Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Kamerling - moord op die drumpel
Kamerling - moord op die drumpel
Kamerling - moord op die drumpel
Ebook279 pages4 hours

Kamerling - moord op die drumpel

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Toe Kamerling haar gewese man by Lourens Stegmann se partytjie sien opdaag, weet sy onmiddellik dat álles in haar rustige bestaan van daardie oomblik af ingrypend gaan verander…

Só begin hierdie hoogspanningsroman oor die gewese geheime agent Kamerling. Van meet af word die leser in ‘n situasie geplaas gelaai met intrigue en dreiging.

Teen haar sin word Kamerling weer in die skemerwêreld van internasionale politieke en misdaadkartelle betrek. Dis ‘n wêreld waar niemand vertrou word nie en waar ‘n lewe nie opweeg teen die skatte waarom daar gewedywer word nie.

In die bose spel bevind Kamerling haar dikwels vrou-alleen.

Le Roux hou jou belangstelling enduit met die snelbewegende verhaal.

LanguageAfrikaans
PublisherHugo le Roux
Release dateFeb 23, 2017
ISBN9781386355472
Kamerling - moord op die drumpel
Author

Hugo Le Roux

Hugo Le Roux, alias van Gert Basson se eerste verhaal word in Die Jongspan gepubliseer terwyl hy in standerd drie is. Geboortenaam Gert Cornelius Basson  Nasionaliteit Suid-Afrika  Beroep Joernalis, redakteur, skrywer. Hugo le Roux Hand van vergelding Bloedfamilie Bloedoffer vir Lilith Meer as moord Kamerling – moord op die drumpel Helkruin Terwyl die krokodil sing Skrywersname: Gert Basson Dirk de Beer Lindeque de Beer Cor Lindeque Hugo le Roux Danz Cloete Chris Sasner Gert Cornelius  

Read more from Hugo Le Roux

Related to Kamerling - moord op die drumpel

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Kamerling - moord op die drumpel

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Kamerling - moord op die drumpel - Hugo Le Roux

    hoofstuk 1

    Toe Kamerling haar gewese man by Lourens Stegmann se partytjie sien opdaag, weet sy onmiddellik dat álles in haar rustige bestaan van daardie oomblik af ingrypend gaan verander.

    Waar sy half verskuil agter ’n digte potplant staan, kyk sy hoe hy stadig tussen die gaste deur beweeg, sy oë soekend. Anne Stegmann onderskep hom en stel hom voor aan die kaalkopman by haar. ’n Kelner bied hom ’n sjerrie aan van die verskeidenheid op sy skinkbord. Hy glimlag beleef, die manlike blonde kop met die grys slape word elke dan en wan bevestigend geknik terwyl Anne en die kaalkop praat en gebare met hul hande maak, maar Kamerling is bewus van die diepblou oë wat soekend bly. Hy weet sy moet hier iewers wees.

    Sy teug stadig aan haar witwyn terwyl sy hulle dophou. Wat soek hy hier na al die jare? Hoe het hy geweet waar sy haar vanaand gaan bevind? Sy draai die wynglas stadig in haar hand rond. Hy is nog steeds net so aantreklik soos sy hom onthou – aantrekliker. Die liggrys pak wat hy aanhet, aksentueer die breë skouers en lenige liggaam wat sy lank gelede so goed leer ken het. Sy was ’n feetjie in sy arms, ’n klein bondeltjie energie en hy die vlam wat haar verswelg en verskroei het met sy vurige hofmakery. Hy was die ideale kameraad in oomblikke van gevaar – die een waarop sy altyd kon staatmaak. Hy was die rustige hawe waarheen sy elke keer kon terugkeer, ’n sielsgenoot wat immer begryp het. Hy was ook die ongenaakbare teenpool toe sy haar uittrede uit die Kapel aangekondig het.

