Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Piekfyn Afrikaans Graad 5 Huistaal Leerderboek: ’n Geïntegreerde taalteks
Piekfyn Afrikaans Graad 5 Huistaal Leerderboek: ’n Geïntegreerde taalteks
Piekfyn Afrikaans Graad 5 Huistaal Leerderboek: ’n Geïntegreerde taalteks
Ebook587 pages8 hours

Piekfyn Afrikaans Graad 5 Huistaal Leerderboek: ’n Geïntegreerde taalteks

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Piekfyn Afrikaans Graad 5 is gemik op leerders wat Afrikaans as Huistaal neem. Dit bevat interessante leerstof en volkleur illustrasies om visuele geletterdheid te bevorder. Al die taalinhoud, aktiwiteite, speletjies en ander oefeninge word met dié van ander vakke geïntegreer sodat die kennis wat die leerders opdoen, hulle ervaringswêreld verryk en hul sodoende deeglik voorberei vir Graad 6.
Die aktiwiteite is gerig op die verwerwing van al die taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, taalspeletjies, stories, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is leerders se voorland. Leerders word deurlopend blootgestel aan luister, praat, lees, kyk, skryf en hulle word uitgedaag om Afrikaanse taalstrukture speels, kreatief, vloeiend en ekspressief te gebruik. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop, Taalgids en Letterkundegids berei leerders vir enige soort taak voor. Dan is daar boonop die Piekfyn Afrikaans Leesboek om leerders se leesvaardighede te ontwikkel en ’n liefde vir lees te kweek.
Geniet ’n piekfyn leerervaring!
KABV-geskik.
LanguageAfrikaans
PublisherBest Books
Release dateJul 15, 2017
ISBN9781776071760
Piekfyn Afrikaans Graad 5 Huistaal Leerderboek: ’n Geïntegreerde taalteks
Author

Rina Lamprecht

Rina Lamprecht is 'n oudonderwyseres en samesteller en outeur van Afrikaanse handboeke en taaltekste. Sy is veral bekend as samesteller van die Piekfyn Afrikaans Huistaal-reeks vir Graad 4-9.

Read more from Rina Lamprecht

Related to Piekfyn Afrikaans Graad 5 Huistaal Leerderboek

Titles in the series (22)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Piekfyn Afrikaans Graad 5 Huistaal Leerderboek

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Piekfyn Afrikaans Graad 5 Huistaal Leerderboek - Rina Lamprecht

    Rina Lamprecht, Minda Groenewald, Nelmari Smit, Marlene Venter, Suzette Brümmer

    Die uitleg van hierdie digitale uitgawe van Piekfyn Afrikaans Graad 5 Leerderboek vir Huistaal kan verskil van dié van die gedrukte weergawe, afhangende van die instellings op jou leser. Die uitleg vertoon optimaal as jy die standaard instellings op jou leser gebruik. Lesers kan eksperimenteer met die instellings om die vertoning te verbeter.

    Liewe graad 5-leerder

    Welkom terug by ’n Piekfyn-leerervaring in graad 5. Hierdie jaar bou ons voort op jou kennis en vaardighede wat Piekfyn Afrikaans Graad 4 jou gebied het.

    Entrepreneurs, wie is hulle? is die vraag wat module 1 vra en hoop om te beantwoord. Kry idees om rande uit rommel te maak, of om toerisme as sakegeleentheid in Suid-Afrika te ontgin.

    Module 2 neem jou op ‘n reis deur Suid-Afrika … vanaf Sun City tot by die Wieg van die Mensdom. Die grootste teleskoop in Suider-Afrika word ook besoek.

    In module 3 bring ons hulde aan kinders wat aan tuberkulose, MIV/vigs of kanker lei met Sit woema in jou siek lyf. Ontwerp groetekaartjies of doen navorsing oor organisasies soos CHOC wat kankerkinders bystaan.

    Module 4 sit die reis voort van syfers tot Klaas Vakie. Bestudeer ’n weerkaart en lees interessante feite oor die Wes-Kaap en hoe dassies stertloos gebly het.

