Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Piekfyn Afrikaans Graad 6 Huistaal Leerderboek
Piekfyn Afrikaans Graad 6 Huistaal Leerderboek
Piekfyn Afrikaans Graad 6 Huistaal Leerderboek
Ebook646 pages7 hours

Piekfyn Afrikaans Graad 6 Huistaal Leerderboek

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Piekfyn Afrikaans Graad 6 is gemik op leerders wat Afrikaans as Huistaal neem. Dit bevat interessante leerstof en volkleur illustrasies om visuele geletterdheid te bevorder. Al die taalinhoud, aktiwiteite, speletjies en ander oefeninge word met dié van ander vakke geïntegreer sodat die kennis wat die leerders opdoen, hulle ervaringswêreld verryk en hul sodoende deeglik voorberei vir Graad 7.
Die aktiwiteite is gerig op die verwerwing van al die taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, taalspeletjies, stories, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is leerders se voorland. Leerders word deurlopend blootgestel aan luister, praat, lees, kyk, skryf en hulle word uitgedaag om Afrikaanse taalstrukture speels, kreatief, vloeiend en ekspressief te gebruik. Afdelings soos Pitkos, in ’n neutedop, die Indeks, Taalgids en Letterkundegids berei leerders vir enige soort taak voor. Dan is daar boonop die Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Graad 6 Huistaal om leerders se leesvaardighede te ontwikkel en ’n liefde vir lees te kweek.
Geniet ’n piekfyn leerervaring!
KABV-geskik.
LanguageAfrikaans
PublisherBest Books
Release dateNov 17, 2016
ISBN9781776071807
Piekfyn Afrikaans Graad 6 Huistaal Leerderboek
Author

Rina Lamprecht

Rina Lamprecht is 'n oudonderwyseres en samesteller en outeur van Afrikaanse handboeke en taaltekste. Sy is veral bekend as samesteller van die Piekfyn Afrikaans Huistaal-reeks vir Graad 4-9.

Read more from Rina Lamprecht

Related to Piekfyn Afrikaans Graad 6 Huistaal Leerderboek

Titles in the series (22)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Piekfyn Afrikaans Graad 6 Huistaal Leerderboek

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Piekfyn Afrikaans Graad 6 Huistaal Leerderboek - Rina Lamprecht

    Rina Lamprecht

    Minda Groenewald

    Nelmari Smit

    Die uitleg van hierdie digitale uitgawe van Piekfyn Afrikaans Graad 6 Leerderboek vir Huistaal kan verskil van dié van die gedrukte weergawe, afhangende van die instellings op jou leser. Die uitleg vertoon optimaal as jy die standaard instellings op jou leser gebruik. Lesers kan eksperimenteer met die instellings om die vertoning te verbeter.

    Liewe Graad 6-leerder

    Jy is nou in die laaste jaar van die Intermediêre Fase van jou skoolloopbaan! Volgende jaar is jy in die Senior Fase. Piekfyn Afrikaans gaan nuwe en heerlike uitdagings aan jou stel. Die samestellers gaan uitbrei op die dinge wat jy reeds in graad 5 geleer het en jou vir die Senior Fase voorberei.

    Toet-toet … hier kom die visuele! in Module 1 neem jou saam met die strokiesverhaal van Mama Taxi op reis deur ’n visuele pretwêreld. Die kenmerke van strokiesverhale, foto’s en spotprente word vir jou kleurryk ontsluit.

    In Module 2 gaan jy van geldsake en geldmakers leer en twee advertensies met mekaar vergelyk. Hierdie module ondersoek ook verskillende spaaropsies en entrepreneursgeleenthede.

    Het jy ’n deernis vir diere? Module 3 ondersoek hierdie vraag aan die hand van stereotipes en menseregte vir ape … Geniet ’n oulike verhaaltjie en humoristiese spotprente.

    Klim in, ou boeta! maar oppas as jy die spoedgrens oorskry. Module 4 laat dié pitkos in jou midde met statistieke en berigte oor ongelukke en die voordele van bloedskenk.