    Sy ledig haar glas en druk dit tussen die blare van die potplant in. Sy moet hier wegkom voordat hy haar gewaar. Sy kyk rond of sy Lourens iewers sien. Op dieselfde oomblik word ’n swaar hand op haar skouer geplaas en Lourens beduie glas in die hand skuins verby haar na waar Harm by Anne en die kaalkop staan. Is dit waar jy vir hom wegkruip, ou dier?

    Kamerling draai om na haar vriend van baie jare. Dis duidelik dat die gesette persmagnaat al meer as ’n paar whiskeys agter die blad het. Wat soek hy hier, Lourens? Weet hy dat ek hier is?

    Lourens skud sy kop. Die duiwel weet, Kamerling...ék het hom nie genooi nie. Moet Anne wees...en sy’t my niks daarvan gesê nie. Ek sweer.

    Luister, my vriend, ek wil nie met hom praat nie. Jy sal netnou maar jou gaste om verskoning moet vra. Ek gaan spore maak.

    Lourens lig albei hande in ’n protesterende gebaar en stort van sy drank in die proses op sy hemp. Maar my goeie hemel, Kamerling...die dêm paartie is ter ere van jou nuutste boek. Jy’s die blêrrie eregas!

    Kamerling vat Lourens stewig aan die boarm. Ek weet en ek’s nie ondankbaar nie. Jy wéét dit. Maar glo my, ek het nie die krag of die lus of die voorneme om wéér met hom deurmekaar te raak nie. Sy klop hom goedig op die arm. Jy’s so skerp soos ’n lem en jy sal wel aan ’n goeie verskoning kan dink. Volgende keer rol ek weer ’n rots uit jou paadjie. Ek gaan net gou boontoe om my jas te kry. Ek sal my met die trap van julle slaapkamerbalkon af uit die voete maak. Jy verstaan mos.

    Lourens neem ’n stewige teug uit sy glas en kyk hoe Kamerling met die wenteltrap op verdwyn na die boonste verdieping.

    Sy skakel nie die gastekamer se lig aan nie; die skynsel van die ganglig is helder genoeg. Vroeër die aand het sy haar oornagtas en jas op die bed kom neersit. Die plan was dat sy na die boekbekendstelling hier sou oornag. Maar nou verloop sake heeltemal anders. Sy moet hier wegkom.

    Sy trek haar jas aan en sukkel effens om die syserp onder die kraag in te kry. Sy beweeg na die venster en kyk uit op die Stegmanns se ruim tuin. In die helder wintermaan lyk alles ietwat bleek en kil daarbuite. Waarom het hy teruggekom? Hoekom soek hy na haar? Dit maak nie sin nie – daar kan geen twyfel oor haar besluit wees nie. Toe sy die dag uitgestap het, het álmal in die Kapel geweet dis vir goed. Vir baie was dit ’n blye dag, daarvan is sy seker. Kamerling was nie die gewildste agent in die Kapel nie – te individualisties, ongenaakbaar en te suksesvol. Waarom nou na soveel jare weer die soeke na haar?

    Sy slaan die kraag van die jas op. Kamerling – net dit. Niemand het haar ooit anders aangespreek nie. Van die juniors het respekvol darem ’n Juffrou ingegooi. Sy glimlag skeef; iewers langs die pad het Konstanse weggeval en net Kamerling het oorgebly. Selfs hy het haar so genoem. Vreemd, hulle het nooit troetelname vir mekaar gehad nie – nie eens in hul wildste oomblikke van passie nie.

    En nou is hy hier.

    Daar is die legende dat jy nooit werklik vry kan wees van die Kapel nie. Orloff het dit nie in soveel woorde gesê die dag toe sy hom van haar besluit verwittig het nie, maar die bedekte waarskuwing was tog daar. Sy weet te veel – het te veel gedoen. Veral sy – een van die weinige agente wat die reg tot moord gehad het...enigeen, enige plek, geen vrae, geen vereffening nie. Sy is een van die onaantasbares. Maar, het Orloff gewaarsku, daardie voorreg verval die dag as sy die Kapel verlaat.

