Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Op die spoor van: 'n Versameling speurverhale deur topskrywers
Op die spoor van: 'n Versameling speurverhale deur topskrywers
Op die spoor van: 'n Versameling speurverhale deur topskrywers
Ebook264 pages5 hours

Op die spoor van: 'n Versameling speurverhale deur topskrywers

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hierdie boeiende versameling kortverhale bevat skryfwerk van ervare misdaadskrywers en bekendes in ander genres. 'n Reeks geslepe misdadigers kom te staan teen hul eweknieë aan die ander kant van die gereg: polisiemanne, privaatspeurders of net doodgewone mense in ongewone omstandighede. Met verhale deur o.a. Karin Brynard, Kerneels Breytenbach, Bettina Wyngaard, Martin Steyn, Jacques Steenkamp, Nathan Trantraal en Deborah Steinmair. Saamgestel deur Rudie van Rensburg.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateMay 18, 2017
ISBN9780624082590
Op die spoor van: 'n Versameling speurverhale deur topskrywers
Author

Rudie van Rensburg

Rudie van Rensburg woon in Kaapstad en het al vyf uiters gewilde spanningsverhale geskryf: Slagyster, Kopskoot, Judaskus, Pirana en Kamikaze. Hy was ook samesteller van die misdaadverhalebundel Op die spoor van en het ’n besige 2017 afgesluit met die baie suksesvolle komiese roman Hans steek die Rubicon oor.

Read more from Rudie Van Rensburg

Related to Op die spoor van

Related ebooks

Related articles

Reviews for Op die spoor van

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Op die spoor van - Rudie van Rensburg

    Titel.jpg

    Op die spoor van

    ’n Versameling speurverhale deur topskrywers

    TAFELBERG

    Voorwoord

    Hierdie bundel bring ’n uiteenlopende aantal byderwetse speurverhale bymekaar met bydraes deur talle skrywers wat gevestig is in die misdaadgenre, maar sommige ook in ander genres en ’n paar jong stemme wat nog nie in selfstandige fiksie gepubliseer het nie.

    Die fokus van die verhale lê by die uitpluis van ’n misdaad, die hoofkarakter se analitiese benadering en die spoor wat hy of sy volg om die skuldige vas te trek (of nie). In die meeste verhale word die leser gekonfronteer met die kompleksiteit van die misdaad.

    Dis inderdaad verhale met verskillende perspektiewe waar intriges, raaisels, leidrade, verrassende kinkels en soms vergelding en wrang ironie aan die leser die volle spektrum van hierdie genre in kortverhaalformaat bied. Verhale volg ook nie almal die roete van die police procedural of ander konvensionele speurpaaie nie, wat lekker afwisseling verskaf.

    Op die spoor van is hopelik ’n wiewassit-feesmaal vir alle leesvrate van speurfiksie.

    My dank gaan aan elkeen van die skrywers wat met soveel geesdrif deelgeneem het. In die besonder ook groot dank aan Tertius Kapp, uitgewer by Tafelberg, wat buiten sy eie verhaalbydrae tot die bundel die bekwame stuurman van hierdie projek was.

    Rudie van Rensburg

    Junie 2017

    1.jpg

    Norooz

    BETTINA WYNGAARD

    Is jy seker, Aynaz? vra Marina bekommerd.

    Aynaz rol net haar oë.

    Wie anders gaan dit doen? Hulle weet wie jy is, dit gaan nie werk as jy probeer ingaan nie.

    Maar dit beteken nie jy moet jouself in die spervuur … Marina sug.

    Ons het nie ’n keuse nie. Jy weet ek is reg. Plus ek is nie juis ’n hulpelose, onskuldige bystander nie.

    Ek moes jou gearresteer het toe ek die kans gehad het.

    Aynaz lag. Ons vennootskap werk juis omdat ons so verskillend is. Koerd en Colombiaan. Irannese vryheidsvegter en Interpol-polisiebeampte. Yin en yang.

    Marina plaas albei hande op haar skouers. Jy’s meer as ’n vennoot. Jy’t familie geword. Wees versigtig, asseblief? Hy’s gevaarlik. Moet hom nie onderskat nie.