    Module 5 bring hulde aan die prestasies van lank gelede. Mapungubwe, Thulamela, die Groot Zimbabwe-ruïnes en selfs belangrike mediese ontdekkings het die grondslag gelê vir die mensdom se kennis.

    Al ooit gedink dat wat jy doen ’n gevolg of invloed op ander het? Module 6 belig die beiteltjie-effek: die gevolge van ons dade. Lees en besluit of Kevin se plan ’n goeie plan was.

    Module 7 laat jou vir ’n oomblik stilstaan by wonderlike diere, plante en wolke. Kruip soos die skilpad uit jou dop en leer hoe om jou werk sommer kaf te draf.

    Module 8 kom tot die gevolgtrekking: Tegnologie maak die lewe makliker! Dit was egter nie altyd die geval nie. Al ooit gedink hoe die wasmasjien en eerste selfoon gelyk het?

    Elke module bied jou Pitkos en In ’n neutedop om jou taalkennis ’n piekfyn hupstoot te gee. Pitkos gee jou wenke oor hoe om jou take en opdragte reg aan te pak en In ’n neutedop, die Taalgids en Letterkundegids is jou leerwerk vir Afrikaans. Jy gaan self, saam met ’n maat of in groepe leerwerk assesseer sodat jy heeltyd bewus bly van jou vordering. Jou onderwyser sal opdrag gee wanneer jy die tabelle of lyste in jou werkboek moet oorteken, of dalk kry jy ’n afskrif daarvan om in jou werkboek te bêre.

    Geniet graad 6 saam met jou Piekfyn Afrikaans!

    Die samestellers

    In hierdie module gaan jy nader kennis maak met visuele tekste soos strokiesprente, spotprente en foto’s. Jy moet ook leer om ’n visuele teks te vluglees en/of daarna te kyk om die doel en betekenis daarvan te verstaan.

    Strokiesprente, spotprente, foto’s en selfs gedigte het elk hulle eie kenmerke en formate. Digters, skrywers, fotograwe en illustreerders het ’n doel met dit wat hulle in hulle tekste aan die leser wil oordra. Stap vir stap gaan jy meer van hierdie kenmerke en formate leer en sommer jou taalkundige kennis van basisvorme en selfstandige en byvoeglike naamwoorde uitbrei.

    Nooi die illustreerder en skepper van die gewilde strokiesprent Mama Taxi na julle skool en berei jou verwelkomings- en bedankingstoespraak voor. Kies ’n foto en skryf ’n piekfyn paragraaf en koerantberig daaroor.

    Gaan op ’n loerlees-ekspedisie en verken die kenmerke en skatte wat Piekfyn Afrikaans Graad 6 vir jou bied.

    Toet-toet … hier begin die jaar!

    Aktiwiteit 1: Verstaan strokiesverhale

    •Luister en praat

    •Lees en kyk

    •Taalstrukture en -konvensies

    In hierdie aktiwiteit gaan jy

    •’n artikel prelees en voorspel waaroor dit handel

    •’n artikel en strokiesprente vir verskillende doeleindes lees

    •vluglees hersien

    •die kenmerke van strokiesprente bespreek

    •oor strokiesprente dink en redeneer

    •alfabetiese volgorde, basisvorm en woordfamilies herken.

    Jy gaan hierdie jaar met heelwat tekste kennis maak. Dit gaan moeilik wees om elke teks in besonderhede deur te lees en te onthou wat jy lees. Die maklikste is om die teks eers te vluglees en ’n idee of prentjie te kry waaroor die teks handel.

    Pitkos

    Hoe lees jy ’n teks wat jy moet onthou?

    Vluglees eers die teks.

    •Lees die titel en besluit wat dit vir jou sê.

    •Vind nou uit waaroor die teks handel. Een manier is om antwoorde te soek vir die belangrike W’s: Wie? Wat? Waar? Wanneer? Waarom?

    •Die tegniek van vluglees beteken dat jy net die eerste paragraaf en laaste paragraaf heeltemal lees.

    •Lees daarna net die eerste sin van elke afsonderlike paragraaf.

