Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Op 'n dag, 'n hond
Op 'n dag, 'n hond
Op 'n dag, 'n hond
Ebook285 pages5 hours

Op 'n dag, 'n hond

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Die liggaam is nie jou vyand nie, het hy begin. Ons leef dubbeld, die bewussyn en die liggaam, die een lewe is weggesteek in die ander een. Hulle is een, maar soms moet die een die knie voor die ander een buig . . . Die geheim lê by aanvaarding, aanvaar dat ons twee keer onsself is. Oplaas ’n nuwe roman deur die bekroonde skrywer John Miles. In ’n klein tuinwoonstelletjie sit en luister ’n oudonderwyser een stormagtige aand na ’n vrou wat met heimwee sing van ’n rivier in ’n ander land, van die verlies van ’n vaderland, en van ’n koesterende wêreld. Min weet hy wat wag op hom die volgende dag . . . Dat die verlede ’n manier het om jou spoor te volg, en jou te dwing terug na waar alles begin het. Op ’n dag, ’n hond is ’n besinning oor die vervlietendheid van die menslike bestaan en weerspieël eindelik ’n merkwaardige insig in die mens se lot. Dit is ’n aangrypende roman en word, soos altyd, gekenmerk deur Miles se aweregse humor.
LanguageAfrikaans
Release dateNov 7, 2016
ISBN9780798174336
Op 'n dag, 'n hond
Author

John Miles

John Miles word beskou as een van die grootste skrywers in Afrikaans. Hy was o.m. ’n stigterslid van die onafhanklike uitgewery Taurus. Hy is veral bekend vir sy bekroonde roman Kroniek uit die doofpot. Sy mees onlangse romans sluit in Die buiteveld, Voetstoots en Op 'n dag, 'n hond. Miles woon op ’n plaas buitekant Nieuwoudtville in die Noord-Kaap.

Read more from John Miles

Related to Op 'n dag, 'n hond

Related ebooks

Related articles

Reviews for Op 'n dag, 'n hond

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Op 'n dag, 'n hond - John Miles

    Human & Rousseau

    Democritus left his herds to ravish fields and crops, while his speeding soul was wandering outside his body.

    De Montaigne wat Horatius aanhaal, vertaling op vertaling.

    On Solitude, Penguin, 2009

    Aand

    Aand, 1

    Die aand voor die hond gekom het, sit die onderwyser by ’n tafel, hopeloos te groot vir die klein voorkamer, die laaste hoofstuk van ’n roman en lees. Vlak langs hom sing ’n alt op CD van verlies en aanvaarding.

    Met elmboë op die tafel en kop tussen sy vuiste gestut, kyk hy af op die boek en sonder om sy oë oop te maak dink hy aan die omgekeerde beeld van die lewe wat die roman voorhou: ’n afskeid aan die begin, en aan die einde ’n uitgebreide bekendstelling.

    Pure fiksie. Fiksie wat die hele lewe in beslag neem, roetes van verbeelding waarsonder geen mens lewe nie, vanaf die wieg se eerste indrukke (die optel vir melkbors ensovoorts, steendrukke wat mettertyd verdof) tot die laaste galopperende beelde in die spieël wat verdonker. Galopperende beelde, ja, het hy al gehoor.

    Van waar hy sit, kyk hy van tyd tot tyd op na die swart vlek van ’n kaal venster sonder om iets buite te onderskei, die nag maanloos, naamloos, die stadsligte weggekeer deur die boom op die rand van die klein agterplaas, ’n agtertuin wat hom ’n duisend-en-een keer herhaal in die ouer middelklaswoonbuurte van die stad, jou eie persoonlike put, diep genoeg om privaatheid min of meer te waarborg.

