Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

40 dae tot hoop: 'n Reis deur Lydenstyd
40 dae tot hoop: 'n Reis deur Lydenstyd
40 dae tot hoop: 'n Reis deur Lydenstyd
Ebook318 pages8 hours

40 dae tot hoop: 'n Reis deur Lydenstyd

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Vastyd is ’n pelgrimsreis van 40 dae wat altyd op ’n Woensdag begin (Aswoensdag) en op ’n Saterdag (Donkersaterdag/Stil Saterdag) eindig. Hierdie boek fokus op ’n metaforiese pelgrimsreis wat by “ashoop” begin en 40 dae later by “hoop” eindig en vra die volgende vrae:
Hoe skud ’n mens jou “valse self” af?
Hoe laat jy emosionele bagasie agter?
Hoe leef ’n mens met hoop in ’n wêreld wat al minder hoopvol lyk?
Hoe word jy ’n vrygewiger mens?
Hoe daag jy ’n verbruikerskultuur uit?
Is dit moontlik om ’n vry, hoopvolle en gelukkige mens te wees?
Drie spesifieke geloofsgewoontes was deur die eeue heen verbind met hierdie tyd: vas, gebed en die gee van aalmoese. Die boek vertaal die drie gewoontes as moderne “reisgenote” op die hartsreis tussen Ashoop en Hoop.

Hierdie is ’n boek wat jou help om ’n deurdagte pelgrim te wees, wetend waar jy vandaan kom en waarheen jy op pad is.
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateFeb 1, 2017
ISBN9780796320438
40 dae tot hoop: 'n Reis deur Lydenstyd
Author

Ronell Bezuidenhout

Ronell Bezuidenhout is die afgelope twaalf jaar ’n predikant by die Fontainebleau Gemeenskapskerk (FGK) in Randburg. Na afloop van haar studiejare was sy in die vroeë 1990’s ’n studenteleraar by die destydse UPE. Later het sy aan dieselfde universiteit klas gegee, en sy was ’n tentmaker-leraar daar terwyl sy haar PhD in Publieke Teologie voltooi het. Haar ervaring as pastorale terapeut was die rede vir haar verhuising na Johannesburg, om daar ’n Sentrum van Deernis by die FGK te begin. Later het haar fokus verander, en sy is tans verantwoordelik vir toerusting en geloofsvorming in die gemeente. Sy het al verskeie publikasies die lig laat sien, en sy het tot vele ander ’n bydrae gelewer. Ronell het die afgelope klompie jare ’n intense belangstelling in geloofs- en persoonlikheidsvorming ontwikkel. Sy bied landwyd retraites aan wat veral op die inoefening van geloofs- en lewensgewoontes fokus. Hiermee help sy besige stadsmense om nuut oor hul lewe na te dink. Ronell bly ’n ewige student. Sy ontdek steeds die mense rondom haar, en probeer ook om die subteks te lees. Wanneer sy ontspan, skilder sy ikone.

Related to 40 dae tot hoop

Related ebooks

Related articles

Reviews for 40 dae tot hoop

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    40 dae tot hoop - Ronell Bezuidenhout

    40 dae

    tot hoop

    ’n Reis deur lydenstyd

    Ronell Bezuidenhout

    Lux Verbi

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van 40 dae tot hoop mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die teks.

    Daar kan met ’n boek soos hierdie net twee mense wees aan wie ek dit wil opdra: my ouers, Maryn en Giel. Dit is die twee mense wat my ganse lewe die intiemste medereisigers op my hartsreis is. Hulle is by uitstek die mense wat my herinner dat ashoop nooit ashoop hoef te bly nie; dat hoop altyd ons reise se bestemming is. Ek kan nie aan twee geselliger mense dink saam met wie ek, so lank ons lewe, elke tree sal wil stap nie.

    Dan is daar is ’n spesifieke groep mense wat al my dank verdien: my medereisigers in Fontainebleau Gemeenskapskerk. Dit is die mense wat reeds ’n paar Lydenstyd-seisoene saam met my hartsreise tussen ashoop en hoop doen. Julle is my bemoedigers!

    ’n Gebed uit die pelgrimsdokument van die Camino de Santiago

    To the Pilgrim

    Go,

    from the day of your birth

    you have been on the journey.

    Go,

    an encounter awaits you.

    With whom?

    Perhaps with your own self.

    Go,

    your steps will be your words,

    the journey your song,

    your fatigue your prayer

    and your silence will at last speak.

    Go,

    with the others;

    but out of yourself,

    you, that think yourself surrounded by unfriendliness

    will find joy.

    Go,

    although your spirit may not know

    where your feet will carry your heart.

