Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Temmer van sy hart
Temmer van sy hart
Temmer van sy hart
Ebook382 pages6 hours

Temmer van sy hart

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Mariëtte Swart kry 'n gesogte pos by die dieretuin, die laaste stappie voor sy die beroep kan inpalm wat sy so lankal begeer.
Sy stel 'n veearts van die buiteland aan wie Afrikaans praat. Hy is uiters bekwaam. Sy kom goed met hom oor die weg en gou is hulle vriende, al is sy ouer as hy.
Wanneer Fritz van seksuele wangedrag beskuldig word, skors sy hom as voorsorgmaatreël en na sy appèl misluk dank sy hom af. Sy is woedend toe hy haar van oneerlikheid beskuldig. Hy gee pad in sy soeke na ander werk.
Fritz se kollegas bedank uit lojaliteit aan hom en dan kry sy die bewyse dat hy onskuldig is. Sy kan die saak nie regstel nie en al haar pogings om hom op te spoor misluk. Sy eie prokureur kan haar ook nie help nie. Sy besef sy het sy lewe verwoes en hom baie seer gemaak. Sy bedank en gaan werk op 'n verafgeleë wildplaas.
Daar besef sy dat Fritz op dieselfde plaas werk. Hy wil niks met haar te doen hê nie. Hy beskou haar as oneerlik. Mariëtte kan nie haar gevoel teenoor hom afskakel nie. Hoe gaan sy hom oortuig sy het geglo sy tree reg op en dat sy nie oneerlik was nie? Fritz se gedrag is onvoorspelbaar. Hy kan haar nie vergewe nie, alhoewel sy glo hy het steeds gevoelens vir haar. Hoekom is die lewe so onregverdig?
Hierdie boek is die skoon en romantiese weergawe. Seks word nie in detail beskryf nie.

LanguageAfrikaans
PublisherJohan Crous
Release dateSep 21, 2016
ISBN9781370014194
Temmer van sy hart
Author

Johan Crous

Johan CrousI started to write during many recovery periods in Hospital due to surgery.Police officer by day, specializing in event management (disabled).Married to KarinTwo daughters and one granddaughter.

Read more from Johan Crous

Related to Temmer van sy hart

Related ebooks

Related articles

Reviews for Temmer van sy hart

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Temmer van sy hart - Johan Crous

    Temmer van sy Hart

    deur

    Johan Crous

    Table of Contents

    Titelblad

    Kopiereg

    Erkennings

    Waaroor die boek gaan

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3

    Hoofstuk 4

    Hoofstuk 5

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 7

    Hoofstuk 8

    Hoofstuk 9

    Hoofstuk 10

    Hoofstuk 11

    Hoofstuk 12

    Hoofstuk 13

    Hoofstuk 14

    Hoofstuk 15

    Hoofstuk 16

    Hoofstuk 17

    Nabetragting

    Biografie

    Copyright © 2015 and 2016 Johan Crous. All Rights Reserved.

    ISBN 978-1-370-01419-4 (epub)

    All rights reserved. Cover design by Johan Crous Book design by Johan Crous No part of this book may be reproduced in any form or by any electronic or mechanical means including information storage and retrieval systems, without permission in writing from the author. The only exception is by a reviewer, who may quote short excerpts in a review. This book is a work of fiction. Names, characters, places, and incidents either are products of the author’s imagination or are used fictitiously. Any resemblance to actual persons, living or dead, events, or locales is entirely coincidence.

    Address all correspondence and other inquiries to: jcrous699@gmail.com

    Cover designed and created by Johan Crous, images sourced from pixabay.com under public domain license.

    PUBLISHED AND MANUFACTURED IN THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

    Self Published: 2016

    Erkennings:

    Die boek is opgestel met Ultimate Ebook Creator 2.6.5.0.

    Spel en Taaltoets is met Skryfgoed 4 gedoen.

    Die omslag is ontwerp met Adobe Photoshop CS6 en Corel Paintshop Pro X8.

    Ek het ook Microsoft Office en Mobisoft Office vir Android gebruik en Quickspell speltoetser.