    •Kyk dan of jy vinnig vir jouself kan sê oor wie en wat die teks handel en of dit vir jou iets vertel van die waar, wanneer en waarom.

    Lees die teks aandagtig deur.

    •Nou lees jy die stuk in sy geheel. Jy behoort baie meer van die inhoud te verstaan en te onthou.

    Preleesaktiwiteite: werk in groepe

    •Maak van vluglees en soeklees gebruik.

    •Lees die titel en subopskrifte en kyk na die illustrasie.

    •Voorspel waaroor die teks handel.

    •Watter tipe teks is dit: ’n verhaal/gedig/inligtingsteks/oorredende teks/instruksionele teks? Hoekom sê jy so?

    Lees die teks nou saam met jou onderwyser deur.

    Piekfyn-nuus – Januarie 2013

    Kenmerke van ’n strokiesverhaal

    ’n Strokiesverhaal of tekenprentverhaal is ’n algemene term wat gebruik word vir opvolgende kuns. Die opvolgende prente in panele of raampies is chronologies gerangskik en beskryf ’n gebeurtenis of vertel ’n verhaal. Die klimaks/hoogtepunt is aan die einde van die storie en gewoonlik snaaks of komies van aard.

    ’n Strokiesverhaal is ’n grafiese medium en kan baie min of selfs geen dialoog bevat nie. Die dialoog neem dikwels die vorm van verhalende teks en/of direkte rede aan. Teks kom gewoonlik in praatborrels voor en stel die karakters se direkte woorde voor. ’n Strokiesverhaal het geen amptelike voorskrifte wat nagekom word nie, maar ’n sekere formaat word tog deur illustreerders aangewend om dialoog weer te gee, of om emosionele reaksies aan te dui. Inligtingsraampies kan weer teks bevat wat beskrywende inligting weergee.

    Die uitleg van die raampies en vloeiende lyne kan beweging aandui. Dit help ook om die verloop van die storie aan te dui. Die gebeure tussen die raampies moet deur die lesers ingevul

    word om die betekenis van die panele en dus die storie te verstaan.

    Koerante en tydskrifte het gewoonlik beperkte spasie en dus bepaal redakteurs die lengte, grootte, aantal raampies en die lengte van die strokiesverhaal.

    ’n Strokiesverhaal se doel is gewoonlik om die leser te vermaak of om kritiek op maatskaplike of selfs politieke situasies te lewer.

    (Verwerk van: www.af.wikipedia.org)

    Vokaalgroepe

    Basisvorm of stam van ’n woord

    Elke woord het ’n basisvorm/stam. Hierdie basisvorm bepaal die betekenis van die woord. Van die woord illustreer word die selfstandige naamwoord illustrasie of illustreerder gevorm.

    Vokaalgroep 1

    Vokale: ie (i); eu; oe

    Diftonge: ei; y; ou; ui; aai; ooi; oei; eeu

    Wanneer jy ’n pre- of postmorfeem (voor- of agtervoegsel) voeg by ’n basisvorm wat die klanke hierbo bevat, bly die basisvorm dieselfde en die slotkonsonant verdubbel ook nie, byvoorbeeld:

    smeul: smeulende; gesmeul

    ys: geys; ysig

    broek: broeke; broekie

    aanbou: aanbousel

    Vokaalgroep 2

    Dubbelvokale soos aa; ee; oo; uu

    Wanneer jy ’n postmorfeem/agtervoegsel by die basisvorm voeg, val een van die vokaalletters weg, byvoorbeeld:

    straat: strate

    stroop: stroper

    speel: spelerig

    vuur: vurige

    Vokaalgroep 3

    Enkel, kort vokale soos a; e; i; o; u

    Wanneer jy ’n postmorfeem by ’n basisvorm in hierdie groep voeg, verdubbel die slotkonsonant. Die eerste vokaal staan altyd in ’n geslote lettergreep. Hoewel die slotkonsonant verdubbel, word net een uitgespreek, byvoorbeeld:

    tak: takke; takkie

    rol: rollende

    lem: lemmetjie; lemme

    Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek:

    1.Skryf die basisvorm van die volgende woorde neer:

    a)algemene

    b)opvolgende

    c)raampies

    d)panele

    e)grafiese

    f)illustreerders

    g)vloeiende

    h)verloop

    2.Skryf die meervoud van die skuinsgedrukte woorde neer.

    a)Die redakteur bepaal die hoeveelheid spasie.

    b)Elke prent word in ’n raam geplaas.

    c)’n Strokiesverhaal se doel is om die leser te vermaak.

    d)Die illustreerders gebruik ’n pen en potlood om te teken.

