Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Piekfyn Afrikaans Graad 4 Huistaal Leerderboek: ’n Geïntegreerde taalteks
Piekfyn Afrikaans Graad 4 Huistaal Leerderboek: ’n Geïntegreerde taalteks
Piekfyn Afrikaans Graad 4 Huistaal Leerderboek: ’n Geïntegreerde taalteks
Ebook598 pages10 hours

Piekfyn Afrikaans Graad 4 Huistaal Leerderboek: ’n Geïntegreerde taalteks

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Piekfyn Afrikaans Graad 4 is gemik op leerders wat Afrikaans as Huistaal neem. Dit bevat interessante leerstof en volkleur illustrasies om visuele geletterdheid te bevorder. Al die taalinhoud, aktiwiteite, speletjies en ander oefeninge word met dié van ander vakke geïntegreer sodat die kennis wat die leerders opdoen, hulle ervaringswêreld verryk en hul sodoende deeglik voorberei vir Graad 5.
Die aktiwiteite is gerig op die verwerwing van al die taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, taalspeletjies, stories, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is leerders se voorland. Leerders word deurlopend blootgestel aan luister, praat, lees, kyk, skryf en hulle word uitgedaag om Afrikaanse taalstrukture speels, kreatief, vloeiend en ekspressief te gebruik. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop, Taalgids en Letterkundegids berei leerders vir enige soort taak voor. Dan is daar boonop die Piekfyn Afrikaans Leesboek om leerders se leesvaardighede te ontwikkel en ’n liefde vir lees te kweek.
Geniet ’n piekfyn leerervaring!
KABV-geskik.
LanguageAfrikaans
PublisherBest Books
Release dateJul 15, 2017
ISBN9781776071722
Piekfyn Afrikaans Graad 4 Huistaal Leerderboek: ’n Geïntegreerde taalteks
Author

Rina Lamprecht

Rina Lamprecht is 'n oudonderwyseres en samesteller en outeur van Afrikaanse handboeke en taaltekste. Sy is veral bekend as samesteller van die Piekfyn Afrikaans Huistaal-reeks vir Graad 4-9.

Read more from Rina Lamprecht

Related to Piekfyn Afrikaans Graad 4 Huistaal Leerderboek

Titles in the series (22)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Piekfyn Afrikaans Graad 4 Huistaal Leerderboek

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Piekfyn Afrikaans Graad 4 Huistaal Leerderboek - Rina Lamprecht

    Rina Lamprecht, Minda Groenewald, Marlene Venter, Suzette Brümmer

    Die uitleg van hierdie digitale uitgawe van Piekfyn Afrikaans Graad 4 Leerderboek vir Huistaal kan verskil van dié van die gedrukte weergawe, afhangende van die instellings op jou leser. Die uitleg vertoon optimaal as jy die standaard instellings op jou leser gebruik. Lesers kan eksperimenteer met die instellings om die vertoning te verbeter.

    Liewe graad 4-leerder

    Jy is nou in die Intermediêre Fase van jou skoolloopbaan! Piekfyn Afrikaans gaan nuwe en heerlike uitdagings aan jou stel. Die samestellers gaan uitbrei op die doelwitte wat jy reeds in graad 3 bemeester het. ’n Piekfyn Afrikaanse taalervaring is jou voorland!

    In module 1 kom jy agter dat die lewe en lewende dinge van water afhanklik is. Besoedelde water kan duisende mense, diere en selfs die hele natuur siek maak.

    Module 2 gaan die ritme in jou wakker maak en jy gaan net wil dans, dans, dans … Ja, ballet is nie vir sissies nie. Dit verg baie spierkrag om iemand hoog op te lig en steeds lig op jou voete te beweeg.

    Module 3 slyp jou entrepreneursvaardighede en -kennis en jy sal ook kan sing: Ek sou kon doen met ’n miljoen. Lees hoe ’n bosvarkie ’n Mark Shuttleworth wou word.