    Module 5 se tema is: Al eeue ’n reënboognasie. Lees van die eerste bewoners se tradisies, gelowe en kultuur tot by die jongste sensussyfers wat aantoon hoe Suid-Afrika as reënboognasie gegroei het.

    Module 6 neem Ons plantegroei, mooi weer en storms in oënskou. Interpreteer ’n spotprent oor die ysige koue wat ’n gesin oorval.

    Ons kyk in module 7 na kommunikasie: Taal is meer as net woorde. Lees hoe ’n selfoonpes iemand aanhoudend lastig val en gebruik self die Morse-kode.

    Module 8 besef steen en sement is die fondament van elke huishouding. Huise verskil soos mense verskil, vra maar die drie varkies wat die rekenaar ontdek het!

    Elke module bied jou Pitkos en In ’n neutedop om jou taalkennis ’n hupstoot te gee. Pitkos gee jou wenke oor hoe om jou take en opdragte reg aan te pak en In ’n neutedop, die Taalgids en Letterkundegids is jou leerwerk vir Afrikaans.

    Geniet graad 5 met jou Piekfyn Afrikaans!

    Die samestellers

    In hierdie module gaan jy meer leer oor entrepreneurs, inflasie, toerisme en reklame. Jy gaan ook agterkom dat rommel ’n klomp geld werd kan wees!

    Verder gaan jy spoggerig hardop lees en vasstel hoe jy stilleesvaardighede korrek moet toepas wanneer jy ’n piekfyn gedig lees oor ’n kuierkat wat goeie maniere het. Dan konsentreer ons ook op die doel en teikengroep van ’n teks.

    Jy moet dink en redeneer oor taalstrukture wanneer jy skryf. Ons gaan kyk na ontkenning, leestekens, afkortings, sekere spelpatrone, tydsvorme, hoofletters, die kappie, deelteken, lettergrepe en klankgrepe.

    Ons gaan ook na ’n paar letterkundige begrippe kyk, soos die hoofidee van ’n verhaal, karakters, die rol van tyd in ’n verhaal, atmosfeer en die verteller. Daarmee saam ondersoek ons wat ’n vergelyking, alliterasie, die wending in ’n gedig en die kenmerke van ’n kwatryn is.

    Suid-Afrika word ’n gewilde bestemming vir oorsese toeriste en ons gaan lees wie almal hierheen kom en waarom. Jy gaan navorsing doen en ook jou verbeelding gebruik om ’n toerplan vir toeriste uit te werk en ’n mondelinge voorlegging daaroor doen wat onder andere padaanwysings insluit. Om alles mooi saam te vat, gaan jy ’n koerantberig skryf.

    Intussen gaan jy jou woordeskat uitbrei deur te sorg dat jy al die woorde in jou Piekfyn-woordeboek onder die knie kry.

    Die vakansie is verby en almal is platsak na die Desemberfeestyd. Dit is tyd om weer koppe bymekaar te sit en slim planne te beraam om ekstra geld te verdien. Kom ons kyk na enkele idees om as entrepreneur jou eie geld te verdien.

    Aktiwiteit 1: Lees vir begrip

    •Lees en kyk

    •Taalstrukture en -konvensies

    In hierdie aktiwiteit gaan jy

    •preleesaktiwiteite toepas

    •soeklees en vluglees oefen deur selfstandig te lees en begripstrategieë gepas te gebruik

    •die ontkennende vorm verstaan en gebruik

    •die komma, punt, uitroepteken en vraagteken korrek in sinne gebruik.

    Prelees: Maak voorspellings wat op die titel en prente gebaseer is en bespreek dit.

    Pitkos

    Leesvaardighede

    Prelees

    Vluglees is wanneer ’n teks net vlugtig gelees word. Waarom moet jy ’n teks vluglees wanneer jy ’n stilleesoefening doen?

    Jy lees om

    •’n idee of ’n prentjie te kry van waaroor die teks handel.

    •’n idee te kry van hoe moeilik of maklik die teks is.