    Vroeër die dag het Liz die gordyne laat afhaal, dis oud en lelik, sy skaam haar vir gaste as hulle somersdae in die agtertuin sit, buitendien – maar hy sou dit natuurlik nie agtergekom het nie – is die gordynspoor aan een kant gebuig, alles hang skeef, g’n wonder die wieletjies haak vas nie, die nutsman kom môremiddag die nuwe blinding installeer, dit sal pas by die styl van die aangeboude tuinwoonstel, dink hy nie ook so nie? Haar aanbod van twee badhanddoeke wat hy vir die aand voor die kaal venster kan hang, het hy van die hand gewys, wat het hy om weg te steek? Dis net die dop van my lewe wat wie ook al sal sien en niks van gedagtes wat gedagteloos voortwoeker nie. Nie deur ’n gordynlose venster nie.

    Van vroegaand af het die kouefront wat vir die provinsie voorspel is sy rukwinde losgelaat, die internet het met dramatiese voorstellings getoon hoe wyd die bolronde onstuimigheid strek wat suidelike Afrika nader. Bo in die huis sou die weerman op Liz se TV telkens uitasem die voorstelling moet herhaal om die volle verhaal in te pas, die reusegolwe, die gevaar van oorstromings, stormwinde, en dit vir Oktober, ongewone tyd van die jaar, absoluut buitengewoon.

    Selfs al was dit ’n gewone somersaand, wie sou genoeg belangstel om hom deur die venster te bespied? Dis te maklik om jou die prentjie te verbeel: ’n nogal bejaarde man wat sy kop vashou, op so ’n manier dat dit lyk of hy nie mooi weet wat om daarmee te maak nie, soos iemand wat ná ’n onlangse verhuising sy goed uitpak en nie weet waar om vir ’n kosbare en delikate voorwerp ’n prominente maar veilige plek te kry nie; ’n beskutte plek vir die broeiplek van dualiteite, die bewussyn.

    Sy dogter, Helena, sou dalk uit besorgdheid moeite doen om ’n ogie oor hom te hou, verder is daar kwalik iemand meer. Vanaand sal ’n toeskouer, toegewikkel in ’n oorjas, hom nie eens onder die boom (waar daar heeldag lank skaduwee is) hoef te verskuil nie; só donker is dit, hy kan dit naby waag dat selfs die titels van die stapeltjie boeke wat bo-op die oorvol boekrak staan leesbaar word: The Iron Tracks, Embers, Out Stealing Horses, The Insufferable Gaucho, Pereira Maintains, Bufalino . . .

    Nee, geen voyeur sal vasbyt nie, want wat het ons hier? ’n Armsalige skepsel wat sy kop vashou, dit kort-kort moet skud om seker te maak hy is by sy positiewe, ’n houtpop, geen kans op karakterontwikkeling nie, alles is reeds afgeloop, al wat hierop kan volg is die voorspelbare punt en . . . ag nee, daar langs hom op die tweedehandse tafel lê ’n klein rekenaar, asof so ’n byderwetsheid sal help vir spanning, behoede ons tog dat hy dit oopslaan om aan sy memoires te skaaf, laaste stuiptrekking. Skakel tog oor na ’n kanaal met kaperjolle.

    Die wind pluk aan die ruit.

    Hy het vroeg gaan eet voor die fratsweer en beurtkrag hulle tande kon inslaan, op straat reeds ’n snykant aan die wind. Liz het aandetes vir hom gereël vier maal per week, Maandag tot Donderdag, by ’n Walliese vrou in dieselfde buurt. Sepietyd is die aangewese uur om daar op te daag sodat hy alleen aan tafel kan sit en die gasvrou se glimlag waardeer terwyl haar hipokondriese man in sy veraf hoek meegevoer word deur die aangebode verbeeldings op TV.

    Weer loop hy af in die middel van die straat, hy sien homself, geen honde wat waak agter heinings nie, hulle het vroeg skuiling opgesoek, verwar deur die ongewone weer. Hy gaan in by die hekkie van die Walliese vrou en tydelik val die huis in drie wêrelde uiteen: hare (musiek uit die woonkamer, die afgelope tyd stil), die half dowe geparkeerde man voor sy opwinding, en op die verste punt van die eettafel: hy, die onderwyser. Hy trek ’n stoel uit, haal iets uit om te lees. Vanaand was dit steeds net haar niggie wat waarneem terwyl sy met vakansie is. —My senuwees is op, herhaal die niggie aand ná aand, wat doen ek as die elektrisiteit onverwags ingee, wat van die huiswerk en hoe sal ek ontsnap van die ou man se selfbeklag in die donker?

