Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Een nag en 'n bietjie
Een nag en 'n bietjie
Een nag en 'n bietjie
Ebook142 pages3 hours

Een nag en 'n bietjie

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Daar was die dag voor die gebeure, en die dag daarná. En dan was daar die nag tydens. Nooit weer sal Margaretha se lewe dieselfde wees nie. Een gewone weeksaand is sy en haar man in hul plaaswoning tussen Middelburg en Groblersdal beroof en ontvoer. Wonder bo wonder het hulle albei die nag oorleef. ​Een nag en ’n bietjie is gebaseer op ware gebeure. Dit is ’n verhaal wat ons herinner aan wat dit is om mens te wees in Suid-Afrika. Dit is ’n hartverskeurende boek, en aangrypend. Maar tog laat dit jou jubel jy woon hier, in hierdie verraderlike, verrassende en onvoorspelbare land.
LanguageAfrikaans
Release dateSep 30, 2016
ISBN9780798174169
Een nag en 'n bietjie
Author

Hester Kruger

Hester Kruger is gebore en getoë op ’n plaas in die distrik Krugersdorp. Sy was lank werksaam in die biblioteke van Universiteit Potchefstroom en Unisa, en later by RGN. Sy is getroud met ’n regsgeleerde en hulle het drie kinders en vier kleinkinders. Sedert 2007 woon sy en haar man op ’n plaas by die Loskopdam in Mpumalanga.

Related to Een nag en 'n bietjie

Related ebooks

Related articles

Reviews for Een nag en 'n bietjie

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Een nag en 'n bietjie - Hester Kruger

    Hester Kruger

    EEN

    NAG

    en ’n bietjie

    Human & Rousseau

    Opgedra aan

    Mpho Mokwena (1942–1961) en

    Lerato Maponyane (1946–2014)

    I’ve never had any difficulty telling imagination and reality apart. The problem has always been to distinguish between recalled fantasy and recalled reality. That’s quite another matter. I always knew the difference between what I was actually observing and what I only imagined I was observing. But gradually, as time went by, separating actual occurrences from experiences I’d made up, could get tricky. My memory hasn’t got special compartments for things I’ve seen and heard and things I’ve simply conjured up. I’ve only got one memory in which to store both the impressions and imaginings of the past: in glorious unity they combine to form what we call recollection.

    (JOSTEIN GAARDER, The Ringmaster’s Daughter)

    Een nag …

    ’n Yskoue wind swiep stof op van die straat voor die geel baksteengebou. LANDDROSHOF, lees dit bokant die hoofingang. Johannes sê die Rondgaande Hof sit in ’n spesiale hofsaal en die voorsittende regter dra ’n rooi toga. Asof sy dit nie weet nie!

    Mense beweeg in en uit by die deure. Die ingaan is ’n stadige proses, want die sekuriteit is streng. Die skril geluid van die alarm lei tot die deursoekery van ’n verskrikte besoeker. Margaretha voel ’n koue hand om haar hart vou. Sy dink aan alles wat in haar handsak en aan haar lyf is. Sy wil nie nou ten aanskoue van almal deurtas word nie.

    Daar is mans in pakke, ander wat weer duidelik van die plaas af is, of dalk van een van die informele nedersettings aan die buitewyke van die dorp; heelwat vrouens, party toegevou in komberse met babas op die rug of aan die hand, werkers met blou-en-oranje oorpakke, mans en vrouens in polisie-uniforms. Getuies wat hulle woord oor die een of ander onreg kom spreek? Ondersteuners van getuies? ’n Paar slagoffers?

    Wat bring mense op ’n koue dag in Augustus na ’n plek soos hierdie?

    Sy spook om binne die geroesemoes in haar kop orde te skep. Sy het so hard gewerk om weer vrede in haar gemoed te kry, om die punt van berusting en aanvaarding te bereik. Sy wil nie weer teruggaan na die begin nie.

    Sy voel ontuis en ongemaklik in die pers rok, swart sykouse en hoëhakskoene, asof sy in ’n rolprent speel waar sy nie hoort nie. Sy smag na haar uitgetrapte tekkies wat op die stoep lê en haar verbleikte denimbroek.

    Soos ’n outomaat beweeg sy in die rigting van die dubbeldeure. Dit is net Johannes se arm om haar skouer wat haar voortstuur. Haar hak haak in ’n slootjie tussen die plaveistene vas. Sy strompel, maar sy sterk arm hou haar regop. Sy wil vlug na iewers waar die son helder en warm skyn – weg van die koue om en in haar.