    3.In die volgende sinne is tien spelfoute. Skryf die korrekte spelling neer.

    a)Die illustreerder se kantoore word met loopers oopgesluit. Al die sketsse word eers geskandeer voordat dit ingekleur word. Orals lê snipermandtjies rond.

    b)Die kraakerige deure moet geduurig geolie word om nie die redakssie se konsentrassie te verbeek nie.

    c)Die boomstame buite die vensters het geknak en heelwat skaade aangerig.

    4.Kom ons kyk of jy die inhoud van die Kenmerke van ’n strokiesverhaal op die volgende strokie kan toepas.

    5.Watter situasie word komies voorgestel?

    6.Wat is die ruimte waar hierdie strokie afspeel?

    7.Is die dialoog verhalend of vertellend? Gee ’n rede vir jou antwoord.

    8.Skryf raampie 4 oor deur die gebeure te vertel en die dialoog in direkte rede weer te gee.

    9.Wat dink jy het tussen raampie 2 en 3 gebeur?

    10.Die motoris in die agterste voertuig in raampie 1 is baie omgekrap.

    a)Hoekom is hy so ontsteld?

    b)Die illustreerder moet vir die leser wys dat die motoris ontsteld is. Hoe doen hy dit?

    11.Die lettertipe van raampie 1 verskil (groter en vetgedruk) van dié van die laaste twee raampies. Waarom verskil dit?

    12.Waarom dink jy het die illustreerder die woorde in raampie 2 van bo na onder (vertikaal) gerangskik? Wat stel hierdie woord voor?

    13.In raampie 3 praat albei karakters. Wie dink jy het eerste gepraat? Gee ’n rede vir jou antwoord.

    14.Watter siening van vrouebestuurders word hier uitgebeeld?

    15.Dink jy vrouebestuurders word gestereotipeer of is hulle regtig almal swak motorbestuurders? Gee ’n rede vir jou antwoord.

    Pitkos

    Intrige is die reeks gebeurtenisse in ’n storie wat help om die spanning op te bou tot die hoogtepunt. Die spanning word opgelos in die ontknoping.

    16.Wat is die hoogtepunt van hierdie strokie? Sou jy die verhaaltjie/intrige as komies of ernstig beskryf?

    17.In raampie 3 is ’n passasier. Hoe sou jy hierdie passasier se emosie beskryf? Gee redes waarom jy so sê.

    18.In die strokie kom twee spelfoute voor. Skryf die korrekte spellings neer.

    Werk saam met ’n maat

    Die volgende strokie het nie dialoog nie. Kyk of jy en jou maat kan bepaal watter dialoog in watter praatborrel moet kom.

    Dialoog 1:Nee, ek was eerste hier. Ek moet voor sit!

    Dialoog 2:Ontspan, julle sal almal ’n beurt kry om voor te sit.

    Dialoog 3:Ek wil voor sit!

    19.Daar is twee praatborrels in die eerste raampie.

    a)Wie het in raampie 1 eerste gepraat?

    b)Skryf die tweede spreker se woorde in raampie 1 neer.

    20.

    a)Wie dink jy is die spreker in raampie 2? Waarom sê jy so?

    b)Wat sê hierdie spreker?

    21.Wat gebruik die illustreerder om die mense se ongeduld in raampie 1 te wys?

    22.Dit is duidelik die taxi trek vinnig weg. Wat in raampie 2 dui dit aan?

    23.Beskryf wat in raampie 3 gebeur.

    24.Die spasies tussen die panele dui ’n tydsverloop en sekere gebeure aan. Wat dink jy het tussen raampie 2 en 3 gebeur? Gee redes vir jou antwoord.

