Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Op pad: 'n Reisjoernaal
Op pad: 'n Reisjoernaal
Op pad: 'n Reisjoernaal
Ebook264 pages3 hours

Op pad: 'n Reisjoernaal

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

As Dana ná besoeke aan Orania, sy ouma-hulle se erf, Adriaan Vlok (met sy voetwasskottel) en Manji van Nkandla huis toe ry, is dit met 'n nuwe manier van kyk - en 'n nuwe hond. Die verhaal neem sy loop deur die Rugby Wêreldbeker, ontmoetings met oom Frik du Preez en Joost van der Westhuizen en 'n enigmatiese Valentynsboodskap. Op pad is Dana se eerlikste boek nog. Dit vra ons om op 'n nuwe reis te gaan, weg van vooroordeel en wantroue, na 'n plek van genade en hoop.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateAug 1, 2017
ISBN9780624077183
Op pad: 'n Reisjoernaal
Author

Dana Snyman

Dana Snyman is op Stellenbosch gebore. Ná 'n kort, onsuksesvolle universiteitsloopbaan, werk hy onder meer as veiligheidswag, skakelbordoperateur, en boekwinkelklerk. Met die genade van Bo beland hy in die joernalistiek, en vandaar word hy een van Suid-Afrika se mees geliefde skrywers. Hy het al talle gewilde en suksesvolle rubrieke, boeke en verhoogstukke neergepen. Wanneer hy nie op reis is nie, woon Dana op Jacobsbaai aan die Weskus.

Read more from Dana Snyman

Related to Op pad

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Op pad

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Op pad - Dana Snyman

    Dana

    Snyman

    Op pad

    ’n Reisjoernaal

    Tafelberg

    Vir Anette

    Deel I: Dieper die binneland in

    (Aantekeninge oor ’n reis)

    I was silent. Because so many others have kept silent, the temptation is great to shift the blame onto the collective guilt, or to talk about oneself only figuratively in the third person: He was, saw, did, said, he kept silent.

    – Günter Grass

    Vir so ver jy ry, sien jy die armoede en die swaarkry. As jy dit wil sien.

    Jy sien dit aan die plakkershutte buite die Paarl en aan die spesiale aanbieding in die slaghuis op Rawsonville: Varkkoppe! Slegs R18 stuk! Jy sien dit aan die ry mans op die sypaadjie oorkant die Golden Valley Casino by Worcester, party met ’n verfroller of ’n waterpas in die hand, wagtend om weggevoer te word na ’n los werkie iewers.

    Jy sien dit aan die gaar, ou bakkie wat duskant De Doorns links van die geel streep aankruie, skuins-skuins, swaar-dra-al-aan-die-een-kant, met ’n vrag vuurmaakhout op. Vir die armes is vuurmaakhout nie braaihout nie. Op bakkies en donkiekarre en kruiwaens, in gesteelde winkeltrollies en agterop fietse word hout gekarwei.

    In die kafee op Touwsrivier ontdek jy ’n mens kan R5 se lugtyd koop. R5 se lugtyd? Genoeg vir twee SMS’e? Of een vínnige oproep na jou familie in die Oos-Kaap? Jy ontdek ook daar is ’n mark vir ’n pakkie grondboontjies van R3, en vir ’n enkele sigaret – ’n loose draw teen R1,20 stuk. En jy hoef nie ’n Bic-wegsmytaansteker weg te smyt nie. By die Good Times Shop op Laingsburg kan die Chinees agter die toonbank dit vir jou hervul – teen slegs R2,50.

    By die One Stop kom staan ’n man by jou, kaalvoet, met ’n koeldrankkrat in die hand. In die krat is ses klein hondjies, pas gespeen. Die pa is glo ’n pit bull, die ma ’n staffie. Net dertig rand enetjie, my lanie. Honde, oral sien jy die honde. Maer honde met skelette en sekelsterte. Brakke. Mongrels. Die room van die skuim.

    Aan die lengte van die ry by die Lotto-toonbank in die winkel op Leeu-Gamka sien jy dit. Oor die radio hoor jy dit: ’n 1989-Ford Escourt se ratkas en ’n Sodastream te ruil vir kontant, sê ’n RSG-stem. Stuur tog kos en klere vir die gesin wat in ’n hoenderhok op ’n plot buite Nigel woon, pleit ’n ander een.

    Duskant Beaufort-Wes staan hy langs die pad met ’n skugter duim in die lug. Elias Sangweni. Hy is op pad Kimberley toe. Ek’t by die pad gewerk, sê Elias, maar toe kap hulle ons af. By Elias hoor jy ’n woord wat arm mense dikwels gebruik: skorro-skorro. ’n Skorro-skorro is ’n gedaan, maar moedige ou kar, soos daardie bibberende bakkie met die vrag hout duskant De Doorns.