    Hy blaai terug deur die bladsye voor hom, maak die boek toe. Die stofomslag hou vaagweg verband met die verhaal, ’n foto van netjiese traliewerk wat ’n boomryke tuin afsper. Dis donker op die foto, dalk vroegaand se sterk skemer. Winter, ’n paar bome blaarloos. Die hoë voetgangerhek staan half oop. ’n Uitnodiging aan die kyker vir ’n toetrede na binne. Of na buite, ’n uittrede? Bome alkant die heining, blare oral op die grond en ver regs, anderkant die tralies, is die gloed van ’n verre lig. Is dit waarvandaan gekom is, of waarnatoe gegaan word? So dubbelsinnig soos die boek met die suggestie van onvermydelike verwarring en latente wanhoop by die pelgrim.

    Aan die voet van die denkbeeldige kyker se blik staan, wit op swart: Briljant – ’n boeiende verhaal gedrewe deur ongekende passie, uitstekend vertaal.

    Links van hom raak die CD-speler stil, vanuit die tuin word stormgeluide meer opmerklik, maar bloot die strek van ’n arm is nodig om die laaste snitte te herhaal, dieselfde alt, nou met heimwee wat sing van ’n rivier in ’n ander land, die verlies van ’n vaderland, ’n koesterende wêreld. Gevoelvolle romantiek. En sekerlik gepaste aanvulling tot die roman, mymer die onderwyser en staar voor hom.

    Die venster bly swart en hy dink aan die man van wie hy nou die dag gelees het wat as jong man in ’n ongeluk by sy werk albei korneas onherstelbaar beskadig het, maar so ’n sterk visuele geheue opgebou en in stand gehou het dat hy ’n ratkas driedimensioneel van buite na binne kon oproep en sien. En een pikdonkeraand tot groot ontsteltenis van sy bure op sy huis se dak geklim het om los plate te herstel. Soveel vertroue om die onsigbare te sien. Iemand wat onmoontlik sonder sy geheue oor die weg kan kom. ’n Lewe in die hede onmoontlik sonder die verlede.

    Was daar beweging in die venster, is daar tog iemand in die tuin? Die venster bly uitdagend neutraal. Dan sien hy, dis hy wat sy kop beweeg het, dis hy wat in die onderste hoek, regs, na binne staar, blinkswart, sy gesig vlak met oë sonder diepte. As hy nou opstaan en uitgaan in die swart onstuimigheid, sal hy geen spore agterlaat nie en eeue later se paleontoloog sal hom miljoene wesens se gesigloosheid moet verbeel, niks meer nie. ’n Paleontoloog soos Kerneels.

    Die melodramatiese en eiesinnige Kerneels de Wet wat hy vroeër die jaar in ’n boekwinkel ontmoet het, iemand wat met die geringste aanleiding die gesprek stuur in die rigting van vroeëre geologiese tydperke, na fossiele en fossielreste, sy liefde, sy passie . . . —Luister, moenie dink dis maklik om kontroleerbare afleidings te maak nie, jy mag jou nie blind staar teen die een artefak waarop jy afkom nie. Dit gaan nie net om daardie voorwerp nie. Jy moet die hele geskiedenis van daardie nagelate stukkie klip of been of hout aflei om by die totale prentjie uit te kom. Dis om deur die donker te kyk na objekte van miljoene jare gelede.

    Miskien moet hy aan die oorkant van die tafel sit. Sonder die gordyne het die vertrek waarin hy die afgelope maande aand vir aand vertoef, onherkenbaar geword, asof iets ontbreek en hy met sy tong onwillekeurig die holte bly opsoek waar ’n tand getrek is, wie sou vermoed dat die simpel gordyne hom laat tuis voel en in ’n groef laat beland het?

