Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Ingrid Jonker: Versamelde gedigte
Ingrid Jonker: Versamelde gedigte
Ingrid Jonker: Versamelde gedigte
Ebook158 pages1 hour

Ingrid Jonker: Versamelde gedigte

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Dit is moeilik om nie deur die kort, onstuimige lewe van Ingrid Jonker geruk en gefassineer te word nie. Die versoeking is dus groot om haar Versamelde gedigte, wat jeugwerk, Ontvlugting (1956), Rook en oker (1963) en die postuum gepubliseerde Kantelson (1966) insluit, deur die lens van haar veelbewoë biografie te bekyk. Dit sou egter dwaas wees om hierdie dikwels sjarmante en speelse verse slegs te ondersoek soos ’n nuuskierige forensiese sielkundige wat die literêre beendere van ’n lewe fynkam vir bewyse van sensasie en waansin. Sinvoller sou wees om in gedagte te hou dat Jonker aanvanklik betower het met haar digkuns en nie met haar politieke instellings of omstrede lewe nie. Lees Ingrid Jonker onbevange en jy word opnuut bekoor deur ’n onmiskenbare helder stem wat met kinderlike verwondering en ontsteltenis sing en huil van onskuld, skoonheid en verskrikking in gedigte wat goël met die aansteeklike en bedrieglike eenvoud van ’n kleuterrympie, maar spook soos duister voorbodes. Lees “Toemaar die donker man” weer met ’n oop gemoed en jy besef hoekom Jonker se woorde ongeag die psigodrama van haar lewe en dood aanhou eggo. Dit kom na jou soos ’n klassieke wiegelied waarin die troos van moederliefde net so waar en teenwoordig is as die oneindige nag daarbuite. Die verse in Versamelde gedigte is die steeds lewende, ademende bewys dat beduidende kunstenaars skep ten spyte van verlies, trauma en geestesongesteldheid en nie gewoon as direkte gevolg daarvan nie – anders sou goeie poësie so volop soos trane gewees het. – Danie Marais
LanguageAfrikaans
Release dateSep 15, 2016
ISBN9780798174688
Ingrid Jonker: Versamelde gedigte
Author

Ingrid Jonker

Ingrid Jonker se debuutbundel, Ontvlugting, verskyn in 1956, en die veel bekroonde digbundel Rook en oker in 1963. Ingrid word gegroepeer onder die “Sestigers” waarvan André P. Brink ook deel was. Sy pleeg selfmoord deur op 19 Julie 1965 die see in te loop. Jonker was slegs een en dertig.

Related to Ingrid Jonker

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Ingrid Jonker

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Ingrid Jonker - Ingrid Jonker

    Ingrid Jonker

    Versamelde gedigte

    Human & Rousseau

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Ingrid Jonker: Versamelde gedigte mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    Vir jou gee ek my bloedjong digterskap,

    My kinderkuns, my baie woorde

    Jeugwerk

    Dwaling

    Toe het ek gedink dat jy en julle

    min is; ek het gevoel

    dat ek verby die kille

    winde van jul onreg en die doel

    van jul terloopse groet is.

    Ek het die hoop en liefde wat ek eens

    gegee het as jou erfenis

    geneem; ek het gelag en weens

    my vrolikheid en goedheid veel gewen.

    Maar toe die ligte dof word en die aandklok fel

    die leegte inlui was ek diep bedroef en

    in myself was ek teleurgestel.

    Junie 1951

    Na die Franse kunstentoonstelling

    Voorgrond

    Vir jou gee ek my bloedjong digterskap,

    My kinderkuns, my baie woorde

    Maar as ek weer

    Met diep gedagtes stap vir stap

    Na koue, winderige oorde

    Keer

    Gedenk ek slegs die groot onvrye dinge

    Wat fel en seker is:

    Die fondament

    Van lewe en van dood, die silwerlinge

    Wat ons lewens koop, en voor ons wis

    Vir ons na vaster, strakker dieptes wend.

    Junie 1951

    Skrik

    Jy is

    ’n rustelose see;

    dis snaaks hoe jou liefde

    ’n vrees is; ek is bang

    As jy stort en styg om my heen

    Tot ek vlug

    Oor die sand

    Van die bewende waterkant heen.

    Jou woord is ’n klotsende brander

    en die skuim jou wit trots

    Maar wat gebeur en verander

    In die donkergroen diep van jou bors?

    Junie 1951

    Reën

    Ek loop in God; Hy reën

    In koue teen my aan; ek loop

    Verby Hom waar hy langes steen

    En teerpad in ’n groen plant groei.

    Al het jy daardie ander reën

    Oor my gestort as kroon en spot

    Bly jy verstote: langes steen

    en teerpad in my een talent groei God.

    Junie 1951

    Keuse

    Ek het U raad, o Heer, verloën en ru

    Gewens om hom by my te hê instede van

    die samesyn met U.

    Ek het die bitter kan

    van U linkerhand geneem toe U

    tussen die sterre deur twee bekers na my reik

    En nou het ek die sku

    gevoel dat ek U in die oë sal moet kyk.

    Junie 1951

    Die plakkaat

    My lewe is meteens ’n leë straat,

    ’n straat waar ou koerante, nuusberigte, waai –

    flou buislig-skynsel oor ’n vuil plakkaat –

    my lewe is meteens ’n leë straat.

    Verlate staan ek voor een winkel stil,

    ’n dooie pop herinner my aan jou,

    jou glimlag en jou bors; om jou ontwil

    staan ek eerbiedig voor een venster stil.

    Uiteindelik in die middel van die straat –

    daar is geen sterre en geen maan, dit is verby,

    die wind vaar in die ou koerante, die verflenterde plakkaat,

    verlate staan ek in die middel van die straat.

    En teen geslote deure gaan ek sit

    van huise waar daar eenmaal vriende was –

    ek wis nie dat ek nog kon ween en bid;

    teen die geslote deure gaan ek sit.

    My lewe is maar net ’n leë straat,

    ’n straat waar ou koerante, nuusberigte, waai –

    flou buislig-skynsel oor ’n droewige plakkaat;

    my lewe is maar net ’n leë straat.

    Die Huisgenoot, 12 Maart

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1