Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

'n Blonde bom
'n Blonde bom
'n Blonde bom
Ebook101 pages1 hour

'n Blonde bom

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Lehandi se matriekjaar begin slegter as ’n rugbywedstryd wat uitgereën het. Haar ma is verloof aan haar aartsvyand se pa en Prissie die Vissie is saam met haar strooimeisie. Is matriek nie veronderstel om die beste skooljaar van jou lewe te wees nie? Dis wat Lehandi gedink het, maar nou lyk dit asof dinge skielik uitbom! Want die nerdy Peyton het van vakansie af teruggekom met spiere en kontaklense, en dit krap haar hart deurmekaar. En alles verander handomkeer, 180 grade in die verkeerde rigting, wanneer haar vorige BFF Reqita weer terugstap in haar lewe in.
In Ek en Prins Donkerkuif en Die Engelsman in my slaai – die vorige titels in hierdie gewilde trilogie – moes Lehandi haar tienerjare oorleef te midde van drama en uitdagings met bakleierige ouers, skool, vriendinne, ouens en wie weet wat nog . . . Maar dit lyk asof sy haar matriekjaar beslis met ’n bang gaan afsluit!
LanguageAfrikaans
Release dateJan 18, 2017
ISBN9780798174077
'n Blonde bom
Author

Dihanna Taute

Dihanna Taute is op 6 Januarie 1983 in Welkom gebore. Nadat sy in 2001 matrikuleer, verhuis sy na Bloemfontein. Aan die begin van haar studies werk sy as kelnerin om vir haar studies te betaal. Sy is later as tekenaar by stadsbeplanners aangestel. Nadat sy haar trouman ontmoet trek hul gereeld agter sy beroep as padingenieur aan. Sy woon tans saam met haar man en 4 kinders in Namibië.

Read more from Dihanna Taute

Related to 'n Blonde bom

Titles in the series (3)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for 'n Blonde bom

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

2 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    'n Blonde bom - Dihanna Taute

    Human & Rousseau

    Vir my BFF, want ons vriendskap

    (malwees-saamwees) is mos vir altyd.

    – D. T.

    Trou! skree ek benoud en stamp my voet. Ek bal my vuiste en trek my arms styf teen my lyf. Dis … dis … pik ek na iets wat moet sin maak.

    Dis wat grootmense doen wanneer hulle mekaar liefhet, sê Ma kalm en vee vir die soveelste keer die kassie binne die karavaan met ’n stoflap af.

    So dis hoekom Barry saam met Priscilla-Vlak-Vis gaan stap het. Ek kan net haar reaksie op hierdie nuus hoor: Bloeb, bloeb, bloeb, soos ’n vis wat na lug hap.

    Ten minste weet ek nou, asof ek gewonder het, wat Ma en Barry gisteraand met ’n piekniekmandjie onder die sterre op die strand gaan doen het. Dit terwyl ek en die Vis alles probeer het om mekaar te vermy. So asof dit enigsins die vorige ses aande gewerk het.

    As hulle my vra, was hierdie week se kamp by die see ’n blerrie simpel idee. Ma en Barry het my saam met die Vis vir sewe dae lank in ’n tent gestop. Arrg! So asof ek nie genoeg van haar by die skool sien nie. En toe moes ek nog aandring dat Ma vir my ’n one piece-cozzy koop ook – omdat ek nie kan bekostig dat Ma of die Vis (wat natuurlik op my sal split) my tatoe sien nie. Ma sal soos in nooit weer ophou preek nie. En wie wil vir altyd na haar gekerm luister? Nie ek nie. Sewentien jaar lank was genoeg, dankie.

    Gelukkig gaan ons môre huis toe. Dis dan net ’n rustige naweek – hopelik weg van die Van Breda’s af – wat my van my laaste jaar op skool skei.

    Lehandi? hoor ek Ma weer skielik langs my vra.

    Dis … dis ’n vrot idee! sis ek en hardloop by die karavaan uit.

