Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Ontmaskering van die Holocaust Ontkenningsteorieë
Ontmaskering van die Holocaust Ontkenningsteorieë
Ontmaskering van die Holocaust Ontkenningsteorieë
Ebook225 pages2 hours

Ontmaskering van die Holocaust Ontkenningsteorieë

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Ontmaskering van die Holocaust Ontkenningsteorieë deur onafhanklike navorsers en filmmakers James Morcan & Lance Morcan met die voorwoord deur Holocaust oorlewende Hetty E. Verolme (skrywer van The Children's House of Belsen), is daarop gemik om uiteindelik die ontkenning vir eens en vir altyd te eindig, deur die bisarre verskynsel kop-teen-kop aan te pak.

Geskryf in noue konsultasie met Holocaust oorlewendes en die Tweede Wêreldoorlog historici, is geen steen onaangeraak gelaat om die historiese feite van die volksmoord noukeurig te bevestig nie. Die Morcans  bied 'n wye verskeidenheid van bronne aan, insluitend Nazi dokumentasie, ooggetuieverslae, wetenskaplike verslae en skokkende fotografiese bewyse; dit sluit ook in, debatte wat ontkenners wil skep.

Een vir een, word hierdie verskillende argumente van die Holocaust ontkenners gebruik om dit te probeer diskrediteer met oorlog rekords wat noukeurig nagegaan is en dan dit stelselmatig as onjuis bewys.  Teorieë wat ontmasker is, sluit die volgende in: die ses miljoen dodetalsyfer wat 'n oordrywing is;  gaskamer uitwissing wat fiktief is;  Adolf Hitler en die Derde Ryk word verkeerdelik swartgesmeer is;  die ontleding van die Holocaust rekords wat taboe is, as gevolg van spesifieke wette in Europa kriminaliseer ontkenners;  “Euwel Sioniste” en Israel wat so magtig is dat hulle geskiedenis kan sensor.

Die Holocaust word in die bladsye van hierdie boek as een van die mees goed gedokumenteerde en die mees histories en forensies-beproefde misdade van die 20ste eeu te wees.  In die proses het baie van die wêreld se mees berugte ontkenners, insluitend skandalige Britse historikus David Irving en die voormalige President van Iran, Mahmoud Ahmadinejad, geopenbaar dat hulle niks anders as anti-Semiete is wat op soek is na verdere swartsmering, ondermyning en demoralisering van die wêreld se Joodse bevolking.

In hierdie insiggewende leesstof wat meer as twee millennia van globale geskiedenis dek, toon anti-Semitisme nie net as die oorsaak van die Holocaust ontkenning nie, maar ook die rede vir die meedoënlose vervolging van die Jode sedert die Bybelse tye.  Die skrywers haal woordeliks die dikwels siek en altyd ongegronde kommentaar van die konings, keisers, politici, pouse, biskoppe en muftis aan, oor die Jode en waarom hulle verkies het om talle volksmoorde teen hulle te pleeg deur die eeue heen.  Hierdie historiese aanhalings bewys onheilspellend, soortgelyke aanhalings wat deur die bose anti-Semitiese stellings gemaak is deur die Holocaust ontkenners van hierdie era ...

As jy meer wil leer oor die Tweede Wêreldoorlog en die Nazi uitwissingskampe, as jy verward voel deur al die ingewikkelde samesweringsteorieë wat op die internet oor die Holocaust sirkuleer, of as jy op die oomblik self 'n ontkenner is, dan is Ontmaskering van die Holocaust Ontkenningsteorieë 'n moet lees.

LanguageAfrikaans
Release dateJan 22, 2018
ISBN9781507178409
Ontmaskering van die Holocaust Ontkenningsteorieë

Related to Ontmaskering van die Holocaust Ontkenningsteorieë

Related ebooks

Related articles

Reviews for Ontmaskering van die Holocaust Ontkenningsteorieë

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Ontmaskering van die Holocaust Ontkenningsteorieë - James Morcan

    Erkennings

    Ons wil graag ons dank uitspreek teenoor die volgende vriende wat ons bygestaan het tydens die navorsing en skryf van hierdie titel:

    Peter Kubicek – Vir die mededeling van duidelike herinneringe oor die lewe in die konsentrasiekampe. Vir die beantwoording van 'n miljoen vrae van 'n paar ‘goys’ ('n Joodse naam vir 'n nie-Jood, of moet dit eerder wees, ‘goyim’ – meervoud van goy?) en om dit met so 'n nederigheid te doen wat jou lewenservaring en wysheid uitstraal. Deur 'n goeie ‘mensch’ te wees en ook om vir ons 'n bietjie Jiddisj en Hebreeus in die proses te leer! 

