Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Jesus ruik na mirre en stof
Jesus ruik na mirre en stof
Jesus ruik na mirre en stof
Ebook194 pages3 hours

Jesus ruik na mirre en stof

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

By sy geboorte het Jesus na mirre geruik, daarna lees ons weer by die kruisiging van mirre wanneer een van die soldate dit vir Jesus aanbied om te drink. Tussen krip en kruis en graf het Jesus na baie dinge geruik. As timmerman het Hy na hout geruik, by sy dissipels op die skuite het Hy na vis geruik, op die paaie het Hy na sweet en stof geruik en aan die kruis het Hy na bloed geruik. Jesus ruik na mirre en stof sal Jesus op ’n unieke aardse manier aan jou bekendstel.
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateAug 5, 2016
ISBN9780796319418
Jesus ruik na mirre en stof
Author

Pierre du Plessis

Pierre du Plessis is ’n flaneur, ’n wandelaar van die stad, wat die vloei van ons wêreld bekyk. Hy het gewerk in die advertensiewese en die modebedryf. Hy skryf vir verskeie blogs en praat tans gereeld oor tendense, kreatiwiteit en hoe om te leef en te werk in ’n vinnig veranderende wêreld. Hy is die stigter van 3rdplace, ’n kerk en geloofsgemeenskap in Pretoria wat vanuit die randte van die samelewing funksioneer. Hy bly in Sunnyside, Pretoria, saam met sy vrou Rialette, sy twee kinders Noa en Luther, en sy iPhone

Read more from Pierre Du Plessis

Related to Jesus ruik na mirre en stof

Related ebooks

Related articles

Reviews for Jesus ruik na mirre en stof

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating1 review

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

  • Rating: 5 out of 5 stars
    5/5
    Pierre se skryfstyl breek nuwe perspektiewe oop oor Jesus.Die boek is definitief een van van my top 10

Book preview

Jesus ruik na mirre en stof - Pierre du Plessis

Rialette, hierdie een is vir jou.

Jy is my liefde en my redder.

Voorwoord

"My nooi is in ’n nartjie,

my ouma in kaneel.

daar’s iemand … iemand in anys,

daar’s ’n vrou in elke geur!"

So skryf DJ Opperman (1917-1985), een van die grootste stemme ooit in die Afrikaanse letterkunde. Geure omring ons gedurig. Dit betower ons … Dit herinner ons … Dit nooi ons … Dit stoot ons af.

Die regte parfuum herinner ons uit die bloute aan ons eerste hoërskoolliefde. Aromatiese kosgeure maak ons honger. Die reuk van reën of die geure van blomme vul ons met vreugde. Gebrande kos se reuke veroorsaak dat ons al wat ’n venster is in die kombuis oopmaak om daarvan ontslae te raak. Uie se reuk laat ons oë traan. Asblikke laat ons na ons asem snak.

Dan is daar boonop al die geure wat aan mense vaskleef, soos ouma se kaneelgeure. Die reuk van ghries wat werktuigkundiges soms vergesel. Daardie deep heat- reuk wat sinoniem is met rugbyspelers en ander sportsterre. Dettol en mediese personeel …

Om nie te kan ruik nie, moet ’n verskriklike las wees. Vra maar vir diegene wie se reuksintuie permanent beskadig is. Vir mense wat een of ander tydelike lugweginfeksie onder die knie probeer kry. Hulle kan dan nie ruik of behoorlik proe wat hulle eet nie. Kos raak gou-gou smaakloos wanneer dit onruikbaar raak. Dalk gebeur dieselfde met die lewe! Wanneer ons die lewe se klanke en geure nie meer kan ruik nie, wil ons dit ook nie regtig beleef nie.

Reuke en smake loop hand aan hand, ook wanneer ons geloof ter sprake is. Vat maar Israel se godsdiens wat deurtrek was van allerlei geure. Die reuk van brandende vleis op die brandofferaltaar in Jerusalem het besoekers dadelik opgeval; so ook die wierook wat elke oggend en aand op ’n spesiale wierookaltaar reg langs die Allerheiligste gebrand is. Hul geloof was ruikbaar en proebaar. Toe kom die tempel tot ’n val en toe raak mense se geloofsneuse verstop. Van toe af het baie van ons vergeet om ons geloof te ruik … en om sommer self ook die regte geloofsgeure af te gee.

Genadiglik het Pierre du Plessis weer die fyn geloofskuns van ruik ontdek. Hy leer ons in hierdie aangrypende boek hoe om ons geloofsreuksintuig reg in te oefen. Jesus se geure van genade, liefde en omgee word op soveel maniere op die volgende bladsye vertel dat jy Hom behoorlik kan inasem. Parfuum, mirre, hout en klip, ’n kruis, stof, sweet, skape – jy noem dit en hierdie geure kleef aan Jesus vas. Pierre leer ons ook tussen die lyne om self die regte geure af te gee. In dieselfde asem leer hy hoe om vriende en vreemdelinge se reuke uit te ken en hulle raak te leef – al daardie mense wat vir Jesus so ontsettend kosbaar is.

