Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Pieter Bring Haar Terug
Pieter Bring Haar Terug
Pieter Bring Haar Terug
Ebook324 pages5 hours

Pieter Bring Haar Terug

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

'n Ou Kaapse verhaal.
Na Santie se man sterf moet sy hul drie kinders alleen grootmaak as weduwee. Pieter Verloor sy vrou en dogter aan die groot griep en koors en leef alleen as swerweling op soek na 'n nuwe tuiste.
Pieter red die lewe van Santie se dogtertjie toe sy by haar oupa kuier en Santie sien die bebloede verbande en sien hom aan as 'n rondloper. Sy jaag hom weg.
Wanneer Santie hom weer onregverdig verneder vat hy die pad en sy besef sy het hom, haar aanstaande buurman, onregverdig behandel. Sy kan hom nie om verskoning vra nie want hy is weg.
Wanneer haar dogter ontvoer word, vra sy hom om hulp.
Nota:
Hierdie boek is interaktief. U, as leser, kan met die kies van 'n skakel die keuse uitoefen om die Erotiese Weergawe (seks word beskryf) te lees of om die Romantiese Weergawe (Seks word nie beskryf nie) te lees. Volg net die instruksies ten opsigte van die weergawe wat u kies om te lees.

LanguageAfrikaans
PublisherJohan Crous
Release dateMay 29, 2016
ISBN9781311917706
Pieter Bring Haar Terug
Author

Johan Crous

Johan CrousI started to write during many recovery periods in Hospital due to surgery.Police officer by day, specializing in event management (disabled).Married to KarinTwo daughters and one granddaughter.

Read more from Johan Crous

Related to Pieter Bring Haar Terug

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Pieter Bring Haar Terug

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Pieter Bring Haar Terug - Johan Crous

    PIETER BRING HAAR TERUG

    deur Johan Crous

    ISBN 978-1-311-91770-6 (epub)

    Hersiene weergawe November 2020.

    INHOUDSOPGAWE

    Titelblad

    Kopiereg

    Opgedra aan

    Waaroor die boek gaan

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3

    Hoofstuk 4 Eroties

    Hoofstuk 5 Eroties

    Hoofstuk 6 Eroties

    Hoofstuk 7 Eroties

    Hoofstuk 4 Romanties

    Hoofstuk 5 Romanties

    Hoofstuk 6 Romanties

    Hoofstuk 7 Romanties

    Hoofstuk 8

    Slot

    Biografie

    Copyright © 2015 Johan Crous. All Rights Reserved.

    ISBN 978-1-311-91770-6 (epub)

    Revised Version (November 2020)

    Originally published as the third book of my anthology, Omnibus 1:

    ISBN 978-0-620-68367-8(e-pub)

    ISBN 978-0-620-68368-5(mobi)

    All rights reserved. Cover design by Johan Crous Book design by Johan Crous No part of this book may be reproduced in any form or by any electronic or mechanical means including information storage and retrieval systems, without permission in writing from the author. The only exception is by a reviewer, who may quote short excerpts in a review. This book is a work of fiction. Names, characters, places, and incidents either are products of the author’s imagination or are used fictitiously. Any resemblance to actual persons, living or dead, events, or locales is entirely coincidence.

    Address all correspondence and other inquiries to: jcrous699@gmail.com

    Cover designed and created by Melizandé Celine, images sourced from http://pixabay.com under public domain license.

    PUBLISHED AND MANUFACTURED IN THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

    Self Published: 2015

    Opgedra aan:

    Hierdie boekies word opgedra aan my moeder, Marianne.

    Erkennings:

    Die boek is opgestel met Ultimate Ebook Creator 2.6.5.

    Spel en Taaltoets is met Skryfgoed 5gedoen.

    Die boek is geskryf in Office (Word) en MScrivener vir iPad en die buiteblad is gedoen met Serif.com se Affinnity Photo.

    Waaroor die boek gaan:

    'n Ou Kaapse verhaal.

    Na Santie se man sterf moet sy hul drie kinders alleen grootmaak as weduwee. Pieter Verloor sy vrou en dogter aan die groot griep en koors en leef alleen as swerweling op soek na 'n nuwe tuiste.

    Pieter red die lewe van Santie se dogtertjie toe sy by haar oupa kuier en Santie sien die bebloede verbande en sien hom aan as 'n rondloper. Sy jaag hom weg.

