Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vergelding
Vergelding
Vergelding
Ebook436 pages8 hours

Vergelding

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Na 'n paar sluipmoorde stel die Polisie, baasspeurder, Luitenant-kolonel Riaan Els, aan om die ondersoek te hanteer. Hy word bygestaan deur Sersant
Lienkie Delport.
Lyke word oral in die strate van Kaapstad gevind en almal het iets in gemeen. Hulle is almal Rastafariërs en Jamaikane. Die verdagte is genadeloos en
baie effektief, maar enige misdadiger maak een of ander tyd 'n fout. Riaan en Lienkie moet net hul oë oophou en die fout identifiseer om hom aan te
keer.
Riaan is baie effektief en Lienkie is bang vir hom. Sy het gehoor hoe streng hy is. Hy behandel haar egter soos 'n vrou van die eerste dag af.
Die misdadiger ken die denkwyse van die Polisie. Dit is ook nie net misdadigers alleen wat foute maak nie.

Hierdie elektroniese boek is die interaktiewe weergawe en bevat beide die Erotiese weergawe (seks word beskryf) en Romantiese weergawe (Seks word nie
beskryf nie). Volg net die instruksies om te kan kies wat u wil lees.

LanguageAfrikaans
PublisherJohan Crous
Release dateJan 1, 2017
ISBN9781370368464
Vergelding
Author

Johan Crous

Johan CrousI started to write during many recovery periods in Hospital due to surgery.Police officer by day, specializing in event management (disabled).Married to KarinTwo daughters and one granddaughter.

Read more from Johan Crous

Related to Vergelding

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Vergelding

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vergelding - Johan Crous

    Copyright © 2016 & 2017 Johan Crous. All Rights Reserved.

    ISBN 978-1-370-36846-4 (epub)

    All rights reserved. Cover design by Johan Crous Book design by Johan Crous No part of this book may be reproduced in any form or by any electronic or mechanical means including information storage and retrieval systems, without permission in writing from the author. The only exception is by a reviewer, who may quote short excerpts in a review. This book is a work of fiction. Names, characters, places, and incidents either are products of the author’s imagination or are used fictitiously. Any resemblance to actual persons, living or dead, events, or locales is entirely coincidence.

    Address all correspondence and other inquiries to: jcrous699@gmail.com

    Cover designed and created by Johan Crous, images sourced from pixabay.com under public domain license.

    PUBLISHED AND MANUFACTURED IN THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

    Self Published: 2016 & 2017.

    Inhoudsopgawe

    Kopiereg

    Titelblad

    Erkennings

    Waaroor die boek gaan

    Voorwoord

    Woordelys

    Vooraf

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3

    Hoofstuk 4

    Hoofstuk 5

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 7 Erotiese weergawe

    Hoofstuk 7 Romantiese weergawe

    Hoofstuk 8

    Hoofstuk 9 Erotiese weergawe

    Hoofstuk 9 Romantiese weergawe

    Hoofstuk 10

    Nabetragting

    Biografie

    Vergelding

    deur

    Johan Crous

    Interaktiewe weergawe

    ISBN 978-1-370-36846-4

    Erkennings:

    Die elektroniese weergawe van die boek is opgestel met Ultimate Ebook Creator 2.6.5.0.

    Spel en Taaltoets is met Skryfgoed 4 gedoen.

    Die omslag is ontwerp met Adobe Photoshop CS6 en Corel Paintshop Pro X8.

    Ek het ook Microsoft Office en Mobisoft Office vir Android gebruik.

    Redigering is gedoen deur Melizand Celine.

    Spesiale dank aan Marliëtte Van Dyk van Marleo Publiseerders vir haar hulp, bystand en raad.

    Ek is ook baie dank verskuldig aan Marlaine wat my aangemoedig het toe ek wou ophou skryf.

    Hierdie boek word ook nou gedruk in Suid-Afrika onder ISBN: 978-1-928-40103-2

    Waaroor die boek gaan:

    Na 'n paar sluipmoorde stel die Polisie, baasspeurder, Luitenant-kolonel Riaan Els, aan om die ondersoek te hanteer. Hy word bygestaan deur Sersant Lienkie Delport.