    Beaufort-Wes is vol afgekapte mense. Hulle wag op die straathoeke en voor die kliniek en op Simunye Cash Loans se stoep.

    Jy lees dit in die nota teen Checkers in die hoofstraat se kennisgewingbord: Een paar koedoehorings te koop. R30. Bel Ben.

    ’n Man met ’n glimlaggende pres. Jacob Zuma op die borskas kom staan buite die Royal Lodge voor jou, met ’n emmer in die hand. Kan ek die bakkie se ruit was, meneer? In die emmer dryf ’n verflenterde lap in modderbruin water.

    Op die sypaadjie naby die verlate stasie sit ’n tante by ’n tafeltjie wat sy uit ’n leë koeldrankkrat en ’n stuk Masonite prakseer het. Sy verkoop elf piesangs, agt tamaties en drie en twintig Cadbury Eclairs. Wat sou haar daaglikse opbrengs wees?

    Jy sien dit aan die keppie wat naby Drie Susters in die middel van die N1 lê. Oral in die land sien jy keppies in die pad lê. Jy kan vir jouself sê: Dis maar net ’n simpel keppie. Maar dis meer as net ’n keppie. Dis ’n klein tragedie wat hom afgespeel het: Daardie keppie was op iemand se kop, moontlik ’n werker agterop ’n bakkie. Toe waai die wind die keppie van daardie iemand se kop af, verby grypende hande, en stemme wat dalk roep: Stop! Stop! Dalk het die bestuurder van die bakkie gedink: Fok dit, daar’s nie nou tyd vir stilhou nie. Dalk het die een sonder die keppie vir homself gesê: Die bliksem, sy dag sal kom.

    En die mense agterop bakkies, oral sien jy hulle, in die son en die wind, of ingeprop onder ’n kappie, en hulle kyk na jou.

    Langs die N1 staan party vir jou en wag: ’n Man met ’n hoopvolle tienrandnoot in die hand. ’n Vrou met ’n baba op die heup en ’n verband om die kop. ’n Seun in ’n paar uitasem Adidas-tekkies, veterloos en roemloos. Die skoene, oral sien jy dit aan die skoene. Die gewese treindrywer op Nelspoort se bleekblou Stokie-pantoffels.

    Net R56, kla hy met dik enkels. Dis al wat ek uitkry nadat my medies af is. Nerfaf rooi hakskoene wat swik-swik onder ’n meisie met ’n Brazilian Lace-pruik op die kop, swik-swik op pad na ’n vragmotor by die afdraai na Matjiesfontein, swik-swik na nog ’n R70 vir ’n blow job of nog R120 vir ’n full house.

    Jy ruik dit aan die wind wat van die townships se kant gewaai kom.

    Knaend kom dit na jou toe: Bedelhande voor John Donaldson se boekwinkel op Richmond. Bedelhande voor die Trans Karoo-drankwinkel op Touwsrivier. Bedelhande elke dag, die handpalms na bo: Net ’n tweerandjie, my lanie. Net ’n broodjie, oubie. Asof die verkleinwoordjies die las vir jou ligter moet maak. My kind is siek, meneer. Nog niks vandag geëet nie, meester. No job. Three children, sir. Asseblief, my kroon. Asseblief, baas.

    Die desperate stemme. Die leë gesigte. Die wanhoop.

    Soos ’n goeie hond agtervolg dit jou ál dieper die binneland in.

    Laat die Sondagmiddag ry ons Hanover in die diep Karoo in. Ons oornag in ’n gastehuis in Darlingstraat oorkant die NG kerk. Kamer no. 3. Bed. Bad. Toilet. Koffie. Cremora.

    Die dakwaaier karring die droë, bedompige lug om en om in die rondte, en ek is lus vir ’n stywe whiskey. Met soda. Baie ys. Maar die bottel Jameson – ek het ’n nuwe bottel op Touwsrivier gekoop – onder my bakkie se sitplek is leeg, en Hanover se kroeë is op ’n Sondag gesluit.

    Buite is dit vuilskemer. Ek maak vir my ’n beker koffie, met vier sakkies Cremora in, en skakel die televisiestel aan. Op die sesuurnuus op eNCA is berigte en bitter gerugte oor rassisme in die land. Die ANC wil Penny Sparrow, ’n eiendomsagent van KwaZulu-Natal, hof toe neem omdat sy op Facebook swart mense op Durban se strand ’n klomp ape genoem het. Die DA wil Benny Morota, ’n Unisa-regsdosent, aankla omdat hy ook op Facebook geskryf het: I hate white people.They must go back to wherever they come from, or alternatively to hell.

    Ek gaan buitetoe. Die ander sit op die stoep, maar ek is nie lus om by hulle te gaan sit nie. Hulle is in elk geval op hul slimfone doenig. Êrens blaf ’n hond. Op die N1 grom ’n vragmotor in ’n laer rat in.