    25.Die man by die verkeerslig se gesigsuitdrukking verskil in raampie 3 en 4. Waarom?

    26.Watter kleur is die verkeerslig vir verkeer vanaf die linkerkant in raampie 4? Gee ’n rede vir jou antwoord.

    27.Dit is duidelik dat Mama Taxi in raampie 3 skielik stop.

    a)Waarom stop sy skielik?

    b)Hoe sluit Dialoog 2 by hierdie raampie aan?

    c)Wat maak hierdie strokiesprent komies/snaaks?

    Groepwerk

    Die raampies hieronder bevat dialoog, maar dit volg nie op mekaar nie. Kyk of julle groep die vrae kan beantwoord.

    Raampie 1

    Raampie 2

    Raampie 3

    Raampie 4

    28.Waaroor handel die strokie? Hoe het jy afgelei waaroor die strokie gaan?

    29.Wat is die doel van die padteken waaraan die passasier vasklou?

    30.Die eerste raampie gee ’n nabyskoot van die passasiers se gesigsuitdrukkings.

    a)Waarom dink jy is die nabyskoot ’n goeie keuse?

    b)Kan jy bepaal waar die nabyskoot afspeel? Gee ’n rede vir jou antwoord.

    31.In die derde raampie is die taxi baie klein, regs voor.

    a)Is die taxi op pad na die passasiers of ry die taxi weg? Gee ’n rede vir jou antwoord.

    b)Plaas nou die raampies in die korrekte volgorde.

    32.Die een spreker in die raampies is baie bang.

    a)Waarvoor is hy bang?

    b)Wat het die illustreerder gedoen om vir die leser die spreker se vrees duidelik sigbaar te maak?

    Alfabetiese rangskikking

    Die alfabetiese rangskikking van woorde maak naslaanwerk maklik.

    •As woorde in alfabetiese volgorde is, is dit gerangskik volgens die letters van die alfabet: aas; bees; draak; eenkant.

    •As woorde met dieselfde letter begin, rangskik ’n mens dit volgens die tweede letter van die woord: bak; bek; bleek; boom.

    •As woorde se eerste twee letters dieselfde is, rangskik ’n mens dit volgens die derde letter van die woord: bad; bak; bal; bas.

    •As woorde se eerste drie letters dieselfde is, rangskik ’n mens dit volgens die vierde letter van die woord: mamba; mamma; mampoer. So hou dit aan tot die laaste letter van die woord.

    33.Rangskik die volgende woorde alfabeties:

    a)redaksieburo; redaksiekommissie; redaksie; redaktrise; redaksiekantoor; redakteurskap; redaksiekoste; redaksiegeheim; redaksiewysiging; redaksiewerk; redakteur; redaksiekamer; redaksioneel

    b)Mavis; Deni; Vusi; Frikkie; Gavin; Nelmari; Rina; Smit; Fanie; Minda

    34.Gebruik nou ’n woordeboek om die woordverklaring in kolom B by die woord in kolom A te pas.

    35.In raampie 4 praat die bang passasier van ’n vrouebestuurder. Wat is die verskil tussen ’n vrouebestuurder en ’n bestuurderes?

    36.Voltooi die volgende sinne deur die gepaste vergelyking in te vul.

    a)Die passasier bewe soos ’n … want hy is te bang om in die taxi te klim.

    b)Hy is so bang soos ’n … vir ’n skoot …

    c)Dit is so duidelik soos … dat hy nie vrouebestuurders vertrou nie.

    d)Mama Taxi jaag gewoonlik soos die … om by die volgende aflaaipunt te kom.

    Daaglikse assessering

    Sien jou antwoorde na volgens die onderwyser se memorandum.

    Aktiwiteit 2: Voer ’n onderhoud, verwelkom en bedank

    •Luister en praat

    •Lees en kyk

    •Taalstrukture en -konvensies

    In hierdie aktiwiteit gaan jy

    •visuele teks prelees en aandagtig lees

    •’n onderhoud lees

    •leer dat klankbeeld en skrifbeeld verskil

    •selfstandige naamwoorde en byvoeglike naamwoorde verstaan

    •’n verwelkomings- en bedankingstoespraak beplan, skryf en mondelings aanbied.

