Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Ontvang die Salwing
Ontvang die Salwing
Ontvang die Salwing
Ebook76 pages58 minutes

Ontvang die Salwing

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

"Die salwing is die belangrikste sleutel nodig om die deur oop te maak vir 'n suksesvolle en vervullende bediening. Baie mense het probeer om God se werk uit opregte motiewe doen, sonder om baie ver te kom, want hulle het nie besef dat dit is 'Nie deur mag nie, nie deur krag nie, maar deur My...

LanguageAfrikaans
Release dateJul 28, 2016
ISBN9781613953181
Ontvang die Salwing
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Ontvang die Salwing

Related ebooks

Related articles

Reviews for Ontvang die Salwing

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Ontvang die Salwing - Dag Heward-Mills

    Ek het geen formele opleiding vir die bediening gehad nie, geen Bybelskool nie en baie min kontak met enige groot man van God. Toe ek met die bediening begin het, het sommige van die manne van God met wie ek in aanraking gekom het, eindelik die roeping van God in my lewe betwyfel en beveg. Ek het geen ander keuse gehad nie as om die salwing te probeer verkry van manne van God wat ver van my af was, en wel deur hulle kassette en boeke.

    Ek glo dat ek deur die Heilige Gees gesalf is om in my amp in die bediening te staan. Ek het te veel getuienis rondom my om die werklikheid van die salwing in my lewe te betwyfel. Ek glo ook dat die elektroniese en tegnologiese ontwikkeling in die wêreld tot die voordeel van die koninkryk van God en die bediening aangewend moet word. Die tegnologie het dit moontlik gemaak om naby te kom aan mense wat gesalf is.

    Dit is die salwing wat jy nodig het

    Wanneer God ’n man van God na jou toe stuur, kry jy diegeleentheid om hom te ontvang en ook die salwing wat daar op sy lewe is, te kry. Die salwing is die belangrikste ding wat ek en jy nodig het om God se werk te doen. Die profeet Sagaria het geweet dat salwing die belangrikste ding was. Dit is hy wat gesê het: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees (Sagaria 4:6).

    Elisa het ook besef dat dit die salwing was wat Elia se bediening suksesvol laat wees het. Toe hy die geleentheid gekry het, het hy gevra om die salwing te ontvang. Sommige mense mag gevra het vir die geld, die opleiding of die kwalifikasies wat Elia gehad het, maar Elisa het vir die salwing gevra!

    En nadat hulle deur was, sê Elía vir Elísa: Begeer wat ek vir jou moet doen, voordat ek van jou af weggeneem word. En Elísa antwoord: Laat dan tog ’n dubbele deel van u gees op my kom.

    2 Konings 2:9

    In hierdie boek wil ek met jou praat oor ’n kanaal van salwing waaroor daar nie gewoonlik gepraat word nie. Dit mag vir jou nuut klink, maar dit is ’n baie groot werklikheid. As daar enige manier is waarop jy die salwing kan ontvang, doen dit dan asseblief! Ek bied hierdie moontlikheid nie vir jou as die enigste manier waarop God jou kan salf nie. Ek deel net met jou wat ek van die Here ontvang het. Ek deel met jou wat Bybels en Skriftuurlik gesond is. Jy moet gesalf wees

    Baie mense het die salwing ontvang deur na kassette te luister en boeke te lees, maar hulle verstaan nie wat met hulle gebeur het nie. Baie mense wat die salwing langs hierdie kanaal ontvang het, kan nie daaroor onderrig gee nie, omdat hulle dit nie ten volle verstaan nie. Ek glo dat dit my taak is om hierdie eenvoudige en werklike metode vir jou te leer om die mees onontbeerlike bestanddeel van jou bediening te ontvang – die salwing.

    Hoofstuk 2

    Omgang met die groot manne van God

    In ’n ander boek (Die mega-kerk deur Biskop Heward-Mills) het ek oor die belangrikheid daarvan gepraat om naby omgang met ’n man van God te hê sodat jy die salwing kan ontvang wat op sy lewe is. Waarom moet jy met die gesalfde manne van God omgaan? Wat verkry jy presies deur hierdie omgang? Wanneer jy nabye omgang met ’n man van God het, hoor jy oor en oor hoe hy praat. Hierdie woorde bevat die salwing. Toe Elisa naby omgang met Elia gehad het, het hy hom oor en oor hoor praat.

    En terwyl hulle ALDEUR LOOP EN SPREEK …

    2 Konings 2:11

    Woorde is kragtig!

    Jesus het vir sy dissipels gesê dat sy woorde twee belangrike dinge bevat: hulle bevat lewe en die Gees! Wat is hierdie Gees? Die Gees is die salwing! Die Bybel sê dat God Jesus van Nasaret met die Heilige Gees en met krag gesalf het (Handelinge 10:38). Jesus is met die Heilige Gees gesalf, en daarom is die Heilige Gees (die inhoud waarmee Hy gesalf is) die salwing.

    … die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

    Johannes 6:63

    Vir baie mense is die nabye omgang met manne van God waaroor ons praat nie moontlik nie behalwe deur die gebruik van boeke en kassette. Boeke en kassette bevat die woorde van gesalfde manne van God. Die woorde van gesalfde manne van God bevat die Gees en lewe.

    Om die boeke in te drink wat deur gesalfde manne geskryf is, is ’n onontbeerlike manier om met hulle om te gaan. Die tyd wat jy daaraan bestee om ’n boek te lees, is tyd wat bestee word aan omgang met die skrywer van die boek. Wat ’n groot voorreg is dit nie om vir drie ure in die privaatheid van jou huis met ’n groot man om te gaan nie.

    Terwyl jy hierdie boek lees, het jy gemeenskap met myen ek het gemeenskap met jou. Terwyl ek hierdie boek skryf,voel ek dat ek met sekere mense praat. Ek het ’n direkte bediening aan soveel mense as wat die tyd daaraan sou bestee om dit te ontvang. Net soos

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1