    Die tema van module 4, Ek het regte … maar jy het ook regte … wat nou?, hou allerhande interessanthede in. Pak kaalvuis die boelies wat jou pla en staan jou man. Lees ook hoe om jou selfvertroue ’n hupstoot te gee.

    In module 5 ondersoek ons kleurryke klere: Van karos tot troupak. Ons doen ook navorsing oor verskillende huwelikseremonies, Madiba se hemde en gesels heerlik oor oupas en oumas.

    Ons land is mooi … kom ons hou dit mooi is die houding wat module 6 van jou vra. Lees dat goud nie vir jou geluk kan bring nie en dat ’n gesonde omgewing jou op droomreise kan neem.

    Module 7 neem jou van ver terug tot vandag – n klein landjie met min mense, maar baie om die lyf. Afrikaans is propvol mooi gedigte en verhale soos die volksvertellings van die San. In hierdie module gaan jy ook ontdek dat ons taal baie woorde van ander tale leen.

    Sluit die Piekfyn Afrikaans-leerervaring af met module 8 en vra vir almal: Staan jy jou plek vol? Maak Wiskunde pret omdat dit oral om ons is.

    Elke module bied jou Pitkos en In n neutedop om jou taalkennis ’n hupstoot te gee. Pitkos gee jou wenke oor hoe om jou take en opdragte reg aan te pak en In n neutedop, die Taalgids en die Letterkundegids is jou leerwerk vir Afrikaans.

    Geniet graad 4 met jou Piekfyn Afrikaans!

    Die samestellers

    In hierdie module gaan jy van die aarde en die waterlose ruimte om jou lees. Jy gaan soekleesvaardighede toepas om vrae oor die sonnestelsel te beantwoord. Verder gaan jy ook kennis maak met die verskillende soorte sinne.

    In die fabel Krokodil is snoep met water is dit duidelik dat water vir diere belangrik is: om in te bly en om hulle dors te les.

    Water kan lewens red, maar water kan ook in die vorm van cholera die dood van duisende mense veroorsaak. Lees hoe sakemanne ’n bydrae kan maak om die omgewing skoner en veiliger te hou.

    Die gedig Bergfonteintjie gaan die huppel in jou stap terugsit wanneer jy lees hoe ’n bergfontein ontstaan. Dis maklik om ’n kraan wat lek, te herstel as jy die stappe ken.

    Saam met jou maats gaan julle ’n plakkaat en ’n slagspreuk skryf en so jou groepdinamika vir die jaar slyp. Aktiwiteit 7 leer jou dat alle mense die reg op menswaardigheid het: selfs in die werkplek.

    Taalstrukture soos alfabetiese volgorde, hoofletters, afkortings, soorte sinne, verskillende tye en werkwoorde skop die jaar se taalaktiwiteite af.

    Vir uitgebreide leeswerk gaan jy die verhaal Jakkals red padda se lewe van Elsa Joubert en die gedig Die dieretuindiere van Elizabeth van der Merwe lees.

    Aktiwiteit 1: Lees en kyk vir begrip

    •Luister en praat

    •Lees en kyk

    •Taalstrukture en -konvensies

    •die sentrale idee in ’n teks bespreek

    •leesvaardighede gebruik

    •woorde met d/t en f/v korrek spel

    •sinsoorte korrek gebruik.

    Jy gaan hierdie jaar met verskillende soorte tekste kennis maak. Elke aktiwiteit begin met ’n teks waarna jy moet luister, of wat jy moet lees voordat jy vrae kan beantwoord. Jy sal dus verskeie luister- en leesvaardighede moet inspan om alles baas te raak.

    Pitkos

    Leesvaardighede

    •Vluglees is wanneer ’n teks net vlugtig gelees word om vas te stel waaroor die teks handel. Lees op bladsy 90 meer oor vluglees.

    •Soeklees is wanneer daar na spesifieke inligting gesoek word sonder om die teks noukeurig deur te lees.

    •Begripslees is wanneer die inhoud aandagtig deurgelees word met die doel om dit te begryp.

    •Aandagtige lees is wanneer die teks deeglik gelees word om die inhoud te verstaan en om die inligting te kan weergee.