    Marc Radomsky – Vir die onvermoeide dokumentering van die Holocaust as 'n ‘globe-trotting’ filmmaker en om ander aan te moedig om die herinnering vas te vang. Deur tyd te neem as 'n kunstige medewerker om die hede en historiese redes vir anti-Semitisme te verduidelik.

    Pam Blevins – Vir uitreiking en ondersteuning ten opsigte van 'n opstel wat ons geskryf het oor hierdie onderwerp wat uiteindelik in hierdie boek ontwikkel het. Vir die maak van 'n standpunt teen diegene wat probeer om die geskiedenis te ondermyn.

    Nik Krasno – Vir die verskaffing van insigte uit die Israeliese en Oos-Europese perspektiewe.

    Lisa Norris – Vir die lees van die vroeë weergawes van hierdie boek en die lewering van intelligente terugvoer wat ons gedwing het om 'n paar dinge te heroorweeg.

    Gil Ben-Moshe – Vir die mededeling van verhale van anti-Semitisme, beide persoonlike en wêreldwye voorvalle.

    Professor Richard B. Spence – Vir die verduideliking van die verskillende wyses wat paranoia deur die geskiedenis oorgegaan het in volksmoorde en ander misdade teen die mensdom.

    Zvi Spielmann – Vir die saadjie wat onbewustelik geplant is van aktivisme teen die Holocaust ontkenners toe ons paaie, een aand lank gelede, in Los Angeles gekruis het.

    Voorwoord

    Hierdie boek is geskryf vir dié wat glo dat die Holocaust (slagting van die Jode deur die Nazi’s) 'n feeverhaal is. Daar is uitstekende navorsing gedoen deur skrywers James & Lance Morcan, en hulle het ongetwyfeld bewys dat die Holocaust wel gebeur het.

    Dié wat die Holocaust ontken, is nie net verkeerd ingelig nie, maar hulle weiering om te aanvaar dat dit van 'n voldonge feit kom van 'n diep gewortelde haat jeens die Jode. Met ander woorde hulle is anti-Semiete.

    Die Nazi’s het ongetwyfeld hierdie grusame misdaad gepleeg en die Duitsers – wie in die geheel bewus was van die gruweldade het stilgebly daaroor – en is daarom skuldig aan medepligtigheid. 

    Ses miljoen Joodse mense is vermoor op 'n manier wat jy jouself skaars kan indink behalwe in die bose gedagtes van die Nazi’s wat daarop uit was om die ‘Finale Oplossing’ tot stand te bring en uit te voer – wat hulle byna bereik het. In totaal, het hulle 11,000,000 onskuldige mense vermoor en uitgewis sonder genade, en hierdie syfer sluit nie die in wat dood is as gevolg van die oorloë nie.

    As 'n Holocaust oorlewende kan ek daaroor praat want ek self het die verskriklike toestande vir vyftien lang maande in Bergen-Belsen konsentrasiekamp ondervind. Ek onthou duidelik die ure van staan vir die rollesing gedurende sneeuvalle, swaar reens, hittegolwe en storms. Ons kon nie op die grond sit nie anders sou ons, ons kosvoorraad vir twee dae verloor het.

    Hulle het ons getel, maar die SS het altyd tot die slotsom gekom dat daar twee of drie vermis was, selfs, al was dit nooit so nie, want daar was geen manier dat enigeen ooit uit die kamp kon ontsnap nie, met die uitkyk torings orals en die SS manne wat voortdurend daar gepatrolleer het met hul honde. Hulle het ons dikwels forseer om vir drie of vier ure te staan, en somtyds vir tot nege ure, gedurende die rollesing. Jonk en oud was uitgemeet aan hierdie sielsieke en fisiese wreedheid.

    Die kos was 4 cm (1,5 duim) swart brood en was alreeds weke oud. Die SS het asyn in die brood gesit sodat daar nie skimmel op groei nie. Ons het ook 'n driekwart liter bruin waterige sop gekry waarin 'n stuk wortel of witwortel in gedryf het. Dit was ons algehele rantsoen dag in, en dag uit vir elke 24 uur.

    Die slanery, die angs, die onuitspreeklike lydings, die berowing van water, die gebrek aan beskerming teen die onaangename weersomstandighede, en om geklee te wees in grys en wit katoen (die kleure van 'n slawewerker), alles gekombineerd om ons van ons identiteit te stroop. Ons is slegs geken deur 'n nommer. My nommer was 10564.