    Wanneer Santie hom weer onregverdig verneder vat hy die pad en sy besef sy het hom, haar aanstaande buurman, onregverdig behandel. Sy kan hom nie om verskoning vra nie want hy is weg.

    Wanneer haar dogter ontvoer word, vra sy hom om hulp.

    Nota:

    Hierdie boek is interaktief. U, as leser, kan met die kies van 'n skakel die keuse uitoefen om die Erotiese Weergawe (seks word beskryf) te lees of om die Romantiese Weergawe (Seks word nie beskryf nie) te lees. Volg net die instruksies ten opsigte van die weergawe wat u kies om te lees.

    Hoofstuk 1.

    1861

    Meerbank, Grahamstad.

    Santie Prinsloo vee die sweet van haar voorkop af. Die groot Engels vervaardigde koolstoof is nogal warm en haar lang romp maak nie dat sy koeler is nie. Sy het die laaste kastrol opgesit en nou moet die vleis en patat net gaar kook. Die emalje koffieketel staan ook en prut.

    Sedert Gerhard se dood, drie jaar gelede, woon Santie en die kinders alleen op die plaas, en Gerhard se ma het op haar versoek by hulle kom woon. Santie is baie lief vir haar skoonma, Christa. Sy het van die dorp af hierheen verhuis. Hulle is geheg aan mekaar, en is ook vriendinne.

    Die plaas Meerbank, is twee uur te perd, Oos van Grahamstad geleë en sy en Gerhard het hier met vee en koring geboer. Gerhard se dood was vir Santie 'n groot skok en sy het moeilik daaroor gekom. Sy het al verskeie mans gehad wat by haar vlerk gesleep het, maar sy het almal op 'n afstand gehou. Santie het haar drie kinders baie lief. Hulle is die vrug van haar en Gerhard se liefde. Sy weet sy sal dalk weer iemand ontmoet, maar sy sal eers baie seker maak hy het haar kinders lief. Dit is nie vir haar enigsins onderhandelbaar nie. Sy sal agterna aan haar liefde of gevoel dink.

    Santie skink twee bekers koffie in en maak die beskuit blik oop.

    Ma, die koffie is ingeskink.

    Die groot gesette vrou kom in en kom sit by die kombuistafel, oorkant Santie. Sy neem haar beker koffie en roer een teelepeltjie heuning in.

    Dit gaan nou lekker wees my kind.

    Ek het self lus geword vir koffie Ma. Neem gerus beskuit. Hier is nog heelwat in die blik en ook in die spens.

    Santie, ek mis die kinders nogal. Dit is so stil sonder hulle wat altyd lewe bring hier op die plaas.

    Ja Ma, ek mis hulle net so baie, maar die tydjie wat hulle by my ouers gaan kuier, is vir hulle en my ouers net so kosbaar. Hulle is tog net twintig minute vêr. Ek weet ook hulle is veilig. Pa Herklaas sal nie dat hulle iets oorkom nie.

    Nog net twee dae dan kan ons hulle gaan haal. Ek sien so uit na hulle koms. Ek wil hulle weer 'n slag teen my vasdruk en hul stemme hoor.

    Ma, ek ook. Ek het my kinders regtigwaar baie lief en ek sal vir hulle enige iets opoffer, maar ek moet hulle ook die geleentheid gun om met hul oupa en ouma hul verbintenis te versterk.

    Ja ek weet Herklaas en Drienie het hulle net so lief.

    Ja, Ma, ek weet hulle het en daarom is ek gemaklik daarmee dat hulle gaan kuier. Ek weet hulle is veilig daar en sal niks oorkom nie.

    Santie, ek wonder steeds of ons weer die beeste van ons sal sien. Dit is nou wel net vier van ons wat gesteel is, maar al ons bure het deurgeloop.

    Ma, dit is 'n goeie vraag. Ons het al vele petisies na die landdros op die dorp gestuur en ek vertrou hy het die aangeleentheid Kaapstad toe gestuur. Ons moet seker eendag antwoord kry. As ons genoeg kla sal die landdros seker keelvol raak en iets daaraan doen.

    Santie, ek gaan vir my nog 'n drommetjie koffie skink, dit is nou regtig heerlik.

    Sekerlik Ma, ek gaan ook. Kry vir Ma nog beskuit ook.

    Die twee vrouens skink hul bekers weer vol en drink behaaglik. Die heuning maak die koffie regtig heerlik. Na hulle klaar is, ruim Santie op. Sy kyk na haar skoonma toe sy hoewe buite hoor.