    Johannes stuur haar deur die koue gange. Die plafonne is te laag. Mense drentel skynbaar doelloos deur die tonnels. Pyle wys na howe, elk met ’n eie alfabetiese identiteit. Oral teen die mure en in snaakse hokkies sit mense op houtbankies. Almal lyk asof hulle wag op iets om te gebeur. Die meeste staar swygend, maar die stemme van dié wat dit waag om te praat, draal in die winterkoue.

    Hier, sê Johannes, en stuur haar by een van die waghokkies in. Sy herken sommige mense wat daar sit. Dis slagoffers van dieselfde roofbende. Sy het hulle vroeër by die polisiestasie op Hendrina, tydens die uitkenningsparade, ontmoet. Sy wil glimlag, maar haar mondhoeke speel nie saam nie; sy wuif ’n algemene groet. Almal van hulle gaan nog vandag dieselfde paadjie loop.

    Sy het skaars gesit toe ’n harde stem in die gang uitroep: Margaretha Bodenstein! Johannes het sy hand onder haar elmboog. Kom, dis jou beurt. Wees kalm en vertel net wat gebeur het.

    In die hof wag hulle reeds op haar. Sy is vaagweg bewus van die man in die rooi toga op die regbank, die oë van mans in swart togas wat haar gang volg. Iemand beduie haar na ’n houthok wat seker die getuiebank moet wees. Haar oog vang dié van die tolk wat reeds haar plek ingeneem het. Sy vind gerusstelling in die teenwoordigheid van die vrou neffens haar. Dumela, sisi, fluister sy voor sy stelling inneem in die koue gestoelte.

    Sweer u dat die getuienis wat u sal aflê, die waarheid sal wees, die hele waarheid, en niks anders as die waarheid nie? Steek op u regterhand en sê, so help my God, beveel die regter se klerk streng. Haar mond vorm die woorde, maar haar oë is afwesig. ’n Eed is ’n eed is ’n eed.

    Ek sweer, so help my God.

    Haar oë dwaal oor die groepie mense op die harde hofbanke. Sy weet van hulle, maar sy ken hulle meestal nie. Dis mense uit haar omgewing. Mense by wie sy verbybeweeg het sonder om aandag te gee. Sy sien hoe hulle styf teen mekaar nestel, warmte by mekaar se lywe en harte soek. Sy weet dat hulle aan elke woord wat uit haar mond kom, gaan hang. Wonde gaan oopgeskeur word. Gebeurtenisse gaan herleef word.

    Haar oë soek na die blou van Johannes se oë tussen die mense. Hy sit effens eenkant. Sy donker pak, wit hemp en gestreepte blou das val verkeerd op haar oog. Dit is sy wêreld hierdie. Sy voel uit haar plek soos ’n vis wat op droë grond lê en spartel. Hý ken elke prosedure. Hy lyk kalm en gemaklik. Hy kyk nie na haar nie – weet dat simpatie nie nou die nodige uitwerking sal hê nie.

    Johannes het haar vooraf probeer kalmeer en verduidelik dat die houtbank van waar sy gaan praat die getuiebank is. Dis nie die beskuldigdebank nie. Jy hoef jou oor niks te verantwoord nie. Vertel net die dinge soos dit gebeur het. Sy is nou spyt dat sy nooit in al die jare wat hy praktiseer, die moeite gedoen het om van sy hofsake by te woon nie. Dan sou sy nie nou so uit haar plek gevoel het nie. Dit het sy nou van haar voorneme om nie opgeslurp te word in sy lewe nie.

    Sy vermy die oë wat uit die houtbank aan haar regterkant na haar staar. Dis waar die vier beskuldigdes sit. Sy is nog nie gereed nie. Vier jaar, agt maande en een dag was nie genoeg tyd nie. Hulle blote teenwoordigheid bedreig haar.

    Die regter kug. Hy wag duidelik op die staatsaanklaer. Sy toga is te rooi vir die somber atmosfeer. Dit is soos bloed op ’n wit lap. Te rooi! Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat swaai.

    Mevrou Bodenstein, onthou u die aand van 4 Januarie 2009? Vertel asseblief in u eie woorde wat op daardie aand gebeur het.

    Die staatsaanklaer is groot en intimiderend. Sy voel soos ’n stout skoolkind wat op ’n skrobbering wag. Haar ou vrees vir kritiek oorval haar.

    *

    Margaretha, waar is jou sakdoek vanoggend? Dit is juffrou Theunissen se lang, maer vinger wat op die bank voor haar tik. Sy is in graad een. Haar naels is silwerskoon, maar die sakdoek waarop sy haar hande moet uitstal, is nie vanoggend in haar skooltassie nie. Sy voel hoe die trane in haar oë opwel. Sy wil nie hê Juffrou moet met haar raas nie.