    •jou voor te berei vir die vrae wat jy moet beantwoord.

    Hoe vluglees ’n mens? Lees …

    •die opskrif en bestudeer die foto’s.

    •die inleidende paragraaf, want dit vertel waaroor die leesstuk handel.

    •die eerste sin van elke paragraaf, want dit bevat die hoofgedagte.

    •die slotparagraaf, omdat dit dikwels ’n opsomming van die teks gee.

    Soeklees is wanneer daar na spesifieke inligting gesoek word sonder om die teks noukeurig deur te lees.

    Begripslees is wanneer die inhoud aandagtig deurgelees word met die doel om dit te begryp.

    Aandagtige lees is wanneer die teks deeglik gelees word om die inhoud te verstaan en om die inligting te kan weergee.

    Wanneer jy ’n leesbegripsoefening of -toets doen, moet jy die volgende stappe volg:

    •Vluglees eers die teks om vas te stel waaroor die teks handel.

    •Lees dan die vrae deur, om vas te stel waarna jy moet oplet.

    •Lees die teks vir ’n tweede keer, maar hierdie keer lees jy dit aandagtig deur.

    •Beantwoord vervolgens die vrae deur gebruik te maak van jou soekleesvaardighede. Kry die kernwoord in elke vraag en soeklees vir daardie woorde in die teks. Dit sal jou na die antwoord lei.

    Lees en kyk vir begrip

    Pas jou leesvaardighede toe op die volgende teks. Jou onderwyser gaan jou antwoorde formeel assesseer.

    Anneliese Carstens het die volgende artikel, twee foto’s en ’n handgeskrewe boodskappie aangestuur. Kyk hoe dit rondom die teks gebruik kan word.

    Vroue-entrepreneur van die jaar

    Anneliese Carstens, eienaar van Maranki’s op Bonnievale, is aangewys as Landbouweekblad en Sanlam se Vroue-entrepreneur van die jaar.

    Haar onderneming, wat babaklere en -produkte vervaardig, het ontstaan nadat sy ’n speelmatjie by ’n vriendin gesien het en nie een in die omgewing vir haar kind kon vind nie. Toe begin sy Maranki’s rondom ’n selfgemaakte speelmat en het die produkreeks algaande aangevul.

    Die onderneming het gegroei van die kombuistafel tot die motorhuis tot ’n fabriek met 24 werkers. Anneliese versprei haar produkte landswyd aan groot kettingwinkels soos Baby Boom en Baby City, asook in Namibië.

    Sy vertel dat die naam, Maranki’s, kom van die naam van die karakter wat Katinka Heyns destyds in die rolprent Pappa Lap vertolk het. Sy was ’n maltrap nes ek, en my ouers het my die troetelnaam gegee. Hoe het sy haar onderneming begin? Ek het R6 000 se aandelegeld, wat my pa aan my kinders gegee het, geleen. En later terugbetaal!

    Haar grootste uitdaging is: Om die vervaardiger te wees wat die wydste reeks babaprodukte in Suid-Afrika aan my kliënte kan verskaf.

    Wat is haar suksesresep? Goeie produkte, eerlikheid, harde werk, positiewe personeel, vasbyt en vertroue in God.

    Watter raad het sy vir ander opkomende entrepreneurs? Doen goeie marknavorsing. Indien jy nie al die nodige kapitaal en kennis het nie, begin klein en toets eers jou mark.

       (Verwerk uit: Sarie)

    En watter boodskap het Anneliese vir die Piekfyn Afrikaans Graad 5-leerders? Sy het die volgende boodskappie vir julle geskryf.

    Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek:

    1.Waarheen moes die onderhoudvoerder ry om inligting by Anneliese Carstens oor haar onderneming te kry?    (1)

    2.Watter unieke prestasie het Carstens behaal?   (1)

    3.Skryf die name van die twee borge neer wat verantwoordelik was vir die kompetisie wat Carstens gewen het.   (2)

    4.In watter land buite Suid-Afrika word haar produkte ook versprei?    (1)

    5.Carstens se onderneming verskaf verskeie klere en produkte aan sekere winkels.

    a)Vir watter tipe produkte en klere is Maranki’s bekend?    (1)

    b)Wat word bedoel met kettingwinkels?    (1)

    c)Maranki’s verskaf produkte en klere aan kettingwinkels. Noem twee sulke winkels.   (2)

    6.Anneliese kon nie ’n speelmatjie in ’n winkel in haar omgewing kry nie. Wat het sy gedoen om die probleem op te los en hoe het dit ontwikkel?   (2)

    7.Verduidelik in jou eie woorde hoe haar onderneming gegroei het.   (1)

    8.Maranki was die naam van ’n karakter in ’n rolprent. Hoekom het sy juis dié naam gekies?   (2)

    9.Anneliese sê opkomende entrepreneurs moet marknavorsing doen. Verduidelik wat dit beteken.   (1)

    10.Skryf ’n sinsnede neer wat dieselfde betekenis het as kyk eers of jou ware verkoop.   (1)

    11.Anneliese het ’n suksesresep wat ses bestanddele bevat. Kies die bestanddeel wat jy dink die belangrikste is en verduidelik hoekom jy so dink.   (2)

    12.Dink jy babaprodukte sal altyd goed verkoop? Gee ’n rede vir jou antwoord.   (1)

    13.Dink jy dit was reg van Anneliese om haar kinders se geld te leen om haar besigheid te begin? Verduidelik jou standpunt.   (1)

    Totaal: 20 punte

    Formele assessering

    Jou onderwyser gaan jou antwoorde volgens ’n memorandum nasien.

    Wat is ontkenning?

    Ontkenning

    In Afrikaans gebruik ons die dubbele ontkenningsvorm, byvoorbeeld:

    Sy gee goeie raad aan die entrepreneurs.

    Nee, sy gee nie goeie raad aan die entrepreneurs nie.

    Sekere woorde verander wanneer die ontkennende vorm gebruik word, byvoorbeeld:

    iemand → niemand + nie

    êrens → nêrens + nie

    ooit → nooit + nie

    iets → niks + nie

    moet → moenie + nie

    een → geen + nie

    al iemand → nog niemand + nie

    al ooit → nog nooit + nie

    14.Skryf die volgende sinne oor in die ontkennende vorm.

    Voorbeeld: Die seun doen sy werk.

    Nee, die seun doen nie sy werk nie.

    a)Sy leen haar kinders se geld. Nee,

    b)Haar onderneming vervaardig kinderklere. Nee,

    c)Die onderneming het gegroei. Nee, …

    d)Anneliese versprei haar produkte landwyd. Nee,

    e)Sy doen goeie navorsing. Nee,

    15.Beantwoord die volgende vrae in die ontkennende vorm.

    a)Kry sy êrens ’n speelmat te koop?

    b)Het sy iets aan die saak gedoen?

    c)Vra sy iemand vir raad?

    d)Het sy ooit moed opgegee?

    e)Het sy al ooit so iets probeer?

    Leestekens

    Komma (,)

    Die komma word gebruik:

    •tussen twee of meer selfstandige naamwoorde en beskrywende woorde, byvoorbeeld: Goeie produkte, eerlikheid, harde werk, positiewe personeel, vasbyt en vertroue in God.

    •tussen twee werkwoorde, byvoorbeeld: Nadat sy haar onderneming begin het, het sy net vorentoe gekyk.

    •na die naam van iemand wat aangespreek word, byvoorbeeld: Anneliese, jy is ’n wenner.

    Punt (.)

    Die punt word gebruik:

    •aan die einde van ’n sin, al is dit een woord, byvoorbeeld: Slaap.

    •by afkortings, byvoorbeeld: s.nw.; bv.

    Let wel: Geen punte word by akronieme (letterwoorde) gebruik nie: SASOL; ESKOM.

    Uitroepteken (!)

    Die uitroepteken kom aan die einde van ’n bevelsin, opdrag en uitroepsin voor, byvoorbeeld: Doen nou jou werk! of Eina, dis seer!

