Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Katrientjie van Keerweder
Katrientjie van Keerweder
Katrientjie van Keerweder
Ebook106 pages1 hour

Katrientjie van Keerweder

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die krulleboldogtertjie Katrientjie woon saam met haar ma, pa en Ouboet op Keerweder in die Boland, die plaas “wat binne-in die dorp met sy baie groot akkerbome lê”. Sy is nuuskierig en mal oor stories en die groot Oupahorlosie in die hoek voed haar verbeelding wanneer hy haar die stories uit Ouma Vrystaat se dae vertel. Tina Tierat probeer ook om al Katrientjie se baie vrae te beantwoord. Saam met Ouboet, Rachel en Klein Tys is daar baie avonture. Toe ‘n paar uitgebrande kaggelhoutjies amper hulle huis laat afbrand, red die Oupahorlosie en Katrientjie hulle net betyds.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateJul 17, 2016
ISBN9780624078241
Katrientjie van Keerweder
Author

Alba Bouwer

Albertha Magdalena (Alba) Bouwer is op 16 Maart 1920 op ’n plaas naby Vredefort in die Vrystaat gebore. Ná die dood van haar pa keer die gesin terug na haar ma se familieplaas in Klein Drakenstein, naby die Paarl. Alba matrikuleer aan Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl. Ná ’n paar jaar as onderwyser begin sy by die SAUK in Kaapstad werk as samesteller en aanbieder van kinderprogramme voordat sy haar in 1950 aansluit by die redaksie van die Sarie Marais, waar sy dertien jaar assistant-redakteur is. Later jare woon sy op Riversdal en Somerset-Wes. Sy is in 2015 oorlede.

Read more from Alba Bouwer

Related to Katrientjie van Keerweder

Related ebooks

Related articles

Reviews for Katrientjie van Keerweder

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Katrientjie van Keerweder - Alba Bouwer

    KATRIENTJIE

    VAN KEERWEDER

    DEUR ALBA BOUWER

    TAFELBERG

    Vir my ou spanmaat

    KATRINE

    Die goue pond

    Katrientjie is ’n dikketjie.

    Nou nie ’n potjie-dotjie-ronde-rol nie, maar sommer net ’n dikketjie. As sy op haar twee ronde bruin beentjies wegstap, sê Pa: Raai, Katrien laat my altyd dink aan ’n outydse gemmerpoppie wat lekker styf uitgerys het.

    Katrientjie het ’n bruin krulkop.

    Nou nie ’n kroeste-woeste-knoster-bos nie, maar sommer net ’n krulledot. As die noordewind waai en die berge vat mis, sê Ma: As Katrientjie se hare so begin spring soos ’n droë bossie wat onderlangs vlam vat, kan jy maar weet dit word onweer.

    Katrientjie het twee ronde oë.

    Nou nie twee albaster-paster-piering-oë nie, maar sommer net twee ronde blou ogies. Ou Trien, sê Ouboet wat al skoolgaan en ’n voetbal oor die werfmuur kan skop, as jy so doodstil sit en jou oë word so groot soos dié van die uiltjie op die stalsolder, dan dink jy ’n vasvra uit!

    Maar Tina Tierat wat Katrientjie in die konsistorie opgepas het die dag toe sy gedoop is en toe Ouboet haar ingebring het, Tina vou haar hande onder haar voorskoot op haar maag as Katrientjie in haar blou kamerjassie uit die badkamer kom. Ai, my kleinnôi Trinatjie, sê sy, sy’s mooi genoeg om weg te pak soos ’n pop in ’n fraaie dosie met ’n blinke lint daarom.

    Maar Katrientjie luister nie, want as sy skoon gebad is, is dit al skemeraand en die son het al weggeraak agter die berg wat agter die wit huis met die gewel staan. Dan is die lig so diep-blou soos ’n sagte skaduwee wat stadig oor die berg en huis en bome afsak en hulle net ’n rukkie vashou voordat die donker kom en alles toegooi. Dan loop Katrientjie op haar tone by die glasdeur uit tot op die stoep, en sy voel hoe die skemer haar ook saggies vashou.