    Waaroor die boek gaan:

    Mariëtte Swart kry 'n gesogte pos by die dieretuin, die laaste stappie voor sy die beroep kan inpalm wat sy so lankal begeer.

    Sy stel 'n veearts van die buiteland aan wie Afrikaans praat. Hy is uiters bekwaam. Sy kom goed met hom oor die weg en gou is hulle vriende, al is sy ouer as hy.

    Wanneer Fritz van seksuele wangedrag beskuldig word, skors sy hom as voorsorgmaatreël en na sy appèl misluk dank sy hom af. Sy is woedend toe hy haar van oneerlikheid beskuldig. Hy gee pad in sy soeke na ander werk.

    Fritz se kollegas bedank uit lojaliteit aan hom en dan kry sy die bewyse dat hy onskuldig is. Sy kan die saak nie regstel nie en al haar pogings om hom op te spoor misluk. Sy eie prokureur kan haar ook nie help nie. Sy besef sy het sy lewe verwoes en hom baie seer gemaak. Sy bedank en gaan werk op 'n verafgeleë wildplaas.

    Daar besef sy dat Fritz op dieselfde plaas werk. Hy wil niks met haar te doen hê nie. Hy beskou haar as oneerlik. Mariëtte kan nie haar gevoel teenoor hom afskakel nie. Hoe gaan sy hom oortuig sy het geglo sy tree reg op en dat sy nie oneerlik was nie? Fritz se gedrag is onvoorspelbaar. Hy kan haar nie vergewe nie, alhoewel sy glo hy het steeds gevoelens vir haar. Hoekom is die lewe so onregverdig?

    Nota:

    Hierdie boek is die skoon en romantiese weergawe. Seks word nie in detail beskryf nie.

    Hoofstuk 1.

    Hartenbos.

    Die wintersonnetjie skyn yl tussen die wolke deur. Dit slaag nie heeltemal daarin om die koue te verdryf nie. Die son is nog te laag op die horison daarvoor. Die reën het laas nag uitgewoed en die koue is tasbaar in die lig. Die see is stil en geen wind waai nie. Die water regoor die gewilde vakansiedorpie van Hartenbos is stil en glad soos 'n dam. Dit dra ook by tot die atmosfeer van koue. Die koue sny deur murg en been.

    Die elektroniese wekker van die ou selfoon is skril en Mariëtte druk dit dood. Sy kruip snoesig dieper onder die komberse in. Sy het vyf minute oor voor die volgende lui haar sal dwing om op te staan. Sy is wawyd wakker. Die hoop dat sy haar uitslae gaan kry sal haar nie toelaat om weer te slaap nie. Sy geniet die snoesige komberse.

    Die vyf minute is te vinnig na haar sin om en sy staan traag op en trek haar kamerjas en pantoffels aan. Haar woonstelletjie se kombuis is netjies uitgerus. Sy sit die koffiemaker aan en ook die ketel. Sy neem vinnig 'n vuurwarm stort en klee haarself in haar gebruiklike langbroek pakkie en hoëhak skoene. Sy wend haar grimering smaakvol aan. Sy borsel haar hare, wat sy los dra. Haar donker hare en haar liggaam is haar trots. Vir 'n vrou van veertig het sy die lyf van 'n vrou in haar twintigs. Ure se oefen en korrek eet, het die gewenste uitwerking. Haar vel is pragtig glad. Sy kan sien aan die teenoorgestelde geslag se belangstelling dat sy deur menige begeer word. Dit is 'n lekker gevoel, maar dit dryf nie haar eensaamheid weg nie.

    Sy eet kits hawermout pap en haal haar proteïenryke kos uit, wat sy die vorige aand voorberei en in die yskas gesit het. Sy geniet haar koffie en dan vertrek sy.

    Haar woonstel, in die agterplaas van tannie Grové, het sy eie motorhuis, en alhoewel dit net 'n tydelike verblyf is, is die woonstel gesog. Haar balkon kyk uit oor die see. Tannie Alta Grové is vir Mariëtte soos 'n tweede ma. Haar huis is teen die bult van die luukse woonbuurt. Sy het die huis behou na haar man se ontydige dood.