    Hoe lank is jy al op sy spoor? Sy hou asem op. Marina praat nooit oor die redes hoekom sy op hul teenstander se spoor is, of hoe lank nie.

    Die ondersoek begin sy tol eis. Daar’s sakkies onder haar oë. Silwer drade glinster in haar swart hare. Sy eet nie meer nie.

    Jy bedoel voor New York, toe ons agtergekom het ons albei volg hom? Voor New York was daar Rome, Istanboel, Havana en Genève. Sy trek haar skouers moeg op.

    En nou Kaapstad. Op ’n manier moet dit nou eindig, Marina. Dis hoekom ek in hierdie simpel aandrok is. Sonder risiko’s kan daar geen beloning wees nie. Die meisie se stem is ferm.

    Jy’s Peshmerga, Aynaz, probeer Marina weer keer. Jy is ’n soldaat. Jou geveg is ideologies. Hierdie is polisiewerk.

    Ek weet. Maar net omdat ek nie kamoefleerdrag dra nie, beteken nie hierdie is nie oorlog nie. Een van my Peshmerga-kamerade het ook onder daai dier deurgeloop. Aynaz draai voor die spieël om haarself vir oulaas van alle kante te bekyk. Ek moet net sy aandag trek en na die private partytjie genooi word.

    Sy is treffend mooi, met intelligente, intense donker oë. Haar soel vel, die slanke nek, die elegante lyn van haar lyf in die wit aandrok. Sy dra feitlik geen grimering nie. Sy het dit nie nodig nie. Lang, digte wimpers omvou haar oë. Haar donker hare is welig en kartel in natuurlike krulle om haar gesig. Om haar nek, ’n dun goue ketting met ’n enkele diamant. Tussen ander vroue met swaar grimering en oordonderende parfuum sal haar ongekunstelde skoonheid des te meer treffend wees.

    Moenie bekommerd wees nie, selfs gemasker sal jy opgemerk word.

    Aynaz haal diep asem. Hoop jy’s reg.

    Onthou net, daar is oral kameras in die kompleks, behalwe in sy private kwartiere. Dis waar die gevaar waarskynlik lê. Moenie Fayid Al-Basha se deeglikheid onderskat nie. Jy sal deursoek word vir mikrofone en wapens.

    Wat ek waar in hierdie tweede vel wegsteek, h’m? vra sy met opgetrekte wenkbroue.

    Daar’s ’n effens histeriese klank in die laggie wat albei gee. Dan klem die meisie haar ontwerpersakkie vas en stap woordeloos by die deur uit.

    Dis tyd.

    Marina beweeg rusteloos in die skaduwee van die lowerryke eikebome in Bishopscourt. Die Irannese ambassade is oorkant die straat. Dit kan netsowel aan die ander kant van die wêreld wees, so onbereikbaar is dit vir haar. Dis 21 Maart en feesvieringe om die Persiese Nuwejaar, Norooz, in te lui, is in volle swang. Musiek kom sag op die briesie aangesweef. Gekleurde lanterns verlig die gebou en gronde. Die geur van tradisionele gekruide disse laat haar maag grom.

    Die gewone wagte by die ingang van die ambassade is vervang met Fayid Al-Basha se eie span, ’n wantrouige paramilitêre groep sekerheidspesialiste wat haar gesig goed ken. Verby hulle kan sy nie haar pad oop bluf nie, selfs nie op die aand van ’n maskerbal nie. Dus sit sy met haar verkyker en haar Glock op haar skoot, en sy wag. Iewers gaan iemand ’n fout maak, en sy is gereed daarvoor.

    Haar kollegas ondersoek die ajatolla vir oorlogsmisdade en volksmoord. Haar eie ondersoek is op heelwat kleiner skaal, maar ewe ambisieus. As sy reg is, kan sy ’n staatshoof as die medepligtige van ’n koelbloedige reeksmoordenaar ontmasker. Daar is geen presedent by die internasionale kriminele hof hiervoor nie.