    Die horlosie in die kerk oorkant die straat se toring loop op tyd – dit is vyf voor sewe – maar in die kerk brand nie ’n lig nie, nie eens ’n buitelig nie. Onder die dennebome staan nie motors geparkeer nie, en van nêrens kom die klank van ’n pyporrel nie.

    Ek stap oor die straat. Dink ’n mens nie helderder oor ’n Bybelse deug soos hoop in ’n ou kerk soos dié nie? Onder die hoë dak voor ’n Nagmaaltafel, ’n kansel en ’n kanselkleed wat sê: So spreek die Here. Maar is dit nie juis die Kerk wat soveel van ons in die steek gelaat het nie, wat ons dinge laat glo en laat doen het wat toe nie werklik God se wil was nie?

    Ek stoot die hekkie oop. Alles hier is vir my so bekend, al kom ek nie meer in die kerk nie. Die reuk van dennenaalde, die vlermuise wat teen die bleek aandlug bokant die grasperk flapper, die ry sipresse teen die heining se beskuldigende vingers. Ek het in ’n pastorie langs ’n NG kerk soos dié grootgeword. Die bedding rose. Die swaeltjieneste onder die dakkappe. So bekend.

    Hier, nes op soveel ander plekke in die land, word oënskynlik nie meer ’n aanddiens op ’n Sondag gehou nie. Ek draai die voordeur se koperknop, maar dis gesluit. Dit is mos Suid-Afrika. Die boewe slaan nie die kerke oor nie.

    Sou ek werklik die aanddiens bygewoon het as hier vanaand een op Hanover was? Miskien. Dalk. Moontlik. Sonder die kameras by. Alleen. Net ek en my siel. Ek smag na ’n soort bevryding.

    Die hele nag lank, elke uur op die uur, word ek wakker wanneer die kerk se klok oorkant die straat die ure aftel, en elke keer voel dit vir ’n paar oomblikke, deur die newels van die slaap, of die aarde weer die veilige plek is waarna ek verlang.

    Ons is vyf dae gelede by my huis op Jacobsbaai aan die Weskus weg. Ons maak ’n televisieprogram vir Media24 se VIA-kanaal op DStv – ’n reisreeks van dertien episodes. Elke oggend knip hulle ’n klein mikrofoon aan my hemp se kraag vas, dan ry ek dieper die binneland in. Leon, die een kameraman, ry saam met my in die bakkie. ’n Mazda Drifter waarvan die afstandsmeter vyf jaar gelede op 368 683 km gaan staan het. Niel, die vervaardiger van die reeks, Charlenè, die regisseur, en Christiaan, die redigeerder en bykomende kameraman, kom in Niel se motor agterna.

    Net waar ek wil, hou ek stil en gesels met wie ek wil, maak aantekeninge, neem foto’s. Soos ek altyd maak wanneer ek ’n artikel of ’n storie navors. Het ek nog hoop vir Suid-Afrika? is die tema van die reeks. Maar daar is nie ’n draaiboek of veel van ’n reisplan nie. Wat op pad gebeur, moet spontaan gebeur waar dit ook al gebeur.

    Praat met Mike Burger, sê die vrou agter die toonbank in die Hanover SuperSave die volgende oggend. Mike is die koster by die NG kerk. Stap hier af. Regs. Die tweede huis van die hoek af.

    Hy kry net die sleutels, sê Mike. Gaan solank soontoe.

    Op Hanover is daar nie meer ’n voltydse NG predikant nie. Twintig, dertig jaar gelede toe die gemeente floreer het, het dit oor die seshonderd lidmate gehad. Nou is hier minder as honderd.

    Oom Mike sluit die kerk, hoeksteen gelê in 1907, se sydeur oop. Die lig, of die gebrek aan lig, is waarvan ek altyd eerste bewus raak in ’n kerk soos dié. ’n Waardige skemer agter loodglasvensters waarin jy die skemer plekke in jouself kan sit en oordink.

    ’n Bekwame koster soos oom Mike se invloed sien jy nie net in die skoon matte en blink blokkiesvloer en afgestofte Nagmaaltafel in ’n kerk soos dié nie; jy ruik dit ook. Die reuk van meubelolie en Mr. Min en Brasso begelei jou in die paadjie af. Ek gaan sit in een van die agterste banke, en dan is dit of ’n onsigbare hand my kop van agter druk en vooroor laat buig. My oë gaan toe. ’n Rukkie sit ek só, dan piep my selfoon. Dis ’n SMS: Need a break, come to Zeerust – Club Nkwenya. Book a weekend and get the Sunday night free.

    Waar het hulle my nommer gekry? Ek ken die plek glad nie.