    Sy neem die haelgeweer en stap uit na die stoep. Haar skoonma volg haar. Die twee vrouens staan doodstil en kyk na die ruiter wat aangery kom. So ongeveer een honderd jaarts weg van die opstal ry hy stadiger en laat die perd stap. Santie kan sien dit is 'n ervare ruiter. Die perd behoort koeler te wees as hulle die opstal bereik.

    Die ruiter is in sy middel twintigs. Hy het 'n geweer by hom, maar dit is in 'n skede langs sy saal. Hy het 'n baadjie aan en 'n hoed op sy kop. Agter sy saal is 'n kombers opgerol en daar hang ook 'n pannetjie en 'n klein keteltjie. Dit is 'n swerwer of iemand wat op reis is. Daar is ook twee groterige saalsakke sigbaar. Santie hou die haelgeweer gereed en rig dit op hom toe hy naby die opstal kom. Hy lig sy hoed toe hy tot stilstand kom. Santie kan sien sy hand is verbind en daar is ook 'n bloedvlek op die verband. Hy het 'n baard.

    Wat soek jy Meneer? Moenie eers afklim nie en hou jou hande weg van jou geweer. Ons het nie enige plek vir rondlopers nie. Kry jou ry.

    Môre Mevrou, ek sal nie afklim nie. Mag ek asseblief my perd water gee? Sy gehoorsaam net my bevele en is hier omdat ek hierheen gery het. Sy is onskuldig. Ek self sal oorleef. Ek sal uithou tot ek in die dorp is.

    Ja, die put is daar agter jou en daar is skoon bekers. Hou jou hande net weg van jou geweer.

    Haar stem is sag maar beslis. Die ruiter weet sy sal nie huiwer om te skiet nie. Oom Retief het niks gesê daarvan dat sy so kwaai is nie. Die twee vrouens sien hy klim af en gee die perd water. Sy drink en hy vryf liefdevol oor haar sy met sy gesonde hand.

    Die man spoel die bak uit na sy gedrink het, deur weer water uit die put te pomp en skiet die water uit oor die grond. Hy drink nie self enige water nie. Hy haal 'n wit voorwerp uit sy baadjie se sak, aan dieselfde kant as sy gesonde hand, en sit dit neer langs die put, waar die vrouens dit kan sien. Hy klim op sy perd en ry weg. Hy lig sy hoed in 'n groet en trek weg op 'n stewige galop. Hy kyk nie een maal om nie. Hy raak weg in die verte oor die bult.

    Hy het aanstoot geneem Santie.

    Hy moet maar sy trots sluk Ma. Ek vat geen kanse nie. Die risiko is te groot.

    Gaan jy kyk wat hy buite neergesit het?

    Ja Ma, ek gaan net gou die geweer bêre.

    Santie sit die geweer weer teen die muur waar dit altyd gereed staan en dan stap sy na die put. Dit is 'n brief wat hy daar gelos het. Sy herken haar pa se handskrif.

    Mevrou Santie Prinsloo,

    Meerbank.

    Santie stap terug kombuis toe. Sy gaan sit by die kombuistafel. Sy maak die brief oop.

    Dit is 'n brief van my pa, Ma.

    Sy begin lees.

    Liewe Santie,

    Ek vertrou dit gaan goed met jou. Ek het die geleentheid benut om 'n briefie saam met neef Pieter Maritz saam te stuur. Hy is deur Landdros Wilson skriftelik gemagtig om enige plaas in die distrik te betree. Ek het die aanstellingsbrief gesien. Hy wou nie veel sê nie, maar ek vermoed hy doen iets oor die reeks veediefstalle.

    Neef Pieter het 'n paar dae by ons oornag op ons uitnodiging en die ander plase van hier af besoek. Neef Maritz was so gaaf om my perd vir my te beslaan. Hy is baie ontwykend, maar ek lei af hy het geboer tot sy vrou oorlede is. Hy het ook my ploeg reggemaak. Hy wou niemand verontrief nie en het in die stalle by sy perd geslaap. Hy het soggens en saans in die rivier gaan was. Hy was sommer in die bittere koue water. Hy was selfversorgend. Hy het 'n klein keteltjie en is ooglopend baie lief vir koffie. Dit is ook al wat hy van my en Drienie aanvaar het. Hy kook self sy kos in 'n klein pannetjie wat hy by hom het. As hy die brief by jou laat, sal ek dit waardeer as jy hom 'n drommetjie koffie kan aanbied voor hy ry.