    Hulle het hand geskud en afskeid geneem. Jare se kameraadskap, vriendskap is met daardie laaste ferm handdruk tot niet gemaak. Hulle sal nooit weer kontak hê nie. Dis die onbreekbare reël. Nie eens ’n toevallige ontmoeting in ’n openbare plek sal verraai dat iemand van die Kapel ’n vorige kollega wat ontslaan is of bedank het, vroeër geken het nie. Die skeiding is finaal. Daardie laaste dag het sy binne oomblikke ’n vreemdeling geword vir manne en vroue met wie sy jare nou en in uiters gevaarlike omstandighede saamgewerk het.

    Waarom dink sy aan die dekselse dinge? Dis bagasie van lank gelede...Die dag toe sy daar weg is, het sy Henning Haarhoff gaan groet. Die enigste man behalwe Gustav Orloff wat sy werklik ’n intieme vriend kon noem. Daar was iets van die ou kameraderie in Henning se donker oë, dalk meer as bloot net vriendskap, maar net vir ’n oomblik. Die handdruk was soos altyd – net korter. Hy het sy kop met die ylwordende grys borselsnit liggies geknik en net Kamerling gesê. Dit was hul laaste woorde aan mekaar.

    Sy begin die jas stadig toeknoop.

    Mens bedank en word oombliklik ’n uitgeworpene. Sy sal nie eens by die voordeur kan in om ’n vriendelike koppie koffie saam met oud-kollegas te gaan drink nie. Dis ’n voorreg wat oud-polisiemanne nog geniet en dit word ook nie agente van die Geheime Diens of Staatsveiligheid ontsê nie. Dit geld egter nie vir agente van die Kapel nie. Hierdie uiters geheime elite-korps wat die staat se skaduwee-agentskap is, duld nie verraad nie en bedanking is ongehoord en word as verwerping vertolk. Maar sy is Kamerling – die buitengewone agent, die gevaarlike agent, die alleenloper. Hulle het haar laat gaan en...laat bly lewe.

    En nou is hy hier.

    Sy kam met haar vingers deur haar digte, swart maan met die grys wat hier en daar deurslaan en verby haar nek oor die kraag van die jas golf. Sy kry net die ligste sweempie van sy naskeermiddel voordat sy bewus word van sy fisieke teenwoordigheid agter haar. Sy stem is ’n hees fluistering. Kamerling...

    Sy draai stadig om. Sy het haar tyd met hierdie mymering verspeel. Harm.

    Moenie vir my sê jy probeer wegsluip sonder om my te groet nie? Hy tree nader en plaas sy hand liggies teen die lapel van haar jas.

    Jy ken die reël – ek is persona non grata. Niemand in die Kapel mag met my kontak hê nie. Jy is besig om te oortree.

    Deur jou uit die voete te maak, wou jy my nie in versoeking lei nie, h’m? Hy beweeg nog ’n aks nader.

    Niemand kan jou verlei indien jy nie wil nie. Wat wil julle van my hê, Harm?

    Hy staan nou teen haar, die ander hand ook teen haar lapel. Stadig begin hy die lapelle gelyk stryk, druk haar serp in posisie. Julle? Wie sê dis nie ’n persoonlike besoek nie? Wat laat jou dink dat...

    Sy druk hom sagkens maar beslis effens weg van haar sodat sy in sy oë kan kyk. Sy gesig is egter net vaagweg uit te maak in die halflig. Maar sy weet die groot kykers is blink op hare gerig. Jy sal nie die reëls verontagsaam nie. Moenie speletjies met my speel nie, Harm...ons speeltyd is jare gelede verstreke.

    Hy sug en sy hand streel haar linkerwang, beweeg sag oor die klein halfmaanlitteken onder haar oog. Jy weet, jy is die enigste een wat deur hom gemerk is en oorleef het.

