Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Nagstories
Nagstories
Nagstories
Ebook137 pages2 hours

Nagstories

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Nagstories bied ‘n versameling verhale met die lugubere en onverklaarbare as tema. In sy Nagwoord ter inleiding tot die bundle, skryf die bekende verhaleredakteur en skrywer, Mike Oberholzer, onder meer:

Beslis nie jou gewone bangmakers nie. Subtieler, met ’n vreemde, donker bekoring wat van die verhale uitgaan. Hoewel hulle met die bekende donker tematiek van die makabere werk, verras die onderwerps­keuse telkens en die donker in die mens en die donker daarbuite en dwalers en die paranormale wat aangesny word, bly in jou gemoed nahuiwer…

Middernagleesstof vir die waagmoediges.

LanguageAfrikaans
Release dateFeb 15, 2017
ISBN9781386336792
Nagstories
Author

Hugo Le Roux

Hugo Le Roux, alias van Gert Basson se eerste verhaal word in Die Jongspan gepubliseer terwyl hy in standerd drie is. Geboortenaam Gert Cornelius Basson  Nasionaliteit Suid-Afrika  Beroep Joernalis, redakteur, skrywer. Hugo le Roux Hand van vergelding Bloedfamilie Bloedoffer vir Lilith Meer as moord Kamerling – moord op die drumpel Helkruin Terwyl die krokodil sing Skrywersname: Gert Basson Dirk de Beer Lindeque de Beer Cor Lindeque Hugo le Roux Danz Cloete Chris Sasner Gert Cornelius  

Read more from Hugo Le Roux

Related to Nagstories

Related ebooks

Related articles

Reviews for Nagstories

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Nagstories - Hugo Le Roux

    NAGWOORD

    ’n Verhaleredakteur kies sy verhale uiteraard om te tref, maar meermale is hulle pyle wat jy in die donker afskiet. Jy hoor nie altyd of hulle getref het of hoe hulle ontvang is nie. Met die eerste Nagstorie in KEUR was dit ’n ander storie. Die lesers het dadelik gereageer: Nog van dieselfde, asseblief...So het Nagstories ontstaan. Omdat die lesers hulle wou hê. En watter beter aanbeveling kan daar vir die verhale in hierdie versameling wees?

    Dis ’n besonderse versameling hierdie. Anders. Beslis nie jou gewone bangmakers nie. Subtieler, met ’n vreemde, donker bekoring wat van die verhale uitgaan. Dis werk wat getuig van vakmanskap, goed gekonstru­eerde verhale wat hulle nie van truuks hoef te bedien om jou al die ligte in die huis te laat aanskakel om die donker uit te hou nie. Hoewel hulle met die bekende donker tematiek van die makabere werk, verras die onderwerps­keuse telkens en die donker in die mens en die donker daarbuite en dwalers en die paranormale wat aangesny word, bly in jou gemoed nahuiwer. Dis verhale wat jou fassinering met die verborgenhede van die donker en die geestewêreld prikkel en jou opnuut bewus maak van die duister dinge van ons bestaan. Genietlike, maar verontrus­tende nagstories. Onneersitbaar. Jy bly voortlees terwyl ’n oervrees vir die donker en die dood en die onbekende jou uit die donkerste kamers van jou psige bekruip.

    Mike Oberholzer

    Nagblom

    Hy kom met ’n steun orent uit die geblomde Lazeeboy. Die koerant val van sy skoot af op die donkerblou mat. Ai, hy’t al weer aan die slaap geraak so onder die lees en luister na die radio. Hy druk met albei hande teen die waai van sy rug. Die rumatiek is vanaand weer kwaai. Hy kan maar vergeet daarvan om kooi toe te gaan. Die uiltjie wat hy in die stoel geknip het, sal maar moet doen.

    In die kombuis slaan hy gou ’n koppie kitskoffie saam en staan dit sommerso slurp-slurp en drink. Hy word bewus van ’n beweging by die deur en glimlag toe hy afkyk in Figaro se blink, vraende ogies.

    Jou ou bedelaar! Nou goed... Die ou man buk om ’n lekseltjie koffie vir sy ou maat in sy bakkie te gooi. Jy weet die dokter het gesê al die suiker is nie goed vir jou nie, nè?

    Hy drink die laaste van die koffie en spoel die koppie by die opwas uit. Hy kyk na Figaro wat die laaste lekke in sy bakkie gee. Kom, ou vrind. Kom ons gaan stap so ’n entjie om die nag om te kry.

    Die maltees se stertjie wikkel opgewonde heen en weer. Hy hou van hul nagtelike wandelinge. Alles is dan doodstil en hy en die ou man kan ongesteur deur die verlate strate tot ver buite die dorp loop.