    Vraagteken (?)

    Die vraagteken kom aan die einde van ’n vraagsin voor, byvoorbeeld: Wie doen al die harde werk?

    In Module 6 word nog ander leestekens bespreek.

    16.Skryf die volgende sinne oor en vul die kommas, punte, uitroeptekens en vraagtekens op die regte plekke in.

    a)Wie het aan die plan gedink

    b)Geluk dit is ’n groot sukses

    c)Anneliese jy het baie goed gedoen

    d)Toe sy eers sukses geproe het kon niemand haar keer nie

    e)Hoe laat is dit

    f)Nadat sy ’n speelmat by haar vriendin gesien het het sy met haar onderneming begin

    g)Waar is haar onderneming

    h)Werk hard dan sal jy suksesvol wees

    i)Haar onderneming vervaardig babaklere speelmatte speelgoed en baie ander babaprodukte

    Aktiwiteit 2: Taal in konteks

    •Luister en praat

    •Lees en kyk

    •Taalstrukture en -konvensies

    In hierdie aktiwiteit gaan jy

    •leer wat die doel en teikengroep van ’n inligtingsteks is

    •afkortings en spelpatrone, veral die gebruik van woorde met die letters v/f en d/t ondersoek

    •die verskillende tydsvorme in Afrikaans inoefen

    •die gebruik van die kappie en deelteken bekyk.

    Die doel van ’n teks

    ’n Mens skryf iets met ’n doel. Jy skryf om te gesels (soos in ’n e-pos of vriendskaplike briefie), om dankie te sê of iemand geluk te wens (in ’n kaartjie), inligting oor te dra (’n verslag) en om iets te skep (’n verhaal/opstel). Die doel waarvoor jy skryf, beïnvloed die inhoud en die styl wat jy gebruik – dit bepaal byvoorbeeld of jy formeel of informeel gaan skryf.

    Die teikengroep van ’n teks

    Dit is die persoon vir wie jy iets skryf. Wanneer ’n mens ’n stuk skryf, het jy ’n persoon in gedagte wat dit gaan lees. Wanneer jy dieselfde inligting byvoorbeeld in jou dagboek skryf (wat jy self gaan lees) of vir jou ouma of vir jou vriend of vir jou kleutersussie, gaan dit in elke geval heeltemal anders lyk. Jou styl gaan verskil en die woordeskat wat jy gebruik, gaan ook verskil.

    Lees die volgende inligtingsteks aandagtig deur

    Maak só rande uit jou rommel!

    Vir die meeste mense is ’n garage nie net ’n plek waar die motor geparkeer word nie – dis ook die begraafplaas vir al die huishoudelike items wat nie meer gebruik word nie, stukkend of uit die mode is. Daar sal jy ’n uitgediende broodrooster, Kleinboet se treinstel, ’n afgeleefde trapfiets en ’n boks vol ou kombuisware vind. Dalk is jou motorhuis al so vol, daar is kwalik plek vir die motor! Dalk sit jy ook opgeskeep met ’n klomp onnodige dinge in jou huis – ou kombuisware, boeke, ornamente, juwele, langspeelplate, noem maar op!

    Dit is dalk hoog tyd dat jy jou eie garage-uitverkoping reël of dink aan ’n tafel by ’n vlooimark. Omskep die onnodige goed wat jou plek en jou lewe oorlaai in lekker harde kontant. Wat vir jou onbruikbaar geword het, is vir ’n ander net die ding wat hy of sy soek – of wat vir jou net gemors is, is vir ander ’n kosbare vonds.

       (Verwerk van: www.mieliestronk.com)

    Gesels met ’n maat

    •Vertel vir mekaar wat die hoofidee van hierdie inligtingsteks is.

    •Watter voorstelle word in hierdie teks gemaak?

    •Wat is die doel en wie is die teikengroep?

    Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek:

    1.Hoekom word die garage ’n begraafplaas genoem?

    2.Gee ’n ander woord vir garage.