    Preleesaktiwiteit

    Vluglees eers die teks Ons sonnestelsel om vas te stel waaroor die teks handel. Daarna gaan jy dit soeklees.

    Pitkos

    Waarom vluglees ons ’n teks? Jy lees om

    •’n idee of ’n prentjie te kry waaroor die teks handel

    •’n idee te kry van hoe moeilik of maklik die teks is

    •te besef hoe belangrik woordeskat is

    •die opdragte en vrae oor die teks te kan doen

    •jou voor te berei vir die vrae wat jy moet beantwoord.

    Hoe sal jy hierdie teks vluglees?

    •Kyk na die opskrifte en die foto’s van die teks.

    •Lees die inleidingsparagraaf.

    •Lees die eerste sin van elke paragraaf.

    Luister eers hoe jou onderwyser die teks voorlees.

    Ons sonnestelsel

    Daar is agt planete in ons sonnestelsel wat al almal deur ruimtetuie besoek is. Party tuie was beman en ander onbeman.

    Mercurius, die pokkerige maanwêreld, is die naaste aan die son en het moontlik sy naam gekry omdat hy so vinnig deur die hemelruim beweeg.

    Venus, die vuurpoel, is die tweede planeet van die son af en is die helder voorwerp wat ons as die aandster of môrester ken. Die temperatuur op Venus se oppervlakte is die hoogste in die sonnestelsel en is warm genoeg om lood te laat smelt.

    Die derde planeet van die son af is ons eie Aarde, lewend en vrugbaar. Ons aarde is baie beslis ’n oase in die ruimte. Dit is die enigste planeet in die sonnestelsel waar lewe soos ons dit ken, kan bestaan. Indien ’n besoeker van ’n ander planeet – as daar so iets soos groen mannetjies is – ons aarde sou besoek, sou hulle heel moontlik na intelligente lewe in die see gaan soek. Ons wêreld is tog ’n waterplaneet – 70 persent van die aarde is onder water.

    Mars word die Rooi Planeet genoem, moontlik as gevolg van die stofstorms, wat groot, geel stofwolke uit sy roeserige grond opklits. Mars is die vierde planeet van die son af. Hierdie yskoue woestynplaneet het sy naam gekry van die oorlogsgod van die Romeine.

    Anderkant Mars verander die sonnestelsel. Die planete is yskoue, gasagtige reuse, waarvan Jupiter die grootste is. Jupiter is die vyfde planeet van die son af en is net ’n groot bol gas.

    Saturnus is die sesde planeet van die son af en is naas Jupiter die grootste planeet in die sonnestelsel. Wat Saturnus so interessant maak, is die feit dat daar so baie mane en skitterende ringe om die planeet is wat ons deur ’n teleskoop kan sien. Sommige van die ringe is rooierig, terwyl een ’n blou kleur het.

    Uranus is die sewende planeet van die son af en wat hom anders maak, is die feit dat die planeet op sy sy om die son wentel.

    Die windverwaaide Neptunus is die agste planeet van die son af. Neptunus het ’n blou kleur en daar waai sterker winde as enige ander planeet in die sonnestelsel.

    (Verwerk van: www.mieliestronk.com)

    Pitkos

    Wat is soeklees?

    Beweeg jou oë vinnig oor ’n bladsy om een spesifieke woord, ’n datum of ’n naam te soek sonder om die teks te lees.

    Wanneer soeklees ’n mens?

    Wanneer jy ’n vraag moet beantwoord en jy soek ’n sleutelwoord. Jy gebruik dit ook as jy ’n woord in ’n woordeboek naslaan.

    Hoe soeklees ’n mens?

    Neem ’n sleutelwoord uit jou vraag en soek die woord in die teks.

    •By vraag 1 sal die woord besoek ’n sleutelwoord wees.

    •By vraag 4 sal dit Venus wees.

    Leesbegrip

    Hoe goed het jy die teks verstaan? Doen die volgende:

    •Lees eers die vrae deur.