    Hy luister met aandag, daar word gesing van riviere in vloed uit die talryke klowe van berg Kailas. Hy probeer die note vooruit hoor . . . my dae en nagte op spoed, ou oewers vergete, al langs afdraandes van die liefde, sing sy, word ons weggevoer, al drywend onderwerp aan versnellings van die kragtige water, verlangsaming in die delta, dan die uitspoel in rus, die uiteindelike rus. Ryk en sonoor bevestig sy verlies en aanvaarding. Hy luister en staar na die venster. ’n Venster wat self niks wys nie, maar geluide soos gerugte deurlaat, oppas! dis geen gewone laataandwind wat buite opsteek nie. Die sienlike en die onsienlike.

    Nog iets vir Kerneels de Wet om te sê: die onsienlike! —Ja, daardie donker materie, die donker energie, die groot en digte nie-weet, sluimerend en massief.

    Hy kan Kerneels kwalik ’n vriend noem. Kerneels, die paleontoloog, wat tydig en ontydig sy mening lug, veral met stopfrases wat hy soos speelkaarte aan elkeen binne hoorafstand uitdeel en die komieklike lig van ’n vinger, hoe belaglik, om met groot oortuiging ’n verduideliking te gee: helder lig op die een of ander misterie. —Kyk jy na ons verre verlede, hoe ons ontstaan het, moet jy aanvaar jy kyk deur ’n donker venster, sal Kerneels kan sê. En die bonkige man sal demonstreer hoe hy in ’n donker put kyk, sy oë op aandag en die hande wat weerskante van sy kop alle afleiers moet uitskakel (’n goue ring aan die linkerhand se pofferige fielafooi: sy troupand). Kerneels de Wet, afgetrede professor, sy lesings destyds vol drama, word vertel.

    Seniele ou man, sê die boekhandelaar, die paleontologie het onder hom padgegee, nou dryf hy retories voort sonder enige vaste grond van sy vroeëre vakgebied.

    Afkyk in die put. Onthou en vergeet. Hoe meer hy hom distansieer van die praatsieke ou man, hoe groter rys hy uit die verlede en eis sy plek op. Kerneels laat die onderwyser dinge van homself onthou, goed wat vir hom al hoe meer saak maak. Maar hoe meer hy die ruit skoonvee, hoe minder bring dit helderheid.

    Van waar die onderwyser sit, is dit vier treë deur die voorkamer tot by die twee trappies af na die kompakte slaap- en wasgeriewe wat netjies onder die hoofhuis uitgehol is, vandaar die lae plafon, die laaste tree na onder moet jy gebukkend aanpak. Met skoene aan en met die rug regop gestrek (die uitgestorwe Homo erectus) stryk sy ylerige hare teen die dak van beton: geen nooduitgang na die huis daarbo nie.

    Teen die diepste muur het ’n vorige bewoner (of Liz self, voor die onderwyser se intrek) bo-op ’n nog laer ingeboude kas ’n groot kartonhouer ingedruk, die teks en foto’s verraai die verpakking van ’n ouer model rekenaar. Saam met die twee reistasse daarnaas (syne) lyk dit of die grotkamer met hierdie ondersteuning ’n hele huis omhoog hou.

    Met die intrekslag het ’n ander objek in die slaapgedeelte hom onmiddellik opgeval, dit sou onmoontlik wees om te ignoreer. Van waar hy by die tafel sit, is dit duidelik bokant die bed sigbaar, ’n modelvliegtuig wat van die plafon afhang, met al die tekens van ’n ongeoefende hand se aandeel aan die bou daarvan, die een of ander ou eenmotorige model, nou betrap in ’n noodlottige opstyg met sy skroefneus ’n sekonde weg van verplettering teen die plafon van beton.

    Jeremy, het Liz gesê toe hy die eerste keer daarna staan en kyk, haar seun wat as eerstejaarstudent tou opgegooi en daarna die pad gevat het, weg van ’n bestraffende ma (haar eie gevolgtrekking). Maar vol selfvertroue bel hy darem glo af en toe om sy ma in te lig oor sy huidige en toekomstige suksesse.