    Kom ons ontmoet die illustreerder van Mama Taxi, Gavin Thomson.

    Dit is sy taak om Deni Brown, die skepper en persoon wat die storielyne uitdink, se idees in prentjies om te sit en visueel vir lesers voor te stel.

    Klankbeeld en skrifbeeld

    Somtyds gebruik ons verskillende skryftekens om dieselfde klank voor te stel. Die klankbeeld en skrifbeeld (hoe dit klink en hoe dit gespel word) van sommige letters en klanke verskil, byvoorbeeld:

    •i/ie: Ons familie is nogal groot. Die mense kom van ver af. Dit is dieselfde klank, maar dit word verskillend geskryf.

    •ei/y: Die letters ei en y stel dieselfde klank voor, maar wanneer dit in ’n woord gebruik word, verander die betekenis saam met die verandering van die spelling, byvoorbeeld: eis – ys; steil – styl; wei - wy.

    •e/i: Hierdie twee letters kan soms dieselfde klank voorstel soos in die woord betekenis; begin.

    Preleesaktiwiteite

    •Vluglees die foto’s en die illustrasie op die volgende twee bladsye.

    •Kan julle voorspel waaroor die foto’s gaan?

    Lees aandagtig

    •Lees die dialoog by elke foto. Was jou voorspelling reg?

    foto-1foto-2

    Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek:

    1.Skryf twee verskillende woorde by foto 1 neer waar die e en i gebruik word om dieselfde klank voor te stel.

    2.In foto 1 kom nog twee ander woorde voor waar dieselfde klank deur twee verskillende letters voorgestel word. Skryf die twee aparte woorde neer en onderstreep die letters.

    3.Skryf uit foto 2 se praatborrel twee aparte woorde neer waar dieselfde letter gebruik word om verskillende klanke voor te stel. Onderstreep die letters.

    4.Skryf die basisvorm van die volgende woorde by foto 5 en 6 neer.

    a)strokie (foto 5)

    b)ingeskandeer (foto 5)

    c)rekenaar (foto 6)

    5.By foto 9 noem Gavin dat hy die spelling eers nagaan voor hy die strokie koerante toe stuur. By foto 10 en 11 kom vier spelfoute voor. Skryf die korrekte spellings neer.

    Die hoofwerkwoord/selfstandige werkwoord

    ’n Sin moet altyd ’n werkwoord hê – anders beteken dit nie juis iets nie. Die hoofwerkwoord/selfstandige werkwoord dui die aksie aan, die doen-gedeelte. Byvoorbeeld:

    Gavin illustreer Mama Taxi.

    Ek lees graag Mama Taxi.

    Gavin koop ’n roomys.

    6.Skryf die hoofwerkwoord in die volgende praatborrels neer.

    a)Foto 1

    b)Foto 8

    c)Foto 9

    Selfstandige naamwoorde

    •Selfstandige naamwoorde is onder andere die name van plekke, diere, dinge, mense, plante, voëls, houdings en gevoelens.

    •Selfstandige naamwoorde het meervoud en verkleining, byvoorbeeld: musikant – musikante (musici) en musikantjie.

    •Selfstandige naamwoorde van mense en diere het ook manlike en vroulike geslag.

    •Die lidwoorde ’n en die kan altyd voor ’n selfstandige naamwoord gebruik word, byvoorbeeld: Die meisie speel ’n viool.

    Verkleining

    In Afrikaans word verkleining gewoonlik deur die agtervoegsels -tjie, -jie, -pie, -ie, -etjie en -kie aangedui. In baie gevalle word die woord klein saam met die verkleinwoord gebruik, byvoorbeeld: Die klein seuntjie kan kitaar speel.

    Byvoeglike naamwoorde

    Hierdie woordsoort beskryf ’n selfstandige naamwoord. Ons beskryf byvoorbeeld ’n strokie as ’n oulike strokie. Ons kan ook sê dit is ’n vervelige strokie; ’n kleurryke strokie.