    Lyke word oral in die strate van Kaapstad gevind en almal het iets in gemeen. Hulle is almal Rastafariërs en Jamaikane. Die verdagte is genadeloos en baie effektief, maar enige misdadiger maak een of ander tyd 'n fout. Riaan en Lienkie moet net hul oë oophou en die fout identifiseer om hom aan te keer.

    Riaan is baie effektief en Lienkie is bang vir hom. Sy het gehoor hoe streng hy is. Hy behandel haar egter soos 'n vrou van die eerste dag af.

    Die misdadiger ken die denkwyse van die Polisie. Dit is ook nie net misdadigers alleen wat foute maak nie.

    Hierdie elektroniese boek is die interaktiewe weergawe en bevat beide die Erotiese weergawe (seks word beskryf) en Romantiese weergawe (Seks word nie beskryf nie). Volg net die instruksies om te kan kies wat u wil lees.

    Voorwoord:

    Speurverhale in Suid-Afrika is ook baie gewild, en ek as skrywer,kan daarmee saamstem, veral as ek na die verkope van my eerste speurverhaal, Verwronge Wraak, kyk. Ek wil egter een of twee beginsels duidelik maak, wat ek graag aan u as leser wil meedeel.

    Speurverhale, veral in rolprente, word in die openbare multimedia opgehemel as propvol aksie, maar in die werklike lewe is die ondersoek in 'n moordsaak meestal net interessant, maar sonder enige aksie. Die skiet-skop-enfoeter tonele wat aan die kyker en leser opgedis word is mooi om na te kyk of om te lees, maar dit is onwerklik.

    Ons sien in die fliek hoe leidrade gekry word en hoe die skurk gearresteer word, maar ons sien nooit wat werklik gebeur om die misdadiger in die hof te kry nie.

    In Suid-Afrika maak ons regstelsel van die Hollandse-Romeinse regstelsel gebruik. Ons werk op die beginsel dat iets bo alle redelike twyfel bewys moet word. Dit kan agterna nog deur 'n proses van appèl hersien ook word. Ont hou, ons het nie 'n jurie nie en die landdros of regter moet alleen besluit en hy of sy kan ook foute maak of iets verkeerd vertolk. Die appèlowerheid is gewoonlik meer as een persoon wat saam besluit.

    Niks kan in 'n ondersoek dossier ingelyf word as bewysstuk teen 'n persoon, sonder 'n gepaardgaande verklaring onder eed of bevestiging nie. Die meeste mense weet dit nie. Om 'n foto byvoorbeeld in te handig beteken niks. Iemand moet kan getuig dat die foto op die beskuldigde betrekking het of watter ander getuieniswaarde ook al daaraan gekoppel word. Die getuie se verklaring word ingehandig en dan het die ondersoekbeampte rede om die inhoud van die verklaring te glo, maar die hof moet dit nog toets.

    Die ondersoekbeampte (speurder) se taak is om 'n misdaad te ondersoek. Dit is nie sy taak om 'n onskuldige persoon skuldig te kry nie, maar om te bepaal wie volgens bewysstukke die persoon is wat die misdaad gepleeg het en wie nie die misdaad gepleeg het nie. Hy moet ook bewys wie uitgeskakel word as verdagtes.

    Die hof sal besluit wie is skuldig en die vervolgingsgesag sal besluit of iemand vervolg word of nie. Soms is daar net eenvoudig nie genoeg getuienis om iemand te kan vervolg nie.

    Ek het hierdie verhaal so geskryf dat ek die leser nie onnodig sal verveel met langdradige administrasie nie. Ek het probeer om die proses so na aan die werklikheid te hou as wat ek kan. Ek het hier en daar van die werklikheid afgewyk om die storielyn te laat vlot. Ek hoop u as leser sal tevrede wees met my aanbieding van hierdie verhaal. Die gedeeltes oor die moontlikhede van die twee soorte ammunisie is moontlik. Die dwelm "Angel's Kiss is fiksie. Ook die nagklub Lois." Die afspraak dwelm is ook werkikheid, maar die gevolge van beide dwelms op 'n mens se bloedsuiker is fiksie.