    Die verkeer is effens besig vir die klein kusdorpie, maar Mariëtte is betyds by die hotel, die Winter Hotel, voorheen Hartenbos Hotel, voor Bart Winterbach dit uitgekoop het. Bart en sy suster besit saam agt-en-sestig present van die Winter Hotel Groep. Mariëtte werk onder Ilse as 'n adjunk direkteur in personeelbestuur, waarvoor sy 'n toepaslike graad beklee.

    By haar kantoor, sit sy haar handsak langs haar lessenaar neer en raadpleeg heel eerste haar dagboek. Ilse se sekretaresse, Samantha, skryf dikwels nuwe inskrywings soos nuwe take of afsprake mag opduik en Mariëtte moet seker maak dat sy niks mis nie.

    Stiptelik om half nege kom die senior personeel en komponentshoofde in Ilse se kantoor bymekaar. Ilse is Bart se vrou en sy is 'n hoofdirekteur in die hotelgroep. Sy is die mooiste vrou wat Mariëtte nog ooit gesien het en sy weet Bart aanbid die grond waarop sy loop.

    Goeie môre, ek gaan nie julle tyd mors nie. Ons kan dadelik by administrasie begin.

    Elke komponentshoof gee sy of haar terugvoer, en so ook Mariëtte. Ilse val niemand een keer in die rede nie en sy luister na wat elkeen te sê het. Sy is ferm en beslis in haar beslissings, en huiwer nie om te besluit nie. Mariëtte sal nie dat enige iemand dit ooit agterkom nie, maar Ilse is haar rolmodel. Deur Ilse se bystand het sy gekom waar sy vandag is.

    Mariëtte verdien 'n goeie salaris en sy is gelukkig. Haar droom is egter om met wild te kan werk en sy het vier jaar gelede al begin studeer in wildbestuur. Vandag is die dag wat sy gaan hoor of sy haar graad verwerf het, en of sy nog verder moet studeer. Sy moes buitendien twee vakke herskryf, omdat sy dit gepluk het met die vorige eksamen. Sy het egter nie moed opgegee nie en nou is dit 'n werklikheid.

    Terug in haar kantoor drink sy eers koffie voor sy gaan inskakel op die rekenaarstelsel. Sy besef meteens haar blaas is vol en sy stap eers vinnig kleedkamer toe. Die spanning is net eenvoudig te veel om te kan uithou. Haar verligting is groot. Sy weet die spanning is die oorsaak. Sy skink weer 'n beker koffie en skakel in na UNISA. Sy sien by die openingsbladsy dat die kennisgewing geplaas is dat die resultate van hul studierigting geplaas is.

    Sy sleutel haar eksamen nommer senuagtig in en druk die Enter knoppie. Die blou strepie wys die soektog is in proses.

    Vyftien persent, sestig persent, twee-en-sewentig persent, een-en-negentig persent, een honderd persent. Dit voel soos 'n ewigheid.

    Sy staar na die rekenaarskerm

    344649669 Swart, Mariëtte – Passed – Game Farming Management.

    "Yes!"

    Ek neem aan jy het geslaag Mariëtte?

    Sy het nie vir Ilse hoor instap nie. Sy staan met 'n glimlag en staar na Mariëtte.

    Ja Ilse, ek het geslaag. Uiteindelik. Ek is so verlig.

    Ons is jammer om jou te verloor, maar ek weet dit is wat jy baie graag wil doen.

    Ek raak nie jonger nie Ilse. Dit is my lewensideaal en nou is dit binne my bereik.

    Mariëtte, vat dit rustig. Skakel jou nuwe base en tref al jou reëlings. As daar enige iets is waarmee jy hulp nodig het, moet jy net praat.

    Baie dankie Ilse, jy is dierbaar. Ek is jou ewig dankbaar.

    Na Ilse uit is druk sy eers die bewys uit van haar uitslae en rugsteun dit as 'n pdf op haar hardeskyf en ook op haar geheue stokkie. Sy skakel opgewonde die Dieretuin van Pretoria. Sy skakel die bestuurder direk. Sally Maluleke is die uitvoerende Dieretuinbestuurder en sy praat Afrikaans vlot. Sy en Mariëtte is al geruime tyd in onderhandeling oor die pos as adjunkbestuurder by die wildtuin. Die personeel sal onder haar val. Sy sal Sally ondersteun. Dit gee haar 'n direkte trapplekkie in die wildbedryf.

