Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Leeg: God se troos na swangerskapverlies of miskraam
Leeg: God se troos na swangerskapverlies of miskraam
Leeg: God se troos na swangerskapverlies of miskraam
Ebook291 pages6 hours

Leeg: God se troos na swangerskapverlies of miskraam

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Saam met swangerskap kom hoop en drome. Maar vir vir sommige spat dié drome wreed aan skerwe met ’n miskraam of stilgeboorte, wat vrae laat soos: Waarom, Here? Leeg is ’n praktiese gids saamgestel deur ’n dokter, ’n pastoor en ’n pastorale terapeut, spesiaal vir ouers wat ’n miskraam of stilgeboorte beleef het. Dis vir elkeen wat sit met worstelvrae en magteloos voel teenoor die verlies. Die pad van rou en aanvaarding is geensins maklik nie, maar te midde van dit alles ís daar hoop.
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateJun 9, 2017
ISBN9780796320094
Leeg: God se troos na swangerskapverlies of miskraam
Author

Marlena du Toit

Marlena du Toit is ’n ginekoloog en verloskundige in privaatpraktyk in Bellville Kaapstad. Sy het ’n passie vir vrouegesondheid en is mal oor kinders. Sy is die mede-outeur van Bid vir jou ongebore baba.

Related authors

Related to Leeg

Related ebooks

Related articles

Reviews for Leeg

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Leeg - Marlena du Toit

    Leeg

    God se troos na swangerskapverlies of miskraam

    Marlena du Toit, Braam Klopper en Justine Pike

    Lux Verbi

    Marlena du Toit

    Aan al die pasiënte saam met wie ek al die pad van verlies gestap het.

    Braam Klopper

    Karen – my vrou, wat my in alles ondersteun.

    Justine Pike

    Aan ons liefste dogtertjie Emma, jou lewe het ons s’n vir altyd verander. Jy is beslis deel van die vreugde wat vir ons voorlê!

    Voorwoord

    Ek is jammer jy moes hierdie boek optel om te lees, want dit beteken jy het al ’n miskraam, of meer as een, beleef. Of miskien is jy deel van daardie groep vroue wat al ’n stilgeboorte moes verwerk het, of dalk het jou baba kort na geboorte gesterf.

    Miskien het jy jou baba 20 of 30 jaar gelede al verloor en die seer lê diep begrawe. Dalk het jy onlangs ’n miskraam gehad en is daar nou so baie mediese vrae wat in jou kop rondmaal. Jy is nie seker wat met jou, jou lyf of jou baba gebeur het tydens hierdie trauma nie. Jy weet nie eens hoe om jou ervaring vir ander mense te beskryf nie.

    Elke persoon se pad van verlies en rou loop verskillend. Vir party mense is die pad baie lank, eensaam en vermoeiend. Dit is byna of die rou en verlies ’n eie persoonlikheid kry, want jy loop dagin en daguit daarmee saam. Vir ander is die pad korter, hoewel steeds seer en vol vrae, maar hulle verwerk dit makliker wanneer daar ’n volgende swangerskap is.

    Die feit dat jy hierdie boek lees, beteken jy is waarskynlik deel van die groep vroue wat voel hulle moet deur ’n diep en breë rivier swem en stoei tot aan die oorkant. Al wat hulle voor hulle sien, is malende, kolkende waters wat so vinnig op hulle afkom dat hulle geen idee het hoe en of hulle anderkant gaan uitkom nie.

    En wat is anderkant nou eintlik?

    Is dit om net weer normaal met die lewe aan te gaan, asof niks erg gebeur het nie? Is dit om nie meer oor elke geringe dingetjie te huil nie? Is dit om weer regtig te kan lag? Om net weer die son op jou wange te voel skyn? Of is dit om te leer om elke dag met die leegte in jou lyf en die leemte in jou hart saam te leef, sonder dat die res van die wêreld iets vermoed?

    Ek glo in my hart en siel en gees daar kan wel ’n tyd van aanvaarding aanbreek. ’n Tyd wanneer jy egte berusting ervaar en die lewe weer ’n fees kan wees. ’n Tyd wanneer die strale van genesing weer oor jou sal skyn en jy met ’n lewe vol liefde en ’n hart vol hoop en omgee vir ander kan leef. Sonder ’n aangeplakte glimlag.