Jy het nou een van daardie skaars boeke in jou hand wat regtig ’n vars, kreatiewe perspektief op Jesus en op die lewe self bied. Dit huisves ’n skatkamer vol nuwe geloofsgeure en vars persepsies. Dit gaan jou leer hoe om ’n nuwe geloofsneus te hê en hoe om agter die regte reuke van geloof aan te leef!

Stephan Joubert

INLEIDING

Ouma se beskuit en Orcas Eiland

Kan jy onthou hoe jou ouma se beskuit ruik of hoe dit geruik het as jou pa die gras gesny het? Dit het altyd vir my soos waatlemoen geruik. Ek is versot op reuke, dit fassineer my totaal en al. Ek is mal daaroor as ek by die huis kom na ’n naweek in die bos, my tas oopmaak en die reuk van die bosveldvuur sit nog so in die klere.

Pretoria ruik soos blomme en kruie, die Kaap soos fynbos, daar is iemand in ’n nartjie, in kaneel en iemand in anys, soos Stephan Joubert vir Opperman aanhaal. Ons wêreld is vol reuke en reuke lok ’n herinnering uit soos niks anders nie. Nog voor jy kan keer, is jy terug in die laerskool met die reuk van potloodskerpmaaksels en bordkryt, of in jou ma se huis, in jou pa se arms. Dit het blykbaar iets te doen met jou brein se limbiese stelsel wat direk gekoppel is aan jou reuksintuig, met ander woorde, daar is geen filter nie. Nog voor jou kop kan sê: Nee wag, is jy reeds daar.

Dit was Leonard Sweet, die teoloog, kerkhistorikus en skrywer, wat die eerste keer iewers in ’n werksessie tien jaar of so terug die vraag gevra het: Soos wat ruik Jesus?. Sedertdien het ek ’n hele paar keer saam met Stephan Joubert na Len se huis op Orcas Eiland in Washington in die VSA gereis. Dit is vir my een van die mees spesiale plekke in die wêreld en om ’n paar dae daar te spandeer voed my siel. Dis heerlik om op Len se dek te sit en oor die Stille Oseaan te kyk, en om sy huis vol oudhede en sy wonderlike stories te geniet. Ons praat Jesus en kerk so tussen die gerookte salm, berge kos, sigare en rooiwyn deur.

Len is my leermeester as dit kom by reuke. Hy brand kerse in sy studeerkamer – Len’s lair – wat soos die Notre Dame ruik. Hy moedig my aan om elke keer in sy huis ’n ander geur uit sy versameling aan te spuit.

Vandag nog brand ons wierook en kerse in 3rdplace op Sondae, grotendeels Len se invloed. ’n Kerk moet darem soos iets ruik, na iets anders as vloerwasmiddel.

Die vraag Soos wat ruik Jesus? het Jesus vir my nader gebring, mens gemaak. Jesus is baie keer so ver en geestelik dat dit moeilik is om met Hom te assosieer, om Hom te ken. Ek het besef dat Jesus ook soos ek na sweet geruik het of na stof na ’n dag se stap op ’n grondpad. Die reuke in Jesus se lewe maak Hom mens. Sy menswees is tog die wonder van die evangelie, ’n wonder wat ons nie altyd raaksien nie: God wat mens geword het en by ons kom bly het. ’n Vlees-en-bloed mens. Hoe fantasties.

So hier is dit nou, my eerste boek. Baie mense het die stories in die boek beïnvloed en ek het probeer erkenning gee waar ek onthou het. Vergewe maar as ek nagelaat het.

Stephan Joubert, dankie vir jou insae in my lewe, vir al die toere oor die wêreld oor, jou ewige gasvryheid en vrygewigheid. Ek is jou ewig dankbaar. Len, jy wat nie Afrikaans kan lees nie, jy is my held en my inspirasie. Aan al ons vriende wat by ons staan deur die mal ding van kerkplanting en kerkgroei. Julle is my lewe. Tom Smith, wat my altyd uitdaag en moeilike vrae vra. Nicholas wat saam met my by 3rdplace preek. Dinda, jy is ’n legende, ek dink nie ek kan ooit iets doen om jou teleur te stel nie. Tiaan, vir lekker drukkies en mooi musiek. Janet vir saamstap, saambid en saam mal goed doen vir so ’n lang tyd al. Corné vir vriendskap, baie, baie raad en die baie whisky saam. Linda en JP vir oop harte en fyn luister na die Gees. Ons bure, die Buhre, julle is beste bure, dankie vir die invalle en julle oop hande en harte! Angus en Rina, die kunstenaars wie se werk ek in die boek beskryf, dankie vir die etes en die laatnag kuiers – julle inspireer my om mooier te leef en meer te skep. My ma, wat ook ’n skrywer is, en my op die pad gehou en vasgebid het. Dan ’n spesiale shout out aan elke Facebookvriend wat oor die laaste jaar kommentaar oor die boek gelewer het: Baie dankie, ek hoop dit werk vir julle. #jesusruiksoos!

