Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Hulle wat Jou Verlaat
Hulle wat Jou Verlaat
Hulle wat Jou Verlaat
Ebook188 pages2 hours

Hulle wat Jou Verlaat

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Mense wat jou verlaat, kan jou vernietig. Niks die gevoel van depressie, verwarring en onsekerheid beskryf wat op jou neerdaal as mense van jou af wegloop nie. Hierdie boek is geskryf om jou te help om die verwoesting te beveg wat losbars wanneer mense jou verlaat. Moenie mislei word nie. Om verlaat of versaak te word, is nie uniek aan jou of aan jou bediening nie. Baie ander het dieselfde lyding

LanguageAfrikaans
Release dateJul 28, 2016
ISBN9781613953150
Hulle wat Jou Verlaat
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Hulle wat Jou Verlaat

Related ebooks

Related articles

Reviews for Hulle wat Jou Verlaat

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Hulle wat Jou Verlaat - Dag Heward-Mills

    Vyftien redes waarom God mense toelaat om jou te verlaat 

    Daar is verskeie redes waarom die Here sal toelaat dat mense jou verlaat en jou selfs seermaak.

    1. Die Here mag mense toelaat om jou te verlaat om’n fundamentele probleem in jou bediening reg te stel.

    Aan die begin van die bediening is ons almal gevul met die vrees van mislukking. Hierdie vrees vir mislukking dryf ons daartoe om enige hulp aan te gryp wat na ons kant toe kom. In die proses om na hulp uit te reik, verbind baie bedienaars hulleself aan die verkeerde mense.

    Abraham was ’n goeie voorbeeld hiervan. God het hom opdrag gegee om van sy familie af weg te gaan en ’n lang en geheimsinnige reis te onderneem na ’n ongespesifiseerde beloofde land. In plaas daarvan dat hy homself van sy familie losgemaak het soos God van hom gevra het, het Abraham ’n aantal familielede met hom saamgeneem en die nimlike Lot was onder hulle.

    En die Here het aan Abram gesê: Gaan jy UIT JOU LAND en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.

    Genesis 12:1

    So het Abram dan uit Egipte na die Suidland opgetrek, hy met sy vrou en sy hele besitting, EN LOT SAAM MET HOM.

    Genesis 13:1

    Al die probleme wat Abraham op sy reis ondervind het, kan teruggevoer word na die teenwoordigheid van Lot in sy lewe. Let op die probleme wat Abraham gehad het omdat Lot by hom was.

    1. Abraham het probleme van twis en verwarring gehad as gevolg van Lot. Abraham moes hom eindelik van sy familielede afskei as gevolg van Lot (Genesis 13:7‑8).

    2. Abraham moes ’n oorlog voer wat hy nooit gevoer het nie as gevolg van Lot. Abraham moes Lot van die koning van Kedor-Laomer verlos (Genesis 14:1-16).

    3. Abraham moes spesiaal voorbidding doen as gevolg van Lot. Abraham moes sy broerskind van die verwoesting red wat op Sodom en Gomorra sou kom (Genesis 18:23-33).

    Dit is wat ek ’n fundamentele fout in die bediening noem. Dit is ’n fout wat jy aan die begin van jou bediening maak, en dit word gewoonlik uit vrees gemaak. Hierdie foute kan veroorsaak dat die verkeerde persoon in alles wat jy doen soos ’n albatros om jou nek aan jou verbind word.

    Soms trou mense selfs met die verkeerde persoon wanneer hulle tot die bediening toetree. God mag daardie verkeerde persoon met wie jy getrou het, van die aarde verwyder sodat jy vry sal wees van die albatros om jou nek. As God nie hierdie persoon uit jou lewe wegneem nie, sal jy dwarsdeur jou hele bediening ’n albatros om jou nek hê.

    Sekere mense wat aan die heel begin deel van my bediening was, is nie meer deel van wat ek doen nie. Miskien het ek sommige van hierdie mense saam met my geneem omdat ek bang was dat ek nie sonder hulle sukses sou behaal nie. Hulle teenwoordigheid het vir my die versekering gegee dat ek suksesvol sou wees. God het sommige van hulle deur sy genade van my weggeneem. Selfs al mis ek ’n paar van hulle baie, moes ek besef dat God hulle toegelaat het om my te verlaat omdat dit in die eerste plek ’n fout was om hulle met my saam te neem toe ek die visie gekry het om ’n kerk te bou.

    2. Die Here mag mense toelaat om jou te verlaat om jou nederig te hou.

    En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die Here jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het TOT JOU VEROOTMOEDIGING en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie.

    Deuteronomium 8:2

    Dit is ’n vernederende ondervinding wanneer mense jou organisasie verlaat, in die steek laat of daaruit bedank. Elke vertrek laat ’n bitter smaak in jou mond. Elke keer as iemand sonder seremonie vertrek, laat hy ’n spoor van onbeantwoorde vrae agter. Die onsekerheid wat deur mense geskep word wat weggaan, bring ’n beroering mee en laat jou waarlik nederig voel.