    Ek sit die selfoon terug in my sak en buig my kop weer vooroor, plegtig, die oë toe, met Leon se kamera op my gerig.

    Kyk hoe bid hy, sal mense dink wanneer dié episode uitgesaai word. Hulle sal nie weet ek kan nie bid nie, al wil ek ook. Ek probeer bid, maar my gebede is leeg, ’n ydel gewoonte, ’n rits kinderlike en selfsugtige versugtinge: Help tog dat televisie nie van my iets anders maak as wat ek is nie, Here. Help dat my bakkie nie breek nie. Vergewe my sondes … Eintlik bid ek maar steeds dieselfde ou rympie wat oorlede Ma my geleer het toe ek drie jaar oud was: Ek is ’n kindjie klein, liewe Jesus. Maak my hartjie rein. Amen.

    Oom Mike verduidelik hoe hy die preekstoel skoonmaak en olie, ure lank, soms met ’n tandeborsel om by al die holtetjies in te kom.

    Ondanks alles het die gemeente vanjaar, soos al die vorige jare, ’n kalender laat druk. ’n Kerkalmanak. Selfs party florerende gemeentes laat druk nie meer ’n almanak nie.

    In soveel huise het die kerkalmanak, altyd met ’n swart-en-wit foto van die plaaslike kerkgebou daarop, eens die daaglikse gang van dinge help bepaal. In ons huis het dit in die kombuis gehang, dikwels aan ’n spyker, sodat Pa en Ma dit maklik kon afhaal om by die tafel daarmee te gaan sit. Mense se verjaarsdae en belangrike afsprake en vergaderings is daarop aangeteken. Ook die openbare vakansiedae, skoolvakansies en die stand van die maan word op ’n kerkalmanak aangedui. Pa het ook die reënvalsyfers, soos gemeet met sy eie reënmeter, op die almanak bygehou.

    Trots gaan haal oom Mike een van die almanakke – ’n kerkalmanak vir ’n sterwende gemeente van minder as honderd lidmate in ’n era waar datum en tyd jou digitaal agtervolg, waar omtrent al die gemeentes ’n Facebook-blad of ’n webwerf het.

    Oom Mike diens ook die horlosie in die toring self en sorg dat dit reg tyd hou.

    Luister. Hy wys boontoe. Hoor jy dit?

    Dan hoor jy dit: Klik-klak, klik-klak, klik-klak … Die klank van die klokhorlosie bo in die toring. Is dit dalk hoe hoop klink?

    Op soveel ander plekke, op die platteland en in die stad, het die kerkhorlosies gaan staan, en niemand herstel dit nie.

    Terwyl Leon en Christiaan hul kameras en goed oppak, stap ek by die konsistorie in, alleen, terug my jonger self in.

    ’n Lang tafel met ’n groen doek oor. Riempiestoele. ’n Leë blompot op die vensterbank. Die portrette van die gemeente se vorige leraars teen die muur. Almal mans. Streng, somber ooms. Dié van lank gelede dra strikdasse, en dié van meer onlangs ’n wit of selfs ’n gestreepte das. Hulle staar na my, en van iewers binne my kom hul stemme. Stemme vol strompelende, mishandelde woorde.

    Skouer aan skouer moet ons die stryd aandurf teen die vloedgolf van internasionalisme en liberalisme. Vermanende stemme: Bekeer jou, jong man. Omgord jou lendene met die wapenrusting van God. Vertroostende stemme: Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee … Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. Mymerende stemme: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek? Stemme wat jou onderrig: Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word … en die volgende oomblik teregwys: Ontwaak, my volk! God het ons met ’n doel hier aan die suidpunt van Afrika geplaas. Woedende stemme: Jy sal vergaan in die ewige vuur van die verderf! Jy trek nie saam met ’n heiden aan dieselfde juk nie! Hoogdrawende, misleidende stemme: Blanke voogdyskap is nie soseer ’n reg nie; dis ’n hoë roeping. Dit is God se wil …

    Ek kyk na die gesigte teen die muur, en hulle kyk na my.

    Die voorvaders.

    Verlaat my nou, almal van julle. Gaan nou, tóé. Laat my vry.

    Oorlede Pa se foto hang ook so teen ’n muur in ’n konsistorie op ’n paar plekke in die land. Hoe lank is jy nou al weg, Pa? Vyf jaar? Hoekom rus jy nie? Of is dit ek wat jou nie met rus wil laat nie? Wanneer ek oor ons land begin dink, kom jy altyd ter sprake. ’n Mens praat nie verniet van ’n vaderland nie, nè, Pa?

    Hoekom maak ek steeds aantekeninge? Is dit nie juis die een reis dié waarop ek niks hoef neer te skryf nie? Die kameras is by om alles vas te lê.

    En

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1