    •Lees die teks aandagtig deur en beantwoord die vrae.

    •Maak van soeklees gebruik waar nodig.

    1.Mense het van die planete besoek. Hoe het hulle daar gekom? (1)

    2.Wat is die verskil tussen beman en onbeman? (2)

    3.Hoe het Mercurius moontlik sy naam gekry? (1)

    4.Venus is ’n baie helder planeet. Wat noem ons dié planeet ook? (2)

    5.Venus is ook ’n baie warm planeet. Gee ’n bewys uit die teks wat bevestig dat Venus baie warm is. (1)

    6.Hoe verskil die sonnestelsel anderkant Mars? (1)

    7.Na wie is Mars vernoem? (1)

    8.Mars word ook die Rooi Planeet genoem. Waarom? (1)

    9.Saturnus is ’n baie interessante planeet. Waarom sê ons so? (2)

    10.Wat maak Uranus uniek? (1)

    11.Verduidelik waarom Neptunus windverwaaid genoem word. (1)

    12.Sê in jou eie woorde wat sterrekundige beteken. (1)

    13.Die planete in kolom A stem nie ooreen met die volgorde van die beskrywings in kolom B nie. Kyk of jy die regte beskrywing vir elk van die planete kan kry. (5)

    Totaal: 20 punte

    Formele assessering

    Jou onderwyser gaan jou antwoorde volgens ’n memorandum nasien.

    Nou gaan jy uitvind hoe interessant Afrikaans kan wees. Jy verstaan die teks en nou gaan jy jou taalvaardighede opskerp.

    Spel reg

    14.Lees die volgende woorde hardop voor.Wat kom jy agter as jy land en rant uitspreek? En fonds en vonds?

    d-/t- en v-/f-woorde

    In Afrikaans gebruik ons soms verskillende letters om dieselfde klank voor te stel. Byvoorbeeld:

    Die vyf bemanningslede wentel om die aarde.

    Die eerste hond in die ruimte was bont van kleur.

    Wenk: As jy onseker is of ’n woord op ’n d of t eindig, spreek die woord in die meervoud uit. Byvoorbeeld: hond – honde; hand – hande.

    Jy hoor die d-klank in die meervoud. Die woord eindig in die enkelvoud ook op ’n d.

    15.Voltooi nou die sinne deur die korrekte woord tussen hakies te kies.

    a)Jy moet (altyd/altyt) betyds wees.

    b)Die vuur (brand/brant) heerlik warm.

    c)Ek bad elke (aant/aand) voor ek gaan slaap.

    d)’n Reus is baie (groot/grood).

    e)Ek eet (brood/broot) vir (ontbyt/ontbyd).

    f)Die sterrekundige is ’n man van (faam/vaam).

    g)Hulle het ’n (fonds/vonds) gestig om geld in te samel vir die ruimtevaarders.

    h)Die sterrekundiges (vier/fier) fees nadat hulle water op Mars ontdek het.

    i)Die webtuiste, www.mieliestronk.com, het ’n (vel/fel) uitspraak op die webtuiste gelewer.

    j)Hulle (veil/fyl/feil) stukkies maanrots op om geld in te samel.

    k)Die sterrekundiges se (friende/vriende) wil graag meer van Mars en Jupiter weet.

    16.Kies die regte woord:Ek loop met my (hont/hond) op die (strant/strand). Hy het ’n groot (mont/mond) en hy kan baie (vreet/vreed) en daarom is hy lekker (ront/rond) en (breet/breed).

    17.In die volgende sinne kom nege spelfoute voor. Soek die spelfoute en skryf die woorde se korrekte spelling neer.

    a)Jy moed eers graad 12 foltooi voordat jy ’n ruimtevaarder kan wort.

    b)Bestudeer solank ’n kaard van die ruimte en leer die name van die planete van Venus tot Mars.

    c)Die gront op die maan is baie droog.

    d)Wetenskaplikes het nie moed ferloor in hul soeke na planete nie.

    e)Die wetenskaplike se hard was gebreek nadat Pluto as dwergplaneed aangewys is.

    f)Die ruimtevaarder se vamilie is trots op hom.