    Nadat ek vir baie jare kerke geplant het, was ek geseënd om honderde lojale pastors, seuns en dogters, te hê. Ek was ook geseënd om sommige van my eie familielede as pastors in die kerk te hê.

    Eendag het ’n aantal van my familielede my egter verlaat en presies die teenoorgestelde gedoen van wat ek hulle altyd geleer het. Dit was ’n groot verleentheid vir my omdat my eie familielede die fokuspunt van opstand die dislojaliteit in die kerk geword het. Ek moes nou teen my eie familie optree. Dit het verskeie kere by my opgekom dat ek in staat was om lojaliteit by baie mense te kweek, maar by my eie familielede kon ek dit nie doen nie.

    Ek het gevoel dat God daarmee besig was om my nederig te hou. Hy wou vir my wys dat dit nie deur mag of deur geweld of deur onderrig of deur beginsels gebeur nie, maar deur sy genade alleen. Miskien was daar ook mense wat jou al verlaat het. Gee vir God die geleentheid om sy geestelike werk te doen en jou vir sy diens nederig te maak.

    3. Die Here mag mense toelaat om jou te verlaat omdat jy toegelaat het dat lidmate onkundig bly deur nie oor lojaliteit en dislojaliteit onderrig te gee nie.

    En uit Jerusalem het twee honderd man met Absalom saamgetrek wat genooi was en in HULLE ONSKULD GEGAAN het sonder dat hulle van die hele saak iets geweet het.

    2 Samuel 15:11

    Die duiwel word deur die onkundigheid van die mense versterk. Misleiding vermenigvuldig altyd wanneer mense nie aan die waarheid van die Woord blootgestel word nie. Absalom was net in staat om twee honderd mense te lei wat in hulle onskuld vir hom gevolg het. Hierdie onskuld hou volgens hierdie Skrifgedeelte met onkundigheid verband.

    Die beginsel van lojaliteit en dislojaliteit, vaderskap en herinnering word nie dikwels in kerke aangeroer nie. Geen wonder nie dat kerklidmate die maklike prooi word van die duiwels van misleiding wat uit hierdie onkundigheid voordeel trek. Miskien het jy onkundigheid oor hierdie sake toegelaat om probleme in jou gemeente te veroorsaak. Satan het as gevolg van hierdie onkundigheid sy kans gebruik en chaos in jou gemeente veroorsaak.

    Ja, jou gemeente mag dalk geseën wees met boodskappe van voorspoed, ’n gelukkige huwelik en genesing, maar hierdie sake beskerm nie jou gemeente genoegsaam teen die duiwels van dislojaliteit en bedrog nie.

    Eendag het ’n pastor vir my gevra waarom ek oor lojaliteit en dislojaliteit preek. Hy het spottend opgemerk: Lojaliteit is nie iets wat aangeleer word nie. Dit is iets wat beveel word.

    Hy het voortgegaan: Deur jou goeie karakter maak jy outomaties aanspraak op die lojaliteit van die mense rondom jou.

    Kort hierna is hy getref deur die bitter ervaring van verraad van die kant van sy eie medewerkers. Hy kon nie glo wat met hom gebeur het nie. Na hierdie ondervinding het sy minagting van my boeke en my lering in bewondering verander. Hy het ’n aanhanger van die onderwerp van lojaliteit geword en begin om my boeke self onder die aandag te bring. Jy mag dalk nooit die belangrikheid van onderrig besef totdat jy die gevolge van die onkunde ervaar nie.

    4. Die Here mag mense toelaat om jou te verlaat omdat jy jou medebedienaar geminag het toe die kerk verdeel het.

    … hy wat bly is oor ’n ongeluk, sal nie ongestraf bly nie.

    Spreuke 17:5

    Ons minag dikwels mense wanneer hulle in die moeilikheid beland. Soos Job se vriende lyk dit of ons die redes ken vir al die slegte dinge wat met mense gebeur. Ons sien op mense neer wat in die moeilikheid is, omdat ons dink dat hulle dit oor hulleself gebring het. Hierdie gesindheid kan die deur vir Satan oopmaak om in ons lewe en bediening in te kom.

    Eendag het ek met drie pastors van ’n uiters suksesvolle kerk byeengekom. Hulle formidabele span het bestaan uit twee sterk medewerkers en ’n senior pastor. Met die hulp van sy twee medewerkers het die senior pastor met groot sukses een van die grootste kerke in die stad opgebou. Dit het gelyk of almal na hulle kerk toe stroom. Hulle nuwe kerkgebou het uit sy nate gebars en hulle het veelvuldige dienste gehou met mense wat selfs buite gesit het. Hulle was so vol van uitbundigheid oor hulle onlangse suksesse dat hulle begin het om teorieë aan die hand te doen waarom ’n susterkerk aan die ander kant van die stad geen groei getoon het nie.