    Jy mors tyd, Harm...wat wil julle van my hê?

    Hy dwing tot dig teen haar, albei arms nou om haar. Verlang jy nooit nie...nie eens ’n bietjie nie?

    Sy maak sy hande los en druk haar weg. Die keuse was joune, of het jy dalk vergeet? Ja, daar was ’n tyd toe ek verlang het, maar dis nou verby – nou is jy net nog ’n agent van ’n organisasie wat ek liefs wil vergeet.

    ’n Oomblik lank bly hy roerloos staan met sy kop effens oor haar gebuig. Hy weet dat sy elke nuanse van sy gesigsuitdrukking priemend bestudeer. Hy is intens bewus van haar nabyheid, haar sensuele vroulikheid. Hy kan haar gesig redelik duidelik uitmaak, sy kan syne skaars sien.

    Hy haal sy skouers liggies op. Ons moet gesels, Kamerling – dis uiters noodsaaklik...Kamenev het ontsnap...Orloff is vermoor – hy het Kamenev se merk, maar ek...

    O, dáár is julle tweetjies! Anne Stegmann se donker silhoeët verskyn in die deur. Kom, Kamerling, ons gaste is nou voltallig...julle liefdesduifies kan later hierdie romantiese herontmoeting voortsit. Sy kom nader en haak by Harm in. Ek’s só bly julle eerste weersiens is onder my dak, darling...Maar kom, ons moenie die gaste laat wag nie. Sy lei Harm die vertrek uit. Oor haar skouer sê sy: Trek uit jou jas, Kamerling, dis nie só koud nie.

    Ons gesels later weer... hoor sy Harm nog half  moedeloos by die trap terugroep.

    Sy bly ’n oomblik lank besluiteloos in die kamer staan en begin dan stadig haar jas oopknoop en die serp afhaal. Die verrigtinge kan maar netsowel voortgaan soos gereël, die teerling is klaar gewerp.

    Sy beweeg stadig die reuse wenteltrap af na die ruim portaal onder. Kamenev op vrye voete...Soos haar Konstanse het sy Dimitri iewers langs die pad verlore geraak. Sy wonder of enige van die ander nog sy naam onthou? Kamenev – die mees gevreesde agent en sluipmoordenaar wat die Russe in die Koue Oorlog teen die Weste die veld ingestuur het. Na die val van die Berlynse Muur en die sogenaamde dood van Kommunisme, het Kamenev vryskut geword – huurling vir die hoogste bieder. Kamerling lig haar hand en raak liggies aan die litteken onder haar linkeroog. Kamenev se kaïnsmerk. Onder elke slagoffer se linkeroog het hy gewoonlik ’n klein halfmaantjie gesny. ’n Memento, het hy teenoor haar gelag die nag in Londen toe die Rus Kamerling gemerk het. Maar hy het nie rekening met die fyn Suid-Afrikaanse agent gehou nie. Voordat hy sy bebloede lem verder kon gebruik, het Kamerling se regterarm opgeskiet en die dunlemmes het seepglad uit die voorarmskede uit haar mou in haar handpalm gegly. Die Rus se mond het oopgesper in ’n geluidlose gil toe die dun vlym tussen sy ribbes ingly.

    Kamenev is daardie selfde nag nog onder groot geheimhouding per vliegtuig uit Londen geneem. Meer as ’n maand lank het sy lewe aan ’n draadjie gehang, maar hy’s deurgehaal en veilig agter slot en grendel in eensame opsluiting gehou. As hulle...

    Sjorrie, ou dier... Lourens wag haar onder in die portaal in. Sy’s soos ’n blêrrie bloedhond, daai dêm Anne...Voorlat ek kon keer, isj...e...is sy die trappe op agter julle aan...Maar disj...dis beter so...Hier’s vannie mense wat blêrrie ver gekom het om jou te hoor en te ontmoet.