    Ek glo daar is ’n plek van ewige hoop, berusting en opgewondenheid oor die wete dat jy ’n ewigheid saam met jou kind kan deurbring. Moet daarom nie moed opgee nie! Klou vas aan die hoop en die vertroue dat die lewe in die toekoms vir jou wel anders sal wees, al gebeur dit nie gou nie.

    Die waarheid is, dit verg werk en tyd om hierdie plek te bereik. Dit gebeur nie vanself nie. Lees deur die praktiese routake in hierdie boek. Neem ’n besluit om aktief deur jou rouproses te werk. En onthou, dit is ’n proses; jy beweeg deur verskillende fases. Maar ten spyte van die hartseer bly dit ’n proses waardeur jy kan groei.

    Hierdie boek bied aan jou verskillende opsies en hulpbronne om jou pad na volheid en vreugde in die lewe terug te vind.

    Onthou ook altyd, jy is nie alleen nie. Al voel dit vir jou so. Daar ís ’n barmhartige God wat hierdie pad saam met jou stap. Jy sal nie een tree alleen gee nie.

    Rechélle Vermaak

    mymiskraam.co.za

    Deel 1

    Die mediese feite

    Dr Malena du Toit

    Inleiding

    Wanneer ons jonk is, het ons almal kleindogtertjie-drome, selfs dié van ons wat nie te kranig popgespeel het nie. Ons word ook groot in ’n wêreld waarin families belangrik is en die lewe om gesinne, oupas, oumas, ooms, tannies, neefs en niggies draai. Die meeste vroue, selfs die rabbedoes, kan hulle vereenselwig met die droom om eendag swanger te raak, dalk meer as een keer; ja, selfs twee of drie keer. Of om miskien met ’n tweeling geseën te word.

    As jong vroue leef ons dikwels in ons drome om deur die dril van ons daaglikse uitdagings soos studies en werk te kom. Maar wanneer die regte man die dag vir ons begin flikkers gooi, fladder die vlinders skielik in ons maag. En wanneer die trouklokke lui, lei dit ’n nuwe fase in ons lewe in. Sommer gou nadat jy as jong bruid mevrou geword het, terwyl jy nog sukkel om aan dié titel gewoond te raak, begin die tannies in die familie al oor pienkvoete skimp. Sommige vroue wil eers hulle voete in hulle beroepslewe vind; party wil eers die lewe saam met hulle man geniet; ander kan nie wag om hulle moederskoot te vul nie. Wat jy ook al kies, swangerskap bly deel van vrouwees, deel van ons lewe.

    Om swanger te wees is om te droom en te hoop. Dit is om groot verwagtings te koester, om uit te sien na dit wat jy nog nie kan sien nie, maar waarin jy wel vas glo.

    Wanneer paartjies ’n gesin begin beplan, het hulle elkeen ’n eie idee van die proses. Meestal is die vrou die een wat dagboek van haar siklus hou, maand ná maand notas maak, getrou haar vitamiene sluk en hoop … en dan, met groot opgewondenheid en ’n tikkie angs, die eerste swangerskaptoets doen. En sowaar! Twee strepies …

    Op daardie oomblik kry die vrou se kleindogtertjie-droom nuwe gestalte. Sy sien voor haar geestesoog haar boepmagie wat soos ’n groot golwende see wieg wanneer die babatjie beweeg. Aanvanklik dink sy nie so baie aan die geboorte self nie, maar sy sien haarself eerder waar sy ’n gesonde bolwang-baba vashou en borsvoed. En sy kry ’n nuwe titel: mamma.

    Sy droom hoe dié kleine baba groei en 1 … 2 … 3 jaar oud word. Sy tower verjaardagkoeke en maatjies en partytjies op. Sy dink aan hoe haar baba se eerste skooldag sal verloop en droom salig deur die laerskooldae en die hoërskoolloopbaan van daardie twee-strepies-baba. Sy sien in haar droomwêreld haar kind se talente en prestasies, ook hoe die kleinding later volwasse word en self trou. Sy droom hoe haar kind met ’n eie gesin begin. Haar droom strek selfs so ver soos kleinkinders … En sy maak die eerste afspraak by haar dokter.