    Ek skuur verby Ma se kampkombuis en ignoreer haar flou probeerslag om my terug te roep. Voor ek by my en die Vis se tent invlieg, skree ek nog vir oulaas: G’n mens kan iemand in drie sekondes liefkry nie! Ek wou byvoeg dat Nelia van Breda kommin gaan klink, maar ek het skielik nie meer lus vir skree nie.

    Ek rits my tent toe, asof dit Ma sal kan uithou; iets wat ek nooit sou gewaag het as my pa nog hier was nie. Martin Botha sou die zip aspris kom strip het.

    In die tent kyk ek befoeterd rond. Daar is twee superdun matrasse aan weerskante van die tent teen die seil gegooi. Myne het ’n swart duvet op. Net swart. Maar Prissie s’n is pers met ’n groot Justin Bieber daarop. Iets wat ek seker is haar pappie vir haar oor die internet moes bestel het. Sy is een van daai visse wat nie net krummels kry nie, maar die hele flippen brood en dalk nog die kaas, die blare, die tamaties en die ham ook – afhangende van hoe hard sy kerm.

    Ek val kruisbeen op my swart, plein matras neer, haal diep asem en dink weer aan Ma.

    Sy en oom Barry, of nét Barry (wat ook al ek hom moet noem, solank dit net nie Pa is nie) kuier nou wel al amper ’n jaar lank saam, maar dat hulle mekaar kan liefhê? Not-’n-vet! Sy wil net met hom trou om my te spite.

    Hoe kan Ma so simpel wees? Ek en Priscilla-Vlak-Vis van Breda sal nooit ooit onder dieselfde dak kan bly nie. Ek hoop hulle wag met die troue totdat my matriek eindeksamen agter die rug is en ek iewers ver heen kan verdwyn. Of moet ek regtig begin oorweeg om by my pa te gaan bly?

    Ek gluur na Justin Bieber. Verbeel ek my of is hy ook besig om my uit te lag, met sy ondeunde glimlag en sy stoutseun kyk? Ek snork vir die pers kussinkie wat in die hoek van die tent op Prissie se matras lê. I Love Justin. Nogal! Asof liefkry so maklik is.

    Ek sug verlangend en loer na my selfoon, sien die swak sein en kreun hardop. Hierdie jaar begin slegter as ’n rugbywedstryd wat uitgereën het. Ma is verloof en ek is single. Unbelievable! Die outydse spook wat deesdae soos ’n Vogue-outannie-model lyk gaan trou. Oukei, sy het haarself reggeruk, maar dit gee haar nie die reg om te trou nie. En dit terwyl my hart voel of dit in miljoene stukke gebreek het. Hoe durf sy?

    Is ’n mens se matriekjaar nie veronderstel om die beste skooljaar van jou lewe te wees nie? Ek het so gedink, aangesien ek al my hele lewe lank daarna uitgesien het. Maar dit wys net weer eens niks is ooit so goed soos wat dit geadverteer word om te wees nie.

    Ma in haar nuwe modellyf kom spook skielik weer in my gedagtes. Oorreageer ek nie dalk so ’n bietjie met haar en Barry se trouplanne nie? Verdien sy nie maar om gelukkig te wees nie? Sy het ook nie die maklikste tyd agter die rug nie.

    Nommer 1: Sy moes haar man afstaan aan ’n tannie-floozy wat swanger geraak het met sy baba.

    Ek dink vir ’n rukkie …

    Nommer 2: Sy het darem twee keer ’n trek oorleef. En ’n boks vol resepteboeke in die proses prysgegee.

    Nommer 3: Sy het nie bly lê nie, sy het opgestaan en weer liefde gevind … of meer soos in vir Barry. Maar orraait, ek sal dit hierdie keer laat tel.

    So?

    Opsomming: Ma het my seriously beïndruk!

    Ek wens ek kan so maklik soos sy opstaan en aanbeweeg. Ja, oukei, ná Drayke was dit maklik om vir Garth te val, maar Garth Johnson is soveel anders as al die ander ouens. Behalwe vir die feit dat hy Engels is, is hy ook ’n hunk, sjarmant en oulik en alles wat ’n girl in ’n ou kan begeer.

    Ek mis hom.

    Ek het gedog Garth Johnson is my

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1