    3.Haal ’n woord uit die teks aan wat beteken jy weet nie wat om met iets te doen nie.

    4.Op watter twee maniere kan jy van jou onnodige goed ontslae raak?

    5.Waarin kan gebruikte ware omskep word?

    6.Wie is die teikengroep van hierdie teks: volwassenes of kinders? Hoekom sê jy so?

    7.Wat is die doel van die teks?

    8.In watter styl is die teks geskryf: formeel of informeel? Motiveer jou antwoord.

    Afkortings

    Slegs erkende afkortings mag gebruik word. ’n Mens kan nie jou eie afkortings maak wanneer jy skryf nie.

    •Internasionale afkortings van afstande en gewig kry nie punte nie, byvoorbeeld: km/cm/g.

    •As die afkorting vir ’n groep woorde staan, kom daar ’n punt na elke letter, byvoorbeeld: a.g.v.

    •Afkortings wat uit hoofletters bestaan, kry nie punte nie, byvoorbeeld: SARU/RSA/SALT.

    •As die afkorting vir een woord staan, kom die punt aan die einde van die afkorting, byvoorbeeld: asb./mev.

    •Ons kry afkortings waar slegs die beginkonsonante van die lettergrepe gebruik word, byvoorbeeld: handskrif – hs.; asseblief – asb.

    •Daar is ook verkortings van woorde wat uit die woord se eerste lettergreep, plus die volgende konsonant/e, bestaan, byvoorbeeld: aardrykskunde – aardr.

    9.Herskryf die volgende paragraaf en skryf die afkortings daarin voluit. As jy onseker is, kan jy ’n woordeboek raadpleeg.

    ’n Garage kan bv. gebruik word om ou goed te bêre, m.a.w. goed wat jy nie meer gebruik nie. ’n Mens kan die goed verkoop en geld maak, i.p.v. om dit op te gaar. Die verkoping kan in die vm. begin en aanhou tot in die nm. Daar kan o.a. ’n afgeleefde trapfiets en ’n boks vol ou kombuisware te koop aangebied word. In SA is daar baie vlooimarkte waar ’n mens ’n stalletjie kan huur. Maak asb. net seker dat daar plek beskikbaar is.

    In Afrikaans word verskillende letters soms gebruik om dieselfde klank voor te stel. Dit is in baie gevalle woorde wat ons van Nederlands geërf het.

    v en f

    Kyk na die volgende woord: Daar is vyf items wat uitgestal word.

    Onthou, ons kry nooit die v-letter aan die einde van ’n woord nie: grof; bluf; skrif; sweef.

    d en t

    Die aand voor die verkoping was die garage ’n bont deurmekaarspul.

    Wenk: As jy onseker is of ’n woord op ’n d of t eindig, spreek die woord in die meervoud uit. Byvoorbeeld : rand – rande.

    As jy die d-klank in die meervoud of verbuiging hoor, moet die woord dus in die enkelvoud op ’n d eindig.

    10.Woorde wat met ’n d/t aan die einde of met ’n v/f gespel word, is in die volgende paragraaf verkeerd gespel. Skryf die paragraaf oor en maak die spelfoute reg.

    Fyf jaar nadat jy goed begin opgaar, vint jy dat daar gelt te maak is deur van die onnodige dinge ontslae te raak. Dit mag dalk ’n fonds vir jou friend of vir iemant anders wees. Dit kan ’n vantastiese oggend by die vlooimark wees, sonder dat iemand vorseer word om te koop. Daar kan ’n grood wins gemaak wort voor die aant.

    Tydsvorme

    Daar word drie tydsvorme onderskei: teenwoordige tyd: dit wat nou gebeur, verlede tyd: dit wat al klaar gebeur het, toekomende tyd: dit wat nog in die toekoms gaan gebeur. Byvoorbeeld:

    Ek verkoop my ou goed. (teenwoordige tyd)

    Gister het ek my ou goed verkoop. (verlede tyd)

    Môre sal ek my ou goed verkoop. (toekomende tyd)

    Let op die volgende:

    Het word in die verlede tyd saam met die werkwoord gebruik en die werkwoord skuif na die einde van die sin. Die werkwoord kry ook ’n ge vooraan, behalwe as die werkwoord met be, ge, her, er, ont of ver begin. Byvoorbeeld: begin, gedenk, hersien, erken, ontvoer, verander.Die wedstryd het begin.