    Go,

    another is coming to meet you,

    and is searching for you,

    so that you can find Him

    in the sanctuary at the end of the pilgrimage,

    in the sanctuary deep inside your heart.

    He is your peace

    He is your joy.

    Go,

    it is the Lord

    Who goes with you.

    Reisreëlings vir medereisigers

    Welkom by hierdie reis!

    Soos met enige onbekende projek wat jy aanpak, geld dié beginsel ook hier: If all else fails, read the manual.

    Beskou hierdie boek as jou reisgids. Daar is 40 bakens langs die pad, een vir elke dag. Jy sal nie noodwendig elke dag, 40 agtereenvolgende dae lank by elke baken kan stilhou nie. Soms spoed ’n mens met ’n lang asem van noord na suid op die N1, dwarsdeur die nag, en jy mis die Karoo-landskappe. Dit is ’n haastige reis dié. Ánderdag is daar weer kans vir stilhou-stilhou ry …

    Só is dit ook met ons innerlike reise. In hierdie geval is ’n 40-dae-reis nie ’n doelwit nie; dit is eerder ’n metafoor. As jy luister-luister reis, sal jou hart jou buitendien begelei. Laat jou hart jou ritme bepaal.

    En vertrou jou binne-stem. As jy nie die volle reis hierdie keer kan meemaak nie, dan vertrek jy maar later van daar waar jy agtergeraak het. As jy, onbeplan, ’n paar dae by een van die ruspunte wil stop omdat jy nuwe ontdekkings oor jouself maak wat jy dalk eers moet bedink – goed so! Wat maak dit tog saak as jy dalk eers oormôre wil voortgaan?

    Alle reise het ’n vertrekdatum

    Die reis van Ashoop na Hoop het deur die eeue heen nog altyd op ’n Woensdag begin. Maar dan ook nie sommer énige Woensdag nie. Ons ontmoet mekaar op ’n baie spesifieke Woensdag, ons reis 40 dae lank saam, en groet mekaar uiteindelik by Hoop.

    Elke reis het afwisseling nodig, anders word dit vervelig. Elke sewende dag neem die reis ons by ’n oase verby waar die energie weer aangevul kan word. Op so ’n oase-dag het ’n mens soms meer tyd. Jy hang wasgoed uit, jy sit langbeen in die son. Dit is ’n dag om jou voete te laat rus.

    Dalk kry jy dan die kans om van die langer stukke weer te lees, want, ja, nie alle dagreise is ewe lank nie. ’n Oase-dag is gewoonlik ’n dag wat jy met jou rug teen die boom kan sit, jou tamatie-toebroodjie met jou medereisiger kan deel en oor ditjies en datjies kan gesels. Of mekaar kan uitvra, en mekaar se antwoorde bedink.

    Uiteindelik sug jy: Ag, ja, daar lê nog ’n entjie voor. Kom ons gaan maar aan …

    Natuurlik moet elke reis ook ’n goeie noodhulp- en gereedskapkis hê. Soms moet jy versorg word. Maar dikwels is voorsorg beter. Dit is presies wat lewensgewoontes is. Dit is daardie gewoontes wat ons inoefen sodat ons energie het om ons reis enduit vol te hou.

    By elke dag se gidsteks kry jy ’n voorstel vir ’n gewoonte wat jou in staat stel om die Ashoop agter te laat en by Hoop uit te kom.

    ’n Nota oor die gebruik van manlike voorname vir God: baie mense verskil oor die manlike voornaamwoorde vir of oor God. In hierdie boek word die manlike voornaamwoorde deur die uitgewers gebruik ter wille van die leesbaarheid van die teks.

    Hamba kahle!

    Die aand voor die reis

    Dink jou dit in – ’n advertensie wat só lui: Was jy nog altyd lus vir ’n pelgrimsreis? Hier is jou kans! Ons vertrek op Dag 1 vanaf Ashoop en voltooi ons reis op Dag 40 by Hoop. Dit is ’n gulde geleentheid. Moet dit nie misloop nie! Lydenstyd sal nooit weer dieselfde wees nie.

    Hoewel die verwysing na Lydenstyd dit nie juis laat klink na ’n soort reis wat ék sou wou onderneem nie. Nogal 40 dae lank. En waarom dié roete – tussen Ashoop en Hoop?

    Ons onderneem elke jaar verskeie reise. Ook die kerk vertrek op vele reise: In die vier weke voor Kersfees onderneem baie gelowiges ’n Advent-reis, dit is die uitsien-reis.

    En nie lank nadat die nuwe jaar aangebreek het nie, begin daar ’n volgende reis. Vir sommige is dit die laaste wegbreekkans voor die winter begin – Paasnaweek.