    Ver agter haar in die spens tingeling ’n lepel wat op die plankvloer val, en onder waar die laning dennebome vasloop teen die ysterhek, kliengelieng ’n fietsklokkie in die straat, want Katrientjie woon op Keerweder, ’n plaas wat binne-in die dorp lê. Sy knyp haar oë styf toe en sy wag, en wag en – ja, krrie-t, krrie-t, daar praat die kriek net langs die stoep. Hy roep die donker nader en Katrientjie draai saggies om voordat die swart nag haar kan toegooi, en glip by die eetkamer in.

    Tik-tak, tik-tak, sê die Oupahorlosie in die hoek, net soos een wat saggies asemhaal en luister, en asemhaal en luister. Toe is sy uur weer vol en k-i-rr-t maak hy, net soos die vlerksleep van die ou kalkoen op die harde werfgrond, en toe slaan hy: kie-long, kie-long, kie-long …

    Katrientjie! roep Ma uit die spens. Kom drink jou melk dat jy kan gaan slaap, hoor daar slaan dit al agtuur.

    Katrientjie draf gou op in die donker gang en knip haar oë vir die wit lig van die spens net toe Oupahorlosie sy laaste kie-long slaan.

    Ai, daar het Oupatjie al weer ’n uur vol, sê Ma.

    Wat maak die Oupatjie met al die ure wat so vol word, Mamma? vra Katrientjie, en haar ronde ogies loer oor die rand van haar melkbekertjie.

    As ou Trien se oë eers so groot word, begin die groot vasvra, sê Ouboet.

    Oupatjie bêre hulle agter sy groot gesig, sê Ma. Kom, Trientjie, jy moet bed toe. Ouboet, was jou hande en gaan roep vir Pa om te kom eet.

    In die klein kamertjie agter die eetkamer slaap Katrientjie, heeltemal alleen. Daar is ’n klein wit bedjie, ’n lae wit stoeltjie, ’n klein bruin kassie en ’n groot ligte venster wat so swaar is dat net Pa dit reg kan skuiwe.

    Katrien pas soos ’n slakkie in sy dop in hierdie kamertjie, sê Pa as hy saans die venster bo kom opskuif.

    Katrientjie gooi haar blou kamerjassie oor die wit stoeltjie en gaan op haar knieë voor die bed, mooi so dat die groot bruin kwas in die vloerplank reg onder haar linkerknie is, vroetel haar kop in die deken in sodat haar ken teen die boonste knoop van die nagrokkie is en sê stadig: Liewe Jesus, ek is klein … Toe bly sy stil om te hoor of die Oupahorlosie na haar luister. Tik-tak, tik- …

    Maak tog … sê Ma.

    Maak tog nou my hartjie rein, amen, sê Katrientjie vinnig, en sy gee een spring tot tussen die lakens en loer oor die rand van die deken na Ma. Ma lyk so lekker groot en hoog voor die bed, en oor die rand van haar bont voorskoot loer die blink borsspeld met die ronde Paul Kruger-pond in die middel, net soos ’n goue maantjie.

    Was dit die Oom Paul-pond van Ouma Vrystaat, Mamma? Het dit van v-é-r af gekom? Katrientjie knyp haar oë toe om te wys hoe ver.

    Maar, my duifie, sê Ma, die ou storie ken jy mos darem lankal. Toe, lê mooi reg dat ek jou toemaak. Nag, Katrientjie. Ma se mond maak ’n warm drukkie in Katrientjie se nek, en Ma se hand wat die deken optrek en rondom vasdruk, ruik na koekdeeg en droë nartjieskil.

    Ma se skoene ke-tiep, ke-toep, ke-tiep, ke-toep oor die eetkamervloer en op in die lang gang spens toe. Katrientjie het by Ouboet mooi leer tel tot twintig, en sy weet as sy begin net soos Ma omdraai en sy kom by sestien, gaan die spensdeur toe.

    Dan gly sy laer af tussen die lakens en draai mooi om sodat haar ore al twee los lê om te luister hoe die Oupahorlosie asemhaal en luister, en asemhaal en luister … En agter sy groot ronde gesig lê daar die baie ure wat al vol geword het. Daar is ure van toe hy nog by die ou-Oupa ver in Transvaal gestaan het en toe hy Vrystaat toe gegaan het en by Ouma Vrystaat op die plaas was; en toe weer baie ure toe hy Boland toe gekom het na hierdie plaas wat op die dorp is met die baie groot akkerbome en die dennelaning voor die deur, wat vasloop

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1