    Goeie môre Mariëtte, ek kan sommer op my telefoon sien dat dit jy is wat skakel. Het jy al nuus vir my?

    Goeie more Sally, ja, ek het my uitslae so pas gekry. Ek is deur!

    Baie geluk Mariëtte. Ek gaan nou dadelik die rekords verander dat die pos gevul is. Sal jy vandag oor twee weke kan begin?

    Ja, ek kan. Sally. Ek sal die bewys van uitslae vir jou onmiddellik stuur.

    Sodra ek dit het en geverifieer het, sal ek jou bewys van aanstelling stuur en dan kan jy met 'n geruste hart bedank. Dit is standaard prosedure.

    Baie dankie Sally. Ek kom die naweek Pretoria toe en sal in die week kom besoek aflê.

    Jy beter kom. Kom drink 'n lekker koppie tee saam met my.

    Vrydagoggend is die afskeid 'n tranedal. Ilse het 'n afskeid gereël en sy oorhandig 'n geskenkie aan Mariëtte.

    Mariëtte, ons het vir jou 'n klein geskenkie gekoop wat ons weet jy sal in jou beroep nodig mag kry. Jy moet ons onthou as jy dit gebruik.

    Die geskenkie is in kamoefleer papier toegedraai en weeg nogal swaar vir die grootte. Mariëtte is nuuskierig en maak dit voor almal oop. Haar hand gaan spontaan na haar mond toe, toe sy sien wat dit is. Daar vorm trane in haar oë. Dit is 'n ongelooflike duur geskenk. Sy weet dit is met liefde en respek vir haar gekoop.

    Dit is die nuutste Bushnell 10x42mm vêrkyker. Die afwerking is in swart en daar is 'n duursame leer houer waarmee sy dit oor haar skouer kan hang. Mariëtte het al voorheen hierna gekyk om vir haar nuwe beroep aan te skaf, maar sy kon dit nie oor haar hart kry om so duur te betaal nie. Dit was net eenvoudig te duur, alhoewel sy bewus is daarvan dat dit die beste gehalte is wat geld kan koop.

    Julle ek het nie woorde nie. Ek is deeglik bewus hoe 'n duur geskenk julle vandag vir my koop. Ek gaan beslis aan julle dink as ek dit gebruik. Ek wou so graag nog vir my 'n behoorlike vêrkyker koop en nou het julle vir my die heel beste een gekoop wat geld kan kry. Baie dankie.

    Mariëtte is net na twee by die huis en pak haar klere en persoonlike besittings. Die res is alles reeds gepak in bokse en verseël. Drie-uur hervul sy haar motor by die Mobil petrolstasie en dan vertrek sy.

    Mariëtte ry oor Oudtshoorn na Beaufort Wes en vandaar al met die N1 na Colesberg, waar sy eers by die Wimpy eet voor sy verder ry. Bloemfontein se kleinerige tak van die Winter Hotel verseker skoon en veilige verblyf. Sy slaap warm en veilig.

    Sy staan vroeg op en nuttig 'n stewige ontbyt in die hotel se luukse eetkamer. Sy geniet die behandeling en is Ilse baie dankbaar dat sy nie hoef te betaal nie.

    Sy val kort voor sewe in die pad. Welkom en Kroonstad is kort op mekaar. Johannesburg is besig en wanneer sy die voorstede van Pretoria nader, is sy al taamlik moeg.

    Sy kry verblyf in die Sheratan Hotel op onkoste van die nuwe werkgewer. Dit was baie bedagsaam van Sally gewees om haar tegemoet te kom. Sy boek in na sy by ontvangs die dokumentasie voltooi het. Haar kamer is op die eerste vloer.

    Sy sit haar tasse op die dubbelbed neer en kyk rond. In die groot slaapkamer is haar dubbelbed, 'n klein kroegie, lessenaar, televisie en ook 'n keteltjie en koffiemasjien wat met die klein bommetjies werk. Sy begin dadelik koffie maak. Terwyl sy wag kyk sy na die badkamer. Daar is 'n stort en bad. Die handdoeke is wit en lekker sag. Sy sal hier kan leef, want alles is skoon.

