Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Hulle wat jou beskuldig
Hulle wat jou beskuldig
Hulle wat jou beskuldig
Ebook141 pages1 hour

Hulle wat jou beskuldig

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Miskien is een van die grootste vyande wat jy ooit gaan teenkom, die “beskuldiger in die midde van die broers”. Verkry goeie insig in hoe die wapen van beskuldiging gebruik word en leer hoe om dit te oorkom terwyl jy hierdie klassieke boek van Dag Heward-Mills lees.

LanguageAfrikaans
Release dateJul 28, 2016
ISBN9781613953136
Hulle wat jou beskuldig
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Hulle wat jou beskuldig

Related ebooks

Related articles

Reviews for Hulle wat jou beskuldig

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Hulle wat jou beskuldig - Dag Heward-Mills

    Toe hoor ek ’n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die AANKLAER van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle AANKLAAG voor onse God, dag en nag.

    Openbaring 12:10

    Hoewel die duiwel algemeen bekend is as die aanklaer van die broers, is hy in werklikheid die aanklaer te midde van die broers. In jou ervaring as leier sal jy verskillende soorte mense ontmoet. Miskien is een van die mees vreesaanjaende vyande wat jy ooit sal teëkom, die aanklaer te midde van die broers.

    Probleme lê op verskillende vlakke, maar een van die hoogste probleme is om met ’n aanklaer tussen die broers te doen te kry.

    Op die hoogtepunt van jou bediening sal jy met die beskuldiger worstel. Om te beskuldig, is Satan se hoogste strategie wanneer hy met ’n onoorwinlike vyand te doen kry.

    Satan se beste wapen

    Satan het verskillende formate waarin hy sy werk doen. Hy mag na jou toe kom in die vorm van ’n versoeker, ’n leuenaar, ’n moordenaar of ’n misleier. Wanneer hy jou egter as ’n beskuldiger aanvat, het jy met ’n oorlog op die hoogste moontlike vlak te doen.

    Hierdie beginsel word duidelik in die lewe van Jesus Christus gesien. Aanvanklik het die duiwel in die vorm van ’n versoeker na Hom toe gekom. Jesus Christus is vir veertig dae in die woestyn versoek. Satan het in die woestyn vir Hom gelieg en wanhopig probeer om Hom te mislei.

    Dwarsdeur sy bediening is die Here deur die duiwel in die vorm van ’n moordenaar aangeval. Hy was ’n moordenaar van die begin af (Johannes 8:44). By verskillende geleenthede het Satan probeer om Jesus deur die dreigende optrede van massas dood te maak, maar Hy het elke keer ontkom.

    … en hulle het opgestaan en Hom uit die stad uitgedryf en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle stad gebou was, om Hom van die krans af te gooi. Maar Hy het tussen hulle deur geloop en weggegaan.

    Lukas 4:29-30

    By ’n ander geleentheid het die duiwel probeer om Jesus in die See van Galilea te laat verdrink, maar hy was nie suksesvol nie, omdat Jesus die storm bestraf het. Dit was nie God wat die storm laat plaasvind het nie, anders sou Jesus God se wysheid teengestaan het toe Hy die storm bestraf het.

    En terwyl hulle seil, raak Hy aan die slaap. Toe kom daar ’n stormwind op die see af en die skuit het begin vol word, en hulle was in gevaar.

    En hulle het na Hom gegaan en Hom wakker gemaak en gesê: Meester, Meester, ons vergaan! Hy staan toe op en bestraf die wind en die watergolwe, en hulle het bedaar en daar het ’n stilte gekom.

    Lukas 8:23-24

    Om in die kleed van ’n beskuldiger te kom

    Jesus se bediening is egter finaal tot ’n einde gebring toe Satan die kleed van ’n beskuldiger aangetrek het. Jesus het ’n volle week van intense beskuldigings verduur, wat sy bediening tot ’n einde gebring het. Hierdie week van intense beskuldigings het gestrek van Palmsondag af totdat Hy gekruisig is. In Matteus 21:1-17 sal jy sien hoe Hy Jerusalem triomfantelik binnegekom het en die tempel gereinig het. Jy sal opmerk hoe die vrae en die beskuldigings begin het van die dag nadat Hy in Jerusalem aangekom het (Matteus 21:23).

    By hierdie geleentheid het Satan sy dodelikste wapen uitgehaal en dit teen die Here ontplooi. Die wapen van beskuldiging het uiteindelik sigbaar geword. Vir ’n volle week voor die Paasfees is die Here in die tempel met vrae bestook en deur die Fariseërs ondersoek (beskuldig).

    Toe gaan die Fariseërs saam raad hou hoe OM HOM IN SY WOORD TE VERSTRIK. 

    En hulle stuur hul dissipels saam met die Herodiane na Hom en sê: Meester, ons weet dat U waaragtig is en die weg van God in waarheid leer en U aan niemand steur nie, want U sien nie die persoon van mense aan nie — sê dan vir ons, wat dink U: Is dit geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie? Maar Jesus het hulle BOOSHEID bemerk en gesê: Geveinsdes, waarom VERSOEK julle My?

    Matteus 22:15-19

    Die Here is met vrae bestook oor elke faset van sy lewe en sy bediening.

    Vir verskeie dae het die Here die boosheid en die huigeling verduur van diegene wat Hom in die tempel met vrae bestook het. In die laaste vier en twintig uur van sy lewe, is Hy in die paleis van die hoëpriester, in Pilatus se hof en ook in Herodes se paleis beskuldig.

    Jesus het op hierdie reeks van beskuldigings op hoë vlak op verskillende maniere gereageer. Hy het die vrae in die tempel bondig beantwoord en sy beskuldigers soos dwase laat voorkom.