    Het jy enige bewyse vir jou vermoede, Marina? Kan jy bewys die neef van die Irannese ajatolla is ’n reeksmoordenaar? En dat die ajatolla weet daarvan? het Fernando Delgado, haar hoof, ongeduldig gevra toe sy weer by hom aankom met ’n versoek om ’n lasbrief.

    Nog nie, maar ek is naby, ek weet. Ek kan dit voel.

    Haar antwoord het hom nie oortuig nie.

    Om te weet is nie genoeg nie. Om te weet lei nie tot skuldigbevindings nie. Nie van ’n sittende staatshoof nie. Nie van die hoof van ’n staat wat toenemend meer aggressief optree, en wat kernkapasiteit ontwikkel het nie.

    Wees versigtig, Marina. Hierdie is nie Colombiaanse dwelmkartelle nie. Die ajatolla van Iran gaan nie sy magsposisie laat bedreig deur ’n Interpol-speurder met ’n sak vol vermoedens en niks bewyse nie. Hy is meedoënloos.

    Ek ook.

    Nie soos hy nie, Marina. Hy het ’n weermag, en ’n haat vir alles wat Westers is. Hy sal nie huiwer om sy militêre spiere te bult nie.

    Fernando het haar nie belet om op eie tyd voort te gaan nie. Dis ten minste iets. Maar hy het nie meer agente aan haar toegeken nie. Sy eerste lojaliteit is Interpol.

    Ek kan nie my oë sluit en maak of ek nie weet wat aangaan nie, Fernando. Die lewens van daai meisies is nie minder werd as dié van oorlogslagoffers nie. Hulle is ook slagoffers van ’n oorlog, een deur mans op hulpelose vroueliggame.

    Hy kon wel sy oë sluit. Vir haar betrokkenheid. Vir die verlof wat sy al meer gereeld begin versoek het. Vir die vele kere wat sy van land na land gereis het, al agter die ajatolla en sy gevolg aan.

    In elke land verdwyn daar drie jong meisies. Altyd jonger as dertig, studente, op die een of ander manier verbind met daardie land se Irannese ambassade, het sy verduidelik.

    Verbonde hoe? Werk hulle by die ambassade?

    Nee, het sy gesug. Ek het nog nie een Irannese slagoffer gevind nie. Altyd boorlinge van die land waar hulle sterf. En dis beleid dat die ambassadepersoneel uitsluitlik Irannese burgers is. Selfs die tiksters, die tuiniers en die mense wat tee maak. Hulle voer hulle eie burgers ten duurste in, eerder as om gebruik te maak van arbeiders in die land waar hulle ambassade is.

    Vreemd.

    En frustrerend, Fernando. G’n manier om as ’n tydelike werker in te glip en inligting te kry nie. Effektiewe sekerheid, selfs al het hulle dit nie so bedoel nie.

    Nou hoe is hulle verbind met die ambassade?

    Al die slagoffers wat ek sover kon vind, was op ’n manier uitsonderlik. Atlete. Musikante. Kunstenaars. Wetenskaplikes. Noem maar op. Altyd genooi na ’n funksie by die ambassade in die weke voor hulle dood.

    Fernando het voor haar moordbord met die foto’s van al die slagoffers gaan staan. Blondines, brunette, rooikoppe, met velkleure wat wissel van die melkwit van Nordiese volke tot die donker van Afrika. Kort, lank, tussenin.

    Hoe weet jy hulle is verbind met mekaar, en met die ajatolla en sy personeel? Reeksmoordenaars het gewoonlik ’n spesifieke tipe wat hulle aantrek, en ek sien dit nie hier nie.

    Ja, ja, het sy ongeduldig haar kop geknik.

    En?

    Ek het ook eers gedink daar is nie ooreenkomste nie, maar hy het tog sy tipe. Dis net nie ’n fisieke tipe nie.

    Die frons wat hy haar gegee het, was nou minder krities en met meer belangstelling.

    Hoe bedoel jy?

    Hulle talent, hulle selfvertroue, dis die gemene deler, nie hulle voorkoms nie. Ek dink hy geniet dit om hulle te vernietig juis omdat hulle uitsonderlik is.