    Mariëtte drink haar koffie en pak haar klere in die kas. Sy skakel die televisie stel aan en kyk wat wys. Sy kyk na die kroegie en besluit dit is goedkoper om 'n nuwe motor te koop as om hier te drink. Sjoe, dit is vrek duur.

    Sy is betyds vir 'n heerlike aandete voor hulle toemaak. Na ete neem sy 'n warm bad en versorg haarself soos sy altyd doen. Die lakens is sag en ruik vars. Mariëtte neem haar boek en lees tot sy vaak word. Sy kruip snoesig onder die lakens in en sit die lig af.

    Hoofstuk 2.

    Yellowstone, VSA.

    Dit is warm, vroeg in die oggend. Yellow Ridge private wildtuin, net Wes van Madison in Wyoming, Verenigde State Van Amerika, is die tuiste van Fritz Pieterse. Sedert die verwerwing van sy graad in veeartsenykunde aan die Universiteit van New York, werk hy al hier tot hy twee-dertig geword het, agt maande gelede. Agt maande van seer en ongeluk. Agt maande van trane en vrae.

    Agt maande gelede sou hy in die huwelik tree met Catherine Robyn, twee jaar jonger as hy. Hulle was vier jaar bymekaar en sy het sy huweliksaanbod aanvaar voor hulle intiem geword het. Sy was die vrou van sy drome, alhoewel sy nog baie soos 'n veel jonger vrou opgetree het. Alles was gereël. Vier aande voor hul huwelik het sy hom meegedeel sy kies iemand anders. Hy, Fritz, kan haar nie bied wat Robert doen nie. Sy is ook al lankal intiem met Robert.

    Fritz se asem jaag waar hy met die teerpad deur die Madison Vallei langs hardloop. Hy wil vandag twaalf kilometer hardloop, nie draf nie. Die son het pas opgekom. Die fisiese inspanning is lafenis vir sy siel. Dit neem die seer weg. Dit is al draaglik, maar tog maak dit steeds seer. Hy weet sy geniet haar gate uit om in weelde te leef met die miljoenêr. Hy wat Fritz is, het ook beleggings wat sy pa vir hom nagelaat het, maar hy wil dit nie op 'n losbandige vrou uitmors nie.

    Nog net een kilometer en dan is hy by sy huisie. Hy begin met sy eindpoging en versnel sy pas. Hy sien die einde verder voor hom. Sy hout huis is een van nege. Hy bereik die huis en hy rus eers voor hy 'n koue stort neem en hom netjies klee in sy groen wildbewaarder drag.

    Hy is betyds vir tannie Rozelle se ete. Rozelle Bettison is nege-en-sestig jaar oud en sy bedryf die eetkombuis van die Yellow Ridge privaat wildtuin se personeel. Haar kombuis is haar trots. Niemand kan so lekker kos kook soos sy nie.

    Fritz is heel eerste daar, soos hy maar gewoonlik doen en Rozelle kan tyd afstaan om met hom te gesels. Sy het hierdie jong man lief asof hy haar eie seun is.

    Goeie môre Fritz. Kan ek vir jou skep?

    Ja, asseblief Tannie. Ek is nou rasend van die honger. Ek het lekker gehardloop en is nou sommer weer lus vir die dag.

    Sy skep 'n tradisionele ontbyt in soos sy weet die jong man verkies, twee snye roosterbrood met konfyt op, twee sagte eiers, ses repe spek, twee lang stukke wors, gekookte boontjies en slap aartappel skyfies op 'n klein bordjie. Sy sit sy bord voor hom neer en bring twee bekers koffie vir haar en hom en kom sit by hom.

    Fritz, jy moet vir jou 'n ander vrou kry dat jy oor daardie merrie kan kom. Sy het jou hart gebreek en dit is nie goed dat jy so ly nie.

    Tannie, wie?

    Hier is heelwat vroue wat hul skoene agterna sal gooi as jy belangstelling sal toon.