    Baie mense vier Goeie Vrydag, al is dit bloot omdat dit die begin van ’n langnaweek is. Sommige maak selfs van Goeie Vrydag ’n kerk-toe-gaan-dag. Die Sondag daarná kan jy maar oorslaan; jy wás mos Vrydag in die kerk …

    In die Christelike tradisie word daar dikwels in die week voor die Pase ook ’n geloofsreis onderneem, en hier word in Jesus se voetspore gevolg. Dit is die sogenaamde Heilige Week. Dit begin gewoonlik die Sondag voor die Paasnaweek, Palmsondag, wanneer kinders in mooi wit jurkies en met wuiwende palmtakke in die kerk se paadjie af stap.

    Die Markus-evangelie neem die lesers stap vir stap deur daardie laaste week voor Jesus se dood: Dit begin waar Hy onder luide hosannas! Jerusalem op ’n donkie se rug binnery, tussen mense deur wat palmtakke swaai en dit voor Hom op die grond neerlê. En dit eindig op daardie uur wanneer Jesus sy laaste asem uitblaas, met sy hande aan ’n houtkruis vasgespyker.

    Maar vir baie Christene wêreldwyd is daar selfs ’n nóg ouer fees as almal wat hierbo genoem word. Dit is die een wat 40 dae voor Paasfees begin. En dit is die fees wat altyd, sonder uitsondering, op ’n Woensdag begin.

    Die kerk se oudste feestyd

    Ek was verras om te ontdek dat die 40-dae-tydperk voor Opstandingsondag reeds in die jaar 313 nC as ’n amptelike viering op die Christelike kalender aangedui is.

    Dié dae word só bereken: As jy die ses Sondae voor Paasnaweek vir ’n oomblik buite rekening laat (bloot omdat ’n Sondag nooit as ’n lyding-dag beskou word nie en altyd ’n dag is wat hoop uitbeeld) en dus vanaf die Saterdag ná Jesus se kruisiging 40 dae terugtel, kom jy altyd, sonder uitsondering, by ’n Woensdag uit.

    Sou jy hiervan ’n woordsom maak, sou dit só kon lyk: Donkersaterdag (Dag 40) MINUS ses Sondae MINUS 40 weeksdae PLUS ses Saterdae IS GELYK AAN Aswoensdag.

    Aswoensdag

    In die ou tradisie is die palmtakke wat tydens die vorige jaar se Palmsondag geswaai is iewers gebêre. Die verdroogde takke word dan 40 dae voor die nuwe jaar se Paasvieringe tot as verbrand. Op daardie dag (altyd ’n Woensdag) het die gelowiges vroegoggend bymekaargekom en die aanbiddingsleier het met sy duim ’n kruis-merk met die as op elke kerkganger se voorkop aangebring. Vandaar Aswoensdag.

    En só begin die nuwe reis, op pad na die Pase.

    Afrikaanssprekendes gebruik die woord lydenstyd om hierdie 40-dae-tydperk aan te dui. Engelssprekendes noem dit lent, wat ontleen is aan ’n ou Germaanse woord wat beteken om langer te maak. Dit word in verband gebring met die winterseisoen wat besig is om vir die nuwe seisoen plek te maak. Die dae begin rek.

    Aswoensdag is dan die simboliese viering van een seisoen wat voltooi is, wat die ruimte skep vir ’n nuwe een om te begin. Met elk van die daaropvolgende 40 dae wat ons dag na dag nader aan Opstandingsondag bring, is lent ’n tyd van ontwaking.

    En dan nie bloot ’n ontwaking uit die winter nie, maar ook uit ’n geestelike koue. Dit is dus geen wonder dat die gelowiges in die noordelike halfrond dit met ’n ontploffing van affodille en allerhande lenteblomme in die kerkgeboue en katedrale vier nie.

    Vanaf Aswoensdag, met die sigbare as-merk op elkeen se voorkop, het die Christene die daaropvolgende 40 dae gebruik as ’n innerlike reis van selfontdekking, totdat die nuwe mens op Opstandingsondag saam met Jesus deur die dood breek.

    Dan is dit soos Paulus dit aan die gemeente in Efese verduidelik: Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredinge, saam met Christus lewend gemaak (Ef 2:5).

    Ons vier die lewe! Dit is die fokus van hierdie 40-dae-reis.

    Dit is ’n reis van sterf en weer begin. Van afskeid neem en nuwe kanse. Van dood na opstanding. Van verbrande palmtakke na lenteblomme. Van Ashoop na Hoop.

    Van waar 40?