    En toe hulle dit hoor, was hulle verwonderd en het Hom verlaat en weggegaan.

    Matteus 22:22

    Hulle het nog nooit so iets tevore gehoor nie.

    Die dienaars antwoord: Nooit het ’n mens so gespreek soos hierdie mens nie.

    Johannes 7:46

    In die hof van Pilatus en die ander heidense regeerders, het Hy niks geantwoord op die vrae wat aan Hom gestel is nie.

    En Hy het hom op geen enkele woord geantwoord nie, sodat die goewerneur hom baie verwonder het.

    Matteus 27:14

    Soos jy kan sien, het Satan verskillende voorkomste wanneer hy sy aanvalle loods. In hierdie deel van die boek sal ons praat oor die beskuldigers wat deur die duiwel gebruik word om vrees in jou binneste wakker te maak. Miskien worstel jy met ’n plaag van beskuldigings in die bediening. Jy verstaan dikwels nie wat besig is om met jou te gebeur nie. Teen die tyd dat jy hierdie boek klaar gelees het, sal God vir jou die wysheid gee om die vyand te beveg.

    Wat is ’n beskuldiging?

    ’n Beskuldiging is ’n aanklag of ’n bewering wat teen iemand ingebring word. Dit lê blaam en dit wys ’n vinger na die persoon. ’n Beskuldiging is ’n stelling wat sê dat jy van oordeel is dat iemand daaraan skuldig is dat hy iets verkeerds gedoen het, veral dat hy ’n misdaad gepleeg het.

    Hierdie stellings wat teen ’n persoon ingebring word, tree telkens op teen ’n skuldgevoel wat algaande verwelk en verswak. Dit is net mense met ’n baie sterk ingesteldheid wat vir ’n lang tyd met voortdurende beskuldigings kan saamleef.

    Selfs al kom die beskuldigings uit die monde van mense, word hulle deur die aanklaer van die broers self gesalf. Satan is die aanklaer te midde van die broers.

    Wie is die mense wat algemeen as beskuldigers in diens geneem word?

    In my land word sommige mense algemeen as veiligheidswagte in diens geneem. Daar is ook mense wat algemeen as slagters of vleisverkopers in diens geneem word. So is daar ook sekere mense wat Satan algemeen as beskuldigers in diens neem. Hierdie mense val in die kategorie wat ek bekende vriende van die beskuldigde noem.

    Selfs die man wat met my in vrede lewe, op wie ek vertrou het, wat my brood eet, het die hakskeen teen my opgelig.

    Psalm 41:10

    Bekende vriende is die bekende mense in jou lewe: vriende, mans, vroue, seuns, dogters, geliefdes, hulppastors, kerklidmate, joernaliste, klasmaats en so meer. As beskuldigings enige impak moet hê, moet hulle deur iemand naby jou toegedien word.

    Waarom nie eenvoudig die beskuldigings eenkant toe vee nie?

    Is beskuldigings nie maar stellings wat waar of vals kan wees nie? As hulle nie waar is nie, waarom ignoreer ons hulle nie net nie? Maar dit is nooit so maklik soos dit nie.

    Beskuldigings word uit die hel gesalf. Beskuldigings is geestelike dinge. Beskuldigings is pyle wat met sataniese gif belaai is. So gou as wat die gif in jou bloedstroom kom, versprei dit deur jou hele wese en val dit jou hart aan. Soos ’n vinnig verspreidende natuurlike gif, word jy grootliks beïnvloed deur wat na ’n klein pyl lyk.

    Ek het groot reuse van God gesien wat heeltemal gefrommel is deur ongegronde beskuldigings wat vir die toeskouers onbenullig gelyk het. So groot is die krag van beskuldiging. Dit is ’n verwarrende wapen en die uitwerking daarvan is geheimsinnig. Beskuldigings is waarlik geestelike wapens.

    Om ’n vinger te wys 

    Dan SAL JOU LIG DEURBREEK SOOS DIE DAGERAAD en jou genesing skielik uitspruit; en jou geregtigheid sal voor jou uit gaan, die heerlikheid van die Here jou agterhoede wees.

    Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord; jy sal skreeu om hulp, en Hy sal sê: Hier is Ek! AS JY VAN JOU VERWYDER die verdrukking, DIE UITSTEEK VAN DIE VINGER en die leuenagtige woord,

    Jesaja 58:8-9

    Beskuldiging word ook genoem om ’n vinger te wysDie kwaad wat losgelaat word wanneer ’n vinger gewys word, is so groot dat die lig in jou lewe en in jou bedizening in werklikheid daardeur verdof sal word. Jou lig sal verskyn soos die dagbreek en daar sal herstel wees as jy nie meer die vinger wys nie!

    Bedienings kan nie vooruitgang maak as ’n persoon wat vinger wys, toegelaat word om sy werk in jou nabyheid te doen nie. Baie van die donkerheid in die liggaam van Christus is die gevolg van die onophoudelike beskuldigings wat gemaak word deur broer teen broer, suster teen suster, man teen vrou en so meer.

    Jy moet die mense rondom jou ken wat gebruik word om jou te beskuldig. Elke goeie leier moet die beginsels van beskuldiging verstaan. Jy kan in die bediening as gevolg van ’n verskeidenheid beskuldigings verswak en verwelk! Jou bediening kan in werklikheid deur beskuldigings ’n verkeerde rigting inslaan. Ek het dit self ondervind. Miskien is dit die heel belangrikste deel van hierdie boek, en ek bid dat jy dit met erns sal bestudeer. Die boek

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1