    Tannie, ek weet nie so mooi nie. Ek is nog nie gereed nie. Ek weet ook nie of ek 'n jong vrou wil hê nie. Catherine het my baie seer gemaak. Ek kan dit vir jou vertel, want ek beskou jou as my ma. Tannie weet dit ook, ons het al baie daaroor gepraat en ek weet jy sal nie uit praat nie. Ek dink ek sal eerder 'n ouer vrou kies. Ek wil eers baie seker wees sy kies my nie oor geld nie.

    Volg jou hart my kind. Tog is daar heelwat belangstelling. Ek weet, ek kan mos sien hoe die vroue jou agternakyk.

    Tannie, ek oorweeg nog steeds om maar terug te keer na my eie land. Ek wil weer my eie taal praat. Ek dink ook al in Engels. Ek twyfel baie Tannie. Ek weet nie meer wat om te doen nie. Wat dink Tannie moet ek doen?

    Hoekom doen jy nie aansoek vir 'n pos en gaan vir 'n onderhoud nie? Jy kan mos besluit as jy daar is. Dan moet jy op jou hart vertrou. Jy sal dan weet of dit die regte ding is om te doen.

    Tannie, jy weet ek het jou lief soos my eie ma. Ek weet ook jy het my lief. Ek weet jy wil nie regtig hê ek moet weg gaan nie. Ek weet jy dink nie aan jouself nie. Ek weet jy gee my die regte raad. Gee my jou eerlike raad, moenie vir my jok om my tevrede te stel nie. Ek weet Tannie is nie meer so jonk nie. Sal jy my jou eerlike antwoord gee?

    Ja, ek sal.

    As ek gaan, sal jy vir my kom kuier? Ek sal jou oor vlieg en weer terug.

    Ek sal met graagte kom.

    Dankie Tannie, nou weet ek wat om te doen. Ek sal begin uitkyk vir poste. Ek het gelukkig genoeg ondervinding met die baie operasies wat ek op die diere gedoen het. Ek hou van werk met wild. My ondervinding sal ook in my guns tel.

    Goeie môre, het jy al weer voor my opgestaan?

    Die man wat ingekom het, het 'n donker vel. Hy is van Indiaanse afkoms en hy en Fritz is groot vriende. Johnty Wilder is agt-en-dertig en hy het Fritz alles van veldkuns geleer. Op sy beurt het Fritz hom geleer om hom tydens operasies in die veld by te staan en Johnty is uitstekend in sy taak. Die twee mans het groot respek vir mekaar.

    Johnty, ek het al my twaalf kilometer gehardloop.

    Tannie Rozelle, hierdie Afrikaner is seker maar 'n vermomde Indiaan. Hy is sowaar 'n man wat hier in die veld tuishoort.

    Hy draai na Fritz.

    Fritz, gaan ons vanaand by my braai? Jou tradisie om vleis so oor die vlamme en kole te doen het my hart gesteel.

    Ek is in ou maat. Ek het klaar vleis by tannie Rozelle bestel.

    Pretoria.

    Sondagoggend vroeg, direk na ontbyt, het Mariëtte haar eerste afspraak met Louise Smit van Uitvlug Eiendomme.

    Louise wag al in die voorportaal toe Mariëtte af kom. Mariëtte het gemaklik aangetrek in 'n denim langbroek, 'n bloese en 'n warm fleece trui. Dit is koelerig. Sy het hardloopskoene aan. Haar hare het sy agtertoe geborsel.

    Louise is 'n rooikop en sy het 'n soepel vel, vry van enige sproete, en Mariëtte is oortuig haar hare is gekleur. Nogtans is sy mooi versorg. Sy het 'n netjiese broekpakkie aan. Mariëtte skat haar so in haar laat dertigs.

    Goeie more, ek is Louise Smit.

    Ek is Mariëtte Swart.

    Kom ons ry, ek het sommer heelwat woonstelle wat ek jou graag wil wys.

    Ek is tot jou beskikking. Jy weet waarvoor ek gevra het.

    Jy kan ontspan, ek sal jou nie na die gevaarlike areas neem nie.