    Hoekom het die kerkleiers in die jaar 313 besluit dat dit spesifiek ’n 40 dae lange tydperk moet wees? Eenvoudig: Omdat enige ontwaking in die Bybel altyd deur die getal 40 voorafgegaan is.

    Getalle het vir gelowiges simboliese waarde, en 40 is die getal wat gewoonlik beproewing of loutering (ook metamorfose) uitbeeld.

    Deur die swaarkry heen, beur daar nuwe moontlikhede na bo. Kyk maar na die volgende voorbeelde:

    •Ná 40 dae en nagte se stortreën het die duif die takkie met groenigheid na Noag toe aangedra.

    •Moses bring 40 dae op die berg deur om God se woorde vir sy volk te ontvang.

    •Ná 40 jaar se loutering in die woestyn kon die Israeliete die beloofde land se melk en heuning geniet.

    •Jesus worstel 40 dae en nagte lank met Satan voordat Hy met sy bediening begin.

    •En 40 dae ná Jesus se dood wag die volgende reis, die hemelsfeer in.

    Bogenoemde verhale vertel almal van 40 dae, 40 nagte, 40 jaar – voordat daar iets nuuts aanbreek. Voordat die nuwe kom, en nadat die lang worsteling verby is.

    Omdat ons deel vorm van ’n geloofstradisie wat oor eeue heen strek, gebruik ons steeds dié 40 dae lange simboliese reis. Dit is ’n 40 dae lange reis van nadink en regmaak, wat jou van versletenheid na vernuwing bring.

    Hoe kan jy immers jou nuwe lewe vier as jy nie weet hoe die ashope in jou lewe jou terughou nie?

    Daarom is hierdie 40-dae-reis steeds baie belangrik. Dit is ’n tyd van afsondering en selfondersoek wat, ná 40 dae, die metaforiese lentebloeisels van ’n nuwe lewe ná ’n winterseisoen aanbied.

    Pelgrimsreis

    Die Christelike kerk (eintlik alle gelowe!) was deur die eeue heen besonder lief vir reis-metafore. Al drie die sogenaamde Abrahamitiese godsdienste (die Judaïsme, die Christendom en die Islam) beskou pelgrimsreise as ’n geloofstradisie wat onderhou moet word.

    Dit is ’n geloofsgewoonte wat veral met die Islam in verband gebring word: ’n Moslem-gelowige moet minstens een keer in sy of haar lewe ’n geloofsreis na Mekka onderneem.

    Maar dink ook aan die Ou-Testamentiese verhale oor die pelgrims wat vir die jaarlikse pasgafees Jerusalem toe gegaan het. Lees maar die sogenaamde pelgrimsliedere in die Bybel se Psalmboek. En onthou hoe Samuel se ma, Hanna, in die tempel om ’n seun gaan pleit het terwyl sy saam met haar gesin in Silo vir ’n pasgaviering was.

    Reeds Adam en Eva se storie is ’n soort reisverhaal in die kleine. Hulle laat die Tuin van Eden agter en gaan die wye onbekende in, die harde werklikheid van ’n lewe buite die beskutte paradys.

    Abraham word die aartsvader genoem, maar hy is ook ’n aartsreisiger! Hy het sy ganse uitgebreide familie hul tasse laat pak, en in blindelingse vertroue die land Ur agtergelaat sonder om te weet waar sy eindbestemming sou wees.

    Ook in die Nuwe Testament, in Handelinge 2, lees ons dat reisigers van heinde en verre vir ’n fees na Jerusalem gereis het.

    Jesus vertel die storie van ’n seun wat sy eie ashoop daar tussen die varke agterlaat en na sy pa se huis toe terugstap, waar sy pa hom dag ná dag op die stoep staan en inwag.

    Paulus beskryf die Christelike lewe as ’n reis, met die tentpenne wat gereed is om enige oomblik gelig te word.

    Kortom: Daar is so baie reisverhale in die Bybel dat ons dit dalk selfs ’n handleiding vir reisigers kon noem!

    Deesdae stof Christene juis hierdie geloofsgewoonte weer af, nadat dit jare lank afgeskeep is. Daar word weer langs klassieke roetes, onder meer die bekende Camino de Santiago in Spanje, gereis – deur sowel gelowiges as niegelowiges. Dit is asof al hoe meer mense begin besef dat daar persoonlike heling en insig kom gedurende ’n pynlike, lang reis wat te voet afgelê word.

    Nie alle reise geskied egter te voet nie. Daar is ook die reis na binne.

    En dit is juis wat hierdie boek se 40-dae-reis van Ashoop na Hoop wil regkry – as ’n ontdekkingsreis vír jouself óór jouself mét jouself.

