Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Jukstaposisie
Jukstaposisie
Jukstaposisie
Ebook117 pages30 minutes

Jukstaposisie

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Jukstaposisie se titel dui reeds aan dat dinge (en afdelings) naas mekaar gestel word om sowel die teenstellings as die ooreenkomste op digterlike wyse te betrag. Die gedigte is ’n verwondering oor die grootsheid van God se skepping, wat in sy wese teenstellend en paradoksaal is, met die teenstelling self ’n wonder. So word daar verbande gevind tussen die mees disparate dinge wat vernuftig van verskeie hoeke verken word, terwyl alles op ’n manier interafhanklik is. Die agt genommerde afdelings word binne hierdie oorkoepelende verband tot eenheid gesnoer deur motiewe (lewe en dood, wreedheid en skoonheid, digterskap, blywende aarde teenoor verganklike mens) vernuwend te herhaal en ander gesigspunte daarop te betrek. Die Louis Luyt-prys word in 1983 aan Jukstaposisie toegeken en in 1990 wen hierdie bundel saam met Angelliera die Rapportryersprys.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateDec 17, 2016
ISBN9780624078036
Jukstaposisie
Author

T.T. Cloete

Theunis Theodorus (T.T.) Cloete is op 31 Mei 1924 op Vredefort in die Vrystaat gebore. Cloete debuteer in 1980, op 56-jarige leeftyd, met die digbundel Angelliera. Hy was ’n bekroonde Afrikaanse digter, Bybelvertaler, letterkundige en akademikus. En een van ’n baie klein groepie digters wat die Hertzogprys vir poësie twee keer gewen het. Cloete sterf op 29 Julie 2015.

Read more from T.T. Cloete

Related to Jukstaposisie

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Jukstaposisie

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Jukstaposisie - T.T. Cloete

    T.T. Cloete

    Jukstaposisie

    Tafelberg

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Jukstaposisie mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    Allah is great, no doubt, and Juxtaposition his prophet

    A.H. Clough

    1

    Olfaktorika

    die jammerlike potvis

    wat knieserig sieklik is

    maak kosbare welriekende amber

    met sy ingewande    om die muskus

    te verskerp word digby die anus

    bitter geil gemaak deur die bewer

    uit die rot en bergmuskusdier

    uit geil bewerklier

    en siek walvisderm

    kom ons offers om ons gees

    voor die neus van die Heer

    te reinig    om ons geurig te beskerm

    teen booshede    om ons te genees

    van walglike siektes    om die doodsreuk te besweer

    kom die lewensprikkel vir die sperma

    op die gesofistikeerde geparfumeerde Nefertitifees

    Skouspel I

    vanaf die glansende dun horings en die gesig

    puntig verfynd    uit oor die lig geboë rug

    tot in die stertkwassie spigtig

    gelig    af in die glasbreekbaar

    dun bene pronk waaierhaar

    die springbok    nael met die speer

    se vaart    wip met die haarveer

    se spanning    hoepel

    soepel

    onder die leeu majesteitlik veilig

    en gevrees pragtig

    onder sy gewig

    vouknakval

    die springbok    met ’n klapknal

    breek hy die bene en rug en maak prooi

    van elegansie    wat argeloos mooi

    is lê en spartel

    voor die gewelddadige mooi wat aanskoulik martel

    Skouspel II

    hy is ’n fier

    geweldenaar    hy jag

    al met die lewensgeurige wind langs

    in die nag

    die triomfantlike tier

    sy sierlikheid sweep hy slangslank

    in ’n fraai kurwe van die kop af lank

    uit tot in die stertkwas deur die soepel rug

    sy bevrediging krul hy oor sy vangs

    uit    soveel venynige prag

    is daar soveel angs

    voor hom soveel magtelose vlug

    Seer en siter

    T.

    my donker akweus geoogde dogter speel en sing bedarend vir my

    sy neem van gedaante tot gedaante van haar eie lyding

    met ’n bevrydende welluidende begeleiding

    afskeid    nimmereindigend    elke keer jubelend bly

    met haar striemende vingers    haar sidderende tong en wrang keel

    Dawid wat argepoëties vir ’n verbysterde Saul kalmerend speel

    en vir my sy wat aan ’n ononderbroke teisterende metamorfose ly

    Dubbelster

    die helder dubbelster

    roteer gepaar om dieselfde swaartepunt

    hulle bly ewig ewe ver

    en naby aan mekaar verbind

    oral afhanklik die een van die ander geld dit

    in die vonkende skepping

    dat die sfere wat mekaar noodgedwonge besit

    flikkerend om mekaar kring

    ek moet dit gelate verdra

    ter wille van die pulsering dat die lig

    van die

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1