    Dit gaan goed met die kinders. Ons het eergister baie groot geskrik. Ons het 'n groot geraas in die hoenderhok gehoor. Almal het nuuskierig nader gegaan, die kinders ook. Dit was 'n groot rooikat gewees. Sy het op Nettie afgestorm en sy het hom met haar lappop gegooi. Neef Maritz het voor Nettie in geduik toe die ongedierte op haar afstorm, na hy haar pop verniel het. Neef Maritz se hand is taamlik beseer, maar hy het die kat met sy mes doodgemaak. Ons het sy hand verbind. Nettie was ontroosbaar oor haar pop. Neef Maritz het beseer en al sy perd opgesaal en sy ander goed in die stal gelos. Hy het na die betraande kind gestap en aan haar wangetjie gevat. Hy het met haar gepraat en sy het haar koppie geknik en weer gelag. Hy is hier weg met die pad oor ons bure se plaas. Die kind het gesê hy het 'n ander pop gaan haal.

    Hy het laat die middag teruggekeer en vir beide Santie en Nettie elkeen 'n winkelpop gebring. Nettie het ook 'n lappop gekry om die stukkende een te vervang. Vir Gerhard het hy 'n klein waentjie gebring. Die kind wil nie eers in huis toe kom nie. Hy wil net speel. Hy het 'n span klei osse voor die waentjie ingespan. Na hy die speelgoed vir die kinders gegee het, is hy weg en het eers vanoggend teruggekom om te groet voor hy terug dorp toe is.

    Ek kan maar net my gevolgtrekkings maak dat hy saam met sy vrou ook dalk 'n kind of twee verloor het. Ons sal die man wel weer sien, want hy is nog lank hier op regeringsdienste.

    Die kinders speel nou so lekker. Drienie het vir Gerhard se waentjie 'n seil gemaak en vir jou dogters se poppe rokke. Ek weet jy mis jou kinders, maar hulle laat die plaas lewe.

    Klein Gerhard was geensins gruwelik nie. Ek het hom saam met my geneem en hom laat voel soos 'n man. Die kind was nie eers een keer stout nie. Hy het geleer melk. Die seun se trots toe hy sy eerste straaltjie melk in die emmer kry, sal ek altyd onthou. Ons sal oormôre kook en dan kan jy en Christa hier by ons kom eet voor julle weer terug ry. Ons het vir jou 'n sakkie biltong ook reg.

    Die uwe,

    Herklaas Retief.

    Santie vee die twee trane wat in haar oë gevorm het. Sy het haar misgis met die man. Nou is die skade gedoen. Hy sal hulle nou vermy.

    Hoekom is jy ontsteld Santie?

    Sy gee die brief vir haar skoonma en stap na buite. Sy staan op die stoep en staar oor hul koringlande. Haar gedagtes is in ‘n warboel. Sy hoor haar skoonma uitkom.

    Santie, daar is geen manier hoe jy kon weet nie. Ons kan nie enige een vertrou nie.

    Ek stem saam Ma, maar dit is eerste indrukke wat tel. Hy gaan nou altyd aan ons dink as die mense wat hom weggejaag het. Hopelik kry ek eendag die geleentheid om reg te maak.

    Hy sal verstaan my kind. Dit is gevaarlik hier rond.

    Pieter Maritz sit die brief neer en klim op die perd. Onse genade, maar die vrou is 'n geitjie. Sy lyk gevaarlik agter die geweer. Hy sal eerder maar maak soos sy sê en vertrek. Hy is nie verleë oor haar water nie, maar Martha is 'n dier en sy moet sy gewig dra, sy kan nie sonder water klaarkom nie. Saam met die vrou is 'n ouer vrou, seker haar ma. Hy wonder waar haar man is. Hy het ook geen kinders op die werf gesien nie. Sy mag kwaai wees, maar hy moet erken sy is 'n mooi vrou. 'n Mooi vrou sal altyd 'n man hê. Hy vertrek op ‘n stewige galop, sonder om om te kyk.

    Hy ry halfpad en rus onder 'n boom. Martha begin gras vreet. Hy wag so 'n halfuur en ry dan weer verder tot by Grahamstad. Hy ry weer stadig die laaste ent en saal Martha af in die hotel se stal en hy gaan na sy kamer. Hy het genoeg tyd om te was voor hy gaan eet. Na hy klaar geëet het, drink hy 'n tweede koppie koffie en gaan deur sy notaboek. So die kwaai vrou is mevrou Prinsloo, 'n weduwee. Dit verduidelik hoekom sy so befoeterd is.