    Die byvoeglike naamwoord kan soos volg gebruik:

    •In die intensiewe vorm, byvoorbeeld: baie swart – pikswart, baie snaaks – skreeusnaaks. Intensiewe vorme word altyd vas geskryf.

    •Met trappe van vergelyking: Wanneer ons ’n byvoeglike naamwoord gewoonweg gebruik, praat ons van die stellende trap. As ons twee dinge met mekaar vergelyk, word die vergrotende trap gebruik deur -er by te voeg (mooier/leliker/harder). Wanneer ons meer as twee dinge vergelyk, gebruik ons die oortreffende trap (grootste/langste/skaarsste). Hier word die agtervoegsel -ste bygevoeg. Die lidwoord die word altyd saam met die oortreffende trap gebruik, byvoorbeeld: bang – banger – die bangste.

    Partykeer verander die woorde in die vergrotende en stellende trap, byvoorbeeld: baie – meer - die meeste; goed – beter – die beste.

    •Die byvoeglike naamwoord het dikwels ’n letterlike en ’n figuurlike betekenis. Wanneer ons sê: Die stomme man is bang vir Mama Taxi, beteken die woord stomme nie dat hy nie kan praat nie. Dit is figuurlike betekenis. Soms word ’n byvoeglike naamwoord so gebruik dat die letterlike en figuurlike betekenis albei van toepassing is.

    •Die byvoeglike naamwoord word ook verbuig. Ons sê Mama Taxi is roekeloos, maar ons praat ook van ’n roekelose Mama Taxi. Sy is jonk en sy het ook ’n ander jong bestuurder.

    Lees ’n onderhoud

    Die Mama Taxi-karakters het besluit om ’n paar vrae aan Deni, hulle skepper, te stel.

    •Lees die transkripsie van die vrae wat Mavis, Frikkie, Janet en Vusi aan Deni Brown tydens die onderhoud gestel het.

    •Skryf ook die korrekte vorm van die woorde tussen hakies neer soos aangedui na die onderhoud.

    Mavis: Dit is (7. altyd; alteid) moeilik om te besluit watter karakter jy in ’n storie gaan gebruik. Hoe het jy op die (8. karakters) in Mama Taxi (9. besluit; beslyt; besleit)?

    Deni: Opgewonde. Dit was ’n (10. kreatief) oomblik. Mavis en Zandi het eenvoudig in my kop verskyn.

    Janet: Wanneer het julle op die (11. iedee; idee) van Mama Taxi gekom?

    Deni: (dink eers) Sjoe, dit het reeds ses jaar gelede by my (12. bestaan; ontstaan; verstaan). Ek en ’n ander illustreerder het dit op daardie stadium uitgetoets, maar dit het nie uitgewerk nie.

    Vusi: Wanneer het jy en Gavin mekaar ontmoet?

    Deni: Dit was omtrent so (13. fier; vier) jaar gelede. Ek het die People’s Post genader. Gavin was toe die koerant se spotprenttekenaar.

    Frikkie: Hoe kom julle twee oor die weg?

    Deni: Maklik, ons is op dieselfde golflengte ingestel. Gavin snap vinnig wat ek bedoel.

    Mavis: Hoe maklik of moeilik was dit vir julle om Mama Taxi in koerante te (14. publikasie)? Ek hoor die eerste Mama Taxi het in The Citizen (15. verskyn; verskein).

    Deni: Dit was beslis moeilik. So baie publiseer

    strokies soos Peanuts, Louis die Laeveld Leeu en Snoopy. En glo my, dit is nie die (16. maklik) ding om met hierdie gevestigde strokies mee te ding nie.

    Frikkie: Vertel ons meer van die karakters van Mama Taxi.

    Deni: Mavis, die (17. iemand wat ’n voertuig bestuur) is natuurlik met Vusi getroud en plat op die aarde. Zandi, haar (18. jou ma se ander dogter) is baie meer lighartig.