    Hulle het spottenderwys oor die pastor van daardie kerk gesê: Mense verlaat net ’n kerk as dit ’n slegte leier het. Dit is as gevolg van sy slegte leierskap dat mense sy bediening verlaat het en by ons aangesluit het.

    In daardie stadium het ek nie eers geweet dat mense besig was om daardie ander kerk te verlaat en by hulle s’n aan te sluit nie. Ek het vir die eerste keer gehoor dat daardie ander kerk ’n slegte leier het. Dit was nie moeilik om agter te kom dat hulle besig was om die spot te dryf met daardie kerk en sy slegte leier nie.

    Ja, ek twyfel nie daaraan dat mense daardie bediening moontlik verlaat het as gevolg van slegte leierskap nie. Maar jy moet versigtig wees oor hoe jy by jou oordele en gevolgtrekkings uitkom.

    ’n Paar jaar later het hierdie drie leiers deur ’n ander fase in hulle bediening gegaan. Elke nuwe fase kan verandering in die magsbalans meebring. In hierdie nuwe fase het die twee medewerkers hulle senior pastor verlaat terwyl hulle beledigings en beskuldigings na hom geslinger het. Die presiese ding waarvoor hulle die ander pastor geminag het, het met hulle gebeur, maar in ’n baie ernstiger graad.

    Toe ek van hierdie krisis gehoor het, was die eerste ding wat by my opgekom het, wat hulle oor daardie susterkerk en sy pastor te sê gehad het: Mense verlaat jou net wanneer jy ’n slegte leier is. Was hulle senior pastor nou ’n slegte leier? Nie noodwendig nie. Daar is baie redes waarom mense jou mag verlaat. Maar maak seker daarvan dat jy nie met iemand die spot dryf wanneer hy in die moeilikheid is nie.

    In my land is daar ’n spreekwoord wat min of meer soos volg lui: Wanneer jy merk dat jou vriend se baard brand, moenie vir hom lag nie. Moenie vra hoe hy kon toelaat dat sy baard aan die brand raak nie. Hardloop net en gaan haal water en hou dit by jou vir ingeval jou baard ook aan die brand slaan. Die Bybel stel dit soos volg: … hy wat bly is oor ’n ongeluk, sal nie ongestraf bly nie (Spreuke 17:5).

    5. Die Here mag mense toelaat om jou te verlaat omdat jou roeping hulle nie insluit nie.

    Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor  het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.

    HULLE HET VAN ONS UITGEGAAN, MAAR HULLE WAS NIE VAN ONS NIE; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie.

    1 Johannes 2:18-19

    Nie almal is geroep om deel van jou span te wees nie. Met ons natuurlike verstand kies ons mense van wie ons voel dat hulle by ons moet wees. Maar God het reeds oor dié mense besluit wat deel van jou roeping moet uitmaak.

    Deur die jare het ek die hartseer ervaring gehad dat ek mense moes laat gaan van wie ek gedink het dat hulle altyd by my sou wees. Ek het ook die aangename verrassing gehad om hulle plaasvervangers te ontmoet. Om eerlik te wees: ek sou nie baie van die mense gekies het wat vandag aan my sy is nie. Maar God het hulle geroep om my in die bediening te help. Moenie worstel wanneer mense van jou weggeneem word nie. Soms is dit deel van jou ewige bestemming dat hulle van jou weggeneem word en deur ander mense vervang word.

    6. Die Here mag mense toelaat om jou te verlaat sodat jy kan verstaan hoe ons hemelse Vader voel wanneer sy kinders Hom verlaat.

    Hy het ook gesê: ’n Man het twee seuns gehad. En die jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel.

    En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaargemaak en weggereis na ’n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe.

    Lukas 15:11-13

    Wanneer jy ’n vader word, moet jy verskillende soorte kinders versorg. Soms laat God toe dat jy deur sekere probleme worstel sodat jy rypheid as ’n vader kan bereik. Jy word nie ’n vader omdat jy oud is nie. Jy word ’n vader omdat jy kinders het. Jy word ’n vader omdat jy verskillende soorte kinders kan hanteer, en ook die probleme wat hulle meebring.

    Dink vir ’n oomblik terug aan mense soos Jakob wat so baie kinders gehad het. Elke kind was ’n verskillende ervaring. Sommige kinders verlaat jou sonder seremonie soos die verlore seun. Dit is iets wat God ervaar omdat Hy ons almal se vader is. Op pad daarheen om ’n vader te word, sal jy waarskynlik ervaar dat mense jou verlaat. Om in liefde en volwassenheid te wandel met mense wat jou skielik verlaat, jou pynlik in die steek laat en selfs teen jou in opstand kom, is deel van die proses om ’n vader te word.

    Dit is waarom God sommige mense mag

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1