Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Hulle wat Vergeet
Hulle wat Vergeet
Hulle wat Vergeet
Ebook127 pages1 hour

Hulle wat Vergeet

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Opstandige mense onthou nie wat vir hulle gedoen is nie en kies dikwels om sekere dinge te vergeet. Judas het nie onthou wat Jesus vir hom gedoen het nie en hy het ook nie onthou wat hy van Jesus gesien en gehoor het nie. Daarom het hy die veragtelike karakter geword wat ons vandag as “Judas” ken.
Die vermoë om te onthou is een van die belangrikste geestelike kwaliteite wat ‘n bedienaar kan hê...

LanguageAfrikaans
Release dateJul 28, 2016
ISBN9781613953143
Hulle wat Vergeet
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Hulle wat Vergeet

Related ebooks

Related articles

Reviews for Hulle wat Vergeet

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Hulle wat Vergeet - Dag Heward-Mills

    Want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie …

    Hebreërs 6:10

    1. Mense wat vergeet is onregverdig.

    WANT GOD IS NIE ONREGVERDIG OM JULLE WERK TE VERGEET NIE en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.

    Hebreërs 6:10 

    Die meeste mense is bewus van die vier groot sondes: lieg, steel, ontug en moord. As jy vir mense sou vra om ’n lys van sondes te maak, sal hulle waarskynlik nie die sonde van vergeet noem nie. Maar God se Woord is hieroor baie duidelik. Om te vergeet is sonde! Om te vergeet, om te versuim om te erken en om te versuim om te onthou is sonde voor God.

    Kan ’n jonkvrou haar versiersel vergeet, ’n bruid haar pronkgordel? Maar my volk het My vergeet, dae sonder getal.

    Jeremia 2:32

    Dit is onbegryplik om te dink aan sommige dinge wat ongeregverdigde mense vergeet.

    Hierdie klassieke Skrifgedeelte oor die onderwerp van terugval dui aan dat ’n bruid nie haar bruidsrok sal vergeet nie. Die bruidsrok is die kosbaarste ding vir ’n bruid.

    Baie bruide bestel hulle bruidsrokke lank voor die troue. In hierdie Skrifgedeelte word die ondenkbaarheid om God te vergeet, vergelyk met die onpeilbare moontlikheid dat ’n bruid haar bruidsrok sou vergeet.

    Mense word groot en vergeet wie hulle versorg het, wie hulle gevoed het en wie hulle liefgehad het. Hulle vergeet diegene wat hulle na Christus toe gebring het, diegene wat hulle in die Here laat groei het en diegene wat hulle in die bediening geplaas het. Is dit moontlik dat mense diegene kan vergeet wat hulle by die belangrikste kruispaaie van hulle lewe gehelp het? Kan hulle omdraai en die nimlike mense aanval wat hulle grootgemaak het? Die antwoord is Ja! Dit gebeur voortdurend.

    Mense vergeet God wanneer dit met hulle voorspoedig gaan. Europa het God verlaat omdat hulle die rykste kontinent geword het. Maar dit is God wat vir hulle gegee het wat hulle het. Mense word ateïste nadat hulle miljoenêrs geword het. Wat ’n patetiese sonde is dit nie om die Een te vergeet wat alles vir jou gegee het nie! Dit is voorwaar onregverdig en dit verdien die ergste straf.

    2. Mense wat vergeet, is onregverdig en vertoon nie die aard van God nie.

    WANT GOD IS NIE ONREGVERDIG OM JULLE WERK TE VERGEET NIE en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.

    Hebreërs 6:10

    Die mens vergeet, maar God vergeet nie! Mense wat vergeet, het nie die karakter van God nie! Dit is die openbaring van die gevalle natuur van bose en sondige mense om dinge te vergeet wat nooit vergeet moes gewees het nie.

    ’n Persoon wat deur die Woord van God en die Gees van God beheer word, vergeet nie sekere dinge nie.

    Die natuurlike mens hou nie daarvan om diegene te onthou wat hom gehelp het nie. Die natuurlike, ongeredde mens hou nie daarvan om te onthou waar hy vandaan gekom het nie. Die natuurlike mens wil nie hê dat iemand moet weet hoe hy gekom het waar hy is nie.

    Maar dit is nie die aard van God nie. Toe Jesus op aarde was, het Hy voortdurend vir ons vertel waar Hy vandaan gekom het.

    Hy het gesê dat Hy uit homself niks kan doen nie.

    Hy het gesê dat Hy maar net die woorde preek wat sy Vader vir Hom gegee het.

    Dit is in skerp teenstelling met die hoogmoedige mens van ongeregtigheid. Die hoogmoedige en bose mens openbaar nie sy oorsprong en sy begin nie. Hy glo dat hy selfgemaak is en hy dink dat hy deur sy eie krag op die toneel verskyn het.