    Lourens neem haar stewig aan die elmboog en stuur haar na die ruim onthaalvertrek toe. Sy weet die man gebruik haar meer as stut as enigiets anders. Die doppe is besig om hul tol te eis. Wat skort met die ou maat? Hy het hom nooit vantevore so vergryp nie. Hulle sal binnekort moet praat en dan...

    ’n Luide applous maak ’n einde aan haar mymering toe sy en Lourens die vertrek betree. Daar is ’n skare uitgesoekte gaste in die keurige vertrek versamel. Elkeen vervul ’n belangrike funksie in die mediabedryf.

    Lourens lei haar na ’n kateder voor die oorkantste muur. ’n Reuse Tinus de Jongh-skildery vorm ’n indrukwekkende agtergrond. Haar gasheer los haar arm en neem posisie in agter die kateder. Kamerling verbaas haar oor die persoonlikheidsverandering wat Lourens onder­gaan. Die oomblik toe hy sy mond oopmaak om die eregas voor te stel, is hy die ou bekwame oud-redakteur en gasheer. Daar is nie ’n woord wat gestotter of gesleep word nie. En sy onthou dat Lourens die vermoë reeds in hul jonger jare gehad het. Die oomblik as hy ontspan, dan neem die drank weer oor.

    ...een van die gewildste skrywers van hierdie eeu, dreun Stegmann se stem. Na die verskyning van haar eerste treffer skaars drie jaar gelede, is die naam Kamerling bekender as dié van Konsalik, Forsyth, Leonard, Michael Connelly en ’n hele paar ander skrywers wat in dié genre skryf. Haar boeke is in byna elke taal in die wêreld vertaal en ’n tweede Amerikaanse rolprent is reeds in produksie. Maar wie is Kamerling? Deur die jare het sy publisiteit vermy en oor haar persoonlike lewe is niks bekend nie. En laat ek julle nou al waarsku, na vanaand sal julle ook niks wyser wees oor Kamerling nie. Sy is bereid om oor haar werk te gesels en u kan soveel vrae daaroor stel as wat u wil, maar moenie tyd mors om persoonlike vrae te vra nie. Sy is vanaand hier in ons beskeie woning om julle een en ander van haar nuutste spioenasieriller, Die Soutman, te vertel. Vriende, dis my voorreg om die skrywer en my goeie vriend, Kamerling, aan die woord te stel.

    Weer applous en ’n paar stuitige uitroepe. Kamerling is bewus daarvan dat Lourens agter haar op ’n regop stoeltjie plaasneem. Sy laat haar oë vinnig oor die see van gesigte kam. Sy gewaar Harm naby die uitgang. Hy was nie daar toe sy en Lourens netnou die vertrek binnegekom het nie. Sy neem ’n slukkie water uit die glas langs die kateder en begin haar toespraak.

    Sy praat sonder enige aantekeninge. Sy vertel oor haar navorsing, die interessante plekke wat sy besoek het en die karakters wat haar spanningsverhaal bevolk. Hulle hang aan haar lippe. Haar oë dwaal na die ingang. Hy is weg.

    Dit is halftwaalf toe Kamerling by die Stegmanns wegry. Lourens was nie meer kapabel nie en Anne, kon sy aanvoel, het verkies dat sy nie oorslaap nie. Sy wonder wat daar skort. Sy sal Lourens een middag vir ete nooi. Die ou maat het probleme en dalk kan sy help.

    Dit is meer as twintig kilometer na haar kleinhoewe buite die stad. Daar is ruimte om vars lug in te asem, speelplek vir Generaal, haar Rottweiler. Saans kan hulle buite kuier of grondpad langs gaan stap of sommer net onder by die murmelstroom wat deur haar grond slinger, gaan sit en ’n vleisie braai.