    Messerschmitt, Stuka, Spitfire is die eerste name wat daardie middag by hom opgekom het terwyl hy teen die tuig tik om met die draai van die romp iewers ’n naam te lees, maar daar was geen leidraad nie en hy kon nie sê watter naam daarby pas nie. Omdat Liz se irritasie met sy belangstelling in die speelding ooglopend was, het hy nie uitgevra nie.

    Daar was oggende dat hy met die wakker word teen die vliegtuigie se onderstel sou opstaar. Soos ’n werktuigkundige. Dit pla hom steeds dat die wiele dalk buite verhouding groot is, te groot vir die res, hy twyfel of dit heeltemal op skaal gedoen is, ’n voertuig in die oorgang van landtuig tot vliegtuig, was dit die doel, Saterdagmiddag se stokperdjie van ’n amateurpaleontoloog? Of ’n pa wat saam met sy seun speel, het hy ook oorweeg terwyl hy daarna lê en opkyk. Hy moet sy dogter, Helena, vra wat haar vroegste herinnering was. Sy eie pa het hy skaars geken, miskien het dit hom gepla toe hy ’n kind was, nou is dit te ver terug om van betekenis te wees. Hy moet sy pa immers gesien het, maar wat onthou die suigeling van ’n bebaarde gesig (glo) wat gereeld (glo) bo-oor of voor hom hang? Soos ’n maan, ’n glimlaggende skyf (dalk), ’n dobberende vlieër, ’n vlieër wat hy ’n paar jaar later (Kersfees by die Ooskus) in die wind probeer stuur, sy gesig pal boontoe gekeer, maar intrek kon hy die tuig nie, die wind te sterk, sy pa in alliansie met die wind. Die dun, plat vlieër van ’n pa en die wegrakende driedimensionele borste van sy ma wat sy so gerieflik na hom kon stuur. Hy sal Helena vra: onthou jy hoe ek oor jou gebuk het, jou glimlag my bestuur het, jou buie my gehiet en gebied het, ek ’n vlieër wat oor jou hang en jou ma die klein vliegtuig? Nee, dit sal hy nie waag om te sê nie, hy durf nie voor haar van ’n vliegtuig praat nie.

    Hy staan op uit sy stoel, skuif in die proses die boek eenkant. Die venster skommel van al die beweging. Buite suis dit. Elke oomblik kan die elektrisiteit die stryd teen die elemente prysgee.

    Enkele treë is genoeg vir sy afgehokte tuiste op twee vlakke soos ’n geheue, op een vlak die bed en klerekas, sy ablusie, vliegtuig en al. En hoër sy werktafel, boeke en soms die uitsig op ’n ewe afgeslote tuin. Hieruit het sy bestaan van die afgelope tien maande vandaan gekom.

    Nou gee hy ’n tree na die venster en lig sy hand, nie om beter die swart tuin in te kyk nie, hy staan kryt in die hand voor die swartbord van sy klaskamer. Hy skryf op die groot middelste bord, hy praat oor sy skouer met die klas agter sy rug. Stap vir stap spel hy sy les uit, trek kringetjies om woorde, onderstreep ander, klop teen die swartbord, helder en logies, maklik om te memoriseer.

    (Wat soek ek hier? Hoe het ek hier beland? Iets hier vergeet?)

    Aand, 2

    Hy was nie in sy beste bui daardie middag nou byna ’n jaar gelede nie, drie weke voor Kersfees.

    Die strand het begin vol raak, maar vroegoggend, voor sonop, voor douvoordag, was die hoogwater-voetpad tussen die rotse voor sy huis so stil van mense soos op enige ander tyd van die jaar, en alles ondergeskik aan die reëlmaat van die see. Oudergewoonte het hy sy kajak afgesleep om langer as gewoonlik tussen die baai se rotse deur te roei, die see onversteurbaar en glashelder, ’n selfgenoegsame dag wat omgekeer sou word in ’n gevoel van onbehae en ontwrigting, maar so sou hy eers by terugskoue daaraan dink.