    3. Mense wat vergeet is onregverdig omdat hulle vervloek is om te verdor.

    Skiet die biesie op waar geen moeras is nie? Groei die riet sonder water? Nog is dit in sy volle groei — sonder dat dit afgepluk word — dan VERDOR DIT voor al die ander gras. So gaan dit met ALMAL WAT GOD VERGEET …

    Job 8:11-13

    Mense wat vergeet, is vervloek om te verdor. So ernstig is die sonde van vergeet dat vervloekings op die lewe van vergeetagtige mense neerreën. Jy het nie nodig om te hoor dat ’n vloek oor jou uitgespreek word omdat jy belangrike dinge vergeet nie. Die heilige Skrif verklaar reeds dat diegene wat God vergeet, sal verdor. Maak seker dat jy al die weë onthou waarlangs die Here jou gebring het en al die dinge onthou wat Hy vir jou gedoen het.

    4. Onregverdige mense is nie bewus van die gevare om te vergeet nie.

    By die riviere van Babel, daar het ons gesit, ook geween as ons aan Sion dink.

    Aan die wilgerbome wat daarin is, het ons ons siters opgehang.

    Want daar het hulle wat ons as gevangenes weggevoer het, van ons die woorde van ’n lied gevra en hulle wat ons verdruk het, vreugde, deur te sê: Sing vir ons ’n Sionslied.

    Hoe sou ons die lied van die Here kan sing in ’n vreemde land?

    AS EK JOU VERGEET, O JERUSALEM, LAAT MY REGTERHAND DAN HOMSELF VERGEET!

    LAAT MY TONG KLEEF AAN MY VERHEMELTE AS EK AAN JOU NIE DINK NIE, as ek Jerusalem nie verhef bo my hoogste vreugde nie.

    Psalm 137:1-6

    Jy moet begin om onthou baie ernstig op te neem. Die psalmdigter het geweet dat dit ’n tragedie sou wees om Jerusalem te vergeet. Hy het ’n vloek op homself geplaas as hy nie onthou waar hy vandaan gekom het nie. Dit is hoe ernstig die saak van herinnering is. Jy mag net sowel ophou lewe as jy sekere dinge nie onthou nie. Jou tong sal aan jou verhemelte vaskleef as jy nie kan onthou waarvandaan God jou gebring het nie. Jou regterhand sal nie in staat wees om tjeks uit te skryf as jy vergeet wat God vir jou gedoen het nie.

    5. Onregverdige mense vergeet God wanneer hulle versadig is, huise het en ryk is.

    … SODAT JY NIE MISKIEN EET EN VERSADIG WORD NIE EN MOOI HUISE BOU EN BEWOON, en jou beeste en jou kleinvee vermeerder en jou silwer en goud vermeerder, ja, alles wat jy het, vermeerder — en jou hart hom dan verhef, dat jy die Here jou God vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het …

    Deuteronomium 8:12-14

    Die onregverdigheid om te vergeet raak oor die algemeen mense wat versadig is! Mense wat in hulle eie huise woon, is geneig om God te vergeet. Hulle wat hulle besittings vermenigvuldig het, is ook gou om God te vergeet.

    Jy moet die soort mens word wat ryk en voorspoedig is, en tog onthou waar jy vandaan kom. Dit is ’n jammerlike feit dat baie ryk mense baie kan praat maar min gee. Mense praat oor die seëninge wat God vir hulle gegee het, maar hulle eer God nie vir wat Hy gedoen het nie.

    6. Onregverdige mense wat vergeet, is dikwels hoogmoedig.

    … sodat jy nie miskien eet en versadig word nie en mooi huise bou en bewoon, en jou beeste en jou kleinvee vermeerder en jou silwer en goud vermeerder, ja, alles wat jy het, vermeerder — en JOU HART HOM DAN VERHEF, dat jy die Here jou God vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het … en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe.

    Deuteronomium 8:12-14, 17

    Hoogmoed is een van die belangrikste oorsake van vergeet. Mense wil nie erken dat God hulle gehelp het nie.

    Hulle wil nie erken dat enige mens hulle gehelp het nie.

    Hulle dink in werklikheid in hulle binneste dat hulle selfgemaakte mense is, en hulle wil hê dat jy ook so moet dink.

    Hierdie mense erken God nie en hulle hart is hoogmoedig.

    Mense wat nie tiendes gee nie, erken nie God se rol in hulle voorspoed nie. Wanneer hulle hart hoogmoedig is, sê hulle:

    Ek het hard gewerk om te kry wat ek het.

    Die moderne heidene in Europa

    Ek het eenkeer vir ’n ryk Europese vrou gevra of sy in God glo. Sy het my met verbasing aangekyk, amper verstom dat ek so ’n simpel vraag gestel het.

    Natuurlik nie, het sy geantwoord.

    Sy het na haarself gewys en gesê: Ek glo in myself. Waarom moet ek in God glo?

    Ek het gehoor dat talle Europeërs sê dat die mense van Afrika in God glo omdat hulle nie oplossings vir hulle eie probleem het nie. Die moderne Europa, wat die Christendom vroeër na die hele wêreld uitgedra het, verdrink in ongeloof en heidendom. Die kenteken van die demoniese houvas op Europa is die geloof in die self en die geloof in harde werk sonder God. Europa het in ongeregtigheid en boosheid verval omdat hulle God vergeet het.

    7. Onregverdige mense onthou niemand wanneer hulle ryk word nie.

    Wanneer mense ryk word, vergeet hulle baie maklik hoe hulle hulle rykdom gekry het.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1