    En is dit nie tog wat ’n lang reis met ons maak nie? Mettertyd, nadat al die gesels opgedroog het, sit almal in stilte. En elkeen is met sy of haar eie gedagtes besig. Elkeen bedink die lewe.

    Pelgrimsreise het as ’n ou geloofsgewoonte die reisiger gedwing om van elke tree bewus te wees. Om bedag te wees, mindful. Jy kan nie dagdroom terwyl jy stap nie, want jy moet die klippe en slaggate voor jou voete raaksien. Daar is gevare wat jou dag en nag bedreig.

    ’n Pelgrimsreis is dus altyd ’n oefening in hierwees, bedagwees. Of dit nou die fisiese reis is wat jy onderneem, of die reis na binne (oftewel die pelgrimsreis van ontdekking, soos John O’Donohue dit noem). Met elke tree moet jy jou eie vrese in die oë kyk, jou slegte gewoontes konfronteer, jou ekkigheid raaksien.

    Soms is die ontdekkings so ongemaklik dat pelgrims hul stapskoene wil weggooi. Soms voel dit asof jy jou kaart verkeerd gelees het.

    Maar elke pelgrim ken ook die ander kant. Wanneer die bedompigheid in jou siel in ’n nuwe oopte kan asemskep. Wanneer jou gees ligter word.

    Een van die bekendste hedendaagse Fransiskaanse priesters, die Amerikaner Richard Rohr, skryf só in die pragtige boekie Wondrous Encounters: Scripture for Lent oor hierdie reis van selfontdekking: There are two moments that matter. One is when you know that your one and only life is absolutely valuable and alive. The other is when you know your life, as presently lived, is entirely pointless and empty. You need both of them to keep you going in the right direction. Lent is about both.

    En dit is hiéroor dat die 40-dae-reis handel: dat jy weet jou lewe is buitengewoon waardevol. Dat jy ook weet soos jý dit leef, jy nie noodwendig daarmee rekening hou dat dit waardevol is nie.

    En hoe verder jou reis jou neem, hoe meer smag jy na die vervulling van die belofte van ’n profeet wat sê: Moenie bekommerd wees nie! As jy by die volgende kruispad kom, sal daar iemand wees wat jou sal aansê om diékant toe te draai.

    Daardie stem kan jy net herken as jy diep en deurdag met jouself doenig is. Soos God met jou doenig is.

    Spesifieke reisgewoontes

    Van die vroegste tye af is daar drie spesifieke geloofsgewoontes in hierdie 40 dae se selfondersoek ingeoefen.

    Geloofsgewoontes (sommige mense noem dit geloofsdissiplines) is deesdae ’n baie gewilde woord. Maar wat is dit presies?

    Eenvoudig: Dit is bloot die hulpmiddels wat gelowiges tot hul beskikking het om die alledaagse weer as heilig te beleef. Om God in alles raak te sien. Hierdie geloofsgewoontes kan jy saam met ander gelowiges beoefen, maar ook wanneer jy alleen is.

    Hoe kry ’n mens dié gewoontes reg? Hoe leer jy ’n nuwe patroon aan as jy aan die oue gewoond geraak het? Maklik: Jy herhaal die nuwe gewoonte totdat dit nie meer nuut is nie.

    Met ander woorde: Geloofsgewoontes word deur herhalende inoefening gevestig. Dit kom later so natuurlik dat jy nie eens meer daaraan hoef te dink nie.

    Die hóé vir hierdie lydenstyd is alreeds in die 4de eeu voorgestel, en daarom gebruik mense sedertdien hierdie reis van ontwaking as ’n inoefening van dié drie gewoontes: bid, vas, gee.

    Wonder jy hoe jy ná ’n winterslaap ontwaak? Deur te bid, deur te vas, en deur te gee.

    Ons almal ken mense wat in hierdie 40 dae sjokolade prysgee, of ophou koffie drink. Waarom? Seker ook omdat dit gesond is …

    Maar watter nuwe patroon wil jy daarmee inoefen? Jy wil tog nie bloot ’n ou gewoonte laat staan net om dit 40 dae later te hervat nie?

    Nee, hierdie reis is nie ’n oefening in wilskrag of selfdissipline nie. Dit is ’n reis wat jou dwing om na jou eie verslawings te kyk, na jou toegeklemde hande. Na die boeie wat jou daarvan weerhou om voluit te leef.

    Voordat jy iets prysgee – wat ons ter wille van ons reis vas sal noem – moet jy weet waaraan jy so geheg is. Wat dit is wat jou lewe so ontwrig dat jy nie

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1