    Langs die voordeur haal die man sy hoed van die kapstok af en uit die houer wat deel van die kapstok vorm, trek hy sy geliefkoosde kierie van rooi-ivoor. Kom, sê hy toe hy die deur oopstoot, dis ’n heerlike, wolkelose aand vir ’n wandeling.

    Die lug is swart fluweel met die sterre soos skitterdiamante daaroor gestrooi. Daar is ’n vars bries wat sag strelend oor sy gesig vee. Om hulle is alles doodstil. Hier en daar brand nog ’n laat lig in ’n huis. Figaro hardloop al snuffelende voor hom uit. Iewers skree ’n nagvoël en toe hy verby die weduwee Keet se werf loop, kry hy die soet reuk van ou Blommetjie in die lendelam stal. En sommer hier dig teen die draad sug-snork een van die speenvarkies.

    Dis nie lank nie of die vyfstraat-dorpie lê agter hulle. Hy gaan staan op die hoogtetjie en kyk oor die verlate landskap voor hom. Alles is gebaai in ’n gedempte, diep purper. Figaro kom sit hier styf teen sy been. Dis hul uitkyk- en omdraaiplek die. Met die een hand vryf hy stadig oor die pynkol in die waai van sy rug. Die loop doen hom tog goed. Hy druk die breërand-Battersby effens terug van sy songebrande voorkop. Die lewe is goed.

    Meteens spring Figaro orent en kyk knorrend na die lug. Hy kyk op en sien die helder bal wat ’n vuurstreep oor die naghemel trek. Vonke spat soos ’n duisternis sterretjies weg van die vuurbal wat teen ’n geweldige vaart aarde toe streep.

    My hygend hert...wat vir ’n ding is dít, my vrind?

    Die hondjie maak sagte kermgeluide terwyl hulle kyk hoe die vlammende bal die nag klief en daar onder in die vlakte die aarde tref. Daar is geen slag of geluid nie, maar die man voel die aarde liggies onder sy voete beweeg. Figaro tjank en hol ’n ent weg dorp se kant toe en begin dan verwoed blaf.

    Wat kan dit wees? Moet hy gaan ondersoek instel – vir Sooitjie Uys gaan haal? Hy is mos ’n gepensioeneerde polisieman. Is dit ’n vallende ster of...dalk nog een van daai vlieënde-piering-gedoentes waarvan almal altyd praat en skryf? Dan kan daar dalk mense daar onder wees wat nou hulp nodig het. Nee, daarvoor was dit nie groot genoeg nie...daar kon nie mense of ander wesens in gewees het nie. En hoekom was daar nie ’n hoorbare slag nie? Hy kyk om na waar Figaro ’n hele ent weg kermgeluidjies maak. Moet hy afgaan en gaan ondersoek instel? Alles daar is nou weer in die sagte nagkleed gebaai. Nee, hy sal wag tot more.

    Hy loop omkyk-omkyk terug huis toe.

    Voor derde hanekraai is hy op en by die deur uit met Figaro agterna. Hy het die nag byna geen ooglid op mekaar gehad nie. Die ding met die vuurbal het heelnag by hom bly spook. Nou’t hy nog die rug ook, maar gaan kyk, moet hy gaan kyk. Naby die weduwee Keet se werf loop hy Boytjie raak. Hy het die melkemmer in die een hand en ’n halfvol goiingsak in die ander. Hulle ken mekaar al jare. Saam grootgeword, kleilat gegooi in daardie einste vlakte waarheen hy nou onderweg is.

    Maar die ouman is vroeg uit die vere vanoggend, lag Boytjie sy byna tandelose lag. Die swart gesig is die ene plooie en die grys slaan sterk langs die ore uit. Die flenterhoedjie maak die bles ook net-net toe.

    More, Boytjie. Dis die rug wat my weer opkeil. Gaan maar liewer ’n ent loop...Sê my, jy’t nie dalk laas nag iets vreemd in die lug gesien nie?

    Boytjie skud sy kop. Ek loop g’n snags rond nie. Die nag is vir slaap en ’n man sonder sonde slaap mos deur soos ’n soet baby. Maar wag, ek moet aanstryk, want miesies Keet raak altevol neukerig as die melk nie betyds is nie.

    Toe hulle  op die hoogtetjie staan en afkyk op die vlakte, begin Figaro kermgeluidjies maak. Nou wat’s op met jou, ou vrind? Kyk, mens kan dan nie eens hiervandaan sien waar die ding gisteraand geval het nie. Alles lyk nes gisteroggend. Kom ons gaan nader. Maar Figaro gaan sit en weier om ’n tree verder saam te loop.