    Waarom moet Harm nou alles kom omkrap na soveel jare? Hoe de drommel het Kamenev dit reggekry om uit daardie sel en gevangenis te ontsnap? Mense soos hy word nie in gewone tronke aangehou nie. Die sekuriteit waar hy sou wees, is deurentyd opgeskerp en daar was nog nooit ’n enkele ontsnapping uit Sekuriteit X nie. En Orloff. Hoe de hel het Kamenev daarin geslaag om hom by te kom? En waarom Orloff hoegenaamd doodmaak? Kamenev het nooit enige kontak met hom gehad nie. Toe sy Kamenev in Londen gelem het, was Orloff nie eens bewus van die feit dat hulle paaie sou kruis nie. Niemand het Kamenev daar verwag nie. Die opdrag wat Kamerling gehad het, was om seker te maak dat Dieter Zaisser, gewese geheime agent van die destydse kommunistiese Oos-Duitse geheime diens, die Stasi, se oorloop na Suid-Afrika sonder haakplek verloop.

    Vreemd genoeg het Zaisser die Kapel nie direk genader nie, maar deur ’n skakelpersoon verbonde aan De Beers in Londen. Die senior agent van Oos-Duitsland wou na Suid-Afrika kom. In ruil sou hy dokumentasie verskaf van Suid-Afrikaners se betrokkenheid by die gevreesde Stasi-netwerk in Duitsland en elders in die wêreld. Betrok­ken­heid nie net by politieke bedrywighede nie, maar internasionale misdaadsindikate.

    By hul ontmoetingsplek het sy Zaisser dood aangetref met Kamenev se kenteken onder sy linkeroog. Die spoor was warm en sy het die Rus by ’n verlate private vliegveld opgespoor. Hulle eerste persoonlike kennismaking was so byna albei se laaste ontmoeting. Kamenev is egter tronk toe en Kamerling weg uit die Kapel. Van Zaisser se inligting was daar geen spoor nie en so ver sy weet, het Kamenev tot op hede ook nog nie vertel wat daarvan geword het nie. En nou is die gevaarlike agent op vrye voete.

    Kamerling ry stadig met die grondpad af na haar huis toe, parkeer haar motor in die garage en staan vir ’n oomblik en opkyk na die helder vonkelende sterre. Hulle skitter aan ’n swartfluweel firmament. Die lug is soveel helderder hier as in die stad. Sy slaan haar kraag onwillekeurig hoër op teen die aanslag van die nag se yskoue. Die onrus is meteens in haar. Iets is nie pluis nie. Waar is Generaal? Die hond sal haar nie laat parkeer sonder om te kom groet en ’n bietjie kameraadskap te bedel nie. Sy knoop die jas oop en trek haar rewolwer uit die spesiale skede aan die binnepant. Die koue is soos naaldprikke teen haar bolyf.

    Versigtig beweeg sy na die voordeur toe. Die stoeplig wat outomaties na sewe-uur aanskakel, gooi ’n rustige verwelkoming op die voorstoepie. Sy beskou die voordeur aandagtig. Alles lyk in orde. Dan vang haar oog die klein krakie in die smal glaspaneel regs van die kosyn. Dis ’n haarbars en nie langer as haar wysvinger nie. Sy tree stadig terug en beweeg om die huis.

    Sy kry Generaal net buite die agterdeur waar hy slingerend op sy pote staan en sy kop met sagte kreungeluidjies heen en weer skud. Sy kniel by die getroue dier en streel sagkens tussen sy ore. Stadig nou, ounooi se honne. Kom, lê nou. So ja. Slaap eers die roes weg.

    Sy kom orent en loop katvoet regs verby die agterdeur na die gimnasium aan die huis. Sy sluit die deur oop en baan haar pad stadig deur die paar oefenapparaat tot by die oorkantste muur. Daar is ’n muurpaneel wat die helfte van die muur beslaan. Dit is ’n wêreldkaart wat sy hier laat monteer het. Sy laat haar linkerhand oor die paneel gly en op Egipte oefen sy effens meer druk uit. Die paneel skuif geluidloos oop en bied haar toegang tot haar donker studeerkamer.