    Woordelys:

    Alibi - term wat gebruik word vir die  verduideliking van waar hy was / verduideliking hoekom dit nie hy kan wees nie.

    Autopsy veslag – Nadoodse verslag van lykskouing wat oorledene se oorsaak van dood aandui.

    BO - Bevelvoerende Offisier

    Cyclops – Die bynaam vir die Stad Kaapstad se CCTV beheerskerms. Die Griekse Mitologie het ‘n eenoog monster wat Cyclops genoem word. Die enkele kameralens lyk nogal soos die karakter.

    DKD - Departement van Korrektiewe Dienste

    GDO - Geregtelike Doods Ondersoek

    IT - Information Technology

    MO - Modus Operandi (metode van optrede / werkswyse)

    Opskamer - operasiekamer / radiokamer

    PK - Provinsiale Kommissaris.

    PKRS - Plaaslike Kriminele Rekord Sentrum

    SB - Stasiebevelvoerder

    TB - Takbevelvoerder (speurtak se bevelvoerder)

    Vooraf:

    Sy het haar nuutste minirompie aan. Boeta is vir die aand saam met sy vrou en hy weet nie dat sy hier is nie. Almal is vanaand hier. "The Lois" is die heel nuutste nagklub in Langstraat, Kaapstad. Hier lewe dit. Sy is lus vir dans, haar voete jeuk. Sy het die aand perfek gekies.

    Die aand is pragtig. Die eerste twee ure vanaand word vroue verniet ingelaat. Sy stap met 'n glimlag in, nog net betyds. Haar drie vriendinne is net so opgewonde. Die twee uitsmyters se lang toutjieshare is ooglopend, en so ook hul afkoms. Sy wonder van watter land hulle af kom.

    Die musiek is hard en die dansvloer is reeds vol. Sy het hoëhak, nousluitende stewels aan. Haar hals is laag en haar klein pikante borste staan stokstyf. Sy het nie sykouse aan nie. Haar bene is glad en wel gevorm, ook haar mooi heupe. Sy het haar klein mini handsakkie skuins oor haar lyfie gehang. Sy is op haar agtienjarige ouderdom nog 'n maagd.

    Sy begin vroeg dans en geniet die aand. Sy het reeds besluit sy gaan dit waag. Al vier het so besluit. Hulle het elkeen hul vyftig rand noot vir haar gegee en sy het die vier note opgerol in haar fyn handjie. Sy knik haar kop vir die Jamaikaan en hy beduie met sy kop dat sy moet kom. Sy volg hom na agter en stap deur die deur wat versper word met hangende toutjies, amper soos sy hare.

    Geen woord word gemeld nie. Sy gee hom die twee honderd rand. Hy oorhandig vier klein koevertjies aan haar. Dit is van ultra dun waspapier gevou sodat die pakkie so groot soos 'n koeldrank strooitjie is en vier sentimeter lank. Weens die swak lig kan sy nie sien wat is die kleur van die poeier wat binne-in is nie. Dit is fyn.

    Sy gaan na haar vriendinne en gee elkeen se koevertjie. Die Jamaikaan se oë bly op haar. Hy hou haar dop. Sy is so opgewonde dat sy nie enigsins daarvan bewus is nie. Boeta is nie hier om op haar te spioeneer nie en nou kan sy bietjie lewe vanaand. Hy kan môre maar weer met haar raas.

    Wat sal julle neem?

    "Archers asseblief, dubbels."

    Haar stem is sag. Sy kom nie eers agter dit is dieselfde Jamaikaan wat haar bedien nie. Die vier vriendinne gooi die inhoud van hul koevertjies in die drankies. Die geel poeier is presies een milliliter in volume en die klein plastiek lepeltjies waarmee hulle dit roer laat dit gou oplos. Hulle sluk dit saam. Hulle kyk na mekaar en glimlag. Hulle is daar.