    Sinne en hul dinge

    Afrikaans bestaan nie net uit woorde nie, maar ook uit verskillende soorte sinne. Leer oor sinne die volgende:

    Sinsoorte

    Daar is vier soorte sinne:

    Stelsin. Hierdie soort sin maak ’n stelling en eindig met ’n punt. Byvoorbeeld: Daar is agt planete.

    Vraagsin. Hierdie soort sin vra ’n vraag en het ’n vraagteken aan die einde van die vraag. Byvoorbeeld: Is daar agt planete?

    Bevelsin: Hierdie tipe sin gee ’n bevel of opdrag en het soms ’n uitroepteken aan die einde van die sin. Byvoorbeeld: Noem die agt planete!

    Uitroepsin: Hierdie tipe sin druk ’n gevoel uit. Die uitroepsin kan met tussenwerpsels soos Haai, Eina, Aitsa en Sjoe begin. Die uitroepsin het ’n uitroepteken aan die einde van die sin. Byvoorbeeld: Haai, daar is regtig agt planete!

    Onthou:

    ’n Vraagsin het ’n vraagteken (?).

    ’n Bevelsin en uitroepsin het elk ’n uitroepteken (!).

    Kyk na die volgende illustrasie en lees wat elke karakter te sê het. Die karakters is van links na regs Sandile, Adelle, Yovashnee en Abdullah.

    Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek:

    18.a)Watter soort sin gebruik Adelle?

    b)Watter soort sin gebruik Sandile?

    c)Skryf Abdullah se sin oor sodat hy ’n vraag vra.

    d)Verander Yovashnee se uitroepsin sodat dit ’n stelsin is.

    19.Formuleer vrae waarop die volgende antwoorde kan wees.

    a)Neptunus het ’n blouer kleur as enige ander planeet.

    b)Saturnus is die sesde planeet van die son.

    c)Die planete is yskoud en gasagtig.

    d)Uranus is in die moderne tyd ontdek.

    20.Verander die volgende sinne sodat Abdullah dit as ’n uitroep sou sê.

    a)Saturnus het interessante kleure ringe.

    b)Mars is die vierde planeet van die son af.

    Preleesaktiwiteit

    Werk saam met ’n maat en kyk na die strokiesprent hieronder.

    •Lees die titel.

    •Vluglees die illustrasies van die strokiesprent – hoe lyk die karakters en wie dink jy stel hulle voor?

    •Waar dink jy speel dit af?

    •Kan julle voorspel waaroor die strokiesprent handel?

    Lees die strokiesprent aandagtig deur en beantwoord die volgende vrae:

    1.Die karakters:

    a)Watter twee karakters kom in hierdie strokiesverhaal voor? (2)

    b)Word hierdie karakters menslik voorgestel of word daar met hierdie karakters gespot? Gee redes vir jou antwoord. (2)

    c)Hoe verskil die karakters se gesigsuitdrukkings van die eerste vyf raampies van dié van die laaste raampie? (2)

    2.Agtergrond/omgewing:

    a)Waar speel die strokiesverhaal af? (1)

    b)Skryf voorbeelde van voorwerpe uit die strokiesverhaal neer om jou antwoord in die vorige vraag te motiveer. (1)

    3.Taalgebruik en lettertipe:

    a)Hoe dra die lettertipe in die titelraampie by tot die tema van die strokiesverhaal? (1)

    b)Kies die korrekte antwoord: Die karakters gebruik (formele/informele) taal teenoor mekaar. (1)

    4.Waaroor handel die strokiesverhaal volgens die titel? (1)

    5.Hoekom is die slot van die strokiesverhaal verrassend? (1)

    6.Met watter karakter het jy geïdentifiseer? Gee redes vir jou antwoord. (1)

    7.Watter aksie/insident is vir jou snaaks? Waarom? (1)

    8.Hoe sou jy gereageer het as jy in Susan se plek was? (1)

    Totaal: 15 punte

    Daaglikse assessering

    Sien jou antwoorde na volgens die onderwyser se memorandum.