    Hoe verbind jy hulle met die ajatolla en sy gevolg? Is hulle elke keer daar wanneer die meisies die ambassade besoek?

    Nee, dis wat ek nog probeer uitwerk. Ek weet nie hoe hulle gekies word nie. Dit moet die funksie by die ambassade wees. Ek glo dis daar dat hulle iemand se aandag trek. Ek weet nog net nie hoe nie.

    En metode?

    In elke land is daar drie. Hulle verdwyn die dag wanneer die ajatolla ’n nuwe land binnegaan. Twee lyke word binne dae gevind, in dieselfde stad waar hulle verdwyn het, maar in die armste woonbuurte. By skrootwerwe, of in parkeerareas, of op leë erwe. Weggooigoed in ’n weggooisamelewing. Jy weet, buurte waar almal doof, blind en stom is wanneer die polisie begin vrae vra. Verkrag, aangerand, vermoor. Een skoot deur die agterkop, nege-millimeter.

    En die derde?

    Marina het haar neusbrug tussen duim en voorvinger vasgeknyp.

    Dit wissel. Die meeste word binne ongeveer twee weke gevind. Dan is hy en sy gevolg natuurlik lankal weg.

    Die meeste?

    Hy het die effense aarseling gehoor en sy was opnuut daaroor verstom dat dié man met die swaar ooglede, hy wat altyd half aan die slaap lyk, so sekuur kan druk op die een ding wat haar pla.

    In een geval het ons die student se liggaam eers twee maande later in ’n ander land gevind, met geen rekord van hoe sy oor die grens gekom het nie.

    En is dit ’n land waar die ajatolla vantevore was?

    Sy vliegtuig het daar geland om brandstof in te neem.

    Maar? Weer het hy niks gemis nie.

    Daar is geen rekord dat enige passasier die vliegtuig verlaat het nie. Ek glo die moordenaar het haar oor landsgrense geneem, en in Burkina Faso uiteindelik moeg geraak vir haar.

    Enige forensiese getuienis?

    Nee. Hy is forensies gesofistikeerd. Geen DNS, daar is nooit enige bewyse wat teen iemand gebruik kan word, of wat na ’n spesifieke plek terugwys nie. Net die feit dat hy elke keer daar is wanneer hulle verdwyn. Vir haar was dit genoeg.

    Hy is altyd omring van sekerheidspersoneel, Marina.

    Ek weet, hy kan dit nie doen sonder dat hulle bewus is van wat aangaan, of dalk selfs aktief help nie. Die frustrasie was vlak in haar stem.

    Of dis nie die ajatolla se neef nie, maar een van die mans wat saam met hulle reis. Of iemand heeltemal anders, en dis blote toeval dat die datums saamval met hulle teenwoordigheid. Het jy al daaraan gedink? het hy sag gevra, soos een wat ’n lewendige landmyn probeer neersit sonder om dit te skud.

    Dan is die ajatolla nog steeds bewus van wat aangaan. Die personeel roteer. Daar’s slegs vier persone wat saam was op elke reis waar meisies vermoor is. Die ajatolla, sy neef, sy sekerheidshoof, en dan sy persoonlike kok.

    Hoe oud is die neef?

    Twee-en-dertig. Kaveh Hama. Sy het getik op die foto van ’n aantreklike, gespierde jongman in ’n modieuse Westerse pak klere.

    Die kok?

    Hy is op pad tagtig toe. Bietjie oud om hom nog met moord en doodslag besig te hou.

    En hoekom kan dit nie die sekerheidshoof wees nie? Wat is sy naam?

    Fayid Al-Basha. Ek … vind dit moeilik om te glo dat hy betrokke kan wees, Fernando. Die soort monster wat daai vroue vermoor, is nie in staat tot ’n greintjie empatie nie. Fayid gee om.

    Of hy is so goed gekamoefleer dat hy jou heeltemal kon flous, het Fernando voorgestel.

    Daar’s goed wat mens nie kan naboots nie. Ek het gesien hoedat hy in Rome ’n klein hondjie uit die pad haal sodat die bromponies nie die dingetjie moet stamp nie. Hy’t nie geweet hy word dopgehou nie.