    Mavis: Ja, en Zandi is natuurlik altyd op soek na ’n (19. man) en haar (20. kop) is (21. baie vol) wilde idees.

    Deni: Jy is heeltemal in die kol, Mavis.

    (Verwerk en aangepas uit: Die Burger.)

    Beantwoord die volgende vrae oor taalstrukture (onderhoud met Deni).

    7.Skryf die korrekte spelling. (1)

    8.Skryf die korrekte verkleining. (1)

    9.Skryf die korrekte spelling. (1)

    10.Skryf die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord. (1)

    11.Skryf die korrekte spelling. (1)

    12.Kies die korrekte woord. (1)

    13.Skryf die korrekte spelling. (1)

    14.Vorm ’n werkwoord. (1)

    15.Kies die korrekte spelling. (1)

    16.Skryf die korrekte trap van vergelyking neer. (1)

    17.Skryf een woord vir die omskrywing. (1)

    18.Skryf een woord vir die omskrywing. (1)

    19.Skryf die korrekte verkleining. (1)

    20.Skryf die korrekte verkleining. (1)

    21.Skryf die korrekte intensiewe vorm. (1)

    Totaal: 15 punte

    Formele assessering

    Jou onderwyser gaan jou antwoorde met behulp van ’n memorandum assesseer.

    Verwelkomings- en bedankingstoespraak

    Mama Taxi het onlangs in boekvorm verskyn. Julle klas het besluit om vir Gavin en Deni na julle skool te nooi om hulle boek aan die leerders en hulle ouers bekend te stel.

    Jy word gevra om hulle met hulle aankoms te verwelkom en weer te bedank nadat hulle hul toespraak gelewer het. Berei jou toesprake voor volgens die riglyne in Pitkos op bladsy 15.

    Pitkos

    Verwelkoming

    Hou die volgende in gedagte as jy ’n verwelkoming doen.

    •Verwelkom die gehoor, Gavin en Deni.

    •Sê wat jou postitel is (byvoorbeeld voorsitter) en motiveer die uitnodiging (sê waarom julle besluit het om hulle uit te nooi).

    •Vertel kortliks van Gavin en Deni se besondere prestasies.

    •Oppas vir vervelige inligting, veral die lees van ’n lang curriculum vitae.

    •Noem die titel van hulle boek.

    •Sê vir die gehoor of Gavin en Deni handtekeninge aan die einde van die bespreking gaan uitdeel en of boeke te koop sal wees.

    •Sê weer Gavin Thomson en Deni Brown se name in die slotsin.

    Bedanking

    Hou die volgende in gedagte as jy iemand moet bedank wat ’n toespraak gelewer het.

    •Spreek die gehoor aan en draai effens na Gavin en Deni.

    •Noem dat die sprekers tyd en energie bestee het om vir die boekbespreking voor te berei.

    •Bedank Gavin en Deni as die skeppers van ’n strokie wat lesers vermaak en inlig, en dat hulle kom gesels het oor hulle werk.

    •Noem een of twee interessante strokies, maar moenie ’n oordeel daaroor vel nie.

    •Sluit af met ’n formele bedanking, byvoorbeeld: "Ons hoop dat ons weer in die toekoms na julle sal kan luister en sien uit na nog strokies van Mama Taxi in die koerante."

    •Lui die applous in as jy klaar gepraat het.

    Maatassessering

    Gebruik die wenke in Pitkos as kontrolelys as jy jou toesprake voorberei. Jy kan die volgende kontrolelys gebruik as jou maats toesprake lewer.

    Aktiwiteit 3: Verstaan spotprente

    •Luister en praat

    •Lees en kyk

    •Skryf en aanbied

    In hierdie aktiwiteit gaan jy

    •die doel en kenmerke van spotprente bespreek

    •na die konteks en inhoud van spotprente luister soos maats dit voorlees

    •stereotipes identifiseer en bespreek soos dit in spotprente geskep word

    •’n verhaal skryf.

    Pitkos

    Spotprente

    •’n Spotprent is ’n humoristiese tekening van ’n bepaalde situasie.

    •Spotprente verskaf vermaak, maar dit lewer ook

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1