Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Kristalvlakte
Kristalvlakte
Kristalvlakte
Ebook91 pages1 hour

Kristalvlakte

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Uit die flenters van oorloë smous Priscilla vir haar en haar familie ʼn lewe aanmekaar. 'n Gemeenskap op die Kaapse Vlakte bloei op die snypunt van politieke ordes, bende-base en godsdiensleiers. Soms is daar eilandjies vrede, soos in enige goeie oorlog. Maar oorlog is soos liefde: dit sal ʼn pad vind. En solank die bloeddruk klop, sal Priscilla se smokkelhandel oorleef, in die kantlyn van die geskiedenis. Amy Jephta se epiese teaterstuk vertel die verhaal van ʼn gemeenskap, ʼn verhaal veel groter as dié van individuele karakters. Hierdie herwerking van Bertholt Brecht se Mutter Courage und ihre Kinder bied geen eenvoudige antwoorde nie, maar vlek ʼn sosiale werklikheid oop tot op die been.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateSep 1, 2016
ISBN9780624080015
Kristalvlakte
Author

Amy Jephta

Amy Jephta is 'n dramaturg en regisseur van Mitchell’s Plain in Kaapstad. As 'n dramaturg is haar werk al uitgevoer by verskeie internasionale teaters en ook by die Edinburgh Fringe-fees. Amy is ook 'n draaiboekskrywer, met twee speelfilms agter haar naam, en in 2013 is sy gekies as een van die Mail & Guardian se “200 Top Jong Suid-Afrikaners”.

Related to Kristalvlakte

Related ebooks

Related articles

Reviews for Kristalvlakte

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Kristalvlakte - Amy Jephta

    Amy Jephta

    KRISTALVLAKTE

    TAFELBERG

    Voorwoord

    Kristalvlakte eer die lewe van professor Jakes Gerwel. Jakes was ’n groot liefhebber en ondersteuner van die teater, en dit is juis ’n gesprek tussen hom en Koos Bekker, mededirekteur van Naspers, wat gelei het tot die idee om Bertolt Brecht se drama Mutter Courage und ihre Kinder na die Kaapse Vlakte te verplaas. Ter ere van Jakes is die Suidoosterfees-teksontwikkelingsprogram geskep, met Naspers se ondersteuning, en só het Amy Jephta se beson­derse verplasing van Mutter Courage ontstaan: Kristalvlakte.

    Brecht het Mutter Courage in dolle vaart op die vooraand van die Tweede Wêreldoorlog geskryf. Hy wou waarsku teen fascisme en geweld, nog vóór die verskriklike misdade van die oorlog sou plaasvind. Hy plaas egter sy toneel 300 jaar vroeër, tydens die Dertigjarige Oorlog (1618-1648) – een van die bloedigste tydperke in die Europese geskiedenis. Aanvanklik was dit ’n bakleiery tussen Katoliek en Protestant, later net bloed om bloed. Sommige streke in sentraal-Europa het so gereeld van hand verwissel dat oor dekades heen tussen ’n kwart en twee-derdes van die bevol­king uitgewis is. Brecht teken skuiwende grense en lojaliteite, met karakters wat in- en uitgewaai word deur winde van die oorlog. Die hoofkarakter smous uit ’n waentjie met wie ook al sy kan – ’n hiëna van die slagveld, kan mens sê – om haar kinders aan die lewe te hou. Een vir een vreet die stryd hulle op. Aanvanklik het gehore simpatie gehad met haar, wat Brecht só ontstel het dat hy die teks aangepas het om dit duidelik te maak: diegene wat wins maak uit die oorlog, verdoem ook hulself.

    Brecht se toneelstuk kan as epiese teater beskryf word. Die verhaal strek oor lande en dekades heen, en wys vir ons ’n spesi­fieke sosiale of politieke verskynsel sodat ons op ’n nuwe manier daaroor kan dink. Sy tegniek was egter nuut: hy wou nie dat ons saam met Mutter Courage juig of huil nie; hy’t liewer gemik na ’n vervreemdingseffek – om ons op ’n afstand te hou en byna objektief na haar te laat kyk; haar met ’n koue oog te peil. Ver­vreemdingseffekte maak ons opsetlik bewus daarvan dat ons ’n toneelstuk kyk – dit wil ons herinner dat die toneelstuk, nes die sosiale en politieke werklikheid, geskep is, en daarom ook verander kan word. Die idee is om ons as kykers kwaad te maak vir die euwel, sodat jy uit die teater uit stap en iets aktiefs aan die saak gaan doen.

    Mutter Courage is die eerste maal in 1941 opgevoer, in Zürich. Vandag weet ons dat Brecht se waarskuwing nie die verskrikkinge van die oorlog kon keer nie, maar tog dat dit die troos van groot letterkunde bring: ’n werk wat uit die as van selfvernietiging ons herinner dat die mens ook anders kan wees. Heelparty kritici dink dat Mutter Courage die grootste drama van die 20ste eeu was.

    Kristalvlakte moet egter nie gelees word as ’n eenvoudige verplasing van Mutter Courage nie. Dit staan gemaklik op eie bene, sonder verwysing na Brecht se oorspronklike teks. Só speel Kris­talvlakte byvoorbeeld nie in die verre verlede af nie. Dié oorlog woed sedert die vroeë dae van die Mongrels, die invloei van Mandrax en ander dwelms, tot by die tik-oorlog van die 21ste eeu. Dit is nie iets uit die geskiedenisboeke nie – die storie sou meer tuis wees op die voorblad van môre se koerant. Die idee dat die sosiale werklikheid geskep is, is ewe belangrik hier, maar dit is ’n minder abstrakte konsep as in Europa: die Vlakte is juis [g]eskep uit die stof vannie Distrik soes ’n pikswart Eva. Die reëls waar­volgens hierdie wêreld werk, verander tussen tonele, of dalk eer­der tydens tonele. Op hierdie onvaste grond probeer die karakters ’n lewe onderhandel.

    Kristalvlakte is betrokke, dit is eg en herkenbaar, dit vra die kyker om op te tree, maar dit doen dit ook met ’n groter, kouer blik wat die verbeelding losmaak van hier en nou, en ’n nuwe perspektief op die werklikheid gee. Op die verhoog kla, kritiseer en protesteer die karakters, maar hul woede is lomp, sy kniekoppies soe lam soes ’n pasgebore bokkie. Vanuit die gehoor sien ons meer: die onsekere

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1