    Na die verkoping het my huis se voorkoms verander.

    Sal word in die toekomende tyd gebruik en die werkwoord skuif na die einde van die sin, maar die werkwoord bly dieselfde. Byvoorbeeld: Ek sal jou môre betaal. Ek sal jou help.

    Die verlede tyd van het (wat besit aandui) = het … gehad.

    Die verlede tyd van word = is.

    Die verlede tyd van is = was. Die toekomende tyd van is = sal wees.

    Kyk na die volgende voorbeeldsinne.

    •Sy het ’n selfoon gehad.

    •Sy is vandag hier.

    •Sy was gister hier.

    •Sy sal môre hier wees.

    11.Verander die sinne deur met die skuinsgedrukte woorde te begin. Byvoorbeeld: ’n Produksiespan sorg vir die advertensies. Gister het ’n produksiespan vir die advertensies gesorg./Môre sal ’n produksiespan vir die advertensies sorg.

    a)Die wetenskaplike sal navorsing doen.

    Gister …

    b)’n Koeldrankfabriek maak ’n nuwe geur koeldrank.

    Verlede week …

    c)Die agentskap het kunstenaars.

    Verlede jaar …

    d)Hulle skakel met die agentskap en gee al die inligting.

    Volgende week …

    e)Agentskappe ontwikkel advertensies.

    Gister … Môre …

    f)Hulle het kunstenaars en skrywers wat hard kan werk.

    Verlede Dinsdag …

    Volgende week …

    Skryftekens

    Die kappie word gebruik om vokale (e, o, u, i) in ’n oop lettergreep ’n lang gerekte klank te gee, byvoorbeeld: êrens; brûe; môre; sê; wîe.

    Deeltekens word gebruik

    •wanneer daar ’n opeenhoping van klinkers is en

    •om aan te dui waar ’n nuwe lettergreep begin. Dit maak uitspraak makliker, byvoorbeeld: beïnvloed; ekonomieë; afgeleë; geïgnoreer; reën; seën; spieël; vlieë; knieë; reëlings.

    12.In die volgende paragraaf is skryftekens soos die kappie en deelteken óf foutief gebruik óf uitgelaat. Redigeer die paragraaf deur die skryftekens op die korrekte plekke in te vul. Skryf die paragraaf in jou boek oor.

    Mense wil gedurig nuwe produkte hë. Maatskappye moet dus gedurig se wat hulle beplan. Kliente word beinvloed deur goeie advertensies. As die advertensies nie aandag trek nie, word die produkte geignoreer. Die sukses van ’n produk lë dus in die advertensie. Daar moet erens gesoek word na mense wat goeie advertensies kan skryf. More is daar ’n beter produk op die mark, dan is jou kanse verby. Bere alle idees wat goed klink, anders word hulle nerens gebruik nie.

    Aktiwiteit 3: Kenmerke van ’n storie

    •Lees en kyk

    •Taalstrukture en -konvensies

    In hierdie aktiwiteit gaan jy

    •’n storie selfstandig lees en daarop reageer

    •’n teks soeklees vir spesifieke besonderhede

    •begrip toon van fiksie en die hoofidee, vertellersgesigspunt, karakters en tyd bespreek

    •vergelykings verstaan, bespreek en gepas gebruik.

    Elemente van ’n verhaal

    Die hoofidee van ’n verhaal is die hoofgedagte wat in die verhaal na vore kom.

    Die karakters is die persone wat in die verhaal optree. In die onderstaande verhaal is dit die oupa en sy kleinseun, Thabo.

    Tyd speel ’n belangrike rol in hierdie verhaal. Hoewel die verhaal in die hede afspeel, verwys die oupa die hele tyd na die

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1