    Maar hy moet weet wat die neef doen. Daar’s net g’n manier dat dit sonder sy medewete kan gebeur nie. Selfs al argumenteer ons dat hy nie van die ander weet nie, hoe verduidelik jy daai student wat op die vliegtuig geneem is? Hy moet weet daarvan. Hoeveel empatie kan hy hê as hy hulle nie help nie?

    Dis die vraag wat sy nie kon antwoord nie. Dis hoekom sy op ’n soel somersaand in Maart hier buite die Irannese ambassade in Kaapstad wag.

    Daar’s niks wat sy kan doen nie. Sy het nie ’n lasbrief om die ajatolla se neef te arresteer nie. Sy is in werklikheid nie eens in ’n amptelike hoedanigheid in Suid-Afrika nie. En Kaveh het diplomatieke immuniteit. Daar is niks wat sy kan doen nie, en daar’s alles wat sy kan doen. Die normale reëls geld nie. Haar veiligheidsnet by Interpol is afwesig, maar so ook die kettings wat haar bind.

    Sy loer deur die verkyker en wag haar kans af, bekommerd dat daar met elke oomblik wat sy sloer ’n doodsvonnis oor drie jong studente uitgespreek kan word. Bekommerd dat Aynaz in gevaar kan wees.

    Die perseel is uitstekend beveilig. Daar’s ’n muur reg rondom. Dis nie geëlektrifiseer nie. Kennelik vertrou hulle nie Eskom se kragtoevoer nie. Honde en wagte patrolleer elke 15 minute.

    Kameras is ewe ver uitmekaar op die muur gemonteer. Die stukkie inrit waar sy staan, is die enigste blinde kol in die kameras se baan. Die huiseienaar, ’n omstrede sanger met verregse bande, het gekla dat die infidelle sy privaatheid skend. Die Irannese het verkies om buite die hof te skik.

    Dit pas Marina perfek.

    Glas wat breek, en ’n bloedstollende gil wat kortgeknip word. Dis al wat sy hoor voordat sy haarself oor die muur slinger. Haar Glock is in haar hand. Instink. Sy kom in struike naby die swembad te lande. Daar hurk sy terwyl sy die omgewing bespied. Vir die oomblik is die wagte en die enkele gaste wat sy buite sien se aandag by iets op die grond aan die punt van die gebou. Dis die ideale geleentheid vir haar om in te kom. Sy moet egter weet wat aan die gang is. Of dit Aynaz is.

    Wagte begin die gaste wegkeer, en dan sien sy uiteindelik. ’n Jong swart meisie in ’n wynrooi aandrok. Die menslike nek was nooit bedoel om te buig teen die hoek waarteen hare rus nie. Die oop, starende oë. Die donker bloed wat by haar neus en mond uitsypel. Die groter poel wat van onder haar liggaam op die plaveisel begin uitsprei.

    Marina kyk versigtig rond. Daar is geen teken van Fayid of Kaveh nie. ’n Beweging op die tweede verdieping trek haar aandag. ’n Gesig wat vinnig by die stukkende venster uitloer, en dan verdwyn.

    Sy glip om die hoek van die gebou en klouter versigtig teen ’n pilaar op, bo-oor die balkon se reling. Toe niemand kom ondersoek instel nie, hardloop sy gebukkend tot by ’n dubbeldeur wat toegang gee tot die tweede verdieping.

    Tot haar verligting is dit ongesluit. Die donker vertrek ruik vaagweg na sigare. Die ambassade se biblioteek. In die gang af is die ajatolla se private kwartiere.

    Marina beweeg geruisloos na die deur aan die oorkant van die vertrek en is feitlik daar toe die knop skielik gedraai word en dit begin oopgaan. Sy gooi haarself geskok langs dit plat teen die muur. ’n Wag steek sy kop om die deur, skuins bokant haar. Haar hand is reeds op haar enkel en die skede met die jagmes. Die geringste teken dat hy haar sien, en sy’s gereed om die mes te gebruik.