    Haar man is salig onbewus van die fantasiewêreld waarin sy vrou haar bevind; hy sien net die naar en energielose vrou wat teen sononder al in die bed klim en allerhande vreemde eetgewoontes ontwikkel. Nogtans gaan hy saam na daardie eerste ondersoek.

    Die eerste ondersoek en sonar word meestal op 8 weke geskeduleer. Die swanger vrou en haar man hou hulle harte versigtig en opgewonde vas oor wat met hierdie besoek sal gebeur en oor wat gesê en gesien sal word. Om nie eens van hulle lyste vrae te praat nie! In die meeste gevalle is die nuus opwindend, goed en gunstig, en die naarheid en moegheid maak skielik sin.

    Ongelukkig het meer as net ’n paar vroue nie ’n goeie 8-weke-afspraak nie. Hulle hoor nie die nuus wat hulle wil hoor nie. Hulle sien nie die hartklop wat hulle verwag het nie. Dié hartseer nuus laat menige vrou se droomwêreld aan skerwe spat.

    Dit laat my altyd dink aan wat ek in Romeine 8:18-30 lees. Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie. Die skepping sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie sy kinders is. Die skepping is immers nog aan verydeling onderworpe, nie uit eie keuse nie, maar omdat God dit daaraan onderwerp het. Daarby het Hy die belofte van hoop gegee: die skepping sal self ook bevry word van sy verslawing aan die verganklikheid, om so tot die vryheid te kom van die heerlikheid waaraan die kinders van God deel sal hê. Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting. En nie net die skepping nie, maar ook ons wat die Gees ontvang het as die eerste gawe van God, ons sug ook. Ons sien daarna uit dat God sal bekend maak dat Hy ons as sy kinders aangeneem het: Hy sal ons van die verganklikheid bevry. Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat ’n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding. Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges. Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is. Dié wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. En dié wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik.

    Ons leef in ’n gebroke wêreld waar drome en hoop nie gewaarborg word nie en waar nie alle vrae antwoorde het nie. Hoe kom ’n mens by hierdie nuus verby? Hoe stap jy by die dokter se spreekkamer uit en kyk die lewe in die oë? Hoe troos jy jou hart? Hoe vertel jy vir almal van jou hartseer? Wat maak jy met die fraaie kleertjies wat jy al skelm-skelm gekoop het? Hoe gaan jy ooit weer kan glo en hoop om weer ’n kans te waag om swanger te word? Wat gaan die mense en familie sê? Is daar iets fout met jou? Pas jou gene en jou man s’n nie bymekaar nie? Met wie kan jy gaan praat? Hoekom jy? Dit gebeur dan nie met die vroue in jou vriendekring nie. Sal jou man vir jou lief bly? Hoe gaan jy hierdeur kom?

    In 12-15 % van alle swangerskappe is die eerste doktersbesoek ’n ontnugterende ervaring. Dít is hoe algemeen miskrame voorkom.

    Dit bly ’n onaangename ervaring. Jou lyf het die simptome gewys en die bloedtoets was positief. Hoekom kan die dokter dan nie tekens van lewe op die sonar sien nie? En wat sién die dokter?

    Die sonar wys dalk geen vrugsakkie in jou baarmoeder nie, of miskien is die vrugsakkie buite die baarmoeder. Soms is die vrugsakkie glad nie sigbaar nie. Of dit is daar, maar nie normaal gevorm nie. Ander kere is daar ’n vrugsakkie sonder ’n fetale pool. Ander kere sien ’n mens die vrugsakkie en ’n kleine baba so groot soos ’n boontjie, maar daar is geen hartklop as bewys van lewe nie.

    En die droom verbrokkel …

    Jy begin dadelik wonder: Is-jy-seker-Dokter? Kyk-tog-asseblief-net-weer. Jy baklei teen die trane. Daar is ’n ongemaklike stilte en die dokter soek na woorde. Maar geen woorde is gepas in ’n situasie soos hierdie nie.