    Aktiwiteit 2: ’n Volksverhaal

    •Luister en praat

    •Lees en kyk

    •Skryf en aanbied

    •Taalstrukture en -konvensies

    In hierdie aktiwiteit gaan jy

    •na ’n kortverhaal/volksverhaal luister

    •die storie aan jou maats oorvertel

    •’n storie aandagtig deurlees en vrae beantwoord

    •’n storie met behulp van ’n raam skryf

    •die boodskap in die verhaal bespreek

    •die kappie korrek gebruik

    •sinsoorte korrek binne konteks gebruik

    •hoofletters, die komma en punt korrek gebruik

    •moeilike spelwoorde in jou eie woordeboek skryf.

    Prelees: Gesels in groepe

    •Wat beteken die titel? Gebruik ’n woordeboek om te kyk wat snoep beteken.

    •Kyk na die prente. Wie dink julle is die hoofkarakter in die storie?

    •Wat dink julle gaan in die verhaal gebeur?

    •Wat vertel die illustrasie vir julle?

    Luister na die volgende volksverhaal (fabel) wanneer jou onderwyser dit voorlees.

    Krokodil is snoep met water

    Oorvertel deur Pieter W. Grobbelaar

    Krokodil wil geen diere toelaat om van die rivierwater te drink as hulle nie vleis gee as betaling nie. Die diere steel water, maar dis gevaarlik, want Krokodil kan orals opduik. Jakkals besluit die water behoort aan alle diere, want hulle moet ook drink om te kan lewe. Hy gaan rivier toe.

    Krokodil vra dadelik: Waar is my betaling?

    Jakkals sê: Ek het ’n slaghuis oopgemaak en môre bring ek vir jou wors.

    Eers betaal, dan drink, sê Krokodil.

    Ek wil nie water hê nie, sê Jakkals. Ek wil waterbiesies eet om sooibrand te keer.

    Eet dan, sê Krokodil. Jakkals knaag die biesies naby die water af sodat hy genoeg te drinke kry.

    Toe hy weer dors word, knoop Jakkals die vel van ’n vlakhaas vol sand en klippe. Hier is die wors wat ek jou belowe het! roep hy.

    Gooi! sê Krokodil en maak sy mond oop. Jakkals gooi die haasvel en Krokodil hap en voel hoe dit onder sy tande knars. Jakkals gaan voort om waterbiesies te kou.

    Die volgende warm dag is Jakkals weer dors en hy knoop ’n duikervel vol stukkies boomtakke en afgekoude bene.

    Ek het vir jou lekker wors gebring, sê Jakkals.

    Ek hoop dis beter as laas, brom Krokodil. Gister s’n was te veel gekruie.

    Jakkals gooi en Krokodil sluk. Heerlik, nè? vra Jakkals.

    Jou worsvleis smaak soos hout! kla Krokodil terwyl Jakkals hom knuppeldik drink aan die water.

    Ek het nie ’n koelkamer om die vleis koud te hou nie, sê Jakkals.

    Kry dan een, of jy kry nie weer waterbiesies nie, antwoord Krokodil nors.

    Dan moet ek hier in die rivier ’n koelkamer bou, sê Jakkals.

    Krokodil laat dit toe en terwyl Jakkals met sy snoet grawe, drink hy ’n week lank verniet totdat Krokodil sê: Nee, jy grawe te stadig.

    Dan stop ek maar! sê Jakkals asof die vleiskamer Krokodil se idee was.

    Krokodil het later moeg geword om die diere vir die water te laat betaal, en hy het maar weer sy eie kos gevang. Jakkals kou nog steeds biesies, maar sorg dat hy ver van Krokodil af bly.

    (Verwerk uit Klaas Naald-hulle se Afrikaanse oustories. Human & Rousseau, 2008.)

    Gesels in groepe oor die storie

    •Vertel die storie vir mekaar in die regte volgorde oor.