    Pieter dink weer terug aan sy tyd by die Retiefs. Hulle was gasvrye mense. Oom Herklaas het geen probleem gehad om hom huisvesting in sy stalle te gee nie. Hy dink ook terug aan die drie kindertjies wat hy op die werf gesien het. Hy sien weer die traantjies oor die klein dogtertjie se gesiggie na die rooikat haar pop so verniel het. Die kind se blydskap toe hy 'n nuwe pop in haar hande gegee het, het sy dag gemaak. Sy het reeds sy hart gesteel. Dit was ‘n wonderlike gevoel om soveel vreugde aan hulle te kon verskaf toe hy vir hulle die speelgoed gegee het. Hy sal die gevoel nog lank koester.

    Woensdagoggend vroeg is Santie en Christa weg na haar pa toe. Gert Witbooi en sy vrou Sarah staan op die werf en waai. Gert het die twee perde voor die kar ingespan. Sarah sal huis skoonmaak en kos kook vir vanaand. Gert sal die beeste versorg en vanaand melk. Die ander werkers is veld toe met die vee.

    Die karretjie vorder vinnig en hulle is binne twintig minute op Wolfhuispoort, haar pa se plaas. Die drie kinders storm na hul ma en ander ouma, en Santie moet eers die drie kinders se poppe en die waentjie bewonder. Sy kan sien die man het duur poppe gekoop. Sy kon dit nog nooit bekostig nie. Nettie is eerste om te wys.

    Mamma, die nare kat het my pop doodgebyt, maar toe het die oom vir my twee ander gekoop, kyk. Die ding het hom ook gebyt. Ouma het sy hand toegedraai. Daar was baie bloed.

    Die oom het vir my ook 'n regte pop gekoop.

    Klein Gerhard laat nie op hom wag nie.

    Mamma ek het nou 'n regte wa, hy het 'n seil ook.

    Dit is alles so mooi.

    Volgende moet Christa dit ontgeld. Herklaas en Drienie kom ook nader en groet hul dogter.

    Môre Santie, môre nig Christa.

    Môre Pa, môre Ma.

    Almal groet en soen amper gelyk en dan fluit Herklaas vir een van sy werkers om die twee perde af te saal. Hulle gaan binnetoe en Drienie skink koffie.

    Pa, ek lees dit was 'n rooikat wat julle hoenders kom steel het.

    Ja Santie, normaalweg is hulle sku vir mense, maar hierdie een was gewond. Ek dink sy was desperaat en mag dalk kleintjies hê. Dit lyk aan haar tiete of sy dalk onlangs dragtig was. Dit is seker maar die rede hoekom sy die man aangeval het. Ons kan net dankbaar wees hy was daar, want sy kon klein Nettie verskeur het. Sy het ons gas se hand lelik seergemaak, maar hy het die kind se lewe gered en die rooikat met sy mes vakant gemaak. Ons is juis besig om die vel vir hom te verwerk vir 'n sak of iets.

    Sjoe Santie, hy het hier gesit en nie 'n woord gesê toe ek hom verbind het nie. Hy het agterna met sy seer hand en al dorp toe gery en vir die kinders hul speelgoed gebring. Herklaas het nie gesien nie, maar daar was twee trane oor sy wange toe Nettie hom omhels het. Hy het vir my 'n splinternuwe medisynekissie gebring om te vergoed vir wat ek op hom gemors het. Hy is toe hier weg en het eers teruggekom net voor hy dorp toe vertrek het. Het hy ons brief gebring?

    Ja Ma, hy het.

    Ek wonder oor hom, ek weet hy is 'n wewenaar, maar ek dink sy kind is ook dood. Ek kon sien die kind het hom geraak. Jy moes sien hoe Nettie hom omhels het. Hy het in die rondte gedraai met haar voor hy haar neergesit het.

    En die ander twee?

    Hy het hulle ook gedruk. Hy het toe vir Gerhard gewys hoe die waentjie werk en toe ons ons oë uitvee sien ons hom wegry. Ons het geweet hy kom terug, want hy het nie al sy goed saamgeneem nie.