    Dis die eerste keer dat die hond so vreemd optree en dis met huiwering dat hy alleen ondertoe loop. Hy bespied die wêreld noukeurig, maar daar is geen aanduiding dat die plantegroei hier versteur is nie. Nêrens is daar ’n teken van brand- of skroeimerke nie. En dis tog die plek waar die ding die aarde getref het – net hier. Hy loop ’n wye draai om die klipplaat – niks.

    Figaro wag hom met kwispelende stert in. Het ons dan gedroom, ou vrind? Maar jy het dit gesien...daarom dat jy vanoggend nie saam wil gaan nie, nè?

    Die weduwee Keet staan by haar voorhekkie toe hulle verbyloop. More, Kerneels. Hoe lyk dit met ’n koppie koffie? Ek’t jou netnou sien verbyloop, maar was nog nie respektabel genoeg om jou te nooi nie. 

    Hy haal sy hoed af. More, Rose. Dis gaaf van jou. Ek sil nie nee sê vir ’n ou koppietjie nie.

    In die kombuis skink sy twee groot emaljebekers vol geurige koffie uit ’n blou erdekan. Die rug jou weer opgevat? vra sy toe sy oorkant hom plaasneem by die geskropte tafelblad.

    Nie ’n oog toe gehad nie. Toe maar gaan loop – sommer diekant toe. Hy beduie met sy kop.

    Hulle drink ’n wyle in stilte. Jy’t nie gisteraand iets buite die ordinêrs gesien of gehoor nie, Rose?

    Sy skud haar kop en die donker oë met die swaar ooglede kyk vraend in syne. Niks gehoor nie, Kerneels. Gaan kruip saans maar vroeg in. ’n Vrou so alleen het mos nie rede om laat op te wees nie.

    Sy’s ’n mooi vrou en Sannie is darem nou al so amper drie jaar oorlede. Hy sluk die laaste van die koffie en wag net totdat sy haar leë beker neersit voordat hy opstaan. Baie dankie, Rose. Ek moet ook weer vort, want daar’s nog een en ander wat ek moet gaan doen. As dit jou nie sal uitsit nie, dan...e...dan bring ek so teen sononder vir jou ’n pluksel vars tamaties en wortels. Dis nou as jy nie...

    Baie dankie, Kerneels dit sal alte welkom wees. Hoekom kom eet jy dan nie sommer hier nie? Ek meen, dis dan mos soppertyd.

    Dankie, Rose...Tot vanaand dan.

    So gaan die dae hul gang. Hy kuier meer dikwels by Rose en twee weke later draai hy weer vlakte toe nadat hy by Rose aandete genuttig het. Die vlakte trek hom soos ’n magneet. Hy het met g’n niemand nog oor sy ondervinding gepraat nie. Hoe sal hy dit kan bewys?

    Vanaand is Figaro baie traag om saam te loop. Hy spring kort-kort om, maar kom dan later tog skoorvoetend agterna. Op die hoogtetjie gaan hulle oudergewoonte staan. Dié keer is dit anders. Hy weet nie mooi wát dit is nie. Alles lyk tog nog dieselfde, maar daar is iets vreemd in die atmosfeer. ’n Soort afwagting. Dis byna asof die natuur asem ophou. Dan gewaar hy dit – die enkele vonkeling onder by die klipplaat. Ten spyte van ’n bleek maan, is daar iets daar onder wat soos ’n robyn skitter.

    Figaro dwing stywer teen sy been en kerm-knor. Die skittering lok hom, wil hom nader dwing. Maar hy maak sy oë toe en draai om. Hy gaan nie vannag daar af nie. Hy sal more gaan kyk. Kom, ou vrind, ons gaan huis toe.

    Die son is skaars op toe staan hy op die hoogte en kyk af na die vlakte. Figaro sit twee tree agter hom. Van gisternag se skittering is daar niks te bespeur nie. Hy kyk om na die maltesie. Kom jy saam, ou vrind?

    Figaro kyk terug dorp se kant toe. Hy loop die steiltetjie af na die vlakte toe. ’n Ent van die klipplaat af steek hy verbaas vas. Al om die rand van die eiervormige rotsplaat het duisende donkergroen plantjies uit die turfgrond gebeur. Wat op deeske aarde kan dít wees? Hy beweeg versigtig nader. Sy oë kam oor die groen plaat voor hom. Dan gewaar hy een plant wat heelwat hoër as die ander staan net ’n entjie van hom af. Hy gaan sit

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1