    Ek was 'n 13-jarige meisie, toe ons van my ouerhuis in Amsterdam om 4:00 vm weggeneem is. Tesame met my ouers en twee klein boeties was ons gedeporteer na die Westerborg transitokamp waar ons vir vier maande gebly het. Gedurende hierdie tyd het ons baie, baie treine gesien vertrek na Auschwitz. My vader se ouers was op een van hierdie treine en hulle het reguit na die gaskamers gegaan. 

    ––––––––

    Bo: Hetty E. Verolme-Werkendam gedurende WO2.

    Foto met vergunning van Hetty E. Verolme.

    ––––––––

    Hoe onbeskryflik boos was die Nazi’s. Hulle het aan die Nederlanders vertel, dat daardie aangehoudenes eenvoudig werk gegee sal word in Duitsland ter ondersteuning van die oorlog-industrie.  Die Nazi’s het ook aan die Nederlanders vertel dat die aangehoudenes huise gegee sal word en dat die vader van elke aangehoude familie in 'n fabriek sou werk en die moeder sou tuis bly om na die kinders om te sien. Dit is hoe die Nazi's daarin geslaag het om 'n stil en ordelike vervoer van 105,000 mense uit Nederland te bewerkstellig. 

    Op 1 Februarie 1944 was ons op die trein na Bergen-Belsen waar ons vir 10 maande saam met my ouers was. Nadat ek uiteindelik geskei is van my ouers, was dit my taak om na my klein boeties en nog 40 ander jonger kinders om te sien. Met die hulp van twee Poolse verpleegsters het ons dit reggekry om aan die lewe te bly as 'n groep en was vrygelaat deur die Engelse weermag op 15 April 1945. 

    Op 1 Januarie 1945, was daar 60,000 mense in Belsen, in 'n area nie groter as drie voetbalvelde nie. By 15 April 1945, het 40,000 mense gesterf van ondervoeding en tifuskoors en op die daarop volgende bevrydingsmaande het nog  gesterf.

    Van die 105,000 mense wat gedeporteer is van Nederland, het slegs 5,000 lewend teruggekeer van die kampe af.

    Dit is uiters belangrik dat die Holocaust onthou moet word. Kom ons hoop dat hierdie boek tot dit sal bydra.

    Hetty E. Verolme-Werkendam

    Skrywer van The Children's House of Belsen en Hetty: A True Story.

    Voorwoord gedateer 3 Junie 2016.

    Bo: Hetty E.Verolme-Werkendam vandag.

    Foto vergunning van Hetty E. Verolme.

    Inleiding

    Hierdie boek is die resultaat van die steurende tendens binne sekere sektore van die samelewing om die historiese egtheid van die Holocaust - die ramspoedige gebeurtenis waar sowat ses miljoen Jode (soos in die etno-godsdienstige groep mense) deur die Nazi's voor en tydens die Tweede Wêreldoorlog uitgewis is, of ontken is, of verminder of andersins ondermyn is.

    Behalwe vir die voor die hand liggende groepe soos die wit heersugtiges, neo-Nazi's en elemente van die Islamitiese en Christelike fondamentalistiese gemeenskappe, is daar dalk 'n groep in die 21ste eeu wat meer verantwoordelik is vir die voortsetting van die mite dat die Holocaust nooit gebeur het of aansienlik oordrewe was nie: die samesweringsteoretici.

    Ons kan met 'n bietjie gesag hieroor gesels, buiten as om filmmakers en skrywers te wees, het ons 'n reeks omstrede nie-fiksie boeke geskryf wat daartoe gelei het dat ons losweg as samesweringsteoretici bestempeld is.  Ten spyte van die feit dat ons in hierdie nie-fiksie titels  veral gefokus het op feitlike temas of wat ons noem ondergrondse kennis – was daar gevalle, strategieë, veldtogte, transaksies en programme wat oor die hoof gesien is of as onbelangrik beskou is deur die hoofstroom media.

    Soos wat WikiLeaks se stigter Julian Assange dit saaklik gestel het: "Daar is oral sameswerings. Daar is ook waansinnige samesweringsteorieë.  Dit is belangrik om nie die twee te verwar nie.

    Ons ondersoek en skryf gewoonlik oor temas wat sterk steun gee aan getuienis wat bevestig is in hofsake, beëedigde verklarings, verwyderde regeringslêers en dies meer, eerder as om gebruik te maak van suiwer spekulasie.  Belangrike kwessies soos: bankbedrog en hoë finansiele misdade, wat gemeenskappe wêreldwyd uitdun;  media manipulasie, waar staatsdepartemente en maatskappye skaamteloos meedoen en wat soms lei tot onnodige oorloë;  mediese korrupsie, Big Pharma, derde wêreld armoede, die oorlog teen verdowingsmiddels, die Militêre Industriële Kompleks ... Die lys gaan net aan.