    Drienie, ek ken mense. Daardie jong man gaan terugkom. Buiten dat hy iets vir die landdros doen, weet ek die kind het sy hart geroer. Hy sal nie rus voor hy haar weer sien nie. Hy gaan eendag weer hier aankom en vra hoe dit met die kinders gaan. Vat notisie van wat ek julle vandag sê.

    Waar kom hy vandaan Pa?

    Geen idee nie my kind. Hy het nie gesê nie en ek wou hom nie uitvra nie. Hy het wel een keer gevra of hier enige plase te koop is, so dalk wil hy hom hier vestig. Ek weet net van oom Bertus se plaas wat te koop is op hierdie stadium, maar oom Bertus vra te veel. Hy mag wel 'n spogplaas hê, maar hy is net te duur, dit is seker die rede hoekom hy nog nie verkoop het nie.

    Wat vra neef Bertus, Herklaas?

    Christa, hy het gepraat van seshonderd pond, maar daardie plaas is nie eers vierhonderd werd nie.

    Pa, het hy nou die kluts kwyt geraak? Hy sal mos nooit daardie prys kry nie, al het hy water.

    Ons sal maar sien my kind, ons sal maar sien. Vrou, gooi nog koffie asseblief.

    Ma, ek sal ook nog een neem asseblief.

    Hulle gesels oor allerhande dinge tot die koffie klaar is. Daarna gaan wys Herklaas haar hoe Gerhard hom help met die melk. Die ou gesiggie straal trots uit toe die straaltjie in die emmer skiet. Bonte, die ou koei staan geduldig terwyl hulle met haar besig is. Herklaas melk en Gerhard help aan sy kant. Sy druk die ou seuntjie.

    Jy word nou 'n groot man my kind.

    Oupa het my geleer Mamma.

    Santie is maar te dankbaar dat haar skoonma niks gesê het dat hulle die man met die geweer weggejaag het nie. Hulle moet liewers nie nou daarvan hoor nie. Sy het nie nou lus om te verduidelik nie.

    Later die dag gaan Pieter na die grofsmid. Hulle ken mekaar al jare lank. Jan Venter het destyds op sy pa se grond aangekom, verwond en sy pa het hom verpleeg en versorg. Toe sy skuldeiers opdaag, het hy die twaalf pond gegee en hy het nooit ooit weer daarna verwys nie. Jan en Pieter het groot vriende geword. Jan het vir Pieter die fynere kunsies van die beroep geleer.

    Middag Jan, mag ek voor jy vir jou middagete vertrek, weer so maak asseblief?

    Sekerlik Pieter, was jy weer gelukkig?

    Nie baie nie, maar ek het darem 'n paar onse gekry.

    Pieter haal 'n klein smeltkroesie uit en 'n klein gietvorm. Hy haal 'n klein vel sakkie uit en gooi die helfte van die inhoud in die smeltkroes. Jan hou hom dop. Die sakkie is vol stukkies spoelgoud. Dit is min, maar die sakkie se inhoud saam is 'n klein fortuin werd. Jan weet dit is gevaarlik om met die goud in die rou vorm rond te loop. Almal sal dit herken en Pieter se lewe sal niks werd wees nie. Al wat 'n fortuinsoeker is, sal sy geheim wil weet, en sal nie huiwer om sy geheim uit hom te dwing nie, al is dit om hom te dood.

    Pieter pomp die blaasbalk en gou-gou smelt die bietjie goud. Hy giet vier vormpies. Dit lyk na ou munte. Die een kant het nogal 'n patroon, van Oosterse ontwerp. Die tweede helfte gaan gouer en Pieter het nege van die munte. Hy haal tien een pond note uit en stop dit in Jan se hand.

    Pieter...

    Jan, ek wil geen stories hoor nie. Jy het die geld ook nodig. Ek het mos nou iets gemaak, so hoekom nie jy ook nie? Nou het ek genoeg om vir my hier te kan vestig. Ek gaan môre met die bank praat.

    Pieter, hoekom kom eet jy nie vanaand by ons nie? Ons eet eenvoudig, maar Anna sal dit waardeer.

    Is jy seker Jan? Ek wil nie vir julle verontrief nie.

    Jy sal nie Pieter, Anna ondersteun my ten volle.

    Goed Jan, ek aanvaar dan. Ek bring so 'n klein botteltjie brandewyn saam om te geniet. Wat kan ek vir Anna bring?

    Sy hou van wit wyn, semi-soet.

    Goed Jan, ek bring vir haar wyn saam. Dan kan ons lekker gesels oor die ou dae en die toekoms.

    "Ek

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1