    Die dwelm, genoem "Angel'sKiss," is 'n nuwe dwelm op die mark en word in sy suiwer vorm vermeng met vier dele versiersuiker. Dit is dan net reg om nie 'n oordosis te veroorsaak nie en die gebruiker sal weer terugkom die volgende keer.

    Die volgende twee ure dans die meisies sonder ophou en hulle word nie moeg nie, net dors. Hulle kom weer na die toonbank en bestel weer elkeen dieselfde drankie. Dieselfde Jamaikaan bedien hulle. Die vier meisies sit langs mekaar. Hulle gesels met mekaar en sien nie die klein plastiek druphouertjie wat hy gebruik om 'n paar druppels in die een glasie te gooi nie. Hy sit dit voor haar neer en sy sluk saam met die ander.

    Hulle dans weer en binne 'n paar minute gaan sy eenkant. Die newe effek laat haar voel sy het 'n behoefte. Haar vriendinne neem nie notisie nie. Die Jamaikaan wag vir haar en neem haar hand. Sy is willoos en weet lankal nie meer wat om haar aangaan nie. Hy trek haar by die personeel se toilet in sluit die deur agter hulle toe. Hy is vaardig hierin. Hy doen dit gereeld. Hy lig haar rompie op en druk haar broekie af.

    Hy lek eers om dit nat te maak en dan penetreer hy haar. Hy voel sy is nog 'n maagd. Hy geniet dit om haar te verkrag. Hy skiet sy saad in haar lyfie en wanneer hy uittrek vee hy haar af en trek haar broekie weer op. Daar is nie veel bloed nie. Hy help haar terug. Sy sluit weer by die dansers aan, onbewus van wat gebeur het.

    Die Jamaikaan is ook onbewus van haar allergiese reaksie op een van die bestanddele van die afspraak dwelm wat hy gebruik het. Dit laat haar hart teen twee-honderd-en-veertig keer per minuut klop. Die oorspronklike dwelm vererger die toestand ook en na sy nog so ses minute gedans het, slaan sy neer op die dansvloer. Haar maats dink sy is dronk en help haar na die een bank op die kant, waar hulle haar neerlê. In hul onderskeie beskonke toestande neem dit hulle nog 'n halfuur om te besef sy is dood.

    Die ambulans wat opdaag se twee mediese ordonnanse sertifiseer haar as dood, en dui aan dat die polisie moet kom. Sy is nie aan natuurlike oorsake dood nie. Die Jamaikaan maak hom uit die voete.

    Nee!

    Boeta se kreet dring deur murg en bloed. Sy suster is nie meer daar nie. Hy het haar al soveel keer gewaarsku teen die nagklubs.

    Hoofstuk 1.

    Vrydagaand.

    Die laat Lente-aand is verbasend warm in Kaapstad. Lang Straat, die nagklublewe in Kaapstad, is die plek om te wees vir diegene wat van nagklublewe hou. Die nagklubs is teen tienuur die aand redelik besig. Dit is vandag maandeinde en almal het geld.

    Die Jamaikaan staan op die hoeke van Bloem- en Lang Straat. Hy is tevrede. Hy het al meer as drie honderd koevertjies verkoop. Hy het sy geld verdien en die aand is nog jonk. Niemand weet van sy helpers nie. Hy word gereeld voorsien van nog koevertjies en hy het 'n stewige rol note by hom. Dit sal hy nie waag in enige helper se hande nie. Die versoeking kan te groot word met soveel geld in jou hand.

    Hy kniel op die dak van Senator Park gebou, die woonstelblok wat al so berug geword het in Lang Straat. Hy het sy wit oorpak aan. Die swart sak langs hom, het hy oopgerits en hy haal die toerusting uit. Dit lyk verbasend baie of hy in 'n fliek speel. Hy haal die geweer uit. Dit is in twee dele en hy slaan dit op. Dit is 'n meesterstuk. Dit is 'n Winchester .308 jaggeweer en hy het die heel beste Tasco 6-18 x 80 teleskoop op. Dit is spesiaal vervaardig en dit is uitstekend vir naggebruik. Ure en ure se oefen op die plaas het sy skietvermoë tot perfektheid geslyp. Hy haal sy bypassende meetinstrument uit. In die donker kan hy nie sien nie, maar hy weet wat daarop staan. Tasco Range Finder, made in Japan. Hy meet die afstand. Dit dui aan as drie-en-veertig punt nul agt meter. Hy werk vinnig in sy kop uit en verstel die visier van die teleskoop.