    Terug in die huis het hy by Agnes se werkkamer verbygeloop en in die slaapkamer twee langbroeke uit die kas gehaal en hulle om die beurt teen die lig gehou. ’n Skoon hemp was makliker om op te besluit, daar was twee stapels, maande lank in onbruik. Hy het kouse gekry en skoene aangetrek, eers die een voet, dan die ander, terwyl hy stip fokus op die dag en in sy kop alles op ’n rytjie kry om nie iets te vergeet nie. Want hy moes dorp toe, poskantoor toe en bank toe, Oubaai het nie sulke fasiliteite nie en in meer as vier weke het hy nie die 18 km na die buurdorp afgelê nie.

    Eerste op sy lys was om geld oor te plaas na Helena, sy dogter, brandstofgeld, om hulle vakansie by hom moontlik te maak. Sy skoonseun is, soos sy dogter, joernalis van beroep, maar was feitlik oornag die slagoffer van personeelbesnoeiing. Helena hoef nie vir hom al die besonderhede te gegee het nie, hy kon self afleidings maak, hulle maandelikse inkomste uit gesamentlike vryskutwerk was skaars voldoende vir lewe in Johannesburg. Met twee afhanklike kinders.

    Kort duskant die aansluiting met die grootpad wys flitsende ligte dat hy moet stilhou. Hy’s verlig as hy die bakkie van Stokkies Duvenhage herken, een van Oubaai se oudste ingesetenes. Só kry hy die boodskap om dringend sy (afwesige) naweekbuurman, ’n narkotiseur in die stad, te bel.

    Die onderwyser is haastig, die dag gaan besig wees, sy bakkie het hy reeds weer in rat geskakel toe Stokkies, sy nek styf van sy rumatiek, vra, —Jy’t seker nog nie gehoor van die skuiwe by die polisie nie?

    Hy wag nie op die onderwyser se antwoord nie. —Al drie van die top is gepos, oornag, die peste, God help die nuwe plek waarheen hulle verplaas is.

    —Mens wonder hoekom nou? Die onderwyser kyk in die verte.

    —Kan nie help om te dink dit het te doen met Oubaai se Nommer Een nie. Dalk wag ons nie lank voor hy ook sy gat sien nie.

    Die onderwyser skakel sy enjin af. Twee motors jaag verby op die teerpad ’n ent verder, die een probeer die ander een inhaal.

    —Ons enigste hoop op geregtigheid is dat hulle dit onder mekaar uitbaklei wanneer nuwe buit verdeel word. Ek het niks meer te sê nie, hoe lank wag ons al? Niks keer die vent nie. Van ’n gewone houtverkoper tot gegoede sakeman binne ’n paar maande. Miskien maak die polisie se nuwe besems ’n verskil, niemand kan daai man se astrantheid vat nie.

    —Kom ons hoor wat my buurman sê, Stokkies. Ek sal hom bel, dankie.

    Hulle groet.

    In die agt jaar op Oubaai het hy nooit lank op die groter dorp vertoef nie, selfs nie die kere wanneer Agnes, sy vrou, hom vergesel het nie. Somer of winter, vakansietyd allermins. Oral die druk van mense wat ontlaai en so uitbundig moontlik van opgegaarde stres ontslae raak. Wie kan hulle verkwalik?

    So was dit ook daardie dag. En boonop snikheet, soos hulle sê, vroegoggend al, hitte om van te snik.

    Onder sy posstukke was daar ’n lang brief van Helena, vyf weke oud, met oorgenoeg aanmanings wat hy springend van een paragraaf na die ander kon registreer: is daar geen komplikasies ná sy beserings nie, hoekom weier hy om sy selfoon te gebruik, het hy dit nog? En geniet hy dit om voort te sukkel op daardie ou rekenaar van die buurvrou? In godsnaam, waarom nie sy internetverbinding herstel nie, hy wat altyd nuuskierig was oor wat in die groot wêreld gebeur? Wanneer kom hy uit hierdie toestand van hom? Is dit hy wat haar op ’n keer verseker het dat lewe die moeite werd is, onthou hy dit? Van niksdoen alleen kan jy nie oorleef nie, ook nie van visvang nie, allermins van treur,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1