkommerkoel polisieman besig om landwyd opspraak te maak as die nuwe superspeurder van Nelspruit. Fritz Moolman, eenkant, vasbeslote, bittereinder en dodelik akkuraat met sy Z88. Hy aanvaar onder geen omstandighede die woord “onopgespoor” op ’n dossier nie. Alwyn se pa, Ulrich, word mettertyd meedoënloos meegesleur deur die gevolge van sy enigste seun se bisarre persepsie van regverdigheid, ’n pion in die mallemeule van Alwyn se surrealistiese denke. Ulrich is nie die enigste slagoffer nie, en vir elke aksie is daar volgens die natuurwette ’n reaksie. Hoe diep is ouerliefde? Hoe diep behoort dit wees?
Daar is ’n prys om te betaal ...
Vreesloos, vetgesmeer en vaartbelyn. Hierdie boek is handgemaak en eg Suid-Afrikaans.
Henning Janse van Vuuren
Geagte leser Ek doen my bes om verhale te skryf wat vermaak, boei en hopelik ook stof tot nadenke bied. Kruitvat was my debuutroman en as skrywer kon ek ryklik put uit my ervaring as offisier in die Suid-Afrikaanse Polisie, joernalis by Laevelder en as toegelate prokureur. (Sedertien het ek my ook as opvoeder bekwaam.) Kruitvat is propvol eg Suid-Afrikaanse aksie, een of twee etiese kwessies word geopper en 'n gesonde skoot romantiek is boonop bygevoeg. Lees Marius Visser se resensie in Rapport hier: http://www.rapport.co.za/Boeke/Nuus/Sterk-kruit-vat-vlam-op-Kindle-20120823 Vir die jonger leser (of jonk van gees) bied ek TamatiestraaT. Hierdie avontuur saam met die onnutsige Lelanie Louw was 'n finalis in die Sanlam / Tafelberg Jeugromankompetisie gedurende 2009/2010. Desember (by die see ...), ook 'n jeugroman, sien einde 2016 die lig. Jy kan Kruitvat, Friksie, Tamatiestraat of Desember (by die see ...) ook op jou Kindle vanaf Amazon aflaai. Om meer van my doen en late uit te vind, besoek gerus my Facebook-blad: https://www.facebook.com/HenningJvanVuuren Vriendelike groete Henning
Read more from Henning Janse Van Vuuren
Tamatiestraat Rating: 4 out of 5 stars4/5Katarsis Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Related to Friksie
Related ebooks
Die respektabele meneer Hartslief Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSpoor Rating: 4 out of 5 stars4/5Leo Rating: 4 out of 5 stars4/5Monster Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBlou Erfporsie: Van Isilimela tot Stilbaai: 'n Lewensreis Rating: 4 out of 5 stars4/5Karoonag Rating: 4 out of 5 stars4/5Dwelm Rating: 5 out of 5 stars5/5Buit Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSirkus Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsAbel se ontwaking Rating: 5 out of 5 stars5/5Hans steek die Rubicon oor Rating: 5 out of 5 stars5/5Die dood van 'n goeie vrou Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOp pad na Moormansgat: Die verhaal van Billy Foster en Koos de la Rey Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie verkeerde vrou Rating: 5 out of 5 stars5/5Die Groen Mouter & Ander Kortverhale Rating: 5 out of 5 stars5/5Medusa Rating: 5 out of 5 stars5/5Tussen vriende Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsInfanta Rating: 4 out of 5 stars4/5Merk Rating: 4 out of 5 stars4/5'n Man van min belang Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsStippellyn Rating: 4 out of 5 stars4/5Katelknaap vir Carlien (Afrikaans Edition) Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKopskoot Rating: 5 out of 5 stars5/5Judaskus Rating: 5 out of 5 stars5/5Sondebok Rating: 5 out of 5 stars5/5Al wat tel Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKwaaiwater Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKrake Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOnsigbaar Rating: 4 out of 5 stars4/513 uur Rating: 4 out of 5 stars4/5
Related categories
Reviews for Friksie
2 ratings0 reviews