    Hy haal die patroon uit. Dit is die klassieke Winchester punt drie nul agt patroondop, maar dit het 'n sagte, dun rooikoper mantel, met 'n rooi plastiek puntjie. Dit is gevul met suiwer lood, juis sag om op te breek. Die projektiel sal opbreek in soveel stukkies dat geen ballistiese toetse ooit gedoen kan word om die wapen met die projektiel te verbind nie.

    Hy druk die koeël in en stoot die sluitstuk na vore en beweeg die hefboom af om dit in posisie te bring. Die skut skiet links. Hy lê aan. Sy wit oorpak pas perfek by die wit agtergrond van die gebou se bokant en niemand sien hom nie. Hy vind die Jamaikaan in sy visier. Hy staan doodstil.

    Sam Lupen, die dwelm verspreider weet van niks nie. Hy het sy twee verkenners wat weerskante staan en die teken sal gee as die polisie of die Stad se eie sekuriteit nader kom. Hy hoor nie die skoot nie. Hy voel die split sekonde van pyn. Die rooikoper projektiel tref hom hoog in die regterkant van sy kop en maak 'n klein gaatjie van net kleiner as nege millimeter. Dit is punt drie nul agt duim. Waar dit uitgaan, net langs sy oor, ruk dit 'n gat so groot soos 'n koppie se oop kant. Sy brein gaan saam weens die geweldige skokgolf deur sy kop. Hy is reeds 'n lyk voor hy die grond tref. Sy brein, 'n verpulpte massa van bloed en brein sproei oor verskeie mense. Hulle gil en dit trek die aandag na die punt van gebeure.

    Die skut slaan sy geweer af en sit dit in die sak. Hy haal 'n rooi sak uit die swarte en sit die swarte in die rooie. Op die rooie is die kenmerkende tekens dat dit 'n noodhulp sak is. Hy stroop sy wit oorpak af. Onder dit het hy die groen oorpak aan met die kentekens van Metro EMS, die Provinsiale ambulansdiens. Hy sit sy handskoene nog nie weg nie. Hy vat sy sak en stap na die hysbak en ry na onder. Hy knik net sy kop vir die sekuriteitswag agter die toonbank. Dit is nie dieselfde een wat hier was toe hy vroeër vanaand gekom het nie.

    Die sekuriteitswag kyk na hom met veragting. Hy groet nie terug nie. Hy spoeg in die asblik langs hom. Sy gemompel is hoorbaar.

    Verdomde Vreemdeling.

    Hy kan sien die swart skut is nie van hierdie land nie. Hy het gladde hare. Sy vel is ook ligter as sy eie. Sy gelaatstrekke is nie van hier nie.

    Die skut stap links in Keerom Straat en regs by die tweede straatjie, Bloem Straat. Die warboel van gebeure in Lang Straat is nog nie hier waarneembaar nie. In Queen Victoria Straat draai hy regs. Hy stap op sy tyd na St. Martini Gardens. Hy het sy Caddy daar geparkeer. Hy sien die Caddy staan steeds daar, ongeskonde. Op die deure is die kentekens van Rodeo Eiendomme. Hy klim in en kyk eers rond. Hy trek weg toe hy seker is dit is veilig.

    Hy ry reguit af in Queen Victoria Straat en regs in Waal Straat. Nog steeds geen teken van gevaar nie. Hy ry af in Adderley Straat en moet eers stilhou by die verkeersligte van Strand Straat. Hy draai regs en ry deur Woodstock. By Soutrivier verkeersirkel draai hy regs op in Durhamweg en weer regs in Briar Straat. Hy draai in by sy fabriekswinkel. Hy laat die deur opskuif met die afstandbeheer en trek in. Die deur sak agter hom. Hy klim uit en sluit alles weg en haal die magnetiese plakkers af en sit die nuwe plakkers van AB IT Sollutions op. Die skut klim in die motor wat langsaan geparkeer is en vertrek na sy huis.