    ’n Menigte variasies op hierdie hartseer toneel speel elke dag in spreekkamers af.

    Baie min vroue weet hoe om so ’n hartseer situasie te hanteer. Jy is so sprakeloos en oorweldig. Jy is teleurgesteld. Jy weet nie herwaarts of derwaarts nie. Wat het die miskraam veroorsaak? Het jy iets verkeerds gedoen? Gaan jy ooit kinders hê? Wat gaan nou gebeur? Wat gaan in jou liggaam aan? Hoekom bloei jy nie? Hoekom is al die swangerskapsimptome daar? Watter behandeling is beskikbaar?

    Midde-in al hierdie vrae wens die meeste vroue hulle kan net in ’n bondeltjie oprol en maak of die ervaring in die spreekkamer nooit gebeur het nie.

    Ek sal vir jou probeer verduidelik wat met ’n miskraam gebeur. Dalk lees jy dit eers lank ná jou miskraam. Dan sal alles wat met jou gebeur het, dalk vir jou ’n bietjie meer sin maak.

    Ons almal verskil van mekaar. Ons almal kyk op ’n ander manier, ’n unieke manier, na die lewe. Ons almal het die vermoë om pyn en teleurstelling te verwerk; ons doen dit net op ons eie manier en teen ons eie pas.

    Party vroue neem ’n daadwerklike besluit om die teleurstelling te verwerk en voort te gaan met die lewe. Ander besluit om nie in die dowwe spieël te kyk nie, pak die pynlike ervaring diep in hulle hart en gedagtes weg en gaan aan met die lewe. Hulle vra nie te veel vrae nie, maar op ’n dag – maande of selfs jare later – kom die gedagtes van ’n lank vergete miskraam en die onverwerkte verlies skerp na vore. Dit kan byvoorbeeld gebeur wanneer een van jou kinders deur dieselfde trauma gaan. Sommige vroue treur intens ná ’n miskraam. Hulle huil en rou oor die verlies. Soms is hulle familie bekommerd oor hulle skynbaar oordrewe reaksie.

    Daar is geen regte of verkeerde manier om in hierdie hartseer omstandighede te reageer nie. Ons almal verskil en reageer verskillend.

    Die feit dat jy met hierdie boek in jou hand sit, beteken egter jy het iewers die seer en pyn van ’n onverwagte miskraam of swangerskapverlies beleef, dalk selfs meer as een keer. Mag die woorde en feite uit die mediese wêreld dan vir jou troos en perspektief bring. As dit dalk meer vrae in jou wakker maak, maak asseblief seker jy kry sover moontlik die antwoorde daarop by ’n professionele persoon.

    In so baie gevalle kan ons as medici nie ’n rede vir die swangerskapverlies vind nie. Dikwels is dit ook vir ons ’n moeilike situasie om te hanteer.

    Die meeste dokters se begeerte is om die lewe beter te maak vir dié wat ly of swaarkry, om pyn te verlig en om hoop te bring. ’n Swangerskapverlies is daarom ’n ongemaklike situasie vir ’n dokter om te hanteer omdat ons nie elke lewe kan red nie, hoe graag ons ook al wil.

    Dalk beleef jy jou dokter as onsimpatiek en koud. Weet dan dat jou dokter waarskynlik sy of haar eie emosies probeer beskerm. Dokters weet ook nie altyd hoe om hulle pasiënte emosioneel en geestelik te versorg nie.

    Kom ons gesels nou stap vir stap deur die mediese aspekte van ’n swangerskapverlies; deur die kliniese feite. My hoop is dat dit vir jou antwoorde op talle van jou vrae sal gee. Ek verdeel hierdie aspekte onder die volgende punte:

    •Definisie en terminologie

    •Statistiek

    •Die begin

    •Oorsake in die verskillende trimesters

    •Behandelingsopsies – wat moet ek doen?

    •Voorkoming en die toekoms

    Definisie en terminologie

    Definisie

    Die Wêreldgesondheidsorganisasie definieer ’n verlies vóór 20 weke gestasie voltooi is (met ander woorde, voordat 20 voltooide weke van swangerskap ná die eerste dag van die laaste maandstonde verloop het) of ’n baba wat minder as 500 gram weeg as ’n miskraam.