    •Wat is die hoofgedagte van hierdie fabel? Waaroor handel hierdie fabel?

    •Dink jy Jakkals het reg opgetree deur Krokodil so te kul? Gee ’n rede vir jou antwoord.

    Hierdie verhaal staan bekend as ’n fabel (volksverhaal). Fabels, sprokies, mites en legendes het as volksverhaal bepaalde kenmerke. Lees die kenmerke van volksverhale en beantwoord dan die daaropvolgende vrae.

    Pitkos

    Volksverhale (sprokies, mites, legendes, fabels, belewenisse, sages) het ontstaan as mondelinge verhale wat van geslag tot geslag oorvertel is.

    •Die doel van volksverhale is om die gehoor te vermaak.

    •Volksverhale laat die leser wonder wat die verhaal beteken omdat dit gewoonlik baie kort is, min intrige bevat en hoofsaaklik van dialoog en handeling gebruik maak.

    •Volksverhale bevat gewoonlik ’n verduideliking vir die ontstaan van mens en dier, van die aarde en natuurelemente. Soms verklaar dit ook hoekom die een of ander dier in onguns verval het.

    •Volksverhale begin en eindig gewoonlik met kenmerkende sinsdele. Die inleiding is byvoorbeeld: Daar was eendag …, Lank, lank gelede, toe … of In die tyd toe …

    •Slotdele is weer byvoorbeeld Dit is al of Die storie is klaar. Verhale wat ’n verduideliking bied, eindig dikwels met sinsdele soos Van daardie dag af … of Dit is hoe dit gekom het dat …

    •Karakters het nie eiename nie en staan bloot bekend as byvoorbeeld die vrou, die jakkals, ensovoorts.

    Beurtlees die verhaal saam met ’n maat

    Skryf die antwoorde in jou werkboek.

    1.Voltooi die volgende paragraaf deur een van die woorde wat gegee word, te kies en in die oop gedeeltes in te vul.

    Krokodil is a) … met die water en wil die diere laat b) … Die ander diere c) … water, alhoewel dit d) … is. Jakkals e) … hom deur met f) … te betaal. Hy g) . . ook deur te sê dat hy net h) … wil eet. Jakkals belowe om ’n i) … te bou, maar Krokodil raak moeg j) … en gee op.

    2.Volksverhale het spesifieke kenmerke soos dat die karakters nie spesifieke name het nie. Skryf die verskillende karakters se name neer wat in hierdie volksverhaal voorkom.

    3.Sou jy die verhaal as vermaaklik beskou? Gee ’n rede vir jou antwoord.

    4.Krokodil wou geen dier toelaat om water te drink nie. Wat moes hulle doen as hulle wou water hê?

    5.Wat moet ’n dier doen om te kan lewe?

    6.Hoekom moes Jakkals kwansuis elke dag waterbiesies eet?

    7.Die uitdrukking sê: So slim soos ’n jakkals. Hoe het Jakkals vir Krokodil uitoorlê?

    8.Noem twee dinge waaroor Krokodil kla nadat Jakkals vir hom die vleis gegooi het.

    9.Waar wil Jakkals ’n koelkamer maak?

    10.Hoe lank grawe Jakkals om sy koelkamer te bou voordat Krokodil kom kla?

    11.Krokodil het weer sy eie kos begin vang. Hoekom moes hy dit doen?

    12.Soek woorde in die fabel wat dieselfde beteken as die volgende woorde:

    a)kou

    b)smaaklik

    c)versadig

    d)onvriendelik

    13.Soek woorde in die teks wat die teenoorgestelde betekenis het as die volgende woorde:

    a)veilig

    b)toegemaak

    Voorbereide hardoplees

    Gaan berei die volksvertelling Jakkals red padda se lewe in die Piekfyn Afrikaans Leesboek voor vir hardoplees. Jou onderwyser gaan jou hardoplees formeel assesseer.

    Beantwoord ook die volgende vrae:

    Dit gebeur soms dat ’n skryfteken die betekenis van ’n woord kan verander. Lees die volgende twee sinne

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1