Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Agter die Magalies, Deel 2: Die Mense van die Krokodilriviervallei
Agter die Magalies, Deel 2: Die Mense van die Krokodilriviervallei
Agter die Magalies, Deel 2: Die Mense van die Krokodilriviervallei
Ebook63 pages48 minutes

Agter die Magalies, Deel 2: Die Mense van die Krokodilriviervallei

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Wat het sy oupa geweet of gesien toe hy die nuwe baba, Mzilikazi genoem het. Die naam beteken grootpad. Het die oupa voorsien dat hy eendag die Khumalo-familie en 'n groot deel van die Zoeloevolk eers oor die Vaalrivier en later verder Noord tot oor die Limpoporivier sou lei? Kon hy geweet het van die verwoestende invloed wat sy kleinseun op die swakker stamme van die Transvaal gaan hê. Min sou hy kon raai dat Mzilikazi die weg gebaan het vir die Voortrekkers om amper onverhinderd die ontvolkte dele van die Transvaal te beset.
Die Slag van Vegkop en Hendrik Potgieter se verbete strafekspedisies teen Mzilikazi was van deurslaggewende belang. Met meeste van die Matabeles verdryf tot oor die Limpoporivier, het daar bevolkingsgewys, 'n vakuum ontstaan waarin die Trekkers maklik inbeweeg het. Die vrugbare grond langs die Krokodilrivier het spoedig nuwe inwoners gehad.
Uit drie oogpunte wys Bertus de Beer vir ons hoe die bevolking langs die Krokodilrivier oor die eeue verander het. Hy delf ook dieper in die lewens van die pioniers sodat ons kan deel in die lief en leed van hulle daaglikse bestaan. My pa is duidelik trots op die prestasies van ons voorouers. Selfs al verstaan vandag se jongmense nie die tegnologie wat toe gebruik is nie, probeer hy baie hard om uit te wys dat die suksesse van toeka, insig en harde werk vereis het.

LanguageAfrikaans
Release dateSep 24, 2016
ISBN9781370635276
Agter die Magalies, Deel 2: Die Mense van die Krokodilriviervallei
Author

B.K. de Beer

B.K.de Beer was 'n boer met heelwat uiteenlopende belangstellings. Sy bekendste boek, "Agter die Magalies" handel oor die geskiedenis van Brits en omstreke. Dit is die eerste keer gepubliseer in 1975 en word nou weer as 'n elektroniese boek uitgegee.

Read more from B.K. De Beer

Related to Agter die Magalies, Deel 2

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Agter die Magalies, Deel 2

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Agter die Magalies, Deel 2 - B.K. de Beer

    B.K. de Beer

    Agter die Magalies

    Deel 2: Die Mense van die Krokodilriviervallei

    Gepubliseer deur Kameeldoring Boeke

    2013 © B.K. de Beer

    Uitgewers Nota

    Wat het sy oupa geweet of gesien toe hy die nuwe baba, Mzilikazi genoem het. Die naam beteken grootpad. Het die oupa voorsien dat hy eendag die Khumalo-familie en 'n groot deel van die Zoeloevolk eers oor die Vaalrivier en later verder Noord tot oor die Limpoporivier sou lei? Kon hy geweet het van die verwoestende invloed wat sy kleinseun op die swakker stamme van die Transvaal gaan hê. Min sou hy kon raai dat Mzilikazi die weg gebaan het vir die Voortrekkers om amper onverhinderd die ontvolkte dele van die Transvaal te beset.

    Die Slag van Vegkop en Hendrik Potgieter se verbete strafekspedisies teen Mzilikazi was van deurslaggewende belang. Met meeste van die Matabeles verdryf tot oor die Limpoporivier, het daar bevolkingsgewys, 'n vakuum ontstaan waarin die Trekkers maklik inbeweeg het. Die vrugbare grond langs die Krokodilrivier het spoedig nuwe inwoners gehad.

    Uit drie oogpunte wys Bertus de Beer vir ons hoe die bevolking langs die Krokodilrivier oor die eeue verander het. Hy delf ook dieper in die lewens van die pioniers sodat ons kan deel in die lief en leed van hulle daaglikse bestaan. My pa is duidelik trots op die prestasies van ons voorouers. Selfs al verstaan vandag se jongmense nie die tegnologie wat toe gebruik is nie, probeer hy baie hard om uit te wys dat die suksesse van toeka, insig en harde werk vereis het.

    Deel 2 bestaan uit Hoofstuk 13 van die oorspronklike boek. Gedeeltes van die hoofstuk is doelbewus weggelaat om leesbaarheid te verbeter. Die gedeeltes sal elders gepubliseer word vir diegene wat die volledige geskiedenis wil lees.

    Ek nooi jou om saam met B. K. de Beer die pad te stap wat Noord mik na die die gebied Agter die Magalies. Geniet die toer van die Krokodilriviervallei en ek hoop jy vind my pa se geskiedenis en staaltjies interessant.

    Jaco de Beer

    Agter die Magalies

    Die Mense van die Krokodilriviervallei

    Inhoud vir Deel 2:

    Uitgewers Nota

    Uitsig 1

    Uitsig 2

    Uitsig 3

    Naskrif

    Uitsig 1

    In die jare voor 1826 het 'n swart stam die vrugbare noriet-area ten ooste en ten weste van die Krokodilrivier bewoon, aan die noordekant van die Magaliesbergreeks. Die boloop van hierdie rivier is bekend as die Krokodil maar laer af waar die Maricorivier aansluit, is dit met die tweede naam bekend naamlik die Limpopo. Die woord Limpopo is afgelei van die Zoeloewoord izimpophoma wat stroomversnellings of watervalle beteken.

    Die stam wat hierdie vrugbare stukkie aarde bewoon het as sy eie, was bekend as die Mogalestam. Dit was een van die swakker stamme wat Transvaal destyds bewoon het. Die Makapanstam, ’n honderd of meer kilometers ten noordooste was groter. Ook die Mapokkers in die latere Middelburg se omgewing. Die Pedi’s in Sekhukhuniland was natuurlik verreweg die grootste. Die stam het gewoon ten noordweste van die latere Lydenburg.

    Ongeveer 1826 het hier egter radikale veranderings begin intree in die Krokodilriviervallei. Die Mogales se rustige bestaan vanaf die latere De Wildt tot by die latere Marikana, sou binnekort geweldadig tot 'n einde kom. Die naam van die spoorweghalte De Wildt, wat later 'n stasie geword het, is vernoem na die Hollandse ingenieur wat in bevel van die spoorbouery was. Anders as wat algemeen aanvaar word, het die naam geen betrekking op die baie wild wat in die omgewing voorgekom het nie.

    Voor die jare 1825 was Mzilikazi een van die veggeneraals van Shaka, die destydse opperhoof van die Zoeloevolk in Natal. Na ’n tradisionele strooptog deur Mzilikazi en sy impies op kleiner stamme het hulle oudergewoonte teruggekeer met 'n vet buit van vee, vroue en kinders. As gevolg van sy voortreflikheid op die

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1