    Die telefoon word eers met die sesde lui geantwoord. Joggie kan sien dit is die OPS kamer, die polisie se radiokamer.

    Kaptein Joggie Van Staden goeie naand.

    Joggie is nugter. Hy weet hy is op bystand en kon nie drink by die braai nie. Hy kuier al die hele aand slegs op Coke. Hy stap eenkant toe om in privaatheid te kan praat.

    Kaptein, dit is Koorsen hier. Ons het 'n moord in Lang Straat.

    Wat het jy vir my Koorsie?

    "Een van die Rastadrug dealers is in die kop geskiet. Ons manne het die plek afgekordon met polisie misdaadtoneel band. Dit is op die hoeke van Bloem- en Lang Straat. Verkeer het die straat afgeblok Kappie, so jy kan reguit gaan."

    Ek is op pad.

    Joggie maak verskoning.

    Ouens, dankie vir die lekker ete, ek moet eers ry. Ek het 'n moord en moet nou daaraan gaan aandag gee.

    Van Parow af neem dit hom sewe-en-twintig minute om voor die toneel te kom. Hy parkeer links in Lang Straat en stap nader. Hy het sy speurder frokkie oor sy klere aangetrek om uitkenbaar te wees. Adjudant-Offisier Van Zyl is die senior lid op diens, en hy nader hom. Hy salueer flink. Almal het groot agting en respek vir hierdie kaptein.

    Naand, wat het jy vir my Koos?

    "Oom Jog, die Rastas in sy kop geskiet. Dit is maar 'n lelike toneel want sy brein lê die wêreld vol. My manne hou die publiek eenkant. Ek het klaar vir die ontlonters gereël want sy brein het op van die mense gespat en hulle is histeries. Pieter het reeds die getuieverklarings van hulle begin neem. Ons het vir kolonel Mostert ook laat weet."

    Wys my. Het jy forensies laat kom?

    Ja, hulle is op pad.

    Koos stap voor en wys vir Joggie waar die lyk lê. Joggie het sy flitslig by hom en skyn op die lyk. Hy kan sien die ingangswond is hoër as die middel van die uitgangswond. Hy sien ook die lyk hou iets vas in sy hand. Hy lig daarop. Dit is 'n dik rol note.

    Dit is Sam oom Jog. Ons het hom al voorheen toegesluit. Hy is 'n ou bekende. Hy het nog elke keer losgekom, maar nou het hy sy gat gesien. Iemand wou hom uit die pad hê. Hy is nie geroof nie, dit kan die geld bewys.

    Ek sien die koeël is dwarsdeur. Ek wil kyk of dit nie hier iewers lê nie, maar die kanse is maar uiters skraal.

    Ek help jou kyk. Waar was jy vanaand oom Jog? Het jy weer 'n jong bokkie warm gevry?

    Hy lag met so 'n effense kuggie.

    Nee, ek en my meisie was by 'n braai. Ek mag natuurlik niks gedrink het nie, maar ek het voorwaar heerlik geëet. Die mense mag maar braai. Die ou het so 'n lekker brandsousie by gemaak wat ek oor my pap gegooi het. Sjoe, dit was nou vir jou vorentoe.

    Feitlik onmiddellik na hulle daag die fotograwe van Forensies op en kaptein Van Staden roep hulle nader.

    Naand manne.

    Hulle is bekend met die kaptein en het groot respek vir hom.

    Naand Kaptein. Wat het u vir ons?

    Die slagoffer is uitgevat. Sy geld is nie gesteel nie en dus is die motief beslis nie roof nie. Hy is 'n bekende dwelmverkoper. So ek wil hê julle moet volledig afneem. Ek soek solank die projektiel.

    Reg so Kaptein.

    Kaptein!