    Baiemaal, is die bogenoemde sake – en nog 'n hele paar meer, buiten – 'n samesweringsfeit, of 'n samesweringsrealiteit, eerder as 'n teorie. Ons glo dat dit van kritieke belang is dat mense weet van hierdie sake en die verskille verstaan tussen feite en teorie in hierdie konteks.

    So, ons hoor julle vra, wat het dit te doen met ontkenning, vermindering of andersins ondermyning van die historiese egtheid van die Holocaust?

    Wel, as skrywers wat fokus op opgrawing en bevordering van ondergrondse kennis, word ons soms genader deur sekere tipe persone wat, gesamentlik, 'n gevaarlike element vorm in die samelewing. Tipies, mag hierdie persone dalk samesweringsteoretici wees; dikwels is hulle amateur ondersoekers en somtyds is hulle net eenvoudige, gewone lesers. Die een ding wat hulle in gemeen het, is dat hulle vatbaar is vir die terugwerping van idees wat hulle aanlyn soek en debatteer histories-beproefde gebeurtenisse – 'n gebeurtenis soos die Holocaust – asof hulle reg is vir debat en al.

    Natuurlik is die Internet die perfekte medium om dwepers se naiewe en gevoelige verstand te verower. Dikwels is daardie persone wat in die leuens en verkeerde inligting inkoop wat deur die ekstremiste versprei word jonk, maar nie altyd nie.

    Ons het ekstentief geskryf oor die Holocaust en sy donker nalatenskap. Dit verduidelik sonder twyfel hoekom, in die laaste paar jare, ons gereeld E-posse ontvang het van mense – sommiges wat ook self skrywers is – wat vra of die Holocaust gebeur het volgens die geskiedenisboeke, en ons ontvang ook baie maal haat pos van anti-Semiete.

    As jy jouself afvra of die Holocaust ontkenning regtig so 'n groot probleem is buite die gemeenskap se waansinnige rande, sal ons aandring dat jy dink aan die groter konteks. Terwyl dit seker waar is dat die syfers van die offisiële neo-Nazis en lawaaierige ontkenners nie 'n direkte bedreiging inhou vir die rasionele denking of die historiese egtheid van die Holocaust nie, is daar menige mense – soos in 'n groot stuk van die wêreld se populasie soos wat studies openbaar – wat stilweg sulke denke ondersteun en daarby koop hulle in, in hierdie sinistere ondergrondse soort anti-Semitisme. Sulke mense hou gewoonlik hulle oortygings vir hulself tensy hulle omring is deur mense wat dieselfde glo as hulle is dit nie reg om polities korrek om te praat oor die ware aard van die Jode en hulle sogenaamde Holocaust industrie nie.

    Dit is ons raming dat ondersteuning van hierdie alternatiewe weergawes van die Holocaust is veel sterker as selfs die mees gevreesde verkiesing wat die statistieke toon. Vir elke verstokte neo-Nazi of uitgesproke anti-Semiet, is daar volgens ons beraming ten minste 100 stil gelowiges wat onbewustelik ingesuig is deur die verdraaide vertroue stelsel van die voorafgaande.

    Dikwels is hierdie stil gelowiges deurmekaar jong mense wat 'n swak kennis van geskiedenis het en is spesifiek geteiken deur daardie ontkenners wat weet dat die algemene reël is dat die samelewing se jeug gewoonlik die mees gelowigste is en maklik is om te breinspoel.

    Hierdie strategie om agter die jeug aan te gaan was bekend gemaak deur die berugte ontkenner Bradley R. Smith, stigter van the Committee for Open Debate on the Holocaust (CODOH), in 'n mondelinge aanbieding in August, 1987 soos gerapporteer is deur die Liga teen Laster – Anti-Defamation League (ADL) –. In daardie aanbieding, het Smith reguit gesê: Ek wil nie meer tyd spandeer met volwassenes nie, ek wil na die studente gaan. Hulle is oppervlakkig. Hulle is leë flesse wat gevul moet word.

    ––––––––

    Bo: Ontkenner Bradley R. Smith.

    Public Domain

    Wikimedia Commons

    ––––––––

    Smith, wat na sy taktieke verwys as die CODOH kampus projek, het ook in sy toespraak gesê wat hy in Sacramento gelewer het by 'n Instituut van Historiese Hersiening konferensie in 2004, Ek wil drie of vier idees waarin studente belangstel voor sit, dit mag dalk dat hulle dink oor dinge of vrae wat hulle mag hê oor dinge. En ek wil dit so maklik as moontlik maak, en om dit op so 'n wyse te stel dat dit nie eintlik gedebateer kan word nie.

    Verrassend, of

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1