Daar is so baie in hierdie boek oor ons kerk 3rdplace en ons vriende wat deel vorm van die gemeenskap. Hierdie boek is die opsomming van ons gemeenskap se teologie wat oor die laaste tien jaar ontwikkel het. Dankie vir elkeen wat oor die jare deel was, bygedra het, stories vertel het en saam koffie gedrink het. Dankie aan elkeen wat vir ’n tyd lank deel was van ons gemeenskap en vir elkeen wat van oor die hele wêreld heen luister. Dankie dat julle almal my leer wat dit is om lief te wees vir Jesus en lief te wees vir ander.

Vir jou wat die boek lees, mag dit iets vertel van Jesus. Mag dit jou inspireer en mag jy liefde in jou lewe beleef.

Genade en vrede

Pierre

Pretoria, Suid-Afrika

Januarie 2016

Naskrif: ’n Derde van wat ek in hierdie boek kwytraak, is totaal en al verkeerd; die probleem is dat ek nie seker is watter derde dit is nie.

Krip

Wanneer ons in ’n kerkdiens ons geloofsbelydenis opsê, praat ons van die krip en die kruis. Jesus is gebore en Jesus het gesterf. Ons baseer ons geloof en ons geloofspad op hierdie twee gebeurtenisse, maar wat van die res? Daar is nagenoeg drie en dertig jaar tussen die twee. Hoekom het ons dan so baie stories oor Jesus as al wat saak maak, is dat hy gebore is, gesterf het en opgestaan het? Boonop het ons nie net een weergawe van sy lewe nie, maar vier uit vier oogpunte.

Jesus se gunsteling-titel vir homself was die Seun van die mens. Jesus is die argetipe van die mens. Hy het die heelal kom red, maar hy het ook vir ons kom wys wat dit is om mens te wees, hoe om volkome mens te wees, hoe om in oorvloed te leef.

Die vraag is nie net wat glo jy nie, waarvan die antwoord gewoonlik iets is soos: Ek glo in die opstanding of Ek glo dat Jesus my persoonlike Saligmaker en Verlosser is of Ek glo dat hy vir my sondes kom sterf het. Die groter vraag is, wie is Jesus? Dit is die vraag wat die Evangelies deurentyd vra.

Wie is hierdie man?

Dit is ’n vraag wat ons samelewing steeds vra. Google ’n slag Jesus en kyk wat verskyn. Jesus is die sentrale figuur in die Westerse samelewing – of jy nou ’n Christen is of nie. Jesus was al op die voorblad van TIME, LIFE en Newsweek. Hy is seker die mees kontroversiële figuur in die geskiedenis.

Wie is hierdie man wat na skaap, sweet, bloed, parfuum, vissermanne en armes ruik? Wat sê dit vir my van Hom en sy lewe? Wat sê dit vir my van God self?

Wie Jesus is, is seker ’n belangrike vraag vir ons almal. Belangriker egter is ons antwoord. Wat doen ek met my lewe as gevolg van my kennis van wie Jesus is, van wie God is? Wat is my reaksie? Watter tipe mens is ek dan of moet ek dan word? As ek na Jesus kyk, hoe lyk my lewe dan, hoe sien ek die wêreld? As ek so naby aan Hom kom dat ek soos Hy begin ruik, hoe lyk my daaglikse lewe?

Hopelik is dit meer as net ’n transaksie.

HOOFSTUK 1

Na skaap

God is met ons?

Dis juis die ding: gode is altyd ver. Ons moet na hulle toe gaan, ons moet opdaag voordat hulle opdaag. Ons moet net so ietwat mooier sing, en harder lees, en iets meer doen, dan sal God opdaag.

Toe ek hierdie God is met ons hier bo tik, oorweldig dit my. Wat kan ink en papier nou in elk geval van die teenwoordigheid van God sê? Hoe probeer ’n mens so ’n groot en ongelooflike waarheid oordra? God is soms so ver, oftewel God voel soms so ver. Hoe pas die heerlikheid van ’n troon en die mag van die God van die heelal in elk geval in my daaglikse lewe, soos wanneer ek melk en brood gaan koop?

* * *

Lank terug het ek om ’n tafel met ’n groep mense gesit, mense wat dalk nie so maklik verteerbaar vir die deursnit kerkganger sal wees nie – maar hopelik is ek verkeerd. Ek het langs my destydse meisie gesit. Die tafel was onder ’n afdak gedek met kersliggies wat bo ons opgehang is. Dit was vir ’n vriend se verjaardag, Tom dink ek was sy naam. Tom en sy boyfriend het aan die verste kant van die tafel gesit en ons amper in die middel. Glase vol wyn, feestelikheid. Oorkant ons het nog ’n paartjie gesit, twee ouens. Ek kan nou glad nie die name onthou nie, was nog altyd maar sleg daarmee. Die een ou aan die regterkant was soos ’n vrou aangetrek, netjiese bob-styl hare, mooi grimering, somersrokkie, eintlik heel netjies en stylvol. Ek onthou dat sy¹ in ’n stadium opgekyk het, ons oë vir ’n oomblik ontmoet het en sy geglimlag het. Ek het stip na

Enjoying the preview?
Page 1 of 1