    Dit is Rooikoos. Joggie stap nader. Rooikoos wys na iets wat blink. Dit lê onder op die sypaadjie, naby 'n pilaar. Die flitslig verlig dit duidelik.

    Hierdie koeël het geheel en al opgebreek. Hierdie stukkie lood is waardeloos. Die koper het opgebreek. Dit is seker een van daardie verdomde rooi punte. Ek raai maar, ek kan dalk verkeerd ook wees.

    Ons moet maar kyk wat ons kan doen Koos. Elke bietjie inligting kan ons help om die misdaad op te los.

    Kolonel Piet gaan weer in sy beste rok bollie. Hy probeer so hard om te sorg dat ons misdaad nie handuit ruk nie. Maar hoe verhoed 'n mens 'n moord?

    Ons kan dit nie regtig verhoed nie. Nie iets soos hierdie nie.

    Die fotograwe roep hulle nader toe hulle klaar is. Hulle het die vingerafdrukke van die lyk ook verkry. Joggie druk die rol note in 'n forensiese bewysstukke sakkie. Hy begin die lyk deeglik te ondersoek. Hy voel iets in die hempsak en haal dit uit. Daar is sewentien sakkies in. Dit is fyn waspapier koevertjies, met geelwit poeier in.

    Dwelms Koos.

    Dit is Angel's Kiss oom Jog. Dit is 'n nuwe dwelm wat maar nog net ses maande hier in die Kaap te kry is. Dit laat mens ure lank kan dans of tekere gaan.

    Wel die geld is in vyftig rand porsies. Daar is sewe-duisend-vyf-honderd-en-vyftig rand by hom gewees. Hy moes dus heelwat verkoop het.

    Die straatprys is vyftig rand.

    Meng jou met die semels en die varke vreet jou op.

    Joggie kom eers na twee in die bed. Hy het alles gedoen wat hy kon.

    Laurel Straat 33, Loewenstein, Bellville. Die groot huis is stil vir so vroeg op 'n Saterdagoggend. Riaan Els is vroeg wakker en trek vinnig aan. Hy het die vorige aand al alles reggesit en hy maak vinnig koffie. Hy eet beskuit en ook sy hawermout pap. Hy eet smaaklik en is lus vir die dag wat voorlê.

    Na hy geëet het, gaan hy weer deur sy uitrusting. Alles is in sy klein rugsak en sy twee waterbottels is vol. Hy maak seker hy het sy permit. Hy het sy kortbroek en T-hemp aan en op sy kop sy pet wat hy altyd saam neem. Hy sluit agter hom. Nonnie sy hond kyk deur die hek. Hy klim in sy Toyota bakkie en ry stadig af met die straat en volg die draai na regs tot hy my Maroelaweg kom, waar hy links draai. In Uys Krige Rylaan ry hy regs in Parow se rigting. Hy ry tot amper verby Tygerberg koppie voor hy, net voor Jim Fouche Rylaan regs indraai by die klein paadjie en langs die water dam parkeer. Hy klim uit en sluit sy bakkie. Hy aktiveer die alarm en stap dan na die ou gruis steengroef. Die bloekombome is groot en keer dat die son by hom uitkom. Hy stap tot by die watergat. Die steengroewe is vol water.

    Riaan staan lank stil en kyk rond. Hy wonder hoe diep is die watergat. Hy weet hierdie watergat is bevolk met swartbaars en forel. Hy het al voorheen hier kom vang toe die getalle te veel geword het. Riaan dink 'n oomblik aan haar. Dit is oor twee weke vyf jaar wat sy weg is. Hy skud die gedagte af met wilskrag. Hy het nie nou weer lus daarvoor nie. Dit is vir ewig verby.

    Hy stap na die hek en sluit dit oop. Hy stap in en sluit die hek weer agter hom. Hy sit sy toerusting neer en geniet 'n rukkie die stilte van die oggend.