    Sy tree vinnig na binne en trek die paneel agter haar dig. Aan hierdie kant vorm die paneel nog een van vier boekrakke in die vertrek. Sy staan doodstil en snuif die lug. Die ongewenste besoeker het hier agter haar lessenaar gesit en rustig een van haar sigare gerook. Kamerling ontspan effens. Dis onwaarskynlik dat die indringer nog hier sal wees. Wat het hy kom soek? Iemand van die Kapel?

    Sy beweeg versigtig na die gang. Sy skakel die ganglig aan. Alles is doodstil. In die ingang na die ingangsportaal, vind sy die eerste tekens van verstoring. By haar voete lê ’n omgekeerde tafeltjie. Die koperbakkie wat daarop gepryk het, se blinkheid vang haar oog naby die deur. Sy gaan nader en toe sien sy hom.

    Harm lê net binnekant die sitkamer regs van die ingangsportaal. Dis duidelik dat hy ’n geweldige geveg daarbinne gevoer het. Die swaar rusbank lê omgekeer, so ook die koffietafel in die middel van die vertrek. Van die skilderye hang skeef en een lê op die vloer. Sy kyk weer na die koperbakkie. Dit verklaar heel waarskynlik die krakie in die glaspaneel langs die deur.

    Sy plaas die rewolwer terug in die skede en gaan hurk langs die lewelose liggaam van haar gewese man. Hy lê op sy maag met sy linkerarm onder sy kop gevou. Die regterarm is uitgestrek verby die blonde kop. ’n Entjie van hom af lê sy sakportefeulje.

    Oomblikke lank bly Kamerling so sit. Dan streel sy liggies oor die glimming van sy hare. Versigtig draai sy die swaar bolyf om. Sy kyk af in die starende blou-blou oë, die fyn snit dwarsoor sy nek waar sy lewensbloed uitgepols het. Sy kyk na die halfmaanmoot onder sy linkeroog.

    hoofstuk 2

    Kamerling lê Harm se liggaam stadig terug in die posisie waarin sy hom gekry het. Sy vryf oor haar mond. Waarom hy en waarom in haar huis? Wat wou hy met haar bespreek?

    Sy tel sy sakportefeulje op en kyk vlugtig daardeur. Die haardun lem wat deel van die basis van die portefeulje is, is nog daar. Sy pistool is nog in die skede aan sy heup. Hy is duidelik verras en kon dit nie betyds uitkry nie. Die selfoon in sy binnesak is een van die nuwerwetse klein en dun soort. Sy roep die laaste nommer op wat hy geskakel het. Memoriseer dit.

    Sy gaan terug studeerkamer toe waar sy Henning Haarhoff se huis skakel. Die gehoorstuk word byna onmiddellik aan die ander kant opgetel. Henning. Kamerling. Jy beter hiernatoe kom. Harm is vermoor. Reël vir ’n span skoonmakers. Sy plaas die gehoorstuk dadelik weer terug.

    In die sagte skynsel van die lessenaarlamp maak sy een van haar sigare brand en kyk hoe die eerste rook voor haar uitrafel. Pragtige Harm...arme Harm.

    Sy lewe het om die Kapel gewentel. Die avontuur, die stres was sy stimulante – hy was soos ’n roofdier uit op jag. Sy kan die opwinding in daardie besonderse oë sien vonkel voordat hulle toeslaan. Die Kapel was sy dwelm en...sy liefde. Wat sy die meeste onthou van die dag toe sy hom van haar besluit vertel het, was die totale ongeloof, die onbegrip. "Maar jy’s seker nie reg wys nie, Kamerling! Waarom op aarde wil jy nóú uittree? Jy’s

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1