    Sy wys Mariëtte vyf woonstelle. Na hulle daarmee klaar is en terugstap motor toe, maak Mariëtte haar keuse.

    Die een wat jy my derde gewys het, is my keuse.

    Jy kies wys, dit is die beste een wat ek het. Dit is redelik sentraal en dit is veilig.

    Emily Hobhouse straat vier een ses, woonstel twee-en-twintig, is in Pretoria Noord. Mariëtte hou van die woonstel en teken haar kontrak. Die woonstel is onmiddellik beskikbaar. Louise neem haar terug hotel toe en sy is betyds vir middagete. Dit is heerlik.

    Na ete skakel sy haar skootrekenaar aan en versend die bevestiging van die trek deur na die vervoermaatskappy. Die trek behoort Donderdag hier te wees. Hulle is baie effektief.

    Sondagaand teen vyfuur is Mariëtte tevrede. Die woonstel is nou skoon en die meubels is min of meer soos sy dit wil hê. Die ander goed soos die matjies en fotos sal sy later uitsorteer.

    Aandete is 'n pizza wat sy bestel het en sy eet behaaglik voor die televisie terwyl sy na 'n aksiefliek kyk. Later die aand sit sy haar klere reg vir môre as sy begin werk. Sy weet die drag is kakie en sy het die klere al reg. Sy het netjiese Merrell skoene gekoop.

    Na sy gebad het, klim sy in die bed met 'n boek. Sy lees 'n rukkie voor sy die lig afskakel. Sy dink weer aan Willie Basson, die man met wie sy sou trou. Dit was twee jaar gelede. Sy, 'n weduwee, het hom ontmoet na haar tyd van rou oor was. Sy het afskeid geneem van Juan. Sy was baie gelukkig saam met hom, maar haar groot ontnugtering het gekom toe hy twee dae voor hul groot dag gekom en vertel het dat hy 'n ander vrou swanger gemaak het. Hy het haar hart gebreek en sy is nou eers daaroor.

    Mariëtte is klokslag sewe-uur by die administratiewe gebou van die dieretuin. Sy het al hoeveel keer die portefeulje deurgelees oor die dieretuin. Dit is op 210 akker grond geleë, te Boom Straat in Pretoria. Die pos wat sy gaan beklee is 'n gesogte pos en sy sien baie uit daarna.

    Sally Maluleke, die bestuurder, ontvang haar persoonlik.

    Goeie môre Mariëtte, welkom by ons. Kom ek wys jou jou kantoor. Dit is langs myne geleë.

    Dankie Mevrou.

    Sally neem haar na 'n ruim kantoor met 'n netjiese lessenaar, opgestopte stoele en ook 'n privaat sitkamertjie gedeelte.

    Hier kan jy werk en ook privaat gaste of besoekers ontvang. Die ingeboude kaste is vir jou gebruik. Jy sal sien daar onder is 'n klein kroegyskassie. Dit is nogal handig in die warm somer. Bokant die yskassie is jou wasbakkie en kraan en ketel.

    Baie dankie Mevrou. Ek is nogal beïndruk. Ek het nie geweet dit sal so uitgerus wees nie. Ek sal die koffie maak gedeelte baie geniet.

    Maak jouself tuis. Half agt gaan ons in die personeelkamer bymekaar kom. Almal sal nie daar wees nie, maar ek sal jou aan die naastes bekend stel. Ek sal jou kom haal.

    Dankie.

    Toe Sally uit is, maak Mariëtte die laaie en kaste oop en kyk wat daar is. In die een laai kry sy 'n afskeur notaboekie en maak 'n lysie van wat sy wil koop. Sy sluit haar handsak in die kas toe en druk die sleutel in haar broek se sak. Sy is reg toe Sally haar kom haal.

    Die personeelkamer is eintlik 'n konferensiesaal. Die tafels is eenkant gepak met tafeldoeke en twee groot skinkborde eetgoedjies. Daar is koffie en tee ook, en selfs vrugtesap.

    "Dames en here, ek wil graag vir Mariëtte Swart, ons nuwe adjunk bestuurder aan julle bekend stel. Sy kom van die Winter Hotelgroep af. Sy is gegradueer in personeelbestuur

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1