    In Suid-Afrika is die definisie vir lewensvatbaarheid egter 28 voltooide weke of 1 000 gram. Die Suid-Afrikaanse wetgewing beskerm die beperkte publieke hulpbronne van ons land. In die privaat sektor, waar daar meer hulpbronne beskikbaar is, kan daar uitsonderings op die wetgewing gemaak word en ’n baba met ’n gestasietydperk van bloot 26 weke kan ’n kans op lewe gegee word.

    ’n Baba wat ná 28 weke doodgebore word, staan bekend as ’n stilgeboorte of ’n intra-uteriene sterfte.

    Wêreldwyd is daar ’n voortslepende debat oor die definisie van lewe. Waar begin lewe? Wanneer kan ’n baba gered en ’n kans gegun word?

    Embriologiese ontwikkeling speel hier natuurlik ’n uiters deurslaggewende rol. Hoe ver het die baba se onderskeie stelsels teen die tyd van die miskraam ontwikkel?

    Daar word gereken dat 15 % van bevrugte eierselle nooit die baarmoeder bereik nie. Die embrio gaan dus reeds vóór implantering in die uterus verlore. In mediese kringe staan dit as ’n biochemiese swangerskap bekend.

    Ná implantering bly die kans op ’n verlies hoog, veral in die eerste trimester (dit is, week 4, 8 en 12).

    Namate die swangerskapweke verloop, word die kans op ’n miskraam al kleiner. Teen die tyd dat die fetale hart met ’n sonarondersoek sigbaar is, verminder die kans van verlies na 4 %. Ná 12 weke is die kans op verlies slegs 1 %.

    Terminologie

    Hier is ’n redelik omvattende lys van die verskillende soorte miskrame en ’n beskrywing daarvan:

    Spontane miskraam – vaginale bloeding en buikkrampe kom voor nadat bevrugting en implantering spontaan plaasgevind het. ’n Fetus of baba word geïdentifiseer, maar die fetale hart het ophou klop en die baba ontwikkel nie verder nie.

    Geïnduseerde miskraam – dit volg op ’n mediese aanbeveling om die swangerskap te beëindig; medisyne word voorgeskryf om lewe te beëindig.

    Dreigende miskraam – die fetale hart klop wel, maar die vrou ervaar buikkrampe en vaginale bloeding en die serviks of baarmoedermond toon tekens van ontsluiting. Tog is daar nog ’n sprankie hoop, afhangende van wanneer in die swangerskap dit gebeur.

    Volledige miskraam – daar is sterk vaginale bloeding en buikkrampe en met ’n sonarondersoek is die baarmoeder leeg. Al die produkte van die swangerskap is reeds deur die baarmoedermond uitgeskei. Die vrou kan steeds buikkrampe voel en ’n geringe hoeveelheid vaginale bloeding ervaar.

    Onvolledige miskraam – daar is baie vaginale bloeding en buikkrampe en met ’n sonarondersoek is daar steeds swangerskapsprodukte in die baarmoeder teenwoordig.

    Teruggehoue miskraam – daar is geen vaginale bloeding of buikkrampe nie, maar met ’n sonarondersoek word geen fetale hart gesien nie en die gestasiesakkie is nog heel.

    Septiese miskraam – ’n vrou gaan deur ’n miskraamproses, maar ernstige infeksie in die uterus lei tot hierdie lewensbedreigende toestand. Dit is ’n noodtoestand en die vrou moet ’n noukeurige lediging in die teater ondergaan. Die dokter sal die nodige antibiotika voorskryf om te voorkom dat die vrou weens wydverspreide infeksie haar baarmoeder verloor. Soms word ’n histerektomie gedoen om die infeksie te behandel. Onvoldoende behandeling kan daartoe lei dat die vrou sterf.

    Statistiek

    Die oomblik wanneer ’n vrou in haar reproduktiewe jare nie meer ’n vorm van voorbehoeding gebruik nie, kan sy swanger

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1