    *

    Dit is nie ’n kort storie nie, U Edele, hoewel ek dit soos flitsberigte aan u sal voorlê. Vlietende blertse uit my geheue. Want u moet begryp, Regter, die vrou wat hier voor u staan, het haar pad geloop. Om my verhaal te verstaan moet u iets verstaan van die pad wat my tot hier gebring het. Vir u mag dit (soos Johannes dikwels sê) irrelevant wees tot dit waaroor u gevra word om te beslis: skuld of onskuld. Maar is die lewe ooit so eenvoudig, kan dit gereduseer word tot een van twee moontlikhede? Wat van nuanses, die grys gebied tussen die wit en die swart? Of van die ingewikkeldhede van die menslike psige wat selfs die verstaan van die sélf so moeilik maak?

    Soos ek sê, Regter, vir my is dit die storie van my lewe waarom dit vandag, hier in hierdie hof, gaan. My volle storie oor wie en wat ek is, en wáárom. Dit is ’n storie sonder hoofstukke, U Edele. Want dit is mý waarheid.

    Wat is die eerste herinnering wat sy kan onthou? Of lê daar ander gebeurtenisse van vroeër in haar geheue vasgevang? Sy het al so baie keer gehoor hoe haar ouer neefs en niggies die dag in die kuilvoergat moes speel, terwyl haar ma in die plaashuis geboorte geskenk het aan haar. Dis amper asof sy dit self ook kan onthou. Dit is vreemd hoe dinge wat jy dikwels genoeg hoor, deel van jou eie realiteit word. Wat is fiksie en wat is werklikheid in jou lewe?

    Reality is the state of things as they actually exist, rather than as they may appear or might be imagined. In a wider definition, reality includes everything that is and has been, whether or not it is observable or comprehensible. A still broader definition includes everything that has existed, exists, or will exist.

    Sy het dit alles gegoogle. Sy kan haar vereenselwig met Wikipedia se verklaring. Plato, Aristoteles, Wittgenstein en Russell, en seker honderd ander ook, tref nog verdere onderskeide. Eintlik is dit vir haar irrelevant, want haar werklikheid is tog háár werklikheid. Sy onthou wat sy onthou.

    *

    Margaretha! Sit doodstil. Moenie beweeg nie!

    Sy was drie of vier jaar oud.

    Haar oë soek na die bruin, amper swart, oë van haar pa. Hy staar strak na die grond waar sy sit. Die uitdrukking op sy gesig is vir haar vreemd. Sy bly gehurk sit, maar vergeet van die speletjie waarmee sy besig was. Die mierleeu wat sy met die grasspriet probeer vang het, ontsnap haar poging. Sy hoor nie die geritsel van die okkerneutboom se blare in die wind nie. Sy ruik nie die gekneusde bloekomboom waaronder sy sit nie.

    Die dringendheid in haar pa se stem maak haar bang, sy begryp nie wat nou gebeur nie. Sy weet haar pa is baie, baie sterk. Sy verwonder haar altyd aan sy bruingebrande arms en die spiere wat in sy voorarms bult. Hy kan ’n jong kalf optel as hy wil.

    Maar hoekom klink sy stem nou so anders?

    Sy kyk af grond toe. Sy wil opspring. Sy wil skree …

    Margaretha, sit stil!

    Die slang seil uit onder haar rokkie wat tot op die grond hang. En verdwyn vinnig in die gras.

    Haar pa gryp haar met een beweging en druk haar styf teen sy bors vas.

    O God, Magrietjie! Is daar ’n bewe in sy stem? Hy stap vinnig met haar weg van die plek waar die slang was. Kom ek gaan wys vir jou die nuwe kalfie wat vanoggend aangekom het. Ek dink ons moet haar Rinkhals noem.

    *

    Sy dink dít was haar eerste bewuste onthou.

    Mevrou Bodenstein, onthou u die aand van 4 Januarie 2009? herhaal die staatsaanklaer.

    Sy woorde druis soos hoefslae deur haar kop. Hy klink ongeduldig. Sy probeer die skyn bewaar – hou haar hande rustig gevou op die blad voor haar. Haar voet begin kramp. Die bloed dreineer uit haar kop en laat haar ’n oomblik duisel. Met inspanning kry sy dit reg om sonder emosie in haar stem te reageer.

    Ja, U Edele.

    Moet sy meer sê? Moet sy byvoorbeeld sê: Ek onthou dit baie goed,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1