    Hy haal die stok uit. Hy druk die vier dele in mekaar en skroef die katrol aan. Die dryflyn en ultra dun voorslag is reeds op. Hy haal sy plat kissie uit en trek sy baadjie aan. Dit is mouloos en vol sakkies. Hy prop sy benodigdhede in die sakkies. Hy kies sy klein kunsvlieg versigtig en knoop dit vas.

    Min mense weet die kuns van kunsvlieg hengel lê daarin dat die gewig die lyn is. Daar is nie soos met aashengel 'n sinker nie. Hy begin met sy bewegings. Die lang buigbare stok swaai hy vorentoe en agtertoe terwyl hy die lyn met sy linker hand afrol. Na 'n paar bewegings het hy twintig meter lyn in die lug. Die voorslag is drie meter lank. Die lyn val sag op die water. Waar die kunsvlieg drie meter verder val lyk dit vir die vis soos 'n insek.

    Met sy derde gooi kap hy die forel vas. Die vis spook verniet. Riaan se vernuf put hom uit en hy bring hom kant toe. Hy skep hom uit met die skepnet. Dit is 'n pragtige vis. Hy haal die hoekie versigtig uit en gooi die vis terug.

    Riaan kan sien niemand vang hier nie, want hy land veertien forelle en twee swartbaarse. Hy plaas elke vis versigtig terug.

    Hy is half drie terug by sy huis en gaan stort voor hy vir hom 'n yskoue Ballantine's whisky skink en dan die televisie aanskakel. Hy skakel oor na 'n aksiefliek.

    Lienkie Delport staan traag op toe die wekker afgaan. Sy is nie lus om vanoggend te gaan werk nie. Saterdae is gemaak vir ontspan, nie vir verdomde bystand nie. Sy is moeg. Hugo Van Eck is gisteraand laat huis toe. Sy het maar min geslaap. Sy tap badwater in en neem 'n vinnige bad en trek haar werksklere aan. Haar broek span styf om haar heupe.

    Sy was nog altyd groot gewees en sy het oor die jare vrede daarmee gemaak. Sy bind haar lang blonde hare na agter en borsel haar tande. Sy skink koffie en drink vinnig. Sy eet een blokkie beskuit. Sy spoel vinnig haar koppie uit en sit die koppie op die skottelgoed rakkie om droog te word.

    Die redelik nuwe Ford Figo skakel aan met die eerste swaai. Dit is nou ses maande oud. Alhoewel die paaiement duur is, is dit die moeite werd. Sy trek die motor uit en sluit die motorhuisdeur. Hier waar sy die woonstel agter die motorhuis huur, is sy gelukkig. Tannie Rossouw is nog jonk as weduwee en het die kamer adverteer. Broadway Straat sewe-en-vyftig in Vredelust, is in 'n veilige area. Sy het nou rus vir haar gemoed.

    Die verkeer is reeds besig, maar sy is voor sewe op kantoor. Sy deel dit met drie ander op die derde vloer van die polisiestasie. Sy sluit haar handsak in haar staal laaikas toe en gaan trek al die dossiere wat ingekom het. Daar is ses. Dit was 'n stil Vrydagaand.

    Sy sien die een is 'n moord.

    Môre Lienkie.

    Môre Adjudant.

    Dit is Amanda Davids. Sy is saam net Lienkie op die groep. Beide werk op die span op bystand.

    Enige iets ernstig?

    Ja, ons het vyf diefstal uit motor en een moord. Ek sien oom Jog was uitgeroep. Hy is seker stukkend moeg vanoggend. Een of ander ou het 'n dwelm verspreider uitgeneem.

    Goeie môre skone dames.

    Môre oom Jog.

    Kaptein Van Staden toon geen teken van moegheid nie. Lienkie maak of sy dit nie sien toe hy Amanda se boud knyp nie. Hy is bekend daarvoor dat hy van vroue hou. Amanda staan ook nie heeltemal onverskillig teenoor hom nie. Die ketel skakel af.

    Koffie julle?

    Praat jy. Asseblief. Ek het die toneel gister bygewoon. Ek wil gou vanoggend die toneel weer gaan besoek. Miskien het ek iets in die donker gemis. Wie gaan saam met my?

    "Ek sal gaan, is

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1