    Hy skakel nie die lig aan nie. Met ’n flits lig hy in die vertrek rond en maak die deur toe terwyl hy oor sy skouer met ’n ander wag praat. Hy rapporteer waarskynlik dat die biblioteek leeg is.

    Die stemme het lankal in die gang af verdwyn voordat Marina haar bene genoeg vertrou om te beweeg, nou ekstra versigtig.

    In die derde vertrek wat sy binnegaan, ’n slaapkamer, vind sy ’n tweede dooie meisie. Hierdie een het ’n koeël deur die kop, en sy’s nog warm. Nou beweeg Marina vinniger, paniekbevange. Iets het verkeerd geloop. Die meisies word nooit so vinnig vermoor nie.

    Aynaz! Aynaz! fluister-roep sy, maar daar is geen antwoord nie.

    Aan die einde van die gang is weer ’n dubbeldeur, wat oopgaan net voor Marina dit bereik. Daar is geen wegkruipplek nie.

    Fayid staan in die deur. Hy huiwer, maar staan dan eenkant toe met ’n formele buiging, ’n duidelike uitnodiging. Van die warmte wat sy nog elke keer by hom bespeur het, is daar nou geen teken nie. Die pistool in sy linkerhand hang ongeërg langs sy been.

    Marina hou haar eie pistool stywer vas.

    Hy skud sy kop stadig.

    Die polisie sal nie kom ondersoek instel nie, selfs al hoor hulle skote op die perseel, inspekteur Da Silva. Ek moet nou vra dat jy jou wapen neerlê, asseblief.

    Enige argumente wat sy dalk nog wou opper, word beëindig toe sy iets teen die kant van haar kop voel druk. Dis Kaveh, ook met ’n pistool en ’n selftevrede laggie. Hy pluk Marina se pistool rof uit haar hande, en stamp haar met die loop van sy vuurwapen die vertrek binne.

    Aynaz lê op die mat. Die een kant van haar gesig is opgeswel en bloed loop teen haar mondhoek af. Die vlekkelose wit rok waarmee sy die aand begin het, is geskeur en rooi gevlek. ’n Kol by haar maag spuit nog bloed. Mes, nie vuurwapen nie, dink Marina.

    Haar hart trek saam.

    Julle ken mekaar, lei ek af? vra Fayid met die ryk, rustige baritonstem wat sy nog altyd bewonder het.

    Laat haar gaan, sy is onskuldig hierin, begin Marina pleit.

    Fayid lag net. Onskuldig? Dis bietjie laat om nou onskuld te pleit, my liewe inspekteur. Hoe ken jy haar?

    Hy skop Aynaz in haar ribbes, byna terloops, soos ’n hond wat in die pad is.

    Gedink julle kan ons uitvang, h’m? Hy lig ’n wenkbrou. So, dit was ’n set-up.

    Kaveh sit eenkant, gereed om Fayid se geringste wens uit te voer. Marina het heeltyd aanvaar dat Kaveh die bevele gee, en dat Fayid en die ander wagte slegs optree om hom te beskerm.

    Nou besef sy haar fout. Hy beduie met die pistool dat sy langs die meisie moet gaan sit. Dié wil iets met haar oë beduie, maar ’n tweede skop van Fayid, heelwat harder as die vorige, laat haar kreunend inmekaarkrimp.

    Hou op! Sy’s nie ’n bedreiging vir jou nie, probeer Marina vergeefs keer.

    Fayid trek sy voet smalend terug om weer te skop. Sy werp haarself vorentoe en gryp hom om albei bene vas.

    Hy verloor sy balans en val met ’n slag teen die muur, maar Kaveh is dadelik by om haar terug te pluk.

    Ek was van plan om jou te skiet en van jou ontslae te raak, inspekteur, maar hiervoor gaan jy betaal. Jy sal smeek vir jou dood lank voor ek jou wens beantwoord, sis Fayid woedend.

    Hy skop haar, teen die kop, teen haar lyf, waar hy ook al kan tref. Dan, asof hy nie bevrediging kry nie, pluk hy haar aan die been nader en begin haar met die vuis slaan. Marina wend ’n poging aan om te keer vir haar kop en haar

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1